OaseNuus 1 November
Gestuur na die wêreld Skriflesing: Johannes 3:1-21 "God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Johannes 3:16
Baie welkom by vanoggend in die erediens.
GESTUUR
In die jaar van koning Ussia se dood het Jesaja die Almagtige gesien. “Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om ’n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos.” (Jesaja 61)
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle gasvryheid van die gemeente! Ongelukkig sal daar nie vanoggend tee of koffie wees nie.
Hierdie is ’n uittreksel van die leraars se brief aan die gemeente
Met die groot druk wat ons hierdie jaar op finansiële gebied ervaar het, het die kerkraad op baie dinge gesny, maar dit was 'n maklike besluit dat ons dit nie gaan (mag) afskaal op die dinge wat ons buite onsself doen nie!! Die Here is vir ons onbeskryflik goed. In hierdie tyd is daar 'n tinteling en nuwe energie in ons gemeente. Ons uitreike en ander werk na buite is van 'n baie hoë standaard en die nuwe jong lidmate wat deel van ons geword het dra 'n sprankel en kreatiwiteit met hulle saam wat aansteeklik is. Ons Koskas bars uit sy nate en is besig om ingrypend vergroot te word. Skielik kom ander gemeentes en instansies ook aan boord. Die bediening aan kleuters het by verre sy grootste groei ooit en die fasiliteite is besig om ingrypend aangepas en vergroot te word. Dan is daar nog die groeiende bediening aan en deur jong gesinne, hospitaalbesoek en so kan ons aanhou en aanhou. 'n Belangrike sleutel tot hierdie nuwe fase is ons begrote 10e maand dankoffer bedrag van R758 000 wat deur ongeveer 1 200 mense ingesamel moet word. Met die besef van hoe moeilik dit gaan is dit met 'n versigtige afwagting dat ons die Here vertrou.
Maandag 2 November 18:30 GriefShare
GriefShare Lokaal
Dinsdag 3 November 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare
Konsistorie AGS Kerk DivorceCare Lokaal
Gebeure in vooruitsig 9 Nov. Eiendomsbedieningvergadering 10 Nov. Finansiële Bedieningvergadering 12 Nov. Kerkraadsvergadering 15 Nov. Kerssangdiens
Dankfees-ete TE DOEN HIERDIE WEEK
Gaan vertel hierdie week vir iemand van jou verhouding met die Here, en hoekom jy nie sonder God kan klaar kom nie.
Kom geniet ʼn ete saam met die gemeente!
Ons gemeente se Jeug nooi almal na hulle jaarlikse afsluiting en nagmaal. Bring eie eetgerei en drinkgoed Etekaartjie dien as jou toegang Saam verhoog ons God se naam in aanbidding. Wanneer: Sondag 8 November Tyd: 18:30 Waar: Parkie oorkant Varinghof
h/v Hennie van Till & Willem Swanepoelstr.
Kom geniet ‘n opwindende aand saam met hulle. Bring kombers / stoel saam om op te sit. Almal is baie welkom.
Swadini-uitreik 8-22 Desember
Vorms by kantoor beskikbaar
Projekte Die energie wat op die terrein heers is soms aansteeklik. Die dek is vinnig besig om die einde te bereik. By die bo-vertrek is die afronding ook besig om vorm aan te neem. Daar is ook geute opgesit Woensdag, sommer baie goed gelyk wat hier gebeur. Die mooimaak span, onder leiding van Elzette Kruger (082 446 2282) is besig om hulle planne bymekaar te sit. In daardie groep heers groot opwinding, vir meer inligting kontak haar gerus. Gesels met Elize by die kantoor sy het die spesifikasies van alles wat benodig word. Gesels gerus ook met Elzette.
Woensdag het die argitekte ook met hul meet instrumente hier rondgeloop en is druk besig om die Koskas te beplan en op papier te sit. Om meer uit te vind oor die ander projekte wat in die pyplyn is, kontak gerus vir Antoinette of stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za Gesels gerus met Andre Griebenow as jy hom hier op die terrein raakloop. Hy is die meesterbrein agter hierdie vernuwing. Ons staan verstom, dankbaar oor elke bydrae wat ons ontvang vir hierdie projekte. Baie dankie, niks gaan ongesiens verby nie.
Dag van herinnering Ook bekend as “Poppy”-dag. Hierdie dag herdenk die einde van die Eerste Wêreldoorlog op die 11de uur van die 11de dag van die 11de maand 1918. Nou word daar gedink aan die opoffering van soldate deur al die jare in oorloë. Simbool van hierdie tyd van die jaar is Papawers (Poppy) ook omdat papawers op die grafte gegroei het op die “Western Front”.
Almal word uitgenooi na hierdie jaar se geleentheid op Sondag 8 November, Ds. Nati neem die diens (10 minute) waar. Die geleentheid is om 10:15 tot 11:00 by die Moth-saal (Danie Joubertstraat) in Witrivier, oorkant Maxmart. Daar is ook ʼn verbyvlug om 11:02. Almal welkom!
Kalender 2016 Super-laat bestellings kan vir oulaas vandag by die kantoor geplaas word. Staan jou Gr 7 kind op die drumpel van sy/haar hoërskool loopbaan? . As hul graag die beste wil maak van hul hoërskoolloopbaan deur vir al die uitdagings en veranderinge voor te berei. Kom kamp saam van 5-10 Januarie 2016 by Ella Combrink. Sluitingsdatum: 27 Nov. Vorms by kantoor
Kos-en Klerekas behoeftes Daar is n groot & dringende behoefte aan netjies herbruikbare klere & skoene kinderklere 5-11 jaar.
Alle klere en skoene kan afgegee word by die kerkkantoor. Die volgende herdenkings... 1 Nov. Lydia Kotze Adele de Kok 2 Nov. Barbara Lourens Pottie Potgieter Ockie Coetzee Ria Massyn Willie Grobbelaar Niki van Heerden
Plaas jou bestelling by Heleen by die kantoor en ontvang jou panne tydens die jaarlikse Kersmark.
Mylpale
86 Verjaar 34 Doop 84 Verjaar 82 Verjaar 57 Doop 53 Belydenis 40 Doop 35 Doop
3 Nov. 4 Nov. 5 Nov. 6 Nov.
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!
René Glorioso Gert van der Merwe Leon Janse van Rensburg Theresa Volschenk Jan & Elsabe Venter George Smith 7 Nov. Johan & Toy Swart
30 Doop 64 Doop 76 Verjaar 38 Belydenis 33 Huwelik 32 Doop 45 Huwelik
Neem elke dag soos dit kom, haal daaruit wat jy moontlik kan, vergeet van gister en dink nie aan môre.
G
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.
Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. HUIS TE HUUR 2 Slaapkamer huis te huur sentraal in Witrivier – naby winkels en skole in veilige kompleks. Beskikbaar 1 November Kontak: Nix 083 302 5190 Ruim, gemeubileerde “bachelor” woonstel vir enkel dames persoon. Naby Laerskool Witrivier geleë en onmiddellik beskikbaar. Volledige badkamer. Eie ingang. Ongelukkig geen troeteldiere. Geen rokers. Kontak: Franci Marie 082 563 0525 Tuinwoonstel in Witrivier met 2 kamers en 2 badkamers. Woonstel is vas aan huis met eie
privaat ingang. Dadelik beskikbaar. Geen diere en kinders (swembad is oop) Kontak Marthie 084 657 0425
SOEK WERK Dame met baie goeie kantoor ondervinding is dringend opsoek na werk. Kontak: Elize 072 622 3368 Betroubare huishulp soek werk vir 3 dae per week. Sy is Dinsdae, Donderdae en Vrydae beskikbaar, maar dae kan onderhandel word met Pieter-hulle. Kontak: Pieter & Martinett 082 447 3662
Preeknotas
____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Ons is op Facebook! Gaan LIKE die volgende bladsye
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710
♡ ♡ ♡ ♡
NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Kersmark NG Witrivier Bluetooth Ouerskap / Parenting KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos
Gebruik die link op die webblad of stuur ’n e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van of lidmaatnommer.
kerkkantoor@ngwitrivier.co.za
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.