Sondag 6 Mei

Page 1

Sondag 6 Mei

Elke keer wanneer ons sê “Ek glo in die Heilige Gees” bedoel ons dat ons glo daar is ʼn lewende God wat gewillig is om in mense te woon en hul persoonlikhede te verander. -JB Philips-


Ons almal se grootste begeerte Skriflesing: Eksodus 4

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou onder die afdak.

Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, by die Koffie Oase. Almal welkom!

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Stad op die berg erediens Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters word deur ‘n toegewyde span ouers onder leiding van Christine in die Bovertrek aangebied. Bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.

Laerskoolbediening Laerskoolkinders (Gr. 1-6) verdaag later na die saal en kom in hul groepies bymekaar.

Die Stad op die Berg erediens verskuif weer hierdie week van

die gemeentesentrum na die gemeenskap. Daar sal op 6 verskillende plekke kerk gehou word:  Witrivier Polisiestasie  Huis Rustig  Huis Betlehem  Samuel Chauque se gemeente in Masoyi  Michaels Children’s village  Themba Hospitaal – kindersaal Kom dien saam as kerk in die gemeenskap – alles is gereël, kom val net in. Kontak: Wanika 083 296 0806 ALMAL WELKOM!! “Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie;” Matteus 5:14


Moeilikheid is ons besigheid: Die 5 mees basiese gewoontes van volgelinge van Jesus - wat die wêreld kan verander Hemelvaartdag is 10 Mei Almal word uitgenooi om te kom aansit aan die feesmaal om 17:30, daarna is die erediens om 18:30 in die kerk. Kom haal jou gratis ete-kaartjie af. Dié kaartjie is jou toegang tot die feesmaal.

Pinkster begin 13 Mei om 08:30 as Ds Jaco Strydom die oggend begin en elke aand verder delf hoe om volgelinge te wees wat die wêreld verander. Kinderpinkster in die Voorportaal en Jeugpinkster skakel hierdie jaar in saam met die gemeente. ʼn Hoogtepunt is elke aand se sop om 17:30 in die saal. Kom kuier as geloofsgemeenskap saam. (Die sop-span vra roomysbakke, bring asb. kantoor toe.)

Maandag 7 Mei 18:00 GriefShare 08:00 17:00 18:00

10:00 09:30 17:30 18:30

Ds Jaco Strydom se temas: Christene wat vir Jesus volg: 1. Spandeer tyd in gebed en afsondering 2. Reis lig 3. Leef in ’n unieke eenheid (community) 4. Is goed vir hulle vyande 5. Gee om vir die wêreld

Sakke van Hoop Bring sakke van hoop, wat hoop bring in die gemeenskap. Bring

klere / blikkies kos / komberse. Plaas gerus elke aand voor/na die erediens op die verhoog. Kan ook soggens na die kantoor gebring word. Hierdie sakke klere wat ons uit ons oorvloed gee gaan na die Kos– en Klerekas, wat namens ons die nood verlig in die gemeenskap.

Sondag 13 Mei Sitkamer

17:30 Sop-kuier Saal 18:30 Pinkster-erediens Kerk Dinsdag 8 Mei Jeugpinkster Kerk Gebedsbyeenkoms Konsistorie Kinderpinkster Voorportaal Lofdans Kerk Maandag 14 Mei - Donderdag 17 Mei Finansiële Bedieningverg. Konferensie DivorceCare Sitkamer 09:30 Pinkster - herhaling Konsistorie 17:30 Sop-kuier Saal Woensdag 9 Mei 18:30 Pinkster-erediens Kerk Kreatiewe vers Bovertrek Jeugpinkster Kerk Donderdag 10 Mei Kinderpinkster Voorportaal CareBuddies Bovertrek Dinsdag 15 Mei Hemelvaart-ete Kerksaal 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie Hemelvaart-erediens Kerk

Vrydag 18 Mei

09:30 Pinkster - herhaling

Konsistorie


Doop A z é l

Christo

Liewe Jesus, In liefde is ek gebore Ek is vir my pappa en mamma beskore Al is ek klein en fyn Weet ek, ek is rein Dankie dat ek vandag gedoop word En daardeur met U bloed gekoop word Gee dat ek mooi groot word My leiding kry uit U woord

Mag ek altyd na U sal hunker As die groot Alomteenwoordige anker Aan almal vandag hier teenwoordig Julle kan nie stry, ek is moedig Eendag word ek mondig Elke dag sal ek onthou Asof hier en nou Hierdie woorde kom uit my hart Ek is so bly vir my eie part Dat ek hierdie groot dag kan beleef ~Amen~

Karyn A A A

Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Geseënd is hulle wat kan gee sonder om te onthou, en kan ontvang sonder om te vergeet. ~Elizabeth Bibesco~

Pinkster is 'n feestelike tyd in die kerk!! En met goeie rede: Die lydingstyd was lank en intens. Op soveel maniere is ons herinner aan Jesus se onbeskryflike lyding. Dit alles het opgebou na die laaste paar dae van sy begrafnis en sterwe. Die opstanding was genadiglik die begin van iets wat ons so geweldig nodig gehad het. Soos die tyd aanstap het die volle besef gekom van wat Hy régtig reggekry het en het ons gemoed verander van dankbaar na 'n groeiende opgewondenheid. Jesus se beloftes van nog meer en beter wat in die vooruitsig is wanneer die Heilige Gees kom het in ons 'n tintelende jubeling tot gevolg gehad. En met daardie gesindheid gaan ons die Pinkstertyd tegemoet! Ons Pinksterdankoffer is by uitstek gefokus op die verskil wat die Here kom maak in mense wat nog nie weet watter heerlikheid daar is in 'n verhouding met Jesus nie. Ons gemeente se belangrike rol om oral te wys dat Jesus die antwoord is word gevier. Daarom gee ons nie geld vir die kerk nie, ons gee geld deur die kerk. Daardie bydrae gaan nie as geld na mense toe nie, maar gaan saam met jubelende harte en nuwe lewens. Dit help hulle nie bloot nie, dit verander hulle. Dit is vir ons 'n voorreg om só te gee.

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


Fokus op GEBED r

r

r

r r

r

r

r

bid vir

Tannie Bokkie, sy het in die week laat toetse doen by Medi-Clinic ter voorbereiding vir ‘n operasie, ons bid dat die toetse se uitslae goed was en dat tannie Bokkie spoedig baie beter en sterker sal voel. Marianne van Wyk, wat in Medi-Clinic opgeneem was na komplikasies met knie-operasie ingetree het, sy is in die week ontslaan. Ons bid vir die herstelproses en veral die afhanklike tyd, wat sy nie mag bestuur nie. Mag die Here haar versterk en volkome laat herstel. Christiaan Stander, dat die Here hom sal aanraak en volkome sal genees na hy reeds vir ‘n hele rukkie sukkel met siek-wees, ons bid ook vir mamma Lindie en pappa Nati, vir wysheid en vrede in hierdie hersteltyd. Nerica, wat in die hospitaal was met hoë koors a.g.v. abdominale limf infeksie. Ons dank die Here dat sy ontslaan is en bid vir spoedige en volkome herstel. Ons land en al die onluste en optogte, wat ons werkers en elkeen van ons direk en indirek raak. Ons bid dat die onderhandelinge vreedsaam en suksesvol sal wees, sodat dit tot almal se voordeel sal strek. Cilla, wat ook ontslaan is in die week, nadat sy ‘n lelike kiem opgetel het in die hospitaal en vir ‘n ruk in isolasie was, ons dank die Here dat dit ten spyte van die infeksie goed gegaan het en sy met haar rehab. oefeninge kon begin, mag die Here haar ook seën en versterk na liggaam en gees. Ons volhard in gebed vir Hester Steenkamp. Sy sterk tuis aan na haar nek en handoperasie en ondervind tans baie ongemak. Mag sy in hierdie tyd die nabyheid en vrede van Jesus ervaar. Ons bid vir die Pinkster voorbereidings, spesiaal Ds Jaco Strydom wat die Woord kom bedien en Magriet Frey wat die Kinderpinkster aanbied. Ook al die reëlings met die sop vir die heerlike gemeente kuier.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)


WAS JY OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê. E-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za of SMS/WhatsApp 079 223 8321

Dankie Heer vir Die gebede wat kon uitgaan vir die boere in Stella met die vreeslike onluste daar. Ons dank die Here vir sy beskerming oor boere en hul eiendom en dat die gemeenskap t.s.v. die vreeslike aanvalle steeds God se nabyheid en voorsiening kon ervaar en nader aan mekaar kon kom. Ons is saam met Jason dankbaar vir die beterskap wat hy in Amerika ervaar na sy operasie. Ons vertrou vir volkome genesing en vreugdevolle tyd terwyl hul nou daar is.

Sendeling Nuus Nel Claassen Dearly Beloveds, Greetings from the Fair Cape, after a few light showers. I am preparing to go to Ethiopia in May, so I thought a quick update would be in order. Praise God for Q A very successful Missions Weekend at our church, Strand Baptist. A lot of people now know more about Bible translation! Q My mom is still happy at Soeterus. Although becoming frailer by the day, she still manages to get around and enjoy life. Q Supporters. Whether you pray or pay, you know who you are, just know you are valued far more than words can say. Q His Word. An enigma, touching and changing lives wherever it goes, and the 110 translation projects The Word for the World are involved in. Q Please pray for Q A successful trip in May, that we all will be very sensitive to His Holy Spirit while we are busy with His Word. Q Precious relationships to be formed with all those I will be working with. Q Travelling mercies for me and all the teams who have to come from afar to work in Addis Ababa. Q Health and strength to finish the work to the glory of God only. Q Peace in the areas where the teams will be coming from. Last time there was a lot of unrest, which makes the members a bit anxious.


Books I have read an amazing book: Verder met Vrede, 'n Storie sonder slot by Barrie Burger. An encouraging story of a horse's obedience to his trusted master and the master's obedience to his trusted Master. So my trusted co-workers, I greet you with Paul's repeated blessing: “Grace and peace to you from God our Father and the Lord Jesus Christ.”

Terwyl Nel Woensdag op die lughawe in Kaapstad sit, stuur sy ’n WhatsApp om te sê dat sy deur paspoort beheer is en nou koffie drink voor sy aan boord gaan na Ethiopië. Sy vra asb voorbidding vir:  Haar ma, sy is tans siekerig. Dit is nie vir Nel maklik om haar te los nie, maar saam vertrou ons die Here vir sy nabyheid en vrede in hierdie tyd.  Vir wysheid en insig met die Bybelvertaling.  Die span daar se energie en toewyding.

deel met ons... Uittreksels vanuit haar briewe... Ek het in ‘n vorige e-pos geskryf van my seer rug en heup waarmee ek sedert November gesukkel het. In Desember was ek by ‘n chiropraktisyn, in Januarie is daar plate geneem, verskillende anti-inflammatoriese en pynmedikasie is gebruik, fisioterapie ontvang en aan die einde van Januarie het ek 6 inspuitings in my rug gehad, wat geen verskil gemaak het nie. Toe het ek ‘n biokinetikus gesien vir ses sessies, weer terug dokter toe, wat my toe verwys het vir ‘n MRI skandering. Ek wil net terugvoer gee oor die vorige gebedsversoeke ten opsigte van my rug en mediese fonds: Gelukkig het die mediese fonds toestemming vir die tweede MRI verleen asook die inspuitings in my rug. Daar was ‘n bybetaling van R2 100 vir die MRI, maar gelukkig het ek

twee bydraes van ondersteuners ontvang wat die koste gedek het – baie dankie aan julle, ek waardeer dit ongelooflik baie. Die MRI is Dinsdag gedoen nadat kleurstof in my potjie ingespuit was (!) en ‘n CT skandering is ook gedoen wat gelukkig by die koste van die MRI ingesluit is. Daarna moes ek gaan vir die inspuitings, maar het eers met die dokter wat dit sou toedien gesels en gevra of dit sinvol is om dit te doen siende dat dit die vorige keer geen effek gehad het nie. Sy antwoord was dat as dit nie ‘n vorige keer gewerk het nie, dit nie nou sal werk nie en as hyself dit moes kry, hy dit nie sou doen nie. Dit was ‘n groot verligting want ek het regtig nie lus gehad vir 6 inspuitings nie! Ek sal hopelik dié week van die ortopeed hoor en sal laat weet sodra daar nuus is. “Ons bid saam met haar vir Goddelike wysheid hieroor.”

Maak gebruik van hierdie geleentheid om vir hulle ’n persoonlike boodskap te stuur. In die kantoor is briefies waarop jy kan kom skryf en ons sal dit alles bymekaar sit en inlaai om hulle met ons gemeente se warm liefde te omring. Dankie vir almal se voortdurende gebede.


Zoë-kamp 11 - 13 Mei Ella Combrink kampterrein Hierdie unieke kamp is ‘n geleentheid om in te bou in die lewe van iemand in jou invloedsfeer deur hom/haar in staat te stel om hierdie geleentheid by te woon. Die kamp word in Swazi aangebied en gaan oor geloofsekerheid, gebed, sondevergifnis, goeie keuses. Borg gerus jou werker/s of iemand @ R250/p. Inskrywingsvorms is beskikbaar by die kantoor of stuur e-pos na getuie@ngwitrivier.co.za en ons stuur

die vorm aan.

Die volgende herdenkings... 6 Mei 7 Mei 8 Mei 9 Mei

10 Mei 12 Mei

Mario Stoltz 45 Doop Dolf Botha 81 Verjaar Leon Mare 70 Verjaar Elsabé du Preez 80 Verjaar Kobus & Irene Roodt 48 Huwelik Ena Thornhill 50 Belydenis Thinus Verreynne 56 Belydenis

Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle, kom

haal hulle nuusbrief in die kantoor of kontak hulle.

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses. Navrae: Annalise 082 958 3874

Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.

Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara 082 693 6596 vir ʼn afspraak

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK ONS OM MEER UIT TE VIND. YVONNE 076 903 0660

Like” ons by

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.