25 Maart - Palmsondag

Page 1


Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou onder die afdak.

Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, by die Koffie Oase. Almal welkom!

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... babas

in die Moederskamer.

peuters in die konsistorie.

Laerskoolbediening later in saal. Stad op die berg VANAAND 17:00

in die Bovertrek. Goeie Vrydag van 12:00 - 15:00 was ’n “donker” tyd vir Jesus. Daarom word ons stil.

25 Maart Palmsondag 18:30 Heilige Paasweek 26 Maart 18:30 Heilige Paasweek 27 Maart 18:30 Heilige Paasweek 28 Maart 18:30 Heilige Paasweek 29 Maart 18:30 Heilige Paasnagmaal en Bybelse-ete 30 Maart Goeie Vrydag 09:00 - 15:00 Meditasie nagmaal 31 Maart Stil Saterdag 1 April 05:45 Sonsopkoms byeenkoms by Hoërskool Rob Ferreira paviljoen

Kom gerus, vanaf 09:00 - 15:00 alleen of saam met jou gesin en beleef hierdie spesiale tyd. Die kerk sal ingerig wees met verskeie nagmaalstasies waar jy/gesin saam die nagmaal geniet. By die deur sal ‘n dokument wees waardeur jy werk en stil word om jouself voor te berei vir die Nagmaal.


Palmsondag In die kerklike jaar word Jesus se intog in Jerusalem op Palmsondag gevier, met verwysing na die palmtakke waarmee Jesus feestelik in Jerusalem verwelkom is (Johannes 12:13). Met Palmsondag begin die Groot Lydensweek, die laaste week van Jesus se lydensweg. Die lydensweg na die kruis gaan deur die Groot Lydensweek. Hierdie week omvat die sentrale gebeure van die Christelike geloof. Ons bewys op Palmsondag hulde aan Jesus, en eer Hom as koning. Dit geskied hoopvol, want die Lydensweek loop op die halleluja van Paassondag uit. Dit geskied ook somber, want die verheerliking van die nederige, dienende

Koning op die donkie loop langs die weg van die kruis.

Lukas gee ‘n besondere perspektief op die Groot Lydensweek wat in Jerusalem afspeel. Daarmee help hy ons om te verstaan hoe ons lewe, ons roeping, ons missie as gelowiges en as gemeente inskakel by Jesus se missie. Palmsondag is die laaste van die Lydensondae. Dit is terselfdertyd die begin van Groot Lydensweek. Daar is dus die element van triomf by die intog in Jerusalem, maar daar is ook die besef dat Jesus gekom het om te ly en te sterf in hierdie einste Jerusalem! Hierdie twee elemente moet deurlopend op Palmsondag vasgehou word.

Stil Saterdag Wat is Stil Saterdag? Die geskiedenis vertel dat gelowiges reeds in die tweede eeu nC op hierdie Saterdag tussen Goeie Vrydag en Opstandingsdag gevas het. Die vas het, gewoonlik ter voorbereiding van die viering van Jesus se opstanding, op ‘n nagwaak uitgeloop. Ons sou op hierdie dag kan vas van iets waarvoor elkeen baie lief is, byvoorbeeld koffie, biltong, sjokolade, die koerant, visvang of enige iets wat ons normaalweg op hierdie dag sou geniet. Die uitsluitlike doel moet wees om, wanneer ons verlang na dit waarvan ons ons tydens die vas weerhou, te onthou van die offer wat Jesus gebring het. Hierdie verlange word gestil – of minstens hanteer – deur ruim tyd in gebed deur te bring.

Vader . . Bloedbevlek loop Jy en strompel na Jou dood my lewensbrood. Jou skerpgemaakte doringkroon . . my ewige Hemeltroon. Tree vir tree, is Jy op pad om vir my die ewige lewe te gee. Jy val neer, alweer en weer. Jy vergewe my, keer op keer . . Houtsplinters en spykers gemeng in jou vlees . . sodat ek vir ewig.. Jou kind kan wees. Heleen van der Merwe


Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Die DERDE kruiswoorde Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” (Johannes 19:27)

Die TWEEDE kruiswoorde En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43) Die VIERDE kruiswoorde

Die VYFDE kruiswoorde "Ek is dors." (Johannes 19:28)

Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “"Eli, Eli, lemá sabagtani?"Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Matteus 27:46)

Die SEWENDE kruiswoorde “Vader, in U hande gee Ek my gees oor.” (Luk. 23:46)

Die SESDE kruiswoorde

“Dit is volbring!” (Joh. 19:30)

Here, maak my ‘n instrument van U vrede, Waar daar haat is, laat my liefde saai; waar daar onreg is, vergifnis; waar daar twyfel is, geloof; waar daar wanhoop is, hoop; waar daar duisternis is, lig; waar daar droefheid is, blydskap. O Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te word nie as om te troos; om verstaan te word nie as om te verstaan; om bemin te word nie as lief te hê. Want dit is deur te gee dat ons ontvang; dit is deur te vergewe dat ons vergewe word; en deur te sterwe dat ons tot die Ewige Lewe gebore word. Franciskus van Assisi

Mylpale Die volgende herdenkings... 25 Maart Carel & Magdel Dannhauser 51 Huwelik Allan & Ewalda White 40 Huwelik 27 Maart Joey Pieterse 84 Verjaar Lyle & Kobie Robinson 44 Huwelik 28 Maart Ben & Marianne Oosthuizen 32 Huwelik

Kom Word Nuut kamp Wanneer:

13-15 April

Waar:

Ella Combrink Kampterrein

Koste:

R300 per persoon en R100 vir laerskoolkinders

Inskrywingsvorms & Navrae: Heleen by kantoor

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 29 Maart Koeloe & Lydia Möller 49 Huwelik 30 Maart Leon & Petra Haasbroek 44 Huwelik Andre & Anita vd Walt 44 Huwelik Louis & Henriëtte vd Merwe 33 Huwelik 31 Maart Marieta Bekker 44 Doop

Ernan & Lander het vir ons MANGO’S (R130/kilogram) gestuur van Inhambane. Kry gerus by die kantoor.

 SOSIALE VOLLEYBALL LIGA


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Die een wat My eer, sal Ek eer... 1 Samuel 2:30 TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

850 800 750 700 650 600 550 500

R,000

450 400 350 300 250 200 150 100 50 0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.

Witrivier Karnaval Vrydagaand

3 Augustus

tree Robbie Wessels op en Saterdag

4 Augustus hou ons dorp Karnaval!

Hou hierdie datums oop! Meer inligting volg.


r

bid vir

Jason Esterhuizen, wat vanaf 28 Maart ‘n reeks operasie in Amerika ondergaan. Ons bid vir hom en Sumarie, waar hulle in die vreemde is onder hierdie uitdagende omstandighede. Dat die Here die Medici sal lei, vir Jason en Sumarie fisies en geestelik sal vashou en versterk.

r

Cas Strydom, wie se swaer (Kallie Potgieter) in die week oorlede is, ons bid dat die Here hierdie gesin en geliefdes se trane sal afdroog in hierdie hartseer tyd.

r

Bianca en Boeta Gelderbloem (van Bloemfontein) se baba, Ivan, wie se hoofslagare na sy hart “omgeruil” is. Hy is oorgeplaas na Kaapstad en het in die week ‘n groot operasie ondergaan om die slagare te herstel. Ons bid dat die Here self hier die chirurgie uitgevoer het en sal gee dat Ivan sal sterker word en herstel sodat sy lewe ‘n getuienis sal wees van wonderwerke.

r

“Here, genees en beskerm ons land en volk. Here, gee ons leiers die wysheid en insig om goeie besluite, wat tot Suid-Afrika se voordeel sal strek, te kan neem. Amen”

r

Ons Maatskaplike Werksters in ons omgewing maar ook regoor Suid-Afrika, wat Dinsdag “Internasionale Maatskaplike Werker Dag” gevier het. Ons bid vir die uitdagende werk wat hulle doen wat so sensitief en emosioneel kan wees maar so groot verskil maak. Mag die Here hulle vashou, lei en gebruik om suiwer instrumente in Sy koninkryk te wees.

r

Hansie van Heerden wat met sy para-glider geval het en sy een been sleg gebreek het, asook sy voet ernstig beseer het. Ons vra dat die Here hom na liggaam en siel sal aanraak en ook sy vrou, Karen, sal help in hierdie hersteltyd.

r

Hester Steenkamp, wat in April vir ‘n nek-, sowel as handoperasie gaan. Sy verduur al erge pyn vir ‘n lang tyd en ons bid vir die tyd voor die operasie, die operasie self en haar herstel, dat die Here dit sal seën met Sy vrede en Sy genesende hand sal hou oor haar.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel of SMS/WhatsApp (079 223 8321)


r

Marthinette Reyneke, wat Vrydag ‘n karpale tonnel-operasie ondergaan het. Ons bid en glo dat die operasie ‘n sukses was en bid vir die hersteltyd vir haar, asook vir Pieter wat haar bystaan. Dat die Here die pyn en ongemak sal beperk.

r

Oom Eddie Fraser en Ben van der Linde met die kankerbehandeling wat hul mee begin het, mag die newe-effekte min wees en die behandeling ‘n groot sukses.

WAS JY OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê. E-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za of SMS/WhatsApp 079 223 8321

A

A A

Dankie Heer vir

Christiaan Stander wat reeds laas week beter genoeg geword het sonder biopsies ens. wat beplan was, sodat hy uit die hospitaal ontslaan is. Ons dank die Here dat Christiaan reeds beter voel en bid dat hy heeltemal gesond sal word. My eksamens, wat goed gegaan het! Die toetsuitslae wat ons gemeentelede se dogter, wat sendingwerk in Nepal doen gekry het: “Thank you for your prayers. We heard today that the “mass” in our daughter’s lung is indeed T.B. Apparently something she may have contracted during her “community service” year after qualifying as a doctor. Treatment should start shortly and we are relieved it is “just” T.B. and nothing worse.”

Ons bid vir ons skole Vir die diverse groepe van geslagte, tale en kulture wat elke dag saam moet leer en geleer moet word: elkeen reageer anders op prikkels en ons bid vir maats en onderwysers vir wysheid en sensitiwiteit vir hierdie verskille. Elke skool het sy eie karakter en ons bid vir die bestuur daarvan en vir wanpersepsies wat daar mag wees, dat mense verskille sal respekteer en waardeer. Ons bid vir elke gesin

wat

in

elke

skool

verteenwoordig

word,

party

is

“ideaal”,

party

is

“disfunksioneel” volgens die samelewing se “standaarde”, mag elke kind steeds as ’n individu in die skool leef en groei. Ons bid vir die kommunikasie tussen ouers en bestuur en onderwysers en leerders, dat dit akkuraat sal wees en dat misverstande min en vinnig uit die weg geruim sal word. Ons bid vir geduld in die akademie, in die sport, in die kultuur: tussen onderwysers en leerders met mekaar. Ons bid vir die veiligheid van ons skole en die mense wat in hulle is, dat die Here Sy beskerming fisies en emosioneel daar sal gee.


GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Moenie alleen probeer om dié pad te stap nie. Vertel ook vir vriende hiervan. Navrae: Annalise 082 958 3874

Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in. Ons benodig asb. DAMESKLERE & SKOENE Broeke (lang / kort) nr. 32-36 Hemde Small, Medium, Large T-hemde Small, Medium, Large Onderklere Kouse Asook enige KINDERklere Kontak asb. vir Antoinette by die kantoor.

Navrae: Wilna 082 335 5295

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK ONS OM MEER UIT TE VIND.

YVONNE 076 903 0660

Like” ons by

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.