OaseNuus 13 Mei

Page 1

Sondag 13 Mei

Almal wil graag “groot� wees in hulle denke en geloof. Min sien kans om te groei. -Johannes Wolfgang von Goethe-


Moeilikheid is ons besigheid: Die 5 mees basiese gewoontes van volgelinge van Jesus - wat die wêreld kan verander.

Skriflesing: Johannes 20:21a Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou onder die afdak.

Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, by die Koffie Oase. Almal welkom!

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Pinkster

Christene wat vir Jesus volg: 1. Spandeer tyd in gebed en afsondering 2. Reis lig 3. Leef in ’n unieke eenheid (community) 4. Is goed vir hulle vyande 5. Gee om vir die wêreld

Sakke van Hoop

Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word in die Bovertrek aangebied.

Laerskool-bediening Laerskoolkinders (Gr. 1-6) verdaag later na die saal. Stad op die berg erediens Vanaand skakel die tieners saam met die gemeente in vir Pinkster. Ons sien uit as al die generasies die Here se naam loof en prys! Almal welkom. Nooi ook jou vriende!

Bring sakke van hoop, wat hoop bring in die gemeenskap. Bring

klere / blikkies kos / komberse. Plaas gerus elke aand voor/na die erediens op die verhoog. Kan ook soggens na die kantoor gebring word. Hierdie sakke klere wat ons uit ons oorvloed gee gaan na die Kos– en Klerekas, wat namens ons die nood verlig in die gemeenskap.

Rustig kollekte by die deure


Sondag 13 Mei

Maandag 21 Mei

17:30 Sop-kuier 18:30 Pinkster-erediens Jeugpinkster Kinderpinkster

Saal 18:00 Kreatiewe vers Bovertrek Kerk GriefShare Sitkamer Kerk Dinsdag 22 Mei Voorportaal 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie Maandag 14 Mei - Donderdag 17 Mei 17:00 Lofdans Kerk 09:30 Pinkster - herhaling Konsistorie 18:00 Karnavalvergadering Bovertrek 17:30 Sop-kuier Saal DivorceCare Sitkamer 18:30 Pinkster-erediens Kerk Woensdag 23 Mei Jeugpinkster Kerk 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek Kinderpinkster Voorportaal

Donderdag 24 Mei

Dinsdag 15 Mei 08:00 Gebedsbyeenkoms

Konsistorie

Saal

Vrydag 25 Mei

Vrydag 18 Mei 09:30 Pinkster - herhaling

18:00 Bluetooth Ouerskap

Konsistorie

08:300 Bluetooth Werkswinkel

Voorportaal

Witrivier Karnaval 3 & 4 Augustus by Laerskool se sportgronde

Sport

Volleyball naweek 15-17 Junie oor weke by Ella Combrink kampterrein! Daar is verskeie pakkette om diĂŠ naweek saam te kuier as gemeente. Sien ingesluit pamflet met meer inligting. Is jou span al fiks, met nuwe tegnieke... (Volleyball inskrywingsvorms by kantoor.)

C

nuus

bVermaaknuus

Vrydag 3 Augustus tree Robbie Wessels

op! Kaartjies is beskikbaar by die kantoor. Nooi jou vriende en kom kuier saam. Daar is heerlike eetgoed en koeldrank te koop. Volwassenes @ R100 per persoon & Skoliere @ R70 elk.

t FinansiĂŤle nuus Klop jou begroting met Karnaval winskopies. Het jy al besluit wat om hierdie maand te koop... Robbie-kaartjies OF Ellakuiernaweek?

se maandelikse

is om

in die


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. GeseĂŤnd is hulle wat kan gee sonder om te onthou, en kan ontvang sonder om te vergeet. ~Elizabeth Bibesco~ Pinkster is 'n feestelike tyd in die kerk!! En met goeie rede: Die lydingstyd was lank en intens. Op soveel maniere is ons herinner aan Jesus se onbeskryflike lyding. Dit alles het opgebou na die laaste paar dae van sy begrafnis en sterwe. Die opstanding was genadiglik die begin van iets wat ons so geweldig nodig gehad het. Soos die tyd aanstap het die volle besef gekom van wat Hy rĂŠgtig reggekry het en het ons gemoed verander van dankbaar na 'n groeiende opgewondenheid. Jesus se beloftes van nog meer en beter wat in die vooruitsig is wanneer die Heilige Gees kom het in ons 'n tintelende jubeling tot gevolg gehad. En met daardie gesindheid gaan ons die Pinkstertyd tegemoet! Ons Pinksterdankoffer is by uitstek gefokus op die verskil wat die Here kom maak in mense wat nog nie weet watter heerlikheid daar is in 'n verhouding met Jesus nie. Ons gemeente se belangrike rol om oral te wys dat Jesus die antwoord is word gevier. Daarom gee ons nie geld vir die kerk nie, ons gee geld deur die kerk. Daardie bydrae gaan nie as geld na mense toe nie, maar gaan saam met jubelende harte en nuwe lewens. Dit help hulle nie bloot nie, dit verander hulle. Dit is vir ons 'n voorreg om sĂł te gee.

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


Fokus op GEBED r r r

t r

r r

r r r

r

bid vir

Yvonne, wat in hoë sorg is na ‘n ernstige maag operasie. Mag die Here haar aanraak en versterk en volkome genees. ‘n Anonieme briefie vra: bid asb. vir my skoonsussie wat met ‘n ooginfeksie in die hospitaal opgeneem is, mag die Here ook hier genesing en volkome herstel bring. ‘n Anonieme briefie vra: bid asb. saam met my dat die hartondersoek goed sal afloop, ons glo dat die Here hier teenwoordig is en Sy vrede en wysheid sal bring. Rymert Spreeth skryf: Here help asb. dat dit sal goed gaan met oom Alfred wat siek is! Ons bid saam met Jorina hierdie gebed van elke Ma... Dit lê so op my hart dat julle asb. saam met my sal bid dat die Here ons seun, Carel, wat trou in Spanje met Maria, se huwelik en lewe sal seën. Ook vir ‘n wonderlike betekenisvolle familie saam-wees daar in die vreemde (16/05-03/06); vir veilige reis, gesondheid en beskerming. Ek is die Here so onbeskryflik dankbaar vir hierdie geleentheid om SAAM as familie daar te kan wees. Miekie Dragt vra dat ons asb. sal bid vir ‘n vriendin, wat haar nek beseer het en tans in Macadamia hoësorg is omdat sy nie kan loop nie, mag die Here haar aanraak en ‘n wonderwerk doen om hierdie funksie vir haar te kan herstel. Zoë-kamp wat hierdie naweek plaasvind by Ella Combrink. Wat ‘n voorreg om ons werkers en regterhande toe te vertrou en te seën met so ‘n kamp waar hulle die Here kan leer ken en tyd met Hom spandeer. Mag daar geestelike beskerming en leiding vir die wat bedien in oorvloed wees en mag die Here geken en verheerlik word. Cilla Beale en haar volkome herstel, mag die Here vir haar en haar geliefdes krag en geduld gee maar ook elke dag verbetering bring. Ons Pinksterreeks, wat belowe om nuut te wees en groot impak te maak by nie net die gemeente nie maar ook in besonder ons gemeente se Jeug. Mag die Here die voorbereiding en beplanning seën en elke persoon wat betrokke is Sy leiding en krag sal ervaar. Antioné Dingle, wat weer in die week terug is Busamed toe, nadat die trachi uitgetrek het en dit in die teater teruggeplaas moet word. Ons bid vir mamma Melanie wat by haar is in hierdie tyd en ook vir pappa Attie, wat na die ander 2 kinders (Matt en Megan) moet omsien, mag die Here in liggaam en gees in detail voorsien. Tannie Bokkie, wat ‘n groot terugslag die week beleef het toe hulle gesê het dat haar longe

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)


r

t

te swak is vir ‘n operasie en dat sy eers hiervoor behandeling sal moet ontvang sodat haar longe sterker kan word voordat die kanker verwyder kan word. Mag die Here hier Sy vrede gee wat alle verstand te bowe gaan en gee dat die behandeling spoedig sal werk. Ons sendelinge: Danie en Ester van wie ons die volgende nuus ontvang het... Na 3 jaar in Masedonië het die Here vir ons ‘n huis in Shutka (Roma woonbuurt) voorsien en sou ons vanoggend die huurkontrak geteken het. Na gister se finale onderhandeling kry Danie ‘n oproep die middag: ‘n kontantkoper het ingestap en hulle oorweeg sterk om eerder te verkoop aan hul. Danie vra toe vir ‘n week uitstel. Ons wil die wending gebruik om biddend ’n wolvlies uit te sit. Vra saam met ons dat die Here Sy wil hierin aan ons bekend maak, dit gaan oor Hom en nie oor ons nie. As die mense getoets of versoek word met liefde vir geld, dat ons die insig gegee sal word om te weet en ook te weet wat om te doen. Ons sukkel al maande om die beste besluit te maak en elke keer as ons dink ons weet, verander dinge. Deel asb. jul antwoorde met ons! Rymert Spreeth skryf: “Dankie dat Christo se doop goed gegaan het!” Ons dank die Here vir die voorreg om ons kinders te leer dat Hy hulle eerste liefgehad het en bid vir elke ouerpaar vir wysheid en krag om hulle kinders so groot te maak dat hulle elke dag die keuse sal maak vir Hom en tot Sy eer sal leef. WAS JY OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê. E-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za of SMS/WhatsApp 079 223 8321

 

Dankie Heer vir

Die Moore-familie skryf: “Dankie Here, vir U seën. Moeder kan weer loop en is gesonder as voorheen. Dankie Heer, vir werk vir my en my seun! Halleluja!” Marianne van Wyk stuur ‘n WhatsApp: BAIE DANKIE aan almal vir gebede, liefde en besoeke tydens my siekte. Ek glo God het my gesond gemaak op grond van al die gebede. Ek het GEEN hartskade en glo my knie sal ook gou genees. Liefde groete...

Sendeling Nuus

Liewe vriende,

Hier volg nuus van ons kant af, laat weet gerus hoe dit daar by julle gaan. Friemersheim Ons bly steeds lekker in Friemersheim, duskant Groot-Brakrivier in die Suid-Kaap. Ons het Bybelstudiegroepies by die laerskool en is opgewonde oor wat die Here doen. Ons het van die kinders gemobiliseer om op 'n Eksderde kamp te gaan hier naby ons. Een van die besigste outjies is daar deur die Here omgedop en het teruggekom en tot sy onderwysers om vergifnis gevra vir hoe hy voorheen teenoor hulle opgetree het! Wolwedans In Groot-Brakrivier lei ons 'n groep van so 12 mense wat dissipelskap doen in die gemeenskap deur Ontdekkings Bybelstudie groepies. Ons het ook nou twee winkeltjies waar ons uitreik na ons Moslemvriende deur Bybelstudies. Ons uitreikings groep werk onder andere saam 'n boek deur waardeur die Here diep met ons praat en ons kan dit aanbeveel vir enigiemand wat uitreik na behoeftige mense. Dit voel of die Here ons meer leer as ons gebruik. Fred en die ander manne van Ywam is ook betrokke by


die plaaslike Youth Cafe van die munisipaliteit waar hulle klas oor lewensvaardighede aanbied. Laerskool Vorentoe By die skooltjie in Groot-Brakrivier waar ons al jare betrokke is kring die bedieningsgeleenthede net meer uit. Die Here het 'n voortreflike span ouers en vrywilligers saam gesit en dit is 'n voorreg om deel daarvan te kan wees. Die Bybelstudie groepies gaan steeds goed aan en op die Gr. 7 kamp het die Here weer die kinders na Hom toe getrek. Laasjaar het ons begin uitreik na die ouers en die jaar 'n pragtige geleentheid help skep om die Pa-kind verhouding te versterk. Ons het 'n Pa-en-dogter bal gehou wat baie suksesvol was, ons sien ook uit na die Pa-en-seun uitstappie in Junie. Love Chinese Ons help met toerusting van 'n groep plaaslike gelowiges wat uitreik na Chinese immigrante in die omgewing Ons het ook 'n seminaar help fasiliteer waarin die mense van SACON (South African Chinese Outreach Network) ons kom toerus het om na die Chinese uit te reik. Ons het met die Chinese Nuwejaar in Februarie ons Chinese vriende uitgenooi na 'n Nuwejaarsviering waar die evangelie met hulle gedeel is. Kruis-kulturele kommunikasie seminaar Fred het 'n seminaar saamgestel en saam met Paula en ander aangebied op Ywam se basis in Worcester. Ons is opgewonde oor die korter formaat van opleiding en beplan nog seminare oor Hoe om 'n taal aan te leer, families in sending, Dissipelskapbewegings en Bybel storievertelling vir die jaar. Mosambiek trip Fred vertrek 7 Mei na Mosambiek om opleiding te gee, werkers te besoek en Ywam Mosambiek se 30 jaar viering by te woon. Daar is 6 Ywam kerkplantingspanne in Mosambiek wat deur Fred gementor word en die dissipelskapbeweging onder die Yao groei steeds met rasse skrede. Kinders Timon is 18 en hy het sy lisensie begin April gekry! Dit vergemaklik ons lewens aangesien hulle nou self skool toe ry. Fred kry ook noodgedwonge meer oefening met die fiets. Mikael doen goed met hokkie en muurbal, ons is trots op hom. Ons is so afhanklik van die Here en julle gereelde gebede en finansiële ondersteuning vir ons en die bediening waarmee die Here ons toevertrou.

Seën

Fred, Paula, Timon en Mikael Berrington

Maak gebruik van hierdie geleentheid om vir hulle ’n persoonlike boodskap te stuur. In die kantoor is briefies waarop jy kan kom skryf en ons sal dit alles bymekaar sit en inlaai om hulle met ons gemeente se warm liefde te omring. Dankie vir almal se voortdurende gebede.


Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle, gaan

loer op hul webblad of kontak hulle. Op 6 Julie stuur ons weer ‘n span Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za Mosambiek toe om daar te gaan dien en om ons sendelinge (Jaco, Inge, Berading in gevreesde siektes Ernan en Lander) te gaan bemoedig. Die span is reeds volstoom besig om te Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel beplan en voor te berei. Vir hierdie nie, gesels met Magda 082 498 4256 uitreik om volle potensiaal te kan GriefShare is ’n groep wat bereik, is die volgende behoeftes geïdentifiseer: omgee en jou help deur die K Gebed rouproses. Navrae: Annalise 082 958 3874 K 4X4 Voertuie K Beertjies (sien volgende week se Kom stap ‘n pad van herstel OaseNuus vir patroon) na egskeiding. Skakel gerus in. K Finansies - vir heelwat bouwerk

Navrae: Wilna 082 335 5295

Volgende week meer detail.

Die volgende herdenkings... 13 Mei 14 Mei 15 Mei 16 Mei

18 Mei

Nan de Beer Fanie Roodt Antoinette Robinson Marinda Olivier Annie vd Merwe Boet Botha Danie du Toit Johann Venter

80 Verjaar 77 Verjaar 76 Verjaar 50 Belydenis 99 Verjaar 58 Belydenis 59 Belydenis 55 Belydenis

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK ONS OM MEER UIT TE VIND. YVONNE 076 903 0660

Like” ons by

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.