OaseNuus 24 Julie

Page 1

Sondag 24 Julie

My tye is in U Hande Teksvers: Psalm 31:15


Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy hierdie kwartaal die nabyheid van Here ervaar. En vandag skuil ons opnuut in die teenwoordigheid van God, mag die sagte aanraking van Sy hande jou omvou vandag en hierdie week.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

Gesinserediens

Daar sal nie vanoggend ‘n erediens wees nie. Jeug-erediens vanaand @ 17:00

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente...

Kom sluit aan by die ouers en peuters in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai. GriefShare kom nog gereeld bymekaar en so help ons mekaar om die pad te stap. As jy graag by die volgende groep, van 5 September wil inskakel, kontak Annalise 082 958 3874 nou reeds om jou plekkie te bespreek of vir navrae.

Dinsdag-aande om 18:00. Navrae: Diana 082 990 4641

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir afspraak op ʼn Dinsdagaand


Maandag 25 Julie

17:30 Kom word nuutverg. 18:00 GriefShare

Dinsdag 26 Julie

08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare

Konsistorie 18:30 Sitkamer

Gebeure in vooruitsig

Konsistorie Kerk Sitkamer

Woensdag 27 Julie

18:00 Bluetooth Ouerskap

Donderdag 28 Julie

Spesiale Kerkraadsvergadering

Bovertrek

2 Aug. 4 Aug. 5 Aug. 11 Aug. 13 Aug.

Biduur vir verkiesing Bybelskool vir Berana Volleyball begin Kerkraadsvergadering Interkerklike Gebedsbyeenkoms

Waar pas genade in ons as ouers se opvoeding proses, gesien uit ʼn Bybelse perspektief.

Wat is Tall Trees? Wat doen ek daarmee? Kom vind uit watter boompie is jy, met jou eie unieke samestelling, soos deur ons Vader aanmekaar geweef in moederskoot. Isabel se VROUEbybelstudie groep gaan hierdie kursus doen en nooi ander vroue wat vir die 10 weke wil inskakel om deel te word van die reis. Wanneer: Woensdae Tyd: 08:00 tot 09:00 Waar: Jurgens & Isabel se huis Koste: R200 vir die toets Om die kursusmateriaal betyds te kry en jou plekkie te verseker laat weet dringend vir Lorraine Steyn 083 269 7365. Kontak haar vir enige verdere navrae.


Kyk bietjie mooi na hierdie kwartaal se embleem. Sien jy die boek waarin Jesus se gelykenisse opgeteken is? Kyk hoe straal daar lig en krag uit sy bladsye. En die figuur vóór die boek? Dit lyk mos asof hy iets baie besonders ontdek het, nè? Daarom die arms só uitgestrek na bo. Dis dalk jy. Besig om Jesus se kosbare stories vir lewe te (her-)ontdek. En dan met vreugde en volheid te lewe. Kom reis saam hierdie kwartaal. Die kwartaal produkte is na afloop van die erediens onder die afdak en op die gras beskikbaar en bestaan uit die volgende: Omgeehandleiding R25 elk Lapelwapen R10 elk Plakker vir jou motor R10 elk Lapelwapen

Jeugboekie

Plakker vir motor

Gesinsboekie Daar is ook voorsiening gemaak vir die Gesinserediens en die Jeug-erediens, met hul eie unieke materiaal. Die Jeug ontvang hulle boekies by die Jeug-erediens. Die inligting vir gesinne word weekliks op die gemeente APP geplaas. Kom put uit die stories van Jesus toe Hy gelykenisse vertel het en sodoende lewenslesse vir ons nagelaat het. Moenie hierdie kwartaal misloop nie, jy kan ook jou eie storie met ons deel aan die einde van die reeks.


Die Jeugbediening woeker en ondersteun CMR as hulle hul hande, voete en tyd gee om fondse in te samel. Tydens Caltex Fresh Stop se tweede verjaarsdag is sekere produkte as spesiale aanbiedings aangebied, wat die jeug “bemark” het aan besoekers, daarvan is gedeelte na CMR en groot dank aan Fresh Stop wat die donasie aangevul het tot die ruim R 5000,00. Groot waardering vir almal se ondersteuning. Die volgende projek is Dinsdag 23 Augustus as die jeug gaan “shadow” by Big Bear Spur. ʼn Stewige persentasie van die aand se omset word geskenk aan CMR. Hierdie flinke kelners kan nie wag om jou te bedien nie. Ondersteun hulle gerus daardie aand, maak nou reeds ʼn “afspraak” in jou dagboek van 18:00—20:00 daardie aand.

Laai die gemeente se APP (Toepassing) af by... Android gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore. Tik in:

Mylpale 1 Julie Elsie Coetzer Johann Venter Spurgeon & Erica v Wyk Mulandé du Plooy 2 Julie Boet Botha Bettie Smit Jannie & Marie vd Merwe Steve & Jennie Schroeder 3 Julie Andre & Kobie Botha Bertie & Jeanette Pieterse Bruce Macaulay 5 Julie Martiens Stander 6 Julie Gert vd Merwe Braam & Poppie Haasbroek Letitia Habib 8 Julie Babs Dehrmann 9 Julie Andre Thirion

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!

82 Verjaar 71 Doop 49 Huwelik 39 Doop 76 Verjaar 71 Verjaar 56 Huwelik 33 Huwelik 45 Huwelik 34 Huwelik 33 Doop 63 Doop 47 Belydenis 42 Huwelik 30 Doop 81 Verjaar 44 Doop

10 Julie Anna van Dyk Chris & Marna Loots 11 Julie Isabel v Aardt Rieteke Berrington 12 Julie Marthie Duminy 14 Julie Martiens Duvenage 18 Julie Frik Botha 19 Julie Abraham & Frieda Visser 20 Julie Ben Terblanche Carel Dannhauser 21 Julie Koos Nell Bettie de Villiers Pierre & Wima de Villiers 22 Julie Koos Janse van Rensburg Frikkie Engelbrecht 24 Julie Ken & Mariëtte Absalom

75 Verjaar 34 Huwelik 89 Verjaar 70 Verjaar 83 Verjaar 91 Verjaar 73 Verjaar 36 Huwelik 78 Verjaar 73 Verjaar 77 Verjaar 70 Verjaar 32 Huwelik 86 Verjaar 73 Verjaar 34 Huwelik


Gebedsfokus Ons bid saam vir…. .

t Con Taljaardt, wat Woensdag oorgeplaas is na Medi-Clinic, ons bid ook vir Gesina, wat

t t t t t t t t t t

hom liefhet en ondersteun. Chris Venter vir ‘n geskikte nier, mag God Con en die skenker voorberei... Jan & Lynn Viljoen se gesondheid – op ‘n stadium was hulle saam in die hospitaal. Wilna Claassen & Ansie Potgieter, wat tans behandeling ontvang vir kanker en ook almal wat onder behandeling is. “Here, ons dra die ouers van die dopeling laas week, Hailey, aan U op en bid dat hulle die erns van die ooreenkoms wat hulle met U gesluit het sal besef en dat hulle haar sal groot maak tot eer van U Naam. Amen” Hester Loubser wat ‘n noodoperasie (weens retina loslating) moes kry. Ons bid vir Volkome genesing en dat daar geen komplikasies sal wees nie. Ons dra vir Dr. Roelie van Rooyen op in gebed, hy het Parkinson’s en dit gaan nie goed nie. Ons bid ook vir Angela, wat hom bystaan. “Here, ons bid nou dat elkeen wat vanoggend in U huis is, sal uitgaan en sal onthou dat kerk- wees nie gaan oor wat Sondae hier gebeur nie, maar dat kerk-wees dit is wat ons daar buite in U Naam doen. In die Naam van Jesus. Amen.” Henk Diedericks wat in Medi-Clinic ICU opgeneem was met toetse vir sy hart. Ons bid dat ‘n diagnose reeds gemaak is en Henk reeds baie beter voel en volkome sal herstel. Marieta Bekker, wat tans vir ‘n maand rehab in Muelmed hospitaal opgeneem is en steeds toetse ondergaan. Ons bid vir haar vir moed en vir die dokters vir wysheid. Ons bid steeds vir Marthinett Reyneke se broer, Cedric, na ‘n neksonar is die moontlike oorsaak van die ligte beroerte gekry en sy medikasie is aangepas. Ons sê baie dankie vir almal se gebede en belangstelling.

Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.

t Ons bid vir Alta Smith (tannie Tokkie se dogter), wat al vir ‘n week met septisemie worstel, sy is baie siek en ons bid dat God haar sal aanraak en genees. Ons volhard ook in gebed vir Willie. t Ons bid vir die geliefdes van Babie Roets (Huibri en Jason) wat in die week oorlede is, mag God vir hul Sy vrede gee en Self die trane afdroog. t Renette vra: Bid asb. saam met my vir Durand van Wyk (9 jaar) wat ‘n nieroorplanting ontvang het en steeds baie siek is, sy Pappa het in die week met hom deurgery Morningside Kliniek toe. Mag God klein Durand vashou en Sy wonderwerke in hom en sy lyfie doen. t Bid asb. saam met ons vir die Verkiesing en die uitkoms daarvan. Gebed is immers 'n geloofsbelydenis dat, bo alles, God in beheer is. Met die oog op die Munisipale Verkiesing op 3 Augustus, vra ons dat onder meer vir die volgende sake voorbidding gedoen word (SIEN TWEEDE LAASTE BLADSY VAN DIE OASENUUS) * Vir 'n vrye en regverdige verkiesingsproses sonder omkopery, manipulasie, intimidasie. * Vir die regte gesindheid van kandidate van die verskillende partye en die politieke leiers. * Vir vrede tydens en na die verkiesing, ongeag die uitslag daarvan. * Vir verkose leiers wat hulle sal beywer vir geregtigheid en vrede, versoening en positiewe nasiebou, en die verligting van armoede en werkloosheid. “Hemel Vader, Koning, U is heilig, U is volmaak en regverdig. Stel ons in staat om Heilig te wees.... soos U Heilig is. Ons dank U vir U goedgesindheid U genade U lig en vrede in ons lewens. Here, help ons onthou dat U in beheer van alle dinge is – die groot heelal sowel as die kleinste detail van ons lewens. Amen”.

Ons is dankbaar oor.. A

Ons dank U vir ‘n suksesvolle uitreik na Mosambiek. Dankie dat die span veilig terug is. En nou bid ons dat Die Gees die na-prediker sal wees van die Woord wat daar verkondig is. Seën elke saad wat daar gesaai is. A Ons wil dankie sê dat U die gebede gehoor het vir Charmaine Hartman, wat in die hospitaal was met breinvliesontsteking. Dankie dat sy so herstel het dat sy reeds ontslaan is. A Dit goed gaan by Jakaranda Huis, maar ons bly bid vir die 10 inwoners, asook vir die ander, soortgelyke tehuise. A Vir al die oproepe, gebede en ondersteuning tydens Martiens Ferreira (oud lidmaat) se operasie die afgelope tyd. Hulle is dankbaar vir die ondersteuning en die krag van gebed, Hy sterk tuis aan.


Sendeling Nuus Nuus van die Van Wyk’s Hi vriende, Ek het darem uiteindelik by die volgende Nuusbrief uitgekom. Ons en die kinders is nou met vakansie en dis net lekker om saam te kuier. Ons was lanklaas saam met vakansie, want die meeste van die tyd stem die kinders se vakansies nie heeltemal ooreen met die van die basis nie. Simoné is natuurlik in Bloemfontein, saam met die Noord-Boland hokkiespan. Hulle kom weer aan die einde van die week terug. Ons het die dag, voor sy gery het, ‘n bietjie gaan ysskaats in die Kaap. Ons belowe hulle al ‘n geruime tyd om hulle te vat. Natuurlik het ek en Dawid by die speletjies vasgehak en het ons die ysskaats gelos. Dawid het natuurlik vir ons twee ‘n “3D simulator” ry deur ‘n dinosaurus park gekies. Dit was nogal interessant en heel lekker gewees. Ons kar se “clutch“ het natuurlik besluit om in te gee, maar wat wonderlik is, was dat hy ingegee het, toe ons in Worcester in ry en kon ons gelukkig veilig by die huis kom. Baie dankie aan almal wat ons ondersteun het en dit vir ons moontlik gemaak het vir Simoné om te gaan toer. Sy het dit baie geniet en goeie ondervinding gekry.

P P P P P

P

Wat gebeur by YWAM die kwartaal? Passion and Pursuit DTS (YWAM-DTS): 24/06-01/12 Foundations for Family studies (FFS) Lecture: 24/06-17/09 Outreach: 18/09-03/12 English language school (all levels) 03/07-17/09 (Die “Walking With Wounded Children”-kursus moes ons egter kanselleer aangesien ons nie genoeg inskrywings ontvang het nie.) Annemarie maak klaar by die Engelse Taalskool. Annemarie se klas van die afgelope kwartaal het gehou van partytjie hou en as daar ‘n kans was vir ‘n partytjie het hulle dit gebruik. Vir hulle heel laaste klas sessie het hulle kom kos maak by ons in die huis en ons het lekker saam met hulle kon kuier. Annemarie sal in die volgende kwartaal natuurlik begin met die voorbereiding van die 3 maande Bybelskool wat in September begin. Bid saam met haar vir die regte personeel en ook vir haar voorbereiding sessies


met die Personeel. Bid ook vir die regte studente en dat hulle proses om Visas te kry glad sal verloop. Baie liefde en seën vir al ons vriende. God is getrou en verander nooit.

Anton, Annamarie en kinders

Nuus en wyshede uit kruger se pen

Liewe family en vrinne,

Ons is uit en tuis na die besoek aan die Kanariese eilande en die huwelik van ons seun Johann, in Las Palmas op die Gran Canaria eiland - dit was 'n besondere ervaring van natuur bewondering en die ervaring van hartelikheid en warmte by Spaanse mense. In my preek Sondag het ek daarna verwys… Ek heg dan ook 'n verwerking van my preek vir Sondag aan. Die knellende vraag by baie is: Hoekom gryp God nie meer direk en wonderbaarlik in, in die gang van die wêreld en die politiek maar ook in my persoonlike lewe nie? Ek probeer hierop 'n antwoord gee deur te argumenteer (saam met Adrio Konig), dat God 'n doelbewuste keuse gemaak het om Oorredende mag te gebruik eerder as Oorweldigende mag. Die oorredende mag sluit in Lydensmag, Bevrydende- en Liefdesmag... Gegroet in Sy Naam en hê 'n heerlike naweek. HOEKOM GRYP GOD NIE MEER IN NIE? Skriflesing: Matt 12:38 – 45 Die mense van Nineve het tot inkeer gekom weens Jona se prediking. Die koningin van Skeba het eintlik gesoek na wysheid by Salomo. Die mens uit wie ‘n bose gees gedryf is het hom/haar dalk beroep op die wonderteken van uitdrywing en nie gevul met Sy Woord en Gees nie… Sentrale Tekse: Die skrifgeleerdes sê: Leermeester, ons wil graag ‘n wonderteken van U sien om te bewys dat U van God af kom (vs. 38) Jesus antwoord: Die mense van Nineve het op grond van Jona se prediking tot inkeer gekom… (vs 41) Die Here is barmhartig en genadig, geduldig en vol onfeilbare liefde (Ps. 103:8) HOEKOM GRYP U NIE MEER DIREK IN NIE GOD? Ons vra soms: God, waarom lyk die wêreld soos hy lyk? Waarom was daar die uitwissing van 6 miljoen Jode deur Hitler en sy magte op die allervreeslikste maniere? Hoekom het U nie die atoombom oor Hiroshima gekeer nie? Waarom moes ons Boer vrouens en dié se kinders so ly tydens die Anglo-Boere oorlog? Waarom was die menseslagting in Burundi tussen die die Hutus en Tutsis – waar was U? Waarom al die lyding in Sirië en die slagting van mense, ook Christene deur


die ISIS magte? Here, waar is U as vrouens en kinders misbruike en verkrag en vermoor word? Here, waarom verander mý situasie nie? Ek bid Here vir my kinders om meer aandag aan my te gee maar daar gebeur niks! Ek bid vir die redding van my seun/dogter maar ek sien geen resultate nie! Here, ek bid dan so ernstig vir die verbetering van my finansiële toestand maar die situasie bly maar haglik. Kan U nie maar meer ingryp en wonderwerke doen nie? Hierdie is ligitieme vrae wat ons almal maar een of ander tyd vra: Here, U is mos magtig – hoekom gryp U nie meer direk in in hierdie wêreld nie? Sal daar nie baie meer mense in U glo as U dit doen nie? Hoekom doen U dit nie? GOD IS MAGTIG GENOEG OM IN TE GRYP Maak nie ‘n fout nie – God is magtig genoeg om in te gryp! Net in Jesaja 40 onder die opskrif: Die Here het geen gelyke nie, kry ons verwysings dat Hy die God is van die natuur, van die nasies, en van afgode: Oor die natuur staan daar:

Wie anders het die oseane in Sy hand gehou? Wie het die hemel afgemeet met die breedte van sy hand? Wie het die grond van die aarde met ‘n maatemmer gemeet of die berge en heuwels met ‘n skaal geweeg (vs 12)

Oor die nasies staan daar:

Al die nasies van die wêreld is vir Hom soos ‘n druppel in ‘n emmer, soos stof op ‘n skaal. Hy tel die eilande op asof hulle geen gewig het nie (vs 15)

MAAR GOD VERKIES OORREDENDE MAG BO OORWELDIGENDE MAG In Matteus 12:38 vra die skrifgeleerdes en Fariseërs vir Jesus:

Leermeester, ons wil graag ‘n wonderteken van U sien om te bewys dat U van God af kom.

Hier is ‘n uitstekende kans vir Jesus om ‘n geweldige wonderwerk te doen en die mense te oortuig dat Hy van God af kom – dat Hy inderdaad die beloofde Messias is! Maar Jesus se antwoord is veelseggend;

Net soos Jona vir drie dae en nagte in die maag van ‘n groot vis was, so sal Ek, die Seun van die Mens vir drie nagte in die binneste van die aarde wees. Jesus sê, m.a.w. dat Sy opstanding uit die dood na drie dae, eintlik die enigste wonderteken is wat regtig nodig is. Dit moet geglo word.

PREEK WORD VERVOLG...


f

Ons bid vir Suid-Afrika: Verkiesing 2016

24 JULIE

25 JULIE

Ons gebed is dat die Kerk Ons bid vir kalmte en nie misbruik sal word deur rustigheid, sonder intimidaPolitici, om die kiesers te sie, in die aanloop tot die beïnvloed nie. Ook dat die Verkiesing… “Here, dat Verkiesing vry en regverdig daar nie haatspraak en – sal wees. aksies sal wees nie…”

27 JULIE

28 JULIE

Ons gebed is dat God “Here, ons gebed is dat verheerlik sal word, ook die Leiers wat gekies word, deur hierdie Verkiesing… U sal ken en as Koning in “God, laat U koninkryk hulle lewens kies, sodat bevorder word deur hierdie U wil, reg en geregtigheid Verkiesing…” in ons land sal geskied. Amen”

f 26 JULIE

Ons gebed is, dat daar Leiers met integriteit verkies sal word.

29 JULIE Ons gebed is dat God in detail in beheer sal wees in die aanloop tot en met die Verkiesing…

30 JULIE

31 JULIE

1 AUGUSTUS

“Here, ons gebed is ook U s’n: dat U kinders sal terugdraai na U toe, en vir eenheid in ons land…”

“Here, gee dat U kinders sal vas staan in U, met die aanloop tot die Verkiesing…”

“Here, vernuwe almal se harte en gedagtes in die aanloop tot die Verkiesingsdag…”

2 AUGUSTUS

3 AUGUSTUS

4 AUGUSTUS

Ons bid vir die Polisie en Weermaglede, wat Wet en Orde moet handhaaf, in hierdie tyd van die Verkiesing, maar ook regdeur die jaar.

Ons bid vir kalmte en rustigheid by die Verkiesingslokale, vir sowel die stemmers as die werkers.

Ons gebed is, dat die uitslag van die Verkiesing aanvaar sal word deur almal.


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

WERK BESKIKBAAR Tekenaar wat met “Revit software” kan werk word dringend benodig by maatskappy in Witrivier. Vir meer inligting besoek hul webblad by www.a3architects.co.za Stuur CV na: Heinrich heinrich@a3architects.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.