Ouerskap... Prof Vollie spies kom Haal die angel uit die vrees om te vertel! By
Bluetooth Ouerskap
aanbieding Vrydagaand
(Handelinge 20:35)
Andrew is getroud met Anél en hulle het een seun, Joshua, wat vyf jaar oud is. Andrew is hoof van die navorsingspan by INcontext International, 'n bydraende skrywer vir 'n wêreld in beweging, sowel as die skrywer van die World Hotspot List (1ste, 2de en 3de uitgawes). Andrew het agt jaar gelede by INcontext aangesluit waar hy strategiese lande bestudeer wat Christelike sendings beïnvloed. Dit is vanoggend lekker om hul gesin in die warm, hartlike atmosfeer van ons gemeente te verwelkom!
Tema: My verwagting teenoor God se realiteit Skriflesing: Jesaja 6:1-8 Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou onder die afdak.
Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, by die Koffie Oase. Almal welkom!
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Laerskoolbediening Laerskoolkinders (Gr. 1-6) verdaag later na die saal en kom in hul groepies bymekaar.
Stad op die Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon.
berg erediens VANMIDDAG 17:00
‘n Unieke bediening vir kleuters word My plek in God se gróót deur ‘n span toegewyde ouers onder plan. Jou aandeel om Sy leiding van Christine in die Bovertrek plan waar te maak. aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul Skriflesing: Genesis 42 en 43 gemak is.
Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Die TWEEDE kruiswoorde En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
Die VIERDE kruiswoorde Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: " “Eli, Eli, lemá sabagtani?"Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Matteus 27:46)
( Lukas 23:43)
Die DERDE kruiswoorde “Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” (Johannes 19:27)
Die VYFDE kruiswoorde
Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: "Ek is dors." (Johannes 19:28)
Maandag 12 Maart Maandag 19 Maart Kerk Kerkkantoor is gesluit a.g.v. elektriese 17:30 Kom word nuut verg. 18:00 Kursus: Immergroen Bovertrek werk aan die kerk se DB-boks
GriefShare Sitkamer Kerk Konsistorie Konsistorie 18:30 Spore-vergadering Bovertrek Dinsdag 20 Maart Sitkamer 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 17:00 Lofdans Kerk Dinsdag 13 Maart Konferensie 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 17:30 Vrouebedieningverg. 18:00 DivorceCare Sitkamer 17:00 Lofdans Kerk 18:00 DivorceCare Sitkamer Woensdag 21 Maart Menseregtedag Woensdag 14 Maart 17:30 Kom word nuut verg. 18:00 Karnavalvergadering Kursus: Immergroen GriefShare
10:00 Kreatiewe vers 18:00 Kreatiewe vers
Bovertrek Bovertrek
Donderdag 15 Maart 15:30 Dagbestuurvergadering 18:00 Bedieningsleiers beplan
Bovertrek
Saterdag 17 Maart 08:30 Bluetooth Werkswinkel
18:30 Erediens elke aand
Kerk
Konsistorie Donderdag 29 Maart Bovertrek 18:30 Heilige Paasnagmaal & Bybelse-ete
Vrydag 16 Maart 18:00 Bluetooth Ouerskap
Sondag 25 Maart - Woensdag 28 Maart Heilige Paasweek - Stap die Via Dolorosa
Bovertrek
Vrydag 30 Maart Goeie Vrydag
Saterdag 31 Maart Stil Saterdag
“... en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” Jesus se laaste opdrag, na al sy werk op aarde afgehandel is, is 'n vreemde een: "Gaan na al die nasies." Die logiese sou wees "pasop vir die nasies" of "gaan na jou vriende" of "gaan na jou omgewing" of "gaan na party nasies" of "gaan party van julle". Daar is egter geen onduidelikheid, "geen maar's" of "as'se" nie. Net duidelik, reguit: GAAN, NASIES, ALMAL, PUNT. Dit word bevestig deur navorsing oor suksesvolle kerke: missionêre kerke is gesonde, groeiende kerke. Gesonde, groeiende kerke se lidmate is ALMAL gefokus op die kerk se roeping na buite. Benewens ons verantwoordelikheid buite ons gewone begroting het die Here ook vir ons 'n verdere praktiese, opwindende manier gegee om na buite 'n verskil te maak: ons Geloofsoffer-belofte. Die Geloofsoffer-belofte is ’n offer wat jy aan die Here gee in geloof. Dit is nie deel van jou gewone dankoffer nie, maar bo en behalwe jou dankoffer. Die gemeentes in Masedonië het, byvoorbeeld, hulle gewone verantwoordelikheid nagekom, maar toe kry hulle nog 'n verdere versoek om die nood van die gemeente in Jerusalem te help verlig. 'n Vreemde volk in 'n ver vreemde land. Hulleself het swaar gekry en Paulus laat ruimte toe dat hulle nie geld hoef te gee nie. Gebed en belangstelling sou genoeg wees. Wanneer hy hulle besoek word Paulus oorweldig deur hulle offer en die gesindheid waarmee dit gegee is. 2 Korintiërs 8:1-5 vertel ons meer: 1 Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedonië van God ontvang het. 2 Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. 3 Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. 4 Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. 5 Dit was meer as wat ons verwag het. Daarom praat ons van ’n Geloofsoffer-belofte. Ons vertrou God vir die finansies en so word ons eintlik net die kanaal waardeur Hy sélf sy Koninkrykswerk befonds. In 1 Kronieke 29:14b lees ons: “Alles kom tog van u af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.” Die Geloofsoffer-belofte word gebruik vir die getuienistaak en -opdrag na buite. Dit word dus glad nie gebruik vir gewone gemeentewerk nie, maar vir die “hulp en hoop in ons samelewing” gedeelte van ons gemeente visie. Die verhale van seën uit hierdie spesiale vertroue is besielend. Ons ervaar eersterangs hoe die Here ʼn verskil maak. Deur deel te neem aan die Geloofsoffer-belofte kry jy geleentheid om te groei in jou geloof. Dit is opwindend om te hoor hoe die Here voorsien in die geld wat mense beloof het. Omdat die offer in die geloof gemaak word, weet mense gewoonlik nie waar die geld vandaan sal kom nie en bid hulle voortdurend dat God sal voorsien. En wanneer Hy dit dan doen (dikwels op heel ongewone maniere), versterk dit ’n mens se geloof.
Word dit van my verwag om by te dra tot ’n Geloofsoffer-belofte? Die gedagte met ’n Geloofsoffer-belofte is dat dit gegee word omdat ons deur die Heilige Gees daartoe gedring is en nie omdat ons onder ’n verpligting staan nie. 2 Korintiërs 9:7 sê ook: Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, want God het die blymoedige gewer lief. Maar hoe kan ek ’n belofte maak as ek nie weet wat om in die toekoms te verwag nie? Ons sien dat Paulus eers die gemeente daartoe oproep om by te dra. Daarná sê hy in 2 Korintiërs 9:8: En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Hy vervolg dan verder in vers 10: God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee om dit te laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat lewer. God seën ons met een doel voor oë: Om daardie seën deur te gee aan mense wat dit nodig het. Ja, maar wat is in dit vir my? Ons moet altyd onthou: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang (Handelinge 20:35). En om alles te kroon, word God daardeur verheerlik en gedank. Die voorreg om te kan gee, is ’n teken van God se genade oor ons, want wie anders as Hy, wat sy Seun gegee het, sal weet hoe bevredigend dit is om te kan gee? Ons sien dit só duidelik in 2 Korintiërs 9:13-14: Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. Beteken dit nou ek moet gee nog voordat ek ontvang het? Nee, ons maak net die belofte voordat ons ontvang het. Daarná is dit opwindend om maand na maand ons seëninge te tel en te sien hoe dat die Here aan ons voorsien op verskillende maniere. In 2 Korintiërs 8:12 sê Paulus ook: As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Die moontlikheid bestaan selfs dat ons geloof te groot was en ons nie by ons belofte kan kom nie. Watter wonderlike probleem: "ek het te veel geglo". Die Here verstaan dit beter as enigiemand anders, daarom sy begrip en ondersteuning vir Petrus toe sy waterloop 'n duik in die water word.
Wie is ons? INcontext International is ‘n niewinsgewende, inter-denominasionele span wat in 2010 tot stand gekom het. Ons primêre doel is om kerke, organisasies en individue toe te rus om strategies op ‘n veranderende wêreld te reageer. Om dit te bereik kyk INcontext na onlangse en relevante nuus, inligting en perspektiewe wat saam ‘n Bybelse wêreldbeskouing vorm.
Ons glo dat Jesus sy dissipels uitgedaag het om bewus te wees van wat rondom hulle aangaan (Lukas 12:56) en om te reageer op veranderende tye vanuit Sy perspektief, eerder as om te probeer sin maak uit gebeure deur hul eie menslike begrip.
Hierdie 3 boeke is na die erediens beskikbaar by die Koffie-Oase
Ons glo dat die Kerk se reaksie (of gebrek aan enige reaksie) op kritiese wêreldgebeure onomwonde gevolge sal hê, óf ten goede óf ten kwade. Sentraal-Asië dien vandag as ‘n tragiese herinnering aan wat kon gewees het as die Westerse Kerk die meeste van die “oop deur” gemaak het toe die Ystergordyn geval het – hierdie voormalige kommunistiese streek (USSR) is hoofsaaklik onder Islamitiese regering en invloed.
Watter ander geleenthede sal die kerk vandag mis as Christene nie bewus is van wat rondom hulle gebeur nie Vir hierdie rede, moedig ons Christene en kerke aan om krities te dink oor sekere vrae wat nie dikwels gevra word nie.
Mylpale 12 Maart 14 Maart 15 Maart 16 Maart
Johann Venter Johan Visser Miekie Dragt Sannie Lombard
73 Verjaar 70 Verjaar 87 Verjaar 85 Verjaar
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! Die inligting word verkry van die Gemeente Data
Kom Word Nuut kamp Wanneer:
13-15 April
Waar:
Ella Combrink Kampterrein
Koste:
R300 per persoon en R100 vir laerskoolkinders
Inskrywingsvorms by kantoor Navrae: Heleen by kantoor
se maandelikse is
om
in die
Bring: ʼn Bybel / Psalm & Gesangeboekie / Joernaal en inkleurpotlode. As jy verf (water / akriel / materiaal) het, bring saam.
Ons benodig asb. MANSKLERE & MANSSKOENE. Broeke (lang / kort) nr. 32-36 Hemde Small, Medium, Large T-hemde Small, Medium, Large Onderklere Kouse Skoene nr. 8-10 Kontak asb. vir Antoinette by die kantoor.
Witrivier Karnaval
by die Laerskool se Sportgronde. Vrydag 3 Augustus optrede deur Robbie Wessels en Saterdag 4 Augustus hou ons dorp Karnaval. Die span beplan Maandagaand verder! Rustig Basaar Sê baie, baie dankie vir ‘n
suksesvolle basaar. DANKIE vir elkeen se bydrae op watter wyse ook al. God is goed en getrou!
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Die een wat My eer, sal Ek eer... 1 Samuel 2:30 Werklik
KUMULATIEWE TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Begroot
5,000
4,500
4,000
3,500
3,000
R'000
2,500
2,000
1,500
1,000
500
0
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
Wanneer en Hoe vertel ek my kind? Haal die angel uit jou vrese om ʼn gebalanseerde kind die wêreld in te stuur. Bluetooth Ouerskap bied hierdie insiggewende praatjie oor
ontwikkelingsfases en seksvoorligting aan: Spreker: Wanneer: Waar: Tyd: Koste:
Prof. Vollie Spies Vrydag 16 Maart NG Witrivier Gemeentesentrum 18:00 - 20:00 R 20/persoon (kaartjies by deur beskikbaar) Daar is toesig vir kinders beskikbaar @ R10/kind
r
bid vir
Japie de Villiers en familie vra voorbidding vir sy vrou, Bettie, wat op 6 Maart ‘n hartomlyding in Medi-Clinic ondergaan het. Ons glo dat die operasie ‘n groot sukses was en bid dat Bettie spoedig en volkome sal aansterk.
r
Bid asb. vir my, en elke ander depressie-lyer… dit is ‘n stryd wat ons elke dag stry en dis soms die eenvoudigste goed wat die grootste uitdaging is… Ons bid vir elkeen wat hierdie stryd stry, dat die Here hulle Sy toekomsvisie sal gee, dat Hy hulle sal lei om hulp te soek wanneer dit nodig is en in Sy krag en geloof te leef.
r
Maud, wat in die week ’n knievervanging in Wilgers hospitaal gehad het. Ons glo dat die operasie ’n sukses was en bid dat die Here Maud sal omvou met Sy liefde en geduld in die herstelproses.
r
Tannie Heilie Kruger se familie en geliefdes (in besonder Ida en Wilna), wat in die week na die Here is, nadat sy opgeneem was in Kiaat hospitaal vir lewerkanker. Ons bid dat die Here die gesin sal omvou met Sy troos en vrede in hierdie hartseer tyd.
r
Die Gideons, wat vir 3 dae in die week Bybels geplaas het, ons weet hoe die Here wonderwerke kan laat gebeur deur Sy Woord wat gebruik word. Ons bid dat elkeen van daardie Bybels gelees sal word en redding sal bring.
r
Een van ons gemeentelede se dogter, wat sendingwerk in Nepal doen. Ons bid vir haar, haar man en hul tweeling, sy het hierdie gestuur: “Hi everyone! After some tests, we’ve become aware that she has a mass in her lung — at this stage it looks like a form of TB. She will go for a more invasive test on Sunday. Please will you pray for us in this time. That the test will go smoothly, without complications, and that the test will show a clear diagnosis…”
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms/Whatsapp (079 223 8321)
r
Ons dink ook spesiaal aan Hannatjie Douglass en Ida Roos wat albei die afgelope week operasie aan hul hande ondergaan het. Vertrou dat die operasies goed afgeloop het. “Here, hou hulle vas in hierdie tyd van herstel. Mag hul U nabyheid en genesende krag ervaar. Amen”
Dankie Heer vir A
A A
Die Ambrosius familie skryf: “Aan ons hemelse Vader vir Sy grootheid! Kobie is by die huis na mondkanker operasie, hy word sterker by die dag. Dankie vir al die gebede, ons waardeer dit baie!” ‘n Anonieme briefie juig: “Dankie Heer vir U voorsiening! Vir nuwe werk! Ek loof en prys U daarvoor!” Charlotte v/d Berg skryf oor Chanie: Dankie vir al die gebede. ‘n Wonderwerk het gebeur. Ons dogter, Chanie, is gesond! Die bloedklont in haar hart het opgelos, toe die dokters reeds lankal moed opgegee het dat dit sal. Net God kon dit laat gebeur! (Haar lewe was in gevaar en sy sou ‘n baie ernstige operasie ondergaan het om die bloedklont uit die hart te verwyder). Dankie Vader God! U het voorsien en sy en baba Oliver is by die huis!
SendelingNuus
Nuus van
Stories van Hoop: Die effek van dankie
Honde sê dankie. En katte? Wat van seekatte, walvisse en skape – en mense? Na sy aftrede het my pa ʼn tydjie op ʼn plot in Magaliesberg se omgewing gaan boer. Hy het ʼn paar skape gehad wat hy versorg het. Een oggend sien hy een van die skape kry swaar om asem te haal. Toe hy mooi gaan kyk sien hy die skaap se neus is bot toe. (Is daar iets soos skaapverkoue?) Hy het so bietjie gesukkel, maar uiteindelik die blokkasie verwyder. Die skaap kon weer vry asem haal. Van daardie dag af het die skaap elke oggend as my pa die kraal oop maak, na hom toe gekom en ‘n rukkie by hom kom staan voor hy by res van die kudde aansluit. Het hy kom dankie sê? My pa het so gedink.
‘n Gesin loop langs die strand. Hulle kom op ʼn seekat af wat kurkdroog op die sand lê en nie in staat is om water toe te gaan nie. Hulle gaan sit hom in die branders neer.
Na ‘n ruk het hy herstel en is die see in. Die volgende dag stap hulle weer daar in die branders. Tot hulle verbasing kom die seekat na hulle toe geswem en raak-raak met sy tentakels aan hulle voete. Soos hulle verder stap, het die seekat al saam met hulle in die vlak branders geswem. Vir hulle was dit beslis ‘n kom dankie sê. Seekatte tel mos onder die hoogs intelligente diere. ‘n Gesin en vriende vaar vir hul plesier met ʼn motorboot in die kalm see. Hulle merk ‘n groot liggaam van ʼn dooie boggelrug walvis. Toe hulle nader vaar sien hulle hy is nie dood nie, maar lê stil en sukkel elke keer om sy voorlyf op te tel om asem te haal. Tot by hom gekom, sien hulle hy is vasgedraai in visnette. Gelukkig is die pa se snorkel in die boot. Met ‘n knipmes in sy hand spring hy in die water in. Hy sê dit was vir hom ‘n belewenis om oogkontak met hierdie reuse dier te maak. Die reddingspoging het nogal ‘n tydjie geduur. Hy sny af en die ouens op die boot trek die net in. Eers was die vinne los en uiteindelik die reuse stert. Die walvis het so ‘n ent die see in geswem toe begin hy met walvis toertjies. Vir omtrent ‘n uur, sê hulle, het hy hulle vermaak met elke walvisbeweging wat al beskryf is, reuse liggaam regop uit die water, vinne klap op die water, stert flap ens. Jy hoor duidelik ‘n dogtertjie op die video opname sê: “Mommy, he is saying thank you.” Dankbaar en in verwondering is hulle terug land toe. Ek is seker hulle het die storie oor en oor vertel. Die wonderlike en “humbeling” effek van ʼn dankie het my onlangs te beurt geval. ‘n Lidmaat uit die vorige gemeente, wat destyds baie by die jeug betrokke was toe ek daar dominee was, het in ‘n “Messenger” boodskap dankie gesê dat ek vir hom ‘n geestelike vader was. Volgens 2 Kor. 9:11-13 veroorsaak ons weldade teenoor mekaar ook dankrimpels in die Hemel.
“Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, 12 want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. 13 Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander.”
Chris Erasmus
Ons gemeente missie
GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Moenie alleen probeer om dié pad te stap nie. Vertel ook vir vriende hiervan. Navrae: Annalise 082 958 3874
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. BEHUISING BESKIKBAAR 2 Slaapkamer woonstel by Garden Villas beskikbaar van 1 April. Kontak: Bertie 083 628 0209 2 Slaapkamer woonstel in Yaverland, beskikbaar 1 Maart. Ongelukkig geen diere of jong kinders. Kontak: Marie 082 660 2896 SOEK HULP Rustig benodig hulp tydens die volgende byeenkomste: Maandae & Donderdae om 08:45 - 09:30 Navrae: Marie 074 184 7789
Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.
Navrae: Wilna 082 335 5295
SOEK WERK 41 Jarige man met sober gewoontes soek werk as drywer. Het geldige ECI & PDP. Semi-geskoolde ketelmaker. Kontak: Louwrens 076 620 5374 Vrou met ondervinding in ontvangs, algemene kantoorwerk en verkope soek dringend na werk. Kontak: Liza 076 454 1977 SOEK BEHUISING Soek 2 slaapkamer huis / woonstel vanaf einde Maart. Kontak: Chris 082 226 3651
Stel jy belang om op hier te adverteer?
Geen koop, verkoop of ruil transaksies nie. Stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za
Die Immergroen Kursus leer nuwe vaardighede in ouerskap vir ouers.
Navrae: Lorraine 083 269 7365 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak
Like” ons by
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321