Baie welkom in die huis van die Here vanoggend! “Dis vir my genoeg om te weet dat Christus van my lyding weet. En dat ek ook eendag sal wees soos Hy.” -Richard BaxterBabas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik in ons gemeente..
babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word Ouers met
daarheen herlei.
KleuterAlle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon.
Laerskool kinders kamp die naweek!
‘n Unieke bediening vir kleuters, bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Stad op die Berg
Geloofsbespreking met ʼn verskil Bring jou vrae, worstelinge en bekommernisse - die paneel sal jou vrae beantwoord. VANAAND 17:00 in die Ouditorium Nooi gerus jou vriende en kom kuier saam met #stadopdieberg NG Gemeente Witrivier
Sondag 15 Maart 2020
Die VIERDE kruiswoorde is uit Matteus 27:46
Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: "Eli, Eli, lemá sabagtani?" Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? Die DERDE kruiswoorde is uit Johannes 19:27 Daarna sê Hy vir die dissipel: " Daar is jou moeder."
Die TWEEDE kruiswoorde is uit Lukas 23:43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
Die EERSTE kruiswoorde
Lydenstyd
is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Gasvryheid is ʼn waarde van ons gemeente
Beeldhouer tot eer van God
“Met gasvrye mense is te veel nooit te veel nie.” (Francis Bacon), vertrou jy het hierdie gasvryheid reeds in die erediens ervaar. Kom geniet dit verder by die KoffieOase na die erediens. Almal welkom!
Ds Nic Grobler se bronsbeelde sal tydens die Heilige Paasweek by die Gemeentesentrum op uitstalling wees. Ons sien uit hierna en ook as hy die week saam met ons die Via Dolorosa Dié boek sal volgende Sondag teen die spesistap. ale prys van R100 Teken die datum aan 5-9 April beskikbaar wees.
Johan Pienaar het in die vroeë 80’s sy vlieglisensie gekry terwyl hy predikant in Witrivier was. Die week wat kom word ‘n boek vrygestel waarin hy antwoorde vir die uitdagings wat ons nou het, gaan soek in die vliegwêreld. NG Gemeente Witrivier
Sondag 15 Maart 2020
Skakel in en raak betrokke by die gemeenteaktiwiteite. Maandag 16 Maart 18:00 70 x 7 kursus
Vrydag 27 tot Sondag 29 Maart Konsistorie
#imangine naweek
Dinsdag 17 Maart 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Karnavalvergadering DivorceCare
Dinsdag 31 Maart Konsistorie 08:00 Gebedsbyeenkoms Ouditorium 17:00 Lofdans Bovertrek 18:00 Karnavalvergadering Gebedskamer DivorceCare
Woensdag 18 Maart 10:00 Kreatiewe vers
Bovertrek
10:00 Kreatiewe vers
Bovertrek
06:00 Besigheidspersone Bid 14:00 Witrivier Karnaval 07:00 Witrivier Karnaval
Konsistorie
Vrydag 27 Maart 06:00 Besigheidspersone Bid
Bovertrek
Bovertrek Laerskool
Saterdag 4 April
Voorportaal
Dinsdag 24 Maart 08:00 Gebedsbyeenkoms
Bovertrek
Vrydag 3 April
Saterdag 21 Maart 08:30 StrenghtsFinder kursus
Gebedskamer
Woensdag 1 April
Vrydag 20 Maart 06:00 Besigheidspersone Bid
Konsistorie Ouditorium Bovertrek
Laerskool
Sondag 5 April 18:00 Heilige Paasweek 19:00 Kunsuitstalling
Ouditorium Saal
Gemeentekamp by Berg en Dal Datum skuif na 22-24 Mei in plaas van 15-17 Mei. Indien jy dié datum bespreek het probeer asb jou bespreking skuif.
Voorkom teleurstelling en bespreek nou jou plekkie by www.sanparks.org.za Sodra jou plekkie bespreek is laat weet vir Heidi (083 381 7980) sodat sy die naweek reëlings kan tref. Almal welkom! Skenk ʼn selfoon wat in onbruik is vir die gemeente!
Ons benodig 2 selfone met laaiers om te gebruik by die Yoco-masjiene wat in die gemeente gebruik gaan word. Kontak Elize by die kantoor. NG Gemeente Witrivier
M
osambiek annekamp
17 - 19 April
Is jou paspoort reg?
☺
Sondag 15 Maart 2020
Witrivier Karnaval
Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 14:00 - 21:00
07:00 - 12:00
Gee jou tyd
Hierdie is ‘n fees der feeste, teken nou die datum aan en kom kuier, eet en ondersteun ons gemeente. Nooi nou reeds jou vriende van heinde en verre vir ‘n naweek se pret! Om jou hande beskikbaar te stel tydens die Karnaval gaan nie net vir die gemeente van waarde wees nie, jy sal blom tussen al die vrolikheid en vervul van vreugde die terrein verlaat. Al die skofte is 2 ure lank. Watter tyd en watter stalletjie gaan jy deur die dag diensbaar wees? Die lyste is opgesit, gaan loer gerus op die mobiele bord by die KoffieOase.
Worsie op ‘n stokkie Karnaval boekie !
Spiraal aartappels
Afval
Shawarma aandete
Koop nou reeds boekies ter waarde van R100, dit kan oral by die Karnaval gebruik word. As jy iemand wil borg, gesels met Antoinette by die kantoor.
Voor ko m teleurstelling
R40
Koop nou reeds jou kaartjie by die kantoor
R60
Afhaal: 3 April vanaf 17:30 by kuiertent
Wat om te verwag by die Karnaval... Slangvertoning Boogskiet Toutrek kompetisie Boeresport Mini-hindernisbaan
Pap & kaiings
Glow-run Bussie "Rides" Lourens van Deventer Marimbas
Wildsbiltong & -droëwors @ slegs R100 / 500g reeds beskikbaar by die kantoor. Moenie uitmis nie!
Hierdie is solank ‘n paar lusmakers! NG Gemeente Witrivier
Sondag 15 Maart 2020
Gebedsfokus
Johan du Plessis (oud-lidmaat) wat in die week vir ‘n hartsonar gegaan het, hy het ook ‘n onsuksesvolle hartskok ontvang, ons bid vir die spesialiste wat besluite moet maak en vir Johan vir geduld en vrede in sy herstelproses. “Here, raak hom, sy hart en gedagtes aan en genees hom asb. Amen.” Altus en Griet sê dankie... “dankie, Here dat U ons gedra het met die afsterwe van Altus se Ma. Dankie ook vir ‘n groeigeleentheid. Dankie ook vir julle almal se gebede...” Tannie Bokkie Geldenhuys (Rustig Ouetehuis) is opgeneem in hoësorg in Mediclinic vir haar longe, ons bid vir spoedige beterskap en dat die Here tannie Bokkie sal aanraak en versterk na liggaam en gees, sy is onder sterk verdowing gesit a.g.v. ribbe wat sy gebreek het van die erge gehoes. Nel Claassens laat weet uit Addis: Na ‘n stadige begin, vlot die konsultasie. Ons vra vir gebed, een van die Halaba vertalers het probleme tuis, waar sy familie en huis in gevaar mag wees, dis baie ontstellend vir hulle as familie asook vir ons as span. Mag die Here hier Sy guns en uitkoms gee en hierdie kind wat vir Hom werk deur vertaling bystaan en beskerm. Ons bid vir Fred en Paula wat Brasilië toe is, mag hulle beleef hoe die Here hulle lei en versterk en beskerm in hierdie besonderse werk wat hulle by die YWAMbasisse doen. Ons bid vir al die vergaderings wat hulle bywoon en ‘n goeie reistyd saam. Ons bid vir Spencer-hulle in veral vir Reuben en die papier-oorlog van die visum aansoeke is. Hy WhatsApp: Dis amper ‘n maand dat ek nou die leraar hier in die gemeente is! Toe ek dit besef was die “realiteit” ‘n bom en het ek so bietjie paniekerig gevoel maar ook besef dat Jesus my na hierdie tyd en plek geroep het. Hierdie gedagte en waarheid maak al die verskil in die wêreld! Dit beteken ook natuurlik dat ek nou elke week preek! Karen is ‘n wonderlike bron van positiwiteit en behartig die hele Sondagskool asook vroue Bybelstudie op hierdie stadium alleen! Is daar nie dalk iemand daar wie haar hier kan kom help nie? (Haha!) Ons visum en werkspermitte verval die einde van die maand. Omdat ek op ’n “Religious Worker Visa” is en die vernuwe daarvan baie gekompliseerd is moes ons ’n “Immigration Lawyer” kry om met die hele proses te help (hy doen ook Karen en die seuns se papierwerk). Ons moes weer van voor af woes papierwerk en vorms invul. Dit het soms gevoel of dit nie wou end kry nie! Bid saam met ons asseblief vir ’n goeie uitkoms in dit alles! Reuben het een of ander infeksie in sy keel gekry en dit het sy stembande aangetas en hy kan al vir ’n hele maand nie sing nie. Hy speel die hoofrol van hulle skool se “musical” (The Greatest Showman on Earth) en moet oor ’n maand
NG Gemeente Witrivier
Sondag 15 Maart 2020
F F F
F
optree. Sal julle asseblief saam met ons bid vir volkome genesing? So baie dankie vir al julle liefde en omgee. Julle “hier-wees” saam met ons maak al die verskil in die wêreld!!! Ons bid vir die geliefdes van Spurgeon van Wyk, wat Dinsdagaand oorlede is, nadat hy ‘n hartoperasie moes ondergaan maar verswakte niere het veroorsaak dat hy in intensief opgeneem moes word. Mag die Here hulle elkeen en in besonder vir Erika vashou en troos in hierdie hartseer tyd. Ons bid vir Hester Steenkamp (sy het verlede jaar na haar dogter in Margate getrek), het laas week geval en haar heup gebreek, sy is nog in die hospitaal maar dit gaan goed met haar. Ons bid vir haar genesingsproses, veral omdat sy verlede jaar ‘n baie uitdagende jaar agter die rug het met ‘n gebreekte voet ook en die verhuising. Die Appelgrein-gesin is in rou gedompel nadat Dries in die week oorlede is. Ons bid vir Janet en haar geliefdes vir God se troos in hierdie hartseer tyd. Ons bid vir Jannie wat ‘n Mediclinic opgeneem is a.g.v. ‘n ligte beroerte. Mag die Here hom aanraak en volkome genees en mag Hy vir Dominique en klein Jandries vashou in hierdie onseker tyd. Nuus van Belinda, haar prokureur het die eienaar van die huis laat weet dat tensy die registrasie van transport van die onroerende eiendom afgehandel is voor of op 31 Maart, sal daar opdrag gegee word om voort te gaan met die aksie in die Hooggeregshof. Mag die Here hier Sy guns en uitkoms gee wat Belinda se vrede en rus sal terugbring. Courtney Hendricks laat weet Woensdag “Today on my birthday I thank God for the opportunity to travel to the nation of Burundi again, we are doing the second week of the Walking with wounded children course, Please cover Ritte, Ina and myself in your prayers. Have a blessed evening.” Lydia Möller het laat weet dat die dokter tevrede is met haar genesing en dat sy nou vir 3 maande op “light duty” is maar nie op die been mag trap nie. Ons bid vir haar vir geduld en spoedige genesing. Ons bid vir die Neuhoff gesin, wat “siek-mangel”-uitdagings het. Klein Christo se mangels is in die week uitgehaal en mamma Martie s’n word begin April uitgehaal. Ons bid vir die hersteltyd en veral vir Mamma, want “grootmense mangels uithaal” is nie ‘n grap nie, ook vir Christoff wat moet pa-staan en almal bystaan terwyl hy steeds self baie ysters in die vuur het. Logan skryf: “Bid vir Ouma Elmien in die hospitaal” Kyle skryf: “Liewe Gob U is my Hero.” Ons bid vir ons Sondagskoolkamp vir Gr.1-3 en Gr.4-6 wat die naweek op Ella Combrink Kampterrein was, ons bid vir elke kind wat dit bygewoon het, vir elke personeellid, dat die Here Sy werk kon doen en dat Sy wil sal geskied in hierdie kinders se lewens, dat hulle vir Hom sal kies oor-en-oor, regdeur hul lewens en dat God verheerlik sal word in en deur ons kinders se lewens. Mag Hy ons toerus en gebruik om vir hulle Sy onvoorwaardelike liefde te wys hoe en waar ons kan. Ons bid vir die Karnaval reëlings en span wat alles in gereedheid bring. Dat elke klein detail in plek sal val. Mag ons as gemeente en gemeenskap saam lag, kuier en ons lig laat skyn in die wêreld.
NG Gemeente Witrivier
Sondag 15 Maart 2020
Ons bid vir ons Sendelinge Liewe Vriende “Heilige Gees, help my om al meer op U stem ingestel te wees, sodat ek kan weet wanneer U deur my wil praat. Gee my die moed om gehoorsaam te wees aan U stem. Amen” Ons besoek Gauteng 13 – 28 Maart. Ons beplan om besoeke te bring aan finansiële ondersteuners van Petra Instituut. Ons is so bevoorreg om met verskeie mense te kan ontmoet. Bid asseblief dat ons besoek nie net sal wees om hulle te nader om voort te gaan met ondersteuning aan Petra nie, maar dat ons besoek ook sal dien as bemoediging en belangstelling in hulle. Daar is ongelukkig heelwat bestaande debietorders wat gestaak word. Bid asseblief dat dit nie verder sal gebeur nie – om sulke ondersteuning by te werf is ‘n moeilike taak. Boetie beplan ook om besoek te bring aan ondersteuners in Brits, Heidelberg, Tzaneen en Polokwane. Hy beplan ook om saam met Rudi Mans ‘n groep manne te kan ontmoet in Tzaneen. Gretha bied die week 23 – 27 Maart die kursus “Saamloop met Seerkry kinders” aan in Vereeniging. Sy en Veronica Viljoen, ‘n tutor wat deur Petra opgelei is, sal die aanbieders wees. Bid asseblief dat baie kinders hierdeur gehelp sal kan word. Bid veral vir die sessies met kinders, wat as praktiese blootstelling vir die kursusgangers sal dien. Dit gaan goed met die terapie sessies, waarby Gretha betrokke is en ons staan verstom oor die verskil wat dit in die lewens van kinders bring.
Gebedspunte: Loof die Here vir Sy voorsiening aan ons op elke gebied. Ons is veral dankbaar vir getroue fondsondersteuners, wat te midde van baie druk steeds getrou hulle bydraes aan Petra doen en ook vir die goeie gesindheid waarin ons ontvang word. Ons bid dat die Here elke ondersteuner op ‘n besondere wyse sal seën. Bid asseblief vir goeie beplanning en bestuur vir 2020, sodat ons die fondswerwing en opleiding steeds effektief sal kan doen. Riaan en Elsabe het op 10 Maart vertrek na Taiwan om weer daar onderwys te gaan gee. Mag Hy hulle ook op ‘n besondere manier daar gebruik. Baie dankie vir julle getroue ondersteuning aan ons. Groete
Boetie & Gretha Lourens
Mylpale 15 Maart Miekie Dragt Piet Olivier
NG Gemeente Witrivier
89 Verjaar 70 Verjaar
16 Maart Sannie Lombard 87 Verjaar 18 Maart Martin & Carina Nienaber 31 Huwelik 19 Maart Jan Stoltz 73 Verjaar Anthony & Stephne Trollip 37 Huwelik 21 Maart Martie Boshoff 86 Verjaar Leon van Zyl 74 Verjaar
Sondag 15 Maart 2020
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
GriefShare is tans besig met die 12 weke kursus, gedurende Mei sal nuwe groep begin.
Navrae: Annalise 082 958 3874 Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in op Dinsdae om 18:00. Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.
Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak.
Care Buddies Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.
Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Rian 082 906 3343 Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families.
Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
www.ngwitrivier.co.za
Like” ons bladsye: NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Witrivier Karnaval Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
SMS/WhatsApp
079 223 8321
As jy wonder oor hul werk, kontak hulle.
Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za
Oase van Jesusliefde
NG Gemeente Witrivier
Sondag 15 Maart 2020