Geloofsoffer voorlopige OaseNuus

Page 1


Tema: ?? Skriflesing: ???

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou onder die afdak.

Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, by die Koffie Oase. Almal welkom!

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Laerskoolbediening Laerskoolkinders (Gr. 1-6) verdaag later na die saal en kom in hul groepies bymekaar.

Stad op die berg erediens UITREIK DAG


Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Die TWEEDE kruiswoorde

Die VIERDE kruiswoorde Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: " “Eli, Eli, lemá sabagtani?"Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Matteus 27:46)

En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43)

Die DERDE kruiswoorde “Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” (Johannes 19:27)

Die VYFDE kruiswoorde

Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: " Ek is dors." (Johannes 19:28)

Inligting oor INcontext insit en ook van Andrew wat die diens doen.


“... en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Jesus se laaste opdrag, na al sy werk op aarde afgehandel is, is 'n vreemde een: "Gaan na al die nasies." Die logiese sou wees "pasop vir die nasies" of "gaan na jou vriende" of "gaan na jou omgewing" of "gaan na party nasies" of "gaan party van julle". Daar is egter geen onduidelikheid, "geen maar's" of "as'se" nie. Net duidelik, reguit: GAAN, NASIES, ALMAL, PUNT. Dit word bevestig deur navorsing oor suksesvolle kerke: missionêre kerke is gesonde, groeiende kerke. Gesonde, groeiende kerke se lidmate is ALMAL gefokus op die kerk se roeping na buite. Benewens ons verantwoordelikheid buite ons gewone begroting het die Here ook vir ons 'n verdere praktiese, opwindende manier gegee om na buite 'n verskil te maak: ons Geloofsoffer-belofte. Die Geloofsoffer-belofte is ’n offer wat jy aan die Here gee in geloof. Dit is nie deel van jou gewone dankoffer nie, maar bo en behalwe jou dankoffer. Die gemeentes in Masedonië het, byvoorbeeld, hulle gewone verantwoordelikheid nagekom, maar toe kry hulle nog 'n verdere versoek om die nood van die gemeente in Jerusalem te help verlig. 'n Vreemde volk in 'n ver vreemde land. Hulleself het swaar gekry en Paulus laat ruimte toe dat hulle nie geld hoef te gee nie. Gebed en belangstelling sou genoeg wees. Wanneer hy hulle besoek word Paulus oorweldig deur hulle offer en die gesindheid waarmee dit gegee is. 2 Korintiërs 8:1-5 vertel ons meer: 1 Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedonië van God ontvang het. 2 Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. 3 Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. 4 Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. 5 Dit was meer as wat ons verwag het. Daarom praat ons van ’n Geloofsoffer-belofte. Ons vertrou God vir die finansies en so word ons eintlik net die kanaal waardeur Hy sélf sy Koninkrykswerk befonds. In 1 Kronieke 29:14b lees ons: “Alles kom tog van u af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.” Die Geloofsoffer-belofte word gebruik vir die getuienistaak en -opdrag na buite. Dit word dus glad nie gebruik vir gewone gemeentewerk nie, maar vir die “hulp en hoop in ons samelewing” gedeelte van ons gemeente visie. Die verhale van seën uit hierdie spesiale vertroue is besielend. Ons ervaar eersterangs hoe die Here ʼn verskil maak. Deur deel te neem aan die Geloofsoffer-belofte kry jy geleentheid om te groei in jou geloof. Dit is opwindend om te hoor hoe die Here voorsien in die geld wat mense beloof het. Omdat die offer in die geloof gemaak word, weet mense gewoonlik nie waar die geld vandaan sal kom nie en bid hulle voortdurend dat God sal voorsien. En wanneer Hy dit dan doen (dikwels op heel ongewone maniere), versterk dit ’n mens se geloof.


Word dit van my verwag om by te dra tot ’n Geloofsoffer-belofte? Die gedagte met ’n Geloofsoffer-belofte is dat dit gegee word omdat ons deur die Heilige Gees daartoe gedring is en nie omdat ons onder ’n verpligting staan nie. 2 Korintiërs 9:7 sê ook: Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, want God het die blymoedige gewer lief. Maar hoe kan ek ’n belofte maak as ek nie weet wat om in die toekoms te verwag nie? Ons sien dat Paulus eers die gemeente daartoe oproep om by te dra. Daarná sê hy in 2 Korintiërs 9:8: En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Hy vervolg dan verder in vers 10: God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee om dit te laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat lewer. God seën ons met een doel voor oë: Om daardie seën deur te gee aan mense wat dit nodig het. Ja, maar wat is in dit vir my? Ons moet altyd onthou: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang (Handelinge 20:79). En om alles te kroon, word God daardeur verheerlik en gedank. Die voorreg om te kan gee, is ’n teken van God se genade oor ons, want wie anders as Hy, wat sy Seun gegee het, sal weet hoe bevredigend dit is om te kan gee? Ons sien dit só duidelik in 2 Korintiërs 9:13-10: Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. Beteken dit nou ek moet gee nog voordat ek ontvang het? Nee, ons maak net die belofte voordat ons ontvang het. Daarná is dit opwindend om maand na maand ons seëninge te tel en te sien hoe dat die Here aan ons voorsien op verskillende maniere. In 2 Korintiërs 8:12 sê Paulus ook: As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Die moontlikheid bestaan selfs dat ons geloof te groot was en ons nie by ons belofte kan kom nie. Watter wonderlike probleem: "ek het te veel geglo". Die Here verstaan dit beter as enigiemand anders, daarom sy begrip en ondersteuning vir Petrus toe sy waterloop 'n duik in die water word.


Maandag 19 Februarie 11:00 Koskasvergadering 8:00 Kursus: Immergroen GriefShare

Maandag 26 Februarie

Konsistorie 18:00 Kursus: Immergroen Bovertrek GriefShare Sitkamer

Bovertrek Sitkamer

Dinsdag 27 Februarie

Dinsdag 20 Februarie 08:00 10:00 17:00 17:30 18:00

Gebedsbyeenkoms Bloed skenk Lofdans Vrouebedieningverg. Bluetooth Ouerskap DivorceCare

08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie Konsistorie 17:00 Lofdans Kerk Voorportaal 18:00 DivorceCare Sitkamer Kerk Woensdag 28 Februarie Konferensie 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek Bovertrek 18:00 Kreatiewe vers Bovertrek Sitkamer

Woensdag 21 Februarie 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek 18:00 Kursus: Moslem Evangelisasie Bovertrek

Donderdag 22 Februarie 18:00 Kursus: Moslem Evangelisasie Bovertrek

Vrydag 2 Maart 02:00 WĂŞreldbiddag vir vroue

Kerk

Saterdag 3 Maart Rustig Basaar

Vrydag 2 & Sondag 4 Maart Gr 0-2 Kamp by Ella Combrink

Witrivier Karnaval

by die Laerskool se Sportgronde. Vrydag 3 Augustus optrede deur Jo Black en Saterdag 4 Augustus hou ons dorp Karnaval. Die span begin reeds beplan, hou dop...


Wanneer en Hoe vertel ek my kind? Haal die angel uit jou vrese om ʼn gebalanseerde kind die wêreld in te stuur. Bluetooth Ouerskap bied hierdie insiggewende praatjie oor ontwikkelingsfases en seksvoorligting aan: Spreker: Wanneer: Waar: Tyd: Koste:

Prof. Vollie Spies Vrydag 16 Maart NG Witrivier Gemeentesentrum 18:00 - 20:00 R 20/persoon (kaartjies by deur beskikbaar) Daar is toesig vir kinders beskikbaar @ R10/kind

Ons benodig asb. MANSKLERE & MANSSKOENE. Broeke (lang / kort) nr. 32-36 Hemde Small, Medium, Large T-hemde Small, Medium, Large Onderklere Kouse Skoene nr. 8-10 Kontak asb. vir Antoinette by die kantoor.


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Die een wat My eer, sal Ek eer... 1 Samuel 2:30

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


bid vir

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel /


Dankie Heer


SendelingNuus


Ons gemeente missie

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Navrae: Annalise 082 958 3874

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

BEHUISING BESKIKBAAR Soek woonstelmaat, jong werkende 20-30’s, nie-roker in kompleks in Nelspruit. Navrae: Danielle 083 611 1278

Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.

SOEK HULP Rustig benodig iemand wat kan help met klavier begeleiding tydens die volgende byeenkomste: Maandae & Donderdae om 08:45 - 09:30 Navrae: Marie 074 184 7789

Soek ʼn wasmasjien om vir ʼn behoeftige gesin te gee. Kontak: Altus 013 750 1023 SOEK WERK Afgetrede rekenmeester met baie goeie ondervinding en uitstekende gesondheid. Soek werk in Witrivier of Nelspruit (voldag of half-dag). Kontak: Antoinette (by die kerkkantoor) 082 450 9434

Stel jy belang om op hier te adverteer?

Geen koop, verkoop of ruil transaksies nie. Stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za

Die Immergroen Kursus leer nuwe vaardighede in ouerskap vir ouers. Die kursus het verlede week begin, maar dit is nog nie te laat om in te skakel nie.

Navrae: Lorraine 083 269 7365 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak

Like” ons by

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1200 070 123 1812 Ds. Nati Stander 082 212 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9505

NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.