OaseNuus Sondag 15 Mei 2016
Loop jou beker oor?
Ds. Gerrie Doyer
ʼn Beker wat oorloop van dankbaarheid Skriflesing: Efesiërs 5:18-20 Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy hierdie kwartaal die Koning opnuut as jou Pa ontmoet, vanoggend opnuut besef dat jou beker oorloop en dat ons die dankbaarheid in elke faset moet soek en ook daarvan getuig.
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5
Nagmaal John Calvin het gesê: The Lord has given us a table at which to feast, not an altar on which a victim is to be offered; He has not consecrated priests to make sacrifice, but servants to distribute the sacred feast. Die Here Jesus het vir ons 'n tafel voorberei. Nie 'n tafel met brood, wyn en ander oorvloedige kossoorte nie, maar 'n tafel waarop Sy heilige liggaam beskikbaar gestel word vir elkeen van ons. Ons eet brood en dink aan Sy liggaam wat aan die kruis gehang het. En ons drink wyn terwyl ons aan Sy bloed dink wat gevloei het. Nagmaal is die heilige geleentheid waartydens ons Jesus se kruisdood herdenk, hulde bring aan Hom en dankbaarheid toon vir die groot offer wat Hy gebring het. 16Die beker van danksegging, waarvoor ons God dank, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie?
17
Omdat dit een brood is, is ons, al is ons baie, saam een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. (1 Korintiërs 10:16) Volgens James Fowler is die nagmaal: 1 'n Aksie van gehoorsaamheid; 2 'n Handeling van vereenselwiging met Jesus - "Ek behoort aan Hom"; 3 Bevestiging van 'n verbond tussen myself en God; 4 Deelneming aan 'n sakrament saam met medegelowiges; 5 Betoning van dankbaarheid vir die offer aan die kruis; 6 'n Handeling waartydens tekens gebruik word (wyn en brood); 7 'n Geleentheid vir gedagtenisviering (herdenking) aan die kruis; 8 'n Geleentheid vir selfondersoek; 9 'n Handeling van verkondiging van Jesus se dood en opstanding; 10 'n Geleentheid waartydens ek afwagting vir die ewige lewe ervaar.
Gesinserediens, alle kinders van
Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers baie welkom! Hulle vier ook vanoggend Nagmaal. Jeug-erediens vanaand @ 17:00
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... ʼn Bediening propvol uitdagings is die uitsending na die Konsistorie vir ouers met peuters. Ons weet die beeld is nie op standaard nie, maar wees verseker ons werk aan ʼn oplossing. Dankie aan die manne wat die uitsending met die videokamera behartig.
Ons nooi ouers met peuters om van hierdie diens gebruik te maak.
Maandag 16 Mei
17:30 Kom word nuutverg. 18:00 Immergroenkursus 18:00 GriefShare
20-22 Mei 22 Mei 23 Mei 24 Mei 26 Mei
Konsistorie 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie Bo-vertrek 15:00 Vrouebedieningverg. Konferensiekamer Sitkamer 17:00 Lofdans Kerk DivorceCare Sitkamer 18:00 Finansiële Bedieningverg. Konsistorie
Gebeure in vooruitsig
Kom word nuut kamp by Ella Combrink Alfred & Belinda kuier by ons gemeente Koskasvergadering Inligtingsaand saam Alfred & Belinda Peatzold Eiendomsbedieningvergadering Bybelskool vir Bereane
Mylpale 15 Mei 16 Mei
18 Mei
Dinsdag 17 Mei
Marinda Olivier 39 Belydenis Boet Botha 57 Belydenis Danie du Toit 57 Belydenis Willie & Christine Stoltz 35 Huwelik Pat Sylvester 77 Verjaar
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 20 Mei
21 Mei
Johann Venter 53 Belydenis Bokkie Geldenhuys 76 Verjaar Japie Burger 71 Verjaar Dominique Liebenberg 32 Doop Paul Meyer 70 Verjaar
Hoe lyk ons gemeente finansies? Die afgelope week het daar ʼn e-pos nuusbrief uitgegaan met inligting rakende ons gemeente se finansies. Indien jy ʼn kopie van die brief wil ontvang, gaan gesels met Antoinette by die kantoor. Indien jy oor e-posadres beskik en nie die brief ontvang het nie, stuur asb ʼn e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za met die Onderwerp: E-pos nuusbrief, die brief sal dan aan jou gestuur word. Hier is uittreksel van die brief rakende debietorders.
Die weerstand teen ‘n debietorder.
Daar is by sommige mense ‘n weerstand teen ‘n debietorder. Veral entrepreneurs is skrikkerig om hulle aan ‘n vaste bedrag per maand te verbind, omdat hulle nooit seker is hoe hulle eie inkomste die volgende maand gaan lyk nie. Hierdie weerstand is te verstane, maar is ook gebaseer op die verkeerdelike aanname dat ‘n debietorder noodwendig ‘n groot bedrag moet wees. Onthou dat ‘n debietorder enige bedrag kan wees – hoe groot of hoe klein ook al. Jou debietorder kan met ander woorde die minimum bedrag wees wat jy jou voorneem om te gee. Indien jy ‘n beter maand die volgende maand beleef, kan jy dan addisioneel gee. Moet dus nie voel dat vir ‘n debietorder om die moeite werd te wees, dit noodwendig ‘n groot bedrag moet wees nie. Al die “bietjies” maak uiteindelik in ons gemeente “baie”.
Hoe teken ek ‘n debietorder?
Sakke van Hoop Baie dankie vir elke sak wat ingebring is. Saam gaan ons hulp en hoop aan die samelewing bring.
Kom word nuut-kamp
20-22 Mei by Ella Combrink
Jy kan ‘n debietorder by die kerkkantoor afhaal of jy kan een aflaai deur op die meegaande skakel te klik. Handig dit weer by die kerkkantoor in of skandeer dit in en epos dit na elize@ngwitrivier.co.za Daar sal ‘n barometer aangebring word om die vordering van ons mikpunt met die debietorders aan te dui. Wanneer ons daarin slaag om 250 mense te kry wat konsekwent maandeliks dankoffer gee, gaan dit baie groter finansiële stabiliteit vir ons as gemeente beteken, en ons is uiters opgewonde hieroor. Wil jy nie asseblief oorweeg of jy een van hierdie 250 mense wil wees nie?
Dinsdag-aande om 18:00.
Enige navrae kontak gerus Finansiële Bediening voorsitter, Louis Marais 082 893 1518.
Navrae: Diana 082 990 4641
GriefShare laat weet, dat daar die volgende paar weke ‘n nuwe reeks begin op 25 April om 18:00. Weens die naderkruipende winter verskuif die tyd.
Maandag-aande om 18:00 Navrae: Annalise 082 958 3874
R300/persoon en R100 vir laerskoolkinders Inskrywingsvorms by kantoor, vra vir Heleen.
Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir afspraak op ʼn Dinsdagaand
Wie kan onthou?
NG Witrivier
Ons kerk brand af... Hierdie is ʼn herinnering vir baie in die gemeente, vir ander is dit slegs iets waarvan ons hoor. Oorvertel van verhale is noodsaaklik vir vaste fondamente... Daarom is dit tyd dat ons weer die verhale vertel tydens die gemeente se 75ste bestaansjaar. Die beplanning het begin en die fees vind plaas op Sondag 19 Junie, meer inligting later, maar merk die datum! Seënwens vanuit die gemeente vir die gemeente... Hierby ingesluit is ʼn geel briefie waarop jy jou seënwens vir die gemeente kan skryf. Gee dit in by die kantoor of gooi in die kollektemandjie. Ons benodig VANDAG al die wense terug.
Foto’s en verhale Pak jou boks van herinneringe uit en deel dit met ons. Ons het foto’s en verhale nodig: Bring dit kantoor toe vir Antoinette, maak net asb seker dat jou foto’s gemerk is sodat ons dit aan jou kan terugbesorg. Ons wil ʼn collage van foto’s maak wat die geskiedenis uitbeeld. As jy wil help met dié tydlyn, laat weet asb. die kantoor. Spore-uitgawe propvol antieke verhale gaan ook uitgegee word, vertel vir ons. As ons by jou moet kom kuier om die stories te hoor , laat weet ons en iemand sal jou kontak. Ons sien uit na hierdie waardevolle gesprekke. Alles moet by die kantoor wees nie later as 20 Mei.
Indien iemand ʼn advertensie wil plaas, stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za Die redaksie kontak jou met groot dankbaarheid.
Wat is ʼn verjaarsdag sonder ’n feestelike kuiertjie en koek Na die vorige lekker kuier om die Teelepeltjie-ete se tafel, beplan ons weer so ʼn kuiertjie tydens die fees. Ons benodig elke gesin wat kom se spesialiteit eenskottelgereg. Vul die vormpie in en gooi in die kollekte mandjie of bring kantoor toe. Die kos span koördineer graag almal se smul geregte en sal kontak maak met almal. Handig in nie later as 16 Mei .
Hou die partytjie datum in die oog... Wanneer: Sondag 19 Junie Waar: By die gemeentesentrum Tyd: Direk na die Fees-erediens
Lorrai-
Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . P
P P P P P P
P P
Peet Pelser, wat nog nie ontslaan kan word uit Medi-Clinic na die 4-vat hartomlyding op 26 April nie. “Here, ons bid dat U hom na liggaam en gees sal aanraak, dat U ‘n wonderwerk van herstel en genesing in sy liggaam sal gee en U vrede wat alle verstand te bowe gaan in sy, en die van sy geliefdes se gees. Amen” Frieda Visser vra voorbidding, na die skielike dood van haar sussie. Die Here is die groot Trooster en ons bid dat Frieda en haar geliefdes Sy troos in detail sal ervaar in hierdie hartseer tyd. Nellie le Roux se mammie (88 jaar). Sy is gediagnoseer met ‘n kwaadaardige gewas in haar buik en begin binnekort met behandeling. Ons bid dat die behandeling wonderbaarlik effektief sal wees en vir die minimum pyn, ongemak en newe-effekte. Hannes Raath se moeder (93 jaar). Ons bid ook vir die familie, noudat verswakking baie vinnig intree Tannie Mollie. Bid, veral vir Martie, wie haar 24/7 oppas vir krag, kalmte en positiwiteit. Die familie van oorlede Johan Mentz van Plaston. Spesifiek bid ons ook vir sy vrou, Tinkie en familie vir berusting en troos in hierdie rou-tyd. Estelle Gerber, wat wag vir MRI-uitslae vir haar nek. Sy skryf: “Mag die uitslag in God se wil wees. Ek loof en prys en aanvaar U wil”. Mag God goeie nuus gee maar ook goeie gesondheid en wysheid. Sonia Swart en gesin, na die afsterwe van Thys. Hy was vir baie jare Petra Instituut se fondswerwer. Ons loof die Here vir Thys se toegewyde lewe aan Christus en sy ywer om die koninkryk uit te brei t.s.v. 12 jaar as kankerlyer. Mag Sonia en hul geliefdes God se arms onder en om hulle ervaar in hierdie hartseer tyd. Nerica, wat steeds simptome het van ‘n virus in haar bloed, en wat ernstige kortisoon behandeling daarvoor kry. Ons vertrou God vir wonderbaarlike genesing, vir wysheid vir die Medici en vir fisiese en emosionele krag vir Nerica en haar ouers in hierdie slegte tyd. Louis van der Merwe, wat reeds 5 weke in die hospitaal is, waar sy longe steeds te swak is vir die hart operasie wat hy moet ontvang, bid ons vir ‘n wonderwerk en dat God self daar sal aanraak en Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.
P
P P P
versterk sodat Hy deur Sy dokters en verpleegsters kan werk. Ons bid vir huwelike in ons gemeente, wat verwoes word deur die vyand. Mag God ons help om vir ons huwelike te bid en om dit te beskerm en dat ons sal sterf aan onsself sodat Hy in ons en deur ons kan werk om ons huweliksmaats te seën en lief te hê soos hul nodig het om ‘n huwelik in God te hê. Ons hou weer Kom Word Nuut Kamp van 20-22 Mei en bid dat God fisiese en geestelike voorbereiding sal tref by Ella, die Personeel wat gaan bedien en elke persoon wat op die kamp gaan, dat hulle harte oop en reg sal wees vir God se nuut maak en wonderwerke! Con Taljaard se uitslae het gekom en hy is tans op kankerbehandeling, mag hierdie behandeling wonderwerke doen en mag God Con en sy geliefdes aanraak en versterk. Ons bid vir Hannatjie Wiid wat tans medikasie gebruik vir hartversaking. “Here, ons dank U reeds vir die gunstige uitwerking van die medikasie.” GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES?
Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.
A
A
Ons is dankbaar oor ‘n Wonderlike, geseënde Pinkster, gelei deur Ds. Gawie Snyman, ons is dankbaar vir die samesyn voor die Woord en dat ons weer kon vasmaak oor Wie dit gaan en God se stem net weer kon hoor vir elkeen individueel se lewens en omstandighede. Dankie vir Carien Steyn, wat die Kinderpinkster aangebied het en dat God kragtig kon werk in ons kinders se harte, asook Sy werking deur Ds. Eddie by ons tieners. Wat ‘n voorreg om vir soveel gelyktydig op hulle vlak en in hulle behoeftes te kon bedien. “Here, U is in beheer, U is ons enigste Heer... Ons loof U en bely dat ons U innig lief het en intens nodig het.” Die voorreg wat ons Jeug kon hê vir ‘n uitreik aan die gemeente in Thulamahashe (Bosbokrand), saam met Ds. Eddie en Frans van der Merwe (Gideons). Ons glo dat God hulle gebruik het om te seën en inspireer maar ook veral hulle geïnspireer het en vir hul rede tot dankbaarheid gegee het vir die “alledaagse”. Eddie gee terugvoer: “Die taxi rit was ‘n hoogtepunt en ons het nooit onveilig gevoel nie, maar wel die vreemdste kyke gekry. Die Gemeente se erns met die Here het vir ons baie beteken, en daar was so 200 besielende deelnemers aan die erediens. Ons is op die hande gedra en het na die tyd die beste denkbare ete voorgesit gekry. Dit gaan vir altyd deel wees van ons, na hierdie besondere ervaring!”
WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za
Ons Jeug bid vir..
t “Liewe Heer asb help ons om my Pa te kry om saam ons kerk toe te kom, maak nie saak wat die omstandighede is nie.”
Ons Gesinne bid vir..
j Simoné het ‘n mangeloperasie gehad en ons bid dat sy vinnig beter sal voel. j Joané, wie se sussie siek is, sy is maar 2 jaar oud, Liewe Jesus maak haar asb. gou gesond!
Van Wyk Nuus
Annemarie het weer die vlak 1 groep die kwartaal. Die klas is ‘n bietjie kleiner as verlede kwartaal. Op die foto is daar net 5 studente waarvan 2 van Angola is en 3 van Brasil. Intussen het daar nog twee studente bygekom van Angola. Veral die Angolese studente is ‘n uitdaging want meeste van hulle kan skaars groet in Engels. Annemarie maak hierdie kwartaal klaar by die ELS en sal van volgende kwartaal besig wees met die organisering van die BCC bybelskool wat gedurende die vierde kwartaal sal plaasvind. Soos van julle weet. Annemarie was voorheen ook die skoolleier van die BCC Die BCC word eintlik die Xbcc genoem omdat dit baie kreatief van aard is, en mense op ‘n verskeidenheid kreatiewe maniere God se word kan beleef. ( Die “X” staan vir “experience, express and explore”) Gebedsversoeke t.o.v. die BCC
P P
Bid vir Annemarie se beplanning en voorbereiding vir die skool. Bid saam vir die regte personeel, maar ook dat die Here die regte studente sal stuur vir die Bybel skool.
Ek het weer die geleentheid om die kinderberadingkursus (WWWC), wat deur Petra Instituut aangebied word te koördineer. Tans is die beplanning dat die kursus in die laaste 2 weke van die Julie-vakansie sal plaasvind. Riette Botha het aangedui dat sy weer beskikbaar is om vir ons die opleiding te doen. Ons is ook opgewonde dat Petra Instituut verlede termyn ‘n twee weke opleiding aangebied het in YWAM Worcester se “Family and Couples Counseling School”. Dis wonderlik om ook die verhouding tussen YWAM Worcester en Petra te sien groei. Danièlle en Simoné speel hierdie jaar saam in die o/14 A hokkiespan. Ons is omtrent elke naweek by die hokkie. Hulle albei het baie verbeter sedert laerskool en speel sommer ‘n hond uit ‘n bos
uit. Simoné speel ook sommer van die dae vir die eerstespan “goalie”. Sy is ook dan gekies vir die Noord-Boland distrikspan. Hulle toer in die Julie-vakansie na Bloemfontein. En ek is baie trots op hulle al twee. Die uitdaging vir ons is natuurlik die kostes t.o.v. die toer. Dawid het natuurlik al sy eerste twee mini-rugby wedstryde vir die 0/7 span agter die rug. Hy is natuurlik nou eers 6 so sal nog volgende jaar vir dieselfde span kan speel. Op die stadium is hulle amper veertig seuntjies. So pappa help nou afrig. Carlia is mal oor die strand en maak seker as ons by ouma in Hermanus gaan kuier dat ons by die see uitkom. Carlia het die laaste paar maande vinnig gegroei en sommer oornag in ‘n dametjie verander. Ek is dankbaar om te sê dat ek die afgelope kwartaal my laaste 2de jaar vakke van my B.Th. kon voltooi. Nou het ek nog 8 derde jaar vakke om te voltooi. Omdat ek meestal in die aande en oor naweek aan my studies werk, doen ek tans net een vak per kwartaal. Hopelik kan ek een of twee vakkies êrens indruk en voor einde volgende jaar die studies voltooi. Die Here het ook vir my ‘n deur oopgemaak om by die VCSV (Christen Studente Vereeniging) by die tweeling se skool betrokke te raak. Dis nog maar in die begin stadium, maar ek sien myself in die rol om die kringleiers te help mentor. Op die stadium het ek met hulle begin met ‘n gesprek oor “Strength Finders” en hoe uniek elkeen van hulle geskep is. P Bid ook saam vir die organisering van die kinderberadingskursus en dat die kursus ‘n groot impak in die gemeenskap sal hê. P Bid ook asb. saam vir ons beskerming. Daar is maar gereeld inbrake in die omgewing en die afgelope tyd is persone op straat beroof. P Soos ek in vorige nuusbrief genoem het beplan ek om later die jaar YWAM Duitsland te besoek. Ek kyk na einde Augustus. Bid asb saam vir die nodige finansies. P Terwyl ons in Nelspruit was het ons begin met behandeling van Danièlle se tande en kakebeen. Haar kakebeen moes of gerek word of later met ‘n operasie herstel word. Na twee jaar se behandeling in Nelspruit en ‘n jaar deur ‘n dokter van die Paarl is ons by die punt waar hulle die finale draadjies moet opsit. Dis egter ‘n ‘n verdere twee jaar behandeling, maar as ons dit nie doen kan van die vorige werk ook tot niet wees. Bid asseblief vir ons vir wysheid en dat die guns sal ervaar in die proses.
DIE GOD VAN LIG HET BESLUIT OM IETS NUUTS TE DOEN Die aarde was donker en woes en leeg - en die Gees van Lig het oor die waters beweeg. En God het besluit om iets nuuts te doen Hy het gesê: ‘Laat daar wees lig!– en daar was lig. Daar was dag en daar was nag Maar die mens het die duister liewer gehad as die Lig. Van God het hy begin vlug. “Neem, eet - die verbode vrug is net ‘n klug” - het die slang sy prooi genooi. En die mens hét hom laat verlei en van toe af het die duister alte glansryk naby aan hom en haar gebly. Kain is deur die duister bekoor en het sy eie broer Abel koelbloedig vermoor. Die rede van die mens is deur die duister versmoor en die mens het wreed geword en die beelddraers van Skepper God begin vermoor. Die mens het sy eie god geword en die Lig uit sy lewe en uit die samelewing verdryf – ja op hierdie planeet het die Lig nie meer gevind enige rustige verblyf … God het toe besluit om iets nuuts te doen. Hy red die gelowige Noag, sy kinders en alle spesies van diere van die vloed. Maar die Duister het die vloed oorleef en die mens in sy naakte dronkenskap laat boet. In die roesemoes van immoraliteit het die mens voortgeploeter in die skadu van wat hy reken is soet…
Die mens het die duisternis liewer gekry as die Lig… Maar God het weer besluit om iets nuuts te doen. Uit Ur van die Galdeërs roep Hy die vader van alle gelowiges – Abraham; “Gaan weg van jou donker verle-
de, van jou vriende, gode en familielede – ja gaan uit jou land – Ek wil God in hierdie wêreld wees van kant tot kant. Uit jou sal alle nasies geseënd wees” – so sê God se Gees. Uit jou nageslag sal Ek ‘n volk kies wat as alternatief sal dien vir die duister. Ja, uit jou nageslag sal kom die Lig wat alle nasies sal verlig,” het Jahveh gefluister. Maar die uitverkore volk het die duister liewer gehad as die Lig. Die volk het besluit om voor ‘n goue kalf te dans: “Kom ons gee dié klatergoud mensgemaakte beeld ‘n kans.” Vir God en sy Tien gebooie op die berg het hul hul eenvoudig vererg! Israel kies toe hul eie leier en dié begin vroeg-vroeg te lieg en te bedrieg. Saul het die volk verlei om nie meer hul sondes aan Jahveh te bely. Profete het gewaarsku teen die duister weë van bose regeerders en hul onderdane – maar hul het gebly in hul mensgemaakte duister bane. Die Ryk het geskeur – jy kan nie aanmekaar teen God beur… Maar God het besluit om iets nuuts te doen. Uit die stam van David sou Iemand kom om die mens weer met sy Skepper te versoen. En die God van Lig stuur sy eie Seun –na ons planeet wat van swaarkry kreun en steun. Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God – Jesus die Christus is uitverkore – Hy is vir ons gebore! Tussen ons het Hy geleef, genees, geleer en gedien. Vir die eerste keer kon baie bevry word van hul sonde en sien!. Ja, die ware Lig wat alle mense kan verlig het nederig gekom – en baie mense het in die strale van sy Lig begin te blom… Maar die vyand het die duister liewer gehad as die Lig. Die mensemoordenaar en leuenaar was woedend en in sy donker bui het hy besluit om God se kinders te vervolg en te verlei. Die ligdraende kerk van Christus het begin om onmeetlike pyne en verdriet te ly. Sommiges is gearresteer en as weerlose prooi in gevangenisse gegooi. Ander is met die swaard in twee gesny of onthoof en van alle menswaardigheid beroof. Ander is aan pale opgehang, of het op brandstapels gesterf terwyl hul van pyn kerm en huil. Ander het arm voortgestrompel en moes selfs in donker grotte skuil. Hoe
lank nog Heer voor U ons wreek? Kyk hoe het die prins van die duister ons liggame en gees gebreek! Maar God het vir sy kinders iets nuuts beplan. Die wat van die Lig is sal nie sterwe maar die ewige lewe beërwe! Die nasies sal in die nuwe Jerusalem se lig lewe en die mense sal voor God en die Lam van ontsag bewe. Daar wag vir jul ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde! Daar sal nie meer wees die afbrekende gevolge van die ouderdom of trane, al wat sal bly is dit van ewigheidswaarde! En God het van Sy kinders iets verder nuuts verwag – slaan daarop ag! Jesus die Verlosser het gesê: Ek is Heer – onthou; duisende wag om My leer! Getuig dan van dié Lig voor alle mense en gehoorsaam so my laaste wense! Julle moet sout en lig wees en mekaar bedien . Wandel in die Lig
sodat jul met geestesoë kan sien. Moenie jul lig onder ‘n maatemmer wegsteek anders sal die duister homself op julle wreek. Wees lig – want Ek is Lig. Die oes is wit en die arbeiders min want sovele werk net vir eie gewin. Getuig deur woord en daad - dit sal jou en ander vir ewig en ewig baat. In U lig sien ons dié Lig. Laat dan jou lig so skyn voor die mense dat hulle jou Vader in die hemel sal verheerlik – is daar iets meer begeerlik? Die Here beloof: Ek stuur jul my
verligtende Gees om altyd by julle te wees! Laat ons dan skyn vir Jesus met ‘n helder glans – skitter soos die sterre aan die hemeltrans! Ja, Hy gee jou en my en ‘n verlore donker wêreld nog ‘n kans! As Hy ons dan roep tot sy diens, hoe sal ons dit kan weier? Hy is almagtig, genadig, die troue verligtende Bevryder!
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.
Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. Een slaapkamer woonstel met hout dek te huur vir enkelpersoon in veilige omgewing in Mans soek dringend werk. Sy vaardighede behels konstruksiewerk, boilermaking, bouwerk Witrivier. Geen diere. Kontak: Annemarie en staalwerk. Enige “handyman” werk. Dit 084 677 2503 moet verkieslik in Witrivier wees. Kontak: Hennie van der Merwe Baie veilige vier slaapkamerhuis met drie 079 459 5539 badkamers loop afstand van Hoërskool te huur. Dame met goeie ondervinding en verwysing as Swembad en lapa. Diere vriendelik. Kontak: Charles “Care Giver” is op soek na werk. 072 856 6575 Kontak: Joyce Khumalo 082 409 2979
SOEK WERK
KAMER TE HUUR GESOEK
WOONSTEL / HUIS BESKIKBAAR Drie slaapkamer grondvloer woonstel met badkamer, aparte opwas en stoep. Sentraal geleë. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: Elsa 083 229 3569 SMS/WhatsApp Sy sal terugskakel Een slaapkamer woonstel langs die Hoërskool en oorkant die Laerskool. Afdak en vooraf betaalde krag. Kontak: Maritz 072 640 6415
Nuwe era propvol nuwe moontlikhede het in ons gemeente aangebreek Laai die APP (Toepassing) af by... Anroid gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore. Tik in:
Manspersoon soek dringend na ʼn kamer met badkamer te huur. Kontak: Flip 076 015 5104 Kamer met badkamer te huur gesoek vir manspersoon met parkering vir voertuig. Kontak: Danie 083 352 2154
Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App.) af Gaan na die “App. Store” op jou selfoon Soek “SnapScan” Maak die toepassing (App.) oop
Stel die toepassing (App.) op Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan
jou naam en telefoonnommer. Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging. Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App.) moet in tik. Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV no. Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak.
Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die “Like” ons by
Gemeente
NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier
APP af:
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
NG Kerk Witrivier KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za