Sondag 3 Maart
Lewenslesse in tevredenheid Skriflesing: Filippense 4:11-13; HebreĂŤrs 13:5 en 1 Timoteus 6:6-8
Baie welkom vanoggend in die erediens
Liewe Heer, gee my die moed om nie op te hou met iets wat ek glo reg is, net omdat ek dink dit is hopeloos nie. Admiraal Chester Nimits
Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Laerskoolkinders
Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Verdaag later na hulle groepies.
Stad op die berg erediens Vanaand 17:00 Nie jou punte of prestasies bepaal wie jy gaan word nie. Jy kan self besluit wat jy wil wees … Vars gedink oor mentorskap. Filippense 3:17
Sendinggesprek saam met Chris Visser Wanneer is ‘n gemeente gemobiliseer vir Sending? Wat beteken dit om te sê: Ons is gemobiliseer vir Sending; om ‘n effektiewe verskil in God se wêreld te maak.
Wanneer: 5 Maart Waar: Bovertrek Tyd: 18:00 Almal welkom! Navrae: Antoinette by kantoor
Sondag 3 Maart 17:00 Ds Tiene film
Sondag 10 Maart
Casterbridge Cinema
08:30 Ds Jaco Strydom preek
Maandag 4 Maart 18:00 GriefShare \
Maandag 11 Maart Sitkamer
Dinsdag 5 Maart
08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare Kursus: Ontdek jouself! Immergroen Ouerskap
Ouditorium
18:00 Karnavalvergadering GriefShare
Konsistorie Ouditorium 08:00 Gebedskamer 17:00 18:00 Sitkamer Burgerstr.
Sending gesprek (Chris Visser) Bovertrek
Woensdag 6 Maart
Bovertrek Sitkamer
Dinsdag 12 Maart Gebedsbyeenkoms Lofdans DivorceCare Immergroen Ouerskap Finansiële Bedieningverg.
Konsistorie Ouditorium Gebedskamer
Burgerstr. Raadsaal
Woensdag 13 Maart
10:00 Kreatiewe vers Bovertrek 10:00 Kreatiewe vers - geen dié week 18:00 Bluetooth Ouerskap Bovertrek 17:30 Teelepeltjie-ete Saal 18:30 Aswoensdag-erediens Ouditorium Donderdag 14 Maart
Donderdag 7 Maart 18:00 Bedieningsleiers beplan
Bovertrek
Vrydag 8 - Sondag 10 Maart Gr 1-6 kamp by Ella Combrink Kampterrein
09:00 Care Buddiesvergadering Bovertrek 15:30 Dagbesuurvergadering Raadsaal
Aswoensdag
6 Maart LYDENSTYD begin met Aswoensdag (die 7de Woensdag voor Paasfees). In die 40 dae van die Lydenstyd dink ons aan die lyding van Christus. Dit is ’n tyd vir selfondersoek, skuldbelydenis, gebed en diens aan ander. Dit is ’n tyd om nóg meer as gewoonlik die Woord van God te lees en te oordink. Só berei ons ons voor vir Paasfees, die hoogtepunt van die kerklike jaar. Aswoensdag is oorspronklik gevier deurdat die palmtakke van die vorige jaar se Palmsondag verbrand en met olyfolie gemeng is. Van dié mengsel is dan ‘n kruis op mense se voorkoppe gemaak met die gepaardgaande woorde: “Mens, dink daaraan dat jy stof is en tot stof sal terugkeer.” As is nie net ’n teken van verganklikheid nie, maar ook van boetedoening (in die Bybel is die gebruik om as op die kop te strooi ’n teken van berou). Aswoensdag kan benut word as ’n stilword-geleentheid met ’n tyd vir boetedoening en verootmoediging met die oog op die Lydenstyd wat voorlê. Ons gemeente hou hierdie jaar weer ‘n Teelepeltjie-ete om 17:30 in die saal, daarna is die erediens om 18:30 in die ouditorium Bring jou gesin se gunsteling eenskottelgereg vir die ete en saam kuier. Ons almal skep op uit mekaar se bakke. Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Dankbare dankoffers
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.
Bydraes: Werklik teenoor Begroot R'000
1200 1100 1000 900 800
700 600 500 400 300
200 100 0 -100 -200
-300 Kwartaal 1
Kwartaal 2
Sep
Okt
Werklik
Begroot
Nov
Des
Jan
Tot 27 Feb
Tekort Mrt tot Feb
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
Baie geluk ! 1 Maart Hester Steenkamp Hennie Solomon Barry Jacobs Hennie & Ria Solomon Marileen Malan Martiens Stander 3 Maart Johan Vorster Magda Steyn Christo Pieterse André & Rina Gomes
76 Verjaar 74 Verjaar 70 Verjaar 50 Huwelik 49 Doop 49 Belydenis 76 Verjaar 70 Verjaar 56 Doop 40 Huwelik
Daar's ‘n apie wat nooit slaap nie Wat heeldag en heelnag in my kop rond bons En hy hou my dikwels wakker Hy's ‘n nikswerd bakoor rakker As hy so bons En ek kan hom nie keer nie Hy wil hom nie aan my steur nie Kan my apie nie beheer nie o wee... Sien Liriek van Chris Chameleon
4 Maart Pinky Strydom Bill & Joan Pienaar 5 Maart Daleen van der Merwe 6 Maart Fanie du Preez Stefan J.v. Rensburg 8 Maart Nelie Roux 9 Maart Baby Schoeman Rosa de Klerk Johan J.v. Rensburg
92 Verjaar 58 Huwelik 57 Doop 80 Verjaar 42 Doop 72 Verjaar 99 Verjaar 77 Verjaar 70 Verjaar
Die aap is uit die mou Ons gaan weer karnaval hou! Wanneer: Saterdag 26 Julie Waar: Laerskool sportgronde Tyd: 08:00 tot laat middag
jou daar!
Die karnavalspan bons reeds in die agtergrond met al die voorbereidings.
Gebedsfokus Ons bid vir...
Marcelle le Grange, wat Donderdag in ‘n ernstige motorongeluk was met nekfrakture en ander hoofbeserings. Sy was in ICU in geïnduseerde koma en op ventilator. Ons bid vir volkome herstel en vir kalmte in die hersteltyd, asook vir die medici wat betrokke is by haar behandeling, “Heer gee vir hul wysheid en vir Marcelle vrede en rustigheid wat alleen uit U hand kom”. Alfred en sy gesin in Jeffreysbaai, waar hy en sy gesin baie ly… mag die Here vrede gee en Sy nabyheid in detail ervaar sal word. Len Bornman skryf: “My liefste Oumsie Naomi in Pretoria leef swaar onder haar gesondheid. Ten spyte daarvan skyn haar liefde en lig van Jesus in haar hart. Bid asb. vir haar vir troos, krag en vrede.” Jason Esterhuizen, wat terneergedruk voel: mag die Here Sy lig in Jason se hart en gemoed skyn. Persone in ons gemeente wat onder erge finansiële druk gebuk gaan, mag die Here wat die Voorsiener is van ook ons finansies tog uitkom en guns gee en mag ons Hom toelaat om ons te lei en te leer om verantwoordelik ons finansies te bestuur. Ons land en sy mense… waar daar swaarkry is, waar daar onregverdigheid is, waar daar moedeloosheid is maar ook waar daar dade van deernis en welwillendheid gesien kan word in soveel onsekerheid en seer. Mag God verheerlik word en toegelaat word om Sy goedheid te deel en vermenigvuldig. Lydia Moller wat Dinsdag ‘n voetoperasie ondergaan het. Ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid dat Lydia spoedig en volkome sal herstel. ‘n Jeugbriefie vra: Bid asb. vir die eksamens, veral vir die kinders wat vir die eerste keer moet leer en eksamens skryf, mag die Here elkeen lei om rustig te wees en die tyd voor die boeke te spandeer sodat hulle goeie punte sal kry. Colin Sylvester wat Woensdag ‘n operasie ondergaan het om longkanker gewas te verwyder. Ons bid dat die Here baie naby Colin en Pat sal wees, dat Sy teenwoordigheid intens beleef sal word en dat Hy vir Colin volkome sal genees. Elsa van der Walt, wat 21 Januarie ‘n voet rekonstruksie operasie in Pretoria ondergaan het, sy sterk tans by haar ma (Middelburg) aan. Ons bid vir haar in hierdie “ongemaklike” tyd vir genesing en geduld, ook treë ons in besonder in vir Riaan, wat haar ondersteun maar tans alleen in Witrivier is om sy sakeonderneming te bestuur. Ons bid ook vir haar ma wat ‘n baie groot operasie ondergaan het en reeds geruime tyd in ICU is, mag God hulle omvou in hierdie moeilike tyd. Jacoba Donga (oud lidmaat) se ma: ds. Sarah Jane Wessels, wat gediagnoseer is met kanker. Sy was in MediClinic in die week, mag die Here hier uitkoms en ‘n wonderwerk gee. Ans van der Merwe, wat ‘n getroue Koskasvrywilliger is. Sy sukkel baie met haar gesondheid en in besonder het sy rugpyn. En skildklier, waaraan ʼn vergroeisel is, sy word Maandag geopereer in MediClinic. Ons bid vir haar lyf en gedagtes, dat die Here dit sal aanraak en versterk tot Sy eer. Ons volhard in gebed vir die Vanderbijlpark gemeenskap na die brugramp. Dit het rimpelings in die hele gemeenskap. Mag hul, die ouers en ook die kinders wat tuis of in hospitaal nog aansterk Jesus se nabyheid ervaar in hierdie tyd van rou en trauma.
Dankie Here... A
A A A
‘n Anonieme briefie skryf: “Dankie Vader vir uitkoms uit ‘n baie moeilike tyd by my werk, finansies, gesinslewe en selfbeeld. Here, U bly getrou en U uitkoms is meer as wat ons ooit kan dink! Aan U al die lof en eer! Amen” Dankie vir verlede week se uitreike. Baie mense is aangeraak, ons bid dat die saad sal groei in goeie grond. Zandrie skryf: “Ek wil dankie sê vir alles wat die Here al vir ons gedoen het!” Oom Pieter Reyneke stuur vir ons hierdie jubelende Whatsapp: “Ek was gister by die dokter vir die ses weke ondersoek. Hy is so tevrede met die herstel dat hy my eers oor ‘n jaar weer wil sien. As dit nie was vir almal se gebede en Ons Vader aan my sy nie, sou ek nie so maklik or die operasie gekom het nie. Dankie Here!”
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)
SENDELINGNUUS via Facebook
Spencer herinner ons uit Kanada deur hierdie kragtige prent...
En nuus met die twee foto’s oor die Alphakursus: About 30 of us today, enjoyed the Alpha video and discussion on, "Why did Jesus die?" Next week - Alpha #4 - "How can I have faith?"
Esther deel met ons die uitdagings en vreugdes van “homeschool” Ma wees in Skopje (Masedonië) deur middel van foto’s en aanhalings. Busy building 1820 settler homes of clay.......
Valentines fun with Jessie Temelkov and Joy Andonova. Thanks it was great.
Nel vra gebed via WhatsApp Sy en haar 2 spanne met wie sy gaan saamwerk in Addis Abeba in Maart. Sy vertrek DV 2 Maart en kom terug 30 Maart. Sy en die twee spanne Basketto - 1 Kronieke. Gedeo - Klaagliedere, Sagaria, Hosea, 1 Kronieke 18- 29 en Esegiël 46:7 - 48. Sal sien hoe dinge loop. Die Here is mos die Een vir die wonderwerke. Mag hul as Bybelvertaalspan God se seën en wysheid beleef in hierdie tydperk.
Ons bid saam GEOPENDE DEURE vir Turkye
Streek Leier Bevolking
Midde-Ooste President Recep Tayyip Erdogan 81 917 000
Christen 0.3% Meederheidsgeloof Islam Ranglysposisie 26
In Turkye bestaan Islam en ʼn sterk nasionalisme gelyktydig saam. Christene voel dikwels druk om stil te bly oor hul geloof. Uitgesproke gelowiges kan diskriminasie verwag by die werk en in wetlike sake. Sommiges word valslik beskuldig van misdade wat hulle nie gepleeg het nie. Al lyk dit asof die onderdrukking van Christenskap toeneem, bly die Kerk in Turkye getrou en raak sy elke dag sterker.
Bid dat die Kerk sal bly groei en sterk sal bly selfs terwyl vervolging toeneem in Turkye.
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. BEHUISING BESKIKBAAR Drie slaapkamer woonhuis in Witrivier beskikbaar vanaf 1 April. Al die nodige vertrekke om lekker te bly, asook enkel toesluit motorhuis. Kontak: Tannie Lena 013 - 751 2114 Een slaapkamer woonstel te huur in Witrivier. Oopplan kombuis en leefarea. Dek. Eie ingang. Met motor afdak. Kontak: Annemarie 084 677 2503
Enkelpersoon woonstel, ten volle gemeubileerd in Witrivier beskikbaar 1 Maart. Afdak. Teenaan hoofhuis, ongelukkig geen kinders, diere of rokers. Kontak: Ina 079 874 2796 Kamer te huur in ’n huis in Witrivier vir ʼn betroubare enkel persoon met sober gewoontes. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: Sandra 082 315 4001
WERK BESKIKBAAR Aflos gesoek by ʼn Dagsorg in Witrivier. Ideale posisie vir ʼn student / afgetrede dame. Kontak: Ina 083 307 1828 Toonbank-verkoopspersoon voldag pos beskikbaar in Nelspruit. Ten volle tweetaling, Gr 12 en bestuurslisensie is vereistes. Navrae: Cornelle 083 326 1903 SOEK WERK Betroubare bediende, is ’n goeie werker (werk reeds 15 jaar by haar) beskikbaar op Dinsdae en Donderdae. Kontak: Estelle 083 269 1074 Dame soek algemene kantoorwerk, maar is ook bereid om te leer. Kontak: Annemarie 076 193 0230
Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of e-pos nuus@ngwitrivier.co.za. Advertensies moet Woensdae 09:00 ingehandig wees. GEEN te koop of ruil transaksies nie.
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321