“Julle moet alle mense respekteer
en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser.” 1 Petrus 2:17
1
Voorwoord INLEIDING: RESPEK ... HOOG TYD! As daar een manier is om op goeie voet met ander mense te bly, is dit om mekaar te respekteer. Dink daaroor: Jy kan waarskynlik kritiek, teenstand en onverdraagsaamheid verduur, maar wanneer mense jou nie meer respekteer nie, is dit skielik ʼn perd van ʼn ander kleur. Daarom is die Here baie ernstig hieroor. In 1 Petrus 2:17 lees ons: Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser. Maar dis nie altyd so maklik nie, is dit? Ons sukkel soms om almal wat saam met ons aan ʼn geloofsgemeenskap behoort, te respekteer – veral as ons van mekaar verskil en botsende opinies en belange het. Wanneer dit kom by mense wat anders as ons is, of wat ʼn ander lewensstyl as ons het, of ons vyande is, dan word dit nóg moeiliker. Petrus sê egter: Ons moet alle mense respekteer. Respek beteken letterlik: om ʼn tweede keer te kyk. Dit beteken om ons eerste opinie opsy te skuif en weer ʼn keer, hierdie keer met nuwe oë, na mense te kyk. Wanneer ons mense respekteer, is dit asof ons hulle met God se oë sien. Dink net hoe ʼn groot verskil dit sal maak as die groter wordende hoeveelheid inwoners van die land waarin ons bly, mekaar met nuwe oë kan sien! Ons gebed vir hierdie reeks is dat die Here dit sal gebruik om verhoudings te bou en te herstel en om mense te help om weer hulle eie waarde in die oë van die Here te (her)ontdek. 4 2
Wat is die betekenis van ons embleem?
Die wêreld is gedip in kleur en bestaan uit flambojante skakerings en daagliks maak ons keuses rondom kleur. ‘n Doelbewuste ligpienk word dalk gekies vir ‘n prinses se kamer en sagte skakerings van wit vir die binnevertrek van ‘n huis om sodoende die meubels te akkommodeer wat moontlik bestaan uit aardse kleure of selfs ‘n bont kombinasie wat jou hart warm maak. Kleur word gedefinieer as “een of ander indruk deur die oog opgevang deur die ligweerkaatsing van ‘n voorwerp”. Kan ons nie dan stilstaan en net vir nou dalk respek se definisie so effe aanpas en woordspel speel deur respek te definieer as “een of ander indruk wat deur, ander se oë opgevang word deur die lig wat jy uitstraal van God met betrekking tot respek nie?” Kleur is skeppend. Dit verbeter, verander, openbaar en bring harmonie. Maak respek ‘n kleur in jou lewe.
Medewerkers aan die reeks Freddie Schoeman (projekleier) Gerrie Doyer (fasiliteerder) Antoinette Bester Corneil du Plessis Eddie le Roux Eliska Muller
Jaco Schoeman Johannes van der Merwe Jurgens de Jager Nati Stander Tanja van Niekerk Wanika du Plessis
4 3
Inhoudsopgawe Week 1
Die Effek van Respek
Week 2
God: die Bron van Respek
Week 3
Respek vir Jouself
Week 4
Respek vir Randfigure
Week 5
Respek vir my Nabymense
Week 6
Respek vir my Vyande
Week 7
Kom ons vier Waardigheid!
4 4
Ons glo in God Drie-enig, totaal anders, heilig en Week 1 Elke rein, hart en Hy is alle lof, eer en aanbidding waardig. Ons glo dat God elke Geroep mens geskep deurhet God na sy beeld; met Christus daarom is elke mens waardevol. is ’n 2 kom word het om Ons bely dat Jesus Week waarlik mens Gesels God mense uit die mag van sonde met te bevry. sendinghart, Ons glo dat ons in Christus ʼn nuwe identiteit het en –elke hart Weeken 3geliefd. Koningskind – uitverkies nanetdie sonder Ons erken dat ons Gestuur geroep is om, sooswêreld ons Here, almal wat na sy beeld geskape is, met Christus Week 4 deernis nederig te dien. is ’n Gegrond in Christus Ons glo in die Heilige Gees, ons Trooster, wat ons sendingveld. leer om soos ons Leermeester te leef. Ons bely dat ons hoogste roeping is om liefde Davidsonder Livingstone onderskeid aan alle mense te betoon: in ons huise, kerke, strate, stede en land. Ons glo in genade, ons beoefen geduld, ons dien en ons vergewe. Ons verklaar dat liefde altyd sal wen. En hierop antwoord ons almal: Amen, ook vir my.
5
Mens tot Mens Mens tot
God God tot Mens
Hoor hoe dit met mekaar gaan deur die vrae te beantwoord Tyd om God te loof en te prys en sy Naam groot te maak Vind as groep uit wat God vir julle sĂŞ
Skriflesing
Tyd om die Woord te lees. Bid saam dat God die Woord sal oopmaak
Vrae
Ons leer die Woord beter ken deur vrae te bespreek
Mens tot Medemens Bybelstukkie vir elke dag 6
Nou is dit tyd om te bid en mekaar te seĂŤn vir die week wat kom Gebruik die stukkie om saam met die Here stil te word in jou besige dag
Die Effek van Respek Deel met mekaar hoe dit met julle gaan. As daar nuwelinge in die groep is, stel julself voor, sê waar julle werk en hoe julle gesinsopset lyk. Wat is jou definisie van respek?
Stelling: “Daar bestaan sekere ongeskrewe reëls oor die betoning van respek.” Wat sê jy hieroor?
Sing ʼn paar liedere oor God se grootheid. Alternatiewelik, praat oor waar julle die grootheid van God al beleef het.
Kyk na die DVD.
Lees Matteus 25:31-46 twee maal deur en gesels dan met mekaar oor die vrae wat volg. 31 Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32 Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos ’n wagter die skape van die bokke skei. 33Die skape sal Hy regs en die bokke links van Hom laat staan. 34Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis 7
in besit, 35want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’37Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: ‘Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 38En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee? 39Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?’40En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’ 41Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, 42want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43Ek was ’n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.’ 44Dan sal hulle ook antwoord: ‘Here, wanneer het ons U honger of dors of ’n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?’45En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’ 46En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.
1. Wat tref jou in hierdie gedeelte? Dis baie belangrik dat jy vir die groep kans gee om rustig te gesels oor wat hulle getref het. Luister mooi en vra uit as iemand iets gesê het wat besonders is. Probeer om elkeen ʼn kans te gee sonder om name te noem, maar eerder deur oogkontak te maak. As die geleentheid daar is, kan jy ook 8
sê wat jou diep geraak het as iemand dit nog nie gesê het nie. 2. Jesus praat hier baie ernstig oor ons gesindheid en optrede teenoor ons medemens. Wat sou jy sê is die EFFEK van RESPEK in ons optrede teenoor ons medemens? Die Here Jesus praat met ons oor hoe mense benader moet word. Ons moet nie net die geringstes raaksien nie; ons moet beslis ook die behoeftes van mense raaksien en daadwerklik iets daaraan doen, byvoorbeeld: Om dié wat honger en dors en arm en verneder is, raak te sien en daadwerklik iets te doen nog voordat mense vra. Om ook te besef dat wat ek vir iemand wat in nood verkeer, doen iets is wat ek vir Jesus doen. Om die inisiatief te neem om goed te doen net soos Hy eerste aan ons gedink het en aan ons kom doen het. 3. Wat wil die Here Jesus vir jou spesifiek in hierdie profesie oor die wederkoms sê? Dit is belangrik om daarop te let dat jou geloof in dade moet oorgaan. Dit is die wil van God om respek aan jou medemens te betoon deur hulle volgens hulle nood te dien. En as jy nie die wil van God doen nie, waarsku Jesus jou dat jy die ewige lewe kan verbeur. Gesels oor die profesie. Skryf dan ʼn antwoord vir die Here hieronder neer:
9
Gesels oor hoe julle as groep mekaar kan help om respek en liefde aan mense te betoon wat dit nodig het. Dink aan jou
Werksomgewing Gesinsopset Gemeente Mense in krisisse Mense wat jy in jou besige program teëkom Gesels oor ʼn spesifieke projek wat julle kan aanpak of ʼn projek van die gemeente waarby julle kan inskakel. Stel vooraf vas watter geleenthede in jou omgewing is waar die groep betrokke kan raak. Miskien is daar iemand in die groep wat ʼn nuwe voorstel het. Besluit oor ʼn plan van aksie en om by die volgende byeenkoms terugvoer te gee. Gee geleentheid vir stilgebed. Bely wat op jou hart is en bid dan vir spesifieke mense na wie daar uitgereik gaan word.
10
Die Woord in my hart vir elke dag Vind ʼn plek waar jy rustig kan wees. Neem ʼn paar minute om sommer net jou hart voor die Here uit te stort. Bely enige sondes en skuld. Pak jou laste, klagtes en probleme voor Hom uit. Ontspan in die wete dat jy werklik tans tyd met die Skeppergod kan deurbring. Neem dan die teksgedeelte en lees dit ʼn paar keer stadig deur. Oordink dit. Verstaan jy die betekenis van elke woord? Watter gevoelens maak dit by jou los? Kyk na die vrae by elke dag, en toets jou eie eerlikheid wanneer jy daaroor nadink. Bespreek die vrae met die Here, dra jou dag en jou gesin aan die Here op en plaas jou hand in die Here se hand voordat jy die dag verder aanpak.
dag1 maandag
Eksodus 20:2-6 Toe het God al hierdie gebooie aangekondig: 2 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. 3Jy mag naas My geen ander gode hê nie. 4Jy mag nie vir jou ’n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. 5Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, 6maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam. Die Here gee sy wet aan ons nie om ons lewenstyl te beperk of ons pret te bederf nie, maar onder andere as ‘n manier waarop ons met respek teenoor Hom en ons medemens kan leef. Wat is die verband tussen respek vir God en respek vir mense? 11
Die Here begin deur die volk te herinner aan wat Hy vir hulle gedoen het. Praat met die Here en sê vir Hom dankie vir alles wat Hy vir jou die afgelope tyd gedoen het.
dag2
dinsdag
dag3
woensdag
Eksodus 20:7 - 8 7 Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. 8Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Dink na oor maniere waarop jy die Here in jou lewe respekteer of dalk nie respekteer nie. Bely jou gebrek aan respek vir Hom teenoor die Here. Wees verseker dat Hy jou sal vergewe. Wanneer jy bid, gaan staan op jou knieë voor Hom – om geen ander rede nie as uit respek vir die Here.
Eksodus 20:12-13 12 Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. 13Jy mag nie moord pleeg nie. Die vyfde en sesde gebod handel oor respek vir jou meerderes en ander mense se lewens. Dink na oor respek vir mense in gesagsposisies wat hulle posisie dalk misbruik of dalk ʼn ander leierskapstyl het as waarmee jy gemaklik is. Hoe bewys kinders respek vir ouers wat die lewe vir hulle moeilik maak? Hou die saak van respek in gedagte en dink aan dinge soos skinder, kwaadpraat, afkraak en uitskel. Dink jy ʼn mens moet respek hê vir mense wat dit duidelik nie verdien nie? Bid vir ons regering: vir die president, vir die kabinets- en parlementslede. Dra hulle aan die Here op.
12
dag4
donderdag
dag5
vrydag
Eksodus 20:14-15 14 Jy mag nie egbreuk pleeg nie. 15Jy mag nie steel nie. Die sewende en agtste gebod handel oor respek vir die huwelik en jou huweliksmaat, en oor respek vir ander se eiendom. Dink na oor praktiese maniere waarop huweliksmaats respek aan mekaar kan betoon. Was jy al die slagoffer van misdaad? Hoe het jy gevoel oor feit dat jou eiendom nie gerespekteer is nie? Hoe beïnvloed dit jou gevoel van respek teenoor die persoon wat jou besittings gesteel het? Bid vir mense wat onder misdaad deurgeloop het – veral vir die naasbestaandes van diegene wat hulle lewens verloor het.
Eksodus 20:16-17 16 Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie. 17Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ’n slaaf of slavin, ’n bees of ’n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie. Die laaste twee gebooie handel oor respek vir die goeie naam van ander asook respek vir die manier waarop die Here mense seën. Dink na oor die wyse waarop jy in die bresse kan tree vir mense wat agter hulle rug sleggemaak en afgekraak word al is baie van dit wat gesê word, waar. Hoekom dink jy is mense arm? Is dit omdat die Here hulle nie seën nie? Hoeveel respek het jy vir iemand wat arm is en wat vir geld of kos moet bedel? Bid vandag spesifiek vir mense wat in die greep van armoede verkeer.
13
dag6
saterdag
Lees rustig weer deur al tien gebooie. Reflekteer oor wat jy in jou nadenke oor die tien gebooie en respek die afgelope week agtergekom het. Skryf dit neer. Hoe dink jy sal die wĂŞreld lyk indien almal in die wĂŞreld (of selfs net in ons gemeenskap) respek vir hierdie gebooie van God het? Bid vir ons land en sy mense. Vra die Here om deur sy Gees in die harte van mense te werk sodat die waarde van respek een van die kernwaardes in hulle lewe sal word.
14
God: die Bron van Respek Gee terugvoer na aanleiding van die projek wat verlede week bespreek is. Gesels ʼn bietjie met mekaar oor kuns en kunswerke. Hou jy van kuns soos skilderye, fotografie of beeldhouwerk? Wie besit ’n kosbare kunswerk(e)? Vertel ʼn bietjie vir mekaar daarvan. Wie was al by ’n kunsuitstalling of in ’n groot kunsgalery (plaaslik of oorsee)? Wat was jou belewenis daarvan? Laat elkeen tien dinge noem waarvoor hulle God dankbaar is. Dank die Here dan daarvoor. Sing ʼn gepaste lied oor dankbaarheid. Deel ‘n paar gedagtes oor die afgelope Sondag se preek met mekaar. Kyk of daar spesifieke punte is wat herhaaldelik in die gesprek opduik. Kyk na die DVD. Iemand doen ʼn stilwordgebed en iemand anders lees. Lees Markus 10:46-52 Jesus genees die blinde Bartimeus 46 Daarna kom hulle in Jerigo aan. Toe Jesus en sy dissipels en ’n aansienlike menigte weer daarvandaan verder gaan, sit daar ’n blinde bedelaar, Bartimeus, seun van Timeus, langs die pad. 47 Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, het hy begin uitroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” 48Baie mense het met hom geraas en gesê hy moet stilbly. Maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!” 49 Jesus het gaan staan en gesê: “Roep hom nader.” Hulle roep toe die blinde man en sê vir hom: “Hou moed! Staan op! Hy 15
roep jou.” 50Hy het sy bokleed net daar gelos en opgespring en na Jesus toe gegaan. 51Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.” 52Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.
1. Die reaksie van die mense om Jesus op Bartimeus se pogings om Jesus se aandag te trek, is heeltemal anders as Jesus s’n. Wat, dink julle, het deur die mense se koppe gegaan toe hulle met Bartimeus praat? Hier is nie regte of verkeerde antwoorde nie. Ons wil graag hê die mense moet hulle indink in die situasie: Besig, op pad, sekerlik baie bedelaars, hy raas soos hy uitroep, hulle kan Jesus nie hoor nie. Hy is net ʼn bedelaar.
2. Jesus se optrede verklap dat Hy weet wat in Genesis 1:2631 staan. Lees dit weer deur, en dan probeer julle hierdie kennis van Jesus en sy optrede met Bartimeus logies verklaar. Dit gaan oor die feit dat God mense na Sy beeld geskep het. Gebruik dié raamwerk in die gesprek: Omdat ek glo dat… daarom… Voorbeeld: Omdat ek glo dat hierdie persoon kosbaar geskep is deur my hemelse Vader, mag ek hom nie minag nie.
3. Hoeveel van die vrug van die Gees sien julle in aksie in Jesus se optrede? Galasiërs 5:22 Ons sien liefde in aksie, dalk vreugde, definitief vrede. Geduld. Vriendelikheid. Goedhartigheid. Nederigheid en ook selfbeheersing. Hier is die punt: die vrug van die Gees is gegee sodat ons die beeld van God kan uitleef. Jesus is die beeld van God (2 Korintiërs 4:4 / Efesiërs 3:27) 16
4. Om oor mense reg te dink, lei daartoe dat jy aan mense reg doen. In die media hoor ons dat mense soms as ape, kakkerlakke, ensovoorts beskryf word. Noem nog voorbeelde van verkeerd dink oor mense. Noem ook voorbeelde van hoe daar oor mense reg gedink word.
5. Wat wou Jesus vir sy volgelinge met hierdie insident leer? Het hulle die les geleer? (Kyk gerus na Handelinge 3:1-10). Om sy voorbeeld na te volg. Om menswaardigheid weer hoog te ag. Niemand is minderwaardig nie. Ek eer God wanneer ek sy skepsels eer. In Handelinge begin hulle dit regkry om mense se waarde raak te sien.
6. Wat wil Jesus vir my en jou wat in 2017 in Suid-Afrika woonagtig is, leer?
Verdeel in groepies van twee. Deel met mekaar waar en teenoor wie jy hierdie les (vraag 5) moet gaan toepas. Bid vir mekaar vir krag en genade hiervoor. Onderneem om mekaar verantwoordbaar te hou.
17
Die Woord in my hart vir elke dag Hierdie week kuier ons by die teks wat handel oor die vrug van die Gees. Ons glo die Heilige Gees aan ons gegee is sodat ons die beeld van God kan uitleef, en dit so natuurlik moontlik kan doen soos bome vrugdra. Ons wil jou uitnooi om die volgende sewe dae Galasiërs 5:22-23 te lees. Ons moedig jou ook aan om hierdie volgende stappe in jou stilword te gebruik. Onthou net weer voor jy lees: Vind ʼn plek waar jy rustig kan wees. Neem ʼn paar minute om sommer net jou hart voor die Here uit te stort. Bely enige sondes en skuld. Pak jou laste, klagtes en probleme voor Hom uit. Ontspan in die wete dat jy werklik tyd met die Skeppergod kan deurbring. Neem dan die teksgedeelte en lees dit ʼn paar keer stadig deur. Oordink dit. Verstaan jy die betekenis van elke woord? Watter gevoelens maak dit by jou los? Kyk na die vrae by elke dag, en toets jou eerlikheid wanneer jy daaroor nadink. Bespreek die vrae met die Here, dra jou dag en jou gesin aan die Here op en plaas jou hand in die Here se hand voordat jy die dag verder aanpak. Galasiërs 5:22-23 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.
dag8
maandag
Fokus op liefde, die eerste vrug. Hoekom dink jy word dit eerste genoem? Gee jouself ʼn punt uit 100 vir liefde. Wat kan jy vandag doen sodat daardie punt kan toeneem? 18
Jesus het liefde aan mense op die rand van die samelewing getoon: siekes, melaatses, ʼn weduwee. Kyk of jy nog kan byvoeg. Is daar een van hierdie mense in hierdie lysie aan wie jy vandag ook liefde kan betoon? Beplan doelbewus om vandag vir elke lid van jou gesin op ʼn spesifieke manier te kommunikeer dat jy vir hulle lief is.
dag9
dinsdag
Fokus op vreugde. Gee jou diep innerlike geluk ʼn punt uit 100. Dink jy dit kan / moet verbeter? Oordink die volgende vers: Nehemia 8:10 “The joy of the Lord is my strength…” "Moenie teneergedruk wees nie, want die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees.” (Nuwe Lewende Vertaling) Hoe lyk vreugdevolle mense se optrede teenoor hul medemens? Hoe lyk suurknolle se optrede teenoor hul medemens? Hoe was Jesus? Hoe wil jy wees? Wat is die top tien redes tot vreugde in jou lewe? Spreek jou dank teenoor die Here uit.
dag10
woensdag
Fokus op vrede en geduld. Wat is die verhouding tussen vrede en geduld? As jy aan jou onlangse verlede dink, waar of wanneer het jy jou geduld of vrede die maklikste verloor? Hoe help vrede en geduld jou om menswaardig teenoor ander op tree? Beoefen vandag die dissipline om jou in ander se skoene te plaas, veral iemand wat onvrede en ongeduld by jou wek, en kyk of dit jou gesindheid help verander. 19
dag11
donderdag
dag12
vrydag
Fokus op vriendelikheid. Wie ken jy wat dit die duidelikste demonstreer? Wat verhinder jou om soos daardie persoon vriendelik op te tree? Dink jy dit sal “skynheilig” van jou wees om so te wees? Is dit dalk meer skynheilig om innerlike vriendelikheid te besit en uiterlik nors oor te kom? Dink aan die manier hoe jy mense groet. Hoe kan jy dit aanpas om te getuig van die Here se goedheid en guns in jou lewe? Vra Jesus om jou vandag bekwaam te maak om vriendelik te wees teenoor almal wat jy teëkom – veral die “geringstes” soos die teebediende, tuinman, petroljoggie, sakpakker in die winkel...
Fokus op goedhartigheid en getrouheid. Dink na oor hoe hierdie twee waardes jou agting aan mense oordra. Goedhartigheid en barmhartigheid is baie naby aan mekaar. Soek een manier hoe jy vandag barmhartigheid kan betoon aan “een van die geringstes onder ons”. Kyk na jou maandelikse begroting (of hoe jy jou geld bestee). Toon dit dat goedheid en getrouheid belangrike waardes in jou lewe is? Is jy getrou in jou finansiële bydrae aan jou kerk of aan mense in nood? Lê dit aan die Here voor en kyk of sy Gees jou lei om dinge te verander. Dink na oor die Here se getrouheid aan jou, en hoe dit vandag deur jou na ander kan vloei. Betoon vandag jou getrouheid aan jou gesinslede.
20
dag13
saterdag
Fokus op nederigheid en selfbeheersing. Gee jouself ʼn punt uit 100 vir hierdie twee vrugte. As hierdie twee beginsels 100% sou funksioneer in jou lewe, hoe sal dit jou optrede verander? Lees Filippense 2: 3 ʼn paar keer oor, en dink diep na oor wat die Here hierdeur vir jou wil sê: Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Kies iemand teenoor wie jy vandag só gaan optree. Dink aan die verskillende terreine van menswees: huwelik, gesin, werk, sport, kerk, vriendekring, gemeenskap. Op watter terrein beoefen jy die minste selfbeheersing? Hoe kan die Here jou help om dit te verander? Vra dit vir Hom.
21
Respek vir Jouself Het iemand ʼn verhaal na aanleiding hoe hy/sy se gesprek verlede week afgeloop het? Watter persoon het jou selfbeeld gebou of jou sommer net geseën met sy/haar optrede? Wanneer verloor mense hulle waarde in jou oë? Is respek iets wat jy verdien, of is dit net iets wat betoon word? Hoe hanteer jy bedelaars op die straathoeke? Wat is jou siening oor die saak?
Wat onthou julle van verlede week se tema? Herinner mekaar net weer daaraan dat God die bron van respek is en hoe ons veral in Jesus Christus se optrede kan sien hoe Hy almal met respek behandel het. Gesels oor die feit dat God respek skep. Onthou Genesis 1. Noem ook voorbeelde uit verlede week se gesprek van hoe Jesus almal wat oor sy pad gekom het (vrouens, sondaars, melaatses, ensovoorts.) altyd waardig en met respek behandel het. Die redding wat Jesus vir ons gebring het, bly ’n oorweldigende werklikheid. Hy is inderdaad ons elkeen se Verlosser. Sing (of luister na) ’n paar liedere waar God vir sy groot genade wat Hy in Christus aan ons bewys het, gedank word. Dink byvoorbeeld aan Liedboek 219, “Laat ons sing van ons Verlosser” of “Die Liefde van Jesus is wonderbaar”.
Kyk na die DVD.
22
Lees Johannes 13:1-17 1 Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het hulle tot die uiterste toe liefgehad. 2Jesus en sy dissipels was aan tafel. Die duiwel het toe al klaar vir Judas seun van Simon Iskariot op die gedagte gebring om Jesus te verraai. 3Jesus het geweet dat die Vader alles in sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God teruggaan. 4Toe het Hy van die tafel af opgestaan, sy bokleed uitgetrek en ’n handdoek gevat en om Hom vasgemaak. 5Daarna het Hy water in ’n wasskottel gegooi en begin om sy dissipels se voete te was en dit dan af te droog met die handdoek wat Hy omgehad het. 6 Toe Hy by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý voete was?” 7En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie noú nie, maar later sal jy dit verstaan.” 8Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.” 9Simon Petrus sê toe vir Hom: “Here, dan nie net my voete nie, maar ook my hande en my gesig.” 10En Jesus sê vir hom: “Hy wat klaar gebad het, is heeltemal skoon; hy hoef later niks meer as sy voete te was nie. En julle is nou skoon, maar nie almal nie.” 11Jesus het geweet wie Hom sou verraai; daarom het Hy gesê: “Julle is nie almal skoon nie.” 12 Toe Hy hulle voete klaar gewas en sy bokleed aangetrek het en weer aangesit het, sê Hy vir hulle: “Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het? 13Julle noem My julle Leermeester en Here, en julle is reg, want Ek is dit. 14As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. 15Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen. 16Dít verseker Ek julle: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar nie, en ’n gesant ook nie belangriker as die een wat hom gestuur het nie. 17Julle weet dit nou; gelukkig is julle as julle dit ook doen.
23
1. Hoe dink julle het Jesus op daardie oomblik gevoel toe Hy gekniel het en sy dissipels se vuil voete gewas het? Dit wys vir ons Jesus se uiterste nederigheid en respek vir sy dissipels/leerlinge. Hy is bereid om die werk van ’n slaaf te doen. Dit was nie vir hom ʼn probleem om aan iemand respek te betoon nie, al moes hy die minste wees. 2. In Markus 14:61-62 lees ons hoe Jesus oor Homself gedink het: “61Maar Jesus het niks gesê nie en Hom glad nie verweer nie. Die hoëpriester het Hom verder ondervra. “Is jy die Christus, die Seun van Hom aan wie die lof toekom?” het hy Hom gevra. 62“Ek is,” het Jesus geantwoord, “en julle sal die seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van Hom wat magtig is, en wanneer Hy kom op die wolke van die hemel.” Wat dink julle van Jesus se selfbeeld? Wys daarop dat Jesus ’n gesonde selfbeeld gehad het. Hy het selfrespek gehad en tog nederig gebly het.
3. ‘n Man wat die deur vir ‘n dame oopmaak, sê vir haar: “Ek maak nie die deur vir jou in die eerste plek oop omdat jy ‘n dame is nie, maar omdat ek ‘n “gentleman” is.” Wat sê julle van sy woorde?
4. Die wêreld en die media en ander mense (ouers, gesagsfigure, familie, vriende, vyande) speel ‘n groot rol in die vorming van ons selfbeeld. Kan julle voorbeelde noem? Gesels oor ons eie dommigheid om toe te laat dat ander (media, Hollywood, ensovoorts.) ons selfbeeld so sterk beïnvloed, terwyl ons weet dat ons eintlik net na God se uitsprake oor ons moet luister. Lees ons dalk te min Bybel? Ons is byna permanent onder die invloed van die “ander stemme.” 24
5. Moet ons nie eerder God se Woord hieroor raadpleeg nie? Hoekom sê julle so? Lees Psalm 8:5-6 “5…wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? 6U het hom net ’n bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon.” en Romeine 8:29 “Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.” Gesels nou oor hoekom kinders van God ‘n gesonde selfrespek mag/moet hê. God het ons mensekinders só hoog geag! Hy het ons geskep in ’n ereposisie, Hy het ten spyte van die sondeval ons in ere herstel/geregverdig deur Jesus Christus. Hy het ons gemaak en gekoop. Hy het trouens ’n baie duur prys betaal om ons terug te koop. Die Bybel is vol getuienisse van hoe hoog God ons ag en hoe Hy oor ons dink en voel. As God vir ons respek het, moet ons selfrespek hê. 6. Wat ervaar jy as die stelling hoor: “Ek is wie God sê ek is…!” Gesels daaroor dat ons is wie God (in sy Woord) sê ons is en NIE wie die wêreld of ander mense sê ons is nie!
Gee vir mekaar praktiese raad oor hoe om daagliks ’n gesonde Godgegewe selfbeeld te handhaaf. Maak klein groepies van drie en gee vir mekaar opregte komplimente en dank vir wat die ander vir jou/julle beteken. Ruil gebedsversoeke uit en bid ook dat almal in die groep ʼn goeie selfbeeld en selfrespek sal ontwikkel.
25
Die Woord in my hart vir elke dag Onthou net weer voor jy lees: Vind ʼn plek waar jy rustig kan wees. Neem ʼn paar minute om sommer net jou hart voor die Here uit te stort. Bely enige sondes en skuld. Pak jou laste, klagtes en probleme voor Hom uit. Ontspan in die wete dat jy werklik tyd met die Skeppergod kan deurbring. Neem dan die teksgedeelte en lees dit ʼn paar keer stadig deur. Oordink dit. Verstaan jy die betekenis van elke woord? Watter gevoelens maak dit by jou los? Kyk na die vrae by elke dag, en toets jou eerlikheid wanneer jy daaroor nadink. Bespreek die vrae met die Here, dra jou dag en jou gesin aan die Here op en plaas jou hand in die Here se hand voordat jy die dag verder aanpak. Opmerking: Hierdie week gaan ons fokus op waarhede uit die Woord van God wat handel oor hoe Hy ons sien en die wete dat Hy ons waardig geskep het en steeds waardig ag.
dag15
maandag
Sefanja 3:16-17 “Moenie bang wees nie, Sion, moenie jou hande moedeloos laat hang nie! Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou.” Waarom dink en voel mense dikwels dat God nie vir hulle lief is of van hulle hou nie? Dit is ʼn leuen van die duiwel. Die Skrif is baie duidelik hieroor. Lees weer Sefanja 3:16-17. Wat beleef jy wanneer jy hierdie verse lees? Bid nou en praat met die Here hieroor. 26
dag16
dinsdag
dag17
woensdag
dag18
donderdag
Jesaja 43:1(b) en Jesaja 49:16 “Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.” “Ek het jou naam in my handpalms gegraveer...” Hoekom is mense se eie naam vir hulle so belangrik? Wat beteken dit vir jou dat God jou (ook) op jou naam geroep het? En wat daarvan dat Hy jou naam in sy handpalms gegraveer het? Wat beleef jy as jy dit lees? Wees net stil vir ʼn tydjie en laat God toe om hierdie geloofswaarhede in jou hart te bevestig.
Psalm 139:13-14 “U het my gevorm, my aanmekaar geweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.” Is daar iets van of aan jou wat jy graag anders sou wou hê? Hoe laat dit jou voel as jy lees dat God – die Meester-kunstenaar – ʼn volmaakte kunswerk geskep het toe Hy jou aanmekaar geweef het? Dink ʼn bietjie na oor hoe God spesiaal moeite gedoen het met jou en word (opnuut) met verwondering daaroor vervul. Fokus op ʼn dankgebed en sê vir God dankie vir alles wat goed is wat Hy in jou geskep het.
Deuteronomium 32:10 “Hy het sy volk in die woestyn gevind, in ’n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog.” Liefde is mos nie (net) ʼn gevoel nie, veral nie agapé (onvoorwaardelike liefde) nie. Selfs wanneer God ons in die woestyn opspoor, behandel Hy ons met respek en liefde. 27
Maak jou oë toe en voel hoe God jou persoonlik omhels, styf vasdruk, versorg en jou soos sy gunsteling-kind (oogappel) vertroetel. Sit net ʼn ruk lank so en geniet God se liefde en praat dan met Hom daaroor.
dag19
vrydag
dag20
saterdag
Johannes 10:28 “Ek (Jesus) gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.” Watter een (of meer) van hierdie beloftes van Jesus in Johannes 10:28 is vir jou die spesiaalste en laat jou seker voel oor jou verlossing? Dalk al drie? Wat ervaar jy wanneer jy hoor hoe Jesus aan jou lewe, en ook jou ewige lewe, waarde gee? Dink in stilte daaroor na. Sê dan vir die Here wat jy beleef en hoe jy oor die waarheid wat Hy ook oor jou laat opteken het voel.
Romeine 8:31-39 “31Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dít: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? 32Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie? 33Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die 28
liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”
Hier is baie geloofswaarhede vir ons gegee. Watter tref jou en laat jou besef hoe God oor jou dink en voel? Die vyand wil hê ons moet dink God is óf téén ons óf Hy hou iets teen ons. Wat is die eintlike waarheid volgens vers 31? Hoe voel dit vir jou as jy hoor God sê jy is nie net ʼn oorwinnaar nie, maar méér as ʼn oorwinnaar? Dink in stilte na oor hierdie groot waarhede en laat toe dat die liefde en respek wat God vir jou het soos golwe verkwikkende water oor jou spoel.
29
Respek vir Randfigure Hoe het verlede week se onderwerp jou gehelp om groter waardering vir jouself te kry? Vertel ook vir mekaar hoe jou week verloop het. Dink veral aan gebeurtenisse waar jy beleef het dat respek betoon is of nie betoon is nie. Moedig die groeplede aan om liefs oor hulle eie ervarings te praat eerder as oor ander se optrede. Deur byvoorbeeld te skinder, tree ʼn mens nie met respek op nie.
Vra iemand om in gebed voor te gaan en sing daarna saam tot eer van die Here. Reël vooraf met iemand om voor te gaan in gebed indien die groepleier nie self bid nie. Indien die groep daaraan gewoond is, kan hulle ook spontaan die lofprysing opvolg met lof- en aanbiddingsgebede. Kies liedere wat lekker sing en wat fokus op God se liefde vir alle mense. Kyk na die DVD. Maak vooraf seker dat die DVD-speler die DVD lees. Sommige van die ouer modelle DVD-spelers werk nie met alle DVD’s nie. Lees Lukas 8:40-56 Besluit self hoe julle die Skriflesing wil hanteer: Een persoon lees die hele gedeelte. ʼn Ander opsie is om die groeplede die verse afwisselend te laat lees. Iemand kan dalk die verteller wees en iemand Jaïrus en iemand die vrou. As daar kinders in julle groep is, kan hulle dalk die verhaal dramatiseer. 40 Toe Jesus van die oorkant af terugkom, het die mense Hom verwelkom, want almal was Hom te wagte. 41Skielik kom daar ’n man aan. Dit was Jaïrus, ’n raadslid van die sinagoge. Hy het op sy knieë voor Jesus se voete geval en Hom gesmeek om na sy huis 30
toe te kom, 42want sy enigste dogter het op sterwe gelê. Sy was omtrent twaalf jaar oud. Op pad daarheen het die mense om Jesus saamgedrom. 43Onder hulle was ’n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Sy het alles wat sy gehad het aan dokters uitgegee, maar niemand kon haar gesond maak nie. 44Sy het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou. Jesus vra toe: 45“Wie het My aangeraak?`” Toe almal ontken dat dit hulle is, sê Petrus: “Here, die mense dring tog rondom U saam en druk teen U.” 46Maar Jesus sê: “Iemand het My aangeraak, want Ek het agtergekom dat daar krag van My uitgegaan het.” 47Toe die vrou sien Hy weet dit is sy, het sy van angs gebewe en voor Hom kom neerval. Daar voor al die mense vertel sy Hom toe waarom sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. 48Toe sê Hy: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede!” 49Terwyl Hy nog praat, kom daar iemand van die raadslid van die sinagoge se huis af om te sê: “U dogter is al dood. Moenie nog ons Leermeester lastig val nie.” 50Maar Jesus het dit gehoor en sê vir hom: “Moet jou nie ontstel nie. Glo net, en sy sal gered word.” 51Toe Jesus by die huis kom, het Hy niemand toegelaat om saam met Hom in te gaan nie, behalwe Petrus, Johannes en Jakobus, en die kind se pa en ma. 52Die mense daar het almal gehuil en oor haar rou bedryf. Maar Jesus sê: “Moenie huil nie, want sy is nie dood nie, sy slaap net.” 53 Hulle het Hom uitgelag, want hulle was seker dat sy dood is. 54 Maar Jesus het haar hand gevat en uitgeroep: “Dogtertjie, staan op!” 55Haar lewe het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan. Toe gee Jesus opdrag dat hulle vir haar iets te ete moet gee. 56Haar ouers was stom van verbasing, en Jesus het hulle verbied om vir iemand te vertel wat gebeur het. Daar is ʼn hele klompie vrae wat oor hierdie gedeelte gevra kan word om dit te ontgin. Ons gaan hoofsaaklik by die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, stilstaan. Moet dus nie te veel tyd aan elke vraag bestee nie. Laat die gesprek by elke vraag net vloei totdat daar by die essensie uitgekom is. 31
1
Wat het jou in hierdie verhaal getref? Hoekom? Moenie die gesprek hier probeer stuur nie. Die groepslede sal waarskynlik uitkom by die oorhoofse tema van respek of dan by Jesus se omgee en die aandag wat Hy selfs aan mense wat dit nie werd geag word nie, gee.
2. Noem voorbeelde uit die gedeelte waar daar met respek teenoor ander opgetree is. Jaïrus, ʼn raadslid wat voor Jesus kniel (:41); Jesus wat reageer op ʼn anonieme persoon se aanraking (:45); Jesus wat iemand wat deur die samelewing verstoot is, aanspreek as “Dogter” (:48); Jesus wat ʼn teleurgestelde Jaïrus bemoedig (:50)
3. Waarom dink julle is die vrou wat aan bloedvloeiing gely het, iemand na wie verwys kan word as ʼn persoon op die rand van die samelewing? Volgens Levitikus 15:19 is ʼn vrou wat menstrueer sewe dae lank onrein. Enige persoon wat dan aan haar sou raak, sou vir die res van die dag onrein wees. Hierdie vrou het al twaalf jaar lank onophoudelik ʼn menstruele vloeiing en was dus eintlik permanent onrein. Sy sou dus enige iemand wat aan haar raak of aan wie sy sou raak, onrein maak. Sy moes haar dus uit die samelewing onttrek. Sy was nie aanvaarbaar nie. Dit verklaar hoekom sy anoniem wou bly en hoekom sy net die soom (onderste deel) van Jesus se klere aangeraak het.
4. Wat dink julle was die bedoeling van Jesus se vraag in :45? Hy wou daarmee toon dat Hy met liefde en respek uitreik na selfs die mees onaanvaarbare persone. Sy moes na vore kom sodat sy dit self kon ervaar asook die hele skare. 32
5
Hoe sou jy voel as jy saam met Jesus onderweg was om na jou siek dogter te gaan omsien en Jesus stop eers om aan iemand anders wat eintlik nie daar hoort nie, aandag te gee? Die bedoeling van hierdie vraag is om die groepslede bewus te laat word van hulle eie gevoelens en emosies oor die hantering van mense binne en buite die sosiale kringe waarin hulle beweeg.
6. Wat vertel die vrou se lyftaal in :47 van haar belewing van die situasie? Dit vertel van die pyn en emosionele gebrokenheid wat sy as gevolg van haar uitsluiting uit die samelewing ervaar. Sy het haar menswaardigheid verloor.
7. Wat kan ons daaruit aflei as Jesus haar in :48 as “dogter” aanspreek? Jesus herstel haar menswaardigheid deur die betoning van respek. Die aanspreekvorm, “dogter”, moet haar laat ervaar sy word aanvaar, sy word omhels, sy behoort weer aan ʼn familie, aan ʼn gemeenskap waar sy weer respek mag ervaar. Sy moes ook hoor dat Jesus na haar geluister het al was haar kommunikasie net deur ʼn aanraking.
8. In watter opsigte is hierdie vrou genees? Behalwe haar fisiese genesing is daar ook haar emosionele genesing en haar geestelike genesing want Jesus erken haar geloof (:48), en ons sou seker ook kon praat van die herstel van haar plek in die samelewing. Haar menswaardigheid is herstel.
33
9. Wie is al die randfigure in julle samelewing en hoe kan julle aan hulle respek betoon?
10 SĂŞ vir mekaar wat julle dink sal gebeur as almal in SuidAfrika sou begin om respek aan mekaar te betoon. Hopelik sal die groep nou lekker en vrylik kan gesels. Laat hulle veral voorbeelde noem. Vra vir getuienisse. Onthou niemand moet beskaam word nie. Ons moet eerder ervaar dat Jesus ons bevry van al ons vooroordele en onsensitiwiteit sodat ons ook die mense op die rand van die samelewing met respek kan behandel en God so verheerlik kan word. Skryf nou jou voorneme hier neer:
Moedig die groeplede aan om spesifiek te wees in hulle voornemens.
Gee geleentheid vir stilgebed waar elkeen sy/haar voorneme voor die Here kan bring en mekaar se verhale aan die Here kan opdra. Kom ons bid nou vir mekaar en vir almal op die rand van die samelewing.
34
Die Woord in my hart vir elke dag Dis belangrik om te onthou dat ons nie met die Woord werk nie, maar dat die Here deur sy Woord met jou wil werk. Vir Hom om met ons te kan werk, is dit nodig dat ons stop, stil word, oopmaak en luister. Sonder jou op ʼn tyd en plek af waar jy nie gesteur kan word nie. Sit twee minute lank gemaklik sonder om aan iets spesifieks te dink en fokus op God se teenwoordigheid en die voorreg dat Hy met jou wil praat. Lees elke dag se teks ten minste twee keer met die verwagting dat jy die Here se “stem” sal hoor. Laat die teks deur die dag by jou bly deur nog ʼn keer of twee ʼn paar minute lank daaroor te dink. Die vragies by elke teks sal jou hopelik help in die nadinkproses. Praat dan met die Here oor wat jy gehoor het.
dag22
maandag
Lees Markus 7:24-30 21 Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon toe vertrek. 22’n Kanaänitiese vrou wat in daardie gebied gewoon het, het onverwags by Hom aangekom. Sy het aanhoudend geroep: “Ontferm U oor my, Here, Seun van Dawid! My dogter is in die mag van ’n bose gees, en dit gaan sleg.” 23Maar Hy het haar niks geantwoord nie. Sy dissipels kom toe by Hom en vra: “Stuur haar weg, want sy hou aan met skreeu hier agter ons.” 24Jesus antwoord: “Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.” 25Maar die vrou kom kniel voor Hom en sê: “Here, help my!” 26Hy sê vir haar: “Dit is nie mooi om die kinders se brood te vat en vir die hondjies te gooi nie.” 27“Dit is waar, Here,” sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval.” 28“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond. Jesus herken in hierdie verhaal die groot geloof van die Kanaänitiese vrou. Nie eens die feit dat Hy haar bewus maak van die grens tussen die Jode en die heidene (deur die Jode na hulle as honde verwys) keer haar om haar vertroue in Hom te toon nie. 35
Die dissipels reageer negatief op haar toenadering, maar Jesus vervul haar wens. Wat sê dit van Jesus se gesindheid? Dink aan mense in ons samelewing met wie jy hierdie vrou kan identifiseer. Hoe voel jy oor sulke persone?
dag23
dinsdag
Lees Matteus 8:5-13 5 Nadat Jesus in Kapernaum aangekom het, het ’n offisier by Hom hulp kom vra 6en gesê: “Here, my slaaf lê by my huis verlam en verduur baie pyn.” 7 En Jesus antwoord hom: “Ek sal hom kom gesond maak.” 8Maar die offisier sê: “Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. Sê maar net ’n woord, en my slaaf sal gesond word. 9Ek is ook ’n mens wat onder gesag staan en ek het soldate onder my. Vir een sê ek: ‘Gaan daarheen!’ en hy gaan; en vir ’n ander: ‘Kom!’ en hy kom; en vir my slaaf: ‘Doen dit!’ en hy doen dit.” 10Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy sê vir die mense wat agter Hom aan gekom het: “Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so ’n groot geloof teëgekom nie. 11Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel. 12Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.” 13Jesus sê toe vir die offisier: “Gaan terug, en wat jy geglo het, sal gebeur.” En sy slaaf het op daardie oomblik gesond geword. Die offisier is natuurlik ʼn Romein en word net deur die Jode verdra omdat die Romeine die politieke mag gehad het. Jesus laat die Jode verstaan dat Hy hom waardig ag deur sy verwondering oor die offisier se geloof uit te spreek en hom in dieselfde asem te noem as die aartsvaders Abraham, Isak en Jakob. Ook die slaaf word waardig geag wanneer Jesus hom gesond maak. Wat hoor jy oor die gesindheid waarmee Jesus na mense kyk en luister? Hoe raak dit jou hart aan? Leer dit jou iets rakende jou optrede teenoor mense van ander lande of kulture? Wat? 36
dag24
woensdag
dag25
donderdag
Lees Matteus 8:1-4 1 Jesus het afgekom van die berg af, en ’n groot menigte mense het saam met Hom gegaan. 2’n Melaatse man kom kniel toe voor Hom en sê: “Here, as U wil, kan U my gesond maak.” 3Toe steek Jesus sy hand uit, raak hom aan en sê: “Ek wil. Word gesond!” En sy melaatsheid was onmiddellik weg. 4Jesus sê toe vir hom: “Jy moet dit vir niemand vertel nie, maar gaan wys jou vir die priester en bring die offer wat Moses voorgeskryf het. Dit sal vir die mense die bewys wees dat jy rein geword het.” Mense wat in die Bybelse tyd melaats was, is uit die samelewing verban. Iemand wat aan ʼn melaatse persoon sou raak, is as onrein beskou en self uitgesluit en moes daarna deur ʼn hele reeks van rituele gaan voordat hulle in die samelewing hertoegelaat is. Hoe voel jy oor die feit dat Jesus aan die melaatse persoon geraak het? Hoe sal jy optree teenoor iemand wat HIV-positief is? Wat hoor jy sê Jesus vir jou?
Lees Johannes 8:3-11 3 Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe ’n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan. 4Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het. 5Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?” 6Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe. 7Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat ’n skoon gewete het, eerste ’n klip op haar gooi.” 8Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe. 9Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense. 10Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?” 11“Niemand nie, Here,” sê sy. Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” 37
In die Bybelse tyd is die sonde van owerspel strafbaar met die dood deur steniging. Vir hierdie vrou is dit ʼn uiters angsvolle situasie en haar man is ook nêrens in die prentjie om haar by te staan nie. Sy was totaal verlate in haar nood. Wat tref jou in hierdie gedeelte? Wat gaan alles deur jou kop as jy jouself in hierdie vrou se skoene plaas? Hoe voel jy oor die optrede van die Fariseërs? En oor Jesus se optrede? Wat sê die Here vir jou oor jou optrede teenoor persone wie se geheime sondes aan die kaak gestel is?
dag26
vrydag
Lees Johannes 4:5-9 5 Hy kom toe by ’n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het. 6Die fontein van Jakob was daar, en Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, sommer by die fontein gaan sit. Dit was omtrent twaalfuur die middag. 7Daar kom toe ’n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My ’n bietjie water om te drink.” 8 Sy dissipels was intussen weg dorp toe om te gaan kos koop. 9Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat ’n Jood is, vir my, ’n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie. Die Jode het die Samaritane verag omdat hulle die nageslag was van die Jode wat nie in ballingskap weggevoer is nie en wat met die nie-Joodse volke ondertrou het. In watter opsig was die vrou by die put ʼn randfiguur? Hoe raak die feit dat Jesus aan haar respek betoon deur met haar te gesels, jou? Wat leer dit jou oor jouself?
38
dag27
saterdag
Lees Lukas 19:1-9 1 Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. 2Daar was ’n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, ’n ryk man. 3Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. 4 Hy hardloop toe vooruit en klim in ’n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan. 5Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.” 6Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang. 7Almal wat dit gesien het, het beswaar gemaak en gesê: “Hy gaan by ’n sondige man tuis!” 8Maar Saggeus het opgestaan en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my goed vir die armes gee, en waar ek iets van iemand afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.” 9 Daarop sê Jesus: “Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom; ook hierdie man is ’n kind van Abraham. 10Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is.” Saggeus was ʼn Jood en as tollenaar in diens van die Romeine. Tollenaars is deur die gemeenskap verag omdat hulle die mense se geld afgepers het deur meer in te vorder as wat die wet toegelaat het. Watter gesindheid word weerspieël in die mense se reaksie op Jesus se toenadering tot Saggeus? Hoe sou jy Jesus se gesindheid teenoor Saggeus beskryf? Wat sê dit vir jou?
39
Respek vir jou Nabymense Vertel ʼn bietjie vir die groep watter invloed verlede week se onderwerp oor respek vir randfigure op jou gehad het. Ons elkeen is gevorm deur die gesinne waarin ons grootgeword het. Kom ons deel ʼn positiewe herinnering van die gesin waarin ons opgegroei het, asook ʼn herinnering wat dalk minder aangenaam was. Dalk was dit ʼn moeilike tyd waardeur die gesin gegaan het?
Die Here sê dat ons nou ook deel is van ʼn geestelike “huisgesin” (Efesiërs 2:19). Kom ons sê vir die Here dankie vir ons “gesinslede”, maar bowenal vir Hom wat ons gesin se Vader is. Kyk na die DVD.
Lees Kolossense 3:18-4:1 18 Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo. 19Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie. 20Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo. 21Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie. 22Slawe, wees in alles gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde. Moenie net werk om deur hulle raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie, maar werk met ’n opregte hart uit eerbied vir die Here. 23Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, 24omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het. Christus is die Here in wie se diens julle staan. 25Wie onreg doen, sal gestraf word oor die onreg wat hy gedoen het; die Here trek niemand voor nie. 4 Eienaars, behandel julle slawe reg en billik in die wete dat julle ook onder iemand staan, onder die Here in die hemel. 40
1. ʼn Bybelgedeelte soos hierdie gee dikwels aanleiding tot baie vrae. Wat is die vrae wat by jou opkom as jy hierdie gedeelte lees? Wat is die besware wat jy al teëgekom het by mense oor ʼn gedeelte soos hierdie? Dikwels sukkel ʼn mens om die boodskap van ʼn gedeelte te hoor, alvorens jy nie die “gedruis” eers stilgemaak het nie. Laat die vrae wat in almal se gedagtes wemel, eers na die oppervlak toe kom, en dan kan ʼn mens dieper na die gedeelte luister. Moenie voel dat jy of iemand anders in die groep die vrae of besware moet beantwoord nie. Deur net te wys dat jy bewus is van al die onderliggende vrae, verdien jy die reg om met die groep na die hoofboodskap van die teks aan te beweeg. Van die tipiese besware wat mag opduik, is: dat die teks meewerk aan die onderdrukking van vrouens. waarom die teks nie die slawe oproep om hul slawejuk af te gooi nie. keur die teks nie slawerny goed deurdat dit eienaars raad gee oor hoe om hul slawe te hanteer nie. 2. Veronderstel jy word gekonfronteer deur iemand wat uiters sterk daaroor voel dat gedeeltes soos hierdie meedoen aan die onderdrukking van mense. Hoe sal jy die persoon antwoord? Ons moet ongelukkig erken dat gedeeltes soos hierdie al dikwels in die verlede misbruik is. Maar dit is beslis ʼn verdraaiing van die Bybel om voor te gee dat “hiërargie” die gedagte was wat agter Paulus se denke gesit het. Uit ander gedeeltes weet ons dat Paulus skryf: “Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één” (Galasiërs 3:28). Daar is dus nie by Paulus ʼn gedagte dat ʼn man belangriker as ʼn vrou is nie. Anders sou Paulus nie in van sy ander 41
briewe mans en vrouens opgeroep het om “...uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig” (Efesiërs 5:21) te wees nie. Ons moet ook pasop om nie die antieke term, “slaaf”, met hedendaagse konnotasies te vul nie. Daar is groot verskille tussen slawerny in die antieke tyd en die slawerny wat ons vandag ken. Die term wat Paulus hier vir “slaaf” gebruik, is “doulos”, en dit was ʼn soort vrywillige dienskneg (in Engels bekend as ʼn “bondservant”). Hierdie diensknegte was vir ʼn termyn van 7-10 jaar in die diens van die “eienaar” en het ʼn volwaardige dagloon ontvang. Uitbuitery en mishandeling is kwaai veroordeel. Geen wonder dat baie van hierdie “slawe” na die termyn besluit het om by die eienaar aan te bly nie. Dit is dus glad nie dieselfde as die ras-slawerny of mensehandel waarmee ons vandag bekend is nie. 3. Ons het nou gekyk na ʼn paar tipiese besware wat iemand mag opper as hul die teks sou lees. Jy sal saamstem dat die besware nouliks raak aan die kernboodskap van die gedeelte. Die teks is swanger met waardevolle beginsels wat ons in ons alledaagse verhoudings kan toepas. Deel met mekaar watter een van die 7 vermanings jou vandag opval of tref, en kortliks, hoekom dit tot jou spreek. Laat die groep sê wat hulle tref – maar trek dit uit hulle uit hoekom hulle so sê. Daar kom diepte in die groep slegs wanneer ons vanself deel. 4. As jy hierdie gedeelte in jou eie woorde in een sin sou moes opsom, wat sou dit wees?
5. Kyk ‘n bietjie na die konteks van die teksgedeelte. Hoe beïnvloed dit die betekenis? Kyk spesifiek na: 3:1 Die wegspringplek van Paulus se argument vind ons in Kolossense 3:1, naamlik die feit dat ons saam met Christus 42
uit die dood opgewek is. Dit bemaak aan ons ʼn splinternuwe identiteit omdat dit nou Christus is wat in ons leef. 3:5-9 3:10-11 Om uiting hieraan te gee moet ons gedrag wat aan die “ou lewe” behoort, aflê (:5-11) 3:12 en klem lê op gesonde nuwe gedrag wat pas by ons nuwe identiteit (3:12-4:1). Dit is hoekom ons hierdie week in ons stiltetyd Kolossense 3:11-17 gelees het. Indien ons nie besef dat die lysie vermaninge wat ons vandag behandel het, inpas in die groter prentjie van ons nuwe identiteit in Christus nie, verval ons bloot in ʼn eksterne moralisme.
Elkeen het vroeër gedeel watter vermaning tot hom/haar spreek. Deel nóú met mekaar hoe jy daarop gaan reageer. Gaan jy met iets ophou of juis met iets begin? Wat gaan jy nou anders doen? Kom ons vra die Here dat Hy ons in staat sal stel om met respek te leef juis teenoor die mense wat die heel naaste aan ons is.
43
Die Woord in my hart vir elke dag Onthou net weer voor jy lees: Vind ʼn plek waar jy rustig kan wees. Neem ʼn paar minute om sommer net jou hart voor die Here uit te stort. Bely enige sondes en skuld. Pak jou laste, klagtes en probleme voor Hom uit. Ontspan in die wete dat jy werklik tans tyd met die Skeppergod kan deurbring. Neem dan die teksgedeelte en lees dit ʼn paar keer stadig deur. Oordink dit. Verstaan jy die betekenis van elke woord? Watter gevoelens maak dit by jou los? Kyk na die vrae by elke dag, en toets jou eie eerlikheid wanneer jy daaroor nadink. Bespreek die vrae met die Here, dra jou dag en jou gesin aan die Here op en plaas jou hand in die Here se hand voordat jy die dag verder aanpak.
dag29
maandag
dag30
dinsdag
Word stil en dink aan alles waarvoor en almal in jou lewe vir wie jy dankbaar is. Sê dit nou vir die Here. Lees Kolossense 3:11 Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal. Hoe kyk ek na mense? Watter uitdagings hou my week in? Praat nou met die Here daaroor.
Dink ʼn oomblik na waaroor jy jou vandag die meeste bekommer. Gee dit dan vir Here en voel hoe jy rustig raak. Lees Kolossense 3:12 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 44
Rol elke woord van :12 in jou mond rond. Wat spring vir jou uit? Word ʼn oomblik weer bewus van alles rondom jou. Wat is die geluide wat jy hoor? Wat is die omgewing waarin jy jou bevind? Watter mense is in die omtrek? Praat met die Here oor wat in jou hart opkom.
dag31
woensdag
dag32
donderdag
Visualiseer weer vandag die troonkamer van die hemel: Oral rondom jou is daar engele wat lof en hulde bring. Jy sien ook ʼn reuse troon waarop die Here sit. Jy kan nog nie sien hoe lyk die Here nie, maar jy sien wel die glansende lig wat uit die troon straal. Almal in die troonkamer kniel uit eerbied. Wat wil jy vandag vir Hóm sê? Lees Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Waarheen trek jou gedagtes as jy hierdie gedeelte lees? Bespreek dit met die Here. Maak jou oë toe. Dink aan mense wat jou lewenspad kruis. Sien hulle gesigte in jou gedagtes. Praat met die Here oor die spesifieke mense aan wie jy vandag dink.
Hou jou Bybel vir ʼn oomblik net vas en dink weer vandag aan die wonderwerk van God se Woord wat in jou hande lê. Wat wil jy vandag vir die Here hieroor sê? Lees Kolossense 3:14-15 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Watter woord in hierdie gedeelte spring vir jou uit en trek jou aandag? Praat met die Here daaroor. As Jesus nóú onverwags aan jou sou verskyn, wat sou jy vir Hom vra? Doen presies dit in gebed. 45
dag33
vrydag
dag34
saterdag
Maak jou oë toe en word daarvan bewus dat Jesus saam met jou in die kamer is. Moenie begin Bybellees voordat jy oortuig is dat Hy deur sy Heilige Gees teenwoordig is nie. Lees Kolossense 3:15-16 Wees altyd dankbaar. Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. Bly vir nog ʼn oomblik sit en geniet net die stilte. Die kans is goed jy gaan gejaagd voel om met iets anders aan te gaan, maar moenie nou te gou stop nie. Vra die Here of daar nog iets is wat Hy vir jou wil sê. Sit in die stilte en toets die gedagtes wat by jou opkom.
Dink aan die heel mooiste ding wat jy hierdie week gesien/beleef het. Dank die Here daarvoor. Lees Kolossense 3:17 En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. Waaraan dink jy as jy hierdie gedeelte lees? Praat met die Here daaroor. Reflekteer oor die week se stukke wat jy gelees het en praat met die Here daaroor. Watter een staan vir jou uit? Hoekom? Is daar ʼn tema wat dalk herhalend voorkom wanneer jy stiltetyd hou? Wat dink jy sê die Here vir jou?
46
Respek vir my Vyande Is daar iets wat jy wil deel oor “respek vir jou nabymense” van die afgelope week? Deel met mekaar watter flieks weerwraak baie soet uitbeeld. Dit word mos in Engels “sweet revenge” genoem.
Laat iemand in gebed voorgaan oor julle verwagtinge vir die byeenkoms. Fokus ook op die Here in lof en aanbidding.
Kyk na die DVD. Lees 1 Petrus 2:18-25 18 Bediendes, onderwerp julle met die nodige ontsag aan julle werkgewers, of hulle nou goedhartig en vriendelik is, of onredelik. 19 Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. 20 As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God. 21 Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle ʼn voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. 22 "Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit ʼn leuen gekom nie." 23 Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. 24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. 25 Julle het immers soos skape rondgedwaal, maar nou het julle teruggekom na julle Herder en die Bewaker van julle lewe. 47
1. Aan watter voorbeelde van onreg teenoor mense in die algemeen kan julle dink? Deel dit met die groep. In hierdie gedeelte gaan dit oor "bediendes" van wie daar misbruik gemaak word. Onreg het egter verskillende vorms - in gewone verhoudings of weens dinge wat deur 'n sisteem veroorsaak word. Dit gaan telkens oor mense wat uitgelewer is aan mense wat hulle misbruik. 2. Lees :19 en gesels oor die "pyn" van onverdiende lyding weens ander mense se optrede. Gee dus voorbeelde van daardie onreg teenoor jouself of iemand baie na aan jou. Dié vraag kom hier nader aan ons lyf. 3. Dink ʼn bietjie na oor die "onredelik" van :18. Die meeste van ons moeilikheid het ons self veroorsaak en dan is dit verstaanbaar dat ons weerstand kry. Hierdie gaan dit egter spesifiek oor dinge waaraan ʼn mens onskuldig is.
4. Wat sou Petrus bedoel met "Dit is genade" aan die begin van :19? Die dra van onreg veronderstel iets helends wat ons nie altyd verstaan nie. 5. Beoordeel Jesus se optrede volgens :23. Jesus is by uitstek die praktiese illustrasie van die beginsels wat Petrus probeer verduidelik. 6. Waar is God wanneer iemand onredelik benadeel word (:20)? Baie nader as wat ʼn mens besef: Hy weet dat die behoefte aan wraak ʼn mens tot oneindige nadeel strek (sien :23). Hy is egter die Een wat op die regte tyd die vergelding sal hanteer.
48
7. Is daar dan geen plek vir die herstel van regte nie? Wat moet ons doen met die oorsaak van die onreg volgens :23b? (" ….maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel") Dit is belangrik dat die reg sy gang gaan. Die Here wat vergewe, is ook die Here wat nie onreg verdra nie. 8. Met julle voorafgaande besinning in gedagte, hoe sou dit vir jou wees wanneer jy die vonnis moet voltrek oor ‘n persoon wat jou benadeel het? Dit sal goed wees om na die praktyk van weerwraak te kyk en te besef dat dit nie die probleem gaan regstel nie, maar dat dit 'n bose kringloop aan die gang sit. 9. Beoordeel die volgende stelling: “Vertroue moet verdien word, maar respek moet in elk geval gegee word.” Respek moet ʼn mens in elk geval gee. Dit is 'n lewenshouding.
Wie in jou lewe dwing nie respek by jou af nie? Wie maak dit vir jou ontsettend moeilik om hom / haar te respekteer? Bid vir mekaar – ook vir die situasies wat ‘n uitdaging ten opsigte van respekbetoning bied. Beplan om as groep volgende week ʼn feesmaal te eet.
49
Die Woord in my hart vir elke dag Onthou net weer voor jy lees: Vind ʼn plek waar jy rustig kan wees. Neem ʼn paar minute om sommer net jou hart voor die Here uit te stort. Bely enige sondes en skuld. Pak jou laste, klagtes en probleme voor Hom uit. Ontspan in die wete dat jy werklik tans tyd met die Skeppergod kan deurbring. Neem dan die teksgedeelte en lees dit ʼn paar keer stadig deur. Oordink dit. Verstaan jy die betekenis van elke woord? Watter gevoelens maak dit by jou los? Kyk na die vrae by elke dag, en toets jou eie eerlikheid wanneer jy daaroor nadink. Bespreek die vrae met die Here, dra jou dag en jou gesin aan die Here op en plaas jou hand in die Here se hand voordat jy die dag verder aanpak.
dag36
maandag
dag37
dinsdag
Lees Romeine 12:17 17 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. Vergelding sit net 'n baie bose kringloop aan die gang wat heeltyd eskaleer.
Lees Romeine 12:18 18 As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Die soek na vrede kom teen 'n prys en net enkele mense is in staat om dit te kan betaal …. 50
dag38
woensdag
dag39
donderdag
dag40
vrydag
dag41
saterdag
Lees Romeine 12:19 19 Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: "Dit is my reg om te straf; Ék sal vergeld," sê die Here. Los die wraak vir die Een wat weet wat om daarmee te doen - op sy tyd.
Lees Romeine 12:20-21 20 "As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte." 21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. Wanneer ek soos my vyand word, is dit nie meer ek wat die situasie beheer nie, maar hy …..
Lees 2 Timoteus 2:24 24 ‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra. Liggeraaktheid is eie aan menswees, veral aan party mense.
Lukas 23:34 34 Toe sê Jesus: "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!" Hierdie woorde van Jesus aan die kruis het menige voornemende wraaknemers ontmagtig … Dit was immers sy smeking aan die Enigste Een wat die rég het om te vergeld …. 51
Kom ons vier waardigheid Verlede week was die moeilikste van die reeks: respek vir jou vyand… Iets om daaroor te deel? Vertel vir die res van die groep van ʼn situasie waarin jy nuwe respek vir iemand gekry het. Hoe sal dit wees as daar in ons land nuwe respek begin groei in ons samelewing, skole, kerke, op straat? Skryf so 3 dinge hier neer waarvan jy droom: Sing lofliedere tot eer van God. Kyk na die DVD. Wat maak jou opgewonde? Die eerste brief van Petrus is aan mense geskryf wat nie in die samelewing van hulle tyd hooggeag is nie. Inteendeel, hulle was die mense wat verneder, verag en selfs vervolg is. Lees 1 Petrus 2:9 en 10 9Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. 10Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys. 1. Watter woord of gedagte lê die Here op jou hart? Lees dit deur en gee rustig kans dat elkeen weer in stilte die teks kan deurkyk. Moenie eerste iets sê nie, gee eers aan ander groeplede kans vir insette. 52
2. Dink ʼn bietjie na oor die vier begrippe waarmee Christene beskryf word in :9. Wat, dink julle, beteken elkeen? Uitverkore volk Spesiaal uitgekies tussen al die ander uit. Koninklike priesterdom Kosbare Gods-dienaars, van die hoogste status. Nasie vir God afgesonder God se mense met Sý tekens, waardes en kenmerke. God se eiendomsvolk God fokus op julle: Hy red julle, koop julle, regeer oor julle, sorg vir julle. 3. Hoe, dink julle, het hierdie gedagtes dié vernederde, vervolgde Christene in die eerste eeu laat voel? So baie spesiaal. Almal verag ons… maar God het respek, liefde en deernis vir ons. 4. Hoe voel jý as God dit alles oor jóú sê? Onwaardig. Dankbaar. Baie spesiaal. 5. Dink nou aan mense rondom jou. Nie net dié wat deur die samelewing hoog geag word nie, maar ook dié op wie daar so ʼn bietjie neergesien word. Wat sal húlle beleef as hulle hierdie feite oor hulleself hoor? Hulle kan dalk nuwe selfrespek kry. Dít kan hulle gedrag verander, hulle lewens kan nuwe betekenis kry. 6. Kyk weer terug na die 3 dinge wat jy neergeskryf het aan die begin van die byeenkoms. Deel dit met mekaar. Luister mooi na elkeen se inset. Versterk dit. Kyk na ooreenkomste en vars insigte. Dis baie belangrik dat elkeen beleef: mý inset is belangrik. 7. Hoe kan hierdie droom ʼn werklikheid word? Alleen as ons as individue én saam baie doelgerig onder die aansporing van die Gees dit uitleef én vermenigvuldig. “Paying it forward.” 53
Nou is dit tyd om respek en ʼn nuwe besef van menswaardigheid te vier. Jou eie kosbaarheid voor God. Ander mense om jou. Sê vir mekaar waarom julle mekaar respekteer. Sê vir die Here in gebed hoeveel julle Hom respekteer en waardeer. Geniet ʼn feesmaal!
54
Die Woord in my hart vir elke dag Onthou net weer voor jy lees: Vind ʼn plek waar jy rustig kan wees. Neem ʼn paar minute om sommer net jou hart voor die Here uit te stort. Bely enige sondes en skuld. Pak jou laste, klagtes en probleme voor Hom uit. Ontspan in die wete dat jy werklik tans tyd met die Skeppergod kan deurbring. Neem dan die teksgedeelte en lees dit ʼn paar keer stadig deur. Oordink dit. Verstaan jy die betekenis van elke woord? Watter gevoelens maak dit by jou los? Kyk na die vrae by elke dag, en toets jou eie eerlikheid wanneer jy daaroor nadink. Bespreek die vrae met die Here, dra jou dag en jou gesin aan die Here op en plaas jou hand in die Here se hand voordat jy die dag verder aanpak. Droom – en bid – oor ʼn samelewing waarin respek heers. Vier dit! Hierdie week wil ons die vrug van die vorige weke se lees, dink, gesels en doen vier. Maar veral deur die visualisering en in gebed na God toe te vat. Gebruik die stilwordtye om saam met God hierdie kosbaarhede te besoek.
dag43
maandag
Lees Psalm 99:1 – 3 Die Here regeer: die volke erken bewend sy gesag. Hy troon oor die gerubs: die aarde sidder van ontsag. 2Groot is die Here, Hy wat in Sion is, hoog verhewe bo al die volke. 3Hulle moet u groot en gevreesde Naam prys: “U is heilig!” As jy jou oë toemaak, sien in jou gedagtes ʼn skare engele of gerubs of serafs wat jubelend sing: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige… Kyk laer. Sien miljoene Christene van elke stam en taal en volk en nasie wat met opgehefde hande God eer as die Heilige. 55
Sien jouself as deel van dié gróót menigte. Aanbid Hom met respek, agting, verwondering.
dag44
dinsdag
dag45
woensdag
Lees Genesis 18:1 – 5 Die Here het aan Abraham verskyn by die groot bome van Mamre. Terwyl hy op die warmste van die dag by sy tentdeur sit, 2kyk hy op en sien drie mans daar naby staan. Toe hy hulle sien, het hy van sy tentdeur af na hulle toe gedraf en voor hulle gebuig. 3Hy het gesê: “Menere, u sal my ’n guns bewys deur nie by my verby te gaan nie. 4Laat ek eers ’n bietjie water laat haal sodat u u voete kan was, en kom rus dan onder die boom. 5U is nou eenmaal op pad hier by my verby, en daarom wil ek ’n stukkie brood vir u gaan haal dat u weer nuwe krag kan kry.” Hulle het vir hom gesê: “Goed! Maak so!” Nádat jy dit gelees het, probeer jou die toneel indink: ʼn bejaarde Abraham wat uit sy pad uit gaan om so hoflik, gasvry en vriendelik as moontlik teenoor drie mans wat hy nog nooit ontmoet het nie te wees – totale vreemdelinge. Droom van ʼn samelewing waar vreemdes mekaar vriendelik in die oë kyk en met waardigheid behandel: in winkels, by petrolstasies, in staatsdepartemente, banke en op straat. Sien Christene wat oor rasse- en kerkgrense heen mekaar as medelede van God se huisgesin aanvaar en liefhet. Sê vir God dankie dat dit reeds besig is om te gebeur. Vra dat die momentum sal toeneem.
Lees Romeine 16:8-11 8 En dan stuur ek ook groete vir Ampliatus, my liewe vriend in die Here, 9 vir Urbanus, my medewerker in Christus, en vir my liewe vriend Stagis; 10 ook vir Appelles - hy het gewys wat in hom steek as gelowige - en die huis van Aristobulus; 11vir Herodion, my volksgenoot, en vir dié uit die huis van Narsissus wat tot die geloof gekom het. 56
Vriende wat meer is as mense wat lekker kan gesels, saamkuier en vleisbraai: liewe vriende in die Here. Maak jou oë toe. Sien die gesigte van die kring mense om jou wat jy vriende noem. Sê vir die Here dankie vir elkeen. Besluit om nuwe respek en waardering teenoor elkeen te betoon. Sien dit groei en groei en groei in talle vriendskapsverhoudings.
dag46
donderdag
dag47
vrydag
Lees Efesiërs 6:5 en 9 5 Slawe, wees gehoorsaam aan julle eienaars hier op aarde, en doen dit met eerbied en ontsag maar terselfdertyd met ’n opregte hart, asof dit vir Christus is. 6Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. 7Al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie. 8Julle weet tog dat die Here elkeen sal beloon as hy iets goeds gedoen het, of hy nou slaaf is of vry. 9En eienaars, behandel julle slawe met dieselfde gesindheid. Hou op om hulle te dreig. Dink daaraan dat die Here in die hemel hulle Here en ook julle Here is en Hy trek niemand voor nie. Werknemers (“slawe”) met eerbied en ontsag teenoor werkgewers. Werkgewers (“eienaars”) met dieselfde gesindheid teenoor werknemers: eerbied en ontsag. Sien ʼn werksomgewing waar hierdie twee begrippe tasbaar teenwoordig is. Selfs onder werksdruk en frustrasies. Vier dit dat God hierdie gesindheid al meer tussen alle werkers op alle vlakke van ons samelewing laat toeneem.
Lees Kolossense 3:18 – 21 18 Vrouens, wees aan julle mans onderdanig soos dit pas by mense wat in die Here glo. 19Mans, julle moet julle vrouens liefhê, moenie die lewe vir hulle bitter maak nie. 20Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoor57
saam, want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo. 21Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie. Goddelike huisgesinne: huwelike vol ondersteunende liefde, kinders wat gráág luister, ouers wat oogkontak maak, mekaar aanraak en wat lúíster na hul kinders. Dit gebeur! Eer die Here vir wonderlike gesinne waar Jesus deur sy Gees duidelik woon. Bid vir stukkende, desperate gesinne: huweliksmaats wat mekaar verneder; kinders wat opstandig/moedeloos is; ouers wat krities en liefdeloos optree. Sien die visie van God se Gees wat helend/genesend gesinsverhoudinge binnedring en nuwe hoop oopsluit.
dag48
saterdag
Lees Kolossense 3:11 – 14 11 Hier is dit nie van belang of iemand Griek of Jood is nie, besny of nie besny nie, andertalig, onbeskaaf, slaaf of vry nie. Hier is Christus alles en in almal.12Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. 13Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. 14Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. Gelowiges wat oor alle grense die volgende beleef: hulle verskeidenheid wat vervaag, Jesus is die kern en die fokus. Sien dit! ʼn Prentjie van hande wat (partykeer nog huiwerig) na mekaar vat-vat, gesigte wat na mekaar draai, fronse wat verander in glimlagte, liefde wat verskille én geskille oorbrug. Vier dit! Die nuwe eenheid tussen alle Christene in ons land. Hoor die magtige dreuning van ʼn reuse leër wat oor ons hele land ter wille van die koninkryk van God marsjeer. Voel die verkwikkende druppels van geestelike reën wat orals uitsak – die werk van die Heilige Gees. En dit spoel die versperrings uit die pad uit. Daardie respek en liefde bind ons tot volmaakte eenheid saam! 58
59
60