Baie welkom in die huis van die Here vanoggend! “Elke hart met Christus is ʼn sendinghart, en elke hart sonder Christus is ʼn sendingveld.” -David LivingstoneBabas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik in ons gemeente..
babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word Ouers met
daarheen herlei.
Kleuter Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon.
Laerskool kinders verdaag later na die saal.
Baie welkom weereens aan ʼn getroue ‘n Unieke bediening vir kleuters, bring jou vriend van ons kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemeente! Dankie gemak is. Ds Jaco Strydom, ons Stad op die Berg luister graag... Hy het ook 2 van ECHO Jeugontwikkeling se 14:00 Vertrek na Huis Bethlehem Hoërskool seunshuise se huismoeders Jacobus 082 456 8148 saamgebring. ECHO 15:00 Vertrek na Rustig Aftree- en jeugontwikkeling is een Versorgingsoord Ds Eddie le Roux van die vele projekte wat deur Jaco begin is Vir ʼn lewensveranderende ervaring, skakel gerus vandag in na die verskilin Pretoria en nou al so lende uitreike. Albei vertrek van die wyd kring as BloemfonGemeentesentrum. Skakel gerus Rochelle Reitz en Lize Olivier tein en die Wes Kaap. betrokke persone vir meer inligting. NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
Gasvryheid is ʼn waarde van ons gemeente “Met gasvrye mense is te veel nooit te veel nie.” (Francis Bacon), vertrou jy het hierdie gasvryheid reeds in die erediens ervaar. Kom geniet dit verder by die KoffieOase na die erediens. Almal welkom! Die TWEEDE kruiswoorde is uit Lukas 23:43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Lydenstyd
oskas lerekas HELP asb met Kinderklere
(veral seuns) en mansklere en
-skoene. Bring gerus op ‘n Maandag na die Klerekas of laai af by kantoor.
Om die laaste te doen by die Koskasgebou het ons ʼn klein hupstoot Verkiesing tot Kerkraad Jacobus Verster is tydens die Kerkraadsver- nodig, indien jy ons hande en harte gadering verkies tot Medewerker van Ds Eddie. kan vul om klaar te maak sal ons dit Hy sal nou betrokke wees in al die fasette van baie waardeer. Getuienisbediening wat o.a. GeloofsofferbelofKontak Antoinette by kantoor. te, Koskas, Barmhartigheid en Uitreike insluit. NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
Skakel in en raak betrokke by die gemeenteaktiwiteite. Maandag 2 Maart 18:00 70 x 7 kursus GriefShare
Maandag 9 Maart Konsistorie
18:00 70 x 7 kursus Gebedskamer GriefShare
Dinsdag 3 Maart 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare
Konsistorie Gebedskamer
Dinsdag 10 Maart Konsistorie 08:00 Gebedsbyeenkoms Ouditorium 17:00 Lofdans Gebedskamer 18:00 FinansiĂŤle Bedieningverg. DivorceCare
Woensdag 4 Maart 10:00 Kreatiewe vers
Bovertrek
Vrydag 6 Maart 06:00 Besigheidspersone Bid
Bovertrek
Saterdag 7 Maart Rustig Aftree- en Versorgingsoord Basaar
Konsistorie Ouditorium Raadsaal Gebedskamer
Woensdag 11 Maart 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Bluetooth Ouerskap
Bovertrek Bovertrek
Donderdag 12 Maart 18:00 Kerkraadsvergadering
Konsistorie
Vrydag 13 Maart 06:00 Besigheidspersone Bid
Bovertrek
STRENGTHS FINDER KURSUS
Ontdek meer van jouself! Hierdie ontdekkingsreis word eenmalig aangebied in die gemeente. Aanbieder: Wanneer: Waar: Tyd: Koste:
Dr Johan Pienaar Saterdag 21 Maart Gemeentesentrum 08:00 R400/p kursusmateriaal en verversings ingesluit
Daar is nog 9 plekke beskikbaar. Skryf vandag nog in! Skryf in: WhatsApp / SMS jou naam en e-pos adres na 083 425 0240 NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
“... en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Jesus se laaste opdrag, na al sy werk op aarde afgehandel is, is 'n vreemde een: "Gaan na al die nasies." Die logiese sou wees "pasop vir die nasies" of "gaan na jou vriende" of "gaan na jou omgewing" of "gaan na party nasies" of "gaan party van julle". Daar is egter geen onduidelikheid, "geen maar's" of "as'se" nie. Net duidelik, reguit: GAAN, NASIES, ALMAL, PUNT. Dit word bevestig deur navorsing oor suksesvolle kerke: missionêre kerke is gesonde, groeiende kerke. Gesonde, groeiende kerke se lidmate is ALMAL gefokus op die kerk se roeping na buite. Benewens ons verantwoordelikheid buite ons gewone begroting het die Here ook vir ons 'n verdere praktiese, opwindende manier gegee om na buite 'n verskil te maak: ons Geloofsofferbelofte. Die Geloofsofferbelofte is ’n offer wat jy aan die Here gee in geloof. Dit is nie deel van jou gewone dankoffer nie, maar bo en behalwe jou dankoffer. Die gemeentes in Masedonië het, byvoorbeeld, hulle gewone verantwoordelikheid nagekom, maar toe kry hulle nog 'n verdere versoek om die nood van die gemeente in Jerusalem te help verlig. 'n Vreemde volk in 'n ver vreemde land. Hulleself het swaar gekry en Paulus laat ruimte toe dat hulle nie geld hoef te gee nie. Gebed en belangstelling sou genoeg wees. Wanneer hy hulle besoek word Paulus oorweldig deur hulle offer en die gesindheid waarmee dit gegee is. 2 Korintiërs 8:1-5 vertel ons meer: 1 Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedonië van God ontvang het. 2 Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. 3 Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. 4 Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. 5 Dit was meer as wat ons verwag het. Daarom praat ons van ’n Geloofsofferbelofte. Ons vertrou God vir die finansies en so word ons eintlik net die kanaal waardeur Hy sélf sy Koninkrykswerk befonds. In 1 Kronieke 29:14b lees ons: “Alles kom tog van u af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.”
Die Geloofsofferbelofte word gebruik vir die getuienistaak en -opdrag na buite. Dit word dus glad nie gebruik vir gewone gemeentewerk nie, maar vir die “hulp en hoop in ons samelewing” gedeelte van ons gemeente visie. Die verhale van seën uit hierdie spesiale vertroue is besielend. Ons ervaar eersterangs hoe die Here ʼn verskil maak. Deur deel te neem aan die Geloofsofferbelofte kry jy geleentheid om te groei in jou geloof. Dit is opwindend om te hoor hoe die Here voorsien in die geld wat mense beloof het. Omdat die offer in die geloof gemaak word, weet mense gewoonlik nie waar die geld vandaan sal kom nie en bid hulle voortdurend dat God sal voorsien. En wanneer Hy dit dan doen (dikwels op heel ongewone maniere), versterk dit ’n mens se geloof.
NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
Word dit van my verwag om by te dra tot ’n Geloofsofferbelofte? Die gedagte met ’n Geloofsofferbelofte is dat dit gegee word omdat ons deur die Heilige Gees daartoe gedring is en nie omdat ons onder ’n verpligting staan nie. 2 Korintiërs 9:7 sê ook: Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, want God het die blymoedige gewer lief. Maar hoe kan ek ’n belofte maak as ek nie weet wat om in die toekoms te verwag nie? Ons sien dat Paulus eers die gemeente daartoe oproep om by te dra. Daarná sê hy in 2 Korintiërs 9:8: En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Hy vervolg dan verder in vers 10: God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee om dit te laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat lewer. God seën ons met een doel voor oë: Om daardie seën deur te gee aan mense wat dit nodig het. Ja, maar wat is in dit vir my? Ons moet altyd onthou: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang (Handelinge 20:35). En om alles te kroon, word God daardeur verheerlik en gedank. Die voorreg om te kan gee, is ’n teken van God se genade oor ons, want wie anders as Hy, wat sy Seun gegee het, sal weet hoe bevredigend dit is om te kan gee? Ons sien dit só duidelik in 2 Korintiërs 9:13-14: Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. Beteken dit nou ek moet gee nog voordat ek ontvang het? Nee, ons maak net die belofte voordat ons ontvang het. Daarná is dit opwindend om maand na maand ons seëninge te tel en te sien hoe dat die Here aan ons voorsien op verskillende maniere. In 2 Korintiërs 8:12 sê Paulus ook: As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Die moontlikheid bestaan selfs dat ons geloof te groot was en ons nie by ons belofte kan kom nie. Watter wonderlike probleem: "ek het te veel geglo". Die Here verstaan dit beter as enigiemand anders, daarom sy begrip en ondersteuning vir Petrus toe sy waterloop 'n duik in die water word.
NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
Witrivier Karnaval
Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 14:00 - 21:00
07:00 - 12:00
Hierdie is ‘n fees der feeste, teken nou die datum aan en kom kuier, eet en ondersteun ons gemeente. Nooi nou reeds jou vriende van heinde en verre vir ‘n naweek se pret!
Om jou hande beskikbaar te stel tydens die Karnaval gaan nie net vir die gemeente van waarde wees nie, jy sal blom tussen al die vrolikheid en vervul van vreugde die terrein verlaat. Al die skofte is 2 ure lank. Watter tyd en watter stalletjie gaan jy deur die dag diensbaar wees? Die lyste is opgesit, gaan loer gerus op die mobiele bord by die KoffieOase. Karnaval boekie !
Koop nou reeds boekies ter waarde van R100, dit kan oral by die Karnaval gebruik word. As jy iemand wil borg, gesels met Antoinette by die kantoor.
Sluit aan by hierdie dinamiese span wat hierdie vrolikheid bymekaar sit. Ons benodig persone wat kan organiseer, delegeer en motiveer. Kontak:
Antoinette by kantoor
Wat om te verwag by die Karnaval... Slangvertoning Boogskiet Toutrek kompetisie Boeresport Mini-hindernisbaan Glow-run
Fusion sjef-skool Bussie "Rides" Lourens van Deventer Marimbas En.....
Hierdie is solank ‘n paar lusmakers! NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
Witrivier Karnaval
Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 07:00 - 12:00
14:00 - 21:00
Hierdie is ‘n fees der feeste, teken nou die datum aan en kom kuier, eet en ondersteun ons gemeente. Nooi nou reeds jou vriende van heinde en verre vir ‘n naweek se pret!
K a r n ava l g a a n k o o k ! ʼn Nuwe toevoeging wat alreeds baie energie losgemaak het. Pak nou reeds jou huis en motorhuis reg, daar is items wat ons kan gebruik! Niks is te groot of te klein nie, bring gerus kantoor toe.
Groente
Veiling
Vleisstalletjie André 082 459 5449
Dankie vir al die wildsvleis wat reeds ingekom het, groot waardering!
Ons benodig asb bees-, skaap-, varkvleis en hoender om die tafels te laat kreun!
Jan 082 254 7274
Die groente- en neutboere, vars produkte van jul landerye sal baie waardeer word. Goeie nuus! Daar sal weer van daardie lekker vars sap wees!!!
Die eerste produkte van die vleisstalletjie is reeds vanaf by die kantoor beskikbaar.... Wildsbiltong & -droëwors @ slegs R100 / 500g Moenie uitmis nie!
Bestanddele. . . Bring nou reeds bestanddele kantoor toe, ons begin eersdaags bak vir Rustig Basaar, 7 Maart. Die items op die onderskeie lyste is items wat benodig word vir die baksters...
ò
Vlooimark Michelle 082 322 3993
Ons waardeer elkeen se bydrae. Is jy al ʼn vriend van Witrivier Karnaval / White River Carnival se Facebook blad? Daar is baie nuus, word vandag nog ons vriend! NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
Mylpale 1 Maart
3 Maart
4 Maart
5 Maart 6 Maart
Barry Jacobs Marileen Malan Martiens Stander Johan Vorster Magda Steyn Christo Pieterse André & Rina Gomes Pinky Strydom Bill & Joan Pienaar Riaan & Elsa vd Walt Chris & Zuzett Venter Daleen vd Merwe Fanie du Preez Stefan J.v Rensburg
71 Verjaar 50 Doop 50 Belydenis 77 Verjaar 71 Verjaar 57 Doop 41 Huwelik 93 Verjaar 59 Huwelik 25 Huwelik 25 Huwelik 58 Doop 81 Verjaar 43 Doop
Word deel van die koor!
Ons gemeente is verantwoordelik vir die gebak. Dit is ʼn soete verleiding wat jou hart en hande nodig het. Help deur van jou keurige gebak te maak, kom kry gerus bestanddele by die kantoor. Verder het ons hande nodig om tydens die Basaar te help by die tafel. Kom ondersteun die dag alles wat in ons saal gebeur! Navrae: Hannatjie 072 563 7823
Kontak: Rina Raath 074 148 8795
Jongmense wat graag geestelik wil groei, hier is julle geleentheid! ʼn Nuwe Omgeegroep vir 20ers Kom sluit aan by hierdie groep wat Maandae-aande om 18:30 bymekaar kom. Kontak Ds Jurgens
Beeldhouer tot eer van God Ds Nic Grobler se bronsbeelde sal tydens die Heilige Paas-
week by die Gemeentesentrum op uitstalling wees. Ons sien uit hierna en ook as hy die week saam met ons die Via Dolorosa stap. Teken die datum aan 5-9 April
NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
Gebedsfokus
Janus prys die Heer: “Dankie dat ons nog die voorreg het om in ons mooi land te woon, Here. Dankie dat U so ongelooflik goed vir my en Tanya is. Amen!” Dankie, Here vir die heerlike reën. Stuur U asseblief hierdie seën regoor ons land, waar dit nog so nodig is. Amen. Rossouw en Jonny skryf albei in hulle gebedsbriefies: “Dankie vir my Ma en Pa… en Rossouw voeg by: Dankie dat God ons beskerm!” Ons het die mooiste foto’s (soos regs) van Sherise en Christiaan gekry, vir wie ons regdeur haar tweeling swangerskap, waarvan die 1 getermineer is, gebid het. Sy WhatsApp daarmee saam: Ons poppie is reeds 5 weke oud, Katja weeg reeds 3.3 kg… Ons het vir hierdie lyfie gebid en God was getrou… Hy het vir ons die perfekte dogtertjie gegee… genade op genade. Ons is so dankbaar vir haar, sy is so ’n engeltjie. Ons weet ons kon nie hierdie pad alleen gestap het nie, met elke terugslag, slegte nuus, elke stukkie van die pad was ons gebeds-army daar. Ons is so dankbaar vir julle, trane vloei as ek net dink hoe bevoorreg ons was en is. Hy het ons gedra, dag na dag vir 8 maande lank en Hy was vir ons so goed… elke tree. Sy handewerk is groot en ons weet Katja het ook ‘n doel op hierdie aarde, sy moet haar en sussie Alissa, wat by Jesus se voete dans, se skoene volstaan en ons glo sy gaan berge versit. Met haar rein hartjie weet ons sy gaan groot werk vir Hom doen. Ons gaan verstom staan! Dankie vir elkeen se liefde en omgee hart. Baie liefde Christiaan, Sherise, Kristin, Marnu en Katja. Ons bid vir klein Stiaan Cilliers (foto links), wat reeds heel week in Mediclinic Sunninghill se ICU opgeneem is, nadat hy erge epileptiese aanvalle begin kry het en hul hom later moes sedeer om sy brein te laat “afskakel”. Ma Jessica en Pa Christo is moedeloos na al die stres en gewag vir ‘n diagnose. Stiaan is nieverbaal en dit is vir hom baie moeilik om te verstaan wat aangaan. Ons bid dat God vir Pappa, Mamma en Stiaan Sy vrede sal gee en hom na ligaam en gees sal aanraak en genees. Ons dank ons Groot Geneesheer, God dat Sean Adlem Woensdag hierdie klok in Alberton kon lui, wat die viering van sy laaste chemo-sessie begin het. Ons dank God dat die Adlem-gesin regdeur die diagnose, operasies, chemoterapie en die dae-tussen-in God se guns en genade kon beleef en ons bid vir hierdie tyd wat Sean nou ingaan van nuwe roetines maar ook vrees en twyfel en onsekerheid oor ‘n onbekende siekte wat ons glo oorwin is en nooit weer sal terugkeer. Mag God
NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
Sean se gr. 7 jaar seën en mag hy nou fisies voluit verder leef in geloof dat die kanker weg is en nie weer sal terugkeer nie. “Your treatment is over hooray hooray. Time for you to recover and play. You’ve earned the right to ring the bell. Netcare Clinton hospital wishes you well. So ring the bell three times loudly, Your day has come to ring it proudly. And tell the world your treatment is done. And here’s to lots of happy days to come.” Ons het in die week ‘n WhatsApp van Wim van Aardt se dogter ontvang: More almal! Pappa word vandag ontslaan en word oorgeskuif na ‘n Frail Care sentrum, so 10min. se ry van my huis af. Sy infeksietelling is weer normaal en hy lyk oor die algemeen goed. Hy beweeg tussen bed en stoel met hulp. Hy het steeds ’n kateter, omdat hy nie tans sterk genoeg is vir die regstellende operasie nie. Ons bid vir Wim in sy hersteltyd, dat die Here hom sal dra en geduld gee vir die herstelproses, maar ook dat Hy hom sal aanraak en wonderbaarlik sal genees. Jan Bodenstein se broer, Cois het in die week ’n lang en komplekse operasie ondergaan. Ons glo dat die operasie ’n sukses was en bid God se guns en genade op Cois se herstel. Rina Raath, wat ’n oogoperasie laas week ondergaan het, en die ander oog word Maandag opereer. Ons glo dat sy vinnig en volkome sal herstel en is dankbaar en opgewonde saam haar vir haar 20/20 visie wat sy sê sy ook nou het! Ons dank die Here dat ZP so goed lyk na sy hartomleiding. Pa André Griebenow en al sy geliefdes is dankbaar teenoor ons Vader in die hemel wat ZP gedra het tot hier. Ons vertrou Hom verder vir volkome genesing. “Dankie Jesus! U is so goed!” Ons bid saam elke besigheidsman en –vrou vir ons land en die ekonomie. Ons bid vir ons regering en die leiers in elke sektor. Ons gebed is dat hulle God sal ken en herken in elke besluit en daad. Dat Sy wil sal geskied in die bestuur van ons land en dat ons ekonomie sal groei op eerbare wyses. Ons harte gaan uit en ons gebede gaan op vir Belinda Paetzold, wat in die week hierdie versugting op haar Facebook gedeel het. Ons gebed is dat God die deure sal oopmaak en bo verwagting sal voorsien in hierdie kind, wat volkome op Hom vertrou se lewe en spesifiek hierdie doring in haar vlees en dae. Mag Hy sorg in detail en tog gou vir Belinda uitkoms gee. Tannie Elbie Viljoen het die afgelope week ʼn skoueroperasie ondergaan. Ons vertrou dat dit goed gegaan het en dat die herstel tydperk sonder groot uitdagings is.
NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
Werk beskikbaar / werk soek & Behuising beskikbaar / SOEK OM te huur Het jy dalk ‘n werk / behuising te huur beskikbaar of soek jy werk / behuising? Hier kan jy gratis adverteer. Sodoende bring ons hulp & hoop in ons samelewing. 2 Bejaardes met 2 katte soek 2 slaapkamer huis / woonstel te huur. Kontak: Penny 083 415 4837
Dame is op soek na ʼn admin pos. Het baie ondervinding, kan onafhanklik werk. Is stiptelik, lojaal en pligsgetrou. Kontak: Tania 082 784 6744
SOEK WERK
BEHUISING BESKIKBAAR
SOEK BEHUISING
Baie ondervinding in staalwerk, sweis en oprigting van geboue. Kontak: Basil 076 120 9699
Woonstel onmiddellik beskikbaar in stil omgewing van Witrivier. Geskik vir 1 of 2 persone. Kontak: Toffie 071 887 2699
Dame met ondervinding in Admin en Finansies soek 'n pos. In Witrivier. Rekenaarvaardig in Word, Excel, Pastel ens. Ten volle tweetalig. Kontak: Janetta 076 753 4975
Bedsitter by Macadamia beskikbaar 1 April. Kontak: Polla 072 823 0957 3 Slaapkamer huis met 2 badkamers en dubbel motorhuis in Macadamia beskikbaar vanaf 1 Mei. Kontak: Annatjie 084 608 6107
Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of e-pos nuus@ngwitrivier.co.za. Advertensies moet Woensdae 09:00 in wees.
GEEN koop of ruil transaksies nie. NG Witrivier het ‘n vakature vir ‘n
KANTOORBESTUURDER Salaris R240 000 p.a.
Die pos van Kantoorbestuurder is tans vakant en wag ons graag aansoeke in. Die suksesvolle kandidaat werk fleksie ure en behartig die gemeente se finansiële-, menslike hulpbronne- en algemene bestuur ter ondersteuning van 60 bedienings. Dinamiese persone wat ‘n lidmaat van die NG Kerk is en oor die nodige ervaring en kwalifikasies beskik en veral goed in ‘n span as leier kan optree, word genooi om aansoek te doen. E-pos ʼn CV en bewys van kwalifikasies en kundigheid na: jaco@dwatt.co.za. Aansoeke sluit om 12:00 op 13 Maart 2020. Posprofiel en plig-beskrywing is beskikbaar by www.ngwitrivier.co.za. Finale kandidate word aan toetsing onderwerp. Die suksesvolle kandidaat moet minstens 5 jaar bewese ervaring in finansiële-, menslike hulpbron- en algemene bestuur hê. Vaardigheid in Pastell veral Pay Roll en Accounting is ‘n vereiste. NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Hul kom Maandae om 18:00 bymekaar.
Navrae: Annalise 082 958 3874 Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in op Dinsdae om 18:00. Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.
Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak.
Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.
Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Rian 082 906 3343 Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families.
Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
www.ngwitrivier.co.za
Like” ons bladsye: NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Witrivier Karnaval Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
SMS/WhatsApp
079 223 8321
As jy wonder oor hul werk, kontak hulle.
Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za
Oase van Jesusliefde
NG Gemeente Witrivier
Sondag 1 Maart 2020