Oasenuus 13 maart

Page 1

OaseNuus

;

e

e

Koรถrdinate vir die koninkryk Die simboliek van die BRIEFIE in die logo

Jou uitnodiging na die koninkryk, berei jouself voor om aan te sit by die feesmaal.


Ds. Jurgens de Jager

Sondag 13 Maart

As jy hierdie nie weet nie gaan jy spyt wees Reg vir die groot fees Skriflesing:

Openbaring 19:5-10

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy vanoggend met die laaste koördinaat so naby aan Jesus kom en sommer self jou briefie van oorgawe opnuut by Sy voete neersit vanoggend.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcakes vir slegs R5 Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Die TWEEDE kruiswoorde En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43)

Die SESDE kruiswoorde

Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê:

"Dit is volbring!" Johannes 19:30

Die VIERDE kruiswoorde Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “"Eli, Eli, lemá sabagtani?" Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Matteus 27:46)

Die VYFDE kruiswoorde

"Ek is dors." (Johannes 19:28)

Geloofsofferbelofte, dankie vir die finansiële en emosionele ondersteuning wat ingekom het en belowe is vir gebruik in die koninkryk. Daar is koevertjies in die kantoor.

Die DERDE kruiswoorde Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” (Johannes 19:27)


Gesinserediens in die saal vir alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers.

Die tieners nooi almal uit om ʼn aand van vermaak en ontspanning te kom geniet tydens hulle kwartaallikse Kabaret. Kom geniet hierdie aand vol pitkos, maar ook geestelike oordenking.

Almal welkom, ons begin 17:00 in die kerk.

Mylpale 24 Maart Joey Bothma Arie Muller Piet & Linda Posthumus 25 Maart Carel & Magdel Dannhauser Allan & Ewalda White 27 Maart Joey Pieterse Lyle & Kobie Robinson 28 Maart Gerrie & Chrissie v Niekerk Ben & Marianne Oosthuizen 29 Maart Jan & Barbara Lourens

74 Verjaar 74 Verjaar 43 Huwelik 49 Huwelik 38 Huwelik 82 Verjaar 42 Huwelik 47 Huwelik 30 Huwelik 64 Huwelik

30 Maart Leon & Petra Haasbroek Andre & Anita vd Walt Louis & HenriĂŤtte vd Merwe Huibrie Viljoen 31 Maart Marieta Bekker

42 Huwelik 42 Huwelik 31Huwelik 30 Doop 42 Doop

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!


Maandag 14 Maart

11:00 18:00 18:30

Koskasvergadering Konsistorie 17:15 Beraders toerusting Bo-vertrek 18:00 GriefShare GriefShare Lokaal

08:00 15:00 17:00

Gebedsbyeenkoms Vrouebedieningverg. Lofdans

Dinsdag 15 Maart

Konsistorie Bo-vertrek Kerk

Die onderdrukkendste regime in die mees onlangse tye, Noord-Korea, is vir die 14de opeenvolgende jaar bo aan Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys (WWL). Eritrea en Pakistan klim na hul hoogste posisies ooit, naamlik nr. drie en ses, onderskeidelik, en wettelose Libië verskyn vir die eerste keer in WWL-geskiedenis onder die top tien. Islamitiese ekstremisme is voordurend die hoofdryfkrag van vervolging in 35 van die top 50 lande met godsdienstige nasionalisme en diktatoriale paranoia toenemend as hoofoorsaak van vervolging. Twee lande wat die hoogste klim – Eritrea en Pakistan Ook bekend as die “Noord-Korea van Afrika”, is Eritrea onder die geledere van die lande wat die slegste vaar met betrekking tot godsdiensvryheid, persvryheid, regssoewereiniteit en ander menseregte. Die dryfkrag agter die vervolging van Christene is eerstens president Afewerki se diktatoriale paranoia. Enige Christen wat dit durf waag om hulself uit te spreek oor die optrede teen Christene, word gearresteer of in hegtenis geneem, ongeag hulle status. Die wêreld se tweede grootste Moslemland, Pakistan, het na die nommer ses posisie geklim en behaal die maksimumpunte in die kategorie vir geweld, en is te same met Nigerië die enigste land wat hierdie puntetelling behaal het. Die vlakke van druk is hoog in alle sfere van die samelewing en radikale Islamitiese groepe, eerder as die staat, staan aan die spits van vervolging. Die begin van die oorsigtydperk het afgeskop met die moord op ʼn Christenpaartjie, wat werksaam was in ʼn steenoond en het ʼn hoogtepunt bereik met twee selfmoordbomaanvalle op twee kerke in Lahore op 15 Maart 2015, waar 25 mense gesterf het en talle beseer is. Hierdie openlike geweld verskuil die daaglikse mishandeling van meisies wat gereeld ontvoer en verkrag word, en gedwing word om te trou en hulle tot Islam te bekeer. Die Nuwelinge Die 2016 WWL het twee nuwelinge: Niger en Bahrein tree toe tot die lys op die 49ste en 48ste posisies onderskeidelik. Die

17:30

Woensdag 16 Maart

Manne 4x4 naweek gesprek Konsistorie

Bluetooth Ouerskap Dr Thelma Laubscher

Voorportaal

Donderdag 17 Maart

Moz-uitreik span

Konsistorie

verspreiding van Boko Haram na Niger se grondgebied het geweld teen Christene en vrees onder die Christen-bevolking drasties laat toeneem. In Bahrein, het die sultan se stelselmatige implementering van sjaria-wetgewing reeds begin om die openbare uitdrukking van Christenskap in dié land te beperk. In ʼn kommerwekkende verwikkeling het die toetredingspuntetelling tot die top vyftig met bykans vyf punte gestyg. Die verbryseling en verdrukking Die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys is uniek, nie slegs as ʼn instrument wat die vervolging van Christene jaarliks meet nie, maar ook omdat die metodologie ontwerp is om die manier waarop Christene verdruk word, in vyf spesifieke areas te meet, naamlik – private lewe, gesinslewe, gemeenskapslewe, nasionale lewe en kerk lewe. Dit meet ook die insidente van geweld teen Christene deur te fokus op verkragtings, moord en die afbrand van kerke. Die lande waar hierdie verdrukking die ergste was, is: Somalië, Noord-Korea, Eritrea, Afganistan, Maledive, Irak, Iran, SaoediArabië, Jemen en Sirië. Die hoogste vlakke van geweld teen Christene was in Nigerië, Pakistan, Irak, Sirië, Mianmar, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Egipte, Meksiko, Soedan en Indië. Geopende Deure berig dat daar wêreldwyd meer as 7 100 Christene doodgemaak is vir geloofsverwante redes tydens die oorsigtydperk. ʼn Toename van byna 3 000 mense in vergelyking met die konserwatiewe syfers van die 2015 WWL-oorsigtydperk. Statistiek toon ook dat omtrent 2 406 kerke aangeval en beskadig is. Dit is dubbel dié van die 2015 WWL-tydperk. Die doel – Om die mense agter die syfers te ondersteun Die Geopende Deure Wêreldwaarnemingslys is die enigste jaarlikse opname van die toestand van godsdiensvryheid vir Christene wêreldwyd. Dit word eerstens gepubliseer as ʼn hulpmiddel vir die media om bewustheid te skep. Tweedens word dit gepubliseer sodat politici ingeligte besluite kan neem en derdens sodat kerke wêreldwyd vir hul broers en susters op die frontlinies kan bid en hulle kan ondersteun.


Vader . . 20 Maart 21 Maart 22 Maart 23 Maart 24 Maart 25 Maart 26 Maart 27 Maart

Palmsondag 08:30 Kerk Paasoordenking 18:30 Kerk Paasoordenking 18:30 Kerk Paasoordenking 18:30 Kerk Paasoordenking 18:30 Kerk Paasnagmaal 18:30 Kerksaal en Bybelse-ete Goeie Vrydag Meditasie nagmaal 09:00 tot 15:00 Stil Saterdag Sonsopkoms byeenkoms 05:30 by Hoërskool Rob Ferreira paviljoen Opstandings-erediens 08:30 Kerk

Goeie Vrydag van 12:00 - 15:00 was ’n “donker” tyd vir Jesus. Daarom word ons stil. Kom gerus, vanaf 09:00 - 15:00 alleen of saam met jou gesin en beleef hierdie spesiale tyd. Die kerk sal ingerig wees met verskeie nagmaalstasies waar jy/gesin saam die nagmaal geniet. By die deur sal ‘n dokument wees waardeur jy werk en stil word om jouself voor te berei vir die Nagmaal.

Ons benodig PALMtakke vir volgende Sondag, bring asb. kantoor toe teen Donderdag. Laat weet asb vir Hannatjie (072 563 7823) as sy op jou takke kan reken.

Bloedbevlek loop Jy en strompel na Jou dood my lewensbrood. Jou skerpgemaakte doringkroon . . my ewige Hemeltroon. Tree vir tree, is Jy op pad om vir my die ewige lewe te gee. Jy val neer, alweer en weer. Jy vergewe my, keer op keer . . Houtsplinters en spykers gemeng in jou vlees . . sodat ek vir ewig.. Jou kind kan wees. Heleen van der Merwe

Daar is daagliks ʼn stukkie oor lydingstyd op die gemeente se Facebook-blad. Ons plaas dit met vergunning van Mosaik gemeente.


Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . P P P P P P P

P

Doreen Botha se seun, Johan. Hy het Dinsdag, 8 Maart, ‘n nekoperasie ondergaan in Gauteng. Ons bid en glo dat die operasie ‘n sukses was en bid vir Johan se hersteltyd, dat dit volkome mag wees en met die minimum pyn en ongemak. “Here gee ons wysheid in die besigheidsbesluite wat ons moet neem.” Jorina, wat Donderdag-oggend ‘n skoueroperasie in Pretoria ondergaan het. Mag die Here haar help met geduld vir haarself en haar liggaam in die genesingsproses. Adel van Niekerk. Sy is tans op aggressiewe kankerbehandeling. Bid asb vir haar dat die newe-effekte min sal wees en dat die behandeling sal werk. “Here, U is my Rots, dis aan U en U beloftes waaraan ek tans klou... Here ek het ‘n wonderwerk nodig, asseblief Here mag my man U ken en liefhê soos ek U liefhet. Yvonne Mnisi’s family and loved ones, who is one of the people that is trapped underground at Lily Mine, Lexin, who is a family member asks: “Please continue praying as prayers are so very powerful. Pray that rescuers will find the trapped 3 persons soon.” Con Taljaard vra dat ons vir sy dogter, Helena in Johannesburg moet bid, sy het ‘n “virus in haar beenstruktuur”... Ons bid vir Helena, Con en die ander geliefdes wat haar bystaan maar ook vir die dokters betrokke vir akkurate diagnoses en behandeling en wonderbaarlike genesing en herstel. Elizabeth Dreyer is vroeër die week opgeneem in Medi-Clinic met breinvlies ontsteking. Ons dank God dat haar infeksietelling reeds so goed afgeneem het en sy getuig van haar belewenis van God se teenwoordigheid... Sy het nog baie seer en is moeg maar ons glo dat sy reeds by die huis aansterk en bid dat sy vinnig weer heeltemal gesond sal voel.

Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


P

Ons bly bid vir Danie, wat vroeër die week vir die eerste keer in 5 weke se arm opgelig het. Hy het ook die week begin eet. Sy familie is opgewonde want hulle sien elke dag God se hand oor Danie se lewe.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER!

Ons is dankbaar vir.. A A A A A A A

Die heerlike reën wat Woensdag begin val het. Ons glo dat God dit laat val het waar dit die nodigste is en bid dat die damme en riviere steeds voller sal word. Jaco & Inge se kuier. En die werk wat God in en deur hul lewens doen om Sy koninkryk te laat kom! Die finansies en emosionele ondersteuning aan die Geloofsoffer belofte. God ken elkeen se hart en sal ons lei en seën. Keaton Botha, wie se kritieke toestand (waarvoor ons laas week gebid het), baie mooi gestabiliseer het, ons bid vir spoedige herstel steeds. Saam met Charles Burger, dat die kwaadaardige melanoom vroegtydig ontdek is en skoon uitgesny kon word. Dankie Here, U is in beheer! Tannie Sarie Burger, wat soveel beter is na haar siekte - ons dien waarlik die Groot Geneesheer! Chantelle Trollip se genesing reeds en sê net weer dankie vir die Here se beskerming oor haar in die grusame ongeluk. Help haar met geduld om te herstel van haar beserings, Heer!

WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za


Ons Jeug bid vir..

t My vriendin se ma is in die hospitaal met kanker en dit gaan vreeslik sleg. Wil net vra t t

t t t t

dat almal sal bid vir haar en vir krag vir my vriendin en haar familie. Taya-Chené vra: ”Gaan saam Lize-Marie, wat deur haar perd geskop is en wat nou in die hospitaal is. Amen.” Donna Swart en Bernise Gouws vra ook voorbidding vir Lize-Marie wat deur haar perd geskop is. “Beskerm asseblief my suster teen alle aanslae van dit wat boos is. Laat daar ‘n totale verandering in haar plaasvind en dat sy sal vrede vind.” Liefde - hoop ens. Reën, Geo-eksamen, Wisk-eksamen, Vriendskappe. Gesondheid - Kos - Voorreg vir vriende en familie. Dankie vir nuwe vriende in my lewe, liefde, tweede kanse.

NUUS VAN ONS SENDELINGE

Liewe Gebedsvriende, Wees gegroet uit die noordooste van Mosambiek! Dit is byna nodig om myself weer van nuuts af bekend te stel! Ja, ek moet bely dat dit vir ‘n lang tyd stillerig op hierdie front was. Nie omdat nuusgebeure afwesig was nie. Inteendeel! 2015 was vol dinge en gebeure en ek dank diegene van julle, wat groot geduld openbaar met my wisselende skryfritme en wat periodiek van julle laat hoor het. Ek is so dankbaar dat daar so ‘groot groep Hefsiba vennote is, wat gereeld vir ons bid en op vele wyses ondersteun, ongeag of daar elke maand ‘n nuusbrief arriveer. Ek bely dat ek nie gereeld genoeg geskryf het nie, en ‘n leegte gelaat het. Ek verbind my tot gereëlde en tydige terugvoer langs hierdie weg, asook periodieke berigte via die Facebookblad van die Getuienisaksie.


DIE SEISOENE DRAAI Saam met die hele suidelike Afrika, wat die knellende droogte so intens ervaar, is dit ook nie anders hier by ons nie. Ek verstaan dat die situasie in die suide, rondom Maputo, veel erger is, as wat hierbo ervaar word. Die reëntyd het nie soos gebruiklik mid-Desember begin nie. Verspreide buie het met Kersfees kollerig uitgesak oor die noorde en ook in die suide van Malawi. Daar is naarstigtelik begin plant, net om te ervaar dat opvolgreën nie gekom het binne die broodnodige tyd nie. Plek-plek kan jy nou sien dat baie mashambas (landerye) geen opbrengs gaan lewer nie. Meeste Mosambiekers het ʼn stukkie grond, waarop ‘n bestaansboerdery bedryf word. Dit gee mieliemeel, aartappels, patats en ook tabak wat ‘n hele seisoen se voeding en inkomste verseker. So, al lyk dit alles mooi groen op die oomblik hierbo, gaan hierdie streke ook ‘n erge winter binne. Plek-plek lyk dit belowend, maar tussen-in is daar skade. Ons gebede gaan ook steeds oor die droogtesituasie tuis en elders in die suidpunt van Afrika. Die weer en klimaat in Mosambiek is steeds vir my ‘n groot leer-ervaring. Tydens ‘n sielkunde lesing onlangs, wat gehandel het oor emosionele uitdrukking en wyses van ekspressie, het ons gekyk en geluister na o.a. kunsvorms as ‘n manier hoe die mens uiting gee aan sy gevoelens. Ek speel toe Vivaldi se Vier Seisoene Opus 8, voor ek poog om van die belangstellende studente hulle individuele gewaarwordinge te ontlok. Met die eerste gedeelte, Lente, gaan dit sukkel-sukkel. Hulle deel met die klas sensasies van opgewondenheid, afwagting van vars en nuwe lewe. Toe ek dit so effe geïntegreer en wil deurtrek na dit wat die komponis wil oordra, is daar stilte. Toe die konneksie met seisoene nie gemaak kan word nie, en ek nie op die Portugese woord vir Lente kan kom nie, staan een dapper student op en laat blyk dat so ‘n woord nie bestaan nie, en “in Mozambique we only have 2 seasons, winter and rainy season.” Nou ja, ‘n les in meer as net emosionele uitdrukking! Ons bly maar altyd op hoogte van die veiligheidsituasie in die land. Vrede is maar orals ‘n brose kommoditeit. In Mosambiek ook. Daar is op die oomblik maatreëls in plek, waarvolgens voertuie vanuit die suide konvooibegeleiding geniet. Andersins gaan die lewe voort, terwyl gebede om vrede en stabiliteit orals opgaan.


2015: IN NABETRAGTING Na ‘n geslaagde akademiese jaar by Hefsiba, loof ons die Here dat die maatreëls, wat in plek gestel is, ons bekommernisse suksesvol kon aanspreek. Danksy groot genade, kon die jaar op dankbare wyse afgesluit word en is ons reeds weer op spoed met ‘n verskeidenheid aksies en projekte. Hefsiba is stewig op pad om sy plek in te neem as ʼn volwaardige Christelike Universiteit. Eksamens het vlot verloop en ons het weer ‘n goeie slaagsyfer in al 3 Fakulteite behaal. Dit bly steeds vir my ‘n belewenis om te ervaar, in watter moeilike persoonlike en finansiële omstandighede meeste van ons studente studeer en presteer, sonder protes, opstand en rewolusie. (Mag daar gou vrede en rustigheid op SA kampusse kom. Ons bid saam.) Vanuit die Ekonomie & Sielkunde Fakulteite het 46 studente hul Honneurs-studies voltooi. Weens logistieke redes is ons gebruiklike Desember gradeplegtigheid verskuif na 30 April 2016. Hiertydens sal ongeveer 60 student, van al drie ons Fakulteite, grade en Diplomas ontvang. Nadat ek Dirk die volgende dag in Pretoria afgelaai het en my dogter, Alexandra kon oplaai het ons so vêr soos Wilgeheuwel Hospitaal se Ongevalle Afdeling gevorder. By die ontvangstoonbank het my kragte ingegee en het ek 'n paar dae later in die Intensiewe sorg-afdeling weer tot my sinne gekom. Lewerversaking was die diagnose. Daar is later vasgestel dat ek die Hepatitus A virus lank onderlede gehad het, en dat die impak op my lewer moontlik vererger is deur malaria. Na nog 'n week in isolasie is ek ontslaan en kon by my familie aan die Wesrand aansterk op 'n dieët van liefde, sorg, beetsap en pille. Volgens die arts wat my behandel het, is my herstel 'n wonderwerk. Dit is klaarblyklik totaal ongewoon dat 'n mens kan oorleef, nadat jou liggaam vir so 'n lang tydperk in 'n toestand van lewerversaking was. Ek, en die geliefdes om my, weet dit was. Aan God die eer! Baie dankie vir al die gebede en goeie wense. Ek maak die afleiding dat ek nog heelwat werk het om te doen. Deesdae voel ek goed, eet selektief, en het weer begin oefen. Ek het heelwat tyd verloor aan voorbereiding vir die nuwe akademiese jaar en Portugees leer, maar is besig om in te haal. Elke dag is ‘n geskenk! Bo alles, het ons nodig dat u vir Hefsiba bid vir : P Opregte soeke en openheid vir God se leiding. P Wysheid en oorgawe. P Toewyding... Moed. P Beskerming teen die magte van die duisternis.

CRISTO ACIMA DE TUDO! CHRISTUS BO ALLES!


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. SOEK WOONSTEL TE HUUR

SOEK SAAMRYGELEENTHEID

Pensionaris soek woonstel om te huur, kan slegs R 2 000/m bekostig. Kontak: Deleen 072 495 8933

Soek geleentheid weeksdae van Witrivier 07:00 (begin werk) na Nelspruit en terug 17:00. Sal help met brandstof. Kontak: Hennie 079 459 5539

WOONSTEL TE HUUR 1 Slaapkamer woonstel met stoep in Bon Accord te huur. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: Bertie 083 628 0209

Soek geleentheid van Witrivier 07:00 na Nelspruit en terug om 16:00 daagliks. Kontak: Manina 076 531 4958

SOEK WERK Persoon met ondervinding as Produksiebestuurder is dringend op soek na werk. Kontak: Henry 082 494 1203

Ons benodig asb. MANSKLERE & MANSSKOENE. Broeke (lang / kort) nr. 32-36 Hemde Small, Medium, Large T-hemde Small, Medium, Large Onderklere Kouse Skoene nr. 8-10 Kontak asb. vir Antoinette by die kantoor.

Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af  Gaan na die “App Store” op jou selfoon  Soek “SnapScan”  Laai die applikasie af (so 5MB)  Maak die toepassing (App) oop

Stel die toepassing (App) op  Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan jou naam en telefoonnommer  Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging  Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App) moet in tik  Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV nommer  Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Wat is volgende ??????

“Like” ons by NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

?

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.