Sin in swaarkry Skriflesing: Romeine 5:1-11
Koinonia (kɔɪˈnəʊnɪə) koi·no·ni·a, selfstandige naamwoord. Dit is die gemeenskap van gelowiges met God of, meer algemeen, met mede-Christene. God het ons geskep om van Hom en van mekaar afhanklik te wees. Nie een van ons het die vermoë om alleen in ons Christelike lewens te vorder nie. Geestelike gemeenskap is dus noodsaaklik vir ons geestelike groei en gesondheid. “Maar solank daar nog ʼn “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie.” (Hebreërs 3:13).
Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase.
Doop & Belydenis Welkom aan die dooplidmate...
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer.
Baie geluk aan Salvatore & Leandri met baba Karli en Jacques & Elizabeth met baba Jacques se doop. Mag julle baie vreugde ervaar en wysheid van ons Vader ontvang met hul grootmaak.
Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Karli
Jacques
Welkom aan die belydende lidmate...
Alle kleuters is welkom om hierdie erediens by te woon. Laat die kindertjies na My toe kom, is woorde van Jesus se bediening wat weerklink op ʼn Sondag as kinders met oop arms ontvang word in die Bovertrek vir hul eie unieke erediens.
Laerskoolkinders Die kinders verdaag later.
Amé Verster Ané Swart Crystal Welthagen Eloise van Tonder Eugene Roux
Ferdi Steyn Mieke Meyer Pierre de Beer Stiaan du Toit Victor Arnoldi
Lidmaatskap gaan oor dienslewering. Alle lering en ondersteuning in die gemeente het ten doen om ons geestelik gesond te hou en toe te rus met die oog op die dienslewering. Diens het te make met hulp wat ek aan ander lewer: mense met fisiese, emosionele, verhoudings- of geestelike nood, naby én ver. Ons doen wat Jesus gedoen het toe Hy met mense gewerk het. Die kerk is immers sy liggaam. Ons het nie ander werk nie. Kinders lê dus nie belydenis af sodat hulle lidmate kan word nie. Hulle is lankal lidmate. Ons vier net die nuwe fase wat hulle betree, eers het ander hulle aangemoedig om diens te lewer (en was hulle as't ware in opleiding), nou kom meld hulle amptelik aan om dit te doen.
Donderdag 15 November
Sondag 11 November 18:00 Kerssangdiens
15:30 Dagbestuurvergadering
Kerk
Maandag 12 November 16:00 GriefShare
\
Sitkamer
Dinsdag 20 November
08:00 Gebedsbyeenkoms
Konsistorie
Woensdag 21 November
Dinsdag 13 November 08:00 Gebedsbyeenkoms
Konferensie
Konsistorie 10:00 Kreatiewe vers
Konferensie
Woensdag 14 November 10:00 Kreatiewe vers
Bovertrek
Ons wil graag ʼn projek loots om aan elke vrou ʼn handsak met basiese toiletware te gee. Het jy ʼn handsak wat in onbruik is, ons sal dit graag gebruik. Bring asb. vir Antoinette by die kantoor.
Kry jou gratis etekaartjie by die kantoor / KoffieOase
Baie geluk ! 11 Nov. Hans Bezuidenhout Roelof Pretorius Boet Joubert Ben vd Linde 12 Nov. Doreen Botha 13 Nov. Annie Kriel Susan vd Merwe Chris & Ina Schutte
85 Verjaar 84 Verjaar 73 Verjaar 71 Verjaar 79 Verjaar 90 Verjaar 72 Verjaar 47 Huwelik
14 Nov. Susan Smith Frikkie & Attie Engelbrecht 15 Nov. Rienie Jacobs Anna Barnard Tokkie v Wyk 17 Nov. Winnie Bronkhorst Marina Meyer Robert Wood
76 Verjaar 56 Huwelik 79 Verjaar 74 Verjaar 72 Verjaar 75 Verjaar 72 Verjaar 70 Verjaar
Ella Combrink Kampterrein soek ‘n sitkamerstel
Wanneer: 12 November Waar: AP Kerk Witrivier Tyd: 10:00
Die Ella Combrinkbediening vra asb as iemand oor ʼn sitkamerstel beskik wat in onbruik is om dit aan hulle te skenk vir gebruik op die kampterrein. Vir enige navrae kontak gerus vir Theo 076 103 5660
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Bydraes: Werklik teenoor Begroot
R'000
1200 1100 1000
900 800 700 600
500 400 300
200 100 0
-100 -200 -300 Kwartaal 1
Kwartaal 2
Sep
Werklik
Okt
Begroot
Tot 6 Nov
Des
Jan
Feb
Tekort Mrt tot Sep
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
Kersmark
Kom wees diensbaar en help waar jou gawes is: 21 – 24 November – hou jy daarvan om mooi te maak. Hannetjie benodig dames om haar daarmee te help.
Saterdag 24 Nov. (08:00 – 14:00) + Maandag 26 Nov. (14:00 – 18:00) Persone wat kan help om voorraad te ontvang en kontroleer.
Woensdag 28 November – Saterdag 1 Desember Tydens die mark, 2 uur skofte word gewerk.
Kom help by:
Toesig hou Pakkies pak Kassier (moet rekenaarvaardig wees)
Diensrooster by kantoor / kontak Heleen
Saterdag 1 Desember vanaf 16:00 voorraad terug te tel en saal op te ruim.
Gebedsfokus r
t r
r r
r
r
r r
r
Bid asb. vir almal wat deur ‘n moeilike tyd in hul huwelik gaan. Die Here weet hoeveel aanslae ons verhoudings en veral hierdie spesiale verhouding, wat Hy as voorbeeld van Sy verhouding met Sy kerk gebruik. Mag ons beleef hoe Hy ons lei en versterk om van die versoekings en verkeerd en selfsug af weg te draai en in Sy onvoorwaardelike liefde te leef en te groei. Tannie Vicky du Plessis, wat laas week vir ‘n operasie gegaan het, ons bid dat sy vinnig sal gesond word. Gert Coetzee, wat sukkel met sy hart en asemhaling, ons gebed is dat die Here sy liggaam sal aanraak en sal gee dat sy organe beter en sterker sal word en funksioneer. André skryf: “Please pray for me for a financial blessing and also keep praying for Anne to be set free from prison!” Annatjie Pretorius na ‘n knie operasie, dat sy sal herstel en vir Frans, wat haar so getrou bystaan vir fisiese krag en ook albei vir wysheid en geduld in hierdie herstelproses. Stephanie van Rensburg, wat in Pretoria ‘n operasie aan haar been ondergaan het, mag die Here volkome en spoedige herstel bring, tot Sy eer. Russell Viljoen skryf: “Bid asb. vir my kleinkinders se ander Oupa en Ouma: Hy het maagkanker en sy het beenmurg kanker”... Mag die Here tog hier Sy uitkoms en wonderwerke bring, mag Hy krag en geloof gee, asook wysheid vir die Medici wat besluite moet maak oor behandeling. Mag Hy die pyn min maak asook die newe-effekte en die vreugdes steeds baie. Francois Beale (Cilla se seun), wat in die hospitaal opgeneem was vir toetse, ons bid vir goeie nuus en spoedige herstel. Lizette Botha (Mopani Apteek) se man, wat slegte nuus gekry het oor blaaskanker. Ons bid dat die Here vir hulle Sy vrede sal gee in hierdie onseker tyd en dat Hy in detail sal voorsien wat behandeling betref, mag Hy ‘n wonderwerk doen in sy liggaam en lewe. Marietjie Nortjé (niggie van Marinda Olivier), wat Whatsapp: Hierdie outo immuunsiekte kry my onder en my kop “battle” om aan te hou glo, hoop en te vertrou. My “sequence” is uit: my hart en kop werk nie saam nie. Ek is so gekant teen die chemo maar die dokter sê ons beveg nou chemies teen hierdie ding want alternatiewe werk nie meer nie.
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)
r
r
Ons bid steeds vir die brandbestryders in die Suid-Kaap, ook spesifiek vir Stephen van der Linde van ons gemeente, wat opgeroep is om te help. Mag die Here vir hierdie manne en vroue wysheid geen en Sy almagtige beskerming in hierdie stresvolle tyd. Ons bid vir elkeen van ons Sendelinge wat die Here se werk in ander lande en in ander tale doen. Ons bid ook spesifiek vir Nati, wat die Van Niekerks in Masedonië gaan besoek, mag hul mekaar versterk en bemoedig.
“Dankie, dankie Here. Dit was ‘n moeilike ekonomiese jaar, maar U het elke dag voorsien en ons besigheid geseën. Ek loof en prys U!” “I have no gift to bring, I’m a little drummer boy, but a grateful one...” “Dankie Here, dat ek staande kan bly ten spyte van al die lewensstorms. U genade is elke dag nuut. Alles wat ek het, kom van U af. My leweis ‘n offer aan U!”
Liewe Vriende, Die manier waarop tegnologie, ingenieurswese en die mediese wetenskap hande vat om mense se lewens te verbeter, bly vir my fassinerend! Ek het heelwat opgelees en na YouTube videos oor heupvervanging operasies gekyk (“not for the fainthearted”!) voor ek hospitaal toe is en tot die slotsom gekom: ‘n Ortopeed moet oor baie tegniese vaardighede beskik – ek dink hulle sal goeie skrynwerkers maak! Wat ook baie interessant is, is dat die been wat tydens die operasie afgesny word, geskenk kan word om gebruik te word waar persone se been byvoorbeeld vergruis is. Met die operasie het dit goed gegaan, behalwe dat ek die eerste nag ongelooflik pyn gehad het. Na amper ses weke is dit steeds maar gevoelig, maar dit gaan goed met my en ek begin weer volgende week werk. Ek is ontsettend dankbaar dat ek deur middel van elkeen van julle wat bydraes maak, in staat is om ‘n mediese fonds te kan hê en dat ek die operasie kon kry. Baie dankie! En tot dusver lyk dit of die mediese fonds feitlik alle kostes dek – prys die Here daarvoor!
Die tyd by die huis was vir my geestelik verrykend, omdat ek genoeg tyd gehad het om met die Here te spandeer en ook na baie geestelike boodskappe kon luister. Ons huidige situasie by Petra is maar ‘n baie onsekere tyd – ons het nog nie kopers vir die eiendom nie, alhoewel heelwat mense kom kyk en baie belang gestel het. Ons bly bid dat die Here se wil sal geskied en dat die regte mense op die regte tyd die eiendom teen die regte prys sal koop. Dit is immers nie ons eiendom nie, maar die Here se eiendom. Alhoewel die onsekerheid nie lekker is nie, maak dit mens soveel meer afhanklik van die Here en om te luister en te vertrou, wetende dat Hy ons nooit in die steek sal laat nie. Nogmaals baie dankie vir elkeen se gebede, bemoedigende boodskappe en belangstelling – ek waardeer dit ontsettend baie. Groete en seën... ʼn Opvolg brief arriveer vroeër die week in ons e-pos... Liewe Vriende, Ek het gister in my brief genoem dat ons nog geen koper vir die eiendom (Petra Kollege) het nie en dat ons die Here vertrou om op die regte tyd die regte mense te stuur om die eiendom teen die regte prys te koop. Wel, dit het vandag gebeur! Loof die Here hiervoor! Die groep wat die eiendom oorneem is ‘n Christen bediening en hulle wil al die naweek begin intrek! Twee van ons kollegas trek reeds more – hulle planne was reeds gemaak voordat ons geweet het die eiendom sal so vinnig verkoop. Ons sou net agt personeellede wees wat hier agter sou bly – wat regtig sleg sou wees omdat ons verspreid oor die terrein bly en self na die sekuriteit moet omsien. Maar die Here is getrou! Ons moet teen einde Februarie die perseel ontruim– bid asseblief vir die Here se beskikking dat elkeen van ons die regte plek kan kry wat veilig en gerieflik en bekostigbaar is. En bid asseblief dat ek ‘n plek sal kry waar ek met my twee Labradors kan bly. Baie dankie vir julle saambid hiervoor – ek waardeer dit!
Ons gemeente missie
Kollekte vir Rustig Ouetehuis
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. BEHUISING BESKIKBAAR 1 Kamer te huur in ’n huis in Witrivier vir ʼn betroubare enkel persoon met sober gewoontes. Beskikbaar 1 Desember. Kontak: Sandra 082 315 4001 Eenmanswoonstel in Witrivier beskikbaar. Slegs enkellopendes, ongelukkig geen kinders en diere. Kontak: Tokkie 082 826 1099 HET WERK Werkswinkelbestuurder in interieur omgewing, soek iemand met ondervinding in naaldwerk en organisasie. Kontak: Addy 083 352 0222
Geoktrooieerde Rekenmeesterspraktyk beskik oor vakatures vir B.Com gegradueerdes wat klerkskap wil doen. Asook matrikulante wat deur UNISA wil studeer. Kontak: 013 752 2080 / Stuur CV na: leonie@sberg.co.za SOEK WERK Man soek werk, handig, voorman ondervinding en was ook in bestuur. Enige werk asb. Kontak: Kobus 063 136 4589 Dame wat beskik oor algemene kantoorwerk, was ook bestuurder in kleinhandel. Soek enige werk. Kontak: Christia 083 328 0852 SOEK SAAMRYGELEENTHEID ʼn Mamma soek ʼn geleentheid in die middae gedurende die week van Witrivier na Hoërskool Bergvlam. Dogtertjie (9) moet 15:30 by Bergvlam wees. Kontak: Marelize 083 432 6957
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
By die deure vanoggend
Wanneer: 7-21 Desember Koste: R1 000 / tiener Vorms by die kantoor. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
ʼn Bediening onder die vroue in Masoyi benodig: O Wol en hekelpenne O Enige items waarmee hul die projekte kan versier Navrae: Antoinette by kantoor
Bring gerus kantoor toe!
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321