Oasenuus 10 April 2016

Page 1

OaseNuus Sondag 10 April 2016

Die Koning... is my Pa! Is God naby of ver?


Ds. Gerrie Doyer

Wat ʼn vriend Skriflesing: Jeremia 23:21-24

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy hierdie kwartaal die Koning opnuut as jou Pa ontmoet, met nuwe respek en intimiteit met Hom omgaan.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

Met jou doop Deur: Sandkorrel In die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, erken en bely ons dat jy ‘n kindjie van die Here sal wees. Voor God en Sy Gemeente gaan ons staan, om ook vir jou te gee, Oupa se naam. Jy, kosbare kindjie vir ons geleen, ons bid vir jou toe, God se seën. Mag Hy jou gee, gesondheid en krag, en ‘n lewe vol lekker, lag! Ook arms vol liefde en geluk, en ‘n rein lewe, onopgesmuk. ‘n Lewe in oorvloed vreugde en vrede, in die toekoms, maar ook in die hede. Mag Sy Engeleskaar, jou elke dag bewaar. Hom wil ons ook wysheid vra, jou deur jou lewe te kan dra. Na Jesus wil ons jou lei, jou handjie vashou, jou ook spoedig leer, jou eie handjies te kan vou. Ons plaas jou dan nou voor Jesus neer, want van Hom kan ons en jy, die heel meeste leer.

Baie welkom aan die nuwe dooplidmate: Carli, dogtertjie van Leon & Corlia Dreyer Heidi, dogtertjie van Jaco & Maryke du Toit Teagen & Jenilee, kinders van Grobbie en Annabelle Grobler Veels geluk aan die ouers met hierdie mylpaal, mag julle elke dag die koestering en vreugde van ouerskap beleef.


Gesinserediens, in die saal begin weer vandag vir die kwartaal. Alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers baie welkom!

Jeug-erediens weer vanaand, alle tieners welkom @ 17:00 GriefShare laat weet, dat daar die volgende paar weke ‘n nuwe reeks begin op 25 April om 18:00. Weens die naderkruipende winter verskuif die tyd.

Maandag-aande om 18:00 Navrae: Annalise Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings.

Dinsdag-aande om 18:00. Navrae: Diana 082 990 4641

Kontak Klara by 082 693 6596 vir afspraak op ʼn Dinsdagaand

Mylpale 1 April

2 April

3 April

4 April

082 958 3874

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!

Tom & Lizette le Roux 44 Huwelik Etienne & Deidré Kretzschmar 38 Huwelik James & Christilda Luus 33 Huwelik Hennie Germishuizen 73 Verjaar Grobbie Grobler 44 Doop Elzanne Geyer 38 Doop Carel & Anita de Jager 36 Huwelik Norval & Elize Bester 33 Huwelik Mona van den Berg 78 Verjaar At & Lien Hitge 51 Huwelik Ernie & Bessie Pienaar 33 Huwelik Monica Muller 82 Verjaar Alet Pienaar 45 Doop De Wet & Elize Oosthuizen 36 Huwelik

6 April 7 April 8 April

9 April 11 April 13 April 14 April 15 April

Martie Neuhoff Ena Thornhill Japie & Tienkie Kritzinger Thinus & Janetta Verreynne Fred Berrington Stoffel & Lena van der Wath Jan & Mara Stoltz Johan & Charlotte vd Berg Maria Stassen Louis & Rianne Marais Frik Rousseau Erica van Wyk Ben & Sonja Lombard Gert Coetzee

34 Doop 64 Doop 59 Huwelik 43 Huwelik 72 Verjaar 55 Huwelik 44 Huwelik 38 Huwelik 37 Doop 33 Huwelik 76 Verjaar 72 Verjaar 45 Huwelik 72 Verjaar


18:00 18:30 08:00 15:00 17:00 18:00

Maandag 11 April

Immergroenkursis GriefShare

Bo-vertrek Sitkamer

18:30

Donderdag 14 April

Kerkraadsvergadering Konsistorie

Dinsdag 12 April

Gebedsbyeenkoms Vrouebedieningverg. Lofdans

Konsistorie Bo-vertrek Kerk Finansiële Bedieningverg. Konsistorie DivorceCare Sitkamer

Gebeure in vooruitsig 18 April 22-24 April 19 April 20 April

Immergroenkursus Huweliksnaweek Beraders toerusting Bluetooth Ouerskap - Tegnologie & TV: Reg of Weg?

Streek Midde-Ooste Leier President Faud Masum Bevolking 37 548 000 Christen 0.7% Geloof Islam Regering Parlementêre Demokrasie In Irak, staar veral Gelowiges vanuit ʼn Moslemagtergrond moeilikhede op alle gebiede van die samelewing in die gesig. Die situasie is besonder gespanne in gebiede onder Islamitiese Staat (IS) beheer, waar Christene van alle denominasies se godsdiensvryheid ernstig geskend word. Die vlakke van geweld is baie hoog, maar Irak behaal ʼn laer telling as verlede jaar, omrede daar geen berigte van Christene wat sonder verhoor aangehou is, gedurende die oorsigtydperk, was nie. Baie Christene is intern ontwortel gelaat en het moord, ontvoering en fisiese aanranding, insluitend seksuele geweld en gedwonge huwelike, in die gesig gestaar. Kerke, kloosters en eiendomme wat deur Christene besit word, is beskadig, vernietig of gekonfiskeer – veral in Mosoel en in die omgewing van die Nineve Vlaktes. Jy kan Jesaja 26:3 bid: " U sal ʼn standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U."


Nuwe era propvol nuwe moontlikhede breek vandag in ons gemeente aan...

Tegnologie & TV: Reg of weg? Spreker is

Shaun Adams Bly ʼn kortkop voor en leer hoe om jou kind/ers se honger na tegnologie te hanteer. Wat kan ek toegee en wanneer trek ek die toue stywer... Wanneer: Woensdag 20 April Waar: Bo-vertrek Tyd: 18:00 Koste: Gratis

TIENERS WELKOM!

Bly ingelig, wees op die voorpunt van gebeurlikhede, lees die jongste nuus of luister na die laaste preke. Alles is moontlik en boonop is daar plek om jou gebedsbehoefte met ons te deel en nog vele moontlikhede! Laai die APP (Toepassing) Vandag nog af: Anroid gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore. Tik in:

Kontak soggens die kerkkantoor vir navrae.

Bybelskool vir Bereane Dit is nooit te laat om jou eie 3 jaar siklus te begin nie. Registreer op die APP of op die webblad. www.bybelskool.co.za


Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . P

P P

P P P

‘n Anonieme briefie vra: “bid asb. vir my om ‘n beter werk te kry...” Ons bid dat God elkeen van hierdie oproepe en uitroepe van voorsiening sal hoor en in detail en in Sy perfekte tyd sal voorsien. Mag ons Hom volkome vertrou en na Sy wil vra en gehoorsaam in ons daaglikse behoeftes en begeertes. Ek bid dat my ouers veilig huis toe sal kom... Die nuwe Jeugwerker by Rob: Gert Pretorius, mag God hom seën en lei om sensitief ingestel te wees deur Sy Gees om die kinders te help. Om ‘n suiwer instrument te wees en in volkome afhanklik van God te dien. herstel vir Loekie se vrou Nelmarie na die ernstige ongeluk 3 weke gelede. Hendrik Cronje, wat ‘n hartomleiding-operasie (‘n paar weke gelede) ondergaan het. Ons glo dat dit baie goed gaan met Hendrik en dat hy reeds baie goed herstel het. Ons land se regering... “Ek wil graag ‘n beroep doen op ons volk... Op kinders van ons Almagtige God: toe dit so droog was in ons land het daar oral in ons land mense saamgetrek... Stadions vol gepak om te bid tot ons God vir reën... EN GOD HET GEANTWOORD! Feitlik oor ons hele land het mense getuig oor die reën wat uitgesak het. Kan ons nie ASB nou dieselfde doen en in massas saam trek en tot ons God roep vir ‘n WONDERBAARLIKE INGRYPING waar ons land voor ‘n verkiesing staan. Dat God sal gee dat korruptheid sal uittree en God mense daar sal stel wat volgens Sy standaarde en wil ons land sal regeer. God het ons oproepe na reën gehoor... Hoekom sal Hy nou ons uitroepe na geregtigheid ignoreer. Kom ons bid! Kom ons roep na God!!! Ons land en sy mense Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


P P P

P P

P

P P

P

P

se vooruitgang en lewens is op die spel! “Here, ek glo daar is baie mense wat vandag reg oor die land saam met my roep na U. Vader, hoor ons uitroep en gryp asb. in, Here... NIEMAND is bestand teen U nie... Ons het net vir U. Sal U ingryp asb. Here, ons het U nodig... Red ons land, asb. Here! En aan U sal ons bring al die lof en al die eer. Ons vertroue is onvoorwaardelik in U. Dankie Jesus, dankie! Amen!” Bid asb. vir ons seun, dat hy ‘n standvastige werk sal kry, Here help asb! Bid vir tannie Bokkie Geldenhuys, wat stamselbehandeling ontvang, dat dit vrugte sal afwerp en die knaende pyn sal verlig. Ons bid vir Wanika du Plessis, wat haar enkel gebreek het tydens ‘n vakansie. Ons bid dat sy rustig sal wees en haarself mooi sal oppas en dat die Here haar spoedig sal genees maar ook die geduld sal gee om die genesingsproses deur te sien. Ons bid vir spoedige herstel vir Koos de Klerk, wat in Medi-Clinic was. Magda vra: Bid saam vir ‘n vriend, wat al jare sukkel om werk te kry. Die lewe is nie maklik vir die gesin nie. Daar is ‘n moontlikheid en ek wil hulle opdra aan God en bid dat dit positief sal wees. Dit sal die lewe aansienlik vir hulle verbeter... Ons bid vir Eddie Meyer, wie se Ma, Mattie in die Paastyd in Rustig Ouetehuis oorlede is (sy was 92 jaar oud). Bid asb. vir hom en Annatjie en ook susters Pam & Sylvia en hul families, mag God hulle troos en vashou in hierdie hartseer tyd. Jackie Kruger se seun, Jan het geval en is die week in Medi-Clinic ICU opgeneem, ons bid dat hy reeds ontslaan is en sommer weer voluit kan leef en sy gesin geniet. Oom Koos van Rensburg het in die week ‘n knievervanging in Laeveld hospitaal gehad, hy is diep in die 80 jaar en het onlangs sy vrou verloor. Ons bid vir die herstelproses van die liggaam maar ook van sy siel en gees in die routyd. Benjamin se draadjies, wat hulle gebruik het om die bene in sy gewrigte vas the heg, is die week uitgehaal. Ons bid vir hom, Karin en Spencer dat dit alles goed afgeloop het en dat Benjamin nou pynvry en voluit sal kan leef en speel weer. Ons bid saam Renette vir Ester, wie se (gestremde) seun van 22 jaar in die week oorlede is. God alleen weet wat die besonderse band was tussen Ma en Seun wat nou gebreek het a.g.v. die dood. Ons bid dat Sy God se troos en nabyheid intens sal ervaar in hierdie hartseer en alleen tyd.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.


Ons is dankbaar vir.. A A A A A

Wonderlike vriende en familie! Linel skryf: ek dankie die Here, vir ‘n amazing 3 jaar in Witrivier, en vir die nuwe avonture... “Ek wil net my Pappa bedank vir my seun, Luan, se werk, en Pappa Vader hom sal seën om aan te hou werk sonder om tou op te gooi” (sê Louise Vermeulen.) Dankie, Heer vir ons surrogaat! Ons sê dankie saam met Celeste en Charl Engelbrecht dat hulle na 5 maande in NICU en ‘n hartoperasie, uiteindelik Woensdag vir Caira kon huis toe vat. Celeste skryf op haar Facebook: “Ons Caira Feetjie is vandag 5 maande oud en gaan more huis toe!!! Ons is so blessed met hierdie spesiale lyfie!!! Nuwe blaadjie word omgeslaan. Gaan soos ‘n pasgebore baba voel by die huis. Dankie vir almal se gebede en omgee. Moenie ophou bid nie!

Nuusbrief van Fred en Paula Berrington

Liewe vriende, Die werk in Itepela groei so mooi. Daar is nou ‘n hospitaal gebou met Hollandse befondsing, onder Geraldo se bekwame leiding. Pedro en Aldenice is steeds besig om ‘n pastorale rol te speel en lering te gee by die verskeie kerkies in die provinsie. Pedro

het onlangs die geleentheid gekry om in moskees te preek oor Jesus. Na soveel jare se ploeg, gaan deure nou oop. Ons is so dankbaar dat Yao mense tot geloof in Jesus kom. Daar het nou al sowat 6 moskeeleiers en 270 Moslems in die omgewing tot bekering gekom. Paula het nou begin bid saam met ‘n paar ander mammas by Hoërskool Punt in Mosselbaai. Enige skool het maar gebed nodig en mens is dankbaar as die skool oop is daarvoor. Paula het gaan hoor by die skool of sy ‘n gebedsgroep kan begin en twee


dae later kom ‘n mamma met dieselfde versoek, dis nou bevestiging! Ons is steeds betrokke by maandelikse Bybelstudies met al die gr. 4-7 kinders by Laerskool Vorentoe. Fred het ook ‘n boodskap gebring by die laerskool hier in Friemersheim. Ons het ‘n kort seminaar saamgestel uit “T he World needs a Father” van Cassie Carstens en ander materiaal. Ons het ons eerste kursus aangebied en sien uit om meer en meer vaders toe te rus in die omgewing. GEBEDSVERSOEKE: P

Bid asseblief vir Ouma Nellie in die hospitaal in Ermelo, dat sy werklik Vader se nabyheid sal ervaar.

P

T hailand:

P

Die werk onder die Yao in Mosambiek.

P

Herlewing in Wolwedans en Friemersheim.

P

Paula en die kinders se beskerming by die huis.

Baie dankie en baie seën! Fred, Paula, Timon en Mikael Berrington

Nuus van Danie & Esther Hierdie artikel deur Jaco Strydom het die afgelope week in Beeld verskyn, ons het die op die gemeente se Facebookblad gedeel, maar sal graag dit met almal wil deel. Daar is mense wat moeilikheid soek. Aspris. Op ’n goeie manier. Hulle is soos daai ouens van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) wat wanneer daar ’n storm opsteek en almal hul strandsambrele opvou en van die see af wegvlug, in die storm invaar om ’n boot in die moeilikheid te gaan help. Of soos brandweermanne wat in brandende geboue instap. Sou jy hierdie mense daaroor uitvra, sal hulle antwoord dat dit juis in die storm of in die vuur is waar hulle die lewendigste voel. Die NSRI bestaan juis omdat daar dikwels moeilikheid ter see is. As niks ooit aan die brand geraak het nie, was daar nie iets soos brandweermanne en -vroue nie. Christene is veronderstel om sulke mense te wees. Mense wat kies om ’n lig te wees juis daar waar dit die


donkerste is. Mense wat nader gaan wanneer daar ’n krisis is, nie wegvlug nie. Danie en Ester van Niekerk is twee sulke mense. Terwyl baie Suid-Afrikaners vandag oorsee gaan om ʼn beter en veiliger lewe elders op te soek, het hulle oorsee verhuis na ’n plek waar daar nog meer moeilikheid as hier is. Hulle woon tans in Masedonië tussen duisende Siriese vlugtelinge wat geen heenkome het nie en bedryf ’n projek genaamd Café -Mercy. In ’n stadium het die groep vlugtelinge daar met tot 5 000 mense per dag toegeneem. Met min tot hul beskikking, te min middele en te min hande, doen hulle wat hulle kan om hoop te bring. ’n Klomp mense sal natuurlik nou vra waarom hulle dan oorsee gaan – hier is mos genoeg moeilikheid in Suid-Afrika. Die feit is: As volgelinge van Jesus nie hul eie land verlaat en grense oorgesteek het om die liefde van Christus met die wêreld te deel nie, was nie een van ons vandag Christene nie. Ons voorouers was nie Jode nie; hulle was heidene wat deur sendelinge bereik is wat met groot moeite en groot risiko grense oorgesteek het. Dis wat Christene doen (of veronderstel is om te doen). Hulle soek juis die plekke op waar die nood die grootste is. Die donkerste plekke ter wêreld is veronderstel om die hoogste prioriteit van die kerk te wees. Dikwels is die teendeel egter waar en word die meeste geld en tyd deur gemeentes bestee op gemaklike plekke waar daar eintlik reeds ’n klomp lig is. Elke nou en dan hoor jy van nog ’n kerk wat geplant word in ’n voorstedelike woongebied waar daar reeds ’n klomp ander kerke is. Waarom dan nie eerder in ’n plakkerskamp of tussen die haweloses in die middestad nie? wil ’n mens vra. Verbeel jou ’n klomp brandweermanne moet besluit waar hulle ’n nuwe brandweerstasie gaan oprig en hulle begin rondsoek vir ’n omgewing waar die brandgevaar die minste is. In ’n wêreld waar daar reeds soveel kerke is, kan dit ’n enorme uitwerking hê as Christene weer die oergewoonte van die vroeë kerk kan aanleer: om die moeilikheid op te soek – en juis ’n lig te wees daar waar dit die donkerste is. http://www.netwerk24.com/…/jaco-strydom-die-mense-wat-moeil… JacoStrydom/Beeldrubriek Ondersteun asb vir Danie van Niekerk met hulle werk in Sirië. Ek het vanoggend 'n epos van hom gekry waarin hy sê dat 44% van mense wat hulle help kinders is. Hulle is baie geïsoleerd en het dringend nog hande en fondse nodig. Hy skryf vanoggend in sy epos: " . . . 'n vrou staan daar met 4 kinders onder 7jr, haar man het voor hulle verdrink 3 dae terug en die bootjie kon nie stop nie, Mehdi en Saeed wat vir 5 ure moes swem en twee kinders moes red, of oom Mansul Mal en sy vrou Bibigul wat deur Turkye gestap het vanaf Afghanistan en in die berge moes slaap, en Maryam wat haar ondervragingsletsels wys - komplimente van die polisie. Die onregverdigheid en onwaardigheid was vir my ook net een teveel toe ek ‘n tannie tot in Serbie moes stoot (4km)in ‘n kruiwa . . . die onvergeetbare episode in ons lewe gaan ons ook veranderd laat na dese, daars nie n How-to manual hiervoor nie .


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. 1 Slaapkamer woonstel in Macadamia te huur. Nico & Annesti, die vorige jeugwerkers by Hoër- Vanaf 1 Mei. 084 608 6107 skool, is opsoek na ʼn 2 of 3 slaapkamer huis so Kontak: gou as moontlik. Moet asb. kinder- en diere vriendelik wees. Kan ook buite Witrivier wees. 1 Slaapkamer woonstel met loft in Rose Bridge Manor te huur vanaf 1 Mei. Dubbel toesluit Kontak: Annesti Motorhuis. Onmiddellik beskikbaar. Ongelukkig 082 922 5959 geen diere. Kontak: Ursula HUIS EN WOONSTEL TE HUUR 082 660 9996 3 slaapkamer huis met oop plan kombuis te 013 - 751 3566 huur op plot net buite Witrivier. Veiligheidsom-

SOEK WOONSTEL OF HUIS TE HUUR

heining. Ongelukkig geen diere. Kontak: oom Attie 013 - 751 3293 072 395 5468

Ons benodig asb. MANSKLERE & MANSSKOENE. Broeke (lang / kort) nr. 32-36 Hemde Small, Medium, Large T-hemde Small, Medium, Large Onderklere Kouse Skoene nr. 8-10 Kontak asb. vir Antoinette by die kantoor.

Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af  Gaan na die “App Store” op jou selfoon  Soek “SnapScan”  Laai die applikasie af (so 5MB)  Maak die toepassing (App) oop

Stel die toepassing (App) op  Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan jou naam en telefoonnommer  Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging  Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App) moet in tik  Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV nommer  Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die “Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

APP af:

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

NG Kerk Witrivier KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.