OaseNuus 17 November 2019

Page 1

Sondag 17 November


Gasvryheid is ʼn waarde van ons gemeente. Welkom vanoggend in die erediens, mag die warmte en vriendelikheid van medegelowiges jou omring.

Kom kuier en geniet koffie hierna by die KoffieOase. Tiendemaand Dankkoffer Barometer

Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon.


Dinsdag 19 November 08:00 Gebedsbyeenkoms

Konsistorie

Woensdag 27 November 09:00 Kersmark

Donderdag 21 November 18:00 Voetspoorgesprek

Konsistorie

Donderdag 28 November 09:00 Kersmark

Vrydag 22 November 06:00 Besigheidspersone Bid

Bovertrek

Sondag 24 November 08:30 Lofprysingserediens 12:00 Gemeente-ete

Ouditorium KoffieOase

Saal Saal

Vrydag 29 November 06:00 Besigheidspersone Bid 09:00 Kersmark

Bovertrek Saal

Saterdag 30 November 09:00 Kersmark

Saal

Dinsdag 26 November 08:00 Gebedsbyeenkoms

17 Nov. Winnie Bronkhorst Marina Meyer Robert Wood 18 Nov. Gerhard Botha 19 Nov. Lena de Beer Doep & Rika du Plessis Wikus & Suretha Loots 20 Nov. Joey Breitenbach

Konsistorie

76 Verjaar 73 Verjaar 71 Verjaar 40 Belydenis 77 Verjaar 53 Huwelik 25 Huwelik 90 Verjaar

23 Nov. Jan Landman Gerrie Lange 25 Nov. Wabbie Sauer 26 Nov. Pieta Vosloo Chris Schutte 28 Nov. Henkie & Marilize Swart 29 Nov. Willie & Janetha Jooste

83 Verjaar 83 Verjaar 71 Verjaar 72 Verjaar 70 Verjaar 21 Huwelik 47 Huwelik

Hoe kan ons gemeente ons geestelike voetspoor vergroot? Tien gesprekspunte is tydens April se Kerkraadsvergadering geïdentifiseer en  Kinderklere, veral lidmate het betrokke geraak en saam seuns 10-14 jaar gesels om ʼn verskil te maak. Die laaste gesprek is Donderdag 21 November om  Manskoene nr. 8 - 10 18:00 in konsistorie. Kom gesels saam! Die Klerekas se rakke in Wat is die impak van Witrivier se veranderende demografie op ons gemeente, en watter geleenthede bied dit ons? Navrae & Gesprekleier: Nati Stander 082 216 3710

bogenoemde items is dolleeg, as jy kan help bring asb. kantoor toe of loer Maandae in by die Kos- en Klerekas!


Kersmark tyd! Vrolike tyd! Woensdag 27 November tot Saterdag 30 November Ons het hande en voete nodig. Hier is al die tye!! Skryf jou naam op by die kantoor in die tydgleuf wat jou pas.

van voorraad: Saterdag 23 Nov. 10:00 – 16:00 % Ontvang Maandag 25 Nov. 14:00 - 18:00 Hulp by betaalpunt, pakker en toesig: Woensdag - Vrydag % 09:00-11:00 11:00-13:00 13:00-15:00 15:000-17:00 17:00-19:00

%

Saterdag

09:00-11:00 11:00-13:00 13:00-15:00 Opruim: Saterdag 30 November: vanaf 16:00 Navrae: Heleen by die kantoor

Kom geniet ‘n ete saam met

die gemeente ! Kom kry jou gratis kaartjie by die kantoor

Sondag 24 November om 12:00 by die KoffieOase

Vanaf 2020 gaan die kerkklokke later beier!

Kom kry gerus jou kalender by die kantoor!

Die erediens begin Sondae 09:00


Witrivier Karnaval Vrydag 3 April & Saterdag 4 April 14:00 - 21:00

07:00 - 12:00

Wat om te verwag: a a a a a a

Adrenalien belaaide pret Kindervermaak Glow run. Veiling Talentkompetisie Vlooimark

Voel jy vasgevang in die donker? Het jy behoefte om met iemand te gesels en bietjie af te pak oor mishandeling, dwelmafhanklikheid, krisisse rakende huwelike, finansies, families of by die werk. Moenie wroeg nie, daar is hulp wat gemoedsrus verseker. Vir ʼn afspraak, kontak: Rian 082 906 3343

Gebedsfokus P Oom Attie Hitge het laas week ‘n bloedoortapping ontvang, hy is later na Kiaat hospitaal oorgeP

P P P

plaas. Ons bid dat oom Attie reeds perdfris voel. Hierdie versoek via WhatsApp, ons bid saam die res van die land: “Friends pray earnestly for Northern Cape farmers. It is jus desert, their funds are depleted, their sheep are dying of starvation, there is no food. Farmers can not pay their workers anymore. They are on their knees and faith has dried up as they pray and pray and the rain stays away. It is only human to ask: “Lord, will You please see how we are struggling and have mercy on us?” Daan Lombaard het laat weet: Ek word deur Hematoloë by Pretoria-Oos hospitaal behandel vir klierkanker, bid asb. vir my en Erina… mag die Here vir Daan die wonderwerk van genesing gee, wat Hy vir Erina gegee het na haar stamseloorplanting. Stoffel de Kock se familie en geliefdes, nadat hy baie swaar gekry het voordat hy Saterdag oorlede is. Ons bid dat die Here hierdie mense in Sy hand sal vashou en hulle sal troos. Stefanie van Rensburg het laat weet: “al die staal is terug in my lyf… dit is seer en die spiere en weefsel moet nou vasgroei aan die “vreemde”. My knieg is wankelrig en dit is moeilik om te loop. Bid sommer vir alles asb. DANKIE vir die liefde en omgee…” Mag die Here vir Stefanie vashou en versterk na liggaam en gees in hierdie hersteltyd.


P Pop Pretorius, wat ‘n knievervanging ondergaan het. Sy is al tuis maar is baie ongemaklik en het P A

P

P

P P P

heelwat pyn. Ons bid vir haar in hierdie hersteltyd en ook vir CP wat haar liefhet en versorg vir geduld maar ook dat die Here die pyn sal wegneem. Alda Doyer, wat 20 November vir nog ‘n groot operasie gaan na haar motorongeluk. Ons bid vir die voorbereiding: fisies en geestelik vir haar sowel as haar geliefdes asook die mediese span. Mag die Here hulle vashou en lei en mag Hy aanhou wonderwerke doen in haar herstelproses. Freddie en Sonja Prozesky (foto regs) het Maandag ‘n dogtertjie ryker geword, ons loof die Here saam met hulle vir die wonder van nuwe lewe en dat dit goed gaan met mamma en baba. Ons bid ook dat die Here hulle sal lei in die uitdagende en opwindende proses van ouers wees. Ons bid vir ons Kersmark, die uitstallers is druk besig om hul produkte reg te kry en die span werk hard agter die skerms vir al die administratiewe voorbereidings. Dinsdag 19/11 word begin met die saal voorbereidings. Mag die Here ons gemeente seën om die Kersmark te kan ondersteun en dat dit ‘n groot sukses sal wees. Ons bid steeds vir ons Koskaskliënt - Jeremy na sy kakebeen operasie. Hy het laat weet: “Professor was just with me and is happy with the progress, I will not need another operation and the tracheotomy might be removed in a few days. Then I will start seeing the speech therapist. I feel happy to eventually be moving in the right direction.” Mag die Here hom vashou in sy lang herstelpad en engele op sy pad stuur wat omgee en verstaan en hom prakties kan help en bystaan. ‘n Anonieme briefie skryf: Bid vir tannie Elza en oom Chris, hulle verkeer in pyn… die Here weet waaroor die pyn gaan en hoe om dit beter te maak, mag Elza en Chris gou beter voel. Ons bid vir Wayne Lessing, wie se pa in die week oorlede is. Hy was reeds geruime tyd sieklik. Mag die Here Wayne en sy ma vertroos en lei in die pad vorentoe. ʼn Anonieme briefie skryf: “My broer is reeds in sy 30’s en wil nie op sy eie gaan bly nie. Hy breek en steel alles in die huis en baklei met almal. Dit maak die lewe vir ons almal baie moeilik, maar ons weet nie meer wat om te doen en hoe om die situasie te hanteer nie… mag die Here tog vir ons wysheid en uitkoms gee…”

Ons Sendelinge gesels uit Kanada

Soos ek skryf is dit -20 grade buite. Dis vriesend maar alles lyk sprokie mooi met die sneeu wat alles bedek. Hierdie was ‘n baie besige maar absolute vreugdevolle somer. Ons het 4 Eerste Nasie gelowiges gedoop insluitend Jodi en haar 9 jarige seun Josiah sowel as Leslie en Rose! Ons het ‘n hele paar Sondag dienste by verskeie mere gehou, kinderklubs gehad ‘n sokkerkamp en het selfs die hele Alpha Kursus voltooi. Die somer van 2019! Omdat die somer so kort hier is probeer meeste bedieninge soveel buite doen as moontlik omdat wanneer die koue kom (-52 in Februarie dié jaar), baie min buite kan gebeur (behalwe oorlewing!) Ek en Karen is meer as 20 jaar op die “Sendingveld”. ‘n Groot deel daarvan het ons net probeer oorleef, veral in

die begin jare in Indië! Ons is so bewus wat dit werklik beteken om in totale afhanklikheid van Jesus te leef! Wanneer ‘n mens probeer “oorleef”, word mens “hard” in baie opsigte. Deur die jare het dit ‘n tol op Karen en ons seuns geëis. Om te sê “dit was die prys om te betaal” sou nie waar wees nie. Dit het maklik geword om die Kerk en hulle na wie ons gestuur is lief te hê en stadig “hard” te word m.b.t. my vrou en kinders se gevoelens en emosies. Ek het selfs “hard” teenoor myself geword! Reuben is 18, Simeon 14 en Benjamin 10. Hierdie jaar in Kanada het die Here nie nét toegelaat om ons bediening na nuwe “hoogtes” toe te neem nie, maar het ook toegelaat dat ek duidelik gesien het “wat ek oor die jare geword het” en waar ek moet verander. Dit het alles begin toe ek en Reuben een oggend fiets gery het


op die oewer van die “South Saskatchewan River” hier in Saskatoon. Nadat ons net so oor ‘n jaar hier was het ek uit die bloute besef dat ons besig was met iets wat “normaal” was. Ek het ewe skielik besef ek is nie bang nie, dat daar nie weggesteekte vrees in my agterkop rondhang nie! Ek het vrede beleef. Dit was ‘n intense waarwording in my psige! Ek en Karen het ‘n week alleen deurgebring in Chilliwack BC waar ons ‘n “Missions Development Program” bygewoon het. Dit was ‘n 2 dae rit kus toe. Die Here het “op hierdie trip in die kar” Karen gelei om met my te begin deel die diep seer wat sy al vir so baie jare in haar hart rondgedra het. Dit wat sy self beleef het en ook wat die seuns dikwels “alleen” met haar gedeel het. Dit was ‘n diepe skok om vir die eerste keer werklik te sien hoe blind en selfsugtig ek was. Hierdie “openbaring” het my gelei om diep sielsvergifnis te vra en die gevolg is dat ek met sulke vreugde in my hart kan sê dat ek Karen met ‘n liefde kan liefhê wat ek werklik nog nie tot sulke dieptes beleef het nie. Ek is weer “smoorverlief op my vrou”! Een van die gevolge van hierdie “herlewing” is dat ek en Karen diep in ons harte beleef dat Jesus ons roep om meer gefokus te wees op dit wat werklik belangrik is en om dit met oorgawe na te streef. Ons besef ook dat die magtige werk van die Heilige Gees ons kosbare gemeente en die Eerste Nasie Volk hier werklik gaan bevry. Dit is net Hy wat eeue oue kettings kan breek, leuens tot niet kan maak en totale bevryding in liggaam en gees kan bewerkstellig. As dit nie gebeur nie sal ons lekker “kerk hou” met baie min blywende veranderinge. Daar is nie ‘n twyfel in ons harte nie dat “18 Ek sal dit nie waag om oor iets anders te praat as oor wat Christus deur my tot stand gebring het om heidennasies aan God gehoorsaam te maak nie. Dit het Hy deur my gedoen met woord en daad, 19 deur kragtige tekens en wonders, in die krag van die Gees van God. En so kon ek van Jerusalem af al verder tot in Illirikum my taak om die evangelie van Christus te verkondig, ten volle uitvoer. “(Rom. 15:18-19) Hierdie is die pad waarop ons moet loop – in SY KRAG “die KRAG van die Heilige Gees self. So, kom ons terug van ons opleiding, net na 7uur en meer as 3 200km agter die rug, in Chilliwack vol hoop en baie opgewonde met dit wat ons geleer het! 1. Discipleship Making Movements en 2. Dealing with Darkness deur Jim Miller. Die kar is afgepak, ek het op die rusbank gelê toe die telefoon lui. Ek was moeg en uitgeput, besluit om eerder nie te antwoord nie. Toe die foon weer lui het ek besluit om te antwoord. Daar was ‘n paniekbevange stem wat uitgeskree het “my wife is demon possessed, you need to come immediately”. Die klanke wat ek in die agtergrond gehoor het, het koue rillings by my rug laat afloop. Die persoon wat gebel het, het saam met sy vrou so nou en dan by ons kerk opgedaag. Wat gevolg het was een van die “dramatieste” aande wat ek en Karen

ooit in die bediening beleef het. Pastoor Rick het gesê in die meer as 30 jaar wat hy in die stad werk, het hy nog nooit so iets beleef nie. Ek en Karen is huistoe en het redelik verslae gevoel maar het een ding diep besef: “Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.” (Ef. 6:12) Bid asb. saam met ons vir die dame se volkome bevryding, vir ons en die seuns se beskerming en dat Jesus se naam in die hele proses Hoog gehou sal word! Vir ons was dit ook net weer ‘n bevestiging van die Heilige Gees en dat ons op die regte pad is. Ons is baie opgewonde en ook “versigtig” met die wete dat ons in nuwe en wonderlike tye in beweeg waar ons mense gaan sien vry kom van jarelange kettings en die leuens van die duiwel tot niet sal sien verdwyn. Ons gaan saam die Here dien in Waarheid en in Gees. Dis julle gebede en liefde wat ons hier dra en aan die voete van Jesus neerlê en toelaat dat ons die Here se gesante kan wees wat Hom in waarheid en Gees kan verteenwoordig. Hier is so paar gebedsversoeke:  Ons Visas verval in April. Ons het ons Permanent Residence Card applications in gestuur. Bid saam met ons dat dit sonder komplikasies goedgekeur sal word.  Reuben maak 2020 klaar met Hoërskool. Bid saam met ons vir wysheid oor sy toekoms en studies.  Dinge lyk goed dat ek en Karen by Rick en Ruth sal oorneem by “The House for all Nations” as hulle uittree einde Januarie. Ons het werkilik die salwing, wysheid, kennis en krag van die Heilige Gees nodig om vorentoe te kan gaan. Julle gebede hiervoor word opreg waardeer word!  Ons het nou direk “in die oë gestaar” met dit wat ons kosbare volke hier vir duisende jare in diep donkerte en slawerny gehou het. Ek het met ‘n hele paar sendelinge gesels, wat sendingwerk in verskeie dele van die wêreld gedoen het, en almal is oortuig dat die donker wat ons hier in die gesig staar ‘n diepte het wat hulle nog nooit êrens beleef het nie! Sal julle asb. saam met ons bid vir ons veiligheid, vir oorwinning en dat die bloed van Jesus ons sal toevou in Sy liefde en dat ons saam met Hom ‘n deurbraak vir die Koninkryk van God sal maak. Ons leef nie in vrees nie maar is ook baie bewus dat ons sonder die Heilige Gees nêrens sal kom nie! Ons is ewig dankbaar dat julle ons “toevou” in Jesus se liefde, en dat julle ons dierbare vriende is! Julle diensknegte in Christus

Spencer, Karen, Reuben, Simeon en Benjamin


Wanneer: 6-20 Desember Koste: R1 000 / tiener Vorms by die kantoor. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!

Witrivier Gemeenskapsvergadering

Besigheidspersone bid saam

Dinsdag 19 November 18:00 Witrivier Stadsaal Ons dorp is vir ons belangrik, daarom moet ons ons stem laat hoor.

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Like� ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.