OaseNuus 15Nov

Page 1

OaseNuus 15 November

Gewen vir die feesmaal Skriflesing: Openbaring 3:14-21 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die fees-ete saam geniet. (Openbaring 3:20 NLV)


Baie welkom by vanoggend in die erediens. GEWEN Laurika Rauch en haar man, Chris Torr, het ’n pragtige lied met die naam “Hot Gates” geskryf. In die lied sing Laurika ’n string name van 58 stede en plekke in oënskynlik lukrake volgorde. “Dunkirk Dover Normandy Frankfurt New York Lockerbie Amajuba Bellevue Chappaquiddick Waterloo...” By nadere ondersoek is dit egter duidelik dat dit die name van slagvelde is wat mense se lewens deur die loop van die geskiedenis ingrypend verander het. Dink maar aan Sharpeville, Auschwitz en Nagasaki. Tweedelaaste word Armageddon genoem – die beslissende veldslag wat op die Oordeelsdag sal plaasvind en waarna daar in Openbaring 16:16 verwys word. Slagvelde is nie plekke van hoop nie en die onheilige lys strek skynbaar eindeloos. Tog sluit die lied later in die tweede refrein met glashelder hoop af: “There’s another song that will be sung / there’s another bell that must be rung / there’s another city I’ve been told / where the streets are paved with gold.” As gelowige sal ek op die oordeelsdag kan terugkyk oor my lewe en met blydskap verklaar: “Ek het gewen!” Soos Paulus in Romeine 8 verduidelik: “Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Filterkoffie is R 10, daar is ook cupcakes teen R 5. Tee en kitskoffie is gratis beskikbaar.

VANAAND

18:00

Kom wees deel van die grootste wonderverhaal van alle tye. Kom beleef die saamstap met God in die tuin, die verskrikking van die mens se wegbeweeg van God, en die fenomenale plan wat God maak met die grootste dilemma waarvoor die skepping ooit te staan gekom het.


Kos-en Klerekas behoeftes Kom dien met vreugde Flinke hande en sterke arms word benodig om Saterdag 28 November vanaf 16:00 te kom help met die opruim en wegpak van items. Kontak Stefnie by die kantoor.

Daar is n groot & dringende behoefte aan netjies herbruikbare klere & skoene kinderklere 5-11 jaar.

Alle klere en skoene kan afgegee word by die kantoor.


Maandag 16 November 18:30 GriefShare GriefShare Lokaal 18:00 Eiendomsbedieningvergadering Kantoor

Dinsdag 17 November 08:00 15:00 17:00 18:00

Gebedsbyeenkoms Konsistorie Vrouebedieningsvergadering Konsistorie Lofdans Kerk Finansiële Bedieningverg. Kantoor DivorceCare DivorceCare Lokaal

Gebeure in vooruitsig 25-28 Nov. 8-22 Des.

Het reeds afgesluit vir die jaar. Sterkte met die eksamens!

Staan jou Gr 7 kind op die drumpel van sy/haar hoërskool loopbaan? As hul graag die beste wil maak van hul hoërskoolloopbaan deur vir al die uitdagings en veranderinge voor te berei. Kom kamp saam van 5-10 Januarie 2016 by Ella Combrink. Sluitingsdatum: 27 Nov. Vorms by kantoor

Swadini-uitreik 8-22 Desember Vorms by kantoor beskikbaar

Kersmark Swadini-uitreik

Kalender 2016 Kalenders behoort vanaf Woensdag beskikbaar wees by die kantoor. Ons sal ook sms stuur as dit gekom het. Tans hou ons die voordeur dop wanneer die koerier buite stop... Daar is ekstra kalenders

bestel, om teleurstelling te voorkom... Kom skryf jou naam op in die kantoor.


Projekte So saam met die jaar wat na die wenstreep draf is die projekte op die terrein ook besig om einde se kant toe te staan. Die dek is gereed vir gebruik en ons weet dat daar ure se plesier en koppies vol geniet gaan word. Die Bovertrek is byna klaar, die verwers gaan begin verf en dan moet die mat gelê word. Die projek is betaal, behalwe vir die mat het ons nog baie ondersteuning nodig. As jy ʼn bydrae wil maak kontak gerus vir Elzette (082 446 2282) sy is koördineerder van die mooimaak. Of gesels met Elize by die kantoor. Elzette en span beplan om volgende week die tema te verf. Ons sien uit na die kreatiwiteit wat daar gaan vloei. Gaan kyk gerus vanoggend na die erediens hoe dit

Die volgende herdenkings...

17 Nov. Winnie Bronkhorst 18 Nov. Gerhard Botha

daar lyk. Na hierdie projekte, gaan 2016 afskop met die moederskamer en paraplegiese toilet wat gebou gaan word in die kerk. Na dit voltooi is behoort die papierwerk van die Koskas klaar te wees dat ons daarmee kan begin. As jy hier ’n bydrae wil maak, gesels gerus met André Griebenow as jy hom hier op die terrein raakloop. Hy is die meesterbrein agter hierdie vernuwings. Om meer uit te vind oor die ander projekte wat in die pyplyn is, kontak gerus vir Antoinette of stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za Die wyse woorde van Henry Beets vat ons dankbaarheid saam. “Dankbaarheid is die enigste volkome onselfsugtige daad waartoe die mens in staat is.”

Mylpale

Baie geluk aan elkeen wat hierdie

72 Verjaar 19 Nov. Lena de Beer 36 Belydenis 20 Nov. Joey Breitenbach

Kriteria vir OaseNuus Verjaarsdae: 70 jaar en ouer

Doop:

na 30 jaar

Huwelik: 21, 25 en na 30 jaar

Belydenis: na 30 jaar

73 Verjaar 86 Verjaar

Die inligting word verkry van die Gemeente Data

Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik. (Mattheus 19:26)

Soveel keer is omstandighede so swaar dat ons nie beterskap in die toekoms kan sien nie. By CMR sien ons daagliks hoe God ’n onmoontlike situasie omkeer en ten goede laat meewerk. Indien jy in ‘n onmoontlike situasie verkeer en ‘n Maatskaplike werker se hulp benodig, kontak ons gerus by die CMR Witrivier kantoor. Tel: 013 751 3446 / 074 256 7842

E-pos: cmrwitrivier@cmroos.co.za


G






Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. 2 Slaapkamer huis te huur sentraal in Witrivier – naby winkels en skole in veilige kompleks. Beskikbaar 1 November Kontak: Nix 083 302 5190

Betroubare huishulp soek werk vir 3 dae per week. Sy is Dinsdae, Donderdae en Vrydae beskikbaar, maar dae kan onderhandel word met Pieter-hulle. Kontak: Pieter & Martinett 082 447 3662

SOEK WERK

SOEK HUIS VIR HONDJIE

HUIS TE HUUR

Jong verantwoordelike man met baie goeie ondervinding in Gholf afrigting, bestuur en administrasie soek dringend werk. Kontak: Marius 079 405 8518

Soek dringend 'n tuiste vir goedgemanierde 7jarige Jack Russell hondjie. Eienaars se kinders oorsee en moet daar besoek aflê. Kontak: Elize Oosthuizen 082 390 6641 of 013 750 1247

Dame met baie goeie kantoor ondervinding is dringend opsoek na werk. Kontak: Elize 072 622 3368

SOEK KAMER TE HUUR Flip is dringend opsoek na ʼn kamer te huur. Kontak: Flip 076 015 5104

Nuus van die vervolgde kerk

43 Bangladesj Bangladesj is ʼn sekulêre land met ʼn grondwet wat voorsiening maak vir godsdiensvryheid. Dié land het nie godslasteringswette of ʼn ‘anti-bekeringswet’ in plek nie, maar Islamitiese groepe plaas die regering onder druk om die grondwet te hersien. Hulle wil onder andere hê dat daar ʼn wet in plek gestel moet word wat dit duidelik maak dat dié land aan die ‘Huis van Islam’ behoort. Hierdie Islamitiese groepe maak van politieke middele gebruik, soos byvoorbeeld stakings, optogte, die versperring van infrastruktuur en die doodmaak van mense. Imams en plaaslike Moslems is op die voorgrond in die vervolging van Christene, veral teenoor bekeerlinge vanaf Islam. Christenbekeerlinge vanuit ʼn Moslem- of Boeddhistiese agtergrond staar baie druk in die gesig vanaf familie, vriende en gemeenskappe, om hul geloof te verlaat.

Bid vir die vervolgdes: Geweld teen Christene neem toe. Bid vir die beskerming van diegene wat dreigemente van mishandeling in die gesig staar vanaf hul families en gemeenskappe. Bid vir hul vervolgers: ♡ Bid dat die Heilige Gees die plek van vyandigheid en veglus in vervolgers se harte, sal inneem.


Preeknotas

____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Ons is op Facebook! Gaan LIKE die volgende bladsye

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

♡ ♡ ♡ ♡

NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Kersmark NG Witrivier Bluetooth Ouerskap / Parenting KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos

Gebruik die link op die webblad of stuur ’n e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van of lidmaatnommer.

kerkkantoor@ngwitrivier.co.za

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.