OaseNuus Koรถrdinate vir die koninkryk Die simboliek van die KOMPAS in die logo Om daagliks met die Woord van God en deur gebed by Hom tyd te spandeer, sal seker maak dat jou kompas ingestel is op ware noord en sal versoekings en uitdagings nie jou van die pad van ons Vader neem nie. Dit sal jou na die koninkryk lei na waters waar daar vrede is.
Ds. Nati Stander
Sondag 14 Februarie
Kompas na ware noord Toegang tot die koninkryk Skriflesing:
Markus 1:14 en 15
Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jou kompas se ware noord vanoggend weer nuut ingestel word vir Sy koninkryk. Ook tydens jou aansit by die Nagmaaltafel.
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Filterkoffie is R 10. Tee en kitskoffie is gratis beskikbaar.
Spesiale Valentine-cupcakes beskikbaar vanoggend @ R5. Kom bederf jou geliefde! Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Die TWEEDE kruiswoorde En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43)
by die stukkende brood het ek skaam soos die aarde waarin die koring dood is lewe kom eet by die stukkende druif se trane het ek
wat die korrels gebreek het gedrink by die stukkende maal het ek geëet en gedrink en heel geword Koos vd Merwe
Gesinserediens in die saal vir alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers. Baie welkom en geniet hierdie nuwe reis saam met ons gemeente. Vertrou dat julle vanoggend nuwe koördinate sal ontvang vir jou geestelike reis.
Vrouebediening
Baie dankie vir elke vormpie wat ons terug ontvang het. Elkeen wat haar hande uitsteek en om te help word met ope arms ontvang en verwelkom! Daar is nog tyd om jou vorm in die kollektemandjie te gooi of by die kantoor af te gee. Daar is ook nog vormpies by die kantoor beskikbaar. Ons kontak jou eersdaags, jou hande en voete word met graagte in die gemeente ontvang. ♥-groete Hannatjie
Teelepeltjie-ete Hierdie nuwe inisiatief van die Vrouebediening laat my met opwinding! Wat is dit... Die ete bestaan uit kos wat met ʼn teelepel geskep, geëet en geniet word. Elke gesin bring ʼn eenskottelgereg, kan kies uit sout, groente, slaai of soet. Die geregte word uitgepak en ons skep almal uit almal se bakke en eet heerlik lepeltjie vir lepeltjie saam. Dink solank aan watter gereg gaan jy vir ons berei. Volgende week is die invul vormpie beskikbaar. Ons wil kontroleer dat daar nie te veel van een gereg en te min van ʼn ander is nie. Gesels dan verder... Wanneer: Waar: Tyd: Navrae:
Sondag 28 Februerie Onder die afdak 11:30 Hannatjie 072 563 7823
18:30 08:00 17:00 18:00
Maandag 15 Februarie
GriefShare
GriefShare Lokaal
Dinsdag 16 Februarie
Gebedsbyeenkoms Lofdans DivorceCare Beraders toerusting
Konsistorie Kerk Sitkamer Bo-vertrek
Donderdag 18 Februarie 18:30 18:00
Kerkraadsvergadering Konsistorie Bybelskool Bovertrek
Vrydag 19 - Sondag 21 Februarie Ontmoet die Gees naweek by Ella
Gebeure in vooruitsig 23 Feb. 24 Feb. 25 Feb. 27 Feb. 28 Feb. 29 Feb.
Eiendomsbedieningvergadering Bluetooth Ouerskap saam met Dr. Thelma Laubcsher Bybelskool vir Bereane Rustig Basaar Teelepel-ete Skrikkeldag
Dit is weer tyd vir Rustig Basaar !
Laat weet asb. waar jy kan help Bel / SMS / WhatsApp
Hannatjie 072 563 7823
27 Februarie
Soos gewoonlik hanteer ons die
koek-en-gebak-tafel, en ons benodig jou hulp.
a BESTANDELE - Kan nou al vir
ons afgelaai word by Kerkkantoor a BAK - vir ons koeke, beskuit, terte (soet & sout), koeksisters of enige iets wat lekker is! a HULP - word dan ook benodig vir die oggend van Rustig se basaar.
Ons het die Church Communicator gekanselleer. Dankie aan die getroue ondersteuners, jul kan gerus die program “uninstall” op jul rekenaars. Daar sal geen verdere kommunikasie deur daardie kanaal wees nie. Kommunikasiebediening ondersoek alternatiewe kanale en sal graag met iemand wil gesels wat kennis het oor die gebruik en agtergrond van ʼn 5 nommer-sms stelsel. Kontak gerus vir Antoinette by die kantoor. Die Facebookblad van die gemeente is propvol inligting.
Na afloop van die Jeug-erediens word hul soms bederf met melkskommel, maar daar is ʼn nood aan lang plastiek glase om genoeg van die lekkertes aan hul te bedien. As jy glase het sal hul dit graag oorneem. As jy dalk ʼn geldjie wil gee om aan te koop, kontak Antoinette by kantoor of Gerda by 082 418 1835
Kom kamp saam in 2016, daar is verskeie kampe!
Berg & Dal naweek 27 Wanneer: 19-21 Februarie Waar: Ella Combrink Navrae: Alec 082 858 8163
tot
29 Mei
Bespreek direk by SANParke vir die naweek. Laat weet ons nie later as 4 Maart by kerkkantoor@ngwitrivier.co.za sodat ons alle reëlings aan jul kan deurgee.
Bosnaweek vir enkellopendes Wanneer: 4-6 Maart Waar: Struwig Eko-reservaat in die Balule (Groot 5 wêreld) Navrae & besprekings: Ds Jurgens
Kom Word Nuut kamp Wanneer: 11-13 Maart Waar: Ella Combrink Inskrywingsvorms beskikbaar by Heleen by kantoor
Die volgende herdenkings... 8 Feb. Henk Roos Bertus Slabbert 9 Feb. Annalene Germishuizen 10 Feb. Venter Suzette Spies Rene Eloff Marietjie Willers Thea Bekker Tina Marais Willem Marais Ina Roos Koos Botha Christo Pieterse
Mylpale
35 Doop 35 Belydenis 53 Belydenis 92 Verjaar 79 Verjaar 77 Verjaar 71 Verjaar 54 Belydenis 48 Belydenis 48 Belydenis 48 Belydenis 36 Belydenis 36 Belydenis
Baie geluk aan elkeen wat hierdie
Pieter Slabbert Lizette Slabbert 11 Feb. Coenie vd Spuy Jan Botha JD Cilliers Pieter de Jager Jannie Slabbert 12 Feb. Leon Celliers Chris Schutte Chris Steenberg Sias Stoltz 13 Feb. Babs Maree Carin Greyling
mylpaal bereik! 36 Belydenis 36 Belydenis 83 Verjaar 55 Belydenis 37 Belydenis 37 Belydenis 37 Belydenis 50 Belydenis 50 Belydenis 50 Belydenis 40 Belydenis 99 Verjaar 78 Doop
P
P P
P P P P
P
Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . Jakkie Kruger, dit gaan nie goed met haar gesondheid nie en ons bid dat God haar fisies en geestelik sal aanraak en genees. Willie en Fransie Boshoff vir rustigheid. Willie het ‘n breinoperasie ondergaan die afgelope week. Mag God Sy vrede en lewe hier gee. Benjamin van der Walt, ‘n graad 1 seuntjie wat verlede naweek van sy fiets af geval, en altwee armpies gebreek het. Die operasie is gedurende die afgelope week uitgevoer. Ons bid vir Benjamin vir volkome en spoedige herstel. Ons bid ook vir Spencer, Karen en die 2 ander boeties, wat vir Benjamin moet bystaan. Tannie Bokkie Geldenhuys is met akute osteoporose gediagnoseer, maar die neuroloog voel daar is geen waarborg dat ‘n operasie suksesvol uitgevoer kan word nie. Sy verkeer in baie baie pyn, mag God haar aanraak en haar pyn draaglik maak. Laetitia Bull het geval en haar skouerknop gebreek en bisep spier geskeur. Sy ervaar baie pyn en ongemak. Ons bid vir wysheid vir die Ortopeed en genesing en verligting van Laetitia se pyn en ongerief. Piet en Magda Coetzer en spesifiek hul ouers wat nie gesond is nie. Mag God genesing en krag gee. Danie, wat so sleg seer gekry het, Belinda deel: “Danie went into theatre and all went extremely well! His (skull)brace is fitted and he has a monitor on his brain. Although still sedated he has shown reaction to certain things. The power of prayer is amazing! Please keep praying for a complete recovery!” Ons bid spesiaal vir Belinda en Andries haar man se ma is Sondagaand oorlede. Die roudiens was Vrydag. Here droog hierdie familie se trane af en staan hulle by in hierdie traumatiese tyd.
Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.
P
Ons bid vir die Bundu eienaars en personeel wat moet opruim, plan maak en skadebeheer toepas na die verwoestende brand. Ons dank God vir die guns wat daar steeds was.
A
A
Ons is dankbaar vir.. “Marinda getuig: Soos ‘n arend opvlieg na die Hemel, waar die son deur die wolke skyn, kan jy ook op vlerke van geloof en hoop vlieg tot daar waar onrus verdwyn. Wees stil en weet, ons VADER is die HEER Hy ken elkeen se pyn, bekommernis, probleme, verlange en Hy ken ons diepste donkerste wese. HY is met ons en krag gee die HERE elke dag opnuut in ons. Kom ons bring na HOM, al ons laste, kommer en vrese. Wees stil, Jesus sal sorg! Ons dank God vir die reën wat geval het en vertrou Hom vir meer reën waar dit so dringend nodig is.
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.
Ons jeug bid vir..
t Vriendskappe en gebroke hart... t Verhoudings... Soveel verhoudings raak die jeug: tussen mekaar, tussen seuns en dogters,
t t t t t t
tussen leerders en onderwysers en kinders en hul ouers. En dit het soveel impak op ‘n kind se lewe en hoe hulle oor hulleself dink en hul verhouding met God ervaar. Mag God ons kinders se anker wees en mag Sy liefde vir hulle groot wees, dat hulle dit sal ervaar en daarin sal leef. Toetse... Mense sonder kos. Gaan saam met mense met donker harte. Liefde en omgee. Awesome vriende deur dik en dun. Nuwe vriende x.
WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za
NUUS VAN ONS SENDELINGE Liewe Witrivier vriende, Dit is wonderlik om te sien hoe die Here die nuwe gelowiges toerus en bemoedig, soos wat hulle deur Sy Woord lees en daaroor dink. Die nuwe gelowiges hier het baie in gemeen met die nuwe gelowiges in Handelinge. Soos Alfred se groepie manne deur Handelinge lees, lees hul van die nuwe volgelinge van Jesus en hoe hul saam gekom het om mekaar te bemoedig en saam te eet, dit het die mense hier ook laat besluit om bymekaar te kom! Toe hul lees van hoe sleg die ander Jode die nuwe gelowiges behandel het, hulle gedreig het en hulle wou laat vrees, het die mense hier presies geweet hoe dit voel! Ander uit ons dorp het hulle beledig, hulle gespot en gedreig dat hulle op die verkeerde pad is – als om hulle te probeer oortuig om Jesus en Sy weg te los, maar God se Woord is lewendig en kragtig en bemoedig hulle keer op keer. Die koste om Jesus te volg is hoog en mag dalk net hoër word, soos die tyd aanstap. Bid asb. dat hulle sal vas bly staan! Alfred het die afgelope weke baie een-tot-een gesprekke met mense hier gehad en weer die boodskap van verlossing met hulle gedeel. Baie van die mense het gesê dat hulle dit glo as die Waarheid. Ons bid dat baie na Jesus sal keer en net op Hom sal staatmaak vir hul redding! Hierdie Saterdag kom hulle almal weer saam vir kerk, bid asb dat dit ’n geseënde tyd sal wees! Verlede week het ek en Alfred by ‘n ouerige tannie gaan kuier – sy het getrou die lesse bygewoon, maar kom nie nou meer nie omdat sy op haar landery moet werk, anders het haar gesin nie kos nie. Alfred het heelwat verduidelik en toe het Mario, wat saam gegaan het, haar gevra of hy ook iets kon deel. Soos wat ek daar onder die klein afdakkie in die gietende reën sit en luister na sy getuienis val dit my op dat hierdie so ’n spesiale oom-blik is. Jare bid ons nou al vir hierdie mense en hier sit een nuwe Yao gelowige en sonder enige tierlantyntjies deel hy met haar sy storie – sy storie van God se ingryping in sy lewe! Dit het my diep geraak.
God het ’n storie vir elk van ons. Hy wil hê die Yao moet na Hom kom. Ja, daar is baie hindernisse om te oorkom, maar Hy gee om, Hy is hier en Hy het Sy Woord vir hulle gegee. Ons bid dat deur die geskrewe Woord, die audio Bybels en die getuienisse van die nuwe gelowiges baie na Hom sal draai! Bid ook asb. vir ons wat regmaak om op ons tuisbesoek van 3 maande te gaan. Drie van ons het erge verkoues en veral Bernard en Stefan het slegte hoese! Ons het nog baie om te doen voor ons Vrydag Lichinga toe kan ry!! Onder andere moet Alfred nog ons watertenk en kragopwekker regmaak! Ons ry Saterdag oggend baie vroeg uit Lichinga (die seuns het nog een laaste Jeuggroep byeenkoms) en dan ry ons tot na aan die Zimbabwe grens (15-16 ure se ry)! Sondagaand, D.V. hoop ons om in Musina aan te kom na nog ’n vol dag in die kar! Dan ry ons Maandag na Phalaborwa. Dit is ’n lang pad en veral in die reënseisoen so bietjie meer van ’n uitdaging! Bid asb. vir ’n veilige reis – die pad is gewoonlik naas modderig ook vol gate, fietse, mense, bokke en hoenders!! Baie dankie vir julle gebede!
Belinda, Alfred en die seuns.
‘n beroep van kruger BECOME COMPANIONS IN SPREADING THE TRUTH 3 Joh vs 5 - 8 (The Message) “It’s good work you’re doing, helping these travellers on their way, hospitality worthy of God himself! They set out under the banner of the Name, and get no help from unbelievers. So they deserve any support we can give them. In providing meals and a bed, we become their companions in spreading the Truth.” Liewe family en vrinne, RAAK MEER INTENS BETROKKE BY SENDING EN SENDELINGE In die 14 jaar wat ek en Antoinette sendelinge in Mosambiek was, was hierdie verse die sleuteltekste van ons uitstuurspan in Suid-Afrika. Mense wat die Evangelie verkondig buite die gewone gemaksones van ‘n gevestigde gemeente, veral in transkulturele bedienings, verdien ekstra hulp van gelowiges! Sendelinge, evangeliste en leraars wat die grense moet deurbreek van taal, kultuur, dikwels landsgrense, behoort te kan reken op die morele-, logistiese-, gebeds-, kommunikasie- en finansiële ondersteuning van die ‘sendende’ gelowiges. Ja, Johannes stel die hulp aan ‘reisende gelowiges’ as ‘n natuurlike plig van gelowiges en nie eintlik as ‘n keuse nie. Dit lê in lyn met Paulus se beredeneringe in Rom 10:14-15: “Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die Boodskap bring? En hoe sal hulle die Boodskap bring as hulle nie gestuur word nie?Daarom sê die Skrif: ‘Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!”
Grootskaalse, historiese Christenmigrasie 12.5 miljoen Midde-Oosterlinge is vlugtelinge. Hoewel die persentasie van Christene onder hulle nie bekend is nie, moet dit egter ʼn aansienlike getal mense wees. Aleppo was een van Sirië se mees Christelike stede, maar teen die lente van 2015 het die getal van Christene in dié stad gedaal vanaf bykans 250 000 na minder as 40 000 in die vierjaar-lange burgeroorlog. Minder bekend is die tienduisende Christene wat woonagtig is in die 12 sjaria-state van noordelike Nigerië, waar 27 miljoen Christene tweedeklas-status beklee en derduisende vlug nou voor die antiChristen geweld van die Hausa-Fulani veewagters in die Middel-Belt streek. Dit veroorsaak astronomiese getalle interne ontwortelde mense in noordelike Nigerië, en onder hulle is baie Christene. In Kenia vlug baie Christene vanuit die areas waar Moslems in die meerderheid is. Derduisende mense trotseer die woestyn en mensehandelaarbendes om uit Eritrea te vlug en talle beland in Europa, waar die Verenigde Nasies se Vlugtelingagentskap in November 2014 gesê het dat 22% van alle vlugtelinge wat die Italiaanse kus bereik, uit Eritrea heet. Selfs Pakistanse Christene vlug na lande in Suidoos-Asië op soek na toevlug as gevolg van vervolging. Ekstremisme is steeds goed befonds Bewyse dui daarop dat Saoedi-Arabië en Katar vir IS finansier het, hoofsaaklik in ʼn poging om Iraniese uitbreiding stop te sit, en dit is welbekend dat die Pakistanse intelligensie die faksies van die Taliban in Afganistan finansieel ondersteun om strategiese belange in dié buurland te handhaaf. IS verkoop ook olie aan die Turke, die Siriese regering en selfs Koerdiese elemente, alhoewel Westerse invloede dit mag verander. Ekstremiste bewegings is kenners op die gebied van fondsinsameling vir georganiseerde korrupsie en misdaad. IS, afgesien van hulle eie olieinkomstes, ontvoer steeds Christene in ruil vir geld en meer as 300 Christene word tans in Sirië vermis. In dele van Latyns-Amerika het dwelmbendes beheer
oor hele streke en belas hulle selfs kerke. In Somalië, het Al-Shabaab op verlore grondgebied gereageer deur hulself as wetstoepassers uit te verhuur aan stamme in plaaslike geskille. Christene kry altyd die swaarste wanneer hierdie gewelddadige bewegings hulle geldsakke volmaak. Soos een Christen mis troostig gesê het, “vol geldsakke beteken ook vol kiste.” Etniese suiwering as ʼn anti-Christen taktiek In die Midde-Ooste en Afrika vind vervolging plaas in die konteks van etniese suiwering of massamoord. In noord, noordoos en die Middel-Belt van Nigerië, asook in Sirië, Irak, Soedan (Nuba Bergreeks), Somalië, en noordoos Kenia dui vervolging op ʼn patroon wat sistematies ondersteun word deur staatsen nie-staatsrolspelers. In die Middel-Belt streek in Nigerië, word Christene onder dwang uit hul huise en inheemse land deur die Hausa-Fulani setlaars gejaag. In Kenia is Christene uitgesonder en op meer as een geleentheid in die styl van ʼn teregstelling doodgemaak. In Soedan, word Nuba-Christene geteiken en doodgemaak. In al hierdie lande, vind vervolging plaas met die doel om Christene te verwyder of selfs uit te wis. Die Goeie Nuus Tog is daar goeie nuus. ʼn Indiese gesegde lui, “Kinders gooi net klippe na ryp mangobome toe,” en vervolgde Christene wêreldwyd sê gereeld, “Ons word vervolg omdat ons iets reg doen, en hierdie vervolging wys dat ons ryp vrugte vir Christus is.” Sri Lanka: Boeddhistiese nasionaliste verwyder ʼn Diktatoriale President, Mahina Rajapakse, is onverwags omvergewerp in die Januarie 2015 verkiesings, nadat hy baie selfversekerd was oor ʼn oorwinning. Hy het noue bande met twee radikale Boeddhistiese bewegings gehad en sedertdien is albei bewegings baie stil. Kerke word steeds aangeval deur plaaslike gemeenskappe, maar geoorloofde geweld neem af, hoewel dit min van ʼn verskil maak wanneer Christene ʼn aanval na die tyd aanmeld. Vervolg....
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.
Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WOONSTEL TE HUUR
SOEK WERK
Ruim, gemeubileerde “bachelor” woonstel vir enkel dame. Naby Laerskool Witrivier geleë en onmiddellik beskikbaar. Volledige badkamer. Eie ingang. Ongelukkig geen troeteldiere. Geen rokers. Kontak: Franci Marie 082 563 0525
“Handyman” wat verskeie klein takies kan doen o.a. Loodgieter, dakke seël & verf en ook klein bou werkies, soek dringend werk. Kontak: Jannie Faure 072 792 5778 076 190 0838
SOEK WOONSTEL TE HUUR 2 Slaapkamer woonstel gesoek om te huur in Witrivier. So gou as moontlik. Kontak: Manina 076 531 4958
Kos en Klerekas
Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af
Elke
Maandag
word die Woord bedien aan ons kliënte. Hul ontvang ook ʼn ietsie om te eet bv. Sop & broodjie. Verder gee ons aan hulle ʼn groentepakkie. Tans knak die pryse van groente ons begroting. Weet jy van iemand by wie ons direk kan groente aankoop teen ʼn billike tarief. Kom gesels met Antoinette in die kantoor.
Gaan na die “App store’ op jou selfoon Soek “SnapScan” Laai die applikasie af (so 5MB) Maak die toepaasing (App) oop
Stel die toepassing (App) op
Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan jou naam en telefoonnommer Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App) moet in tik Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV nommer Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak
Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________
“Like” ons by
Die Church Communicator is gekanselleer. Ons ondersoek alternatiewe kommunikasiemediums
NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za