OaseNuus Sondag 1 Mei 2016
Die Koning... is my Pa! Ons hemelse Pa
Ds. Jurgens de Jager
Ons hemelse Pa Skriflesing: Romeine 8:15-17 en Matteus 6:6-13 Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy hierdie kwartaal die Koning opnuut as jou Pa ontmoet, met nuwe respek en intimiteit met Hom omgaan.
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Baie geluk aan die ouers Liewe Jesus, met die doop van hul kinders. Welkom aan In liefde is ek gebore Ek is vir my pappa en mamma beskore die dooplidmate: Jean, seuntjie van Werner en Larissa Bester Ulrich, seuntjie van Dewald en Marlienke Crafford Jessica, dogtertjie van Theo en Christene Lombard Ashlegh, dogtertjie van Christo en Dee Ryan Jaen en Zanika, kinders van Jacques en Marieke le Grange Zelri en Ame, kinders van Shawn en Chantelle Trollip
DOOP
Jean
Ulrich
Al is ek klein en fyn Weet ek, ek is rein Dankie dat ek vandag gedoop word En daardeur met U bloed gekoop word Gee dat ek mooi groot word My leiding kry uit U Woord Mag ek altyd na U sal hunker As die groot Alomteenwoordige anker Aan almal vandag hier teenwoordig Julle kan nie stry, ek is moedig Eendag word ek mondig Elke dag sal ek onthou Asof hier en nou Hierdie woorde kom uit my hart Ek is so bly vir my eie part Dat ek hierdie groot dag kan beleef Amen
Jaen & Zanika
Zelri & AmĂŠ
Verkiesing tot Kerkraad
Jessica
Ashlegh
Deur: Estie
Kom word nuut-kamp
Tydens die Kerkraadsvergadering van 14 April 20-22 Mei by Ella Combrink is Jaco Weitz verkies as ouderling om te dien R300/persoon en R100 vir laerskoolkinders as medewerker van Ds. Nati Stander Inskrywingsvorms by kantoor, vra vir Heleen
Gesinserediens, Geen erediens vanoggend Jeug-erediens kyk vanaand 17:00 DVD
Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... ʼn Bediening propvol uitdagings is die uitsending na die Konsistorie vir ouers met peuters. Ons weet die beeld is nie op standaard nie, maar wees verseker ons werk aan ʼn oplossing. Dankie aan die manne wat die uitsending met die videokamera behartig.
Ons nooi ouers met peuters om van hierdie diens gebruik te maak.
08:00 17:00
Maandag 2 Mei Openbare vakansiedag Dinsdag 3 Mei
Gebedsbyeenkoms Lofdans DivorceCare
18:30
Konsistorie 09:00 Kerk Sitkamer
Donderdag 5 Mei
Hemelvaart-erediens
Kerk
Saterdag 7 Mei
Oggendtee saam met Hettie Brittz
Gebeure in vooruitsig 8 Mei 08:30 8-12 Mei 18:00 18:45 18:00 18:30 15 Mei 08:30
Pinkster deur Ds. Gawie Snyman Sop en broodjies Erediens in kerk Jeugpinskter by Hoërskool Rob Ferreira Kinderpinskter in saal deur Carine Steyn Pinksterfees en Nagmaal
Mylpale 1 Mei Danie du Toit Hendrik Mentz Madelein Barnard Chantell Trollip 2 Mei Chris Oosthuizen Renier J.v Rensburg 3 Mei Jan & Nancy Raath
73 Verjaar 50 Doop 33 Doop 33 Doop 81 Verjaar 40 Doop 58 Huwelik
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 4 Mei Anna Erasmus 77 Verjaar Chris & Jorina Schutte 42 Huwelik Dewald Stoltz 36 Doop 5 Mei Ena van Aswegen 77 Verjaar 6 Mei Mario Stoltz 43 Doop 7 Mei Dolf Botha 79 Verjaar
Sakke van Hoop
Hierdie projek is van nou tot Pinkster. Die doel is om elke dag vir dié tydperk ‘n kledingstuk in die sak te gooi, verlede week kon gemeente ‘n swart sak by die deur kry, daar is nog beskikbaar vanoggend. Bring jou sak klere gedurende Pinkster na die gemeente. Gesinne kan aan elke lid ‘n sak gee om elke dag iets uit te haal en in die sak te sit en te bid vir die persoon in nood wat die betrokke kledingstuk gaan ontvang. Die doel is nie om eenmalig jou kas uit te sorteer nie, dit is soos ‘n vastydperk waar dit stukkie vir stukkie gebeur en saam met die uithaal, insit en bid is daar ‘n geestelike toewyding aan God wat gebeur. Gedurende Pinkster bring ons uit ons oorvloed en gee dit aan die Kos– en Klerekas, wat namens ons die nood verlig in die gemeenskap.
Wanneer: Donderdag 5 Mei Erediens deur Ds. Nati om 18:30 in die kerk Op Hemelvaartdag vier Christene dat Christus ná die kruisiging en opstanding in die hemel opgevaar het. Jesus se Hemelvaart val op die veertigste dag na Paasoggend en tien dae vóór Pinkster.
Hemelvaart en Pinksterdag is aanvanklik saam gevier, sodat die indruk nie geskep word dat die dissipels op 'n stadium totaal van God verlaat is nie. Later is die twee vierings geskei. Die tien dae tussen die Hemelvaart en Pinkster het die karakter verkry van ‘n tyd van afwagting tot die Gees die Kerk nuut maak en uitstuur.
Alle klere en linne in goeie toestand is baie welkom!
Pinkster is op hande... Opstandingsondag en Pinksterfees is sekerlik die 2 oudste en belangrikste dae van die Christelike kalender. Dit word voorafgegaan met Aswoensdag wat Lydenstyd inlei tot Opstandingsondag. Dan volg ‘n periode van 50 dae wat nie net handel oor Jesus se opstanding nie. Dit is ‘n tyd waar die werk van al drie Persone Vader, Seun en Gees asook God gevier word. In ons gemeente word Pinkster gekenmerk met geestelike groei en
heerlik saam kuier, waartydens die heerlikste sop geniet word. Hierdie jaar is ook geen uitsondering, ons is al aan die beplan om Ds. Gawie Snyman te verwelkom vir die dienste in die kerk en herhaling die volgende oggend. Die Jeugpinkster word by Hoërskool Rob Ferreira aangebied en Kinderpinkster in die saal.
Nou reeds word die resepteboeke nader getrek om die watertand SOP resepte te bestudeer. Die span wat die sop koördineer vra as jy ʼn pot sop kan kook of toebroodjies kan maak gedurende die week, daar word 70 liter sop en 12 brode se toebroodjies elke aand bedien. Stuur nou sms na Heleen 083 233 0933 of kontak haar by kantoor.
Sê vir haar:
Wat gaan jy maak: Watter aand:
Sop OF Broodjies Sondagaand 8 Mei tot Donderdagaand 12 Mei
Wie kan onthou?
NG Witrivier
Ons kerk brand af... Hierdie is ʼn herinnering vir baie in die gemeente, vir ander is dit slegs iets waarvan ons hoor. Oorvertel van verhale is noodsaaklik vir vaste fondamente... Daarom is dit tyd dat ons weer die verhale vertel tydens die gemeente se 75ste bestaansjaar. Die beplanning het begin en die fees vind plaas op Sondag 19 Junie, meer inligting later, maar merk die datum! Seënwens vanuit die gemeente vir die gemeente... Hierby ingesluit is ʼn geel briefie waarop jy jou seënwens vir die gemeente kan skryf. Gee dit in by die kantoor of gooi in die kollektemandjie. Ons benodig al die wense terug teen 8 Mei asb.
Foto’s en verhale Pak jou boks van herinneringe uit en deel dit met ons. Ons het foto’s en verhale nodig: Bring dit kantoor toe vir Antoinette, maak net asb seker dat jou foto’s gemerk is sodat ons dit aan jou kan terugbesorg. Ons wil ʼn collage van foto’s maak wat die geskiedenis uitbeeld. As jy wil help met dié tydlyn, laat weet asb. die kantoor. Spore-uitgawe propvol antieke verhale gaan ook uitgegee word, vertel vir ons. As ons by jou moet kom kuier om die stories te hoor , laat weet ons en iemand sal jou kontak. Ons sien uit na hierdie waardevolle gesprekke. Alles moet by die kantoor wees nie later as 9 Mei. Indien iemand ʼn advertensie wil plaas, stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za Die redaksie kontak jou met groot dankbaarheid.
Wat is ʼn verjaarsdag sonder ’n feestelike kuiertjie en koek Na die vorige lekker kuier om die Teelepeltjie-ete se tafel, beplan ons weer so ʼn kuiertjie tydens die fees. Ons benodig elke gesin wat kom se spesialiteit eenskottelgereg. Vul die vormpie in en gooi in die kollekte mandjie of bring kantoor toe. Die kos span koördineer graag almal se smul geregte en sal kontak maak met almal. Handig in nie later as 15 Mei .
Hou die partytjie datum in die oog... Wanneer: Sondag 19 Junie Waar: By die gemeentesentrum Tyd: Direk na die Fees-erediens
Lorrai-
Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . P
P P P
P P P P P
Ronel Kruger, wat sukkel met haar gemoed en medikasie ontvang het wat nou beproef word. “Raak haar asb. aan, Here en neem weg al die angs en negatiewe gevoelens en dinge wat sy ervaar. Ons bid dat U hulle ook finansieel sal versterk sodat hulle vertroue en geloof in U kan bly groei. Amen.” ‘n Anonieme briefie wat pleit: “Here, help ons om ons voete stewig op U pad te hou, al gaan dit hoe moeilik. Maak ons sterk deur hierdie moeilike tyd in ons lewens...” ‘n Jong ouerpaar by Idios met ‘n baba van 2 maande. Hulle benodig melk (S26), doeke en kleertjies en ons bid dat die Here ons as instrumente en Sy hande en voete sal gebruik om prakties en in gebed te voorsien in hierdie behoefte. ‘n Eggenote wat vra: “Bid asb. dat my man se bloedtoets uitslae goed sal wees...” Die Here weet waaroor hierdie gebed gaan en ons staan in geloof saam met hierdie vrou, dat God sal voorsien en wonderwerke sal doen waar nodig. Hendrik en Theresa wat sê: “Here, ek vra U leiding vir die besluitneming deur die betrokke persone met die aansoek van ‘n nuwe pos wat geskep is. Ons bid dat dit suksesvol sal wees en goeie besluite en guns wat geneem sal word.” Bid vir ‘n vriendin wat Vrydag in ‘n groot motorongeluk was en ek sê dankie dat sy weer veilig tuis is. Mag God haar aanraak na liggaam en gees en al die pyn en vrees wegneem. Vir Yolanda se Pa, wat in die hospitaal is en gediagnoseer is met kanker. Ons bid dat die Here hulle moet aanraak met Sy liefde en hom genees. Ons bid vir die Gideons, wat volgende week ‘n groot bybelplasing in die gebied van Witrivier, Hazyview, Bosbokrand, Burcksluck en Sabie het. Ons bid vir oop skole, ontvanklike harte by die skoolhoofde, onderwysers sowel as gr. 8 leerlinge... Mag Sy koninkryk kom!! Con Taljaard (Macadamia) is in die hospitaal opgeneem met beroerte-sipmtome. Ons bid vir hom en Gesina, wat hom ondersteun vir God se vrede en hand oor hul. Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.
P
P P P P
P P
Phillip en Monique Fischer, wat in die week hulle babatjie aan die dood afgegee het. Die begrafnis was Saterdag, ons bid vir hierdie mamma en pappa in rou, maar ook vir elkeen van hul geliefdes wat saam hartseer is en hul moet ondersteun. Mag hul elkeen intens bewus wees van God se nabyheid en liefde in hierdie rou-tyd. Stefanie van Rensburg, wat weer opgeneem is in Medi-Clinic, mag sy spoedig gesond word. Peet Pelser het ‘n viervat hartomleiding gehad en is steeds in ICU, ons bid vir Peet vir kalmte en spoedige herstel. Wilna Claasens is ook steeds in Medi-Clinic en ons bid dat sy ook spoedig en volkome sal herstel na haar operasie laas week. “Here raak elkeen aan wat siek en swak is en laat U wonderwerkende, genesende Hand sigbaar wees en groot gemaak word!” Ons bid steeds vir Christiaan Stander, wat met klierkoors gediagnoseer is. Nati gee terugvoer: Christiaan is maar huilerig, want sy lyfie is nog baie seer. Maar die koors het nie weer buitensporig opgevlam nie en dit is die belangrikste. So ons dink ons is in die regte rigting oppad... Hy het Donderdag weer ‘n opvolg afspraak en moontlike verdere toetse gehad. Kayla is ‘n skooldogter (12 jaar) wat tans in ICU opgeneem is met epilepsie-tipe simptome, hulle wil verdere toetse doen, maar daar is nie ‘n mediese fonds nie... Ons bid vir hierdie kind fisies en geestelik maar ook vir finansiële voorsiening en uitkoms in hierdie onseker tyd. “Ons bid vir Suid-Afrika, ons mooi vaderland... Ons vra U, in Jesus Naam... Hou haar in U hand, dat sy mag regverdig wees voor U oordeel en trou,..” dit sal ons bly bid en vertrou en sal bly wonderwerke sien en weet God is in beheer! Ons bid vir die voorbereidings vir die verkiesing in Augustus: fisies, geestelik en emosioneel, “Here mag daar verandering en verbetering kom in Jesus Naam! Amen.” GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES?
Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.
Ons is dankbaar oor A A
A
Die heerlike uitstappie wat die Senior Burgers na die Botaniese Tuin kon hê Dinsdag. Tannie Bokkie Geldenhuys skryf: “Graag wil ek net sê dit gaan baie goed... Die erge pyne, wat so ondraaglik was, is verby, dankie aan ons Hemelse Vader, en dr. Hein wat my stamselle gegee het (Dinsdag was my laaste behandeling), dit voel so lekker om sonder pyn te wees. Dr. glo dit sal goed gaan vorentoe...” Ons is so dankbaar saam Danie en sy geliefdes oor die nuwe nuus: Dit gaan goed met Danie, hy is nog in rehabilitasie en het Saterdag en vandag ‘n “dagpas” gekry om bietjie uit te kom. Hy het lekker saam my Ma-hulle gebraai in Ballito vandag (die “steak”, waarvan hy praat al van hy sy oë oopgemaak het). Hy vorder baie goed! Gebed en liefde het hom verseker deurgedra en ons is almal ewig dankbaar!
A
Marthinett sê dit gaan goed met haar sus, wat die hartaanval gehad het. Sy is nog in die “step down” en nog baie swak maar geen krisis meer nie. Dankie vir almal se gebede en ons goeie Vader wat hierdie keer vir ons JA gesê het.
Ons Jeug bid vir..
t Dankie vir Pa en Ma en Ouma en Oupa. Baie baie dankie vir my familie. Ek het hulle lief!! t Dankie vir ’n goeie verhouding... t Ek bid vir mense wat jou altyd probeer afbreek of afkraak met woorde (skinder), dat hulle sal t
ophou en eerder aan hulleself sal werk en fokus. Ek bid dat die Here ons rustigheid sal gee wanneer ons eksames skryf (wat binnekort begin).
Ons Gesinne bid vir..
j Dankie vir oom Hougie wat 94 jaar oud is vandag, vir tannie Nancy Raath, wat 89 jaar oud word, tannie Hester Sutherland wat 82 jaar oud word en tannie Lettie Labuschangne wat 80 jaar oud word! Mag die Here hulle seën! j Ons tieners, wat Sondag belydenis van geloof afgelê het: wat ‘n voorreg om te belowe in Wie ons glo en vertrou en deel van Sy gemeente te wees. j Dankie vir die Kos– en Klerekas, wat soveel mense bedien en seën. j Dankie dat Jesus vir Christiaan beter gemaak het, Jesus maak hom asb. heeltemal gesond. j Ons bid vir mense wat hulle werk verloor, dat Jesus vir hulle nuwe werk sal gee. j Ons bid vir al die siek mense in ons gemeente, mag die Here hulle aanraak en gesond maak. j Ons bid vir oom Fanie, wat ‘n pasaangeër gekry het, dat sy hart nou mooi sal werk.
Dear Family in Christ, I’ve been staring at this page….. waiting for the perfect words to inspire, testify and challenge you. Nothing… For me, Newsletters can easily feel as if you have to impress or convince people. We apologise if it sometimes seems that way. Keeping the safe
balance in writing enough but not too much, have been my challenge ever since we gave up our home in SA more than 4 years ago, and embracing Mozambique with all its beauty and pain as our new home. A link that a friend sent me last week - “10 Secrets Missionaries won’t tell you”, led to a question: Why are missionaries afraid to tell you “everything”? Now, learning to be more “subtle” was not all bad! I sure needed some training on that department…. After we lost Reiner, we as a family were caught up in finding ourselves again. After we “found” ourselves we realized we were a total mess, and then we had to direct all that energy to rather find God instead. And that petrified us. How’s that working out for us you might ask? Well first, we have learned that God sometimes ask more of us than we can possibly believe is fair. Second, God’s favour and blessings are not all “boxed-up” in words that sooth our flesh. Thirdly, We have learned to really grasp “light” you have to have an experimental understanding of “darkness”. A true example of His Grace that IS enough for us. And lastly, that Truth really sets you free; we just have a twisted expectation on how Truth looks/feels like. And the truth is: GOD IS LOVE, no matter what. Regarding our Visit to SA last month… Thank you for the churches who gave us opportunity to share during their services. You have blessed us! To share and inspire gives a booster to our faith. Even though some commented on the sacrifice of what we are doing here, we mostly feel the other way around. To be honest, it’s quite a challenge to visit SA. We are constantly putting price tags on everything and calculating how we can help the people here with that money instead. A reprimand to constantly trust God to supply the never-ending needs in this country, and not allowing our spirits to be overwhelmed. We had a full program on visiting as many supporters, friends and family as we can. Thinking about it, just makes me crave for that Hazelnut- or Ginger Latté again. We also had the privilege to attend my friend’s wedding. Still living in the UK, she introduced me to Jaco 16 years ago at a South-African dance in the heart of London. We have been blessed with a Printer, a very fancy one which can make I-don’t-know-how-many-copies a minute, ideal to print our own manuals
now!! Bless our friends who faithfully sowed it to this ministry. Even though we could have bought old Bolly (Mahindra) all over again with all the reparations and services, we were blessed with new tires. Thank you!! Through Missionary Ventures International, we were able to receive a sponsorship for motorbikes; blessing pastors who walk many kilos to minister. They have to show some commitment though, in getting their licence first. We will hopefully show you pictures soon of these joyful moments, in handing them out. Jaco felt he almost lost his salvation on the way back from Maputo, being stopped 24 times (a record) by the police! His first words when he got back; “I do not want to return soon, if ever”, just to tell me 15min later that he wants to go and show us the beautiful old buildings next to the harbour… Grace!! We have started a new Training Group in Inhambane. Pastors from many denominations are coming in unity to serve the town of Inhambane. Please pray for them. Our first few groups are finishing their 36 weeks Leadership/Discipleship making Training very soon, so we can use our new printer to print some certificates! Thousands of believers are being killed daily for their faith around the world, but we are still stuck on the idea that we want to serve God in the perimeters of the “favour-box”. Safety, comfort and pleasure. Pray with us that we will be obedient to God’s will in this and not our flesh. If it’s God’s will, we will have to travel in a convoy for 400km, with many rumours of attacks and shootings. We are under no illusion to suffer for Christ is very romantic. But with all our heart we want to serve Him and follow where He leads us.
I pray that the Holy Spirit, through this letter, will reveal to you where He wants to touch you, stretch your faith, and remind you how much He loves you. We know you are all very busy, and we really appreciate your time to read this, support us with your love, prayers, letters and offerings. God, we give You all the Glory! We love you all ! Jaco, Inge, Ernan & Lander
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.
Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WERK BESKIKBAAR
SOEK WERK
ʼn Gerespekteerde maatskappy in Tzaneen, wat tans uitbrei na die buiteland, het die volgende pos vir ʼn jong persoon beskikbaar: Ingenieur (Meganies, siviel, industrieel of derglik) met 2-3 jaar ondervinding in die landbousektor is ʼn noodsaaklikheid. Stuur CV na: ann@trueco.co.za Kontak: Annatjie 082 870 0807
Jong meisie soek werk, kan kantoor werk doen, maar sal graag met mense wil werk. Kontak: Alicia Geel 072 227 3908
Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af Gaan na die “App Store” op jou selfoon Soek “SnapScan” Maak die toepassing (App) oop Stel die toepassing (App) op Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan jou naam en telefoonnommer Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App) moet in tik Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV no. Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak
Dame met goeie ondervinding en verwysing as “Care Giver” is op soek na werk. Kontak: Joyce Khumalo 082 409 2979 Dame wat dringend werk soek as huishulp. Kontak: Shirley Vallar 072 441 1608
CMR SOEK VRYWILLEGERS om te help met: * liassering en algemene administratiewe werk – ongeveer een maal ‘n week. * bekendstelling en bemarking van die CMR. Kontak: Marlene / Dalene 013 - 751 3446
Nuwe era propvol nuwe moontlikhede het in ons gemeente aangebreek Laai die APP (Toepassing) af by... Anroid gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore. Tik in:
Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die “Like” ons by
Gemeente
NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier
APP af:
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
NG Kerk Witrivier KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za