Sondag 10 November
Gasvryheid is ʼn waarde van ons gemeente. Welkom vanoggend in die erediens, mag die warmte en vriendelikheid van medegelowiges jou omring.
Kom kuier en geniet koffie hierna by die KoffieOase. Tiendemaand Dankkoffer Barometer
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon.
Doop
Baie welkom aan die nuwe Dooplidmate van ons gemeente. Mag jy soos jy groter word die liefde en omgee van jou groter familie ervaar. Geluk aan die trotse ouers! Ons weet hul voetspoortjies trap reeds diep in julle harte.
E Ewan en Linelda - Rhyn & EnrĂŠ E Jan & Bianca - Veronica
My kind
Dinsdag 12 November 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 17:00 Lofdans Ouditorium 18:00 Finansiële Bedieningverg. Raadsaal
Woensdag 13 November 18:00 Karnavalvergadering
Bovertrek
Donderdag 14 November 18:00 Voetspoorgesprek
Konsistorie
Vrydag 15 November 06:00 Besigheidspersone Bid
10 Nov. Lydia Möller Santie Burger Piet vd Merwe Cas & Barbara Strydom 11 Nov. Hans Bezuidenhout Roelof Pretorius Boet Joubert Ben vd Linde Abrie & Riza v Rooyen Len Bornman
Dinsdag 18 November 08:00 Gebedsbyeenkoms
Konsistorie
Donderdag 21 November 18:00 Voetspoorgesprek
Konsistorie
Vrydag 22 November 06:00 Besigheidspersone Bid
Bovertrek
Sondag 24 November 08:30 Lofprysingserediens 12:00 Gemeente-ete
Ouditorium KoffieOase
Bovertrek
75 Verjaar 74 Verjaar 74 Verjaar 46 Huwelik 86 Verjaar 85 Verjaar 74 Verjaar 72 Verjaar 41 Huwelik 40 Doop
12 Nov. Doreen Botha 13 Nov. Annie Kriel Susan vd Merwe Chris & Ina Schutte 14 Nov. Susan Smith Attie & Frikkie Engelbrecht 15 Nov. Rienie Jacobs Anna Barnard Tokkie v Wyk
80 Verjaar 91 Verjaar 73 Verjaar 48 Huwelik 77 Verjaar 57 Huwelik 80 Verjaar 75 Verjaar 73 Verjaar
Hoe kan ons gemeente ons geestelike voetspoor vergroot? Tien gesprekspunte wat tydens April se Kerkraadsvergadering geïdentifiseer is en waarby jy betrokke kan raak om saam ʼn verskil te maak. Die laaste 2 gesprekke: Hoe kan ons die funksionering van omgeegroepe in ons gemeente, prioriteit maak? Donderdag 14 November om 18:00 Navrae & Gesprekleier: Paul Roelofse 082 464 1548
Wat is die impak van Witrivier se veranderende demografie op ons gemeente, en watter geleenthede bied dit ons? Donderdag 21 November om 18:00 Navrae & Gesprekleier: Nati Stander 082 216 3710
Het jy ʼn opinie? Wil jy ʼn sinvolle bydrae maak en jou stem laat hoor? Dán is jy uitgenooi om te kom deelneem. Indien jy net nuuskierig is, jy is ook nét so welkom. Alle lidmate word genooi en elke inset word geag.
Kersmark tyd! Vrolike tyd! Woensdag 27 November tot Saterdag 30 November Ons het hande en voete nodig. Hier is al die tye!! Skryf jou naam op by die kantoor in die tydgleuf wat jou pas.
van voorraad: Saterdag 23 Nov. 10:00 – 16:00 % Ontvang Maandag 25 Nov. 14:00 - 18:00 Hulp by betaalpunt, pakker en toesig: Woensdag - Vrydag % 09:00-11:00 11:00-13:00 13:00-15:00 15:000-17:00 17:00-19:00
%
Saterdag
09:00-11:00 11:00-13:00 13:00-15:00 Opruim: Saterdag 30 November: vanaf 16:00 Navrae: Heleen by die kantoor
Kom geniet ‘n ete saam met
die gemeente ! Kom kry jou gratis kaartjie by die kantoor
Sondag 24 November om 12:00 by die KoffieOase
Vanaf 2020 gaan die kerkklokke later beier!
Kom kry gerus jou kalender by die kantoor!
Die erediens begin Sondae 09:00
Gebedsfokus
Ons bid P P
A
P A
A
P
P P P
&
sê dankie...
‘n Dogter vra: Bid asb. vir my pa - hy het kanker en kry tans chemo, ons gebed is dat Vader hom sal aanraak en sy verhouding met God sal verdiep in hierdie hersteltyd… ‘n Ma vra: Bid asb. vir my oudste dogter… die Here ken die detail van hierdie Ma se vrese en bekommernisse. Ons vra dat Hy in detail sal ingryp en voorsien sodat die verhoorde gebed hul geloof sal versterk en vertroue op God volkome sal wees. “Dankie Here, dat dit goed gaan in my besigheid, dankie vir die heerlike reën wat laas week geval het en dankie dat U vir ons gesin sorg deur ‘n werk vir my man en dogter… Amen” Ons dra vir Martie Barwise op vir die Vader se troos na die afsterwe van haar man (Danie) Dinsdag. Mag sy beleef hoe die Here haar vashou en lei in hierdie hartseer tyd. Ons dank die Here saam Patricia Botha (foto regs) - skoondogter van Marius en Maretha Botha en haar geliefdes (ook oupa Jan en ouma Hendrien), dat sy geen newe-effekte oorgehou het na die bloedklont en glo dat sy reeds vinnig aansterk of reeds ontslaan is uit Unitas, waar sy geopereer is. Ons dink in besonder aan haar man, Arno en hulle jong babatjie (6 weke oud) dat die Here hul sal vashou en beskerm in Patricia se hersteltyd. Ons het ook vir Maud Botes gebid vir ‘n bloedklont, nadat sy in ICU opgeneem is en ook met haar gaan dit baie goed sonder enige newe-effekte. Dankie getroue Vader!!! Johannes en Jolena Swart se seun, Hennie (55 jr.) het baie slegte nuus gekry dat hy terminale kanker het. Sy dogters vra dat ons saam bid dat hul nog net 1 Kersfees saam met hul Pa mag hê, ons bid saam met die familie vir God se genade in hierdie hartswens… nogtans U wil en nie ons s’n nie. Piet Lüneburg en Chris Claassens wat albei herstel na operasies, ons bid vir spoedige herstel maar ook vir geduld vir hul en hul geliefdes in die hersteltyd. Ena Maartens is ontslaan maar haar herstel is stadig, ons bid vir hierdie tyd. Elsa Keyser het ‘n biopsie ondergaan in die week, ons bid dat die uitslae goed was.
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (wat in die banke hang) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)
P
P
Annelize Groenewald se Mamma, wat 6 weke gelede geval het en haar nekwerwel gebreek het se beengroei is nie soos wat hul gehoop het en die halo-stut moet oor 4 weke af kom. As die beengroei nie drasties verbeter het sal sy ‘n operasie moet kry, waarna sy baie opsien. Daarom bid ons vir wonderbaarlike beengroei en ons bid vir Annelize en haar Ma se gemoed: dat die Here hul sal positief maak en hou. Stoffel de Kock, wat in Medi-Clinic opgeneem is, hy is baie siek en ons bid vir die spesialiste en die behandeling dat dit spoedig sal werk sodat Stoffel beter sal voel.
Ons bid vir ons Sendelinge
Liewe Getuienis-aksie en Witrivier Gemeente, So bietjie nuus uit die Oos Kaap…. Dit is nogal moeilik om te weet waar om te begin met hierdie nuusbrief. Ek kan amper nie glo dat Alfred nou eers maar 2 en ½ maande nie meer hier by ons is nie, maar tog het daar ook so baie gebeur in hierdie paar maande. Bernard was aan die begin van sy Rekord eksamen toe Alfred oorlede is, maar deur die Here se hulp het hy wonderbaarlik goed gedoen – 2de in sy graad. Wat ‘n getuienis dat die Here ons dra deur moeilike tye. Bernard het een kyk na sy rapport gegee en gesê hierdie punte is net God se genade! Christiaan was vir twee weke hier met sy meisie, Brisa, en alhoewel dit moeilike tye was, was dit baie goed om haar te leer ken. Sy het sommer gou deel van die familie geword, wat, ‘n goeie ding was siende dat hulle twee ......... 27 Oktober verloof geraak het en beplan om volgende jaar te trou!! Stefan het ook met eksamens begin, net na die gedenkdiens en hy het ook baie goed gedoen. Hy is steeds sy vrolike self met baie projekte – die nuutste is toertjies op sy skaatsplank. Akademies doen hy ook baie goed en ek is so dankbaar teenoor die Here wat hulle al drie help om hierdie groot verlies te kan hanteer en aangaan met hul lewens. Daar is ‘n stukkie van Alfred in al drie en dit is baie mooi om te sien.
Nog ‘n groot verandering wat plaasgevind het was dat ek het die 16de September weer as Fisio begin werk het. Ek werk net in die middae en sien so 2-3 pasiënte. Dit is baie goed om weer terug te wees in Fisio-werk en veral omdat ek stadig weer my roes kan afskaaf, sonder die druk van voldag werk. Ek werk in ‘n lieflike praktyk met baie oulike mense en is die Here so, so dankbaar! My ander groot nuus is dat ek ingeskryf het vir ‘n intense Fisio-kursus volgende jaar om seker te maak geen roes bly oor nie! Ek sal ‘n paar keer oor ‘n naweek moet op gaan Pretoria toe, maar die res van die kursus is aanlyn. Dit is ‘n wonderlike geleentheid maar eerlikwaar is ek nogal benoud. Om weer eksamen te skryf en praktiese te doen laat my sommer nou al bewe... bid asb. saam vir helder verstand! Ek is baie gretig om ou en nuwe goed weer te leer. Bernard is nou besig met sy eindeksamen – Bid asb vir hom! Na die eksamen gaan hy die 5de Desember Bali toe, op ‘n uitreik. Ek en hy het mos in die begin van die jaar vreeslik gebak en gebrou om fondse in te samel en twee dierbare vriende het die res gegee. Ek dink dit is ‘n wonderlike manier om jou matriek jaar af te sluit en ons loof die Here vir Sy voorsiening! Bid asb. vir hom en die res van die span 5-22 Des in Bali! Christiaan en Brisa kom die 18de Des vir 3 weke kuier. Ons sien baie uit na hulle koms. Dit het al begin sneeu in Chicago, so die winter gaan lank wees. ‘n Kort vakansie in die son sal hul goed doen.
Ek en Alfred het nooit regtig oor geldsake gepraat in ons Nuusbriewe nie, maar vir logistieke redes moet ek noem dat sy bank rekeninge nou gesluit gaan word. Ek het besluit om deel van SIM te bly vir nou. Ek is nou ‘n “undercover” sendeling. Ek is nie seker waar my paadjie vorentoe gaan draai nie, maar in my hart is ek steeds reg om enige plek te gaan werk vir die Here. Vir nou, tot Stefan klaar is met skool en dalk nog ‘n jaar of twee vir die kinders, sal ek hier woon en werk. Ek het net weer opnuut my lewe vir die Here gegee en Hy het al ‘n paar deure oopgemaak waar ek met pasiënte kon praat. Hy weet die beste vir my en die seuns. Vir nou is dit in Jeffreysbaai. Die huis oordrag het steeds nog nie plaasgevind nie. Die eienaar wil nou buite die hof skik. Ek het wel Maandag die oordragsdokumente gaan teken, maar wanneer hul dit gaan indien bly ‘n raaisel. Ek berus my daarin dat ek als menslik moontlik gedoen het en dat die Here hierdie toelaat – die eienaar mag dalk dink hy het die hef in die hand, maar die Here is die een wat waarlik in beheer is. Ek wil ook diep uit my hart baie, baie dankie sê vir al die liefde en gebede en ondersteuning deur hierdie afgelope jare. Mag die Here julle seën. Baie liefde
Belinda en die seuns (en amper nuwe dogter)
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
Het jy dalk ‘n werk / behuising te huur beskikbaar of soek jy werk / soek jy behuising? Hier kan jy gratis adverteer. Sodoende bring Behuising beskikbaar
Wanneer: 6-20 Desember Koste: R1 000 / tiener Vorms by die kantoor. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
Ruim 1 Slaapkamer woonstel in Witrivier is dadelik beskikbaar. Kontak: T Lombard 071 887 2659 M Lombard 072 998 3999 Ruim tuinwoonstel met kaggel, 1 Slaapkamer en badkamer is onmiddellik te huur. Stil woonbuurt in Witrivier. Het ‘n alarm en skadubedekking vir kar. W&L ingesluit. Gemeubileerd of nie soos verkies deur huurder. Kontak: Michael 064 686 1198
Besigheidspersone bid saam
Werk beskikbaar Pos beskikbaar vir Afrikaanssprekende jongmense wat B Com gestudeer het, om as Artikelklerk in Nelspruit te werk. Of matrikulant wat nou matriek skryf met 70% vir Wiskunde en Ekonomie en Besigheids Ekonomie wat BCom wil studeer, of jongmense wat huidiglik 2de of 3de jaar is wat wil werk terwyl hul klaar studeer. Stuur CV na: rita@indlovukazi.co.za
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321