Sondag 14 Augustus
Die saaier se droom Skriflesing: Matteus 13:18-23
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5
Gesinserediens
Daar sal nie vanoggend ‘n erediens wees nie. Jeug-erediens vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Kom sluit aan by die ouers en peuters in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Die nagmaal is ʼn gedagtenismaaltyd Die Here het by die instelling van die nagmaal gesê: "Gebruik dit tot my gedagtenis." In die nagmaal dink ons terug aan die lewe van Jesus, en in die besonder ook aan sy dood op Golgota. Wanneer ons die brood en die wyn sien, sien ons in ons gedagtes die hele lydensweg van Jesus voor ons afspeel: hoe Hy Homself verneder het deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem; hoe Hy van God verlate was en uitgeroep het: "My God, my God, waarom het U my verlaat?", sodat ons nooit deur God verlaat sal word nie.
26-28 Augustus by Petra Instituut Bespreek gou! Navrae: 073 241 2598
Stories vir Lewe Kom reis saam hierdie kwartaal. Die kwartaal produkte is na afloop van die erediens op die gras beskikbaar en bestaan uit die volgende: Omgeehandleiding R25 elk Lapelwapen R10 elk Plakker vir jou motor R10 elk Daar is ook voorsiening gemaak vir die Gesinserediens en die Jeug-erediens, met hul eie unieke materiaal. Die Jeug ontvang hulle boekies by die Jeug-erediens. Die inligting vir gesinne word weekliks op die gemeente APP geplaas. Skakel gerus in by die Sondagmiddag 15:00 Omgeegroep, hier by die kerk. Kontak Ds Jurgens as jy belangstel.
Maandag 15 Augustus 17:30 Kom word nuutverg. 18:00 GriefShare
Konsistorie 18:00 Bedieningsvreugde Sitkamer
Bovertrek
Vrydag 19 Augustus
Dinsdag 16 Augustus 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 17:00 Lofdans Kerk 18:00 FinansiĂŤle Bedieningverg. Konsistorie DivorceCare Sitkamer
Mylpale 10 Aug. Poppie Oosthuizen Kokkie Pitout Sannie Williamson 12 Aug. Chris Duminy Martie Freysen 13 Aug. Jeanette Beauzec 14 Aug. Rita van Wyk Gerty Saunders
Donderdag 18 Augustus
71 Verjaar 71 Verjaar 36 Belydenis 81 Verjaar 81 Verjaar 76 Verjaar 80 Verjaar 74 Verjaar
17:30 Volleyball uitspele
Kerksaal
Gebeure in vooruitsig 23 Aug. 30 Aug.
Vrouebedieningvergadering Basaarvergadering Eiendomsbedieningvergadering
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 16 Aug. 18 Aug.
19 Aug. 20 Aug.
Chanie Bowring Fanie & Dinelia Brink Carel & Elize Nel Babie Roets Wim van Aardt Annamarie Viljoen Joey vd Heever Jannie vd Merwe
33 Doop 41 Huwelik 41 Huwelik 89 Verjaar 84 Verjaar 70 Verjaar 88 Verjaar 79 Verjaar
OaseDankfees is ‘n BASAAR propvol lekkertes! Die kleurvolle karakters is reeds besig om in die agtergrond te woeker, hulle vra groot groot groot asb BESTANDDELE. Bring dit nou reeds kerkkantoor toe. ‘
,
,
Volleyball-nuus! Vrydag het die “sports” begin, die grootste toernooi, naas die Olimpiese Spele! . So stof af jou tekkies en jou ondersteunershempie. Kom geniet elke Vrydagaand hierdie spanningsvolle toernooi. Daar is ook boereworsrolle te koop @ slegs R20 elk, dit sal vanaf 17:30 gereed wees.
Kom stap saam in die opbou en geesvang tot die Basaar. Navrae oor enige aspek van die Basaar:
Hannatjie 072 563 7823
Produktetafel het ‘n benoudheid wat met die droogte gepaard gaan... As jy weet waar kan hul groente teen goeie prys aankoop, laat weet asb vir Pieter Reyneke. Bydraes ook baie welkom!
ʼn Kerkbasaar is sinoniem met ʼn Poedingtafel! Stel jou voor ons hou basaar sonder die suiker-sonde van die Poedingtafel... Dan is dit nie meer ʼn basaar nie. Help asb. om hierdie tafel te laat kreun onder die soete verleiding van koue of gebakte poedings en natuurlik liters en liters vla. Ook as jy kan kom help bedien die dag met die basaar is jou vlytige hande baie welkom! Navrae:
Jeanette 076 753 4975
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.
Aantal
Die Here jou God... sal jou in ‘n goeie land bring: ‘n land met waterstrome, met fonteine en riviere wat in valleie en berge ontspring, ‘n land met koring en gars, wingerde, vyebome en granate, ‘n land met volop olyfolie en heuning, ‘n land sonder armoede, waarin jy... niks sal kortkom nie... Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. Deuteronomium 8:6-9, 17-18
450 425 400 375 350 325 300 275 250 225 200 175 150 125
445
427
GEMIDDELDE KERKBYWONING (Belydende Lidmate = 1 777) 410 387
384
372
R’000
TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Werklik Begroot
800 750 700 650 600 550 500 450 400 350 300 250 200 150
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
P
P P P P P
Gebedsfokus Ons bid saam vir…. .
Anoniem vra: “Bid asb. vir my en my huisgesin, dat ons verkeerde invloede sal vermy, regte keuses maak. Die Heilige Gees ons lei elke dag in alles wat ons doen en sê.” Marieta Bekker, wat baie pyn ondervind en sy voel baie onseker en siek. Bid asseblief vir haar en die Medici. Anton Kotze, oud-chiropraktisyn, wat in die hospitaal is met inwendige bloeding, hy is ernstig siek. Ons hou hom en Lydia in ons gebede, mag die Here Anton aanraak en sy liggaam herstel en versterk. Hannetjie Wiid is in Steve Biko Hospitaal. Sy het 10 Augustus ‘n dubbele hartklepvervanging en ‘–omleiding ondergaan. Phil laat weet dit het goed afgeloop en alles is wel. Baie dankie vir almal se gebede. Erna se Pappa, sy skryf: “My pa is gister opgeneem met bloedklonte op pad na die longe...” Ons bid dat hierdie probleem reeds opgelos is en dat hy sommer reeds baie sterker voel. Nellie Labuschagne, asook Alta en Sonja Prozesky (Buhrmansdrif), wat in die hospitaal opgeneem is, ons bid dat dit reeds baie beter gaan en dat hul spoedig en volkome sal herstel.
Ons is dankbaar oor.. A
“Here, dat die Stemdag rustig en vredevol afgeloop het. U is in beheer van ons land! Amen” A Vir kalmte en rustigheid tydens en na die verkiesing – Dankie Here! A Hannes en Rina skryf: Liewe Gebedsvriende, ons innige dank aan julle almal wat ons so Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.
getrou ondersteun het die afgelope week met Hannes se siekte: jul gebede, elke besoek, elke oproep en boodskap wat ons gedra het in hierdie tyd. Hannes is tuis en ons prys die groot Geneesheer, dis so wonderlik om deel van hierdie familie te wees. Liefde... A Dankie vir Con Taljaard se lewe en die mooi herinneringe aan hom (hy is verlede Vrydag oorlede). Ons bid in hierdie dae vir Gesina en sy familie. A Klein Riann Badenhorst wat Donderdag saam sy Pappa Jos kon huis toe gaan sodat Jeff, Jeanne en Hannah hulle nuwe boetie kan ontmoet en ouma Jeanne en oupa Riann kan help “pop” speel terwyl mamma Danelle steeds elke dag bietjie sterker word. Ons prys die Here dat sy nou weer kan gesels omdat die ventilator uit is en ons glo dat sy vinnig uit ICU sal kom en saam almal by die huis kan wees. Ons bly steeds bid vir ‘n wonderwerk vir haar niere. WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za
Nuus van danie en ester
Die betekenis van die lewe... Daar het alreeds ‘n jaar verbygegaan vandat ons vir die eerste keer daarvan bewus geword het dat daar desperate mense deur Masedonië beweeg wat op soek is na hoop. Ons het bewus geword van God se roeping en ons moes gehoorsaam en probeer om ‘n ligpunt te word op hul moeisame reis. Natuurlike rampe soos vloede, aardbewings, tornado’s, vuur en wind beïnvloed jaarliks duisende mense wêreldwyd, maar hier het ‘n ongeëwenaarde tsunami oor ons gespoel. Café Mercy (ons projek waar hulp aan vlugtelinge gegee word en waar ons die afgelope maande intens by betrokke was) het geworstel met vlaag op vlaag mense wat by die stasie, Tabanovce, aangekom het en ons kon by tye beswaarlik aan die
aanvraag om hulp voldoen. Toe ons begin het om kos, koffie en tee aan die vlugtelinge te verskaf het ons sommer die “amptelike” noodverleningsplan geword, want daar was nie enige infrastruktuur beskikbaar op die stasie nie. Om honderde duisende honger en bang mense te bedien, is net so uitdagend as om vir hulle kos voor te berei. Die regering en formele noodverleningsorganisasies was werklik onvoorbereid op die stroom van mense wat deur die land beweeg het. Café Mercy, saam met Legis en ‘n paar ander nie-winsgewende Moslemorganisasies (ook NGO’s) was verantwoordelik vir die voedsel- en drankvoorsiening. Die NGO’s het ongeveer 3 000 kospakkies per dag vanaf September 2015 voorsien. Sonder hierdie hulp sou daar sekerlik baie meer mense omgekom het. Ons dank God wat mense gebruik om te voorsien. Dit is werklik ‘n grootse ervaring om te sien dat daar wêreldwyd mense is wat bereid is om mense in nood, soos die vlugtelinge, te help. Elke mens wil maar net aanvaarding, liefde, sekuriteit, vreugde en hoop vir ‘n beter toekoms hê. Ons moes na maniere soek om met mense te identifiseer en om met hulle te kommunikeer. Almal wat by Café Mercy betrokke was, het vele betekenisvolle gesprekke gevoer --- en kosbare oomblikke beleef! Tydens die mees uitdagende tyd, toe 1 200 mense permanent in en om die stasie gebly het, het spanne van Global Challenge Expeditions vir ons vanaf Maart tot Mei 2016 kom help. Daar is van hulle gevra om ondankbare werk te doen; hulle het gedien, hard gewerk, betekenisvolle gesprekke gevoer en daardeur wonderlike verhoudings gebou. Hulle was soos manna uit die hemel. Julle bydraes die afgelope maande het onder andere gehelp om 29 000 kinders sonder ouers te begelei. Tot dusvêr is daar 69 000 liter tee en koffie, 4 800 kg suiker en 30 000 kg vrugte by Café Mercy uitgedeel. Hierdie operasie verg ‘n reuse logistieke koördinasie tussen die spanlede en om Café Mercy te laat funksioneer, moes die spanlede al meer as 90 000 km aflê. Ons het vroeg soggens om 07:00 begin en tot 0:300 die volgende oggend gewerk om tot vyf treine vol vlugtelinge wat daagliks arriveer te bedien. Die rekord aantal vlugtelinge op een dag was 10 000. Dit het broekskeur gegaan by tye met die kwik wat gewissel het van -15˚ tot 39˚C. Gedurende Januarie en Februarie was dit vir weke benede vriespunt. Die byna onmenslike toestande waaronder die vlugtelinge moes oorleef is een oggend om 02:00 beklemtoon toe ‘n trein met 800 mense op die stasie aangekom het en
hulle nie ingelig is oor die verhitte UNHCR-fasiliteite wat beskikbaar was nie. Die vlugtelinge --- oues, siekes en klein kindertjies moes kilometers na Serbia se grenspos stap in -15˚C. In Europa kom daar steeds duisende vlugtelinge vanaf Sirië, Afganistan en NoordAfrika aan wat reeds die stormsee in lendelam en oorlaaide bote aangedurf het. Hulle stroom om en oor mure en bewaakte treinstasies in hul desperate poging om weer ‘n veilige hawe te vind. Dit word ‘n “krisis” genoem, maar hierdie woord impliseer dat daar ‘n probleem is wat ‘n einde het. Dit is egter duidelik dat die vlugtelingkrisis hier is om te bly. Europese politici wil dit nie erken nie, maar daar het ‘n een-en-twintigste eeuse globale politieke krisis ontstaan. Politieke en ekonomiese migrasie is ‘n werklikheid. Vandag is Tabanovce ‘n vlugtelingskamp met geen werksmoontlikhede nie. Die vlugtelinge ontvang hul daaglikse porsie kos en water en word dan gevra om te wag... hopeloos, passief, met geen moontlikheid van hervestiging nie. Dit is nie hoe ‘n lewe geleef behoort te word nie – dit is net ‘n bestaansmoontlikheid! Niemand kan verbaas wees dat hierdie ontwrigte mense steeds die gevare trotseer om oor geslote grense te probeer kom nie. Die getalle in die kamp het beduidend gedaal. Vlugtelinge maak van verskillende roetes gebruik om na die Wes Europa te te gaan, maar om verskeie redes bly talle ook agter. Hulle het dringend hulp nodig. Aanvanklik het ons nooit gedink dat ons hulle gedurende Ramadan sou bystaan nie; ook nie dat ons opleidingsklasse by Vizbegovo (Skopje toevlugsentrum) sou aanbied nie, maar hulp is nodig en daarom spring ons in. Ons ervaar die voortdurende wonderwerkinge van God soos toe Jesus die vyf brode en twee vissies vermeerder het en aan die menigte gegee het. Die donasies wat ons ontvang, het dit al moontlik gemaak dat 787 384 mense seën ontvang het! Ons is so dankbaar vir julle goedheid, vrygewigheid en opoffering: Julle bydraes maak dit moontlik dat ons ons behoefte om hulp te verleen kan verwerklik en dit help ons om aan te hou om ‘n verandering in die lewe van ontwrigte families te maak. Al die ure se harde werk kom egter ook teen ‘n prys: Die persoonlike belewenis en pynlike realiteit van mense se skreiende apatie vir die veiligheid en nood van swak en brose mense is besig om sy tol van elke noodwerker en ons gesinne te eis. Medelydende moegheid (compassion fatigue) a.g.v. ‘n sterk identifisering met die hulpelose lyding en trauma wat die vlugtelinge ervaar is besig om oor ons toe te sak. Baie van ons as vrywilligers het familietyd, verantwoordelikhede en ander projekte afgeskeep om te help met die dringende nood van hierdie noodlydendes. Ons besef dat ons nie ‘n “How-to-handledisasters-for-Dummies” –werkboek gehad het nie en ons moes vaardighede aanleer wat ons by geen skool kon leer nie! Ons moes baie ure na en van ons huise na die treinstasie aflê en dit het tweede natuur en ook ‘n oorlewingsmeganisme geword om die dag se ervaringe in hierdie tyd op pad
te oordink. Ons is daagliks blootgestel aan uiters getraumatiseerde mense en het dikwels gevoel dat ons hande afgekap is, omdat ons so min kan doen. Ek dink byvoorbeeld aan ‘n ma wat een dag voor my gestaan het met haar vier kinders onder sewe. Haar man het drie dae voor dit voor hul oë verdrink en die bootjie waarop hul was kon nie stop om hom te red nie. Verder is daar Mehdi en Saeed wat vyf ure moes swem en tergelyketyd twee kinders red... die baie gestremde mense wat vir kilometers in kruiwaens gestoot moes word. Ervaringe wat my hare laat rys en wat my laat wonder wat die betekenis van die lewe is vir die vele mense. Ons is baie dankbaar dat God ons hier geplaas het om betekenis terug te gee en fonteine te wees waaruit lewende water kan vloei. Die realiteit is dat ons ondertussen nog steeds hulp benodig om te voorsien aan die mense se behoeftes en om effektief te bedien. Dit is onmoontlik om dit alleen te vermag. Dit beteken meer as wat jul besef dat julle hierdie boodskap versprei en sodoende ook ander betrokke maak.
Danie, Esther en kids Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
HUIS BESKIKBAAR ʼn Veilige 3 slaapkamer huis met 2 badkamers en heerlike kuierstoep is onmiddellik beskikbaar op plot net buite Witrivier. Ongelukkig geen diere. Kontak: Andre 072 395 5468
Jong meisie is op soek na enige kantoor werk, maar sal graag praktiese indiensopleiding wil doen. Kontak: Alicia 072 227 3908
LOSIES BESKIKBAAR SOEK WERK Persoon met opleiding in Hotelbestuur en “Chef” is opsoek na werk. Kontak: Niel 076 878 7136
Vir ʼn jong dame met sober gewoontes vanaf 1 Oktober. Dit is net buite Witrivier. Troeteldiere onder voorwaardes. Kontak: Adante 083 279 7579
j AUGUSTUS 2016 14 Here, ons wil soos die man wees wat saad op goeie grond gesaai het. Ons wil U woord hoor, verstaan en doen. Matt. 13:23
15 Die grootheid, Here, die krag, die glans, die roem en die majesteit behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. 1 Kron. 29: 11
16 Ons soek U teenwoordigheid en wil streef daarna om meer en meer in U te wees. Ps. 105:4
17 Here, ek bid dat die boodskap uitgedra word deur die kragtige werking van die Heilige Gees. 1 Kor. 2:4
18 Dankie Here, dat ek, wat ‘n klein nietige mens is deur U gebruik kan word. Matt. 13:31-33
19 Dankie Here, dat ek deur Jesus toegang het, tot die ewige lewe. 1 Pet. 1:23
20 Here, dankie dat U Woord betroubaar en vir ewig is. 1 Pet. 1:25
21 Dankie Here, dat U ‘n God van liefde is. Dat U my ten spyte van dit wat ek verkeerd doen, met ope arms terug verwelkom. Luk. 15: 23
22 Dankie Here, dat ek met al my kommer, vrese en vreugdes na U toe kan kom. Matt. 7:7 &8
23 Here, dankie dat niks vir U onmoontlik is nie. Luk. 18:27
24 Here, ons staan vas op U Woord. Kol. 4:2
25 Here, help ons dat ons met vertroue bid. Hand. 2:25 - 27
26 Here ons gee Sondag se eredienste hier en in die wêreld vir U. Laat ons met verwagting en ‘n oop gemoed na U luister. Hand. 20:32
27 Vader, open ons oë en verstand, dat ons vergewings-gesind sal wees. 1 Joh. 1:17
28 Here, selfs as ek struikel kan ek aan U vashou. U rig my weer op. 1 Sam. 2:4
29 Dankie Here, dat U nie ons ons sonde toereken nie, maar ons vergewe. Ef. 2:4-5
30 Here Jesus, help my om te vergewe, soos U my vergewe. Kol. 3:13
31 Here, ons gee ons land en sy leiers vir U. U weet van ons probleem, maar nie teenstaande dit weet ons U is in beheer. Ps. 31:15 & 16a
Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by
Gemeente
NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier
NG Kerk Witrivier
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos nuus@ngwitrivier.co.za