OaseNuus 10 Maart 2019

Page 1

Sondag 10 Maart

Baie welkom aan Ds. Jaco Strydom

Baie welkom vanoggend in die erediens

Hoop is die vertroue dat Jesus sal, en geloof is die oortuiging dat Hy kan.� Max Lucado


Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.

Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Laerskoolkinders

Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Verdaag later na hulle groepies.

Stad op die berg erediens

Vanaand 17:00

Kom luister as Ds Jaco Strydom uit sy hart met ons gesels. Daar is na die erediens spesiale koffie en tee vir die ouers en besoekers.

Almal welkom! Die TWEEDE kruiswoorde En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43) Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Aswoensdag

Aswoensdag was weer ʼn hoogtepunt in die gemeente. Indien jy die Lent-reis op Kyknet Dankie vir die lekker teevolg, kan die Lentgids aangevra lepeltjie ete en saam kuier. word, gebruik die volgende skakel: Die boodskap uit Joël 2:12 https://mosaiek.churchcenter.com/ “Maar nou sê die Here: Kom people/forms/28674 met julle hele hart terug na Of kontak Antoinette by die kantoor. My toe, vas, huil en treur!”


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.

Dankbare dankoffers

Kontak Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.

Bydraes: Werklik teenoor Begroot R'000

1200 1100 1000 900 800

700 600 500 400 300

200 100 0 -100 -200

-300 Kwartaal 1

Kwartaal 2

Sep

Okt

Werklik

Begroot

Nov

Des

Jan

Feb

Tekort Mrt tot Feb

Baie geluk ! 9 Maart Baby Schoeman Rosa de Klerk Johan J.v Rensburg 10 Maart Angela van Rooyen Pieter le Grange 12 Maart Johann Venter

99 Verjaar 77 Verjaar 70 Verjaar 85 Verjaar 76 Verjaar 74 Verjaar

14 Maart 15 Maart 16 Maart 18 Maart 19 Maart

Maandag 11 Maart 18:00 Karnavalvergadering GriefShare

Donderdag 14 Maart Bovertrek Sitkamer

09:00 Care Buddiesvergadering Bovertrek 15:30 Dagbestuurvergadering Raadsaal

Dinsdag 12 Maart 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare Immergroen Ouerskap FinansiĂŤle Bedieningverg.

Vrydag 15 Maart

Konsistorie Ouditorium Gebedskamer

Burgerstr. Raadsaal

Woensdag 13 Maart 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Bluetooth Ouerskap

Johan Visser 71 Verjaar Miekie Dragt 88 Verjaar Sannie Lombard 86 Verjaar Martin & Carina Nienaber 30 Huwelik Jan Stoltz 72 Verjaar Anthony & Stephne Trollip 36 Huwelik

Bovertrek Bovertrek

Skool sluit! \

Dinsdag 19 Maart

08:00 Gebedsbyeenkoms

Konsistorie

Donderdag 21 Maart Menseregtedag

Vrydag 22 Maart Kantoor gesluit

Sondag 24 Maart Kantoor gesluit


“... en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Jesus se laaste opdrag, na al sy werk op aarde afgehandel is, is 'n vreemde een: "Gaan na al die nasies." Die logiese sou wees "pasop vir die nasies" of "gaan na jou vriende" of "gaan na jou omgewing" of "gaan na party nasies" of "gaan party van julle". Daar is egter geen onduidelikheid, "geen maar's" of "as'se" nie. Net duidelik, reguit: GAAN, NASIES, ALMAL, PUNT. Dit word bevestig deur navorsing oor suksesvolle kerke: missionêre kerke is gesonde, groeiende kerke. Gesonde, groeiende kerke se lidmate is ALMAL gefokus op die kerk se roeping na buite. Benewens ons verantwoordelikheid buite ons gewone begroting het die Here ook vir ons 'n verdere praktiese, opwindende manier gegee om na buite 'n verskil te maak: ons Geloofsoffer-belofte. Die Geloofsoffer-belofte is ’n offer wat jy aan die Here gee in geloof. Dit is nie deel van jou gewone dankoffer nie, maar bo en behalwe jou dankoffer. Die gemeentes in Masedonië het, byvoorbeeld, hulle gewone verantwoordelikheid nagekom, maar toe kry hulle nog 'n verdere versoek om die nood van die gemeente in Jerusalem te help verlig. 'n Vreemde volk in 'n ver vreemde land. Hulleself het swaar gekry en Paulus laat ruimte toe dat hulle nie geld hoef te gee nie. Gebed en belangstelling sou genoeg wees. Wanneer hy hulle besoek word Paulus oorweldig deur hulle offer en die gesindheid waarmee dit gegee is. 2 Korintiërs 8:1-5 vertel ons meer: 1 Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedonië van God ontvang het. 2 Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. 3 Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. 4 Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. 5 Dit was meer as wat ons verwag het. Daarom praat ons van ’n Geloofsoffer-belofte. Ons vertrou God vir die finansies en so word ons eintlik net die kanaal waardeur Hy sélf sy Koninkrykswerk befonds. In 1 Kronieke 29:14b lees ons: “Alles kom tog van u af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.”

Die Geloofsoffer-belofte word gebruik vir die getuienistaak en -opdrag na buite. Dit word dus glad nie gebruik vir gewone gemeentewerk nie, maar vir die “hulp en hoop in ons samelewing” gedeelte van ons gemeente visie. Die verhale van seën uit hierdie spesiale vertroue is besielend. Ons ervaar eersterangs hoe die Here ʼn verskil maak. Deur deel te neem aan die Geloofsoffer-belofte kry jy geleentheid om te groei in jou geloof. Dit is opwindend om te hoor hoe die Here voorsien in die geld wat mense beloof het. Omdat die offer in die geloof gemaak word, weet mense gewoonlik nie waar die geld vandaan sal kom nie en bid hulle voortdurend dat God sal voorsien. En wanneer Hy dit dan doen (dikwels op heel ongewone maniere), versterk dit ’n mens se geloof.


Word dit van my verwag om by te dra tot ’n Geloofsoffer-belofte? Die gedagte met ’n Geloofsoffer-belofte is dat dit gegee word omdat ons deur die Heilige Gees daartoe gedring is en nie omdat ons onder ’n verpligting staan nie. 2 Korintiërs 9:7 sê ook: Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, want God het die blymoedige gewer lief. Maar hoe kan ek ’n belofte maak as ek nie weet wat om in die toekoms te verwag nie? Ons sien dat Paulus eers die gemeente daartoe oproep om by te dra. Daarná sê hy in 2 Korintiërs 9:8: En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Hy vervolg dan verder in vers 10: God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee om dit te laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat lewer. God seën ons met een doel voor oë: Om daardie seën deur te gee aan mense wat dit nodig het. Ja, maar wat is in dit vir my? Ons moet altyd onthou: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang (Handelinge 20:35). En om alles te kroon, word God daardeur verheerlik en gedank. Die voorreg om te kan gee, is ’n teken van God se genade oor ons, want wie anders as Hy, wat sy Seun gegee het, sal weet hoe bevredigend dit is om te kan gee? Ons sien dit só duidelik in 2 Korintiërs 9:13-14: Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. Beteken dit nou ek moet gee nog voordat ek ontvang het? Nee, ons maak net die belofte voordat ons ontvang het. Daarná is dit opwindend om maand na maand ons seëninge te tel en te sien hoe dat die Here aan ons voorsien op verskillende maniere. In 2 Korintiërs 8:12 sê Paulus ook: As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Die moontlikheid bestaan selfs dat ons geloof te groot was en ons nie by ons belofte kan kom nie. Watter wonderlike probleem: "ek het te veel geglo". Die Here verstaan dit beter as enigiemand anders, daarom sy begrip en ondersteuning vir Petrus toe sy waterloop 'n duik in die water word.


Gebedsfokus Ons bid vir... 

 

Anita, wat hierdie week haar suster aan die dood afgestaan het. Mag sy die genade ontvang om hierdie verlies ook te verwerk en God se vertroosting sal ervaar. Dina Pretorius in Rustig Ouetehuis, ons het nie veel inligting maar die Here weet wat die behoefte en nood is, mag Hy vir Dina aanraak en vashou. Kleinsakeondernemings in ons dorp, mag die Here voorsien in werk om Hom te eer maar ook om finansiële vrede te kan hê. Mag ons mekaar ondersteun deur te deel en te verwys waar ons kan. Ons Geloofsofferbelofte erediens vandag, mag elke lidmaat God se stem hoor en in besonder bid ons dat ds. Jaco Strydom ‘n suiwer instrument in Sy hand sal wees. Ons dank God vir die Geloofsofferspan wat agter die skerms hard gewerk het en vir die kaartjies wat uitgedeel kan word. Danie, wat in die week opgeneem is in Temba hospitaal, hulle vermoed dat hy oor die naweek ‘n hartaanval gehad het. Ons bid vir ‘n spoedige en akkurate diagnose en dat Danie sommer goeie behandeling sal kry, ons bid ook vir Lizette wat hom bystaan en ondersteun, mag sy ook die Here se leiding en nabyheid ervaar in hierdie tyd. Ans van der Merwe, wat ‘n skildklier operasie ondergaan het, sy het maar seer gehad en het in die hospitaal oornag Maandag. Ons bid dat Ans reeds baie beter voel en volkome sal aansterk, Here gee vir haar geduld en vrede in hierdie hersteltyd.

Dankie Here...

A

A

A

A

Ons heerlike sendinggesprek saam Chris Visser (Koninkryksfokus), dit was ʼn begeesterde, sinvolle gesprek en ons dank die Here hoe Hy Chris gebruik en seën en Sy koninkryk laat kom. Rustig Basaar, wat heerlik was en ‘n groot sukses. Ons dank God vir elkeen wat bygedra het, ondersteun het en gewerk het om dit so ‘n groot sukses te maak. Mag Hy wysheid gee in die besteding van die fondse wat ingesamel is. ‘n Suksesvolle en geseënde Vrouekonferensie die naweek. Ons dank God dat Hy voorsien het in die klein detail van tegnologie tot die groter detail. Ons bid dat elke vrou sal volhard om haar kruik by Jesus se lewende water te vul. Kyk gerus op hul Facebook blad: “Revive our hearts South Africa” vir die skakels indien jy dit gemis het. Nellie Claassen laat weet oor haar pa. Hy was vir sy opvolg besoek, dr. tevrede met die herstelproses. Bloedtoetse wys geen kanker. Dankie vir almal se omgee en saam bid.


GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)

SENDELINGNUUS

via WhatsApp &Facebook Alfred en Belinda Peatzold het gaan stap op die strand, terwyl die seuns snorkel. Ons dank die Here vir klein plesiertjies soos hierdie wat Alfred steeds kan geniet met die hulp van sy geliefdes. Mag die Here vir Belinda en die wat Alfred bystaan fisies en emosioneel versterk en bemoedig in hierdie uitdagende tyd. En mag hulle Sy nabyheid en vrede ervaar in elke detail. Petra Instituut vier hierdie jaar sy 30ste bestaansjaar. Hulle hou fees op 24 Mei en wil eer aan die Here bring vir die onmoontlike wat Hy moontlik gemaak het (Ps.66:5). Daarna volg ‘n konferensie in samewerking met “Child Theology Africa”. Laetitia Bull is vir die meeste reëlings verantwoordelik, asook vir die feesuitgawe nuusbrief in Afrikaans en Engels. Ons bid vir guns en wysheid en groot seën oop die fees en konferensie. Nel Claassens het laat weet dat sy veilig in Addis is, dat sy lekker bly en die werk daar geseënd is, ons bid vir haar en die span se geestelike en fisiese beskerming en leiding terwyl hul daar werk tot 30 Maart. Karen van der Walt stuur vir ons hierdie pragtige foto uit Kanada met die byskrif: Ag julle, kyk net hierdie pasgebore Indiaantjie… en sien net my bos pikswart hare! Ons deel in Karen se vreugde van die mooie baba. Mag die baba en die ouers met Jesus omring word, deur die liefde van Hom wat Karen saai in Kanada!


Daar is hoop in enkelouerhuise Paneelbespreking

Ons gesels oor enkelouerskap, egskeidings en die vrae rondom dit.

Paneel bestaan uit: G Gesinsadvokaat G Maatskaplike werker G Ouer Kom neem deel of kom luister en gaan help iemand met die kwelvrae.

Die harte van die bestuur jubel van Rustig Basaar dankbaarheid. Ons wil graag elkeen bedank vir hul ondersteuning en hulp tydens die afgelope Saterdag se feestelikheid. Dit was ‘n reuse sukses en die droombedrag is byna ingesamel (hul wag nog vir paar lyste om in te kom). Dankie aan die gemeente, ons vennootskap is voorwaar ‘n riem onder ons hart. Waardeer ook almal se harde werk. Dankie Here, ons prys U naam! Omgeegroep 6 het die worsbroodjiestalletjie gedoen en hulle getuig van ʼn vrolike dag van braai, bou en verkoop. So lekker om saam ʼn bydrae te maak. Hul nooi nou reeds ander omgeegroepe om volgende jaar in te skakel. Gesels met Hannes Raath.

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.