OaseNuus Sondag 8 Maart 2020

Page 1

Baie welkom in die huis van die Here vanoggend! “Dis vir my genoeg om te weet dat Christus van my lyding weet. En dat ek ook eendag sal wees soos Hy.” -Richard BaxterBabas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik in ons gemeente..

babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word Ouers met

daarheen herlei.

KleuterAlle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters, bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Stad op die Berg “Stad op die Berg dink buite die boks.”

WORSHIP Handelinge 16:25-26 Wanneer sang die aarde laat bewe. Was dit blote toeval dat die aardbewing gekom het toe hulle God geprys het met sang? NG Gemeente Witrivier

Laerskool kinders verdaag later na die saal.

Gasvryheid is ʼn waarde van ons gemeente “Met gasvrye mense is te veel nooit te veel nie.” (Francis Bacon), vertrou jy het hierdie gasvryheid reeds in die erediens ervaar. Kom geniet dit verder by die KoffieOase na die erediens. Almal welkom! Sondag 8 Maart 2020


Die DERDE kruiswoorde is uit Johannes 19:27

Daarna sê Hy vir die dissipel: "Daar is jou moeder." Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Die TWEEDE kruiswoorde is uit Lukas 23:43 En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

Lydenstyd

oskas lerekas HELP asb met Kinderklere

(veral seuns) en mansklere en

-skoene. Bring gerus op ‘n Maandag na die Klerekas of laai af by kantoor.

Hierdie

koepon

gee jou toegang tot ʼn bord kos.

ʼn Langverwagte droom kry vanjaar vlerke. Daar gaan boekies met koepons te koop wees. Daardie koepon kan aangebied word vir enige persoon wat jou nader vir ʼn donasie. Die kos sal vanaf die Gemeentesentrum uitgegee word. Kom droom saam tot die verfyning van die projek. Later meer, hou OaseNuus dop.

NG Gemeente Witrivier

Om die laaste te doen by die Koskasgebou het ons ʼn klein hupstoot nodig, indien jy ons hande en harte kan vul om klaar te maak sal ons dit baie waardeer. Kontak Antoinette by kantoor.

Verkiesing tot Kerkraad Jacobus Verster is tydens die Kerkraadsvergadering verkies tot Medewerker van Ds Eddie. Hy sal nou betrokke wees in al die fasette van Getuienisbediening wat o.a. Geloofsofferbelofte, Koskas, Barmhartigheid en Uitreike insluit. Sondag 8 Maart 2020


Skakel in en raak betrokke by die gemeenteaktiwiteite. Maandag 9 Maart 18:00 70 x 7 kursus

Vrydag 13 Maart - Sondag 15 Maart Konsistorie

Dinsdag 10 Maart 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 FinansiĂŤle Bedieningverg. DivorceCare

Konsistorie Maandag 16 Maart Ouditorium 18:00 70 x 7 kursus Konsistorie Raadsaal Gebedskamer

Woensdag 11 Maart 10:00 Kreatiewe vers 18:00 Bluetooth Ouerskap

Bovertrek Bovertrek

Donderdag 12 Maart 09:30 Care Buddiesvergadering 15:30 Dagbestuurvergadering 18:00 Kerkraadsvergadering

Bovertrek Raadsaal Konsistorie

Vrydag 13 Maart 06:00 Besigheidspersone Bid

Gr 1-6 Kinders kamp Jeug-stap naweek in Sabie

Bovertrek

Dinsdag 17 Maart

08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Karnavalvergadering DivorceCare

Konsistorie Ouditorium Bovertrek Gebedskamer

Woensdag 18 Maart 10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Donderdag 19 Maart 18:00 Ontdek jou plek-kursus

Sitkamer

Vrydag 20 Maart 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Rustig kollekte by die deure

Koor...

Vanoggend na die erediens gaan die klokhelder stemme begin oefen! Gaan kry gerus koffie en kom sing saam. Skenk ʼn selfoon wat in onbruik is vir die gemeente! Ons benodig 2 selfone met laaiers om te gebruik by die Yoko-masjiene wat in die gemeente gebruik gaan word. Kontak Elize by die kantoor. NG Gemeente Witrivier

Sondag 8 Maart 2020


Witrivier Karnaval

Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 14:00 - 21:00

07:00 - 12:00

Gee jou tyd

Hierdie is ‘n fees der feeste, teken nou die datum aan en kom kuier, eet en ondersteun ons gemeente. Nooi nou reeds jou vriende van heinde en verre vir ‘n naweek se pret! Om jou hande beskikbaar te stel tydens die Karnaval gaan nie net vir die gemeente van waarde wees nie, jy sal blom tussen al die vrolikheid en vervul van vreugde die terrein verlaat. Al die skofte is 2 ure lank. Watter tyd en watter stalletjie gaan jy deur die dag diensbaar wees? Die lyste is opgesit, gaan loer gerus op die mobiele bord by die KoffieOase.

Worsie op ‘n stokkie Karnaval boekie !

Spiraal aartappels Koop nou reeds boekies ter waarde van R100, dit kan oral by die Karnaval gebruik word.

As jy iemand wil borg, gesels met Antoinette by die kantoor.

Afval

Sluit aan by hierdie dinamiese span wat hierdie vrolikheid bymekaar sit. Ons benodig persone wat kan organiseer, delegeer en motiveer. Kontak:

Wat om te verwag by die Karnaval... Slangvertoning Boogskiet Toutrek kompetisie Boeresport Mini-hindernisbaan Glow-run

Fusion sjef-skool Bussie "Rides" Lourens van Deventer Marimbas En.....

Hierdie is solank ‘n paar lusmakers! NG Gemeente Witrivier

Pap & kaiings

Antoinette by kantoor

Eerste produkte van die vleisstalletjie is reeds beskikbaar by die kantoor.

Wildsbiltong & -droëwors @ slegs R100 / 500g Moenie uitmis nie! Sondag 8 Maart 2020


Gebedsfokus 

A

A

Nel Claassen vra gebed, sy laat weet: Ek is op pad Addis toe, ek gaan met twee spanne werk aan Levitikus se vertaling, ek sal jul gebede waardeer. Ons dank God vir hierdie geleentheid om Sy Woord verder te deel deur Bybelvertaling en ons bid dat God se Gees sal lei en suiwer sal werk deur hierdie kinders van Hom. Frik Botha het die afgelope week ʼn rugoperasie in Mediclinic ondergaan. Sorina laat weet dat dit goed gaan met hom. “Here, hou Frik styf vas en oorlaai hom met geduld en guns in die herstel tydperk. Mag hy en Sorina U nabyheid ervaar in hierdie tyd.” Christian & Kyle skryf elkeen in hul kinder handskriffie ʼn briefie. “Liewe God help my ouma Ruth beter word aseblief en ook gou ♥.” “God seblief lat my ouma Ruth beter foel.” Ons tree saam met hulle in en vra dat God hulle hart en smeking hoor vir ouma Ruth. Nog ʼn kinderbriefie, Elané (8 jaar) vra “Ek wil vandag vir my ouma bid want sy voel nie lekker nie. Asb kan ons vir haar bid.” Here, oumas is kosbaar vir hul kleinkinders, hoor hul gebede. Dankie vir die voorreg vir grootouers om so ʼn naby verhouding met hul kleinkinders te hê. Seën die generasies. Ook ʼn ouer kom tree in vir sy/haar kind. “Bid asb vir my kind. Hy is in ʼn put en kry baie swaar. Bid asb vir kalmte, VREDE en LIG. Dat hy tog vreugde sal vind.” Dit is sommer ook ons gebed vir alle mense wat vandag swaarmoedig voel, mag hul elkeen hul lig by U lig aansteek, dankie Here. Ons dank God vir ‘n suksesvolle, baie hoë risiko breinoperasie wat laas week gebeur het en bid steeds vir die Mamma in ons gemeente, wat baie goed reageer en aansterk na die operasie. Ons bid vir haar fisiese en geestelike versterking maar ook vir haar man en kinders wat haar lief het en bystaan. Dankie Here dat U die waarmaker van gebede is, Sondag was iemand in die erediens wat saam met hierdie skrywer gekom het. Stap U asb die pad verder saam met ons kuiergas. Ons bid vir Doné Strydom (van Oesterbaai) en haar span wat deel is van die Global Challenge Expedition. Hulle dank God vir hulle Schengen Visa’s, wat hulle almal gekry het, sonder probleme asook vir die fondse wat hulle kon insamel om laas naweek se “Kingdom Come” konferensie te kon bywoon. Sy WhatsApp: “Wow, what an amazing experience it was! I especially loved the worship sessions and if you ever want to have a new favourite worship song, go listen to GOD OF REVIVAL (Bethel Music). We are all soooo very excited for our route this year! On the 6th March we’re flying off to Sao Paulo, Brazil! It is such a privilege to be able to serve there especially because of the revival that is happening is Brazil. Please pray with us that God will continue to stretch our capacity to

NG Gemeente Witrivier

Sondag 8 Maart 2020


learn more about His will each day and that we will have sensitivity to hear His voice wherever we are.” Ons sê dankie saam met Jan Bodenstein en sy geliefdes dat die reuse operasie van sy broer (Cois) geslaagd was en ons bid vir herstel sonder komplikasies en vir al die aanpassings wat gemaak moet word en wat voorlê. Ons bly bid vir Belinda en haar situasie met die huis, sy het geWhatsApp: daar is ’n “beste moontlike” oplossing vir die huis, wat ’n groot finansiële implikasie het, maar dit skakel lang, uitgerekte hofsake en ander sake uit. Sy is vol moed, maar haar stem bewe as sy sê sonder Alfred is hierdie nie lekker nie. Bernard se studiegelde by Tuks is ook ʼn uitgawe vir haar rekening. Sy vertrou die Here vir die geld. “Here, ons vorm ’n laer rondom Belinda, voorsien asb. in elke klein detail, rand en sent, dat die saak einde kan kry en sy in vreugde verder kan woon. Gaan in die besonder met die seuns en hul gesin se verlange na Alfred. Dankie dat U hul vashou. Amen” Na die nuus (regs) bid ons vir besigheidspersone van ons gemeente, dorp en land. Elkeen het ons gebede baie nodig. Sover was dit nie 'n maklike tyd nie. Bid vir elke onderneming en ook vir ons regering. Ons weet dat God ons ook deur hierdie een sal lei. Aan Hom al die eer! Amber Pretorius (4 maande) is haar ouers se eersteling. Sy is ʼn vrolike baba, maar net vir ʼn kort rukkie, dan is sy moeg. Amber het ‘m 8mm gat in haar hartjie. Sy is tans is Sandton Clinic om sterker te word, om eersdaags ʼn ope hart-operasie te ondergaan. “Here, hierdie gesin en groter familie (Hannes Raath, se suster se kleindogter) is geskok met hierdie nuus, stap U saam met hulle hierdie pad van verwerking, hoop en genesing. Ons hou saam met hulle aan U vas.” Facebook nuus van mamma Jessica oor Stiaan Cilliers - Dag 15 in Sunninghill hospitaal: Boeta het gister ‘n nuwe “central line” gekry, die ander ene het verseker infeksie in gehad. Ons wag nogsteeds vir die uitslae vd fungus tipe. Stiaan se EEG lyk baie beter as sy vorige EEG en die epilepsie lyk of dit nou mooi onder beheer is. Hy’t gisteraand geslaap sonder enige verdowing, wat baie goed is. Ons is so bly sy breintjie begin “settle”. Ons het ook opgetel dat Stiaan verseker n outoimmuun siekte het. Sy “natural killing cells” moet so 72 wees, Stiaan s’n is 2. Die ander telling moet 470 wees, Stiaan s’n is 110 - wat regtig baie laag is - gevaarlik laag. So ons moet ‘n spesialis gaan sien om te hoor oor behandeling. Verder lyk hy vir my baie beter. Ons wil regtig nou net huis toe, maar ons moet wag tot hy reg is. Baie dankie vir almal se gebede en liefde. Dankie Here vir Rina Raath se 2 oog-operasies die afgelope weke. Sy getuig met dankbaarheid dat sy kleur en tekstuur so intens kan beleef. Ons juig saam met haar. Ons dank Vader vir ‘n heerlike erediens laas Sondag saam met ds. Jaco Strydom. Jaco het Dinsdag weer ʼn prosedure ondergaan nadat hy ʼn niersteen-

NG Gemeente Witrivier

Sondag 8 Maart 2020


operasie gehad het die vorige week. Hy laat weet: “Thx nou net uit operasie saal, behoort nou beter te gaan.” Ons dank Hom vir die voorreg om in geloof te kan gee vir ons Sendelinge en ons bid dat God ons bo verwagting sal seën sodat ons ons beloftes kan hou, maar ook hierdeur in geloof kan groei. Ons dank God ook vir ons nuwe Sendeling: Courtney Hendricks, wat in Anton van Wyk, wat laat weet het dat hy nou voltyds skool hou, se plek ons begroting kon vol maak. Courtney is geruime tyd by Petra Instituut betrokke en sy roeping het geskuif na Zambië. Hy het ʼn span van Zambië saamgebring na die kursus by Petra (sien foto regs). Welkom by ons Sendeling-familie, Courtney! Ons dra en ondersteun mekaar graag in gebed, maar ook in praktiese sake. Mag jy beleef hoe God jou deur ons gemeente seën en dat jy waardeer word!

Mylpale 8 Maart 9 Maart

Nelie Roux Rosa de Klerk Johan J.v Rensburg 10 Maart Angela v Rooyen Pieter le Grange 12 Maart Johann Venter

73 Verjaar 78 Verjaar 71 Verjaar 86 Verjaar 77 Verjaar 75 Verjaar

14 Maart Johan Visser 72 Verjaar 15 Maart Miekie Dragt 89 Verjaar Piet Olivier 70 Verjaar 16 Maart Sannie Lombard 87 Verjaar 18 Maart Martin & Carina Nienaber 31 Huwelik 19 Maart Jan Stoltz 73 Verjaar Anthony & Stephne Trollip 37 Huwelik 21 Maart Martie Boshoff 86 Verjaar Leon v Zyl 74 Verjaar

NG Witrivier het ‘n vakature vir ‘n

KANTOORBESTUURDER Salaris R240 000 p.a.

Die pos van Kantoorbestuurder is tans vakant en wag ons graag aansoeke in. Die suksesvolle kandidaat werk fleksie ure en behartig die gemeente se finansiële-, menslike hulpbronne- en algemene bestuur ter ondersteuning van 60 bedienings. Dinamiese persone wat ‘n lidmaat van die NG Kerk is en oor die nodige ervaring en kwalifikasies beskik en veral goed in ‘n span as leier kan optree, word genooi om aansoek te doen. E-pos ʼn CV en bewys van kwalifikasies en kundigheid na: jaco@dwatt.co.za. Aansoeke sluit om 12:00 op 13 Maart 2020. Posprofiel en plig-beskrywing is beskikbaar by www.ngwitrivier.co.za. Finale kandidate word aan toetsing onderwerp. Die suksesvolle kandidaat moet minstens 5 jaar bewese ervaring in finansiële-, menslike hulpbron- en algemene bestuur hê. Vaardigheid in Pastell veral Pay Roll en Accounting is ‘n vereiste. NG Gemeente Witrivier

Sondag 8 Maart 2020


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

GriefShare is tans besig met die 12 weke kursus, gedurende Mei sal nuwe groep begin.

Navrae: Annalise 082 958 3874 Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in op Dinsdae om 18:00. Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.

Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak.

Care Buddies Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.

Berading in trauma Moenie dat trauma jou oorrompel nie, daar is herstel. Gesels met Rian 082 906 3343 Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families.

Kontak besonderhede Kerkkantoor (013) 751 1644 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

www.ngwitrivier.co.za

Like” ons bladsye: NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Witrivier Karnaval Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

SMS/WhatsApp

079 223 8321

As jy wonder oor hul werk, kontak hulle.

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

Oase van Jesusliefde

NG Gemeente Witrivier

Sondag 8 Maart 2020


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.