Sondag 17 Maart
Die DERDE Kruiswoorde: “Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” (Johannes 19:27)
Baie welkom vanoggend in die erediens
Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
\
Sondag 24 Maart
Dinsdag 19 Maart
08:00 Gebedsbyeenkoms
Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Konsistorie
Kantoor gesluit
Dinsdag 26 Maart
Donderdag 21 Maart
08:00 Gebedsbyeenkoms
Menseregtedag
Konsistorie
Vrydag 22 Maart
Vrydag 29 tot Sondag 31 Maart
Kantoor gesluit
#imagine by Bela Bela
Rustig kollekte 21 Maart Martie Boshoff Leon van Zyl 22 Maart Charles & Elana Burger 23 Maart Eden Claassen Jan & Lorraine Strydom
85 Verjaar 73 Verjaar 33 Huwelik 56 Belydenis 45 Huwelik
by die deure
Hulle het 1 kg pakke gedroogde en gestuur. Albei @ R130/pak Koop gerus by kantoor.
Navrae: Wanika 083 296 0806
Hierdie boek van Jaco is beskikbaar by die kantoor @ R140,00
Gebedsfokus Ons bid vir...
t
t
Lidia en Koeloe Moller. Lidia sukkel baie na haar voetoperasie en Koeloe se bloeddruk is baie hoog, hulle sukkel om mekaar fisies en emosioneel te ondersteun. Mag die Here hul na liggaam en gees ondersteun en versterk om by Hom rus te kry en volkome herstel in hierdie uitdagende tyd. Tannie Helia Minnaar se familie en geliefdes, na haar afsterwe vroeër in die week. Mag die Here Self hul trane afdroog en vir hulle Sy vrede gee in hierdie hartseer tyd. Coenie Coetzer, wat 21 Maart ‘n groot operasie in Pretoria ondergaan. Ons bid vir die voorbereidings van die operasie en ook vir Rina, sy vrou. Dat die Here elkeen sal lei en rustig maak in die voorbereiding en tydens die operasie self, sodat dit ‘n groot sukses sal wees en dat Coenie volkome sal herstel en spoedig sal aansterk. Marcelle le Grange, wat laas week ontslaan en weer opgeneem is. Ons bid vir wysheid vir die medici vir ‘n spoedige en akkurate diagnose en behandeling, asook vir Marcelle vir geduld met homself en sy liggaam in die 8-10 weke hersteltyd. Gawie le Roux, wat gediagnoseer is met kanker. Ons bid vir elkeen in ons gemeente wat in die kankerstryd is of wat daardeur geraak word. Mag die Here wonderwerke laat gebeur in liggame en harte, sodat Hy verheerlik sal word en Sy koninkryk sal kom hier op aarde in getuienisse wat bemoedig en versterk. Rymert Spreeth skryf: “Help asebief al die mense op straat . Help ons rigeerin en laat U wil geskep.” (Ons dank die Heer vir ons kinders se gelowige en kragtige gebede, ons bid dat ons gebedslewe bemoedigend vir hul sal wees en dat ons soos die Woord sê: by hul sal leer om te “glo soos ‘n kind”) Bid asb. vir ons vir die laaste eksamens voor die skool sluit (so skryf een van ons tieners), mag die Here hul seën en krag gee om rustig te wees in hul eksamens en wanneer hul studeer sodat hul akkuraat kan weergee wat hul geleer het in die eerste kwartaal. En mag hy elkeen beskerm en lei in die vakansie wat voorlê. Bobby Simpson en sy geliefdes, na die afsterwe van sy broer in Pretoria. Mag die Here hulle troos in hierdie routyd.
Dankie Here... A
Vir die besonder Geloofsofferbelofte erediens saam met ds. Jaco Strydom (kyk ook die boodskappe as jy dit gemis het op ons Gemeente Facebook blad). Ons loof en dank die Here vir elkeen wat “commit” het en ons bid dat Hy ons so sal seën en lei dat ons die “commitment” kan nakom en Hom so verheerlik en verhoog met elkeen van ons gawes.
SENDELINGNUUS
via WhatsApp &Facebook Alfred & Belinda, ons sendelinge uit die Oos-Kaap.
Ons bid spesifiek na ‘n WhatsApp van Belinda vir die volgende: “Kan jul bid vir ons huis oordrag drama? Die volgende stap is nou ‘n saak maak by Valke teen die oordragsprokureur en Donderdag maak ons ‘n saak teen die eienaar. Die Advokaat vra ‘n verminderde fooi maar die oneerlikheid ontstel ons steeds tot in ons siele. Ons het goeie nuus dat Die Lig ‘n artikel oor Alfred in hul Maart uitgawe publiseer het.” Kyk ook gerus na Alfred se besondere, spesiale en bemoedigende getuienis in sy kerk op ons Facebook blad: NG Gemeente Witrivier.
Fred & Paula het ons gebede nodig, hulle WhatsApp: Bid asb. vir ons, wat môre (laas week Vrydag) na Franschhoek ry waar ons gashere is vir 35 YWAM frontier mission leiers van reg oor die wêreld vir ‘n week lange konferensie. Bid vir genade, veilige reis en ons gesondheid (ons het albei seer kele). Bid ook vir seën op die verrigtinge. Dankie en seën vir almal.
Danie & Esther stuur uit Masedonië vir ʼn videoclip van ʼn plastiek “shredder”
waaraan hy al weke werk. Ons geniet dit om te sien met die inisiatiewe waarmee ons sendelinge besig is in hul omgewing. Jaco laat weet uit Inhambane vir Danie “ Dit is baie “smart”. Ek is beïndruk.” So bemoedig ons sendelinge mekaar ook onderling. Wat ʼn voorreg om deel van die liggaam van Christus te wees. Hulle het ook Zane se “aannemings verjaarsdag” met pizza gevier die afgelope week. Hy is reeds 13 jaar in hul gesin, van peuter tot tiener het hy reeds diep spore in hulle gesin getrap, NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
www.ngwitrivier.co.za BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
E NG Gemeente Witrivier
E Witrivier gemeente
079 223 8321