‘n Gevaarlike vangstrik van die duiwel Skriflesing: Romeine 12:13
Baie welkom vanoggend in die erediens Koinonia (kɔɪˈnəʊnɪə) koi·no·ni·a, selfstandige naamwoord. Dit is die gemeenskap van gelowiges met God of, meer algemeen, met mede-Christene. God het ons geskep om van Hom en van mekaar afhanklik te wees. Nie een van ons het die vermoë om alleen in ons Christelike lewens te vorder nie. Geestelike gemeenskap is dus noodsaaklik vir ons geestelike groei en gesondheid. “Maar solank daar nog ʼn “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie.” (Hebreërs 3:13).
Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Babas, Peuters, Kleuters en Kinders is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Alle kleuters is welkom om hierdie erediens by te woon. Laat die kindertjies na My toe kom, is woorde van Jesus se bediening wat weerklink op ʼn Sondag as kinders met oop arms ontvang word in die Bovertrek vir hul eie unieke erediens.
Laerskoolkinders Die kinders verdaag later.
Kry jou gratis etekaartjie by die kantoor / KoffieOase Baie, baie dankie vir elke handsak, toiletware en liefde wat saam met die handsakke ingekom het. Ons waardeer dit baie en weet dat ons die Kos- en Klerekas se waardes Medemenslikheid, Hulpvaardigheid & Barmhartigheid uitleef.
Ella Combrink Kampterrein vra... Die Ella Combrinkbediening vra asb as iemand oor ʼn sitkamerstel beskik wat in onbruik is om dit aan hulle te skenk vir gebruik op die kampterrein. Vir enige navrae kontak gerus vir Theo 076 103 5660
\
Dinsdag 20 November
08:00 Gebedsbyeenkoms
Konsistorie 09:00 Kersmark
Woensdag 21 November 10:00 Kreatiewe vers
KoffieOase
Dinsdag 27 November 08:00 Gebedsbyeenkoms
Kerksaal
Donderdag 29 November
Konferensie 09:00 Kersmark
Sondag 25 November 12:00 Gemeente-ete
Woensdag 28 November Kerksaal
Vrydag 30 November 09:00 Kersmark
Kerksaal
Saterdag 1 Desember
Konsistorie 09:00 Kersmark
Kerksaal
Baie geluk ! 19 Nov. Lena de Beer Doep & Rika du Plessis 20 Nov. Joey Breitenbach 23 Nov. Jan Landman Gerrie Lange 2 Des
3 Des
6 Des 7 Des 9 Des
10 Des 12 Des 13 Des 14 Des 15 Des
76 Verjaar 52 Huwelik 89 Verjaar 82 Verjaar 82 Verjaar
25 Nov. Wabbie Sauer 70 Verjaar 26 Nov. Pieta Vosloo 71 Verjaar 29 Nov. Willie & Janetha Jooste 46 Huwelik Blikkies & Magda Blignaut 43 Huwelik
Carin Greyling 81 Verjaar Roelf Fouche 78 Verjaar Daan & Salomé v Staden 46 Huwelik Eben & Nicolette Bothma 40 Huwelik Johan & Lenda Muller 40 Huwelik Ena Swart 72 Verjaar Willem & Francis Mans 52 Huwelik Stefan Stoltz 40 Doop Manie & Hester Loubser 43 Huwelik Herman & Cathie Kotze 43 Huwelik Dolf & Anna Botha 57 Huwelik Mervyn & Tokkie v Wyk 51 Huwelik Hannes & Rina Raath 46 Huwelik Bill Pienaar 79 Verjaar Dawie v Niekerk 75 Verjaar Mart Oberholzer 71 Verjaar Jan & Mari Oosthuizen 43 Huwelik Eden Claassen 71 Doop Sakkie & Marie Breitenbach 44 Huwelik Nick & Ina Maartens 45 Huwelik
16 Des Gordon Campbell 71 Verjaar 17 Des Toffee Lombard 75 Verjaar 18 Des Ida Mentz 75 Verjaar Pieter & Marthinett Reyneke 47 Huwelik 19 Des Hans & Magriet Bezuidenhout 54Huwelik Fanie & Corrie Roodt 54 Huwelik 21 Des John Robinson 74 Verjaar Jannie Roux 70 Verjaar Hennie & Norina de Lange 50 Huwelik Hannes & Cecile Dorfling 50 Huwelik 22 Des Fanie & Elsabé du Preez 56 Huwelik 23 Des Johannes & Jolena Swart 57 Huwelik 24 Des Theo Mostert 74 Verjaar Paul de Bruyn 46 Belydenis 25 Des Christabel Cilliers 82 Verjaar 26 Des Hannes Dorfling 73 Verjaar 27 Des Hester Mostert 72 Verjaar 28 Des Japie & Santie Burger 50 Huwelik Carel & Dalene Maree 50 Huwelik 30 Des Bottie Bekker 73 Verjaar
Een en twintig jaar gelede het ons met baie trane in Witrivier aangekom. Ons was so gelukkig in Pretoria. Nou verlaat ons Witrivier met nog meer trane. Dankie vir ‘n geloofsgemeenskap wat soveel vir ons geestelike lewe beteken het. Dankie vir almal se liefde omgee en bystand. Onthou ons trek na Potchefstroom na ons kinders en sal met groot verlange terug dink aan ons gemeenskap hier. Wanneer jul op Potchefstroom kom, kom kuier asseblief by ons. Julle gaan uit die gesig wees maar nie uit die hart nie. Liefde in Jesus. Pieter en Marthinett
Gebedsfokus r r
r r r
r
r
r r
r r r r
Ferreira gesin en hul geliefdes, spesifiek Alice, na die afsterwe van Martiens einde laas wees. (Hulle bly nou in Komatipoort), ons vra die Here se troos en Sy krag in hierdie hartseer tyd. Anonieme briefie vra: “Here, help my asb. op die volgende terreine: my werk, my familie, vriende, finansies, my kind, verhoudings en help my om meer vir U te gee.” Dit is so ‘n akkurate gebed wat ons almal mee kan identifiseer. Mag God ons lei en leer om in geloof en in Sy voorsiening te bly en leef. Esther se Pa, wat baie siek was verlede week, in die hospitaal in die Kaap. Sy is baie ver weg in Masedonië en bekommerd oor haar Pa. Ons glo dat dit reeds baie beter gaan met sy gesondheid en dat Esther meer gemoedsrus het. Alfred en Belinda se huis: dat die eienaar sal teken sodat die huis op hulle naam geregistreer kan word. (Sien detail in hul brief) Pieter Reyneke, wat ‘n hartklep vervanging moet kry, ook met hul oppak met die groot trek na Potchefstroom. Ons gaan hul mis en al die heerlike insae wat hulle op soveel gebiede in ons gemeente gehad het, mag die Here hulle krag gee en guns en seën in detail. Pauline Kruger, na haar kolonoskopie operasie wat Vrydag was (‘n tweede na verlede jaar s’n), mag die Here haar na liggaam en siel genees en versterk. Ons Swadini Uitreik en al die voorbereidings wat reeds getref word, mag die Here voorsien in skenkings en kreatiwiteit en krag waar dit nodig is, en mag die Here elke dienswerker en elke vakansieganger se hart voorberei vir die werk wat Hy wil doen deur Sy kinders. Melinda Strydom, wat sukkel met diabetes, sy moet nou leer om insulien te gebruik en dit is ‘n groot aanpassing vir haar en haar liggaam. Mag die Here haar en haar ouers leer en help. Ons dopelinge van laas Sondag: Karli & Jacques, dat die Here hulle en hul ouers sal seën en beskerm in die opvoedingstaak tot Sy eer. Ons bid ook vir ons jongmense wat laas Sondag aangeneem is, ons dank die Here dat hulle “Amen” geantwoord het op Sy uitnodiging vir oorgawe en bid dat hul elkeen ‘n deel sal kry om te dien in ons gemeente en suiwer instrumente in Sy koninkryk sal wees. Ons dink ook in besonder aan Lindie, in die laaste paar weke van haar swangerskap, mag die Here haar en vir Dawid seën en beskerm. Elkeen van ons Sendelinge, wat oral oor die wêreld God se woord verkondig en Sy hande en voete is. Mag die Here hulle seën en lei en styf vashou in hierdie feesseisoen wat kom, waar hul tog hul geliefdes en land sal mis. Nellie Claassen en haar familie, waar haar Pa in die week vir ‘n “scan” gegaan het, mag hul gesin God se nabyheid ervaar en dat die “scan” antwoorde sal bied en akkurate behandeling sal bepaal. Beulah stuur vir ons ‘n dringende gebedsversoek via WhatsApp in die week: “Ek vra nie sommer so iets nie, maar help ons asseblief bid: my skoondogter (Lizahn) se boetie se seuntjie (4 jaar oud), het baie sleg geval by sy kleuterskool. Hy is in ‘n koma en het
r
r
bloeding op die brein, sy skedel is ook gekraak, ons weet mos God maak heel en genees, mag Hy wonderwerke hier doen en al die eer ontvang.) Rina en Raymond le Clue se dogter, wat ernstig siek is met malaria in Lagos, sy is aan ‘n ventilator gekoppel en haar niere funksioneer nie, ons bid vir haar liggaam vir ‘n wonderwerk maar ook vir die hele gesin: dat hulle God se genade en ingryping in detail sal beleef. Ons bid ook vir die finale voorbereidings van die Kersmark, mag die Here se goedheid en guns oor die mark heers.
Dankie Here dat U ook soms ʼn STOP in ʼn proses sit omdat U die geheel prentjie ken. Daarom bid ons verder vir Petra Instituut. Het hierdie boodskap Donderdag ontvang. “Nou ja, soms werk dinge nie uit soos dit aanvanklik lyk nie, en ek moet ongelukkig nou laat weet dat die verkoop van die eiendom wat só positief gelyk het, toe glad nie uitgewerk het nie. Ons moes noodgedwonge uit die onderhandelinge onttrek weens die feit dat die proses aanhoudend vertraag is en uiteindelik as gevolg van onbewese sekuriteit by die ander party. Dis ‘n verleentheid en ‘n teleurstelling, maar ons is dankbaar dat die Here ons ook hierin beskerm het. Nou begin ons maar weer van vooraf met die bemarking van die eiendom – bid asseblief verder saam met ons dat die Here die regte mense sal stuur en die eiendom teen ons prys sal verkoop. Ek eindig gelukkig met die goeie nuus dat die webblad lewendig is en julle kan gerus gaan loer – www.petra.co.za. Dankie vir julle saambid vir wysheid hiervoor. Laetitia” “Dankie Here, dat ons vrygespreek is, dat daar vrede is tussen ons en U, deur Jesus Christus. Dankie vir U genade wat U vir ons skenk, daarom Here kan ons jubel in U, maak nie saak wat die omstandighede is nie.” Russell skryf: “Baie, baie dankie vir elke gebed vir my kleinkinders en hulle Oupa en Ouma. ‘n Wonderwerk het gebeur - Ouma is volkome genees!! Die dokters kry geen kanker nie, sy is huis toe. Bid asb. nog vir Oupa. Baie dankie!” Dankie Here, dat die donker wolke besing is om te wyk. Dankie dat U altyd nog ‘n skuif oor het. Dit is nooit skaakmat nie. My seun is baie beter en my Ma is weer haar ou self. Baie dankie Here, ons loof U vir ewig! Amen! Vir ‘n geseënde besoek deur ds. Nati in Masedonië. Hulle het die Here se seën en genade in detail ervaar en loof Hom!
Liewe Witrivier Gemeente Nuus van ons kant af was maar skaars die jaar en voor 2018 iets van die verlede is wil ons darem net weer graag van ons laat hoor. Ons wag steeds vir die huis se oordrag. Ons het prokureurs wat ons help met die saak. Ons vermoed dat die agent en verkoper die oordrag terug hou a.g.v. belasting voordele vir die verkoper. Hy het egter na maande wel in skrif laat weet dat hy voor 15 Des die oordrag sal laat plaasvind. Ons bid maar dat die Here, wat ons Hulp is, uitkoms sal gee. Dit gaan baie goed met die seuns – al drie presteer baie goed in jul onderskeie grade en studies. Ons is baie trots op hulle. Hulle help my ongelooflik baie met Alfred en in en om die huis. Ons het ook nou ‘n versorger wat 4 maal per week in die oggende kom. Sy is ‘n groot hulp. SIM medies het besluit om haar besoeke te betaal! ‘n Groot seëning! Ek doen maar steeds die meeste vir Alfred maar sy help uit waar ek
vasbrand. Ons moet altyd twee mense nou by die huis wees om vir Alfred te help, dus as ek of Christiaan êrens moet heengaan het ons darem nog ‘n persoon. Met Alfred gaan dit geestelik baie goed. Hy skryf nog lang e-posse en WhatsApps met sy oë en bly besig op sy rekenaar. Die Eye Tracker is ‘n wonderlike stuk tegnologie! Ons lees nog saans saam Bybel (deur sy rekenaar stem) en hy het nou die dag met ‘n tiener dogter ‘n lang gesprek gehad oor geloofsekerheid, waarna sy Jesus se vergifnis ook vir haar aanvaar het! Hy woon ook nog elke Donderdag die Bybelstudie by en ons kan ook darem nog kerk toe gaan. Hy gebruik nou ‘n rolstoel wat meer ondersteunend is as ons uitgaan kerk toe of Bybelstudie toe. Fisies gaan dit maar baie swaar. Hy is baie swak en ons moet alles vir hom doen. Selfs sit in ‘n sagte stoel word moeiliker en nagte slaap hy nie langer as ‘n uur of so nie, weens ongemak en die feit dat hy nie self kan draai of beweeg nie. (Universiteitsvriende het die manne bederf met Rugby in PE - SA vs Aus!!) Ek sukkel steeds om te herregistreer by die Health Professions Council – dit is nou al 2 maande. Maar die Here weet wanneer die tyd reg is – op die oomblik slaap ek nie langer as ‘n uur deur die nag nie tensy Christiaan uithelp vir ‘n paar uur. As ek sou werk buite die huis sou dit nogal swaar wees op almal. Ek is regtig baie dankbaar. En dit is wat ek eintlik oor wil skryf - die Here se genade en getrouheid. Aan die begin van die jaar het ons nie mooi geweet hoe als gaan uitwerk nie, maar ons staan in verwondering en dankbaarheid teenoor die Here se sorg. En dat daar so baie van julle was wat ons aanhou ondersteun het ten spyte van die feit dat ons nie meer fisies in die sendingveld woon nie. Met dankbare harte wil ons vir elkeen van julle wat ons bly ondersteun net sê “Baie, Baie dankie!!” Mag die Here julle seën. Die Here is getrou en ons hou vas aan wie Hy is. Al lyk dinge maar sleg hier op aarde het ons die troos dat die Here steeds goed is en ons steeds oneindig lief het. Hy bemoedig en gee krag vir elke dag. Met baie liefde
Belinda namens Alfred en die seuns
Boetie & Gretha Liewe Vriende, Soos so baie ander is ons betrokkenheid en diens by Petra Instituut gesetel in praat en in bekendstelling en bewusmaking. Dit is ‘n voorreg maar ook ‘n geweldige verantwoordelikheid. Ek het al gewonder: sê nou iemand ontwikkel ‘n woordteller (soos daar ‘n treë-meter op my selfoon gelaai kan word.) Wat as my woorde getel kan word wat ek per dag praat? Maar meer nog indien ek na Spreuke kyk en my woorde kan op ‘n ander wyse gemeet word: The mouth of the righteous is a fountain of life……. The tongue of the righteous is choice silver……. The mouth of the righteous brings forth wisdom……. The lips of the righteous know what is fitting ……. Spr 10:11,20-21 en 31-32 uit die New International Version. Ons wil vra dat julle sal bid dat ons woorde, veral tydens besoeke aan Petra Beleggers en ook wanneer ons in opleidingsituasies, dat dit alles sal wees tot eer van die Here. Fondswerwing (Beleggersontwikkeling, soos dit nou bekend staan) Die afgelope maande was werklik ‘n uitdaging. Ons het besoek gebring aan talle ondersteuners. Gesien vanuit die lig van die ekonomie en ander tendense is dit te verstane dat die bydraes sal verander. Jarelange
groot en gereelde bydraes word gehalveer of gestaak – dit is baie teleurstellend en laat dit eintlik vir Petra in ‘n moeilike posisie.
Ons was baie bevoorreg om die Resource Development for Ministry Sustainability-werkswinkel by te woon. Dit was aangebied deur Jon Lewis uit Amerika. Dit was baie leersaam. Dit fokus is veral daarop dat ons met nuwe strategië moet opkom. Wat vir ons uitgestaan het is dat Jon ook genoem het hoe belangrik gebed is en ook dat ons fokus moet wees om nie net fondse te in nie, maar ook ‘n verskil te maak in die lewens van elke persoon wat ons nader. Dit is ‘n baie groot uitdaging! Opleidingsgeleenthede: Gretha was betrokke by die toerusting en bemagtiging van die vrywillers by die LIG Kinderbediening. Die Uitvoerende Direkteur van die bediening het soos volg geskryf oor die afgelope kursus: “Petra Kollege se kursus het LIG Kinderbediening se dinamika verander! Nie alleen het ons geleer om met nuwe oë (Jesus se oë) na kinders (én die gemeenskap waaruit hulle kom) te kyk nie, maar die vyf weke wat ons hieraan spandeer het, het ook gelei tot unieke spanbou-geleenthede, soos wat ons (weliswaar ietwat "gedwonge" soms!) uit ons gemaksones geruk is en skielik ontdek het hoeveel kreatiwiteit, humor, waagmoed, geduld en praktiese vaardighede ons as span tot ons beskikking het. Ons kyk met nuwe oë na ons swaarkry-kinders by LIG Kinderbediening (80% van hulle kom uit disfunksionele gesinne in Danville, Elandspoort en Proklamasieheuwel). Ons dank Hom vir die geleentheid om met hulle te kon werk, maar ook vir die nuwe vaardighede, nuwe entoesiasme en nuwe planne waarmee God ons geseën het tydens die opleiding, danksy Petra-mense se omgee-harte en baie opofferings, om dit vir ons moontlik te maak. Ons kan julle nooit genoeg bedank nie... Ons sien uit na nuwe Kontak-sessies, met Petra se wonderlike mense in 2019!” Gretha was ook van 5 – 9 November by die Bewusmakingsgeleentheid vir leiers van die Ethiopiese Kerk in Suid-Afrika. Hierdie kerk het 76 gemeentes in verskillende streke in Suid- Afrika. Die goeie nuus is dat hierdie Kerk se leiers besluit het om ‘n groot premie op hulle kinderbediening te plaas en daarom het hulle ‘n vennootskap gesluit met Petra en die strategie is dat Petra oor die tydperk van die volgende 5 jaar deel sal wees om al die gemeentes se leiers tenvolle op te lei en ook hulle eie opleiers te ontwikkel. Gretha is baie dankbaar om deel te wees van hierdie projek en ons hoop dat sy die geleentheid sal hê om aktief betrokke te kan wees vir die volle 5 jaar. Gebedspunte: Loof die Here vir elke opleidingsgeleentheid en bid saam dat Hy die saad wat gesaai is sal laat groei en laat vrug dra. r Bid asseblief vir effektiewe fondsontwikkeling en veral vir Petra se finansies. r Bid ook vir nuwe strategie, ten opsigte van die werwing van beleggers – veral dat ons ook daarin sal slaag om groter ondersteuning en groter maatskappye te kan deel maak van die ondersteuning. Loof die Here, dit gaan goed met ons gesondheid. Baie dankie vir julle getroue ondersteuning aan ons. Groete
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring. BEHUISING BESKIKBAAR 1 Kamer te huur in ’n huis in Witrivier vir ʼn betroubare enkel persoon met sober gewoontes. Beskikbaar 1 Desember. Kontak: Sandra 082 315 4001 Twee slaapkamer met 1 badkamer woonstel by Lowveld Lodge beskikbaar. Ongelukkig geen diere. Kontak: Diana 082 990 4641 HET WERK Werkswinkelbestuurder in interieur omgewing, soek iemand met ondervinding in naaldwerk en organisasie. Kontak: Addy 083 352 0222
Geoktrooieerde Rekenmeesterspraktyk beskik oor vakatures vir B.Com gegradueerdes wat klerkskap wil doen. Asook matrikulante wat deur UNISA wil studeer. Kontak: 013 752 2080 / Stuur CV na: leonie@sberg.co.za SOEK WERK Man soek werk, handig, voorman ondervinding en was ook in bestuur. Enige werk asb. Kontak: Kobus 063 136 4589 Dame wat beskik oor algemene kantoorwerk, was ook bestuurder in kleinhandel. Soek enige werk. Kontak: Christia 083 328 0852 SOEK SAAMRYGELEENTHEID ʼn Mamma soek ʼn geleentheid in die middae gedurende die week van Witrivier na Hoërskool Bergvlam. Dogtertjie (9) moet 15:30 by Bergvlam wees. Kontak: Marelize 083 432 6957
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Wanneer: 7-21 Desember Koste: R1 000 / tiener Vorms by die kantoor. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
ʼn Bediening onder die vroue in Masoyi benodig: O Wol en hekelpenne O Enige items waarmee hul die projekte kan versier Navrae: Antoinette by kantoor
Bring gerus kantoor toe! Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498 4256
Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle,
kom haal hulle nuusbrief in die kantoor of kontak hulle.
Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321