OaseNuus 18 september

Page 1

Sondag 18 September

Dissipelskap is nie so duur soos jy dink nie... dit is duurder! Skriflesing: Lukas 14:25-31


Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

Gesinserediens

Geniet as gesin met Laerskool kinders die erediens in die saal vanoggend. Almal welkom!

Jeug-erediens vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanaf die Moederskamer. Dankie aan die medewerkers van hierdie projek, wees verseker dat ons dit baie waardeer! Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai. “Ek is maar net een, maar ek is darem een! Ek kan nie alles doen nie, maar ek kan iets doen. En omdat ek nie alles kan doen nie, sal ek nie weier om die iets te doen wat ek wel kán doen nie.” ~Edward Everett Hale~

As jou “iets” is om te kom help met die Kinderkamp, daar sal ‘n plekkie wees om te dien. Hul word benodig hulp in kombuis, groepies of waar jou gawes jou toelaat om te dien. Maandag 19 September om 17:30 is daar toerusting vir almal wat gaan dien op die kamp. Sluit aan en wees deel van die kinders se vreugde!

Ek kan nou nie meer wag nie, dit gaan vet pret wees! Nog net 5 slapies.

Vader se ♥

Gr 4-6 Kinderkamp

Wanneer: 23 & 24 September Koste: R150 per kind Inskrywingsvorms by die kantoor beskikbaar. Daar is groepleiers wat met liefde na jul kinders sal omsien. Navrae:

Ds Nati / Jaco 082 736 2164


Maandag 19 September 17:30 Kinderkamp toerusting 18:00 GriefShare

Kerksaal Sitkamer

Dinsdag 20 September 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare

Konsistorie Kerk Sitkamer

Gebeure in vooruitsig 23-25 September

Kinderkamp 28 September

Mylpale 19 Sep. Nico & Tokkie Taljaard 35 Huwelik 20 Sep. Miems Raath 91 Verjaar Jack van Wyk 81 Verjaar Corrie Roodt 73 Verjaar Chris & Issie Barnard 64 Huwelik 22 Sep. Ian & Annelie Radmore 32 Huwelik

25 September Bluetooth Ouerskap

Jeugshow

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 23 Sep. Johan & Antoinette Jv Rensburg 44 Huwelik Coennie & Flo vd Spuy 44 Huwelik 24 Sep. Wessel van Aswegen 88 Verjaar Danie Pieterse 72 Verjaar

HIER IS EK…. Kom vind uit watter verskil dit REGTIG maak om die Here te volg… Sondag 25 September 17:00 Kerk Offergawe word opgeneem

Alternatiewe manier om jou bydrae te gee is SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af op jou slimfoon. Instruksies is by die kantoor beskikbaar.


DONDERDAG 29 September @ R15 elk Plaas jou bestellings VOOR Dinsdag 27 September 12:00 by Annetjie 082 870 0807 Stefnie by Kerkkantoor BAIE DANKIE vir almal se ondersteuning en hulp, groot waardering vir almal! Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir ʼn afspraak op ʼn Dinsdagaand

As jy wil kom help bak en deel in die vreugde, kom gerus, bring jou eie pan saam asb. AFHAAL VAN JAFFELS Vrydag vanaf 10:00 by Kerk onder afdak. t.b.v. die Omgeefonds


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.

Mag jy altyd werk vir jou hande hê. Mag jou beursie altyd ʼn muntstuk bevat. Mag jy ʼn huis hê met ʼn venster waardeur die son skyn. Mag daar altyd ʼn reënboog ná jou reënbui wees, en mag die hand van jou vriend nooit te ver wees nie. Mag God jou oë oopmaak vir jou naaste se nood; en mag sy blydskap altyd jou hart vul. ~Ierse seënwens~

TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik

Begroot

850 800 750 700 650 600 550 500 450 400 350 300 250 200 150 100 50 0

GEMIDDELDE KERKBYWONING Belydende Lidmate = 1 777 Kleuter

Gesin

Kerk

55

64

550

72

600

60

66

450

63

500

400

300

409

200

439

250 424

Aantal

350

150 100 50 0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


P

P P P P P P P P

Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . Anoniem skryf: “Here ons kom vandag na U huis toe sonder ‘n bydra. Tye is moeilik. Here ons het U nou meer nodig as ooit. Help asb. Here dat ons ons huur, wat agter is, betaal kan kry. Help ons Here asb. Ons kyk op na U my God. Help ons asb. met alles wat nog betaal moet wees. Dankie Jesus dankie.” Bid asb. vir my kind. Daar is ‘n baie negatiewe situasie by haar werk. Mag God Sy guns en genade gee oor haar en haar werkgewers en mede-kollegas. Ria vra: “Ek vra dat daar baie ernstig gebid moet word vir Danie Kruger. Hy is baie siek. Hy is opgeneem in Rob Ferreira en hulle kan net nie ‘n oplossing kry vir sy simptome” Tannie Annie Kriel, wat weer deur die week geval het. Ons bid dat sy rustig sal wees en haar liggaam sal kans gee om te genees, terwyl sy op God se skoot sit en Hom toelaat om haar net lief te hê. Mag sy spoedig en volkome genees. Piet se seun, Lourens, wat dringend op soek is na werk as dieselwerktuigkundige. Ons bid dat die Here hom sal lei op die pad en in die werk wat Hy hom wil gebruik en seën. Beryl Biggs (nuut in Macadamia), na die skielike afsterwe van haar geliefde, Mike deur die week. Ons bid vir Beryl in hierdie hartseer tyd, veral vir die alleenheid. Reën... Here, stuur hierdie seëning, wat net U kan gee en daar waar U weet die nood die hoogste is, in oorvloed soos U beloof in U woord. Laat ons op ons knieë bly en in afhanklikheid en geloof groei vir hierdie wonderwerk van water. Henriëtte Campher en haar geliefdes, in besonder Johan, sy boeties en suster asook hulle moeder na die afsterwe van hul pa en skoonpa. Sy het laat weet vroeg in die week: “Die Here se genade is vir ons vanoggend genoeg... Hy het my skoonpa verlos!” Ons bid steeds vir die Otto-gesin na die hartseer afsterwe van Chanelle. In besonder vir Chantelle (haar tweeling sussie) en haar Ma en Pa. Mag God self hulle trane afdroog en Sy vrede gee ten spyte van al die vrae.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.


P

Samuel Chauque, ons Evangelis wat in gemeente bedien by Koskas en sakeondernemings, wat ook ‘n kerk in Masoyi wil klaar bou. Ons bid vir hierdie groot en dat dit geseënd sal wees in elke detail.

Ons jeug bid so.. …

t Henco (9) sê op 11 Sept: Help America vandag, vant 15 jaar terug het die Twin Towers gevaal

t Bid vir vriendin se pa, wat breinkanker het. t Gaan met ‘n Juf by ons skool, wat siek is en een of ander tyd ‘n operasie moet kry...

Ons is dankbaar oor.. A

Gerda laat weet: “Dit gaan beter met Pieter Stander. Hy is nog in die hospitaal, maar sy familie het laat weet dit gaan beter, nadat hy “deur die dal van doodskaduwee” gegaan het. Ons is dankbaar en bly bid vir volle herstel.” A Nelie sê: “Baie dankie Liewe Heer dat dit so goed gaan met my ma (Tannie Lettie Billignham) wat op chemo-behandeling is. (Sy is weer die Ma wat ons geken het voor die behandeling.)

Sendeling nuus Liewe Witrivier Gemeente, Kan ons asb. jul vra om saam te bid? Op die oomblik lyk dit asof als net nie mooi wil loop nie! Hier volg so ’n paar punte: P Ons kar se agter remme het groot fout en Alfred sukkel om dit reg te maak. Ons het gister ons bure se kar in Lichinga gaan haal en kan darem nou daarmee ry terwyl Alfred probeer om die fout te kry (hulle is op


P

P

P P P

tuisbesoek in Singapore). Dinsdag begin die Bybellesse weer in die dorp. Daar is maar min gelowiges op die oomblik en Alfred wil graag weer deur die Nuwe Testament werk met ander belangstellendes. Bid asb vir wysheid om te weet wat en hoe hy die lesse moet aanbied. Saterdae hou ons ’n klein byeenkoms met al die gelowiges. Op die oomblik kom net mans – as almal kom dan is daar so 10-12. Bid asb. vir hulle wat stadig leer, wat dit beteken om aan God te behoort. Bid ook vir hul vroue om in praktyk te sien hoe hul mans verander en God volg. Alfred is ook nogal oorweldig met al die SIM werk wat hy bo-op als moet doen. Bid asb. vir hom vir krag en wysheid. Die Kinderklub het ook weer begin en die eerste dag was daar 70+ kinders!! Ons wil so graag hierdie jonger generasie die Here sien loof en prys! Bid asb. ook vir Mario – hy sukkel maar nog met sy probleme en om dinge te vererger het hy en sy vrou ’n tweeling in die tyd verloor. Die nood van die mense hier weeg swaar op ons harte. Ons waardeer julle gebede! Liefde

Belinda (namens die manne) Liewe family en vrinne, Ons gaan bietjie langnaweek hou in Potch en sien baie daarna uit om weer by twee van ons kinders en ons 4 kleinkinders te wees. Na alles verjaar Kruger DuPre Ferreira hoeka Saterdag en ouma en ouma wil graag daar wees... Ek gee julle intussen die volgende mooi stukkie deur om oor te peins. Ek lees nou die boek van vader Michael Lapsley “Uiteindelik vry”. My reis van vryheidsvegter tot geneser . Michael is 'n New Zeelandse vader van die Anglikaanse kerk. Die apartheid destyds in S.A. het hom geskok en hy het hom sterk daarteen uitgespreek - soveel so dat hy moes uitwyk na Lesotho, waar hy onder biskop Desmond Tutu gewerk het. Vandaar het hy steeds voort gegaan met sy anti-apartheid veldtog en hom by die, toe verbode, ANC gevoeg en selfs die gewapende stryd teen die Pretoria regime begin goedpraat. Daarna is hy na Zimbabwe waar die S.A. Veiligheids Polisie vir hom 'n pakketbom gestuur het, wat in 'n ontploffing altwee sy hande afgeruk het asook sy een oog uitgeruk het. Hy is nou


terug in S.A. en werk weer saam met Desmond Tutu en is die dryfveer van die “Institute for Healing of Memories”. Biskop Tutu skryf van hom; “Sedert die ontploffing het vader Michael 'n kampvegter vir genesing en versoening in Suid Afrika en ander oorloggeteisterde lande geword, en soos ek hom dopgehou het, het my eerbied en verwondering vir hom gegroei. Fisies is hy gebreek, maar hy is die mees volkome persoon wat ek ken - 'n ware gewonde geneesheer.” In die boek, wat in Afrikaans deur die CLF uitgegee word, skryf hy oor die oumense, siekes, blindes en kreupeles die volgende: Die storie word vertel van 'n Christen-martelaar uit die tweede eeu, Sint Laurens, wat deur die Romeinse vervolgers beveel is om die skatte van die kerk aan hulle te oorhandig. Hulle het goud en silwer verwag. In die plek daarvan het Laurens die oumense, die siekes en blindes en die wat nie kon loop nie, gebring en gese: 'Hier is hulle - die rykdom van die kerk.' So het ek begin verstaan dat ons wat met gebreke leef, die rykdom van die menslike familie is. Ons is die teken dat breekbaarheid, siekte en gebrokenheid onontkombaar deel van die menslike belewenis is. In ons behoefte aan bystand verpersoonlik ons onderlinge afhanklikheid. Ons roep die gawe van deernis in ander op, en ons herinner die mensdom daaraan dat ons mekaar nodig het en nie alleen, sonder mekaar, ten volle menslik kan wees nie. Daar is 'n gesegde wat in talle Afrika-tale gebruik word: ‘Ek is, omdat jy is,' of anders gestel, ‘ 'n mens kan net 'n mens wees deur ander mense.’ In Suid-Afrika praat ons van 'ubuntu' - 'n gulheid van gees wanneer ons almal saam die pad na volkomendheid aanpak. Wanneer ons wat op een of ander wyse gestremd is, ons plekkie in die son opeis, vra ons nie net mense om vir ons gaaf te wees nie. Wat ons sê is eintlik dit: 'Eintlik kan julle nie regtig 'n gemeenskap wees sonder ons nie.' Ons vra nie jammerte nie; ons vra geregtigheid, en ons sê: 'Moet ons nie maar net in julle gemeenskap toelaat nie. Kom ons skep liewer saam een.' Mooi né? Hê ‘n lekker dag en naweek – ek weet ek en Antoinette gaan! CHRISTUS BO ALLES!

Kruger


Die volgende nuus 11 September was op Esther se Facebook blad... Ons het 3 aardbewings gehad vandag. Die laaste een was 5.4. Nogal scary. Almal is nog buite in die strate te bang om in te gaan, van die mense het tente opgesit om die nag daar te wag.

12 September

Had 3 more earthquakes today on top of the 3 yesterday....

13 September

And here I thought it was only 6......

11 earthquakes hit Skopje within 32 hours, over 100 people injured - Macedonia Between 04:58 UTC on September 11 and 12:19 UTC on September 12, EMSC registered a total of 11 shallow earthquakes under Macedonia's capital Skopje. The strongest was mb5.2 at 13:10 UTC on September 11, 2016. More than 100 people have been injured and sought medical assistance. Most were injured while trying to leave their homes in panic. According to the MIA news agency, three people have been hospitalized, including a woman who fell off the first-floor terrace. Some of those who have been injured "admitted this would not have happened had they not panicked," Serbian reported. In 1963, a Mw6.1 earthquake hit Skopje destroying about 80% of the city. It killed over 1 070 people, injured between 3 000 and 4 000, and left more than 200 000 homeles. When yesterday's quake hit, panic was expected. The strongest quake registered by the EMSC was mb5.2 at 13:10 UTC on September 11. It hit at a depth of 4 km (2.5 miles), reported mb5.3 at a depth of 10 km (6.2 miles) and issued a yellow alert for shaking-related fatalities and economic losses. According to the EMSC, the epicentre was located 4 km (2.5 miles) NE of Usje, 6 km (3.7 miles) E of Skopje (population 475 00), and 7 km (4.3 miles) NE of Sopište, Macedonia. The organization estimated there are 6.7 million people living in the felt area.\ Seismologist Dragana Cernić of the national seismological observatory said she had received reports of cracks in the walls of buildings or collapsed chimneys, as well as damage to roofs in villages around Skopje. "The quake was felt throughout the country," Cernić added. Parts of Skopje were without power and some mobile phone providers were down. Many residents said they were terrified and stayed on the streets or in parks fearing to return to their homes.


j

STORIES VAN LEWE:

SEPTEMBER 2016

18 Here laat ons opreg wees in ons dade teenoor ander. 1 Joh. 3 : 18

19 Here dankie dat niks tussen U en ons staan nie. Rom. 8 : 38, 39

20 Dankie vir U geduld met ons. Ons hou vas aan U belofte dat U niemand wil laat verlore gaan nie. 2 Pet. 3 : 9

21 Dankie Here dat ons nie meer deur die wet veroordeel word nie. Rom. 1 : 17

22 Jesus dankie dat U die verlossing vir ons gebring het. Hand 4 : 12

23 Here ons dra die gemeenskap van gelowiges nie net in ons gemeente maar ook ons buurgemeentes aan U op. Kol. 1 : 9 - 12

24 Dankie Here vir U verbond dat U my geroep het en my vashou. Jes. 42 : 6

25 Here ek wil U loof as my Koning en Redder. Ps. 104 : 1

26 Here laat negatiewe omstandighede nie my lewe beheers nie. Spr. 15 : 15

27 Here laat negatiewe omstandighede nie my lewe beheers nie. Spr. 15 : 15

28 Here dankie dat U woord kragtig en waar is. Heb. 4 : 12

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

WERK BESKIKBAAR Permanente Gr 3 Departementele onderwyspos, onmiddellik beskikbaar by skool. Afrikaans magtig. Kontak: Abrie 082 565 1050 CV na: abrie.sleeperfit.co.za

SOEK WERK Gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige soek dringend na werk. Kontak Lourens 082 555 3026

SOEK BEHUISING Soek ʼn kamer om te huur in Witrivier of Nelspruit. Kontak: Johan 084 464 1442

Soek kamer te huur vir manspersoon in Witrivier en omgewing. Kontak: Flip 076 015 5104

WOONSTEL BESKIKBAAR 1 Slaapkamer woonstel met loft in Rose Bridge Manor te huur vanaf 1 Oktober. Met ʼn afdak. Ongelukkig geen diere. Kontak: Ursula 082 660 9996 013 - 751 3566 1 en half slaapkamer woonstel by Bon Accord woonstel beskikbaar vanaf 1 Oktober. Kontak: Linda 082 831 1641

WIE KAN HELP? Wie in Witrivier gee musieklesse in klavier, “keybord” en kitaar? Kontak: Rothea 076 810 8219


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier

NG Kerk Witrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.