Oasenuus 17 April

Page 1

OaseNuus Sondag 17 April 2016

Die Koning... is my Pa! Moet ek bang wees

vir die Here?


Ds. Nati Stander

My hart behoort aan die Grootkoning Skriflesing: Maleagi 1 : 7-14 Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy hierdie kwartaal die Koning opnuut as jou Pa ontmoet, met nuwe respek en intimiteit met Hom omgaan.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

‘ Paulus raas met die vrouens wat nie hoede gedra het nie en sommer ook met mans wat óf met goed op hulle koppe bid óf lang hare het. Is dit steeds van toepassing op ons vandag? Want as dit so is, is daar ’n klomp dames wat nou moet gaan hoede koop. En dan was ek in my studentedae lekker van die pad af met my lang hare. Dit is belangrik om verantwoordelik met die Skrif om te gaan en nie elke sinnetjie letterlik op te neem nie. Ons moet besef dat die Bybel in die konteks van 2 000 jaar gelede geskryf is. Hulle het toe anders gelewe en ander gebruike gehad. Wanneer ons dan lees dat Paulus se vrouens hoede moet dra en mans kort geskeerde hare moet hê, beteken dit nie dat ons weer dieselfde gebruike moet aanneem nie. Nee, ons moet na die beginsel daaragter gaan kyk en die beginsel hier is: Respek. Ons moet respek vir mekaar hê, maar veral ook vir God. As enigiemand met God of oor God praat sonder die nodige respek, respekteer hy ook nie vir Christus nie. Ons moet onthou wie God is. God is nie ons maat nie. God is nie die buurman met wie ek gou hier oor die draad staan en gesels nie. Nee, God is die Almagtige, die Skepper en Hy verdien om met respek behandel te word. Wanneer ons dan God se Naam ydellik gebruik bv. as ons skrik, of wanneer ons verbaas is of sy Naam as ’n voegwoord en ’n punt gebruik, het ons geen respek vir Hom nie. Toe Moses in die woestyn stap en die brandende bos sien, het hy kordaat nader gestap om te sien wat daar aangaan, maar toe Hy

God se stem hoor, het hy nie gewag nie. Hy het dadelik op die grond neergeval en sy skoene uitgetrek. Dis respek. Ek dink ons probleem is dat ons God as ons maatjie sien. Ons tjommie van om die hoek en daarom tree ons sommerso op en praat net so in die lug wanneer ons wil met God. Dit is nie reg nie. God bly God, al het Hy aarde toe gekom en vir al ons sondes kom sterf. Al het Hy ons hand kom neem en al stap Hy met sy Gees elke dag saam met ons, bly Hy God en ons moet Hom met respek behandel. Wanneer ons dit regkry, gaan ons mekaar ook met respek behandel en dan sal ons kinders dit ook makliker regkry. So baie kinders weet nie van respek nie, want hulle sien dit nie in die huis gebeur nie. Veral nie in die verhouding tussen pa en ma nie. Dis jammer. Ons het ’n tyd terug ’n studeerkamer aangebou en dit as ’n geleentheid gesien om ons kinders iets te leer. Hoe hanteer jy almal wat ewe skielik op jou werf is? Ons leer hulle dat dit nie saak maak hoe die manne in hulle werksklere lyk en hoe vol stof hulle is nie, jy behandel hulle nog steeds as jou meerdere, iemand wat ouer is, iemand by wie jy kan leer hoe jy vir jou geld werk en hoe jy jou talente gebruik. As ons bietjie nadink, sal ons dalk moet erken dat ons ons respek vir ander moet afstof. Ek wil so graag hê dat ander mense vir God deur my manier van doen moet raaksien. Daarom moet ek op my hoede wees en elke keer vra of my optrede teenoor ander genoeg respek uitstraal, of dit nou die bouers is en of dit teenoor my vrou of kinders is, want dit vertel die storie van my respek vir God. Bron: Kruispad


Gesinserediens, in die saal begin weer vandag vir die kwartaal. Alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers baie welkom! Jeug-erediens vanaand @ 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... ʼn Bediening propvol uitdagings is die uitsending na die Konsistorie vir ouers met peuters. Ons weet die beeld is nie op standaard nie, maar wees verseker ons werk aan ʼn oplossing. Dankie aan die manne wat die uitsending met die videokamera behartig.

Ons nooi ouers met peuters om van hierdie diens gebruik te maak. Versorging is ‘n noodsaaklike deel van die hart van ons gemeente. Tans is daar ‘n groep wat opleiding ontvang by Ds. Nati om toegerus en diensbaar te wees in die gemeente en gemeenskap. Hierdie groep kom weer Dinsdagaand 18:00 bymekaar vir die volgende sessie.

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir afspraak op ʼn Dinsdagaand

Mylpale 17 April

18 April 19 April 22 April 23 April

Kitty van Heerden Neels & Marina Venter Roelf & Alta Fouche Tinus & Sannie Williamson Maria Schoeman Kobus Herbst Nic Janse van Rensburg

GriefShare laat weet, dat daar die volgende paar weke ‘n nuwe reeks begin op 25 April om 18:00. Weens die naderkruipende winter verskuif die tyd.

Maandag-aande om 18:00 Navrae: Analise 082 958 3874

Dinsdag-aande om 18:00. Navrae: Diana 082 990 4641 Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 80 Verjaar 40 Huwelik 34 Huwelik 35 Huwelik 59 Belydenis 74 Verjaar 89 Verjaar


Sakke van Hoop

Hierdie projek is van nou tot Pinkster. Die doel is om elke dag vir dié tydperk ‘n kledingstuk in die sak te gooi, verlede week kon gemeente ‘n swart sak by die deur kry, daar is nog beskikbaar vanoggend. Bring jou sak klere gedurende Pinkster na die gemeente. Gesinne kan aan elke lid ‘n sak gee om elke dag iets uit te haal en in die sak te sit en te bid vir die persoon in nood wat die betrokke kledingstuk gaan ontvang. Die doel is nie om eenmalig jou kas uit te sorteer nie, dit is soos ‘n vastydperk waar dit stukkie vir stukkie gebeur en saam met die uithaal, insit en bid is daar ‘n geestelike toewyding aan God wat gebeur. Gedurende Pinkster bring ons uit ons oorvloed en gee dit aan die Kos– en Klerekas, wat namens ons die noodverlig in die gemeenskap.

Koskas deel meer uit in 2015... Maandpakke: is ‘n pak basiese kruideniersware vir ‘n gesin 705 pakke word uitgedeel ter die waarde is R 84 724 Kospakkies: word weekliks uitgedeel en bestaan uit bederfbare produkte en groente 5 129 pakkies word uitgedeel, die waarde is R 384 516

Klerekas deel meer uit in 2015: 1 782 pakkies, met verskeie kledingstukke, word uitgedeel. Waarde van die klere wat uitgedeel is aan persone wat die Kos– en Klerekas besoek is R 126 260. Dit sluit ook klere in wat geskenk is aan projekte. Waarde per item word bereken ongeveer R5 / stuk. Hierdie is ’n getuienis van die werk wat Jesus in gemeentelede en in die gemeenskap se harte doen. Die seën en oorvloed van skenkings ontvang, kan nie is randwaarde gemeet word nie. Alle eer aan die Here! Alle klere en linne in goeie toestand is baie welkom!

Pinkster is op hande... Opstandingsondag en Pinksterfees is sekerlik die 2 oudste en belangrikste dae van die Christelike kalender. Dit word voorafgegaan met Aswoensdag wat Lydenstyd inlei tot Opstandingsondag. Dan volg ‘n periode van 50 dae wat nie net handel oor Jesus se opstanding nie. Dit is ‘n tyd waar die werk van al drie Persone Vader, Seun en Gees asook God gevier word. In ons gemeente word Pinkster gekenmerk met geestelike groei en

heerlik saam kuier, waartydens die heerlikste sop geniet word. Hierdie jaar is ook geen uitsondering, ons is al aan die beplan om Ds. Gawie Snyman te verwelkom vir die dienste in die kerk en herhaling die volgende oggend. Die Jeugpinkster word by Hoërskool Rob Ferreira aangebied en Kinderpinkster in die saal.

Nou reeds word die resepteboeke nader getrek om die watertand SOP resepte te bestudeer. Die span wat die sop koördineer vra as jy ʼn pot sop kan kook of toebroodjies kan maak gedurende die week, daar word 70 liter sop en 12 brode se toebroodjies elke aand bedien. Stuur nou sms na Heleen 083 233 0933 of kontak haar by kantoor.

Sê vir haar:

Wat gaan jy maak: Watter aand:

Sop OF Broodjies Sondagaand 8 Mei tot Donderdagaand 12 Mei


18:00 18:30 08:00 17:00

Maandag 18 April

Immergroenkursus GriefShare

Dinsdag 19 April

Gebedsbyeenkoms Lofdans DivorceCare

Bo-vertrek Sitkamer Konsistorie Kerk Sitkamer

18:00 18:00

Woensdag 20 April

Bluetooth Ouerskap

Bovertrek

Donderdag 21 April

Bybelskool vir Bereane Bovertrek

Gebeure in vooruitsig 25 April 26 April 28 April

Kom word Nuutvergadering Bloedskenk geleentheid in die Voorportaal Mosambiek uitreikspan vergader

Tegnologie & TV: Reg of weg? Spreker is

Shaun Adams Bly ʼn kortkop voor en leer hoe om jou kind/ers se honger na tegnologie te hanteer. Wat kan ek toegee en wanneer trek ek die toue stywer... Wanneer: Woensdag 20 April Waar: Bo-vertrek Tyd: 18:00 Koste: Gratis

TIENERS WELKOM!

Nuwe era propvol nuwe moontlikhede breek vandag in ons gemeente aan... Bly ingelig, wees op die voorpunt van gebeurlikhede, lees die jongste nuus of luister na die laaste preke. Alles is moontlik en boonop is daar plek om jou gebedsbehoefte met ons te deel en nog vele moontlikhede! Laai die APP (Toepassing) Vandag nog af: Anroid gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore. Tik in:

Kontak soggens die kerkkantoor vir navrae.

Die kursus het Maandag begin, maar dit is nog nie te laat om in te skakel nie. Kontak Lorraine om jou sitplek te bespreek. Koste is R400 per persoon of R600 per ouerpaar.

Lorraine 083 269 7365


Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . P P P P P P P P P P P

“Liefste Here, my God ek bid vir my swaers, wat so onnodiglik jaloers en afgunstig is, Here raak hulle harte asb. aan dat hulle ook eerlik en opreg sal optree teenoor ons, die dinge wat hul sê maak seer en tog is ons altyd daar vir hulle, Amen” Andy de Beer se kleindogter, Megan Verwey, wat in die hospitaal is, mag sy vinnig aansterk en volkome gesond en sterk word. Alta Fouché se sussie, wat baie swaar kry. Mag die Here haar omvou met Sy liefde en Sy kragtige hand oor haar uitsteek. Piet Coetzer se seun, Lourens, wat steeds sonder werk is, ons bid vir uitkoms en dat God in detail sal voorsien, ook in geduld en finansies. Piet Coetzer se skoonsuster (Dorie), wat ‘n operasie gehad het om kanker te verwyder. Ons bid vir volkome genesing. Dina Orffer, wie se Mammie in die Paastyd oorlede is. Sy was oud en sieklik, maar die gemis en hartseer is tog daar. Ons bid vir berusting in hierdie “verlang-tyd”. Jaco Botha en familie, na Ouma Sarie Burger Sondagaand hemel toe is. Mag hul toegevou word met Jesusliefde in hierdie routyd. Chris de Jager, wat vir ‘n angiogram gegaan het die week, daar is besluit om Vrydag stents in te sit en ons bid dat die operasie ‘n sukses was en dat hy spoedig weer by die huis sal wees. Oom Louis van der Merwe (van Sabie) wat in Medi-Clinic is met ‘n hart probleem. Ons bid vir hom en sy tyd in ICU, vir die spesialiste betrokke en vir die besluite wat geneem moet word, dat God hulle sal lei en oom Louis sal versterk en genees. Ons bly bid vir Marthinett Reyneke se sus, vir volkome genesing en God se wonderwerkende hand oor haar liggaam en hart. Ons is dankbaar dat dit reeds beter met haar gaan... Frans van der Merwe is in die hospitaal opgeneem na ‘n ernstige spinnekopbyt, ons bid vir hom vir spoedige genesing en ook vir Annelise wat hom bystaan. Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


P

P

Ons bid saam met Gustav en Leonie vir die bosbou en saagmeul Maatskappy waarby hulle in Swaziland betrokke is. Ons bid dat die Here sal voorsien in fondse maar ook dat daar defnitiewe besluite geneem sal word om die wonderlike potensiaal wat daar is te ontgin. Ons bid ook dat die regte persone in poste aangestel sal word. Ons bid vir Petra Kollege in hul verlies met die tragiese, skielike dood van Dawid Gerber en die groot rol wat hy daar gespeel het as hul Finansiële Bestuurder, maar ook as vriend en verloofde aan Ann en vir elkeen van sy geliefdes, wat rou oor sy heengaan. Mag God hul troos en Sy vrede gee in hierdie tyd vol vrae en hartseer.

A trip to the summit of the Legogote Mountain turned into tragedy when a 53-year man slipped and fell to his death on Saturday. He was Mr Dawid Gerber (53), finance manager at Petra Institute for Children’s Ministry. According to a media statement by the college, a group of seven people, consisting of staff members and residents of Petra, “a friend” and a German visitor, went up the mountain early that morning to “enjoy the breathtaking views from the summit of the Legogote Mountain”. It seems that Gerber wanted to explore another route down. However, even though it looks like an easier route from the top, it is covered with slippery grass and ends in a sheer drop of several meters. He apparently lost his footing and fell to his death. He is survived by his mother, brother, sister and fiancé. Emergency services as well as the Off Road Rescue Unit (ORRU) assisted in retrieving the body. “The institute expresses their gratitude towards all the emergency services that assisted, especially ORRU for their professional assistance. A commemoration service will be held at Petra Institute on Wednesday morning as well as Thursday in Centurion, where his mother and fiancé stays.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.

Ons Jeug bid vir..

t Ek bid vir my oupa, wat die nuus gekry het dat hy kanker het, Ek vra na die Here om hom t A A A A

krag te gee. Ek en my sussies biklei baie, sal julle aseblief vir ons bid. Dankie vir familie en vriende en U Skepping. Dankie vir ‘n goeie verhouding en seën dit asseblief verder. Dankie vir familie en vriende ♥ My Here is awesome. Dit is ek dankbaar voor ♥♥


Nuus van Esther It is Spring in Macedonia…. I think this is my favourite season on this side of the world. Everything is new and the flowers are blooming on the trees and on the grass in our backyard. Behind our home is a stream where I took a picture of a dandelion. My kids learned to love dandelions and I was thinking it is a lot like their lives here. I found a poem on the internet, written by “anonymous” . I adapted it a bit to fit our lives here. Every time I see a dandelion I think of my kids and how well they have adapted this past year and still need to grow and feel the pain when someone leaves, and have this over and over again. Every year someone is

leaving, and new people arrive to fill their lives. One of the traditions in Macedonia is to celebrate the 1st of April by dressing up in costumes. Jac was Buzz Lightyear, Nêo-Rie an angel and Zane Darth Vader. The kids’ homeschooling is still going strong and we all enjoy it. Zane is playing baseball for the International school, Nêo-Rie is attending the local Macedonian school once a week with her friend Elena and Jac is making every project he can think of, Volcanoes, getting married

to one of his rabbits (soft toys), he was even pregnant twice... He is also playing in the band at church. He loves his guitar. Celebrating World Autism Day (2 April) and dandelions are everywhere, found in every country, they are rooted in and almost impossible to destroy. They multiply quickly. It’s an unpretentious plant, yet good-looking. It’s a survivor in a almost all climates. Missionary kids bloom everywhere the


winds carry them. They are hardy and upright. Their roots are strong, cultivated deeply in the Christian culture…. Planted swiftly and surely. They are ready to fly in the breezes that take them to new adventures, new lands, and new friends. Missionary kids are well-rounded , culturally aware, tolerant and extremely resilient , they have learned from an early age that home is where their hearts are, or where their parents are for that moment. It is not a place, but a feeling of belonging. They know how hard it is to say goodbye, but they also know that friends can be found in every corner of the world. They learn that to survive means to adapt, that the door that closes one chapter of their lives opens up a whole new adventure full of excitement and new friends and new experiences. They learn to trust and to love and to be a weed, because a weed has learned to master every survival skill, except for learning how to grow in rows.

Nuus van riette “Walking with wounded children”-kursus by Petra in Witrivier: Ons was 19 deelnemers by die kursus, met 7 personeellede. Gabriel en Caroline van Tsjad kon dit ongelukkig nie maak nie. Ons hoor toe eers ‘n week in die kursus in van hulle, want al die selfoonnetwerke by hulle is deur die Tsjad-regering afgesit. Ek is nie seker van die rede nie, maar dink dit het iets met olie te doen. Dit was regtig ‘n geseënde kursus, almal het goed saamgewerk, die deelnemers was gelukkig en het goed met mekaar, deur die berading wat hulle op mekaar geoefen het, gebind. Hulle ervarings met die kinders was ook goed en ons glo, soos na kursusse in die verlede, dat daar verandering in die kinders se gedrag by die skool was. Ek het in my navorsing bevind dat die onderwysers en ouers die kinders se gedrag as 35% beter beleef, na die 5 beradingssessies.

P

Opleiding by YWAM Worcester vir die Couples and Family counselling school: Die kursus het baie goed afgeloop. Die groep het bestaan uit persone afkomstig uit China, Japan, die VK, VSA, Togo, Potchefstroom en Worcester. Die praktiese uitreik na ander gesinne was nie maklik nie, want die studente was nie gewoond aan dadelik toepas wat hulle in die klas geleer het, soos Petra se


manier van oplei is nie. Maar hulle het goed gedoen, want hulle is genooi om weer te kom kuier! ‘n Bonus is dat die opleiding deel was van ‘n geregistreerde skool van YWAM se University of the Nations! Ons is genooi na Lausanne in Switserland om Petra in die beradingsdepartement te verteenwoordig !

P

Amos diensjaar projek in Tweeling Amos het verlede jaar begin met ‘n diensjaar-projek buite Tweeling, Vrystaat. Plaaskind-skoolverlaters doen geakkrediteerde opleiding en gereelde uitreike na verskillende skole in die omgewing, vir die jaar. Hulle word ook dissipel. Ek gaan saam met Gretha en gaan ‘n week lank vir hulle leer hoe en hoekom God sê ons moet kinderbediening op kinders se vlak doen. Daarna word die eerste week van ons Walking with wounded children-kursus gedoen, waarvoor hulle dan SAQA-krediete kan kry. Ons gaan in Augustus die tweede deel doen. Sal julle laat weet hoe dit was.

P

Huismamma-opleiding by All Nations in Matola, Mosambiek. Ons het verlede jaar begin met die projek om kinderhuismammas te begelei hoe om goeie, opbouende Christenverhoudings in hul ‘huisgesinne’ te beoefen. Asook wat die mammas kan doen om die kinders te help om na emosionele heling te werk, deur saam met die kinders te speel en aktief empaties te luister. In Mei gaan ons daardie kursus aanpas vir All Nations Mosambiek, waar hulle 3 huise bedien. Elke huis het so 15 kinders en funksioneer soos ‘n huisgesin. Ek neem vir Odette, Emily en Courtney saam, om hulle blootstelling te gee aan die nuutsaamgestelde kursus, asook hoe om aanpassings te maak in fasilitering met ‘n tolk.

P

Beplanning vir 2016 Maart vakansie: Hoop om te kan help met die Chinese kinders in Bloemfontein se Vacation Bible School. (Het nie gebeur nie.) 10-22 Apr: Amos diensjaar-projek in Tweeling, Kinderbediening- en beradingskursus. 25-29 Apr: Konsultasiedienste: beplanningsweek. 1-7 Mei: Huismamma-opleiding by All Nations in Matola, Mosambiek. 27-29 Mei: Naweekopleiding by Lewende Woord gemeente in Centurion. 24-26 Junie: Naweekopleiding by Lewende Woord gemeente in Centurion. 4-15 Julie: Walking with wounded children geregistreerde kursus by YWAM in Worcester. Aug: Besoek onder Open Doors aan Central African Republic om opleiers op te lei. 1-5 Aug: Amos diensjaar-projek in Tweeling, Kinderbediening- en beradingskursus. 22-26 Aug: Konsultasiedienste: beplanningsweek. 9-11 Sept: Naweekopleiding by Lewende Woord gemeente in Centurion. 3-7 Okt: Kinderbediening by YWAM Worcester vir die Radical DT-Skool. 6-25 Nov: Walking with wounded children 3 weke fasiliteerderskursus in Pretoria. 28 Nov-2 Des: Konsultasiedienste: beplanningsweek.


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WERK BESKIKBAAR

HUIS EN WOONSTEL TE HUUR

ʼn Gerespekteerde maatskappy in Tzaneen, wat tans uitbrei na die buiteland, het die volgende pos vir ʼn jong persoon beskikbaar: Ingenieur (Meganies, siviel, industrieel of derglik) met 2-3 jaar ondervinding in die lanbousektor is ʼn noodsaaklikheid. Stuur CV na: ann@trueco.co.za Kontak: Annatjie 082 870 0807

3 slaapkamer huis met oop plan kombuis te huur op plot net buite Witrivier. Veiligheidsomheining. Ongelukkig geen diere. Kontak: oom Attie 013 - 751 3293 072 395 5468

SOEK WOONSTEL OF HUIS TE HUUR Nico & Annesti, die vorige jeugwerkers by Hoërskool, is opsoek na ʼn 2 of 3 slaapkamer huis so gou as moontlik. Moet asb. kinder- en diere vriendelik wees. Kan ook buite Witrivier wees. Kontak: Annesti 082 922 5959

1 Slaapkamer woonstel in Macadamia te huur. Vanaf 1 Mei. Kontak: 084 608 6107 1 Slaapkamer woonstel met loft in Rose Bridge Manor te huur vanaf 1 Mei. Dubbel toesluitmotorhuis. Onmiddellik beskikbaar. Ongelukkig geen diere. Kontak: Ursula 082 660 9996 013 - 751 3566

Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af  Gaan na die “App Store” op jou selfoon  Soek “SnapScan”  Laai die applikasie af (so 5MB)  Maak die toepassing (App) oop Stel die toepassing (App) op  Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan jou naam en telefoonnommer  Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging  Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App) moet in tik  Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV nommer  Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die “Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

APP af:

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

NG Kerk Witrivier KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.