OaseNuus Sondag 26 Mei 2019

Page 1


Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Kom kuier, drink koffie, klets met iemand en gaan verkwik huis toe na die erediens. Die KoffieOase is die bymekaarkomplek waar ou vriende weer ontmoet of nuwe vriendskapsbande gesmee word. Kom kuier gerus saam.

Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Laerskoolkinders Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Sakke van Hoop Bring sakke van hoop, wat hoop bring in die gemeenskap. Bring klere / blikkies kos / komberse. Plaas gerus elke aand voor/na die erediens op die verhoog. Kan ook soggens na die kantoor gebring word. Hierdie sakke klere wat ons uit ons oorvloed gee gaan na die Kos– en Klerekas, wat namens ons die nood verlig in die gemeenskap.

Stad op die berg-erediens Vanaand 17:00

My Bybel, my kragbron Die Bybel laat dinge gebéúr. Hoe werk dit? Kom ontdek saam met ons. #Sondagaand17:00 #StadopdieBerg

Kry jou etekaartjie by die kantoor of by die KoffieOase Jou etekaartjie dien as jou toegang.


Maandag 27 Mei Bedieningskoördinering - Skuif na 13 Junie

Dinsdag 28 Mei 08:00 14:00 17:00 18:00

Gebedsbyeenkoms Bloed skenk Lofdans DivorceCare

17:30 Sop-kuier 18:00 Jeugpinkster 18:30 Pinkster-erediens Kinderpinkster

Saal Rob Lapa Ouditorium Voorportaal

Konsistorie Maandag 3 Junie - Donderdag 6 Junie Voorportaal Konsistorie Ouditorium 09:30 Pinkster - herhaling Saal Gebedskamer 17:30 Sop-kuier 18:30 Pinkster-erediens Ouditorium Woensdag 29 Mei Jeugpinkster Rob Lapa 10:00 Kreatiewe vers Bovertrek Kinderpinkster Voorportaal

Donderdag 30 Mei 17:30 Hemelvaart-ete 18:30 Hemelvaart-erediens

Saal Ouditorium

Saterdag 1 Junie 17:00 Kuier voor vertoning KoffieOase 18:30 Joshua na die Reën vertoning Ouditorium

Sondag 2 Junie 08:30 Pinkster-erediens

Dinsdag 4 Junie 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie

Woensdag 5 Junie 10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Vrydag 7 Junie 09:30 Pinkster - herhaling

Konsistorie

Sondag 9 Junie Ouditorium

08:30 Pinksterfees & Nagmaal Ouditorium

Pinkster vir volwassenes, tieners en kinders Watter verskil kan die “gawes van die Gees” in jou lewe maak? d

d

d

d

d

Dit is die tema vir Pinkster wat Ds. Nati Stander vanaf Sondagoggend en elke aand om 18:30 in gemeente aanspreek. Jeugpinkster bied Ds Eddie le Roux vir die tieners aan. Elke aand van Sondag tot Donderdag 0m 18:00 in die Lapa van Hoërskool Rob Ferreira. Heerlike eetgoed. Meer inligting op Facebookblad: Jeug @NGWitrivier Kinderpinkster word in die voorportaal aangebied deur Magriet Frey vir kinders, dieselfde tyd as vir ouers in die kerk. Sop en broodjies word bedien vanaf 17:30 in die saal. Kom geniet die samesyn van medegelowiges. Dankie vir die gasvryheid van die Omgeegroepe en lidmate wat dit vir ons voorberei en voorsit. Bring ook klere, skoene, komberse, nie bederfbare produkte, toiletware vir die Sakke van Hoop wat ons insamel vir die Kos– en Klerekas.


28 Junie tot 7 Julie Op 28 Junie stuur ons gemeente weer ‘n span Mosambiek toe om daar te gaan dien en om ons sendelinge (Jaco, Inge, Ernan en Lander) te gaan bemoedig. Die span is reeds volstoom besig om te beplan en voor te berei. Vir hierdie uitreik om volle potensiaal te kan bereik, is die volgende behoeftes geïdentifiseer: K Wil jy saam gaan? Daar is plek vir hardwerkende persone om te gaan help bou. Koste is R1 000/p. Vorms by kantoor. K Gebed K 4x4 Voertuie K Beertjies (sien volgende week se OaseNuus vir patroon) K Finansies - vir heelwat bouwerk. By die Kleuterskool langs die vrugte drogingsfabriek, gaan hulle ʼn nuwe klaskamer bou, 2 toilette en ʼn klimraam.

Pinkster is om die draai... 2 - 6 Junie Daar is nog oop plekke op ons sop-spyskaart. Wil jy nie asb. oorweeg om jou gunsteling sop te kook en te bring nie? Kontak asb vir Heleen by die kantoor en sê watter aand jy sal kan help. Verder benodig ons roomysbakke (2 en 5 liter), bring dit nou reeds kantoor toe.

Hoe kan ons gemeente ons geestelike voetspoor vergroot? Tien gesprekspunte wat tydens die Kerkraadsvergadering geïdentifiseer is en waarby jy betrokke kan raak om saam ʼn verskil te maak is Sondag 9 Junie om 17:00.

Hoe verskerp ons die gemeente gerigtheid na buite?


Mini-Karnaval - 2 Junie

Witrivier Karnaval

27 Julie by Laerskool se sportgronde

Kry ‘n voorsmakie wat om te verwag, en kom geniet die oggend saam met ons! Wanneer: Waar: Tyd: Wie:

Braaistalletjie

Teetuin

Sondag 2 Junie Koffie Oase by NG Witrivier Direk na die Erediens Almal welkom!

Gebak

Groente & vars produkte

Vleis

Kerrie & Rys

Poeding

Kindervermaak & aankope

Koeldrank & water

Lourens van Deventer

Pannekoek

op die verhoog in

Pierre Nel

die in kuiertent Teetuin

Koeldrank & water

Plante

Stap vir Bybels

Demonstrasies &

Werkswinkels Koekversiering Thermomix Vertikale tuin Verfklas

Koop vooraf kaartjies by kerkkantoor

Vlooimark Model vliegtuigies Slangvertoning


Tyd: Vertoning: 18:30 Kuier: 17:00 Koste: R120 / volwassene R50 / laerskoolkind Kindertoesig: R30/kind < 10jr (sluit Hotdog in)

Daar is ‘n nagweek-wegbreek vir 6 persone by Sabie River Camp (Waarde R2 800) te wen, kom woon die aand by, gelukkige trekking! Kaartjies beskikbaar by: Laeveld Apteek

Kerkkantoor Laerskool WR Snoepie

www.quicket.co.za Daar is ‘n bederfpak (waarde R600) in ‘n gelukkige trekking vir elke boekie wat verkoop is. Vergroot jou kans en verkoop vele boekies.

Kosstalletjies is beskikbaar, kom kuier saam by die KoffieOase!


Gebedsfokus Ons bid vir..

 

  

 

Bruce se pa, wat steeds in Kiaat ICU lê en wie se longe steeds baie swak is, ons bid ook vir die toetse wat hul nog op sy hart wil doen. Mag die Here vir die medici wysheid en insig gee en mag Hy hom aanraak na liggaam en gees en wonderwerke doen en Sy vrede gee. Danie en Ester, wat onder die Moslems werk, spesifiek nou tydens Ramadan. Ons bid dat daar vir hulle deurbrake in hul bediening sal wees. ‘n Anonieme briefie skryf: Ons gesin het ‘n baie groot tyd in ons lewe wat betref veranderinge. Bid asseblief vir ons voertuig, vir die besigheid wat ons op ons naam wil registreer en dat dit sal groei. Ons vra vir genade, wysheid, kennis en insig en om nederig te bly. Mag die Here hierdie gebed en sy detail verhoor en Sy guns en vrede gee en deure oopmaak soos dit in Sy wil is. Moslems, nou tydens Ramadan: dat hulle Jesus se verlossing sal vind. En dan bid ons spesifiek vir ons sendeling, veral die Van Niekerks, wat spesifiek fokus op Moslem-evangelisasie en die Paetzolds se Yao gemeente in Mosambiek. Ons bid vir Linda en Sarel Venter, wat deur ’n moeilike tyd gaan, die Here ken die rede vir die pleidooi en ons bid dat Hy spoedig sal voorsien. Lindie en Nati se bediende, wat siek is. Ons bid dat die Here haar sal aanraak en genees. Geliefdes wat in rousmart is na hulle by ‘n oop graf gestaan het in die afgelope week, in besonder die van Amanda Moore, wie se roudiens Donderdag was en Gert Coetzee, wie s’n Vrydag was. Mag die Here elkeen vashou en vertroos in hierdie hartseer tyd. Elize Gouws (van die Kerkkantoor), wat ’n heupvervanging gehad het in die week. Ons glo dat die operasie ’n sukses was en bid vir spoedige en volkome herstel en funksie met die minimum pyn. Antoinette Pienaar wat in die week opgeneem is in Medi-Clinic met divertikilitus. Ons bid dat sy spoedig baie beter sal voel.

Dankie Here... A

t A

Vir die R10 000 borg vir die Koskas bouprojek wat tans aan die gang is, hierdie borg sal die kosyne, deure en deurslotte betaal! Dankie dat ek vandag kon opstaan en loop en praat. Dankie dat ek so ‘n goeie familie het. Dankie dat ek altyd die redenaars trofee wen. Dankie dat Jesus my liefhet! Cornelle sê: “Dankie Here, dat U reeds ‘n plan met ons lewens gehad het. Dankie vir finansiële uitkoms en nuwe besigheid. Hou ons asseblief gehoorsaam aan U. Aan U al die eer!”


A

A

Belinda laat weet: Alfred doen goed na die buisvervanging wat hy die week gehad het, die terug rit was bietjie rof op hom maar alles gaan goed. Dankie vir elkeen se gebede en ons bid dat die Here die tyd vir Belinda en Alfred asook die seuns sal omvou met Sy liefde en vrede. Inge het uit Mosambiek laat weet: Dit gaan baie beter met Lander! Hy is net flou maar ons is dankbaar dat hy gesond word van die malaria. Aan God al die eer! Mag hy gou perdfris en aan die speel wees!

Ons bid tydens Ramadan PersiĂŤ

The Persian world consists of peoples who are ethnically, linguistically, and historically related to the Persian or Iranian people. It is a vast region in Asia, extending from Azerbaijan and Iran in the West through Afghanistan (where 80% speak Dari, a Persian dialect), Uzbekistan, and Tajikistan in the northeast. Iran is the heartland of the Persian world, where an estimated 65-79 % are Persian. Significant numbers Persians also live outside of the region in the West. Since Islamists took control of the 1979 secular revolution, that overthrew the Shah, Iran has been under the control of radical Shia Muslims who govern the country and dominate the region with a peculiar brand of Islamic Messianic fundamentalism. The nations surrounding Iran that have large blocks of Persian peoples are all struggling for their identity following the dissolution of the Soviet Union at the end of 1991. The vast majority of Iranians are Shia Muslims (90-95%), but in the larger Persian world the Shia-Sunni mix varies, with some countries being almost entirely Sunni. The flavor of Islam in each region varies, with Iran’s Shia fundamentalism being among the most militant and restrictive. The regime in control of Iran is a theocratic dictatorship, in which the religious elite try to control the political, social and, economic lives of their people. BUT God is at work in the Persian World! In Iran, though the small visible Christian minority is in decline, the number of Muslims turning to Christ is increasing rapidly. Many say that Persian people are more responsive to the Gospel today than any other ethnic group in the world. However, in some countries in the region, there are almost no known believers nor any movements to Christ. In others there are slowly developing fledgling house church movements. Foreign workers often have a hard time gaining access, though increasing efforts in internet and satellite TV outreach are bearing fruit. The extent and intensity of persecution in the region varies. The areas where the church is growing the fastest experience extensive and even severe persecution (like in Iran). Tragically, in other places, persecution is so strong that even establishing house churches looks humanly impossible. Every country in the region is on Open Doors’ list of the top 50 countries with serious persecution. Pray for comfort, provision, and healing for those traumatized, suffering, and isolated. Pray for curiosity to know more about the Christian faith they see around them. Pray for Muslims to be invited into the homes and lives of Jesus followers.


IRAN Streek Bevolking Meederheidsgeloof Ranglysposisie

Midde-Ooste 82 012 000 Islam 9

#9

Leier Hoofleier Ali Hosseini Khamenei Christen 1% Regering Teokratiese Republiek Vorige Ranglysposisie 10

Die Iranse regering onderdruk Christenskap uit vrees dat dit die Islamitiese lewenswyse sal verplaas. Onder sjaria (Islamitiese) wet mag Christene wat die Evangelie verkondig in die tronk gegooi of hul kerke toegemaak word. Christelike media word gemonitor deur die regering en gelowiges wat sulke webwerwe en kanale besoek word opgespoor. Ten spyte van dit alles, bly die Kerk in Iran groei. Bid: Dat die wat vir hul geloof in die tronk is in Iran nie alleen sal voel nie, maar verbind tot die wêreldwye liggaam van Christus.

Bejaarde vrou vir 10 dae lank ondervra Gedurende Desember verlede jaar is Ruhsari Kamberi* (65), saam met 4 ander vroulike Christenbekeerlinge, by haar woning in hegtenis geneem deur lede van die Iraniese Intelligensiedienste. Hulle het haar woning deursoek en selfone, Bybels en ander Christelike materiale gekonfiskeer, waarna hulle haar na die inligtingskantore geneem het vir ondervraging. Ruhsari is vir 10 opeenvolgende dae van die oggend tot die aand ondervra, waarna sy op borg vrygelaat is van $7,000 (sowat R94,971). Sy is egter vroeër in Januarie aangekla van “dwarsboming van die gereg” en het “instruksie” ontvang van ʼn geestelike leier om dit te oorweeg om na Islam terug te keer.

gearresteer. Met dít in gedagte, bid asseblief:  Dat God alle Christene wat gearresteer en onder vra word in Iran sal help om sterk te staan in die geloof.  Bid dat God sy vrede, vertroosting en bemoediging sal openbaar aan Ruhsari en die ander vroue wat saam met haar gearresteer is.  Bid dat God ook sy vertroosting sal gee aan Ruhsari se man en kinders, asook die familielede van die ander vroue.  Bid vir diegene wat verantwoordelik is vir die mishandeling van hierdie vroue en die skending van hul regte, en dat hulle sal besin oor hul aksies.

Ongelukkig is Ruhsari maar een van talle Christene wat in Iran in hegtenis geneem is, namate Dankie vir jou innige gebede! owerhede in die laaste paar maande hul aanslag teen Christene verskerp het. In Desember *Skuilnaam 9 Februarie 2019 verlede jaar is 114 Christene in een week


Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in. 26 Mei Vanessa Muller 27 Mei Jotham van Tonder Gean Fraser 28 Mei Japie & Lynette Taljard 29 Mei Japie & Bettie de Villiers Johan & Marie Viljoen 30 Mei Jannie & Santie Roux 31 Mei Ellen Jansen van Vuuren Ria van Niekerk

72 Verjaar 86 Verjaar 74 Verjaar 25 Huwelik 54 Huwelik 48 Huwelik 50 Huwelik 80 Verjaar 73 Verjaar

Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Manie 071 930 7853 vir ʼn afspraak

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

WOONSTEL BESKIKBAAR Woonstel met een slaapkamer en aparte badkamer, oopplan, heerlike kuier dek. Eie ingang. Alarmstelsel asook water en elektrisiteit ingesluit. Beskikbaar vanaf 1 Julie. Kontak: Annamarie 084 677 2503

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

GEEN te koop of ruil transaksies nie.

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of e-pos nuus@ngwitrivier.co.za. Advertensies moet Woensdae 09:00 in wees.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.