OaseNuus 29 Mei

Page 1

OaseNuus Sondag 29 Mei 2016

Luister jy as Hy fluister?


Ds. Nati Stander

Lief genoeg om te luister Skriflesing: Johannes 10:1-10 Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy hierdie kwartaal die Koning opnuut as jou Pa ontmoet, vanoggend besef ons dat ons na ons Herder moet luister. Wees sensitief vir die fluistering en reageer daaruit.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

Gesinserediens kom vanoggend saam met ons in kerk aanbid. Jeug-erediens vanaand @ 17:00

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... ʼn Bediening propvol uitdagings is die uitsending na die Konsistorie vir ouers met peuters.

Mosambiek-uitreik

Ons nooi ouers met peuters om van hierdie diens gebruik te maak. Die uitreik span is baie opgewonde, hulle leer fluks aan Portugees en het Donderdag sommer lekker saam met Alfred, Belinda en die seuns gekuier.

Wees lief vir die aarde en herwin! Ons versamel A4 papier wat skoon, glad en bruikbaar is aan die eenkant. Bring dit asb. kantoor toe vir Antoinette.

Baie dankie aan oom Ben wat gehoorsaam was toe God in sy hart gefluister het. Hy het al 4 bedjies se finansies voorsien. Dankie Jesus, vir U gehoorsame kinders. Seën hierdie projek.

Daar het ook ander donasies ingekom wat ons met dankbaarheid kan gebruik vir brandstof, as donateurs met Antoinette by kantoor kan skakel asb.


Ons gee nie VIR die kerk nie, maar DEUR die kerk 'n Kort bedryf in 2 dele (hierdie week WAT ons doen, volgende week WIE dit doen) Daar is 'n paar waarhede uit die Bybel oor die verskil wat Jesus in die wêreld maak:  Hy help mense in enige nood = hoe erger, hoe beter  Hy doen dit fantasties  Hy gee meer en beter as wat hulle vra  Hy veroorsaak dat hulle op hulle eie kan aangaan.  Ek is deel van sy liggaam  Ek voer sy plan uit  Die baie christene wat dit snap en saamwerk het 'n GEWELDIGE impak.

Dit beteken:  Ons kan GROOT projekte aanpak soos  Huis Bethlehem  Step in Faith  Kos en klere en evangelie en lewensaanpassing op Maandae  Jeugwerkers  'n Eie maatskaplike werker  Sendingwerkers  Versorging van mense in nood (op veel meer plekke as waarvoor hier spasie is)  Ens, ens, ens

Jesus gee meer as aandag, Hy gee HOOP en NUWE LEWE!

Maandag 30 Mei

Dinsdag 31 Mei

18:00 Immergroenkursus Bo-vertrek 08:00 Gebedsbyeenkoms Eiendomsbedieningverg Konferensie 17:00 Lofdans GriefShare Sitkamer DivorceCare

6 Junie 7 Junie

Konsistorie Kerk Sitkamer

Gebeure in vooruitsig

Bid vir Ramadan wat begin Oase Dankfeesvergadering (Basaar) Finansiële Bedieningvergadering 9 Junie Kerkraadsvergadering 14 Junie Vrouebedieningvergadering

Mylpale 29 Mei Japie & Bettie de Villiers Johan & Marie Viljoen 30 Mei Jannie & Santie Roux 31 Mei Ellen Jansen van Vuuren Ria Massyn 1 Junie Ina Roche Stoffel de Kock Thea Bekker

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!

51 Huwelik 45 Huwelik 47 Huwelik 77 Verjaar 70 Verjaar 79 Verjaar 75 Verjaar 71 Verjaar

Johan & Trudi Verster 2 Junie Juanita Burnett 3 Junie Tannie Kosie Pretorius Rob Douglass Dalene Sawyer 4 Junie Johan Coetzer Hantie Jansen

30 Huwelik 42 Doop 86 Verjaar 73 Verjaar 60 Doop 84 Verjaar 44 Doop


Ons wil graag ʼn nuwe projek by die Kos– en Klerekas afskop.

Ons het reeds ʼn breimasjien van ʼn geliefde lidmaat wat dit geskenk het ontvang. Nou benodig ons iemand wat kennis het van breiwerk en ook van masjien breiwerk. As die Here in jou hart fluister om meer uit te vind of betrokke te raak, kontak asb. vir Antoinette by die kantoor.

VRYDAG 3 Junie @ R15 elk Plaas jou bestellings VOOR Dinsdag 31 Mei 12:00 by Annetjie 082 870 0807 Stefnie by Kerkkantoor As jy wil kom help bak en deel in die vreugde, kom gerus, bring jou eie pan saam asb. AFHAAL VAN JAFFELS Vrydag vanaf 10:00 by Kerk onder afdak.

Omgeegroep 41 bak t.b.v. die Omgeefonds

GriefShare laat weet, dat daar die volgende paar weke ‘n nuwe reeks begin op 25 April om 18:00. Weens die naderkruipende winter verskuif die tyd.

Maandag-aande om 18:00

Dinsdag-aande om 18:00. Navrae: Diana 082 990 4641

Navrae: Annalise 082 958 3874

Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Hoe om dit op jou slimfoon af te laai? Inligtingspamflet by die kantoor beskikbaar.

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir afspraak op ʼn Dinsdagaand


Wat se

NG Witrivier

herinnering het

jy om te deel?

In hierdie boek wil ons foto’s, stories, staaltjies, getuienisse en herinnering uit die verlede met almal deel. Ook hoe die dorp en die gemeente inmekaar gevleg was. Waar is die ou stories van Ella Combrink Kampterrein se ontstaan, ontwikkeling en getuienisse van kinders wat daar gekamp het? Sonder jul stories kan ons nie ʼn Gedenkblad uitbring wat ons gemeente se 75 jaar saamvat nie. As jy weet wie het kwinkslae en stories, laat weet ons. Foto’s en verhale Pak jou boks van herinneringe uit en deel dit met ons. Ons het foto’s en verhale nodig: Bring dit kantoor toe vir Antoinette, maak net asb seker dat jou foto’s gemerk is sodat ons dit aan jou kan terugbesorg. Ons wil ʼn collage van foto’s maak wat die geskiedenis uitbeeld. As jy wil help met dié tydlyn, laat weet asb. die kantoor. Gedenkblad propvol antieke verhale gaan ook uitgegee word, vertel vir ons. As ons by jou moet kom kuier om die stories te hoor , laat weet ons en iemand sal jou kontak. Ons sien uit na hierdie waardevolle gesprekke. Indien iemand ʼn advertensie wil plaas, stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za

Hou die partytjie datum in die oog... Wanneer: Sondag 19 Junie Waar: By die gemeentesentrum Tyd: Direk na die Fees-erediens

Nuwe era propvol nuwe moontlikhede het in ons gemeente aangebreek Laai die APP (Toepassing) af by... Android gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore. Tik in:

Lor


Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . P P P P P P P P P

Rica, wat ‘n nekoperasie ondergaan het op 24 Mei 2016. Ons vertrou die Spesialis het wysheid en insig van Bo ontvang om die delikate senuwees korrek terug te plaas in hulle plek en vir volkome herstel. Amen. Frans Pretorius het die afgelope week ‘n skoueroperasie ondergaan in Medi-Clinic. Ons bid vir Frans vir spoedige herstel en vir Annetjie, wie hom bystaan. Gerda en Martin sê: Oom Ernie is in Steve Biko hospitaal - reeds 3 weke. Hy ondergaan toetse in verband met ‘n hart en oog operasie maar is op waglyste. Ons bid vir hom en sy geliefdes vir bemoediging, dat hy deurdruk en vir geduld, geloof en hoop. Thinus en Jeanetta Verreynne en hul kinders en kleinkinders word opgedra aan die Here, vir vertroosting na Jeanetta se mammie sag heengegaan het verlede Sondag ‘n week na haar 92ste verjaarsdag. Careen Swart vra: “Kan ons asb vir die Dept v Gesondheid bid, vir baie uitdagings wat ons ervaar.” Mag God die mense wat besluite neem, wat elkeen van ons raak, lei en seën. ‘n Beskikbare baba karstoeltjie, wat Koskas benodig... Mag God in detail en spoedig voorsien uit ons gemeente, of watter instrument Hy ookal wil gebruik. Willie en Riekie Nel, na die afsterwe van hul moeder (Annelie Nel, wat ‘n rukkie in Macadamia gebly het) in die week, mag hul bewus wees van die Trooster se nabyheid in hierdie tyd. Die familie en geliefdes van oom Louis, wat oorlede is laas week. Mag God hulle trane Self afdroog en hulle Sy vrede gee. Die C.S.V. in ons skole, waar hulle groot hoeveelhede kinders bedien (Witrivier Laerskool tot 800 kinders 2 x week) op ‘n wonderlike wyse met die Evangelie. Ons bid dat God Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


P P

hulle Sy krag en leiding sal gee om in wysheid en suiwerheid Sy Woord te verkondig en Sy wil te doen en ons sê dankie vir die voorreg om ons kinders vrylik te kan bedien. Baba Jessica Lombard is opgeneem in Medi-Clinic, weens hoë koors. Ruan, haar boetie is ook siek, maar is tuis, ons bid vir die familie in hierdie uitdagende tyd. Oom Attie Groenewald se gesondheid. Hy gaan Maandag weer vir toetse om vas te stel wat sy ongesteldheid veroorsaak. Dankie aan Chris Oosthuizen wat Maandae se Koskas diens waarneem in oom Attie se afwesigheid. GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES?

Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.

Ons is dankbaar oor..

A

Dankie dat dit beter gaan met André Swanepoel, na sy hartomleidingsoperasie verlede week. A Con en Gesina wil net graag die gemeente bedank vir al die gebede wat hulle vir Con gebid het, sy behandeling is nog nie klaar nie, maar dit gaan baie goed met hom. Baie liefde. WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za

Ons Jeug bid vir..

t “Here, help Monique om beter te word met die steke in haar been en dankie dat U saam Monique gegaan het toe sy in die hospitaal was. Dankie U. Amen

Berribrokkies

“Bid asseblief vir my dat die Here vir my die regte woorde sal gee wanneer ek met mense oor Hom praat, sodat ek nie bang sal wees om vir mense van Jesus te vertel nie, al verstaan hulle nie altyd alles mooi nie.” Efesiërs 6:19 (Die Boodskap)


Ons is steeds betrokke in die gemeenskap van Wolwedans, in Groot Brakrivier, saam met ander gelowiges. Na 2 jaar, het ons interkerklike gebedsgroep begin voel, ons het iets deurgebid en moet die evangelie deel en fokus op dissipelskap. Ons vertrou die Here om 'n dissipelskapsbeweging tot stand te bring. Ons het drie Bybelstudiegroepies begin in die gemeenskap, een onder die Malawiërs en twee onder die bruin mense. Ons het eendag vir Leentjie ontmoet, waar sy al 8 uur in die oggend drink, saam met haar vriendinne. Ons het kortliks met hulle die evangelie gedeel en hulle bemoedig en vir hulle gebid. Toe ons weke later vir Leentjie probeer opvolg, het sy kort tevore selfmoord gepleeg - gif gedrink van alle dinge. Daar is oor die algemeen 'n gevoel van hopeloosheid in die gemeenskap en baie nood, maar dankie aan Jesus, wat die Hoop vir die wêreld is. Paula is tans weer besig met ‘n “Cherish” groep vir jong meisies. Die doel van die groep is om hul te inspireer en toe te rus om ‘n rein lewe te lei. Hierdie was meisies met wie Paula reeds ‘n pad begin stap het met die groepies by die laerskool die laaste 2 jaar. Hul is nou in gr. 8 en woon vrywillig die groep by. Fred was in Thailand vir hul leierskapskonferensie van Ywam se “Frontier Missions” bediening (die wat fokus op dissipelskapsbewegings onder die onbereiktes). Die jaar was ons bevoorreg om vir Joseph van Malawi en Justino van Mosambiek saam te kon neem. Dit was vir hulle 'n baie verrykende ervaring, veral vir Joseph, wat vir die eerste keer in sy lewe gevlieg het. Fred het begeesterd teruggekom met 'n hernude ywer om die evangelie te deel. Ons hou Vrydae oggende ‘n Bybelstudie by die Ou Pastorie teetuin, in Groot Brakrivier. Die groep het voorheen pakkies opgemaak vir die buitelanders in ons omgewing tydens die xenophobia. Ons het besluit om die buitelanders in ons omgewing te nooi na ‘n kulturele aand, waar almal ‘n dis uit hul eie kultuur saambring .Ons het nie geweet wat om te verwag en of hul sou kom nie, maar het alle buitelanders in die omgewing genooi, waarvan ons geweet het. Groot was ons verbasing toe baie van ons uitnodigings aanvaar is en ons ongeveer 40 mense bymekaar was! Daar was mense van Somalië, Pakistan, Malawi, Zimbabwe, Brasilië, Oostenryk, Swede en Nieu-Zeeland. Almal het kos saam gebring en ons het ‘n vrolike aand gehad, waarin ons kulture gevier het en meer van mekaar se gebruike geleer het. Ons het kortliks die evangelie in storievorm gedeel, aan die hand van Paasfees, en vriende gemaak. Ons is verbaas om uit te vind hoeveel Somalies (almal Moslems) in ons dorpie bly. ‘n Mens mag nie in Somalië die evangelie verkondig nie, maar God stuur Somalies na S.A.


waar ons hul vryelik kan bereik! Die volgende "where cultures meet" geleentheid is 22 Junie, in Mosselbaai. Fred het nog min gereis sover die jaar, maar het heelwat reise wat voorlê in die laaste helfte van die jaar: 18 - 28 Junie - Mosambiek 5-12 Augustus - Madagaskar 13-26 Augustus - Malawi en Mosambiek 16-22 Oktober - Kenia Mikael het ‘n wonderlike tyd in Engeland gehad by sy nefie en niggie, gedurende die April vakansie. Timon se Europese atletiek toer, waaraan hy so hard geld ingesamel het, is afgestel. In Junie kom 2 van ons kollegas, wat in Thailand werk, ‘n kursus hier aanbied om mense toe te rus om die evangelie aan buitelanders te verkondig. Gedurende die week sal ons ook weer ‘n “Where cultures meet” geleentheid hê, vir die mense wat die opleiding bywoon en die uitlanders in die groter Mosselbaai area. Die publieke vervoer in Friemersheim is nie baie goed nie, so daar is gewoonlik mense wat saam met ons ry. Dit het een van die effektiefste maniere geword om mense te leer ken van Friemersheim en om geestelike gesprekke te voer. So het mense al die Here leer ken of kon ons hul op een of ander manier bedien. Soms saai ons net saad en vertrou die Heilige Gees vir die ontkieming daarvan, op Sy tyd. Ons deel baie keer Bybelstories, of ons getuienis. GEBEDSVERSOEKE P dat die nuwe Bybelstudie groepe in Wolwedans sal groei en dat mense tot bekering sal kom en geestelik sal groei P dat die meisies by die “Cherish” groepie sal kies om ‘n rein lewe te lei P dat ons vriendskappe met die uitlanders sal groei en dat ons die evangelie met hul kan deel op kultureel relevante maniere P Vir die “Equip2go”opleiding van 20-24 Junie en die volgende kulturele aand. P dat die saad wat in die Friemersheim “taxi” gesaai is vrug sal dra en dat


P

ons dissipels sal maak. Vir wysheid, voorsiening en genade in die proses van kar inruil, aangesien die Volkswagen lank in die tand word en dit ons te veel geld kos om te onderhou. Groetnis en liefde,

Fred, Paula, Timon en Mikael Berrington

Uit Kruger se Pen More familie en vrinne , Hoop dat julle nog die genade aanvoel in julle lewens! Ek skryf nog kategese materiaal en behandel 'n Christelike lewens- en wêreldbeskouing. Het hierdie Sondag begin met 'n Christelike antropologie - die feit dat ons moet weet wie die mens eintlik is, volgens die Skrif. As jy 'n tydjie het lees dit gerus Op Persoonlike vlak gaan dit goed met my en Antoinette - nogal 'n vol week gehad . Maandag en Dinsdag 'n baie sinvolle ‘retreat ’ gehad met predikante van 3 Ringe , waar ons lekker oor onsself en ons bedieninge kon praat en lekker Bybelstudies gedoen het. Het my opnuut verwonder aan die welsprekendheid van my kollegas maar ook die vermoë wat hulle het om 'oop' te maak en fyn te luister na ander se stories… Vrydag was daar 'n groot konsert van kore en was ek die gaskunstenaar. Ek het 'n verkiesingstoepsraak gelewer, soos oom John Vorster van ouds, met 'n ou Republiek vlag gedrapeer oor die kansel namens die SNP - Stokou Nasionale Party. Party sê ek het dit bietjie ver gevat toe ek ondersteunig gevra het vir my veldtog teen die Bestuurder van ons Bejaardesorg sentrum; "Jannie Nothnagel must fall!" Ek het myself ook op klavier begelei toe ek Louis Armstrong nageaap het met 'What a wonderful world' en op 'n meer ernstige noot het ek en 'n ander goeie tenoor :'God seën Afrika' gesing het op die wysie van Nkosi Sikelela . Beter terugvoer gekry as op my preke - dit laat mens wonder né? My preek Sondag het gegaan oor die takkie van Isai en die oproep tot weerloosheid , wat God van ons vra - ek stuur dit later aan …

CHRISTUS BO ALLES!


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WERK BESKIKBAAR Admin dame benodig in Witrivier. Moet 2 jaar ondervinding hê o.a. ook van “recons”. Moet beskik oor eie vervoer en bereid wees om oortyd te werk en naweke. Kontak: anresmit@live.co.za

moet verkieslik in Witrivier wees. Kontak: Hennie van der Merwe 079 459 5539

Dame met goeie ondervinding en verwysing as “Care Giver” is op soek na werk. Kontak: Joyce Khumalo 082 409 2979 Voltydse pos as kassiere in Nelspruit beskikbaar vir Afrikaanssprekende dame ouer as 40 jaar. WOONSTEL BESKIKBAAR Vriendelik en goed met kliënte. Moet ook Drie slaapkamer grondvloer woonstel met afwisselende naweke werk. badkamer, aparte opwas en stoep. Sentraal Kontak: Wilma geleë. Onmiddellik beskikbaar. 083 654 7793 Kontak: Elsa Huis Betlehem in Nelspruit beskik oor ʼn pos 083 229 3569 SMS/WhatsApp Sy sal terugskakel as Inwonende Kinderversorger. Vereistes beskikbaar by Mariaan. Sluitingsdatum 31 Mei. Een slaapkamer woonstel langs die Hoërskool Kontak: Mariaan en oorkant die Laerskool. Afdak en vooraf 079 490 5095 betaalde krag. Pos beskikbaar vir persoon met eie vervoer wat goed is met verkope om op kommissie basis te werk. Kontak: Willem 078 742 2811

Kontak:

Maritz 072 640 6415

Een slaapkamer woonstel met loft, motorafdak en voorafbetaalde krag sentraal geleë (Rose Bridge Manor) beskikbaar 1 Junie. Kontak: Ursula SOEK WERK 082 660 9996 / 013 751 3566 Vrou is opsoek na enige werk, sy het nie matriek nie. Sy het ondervinding in Kleuterskool werk en KAMER TE HUUR GESOEK het ook liassering gedoen. Manspersoon soek dringend na ʼn kamer met Kontak: Sarie badkamer te huur. 072 259 6694 Kontak: Flip 076 015 5104 Opsoek na ʼn getroue huishulp (die spreekwoordelike “engel”) vir 2 of 3 dae per week. Kamer met badkamer te huur gesoek vir Kontak: Colette manspersoon met parkering vir voertuig. 082 458 6878 Kontak: Danie Man soek dringend werk. Sy vaardighede 083 352 2154 behels konstruksiewerk, boilermaking, bouwerk en staalwerk. Enige “handyman” werk. Dit


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die “Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

APP af:

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

NG Kerk Witrivier KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.