Sondag 20 November
Baie welkom vanoggend in die erediens. Spesiale welkom aan Gerbrand Bodenstein wat vanoggend die boodskap bring. Hy is ‘n gemeenteseun en het nou sy laaste teologiese eksamens geskryf. Mag hy God se nabyheid ervaar in hierdie tyd om sy roeping en bediening te gaan uitleef. Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanaf die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai. kleuters en kinders en tieners se afsonderlike eredienste het afgesluit vir die jaar. As gemeente aanbid ons as familie saam.
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Werklik Begroot
850
800 750 700 650 600 550 500
R,000
450 400 350
300 250 200 150 100 50 0
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
K Ons kort nog hulp by die Kersmark. Daar is
nog ‘n paar tydgleuwe oop. Kontak asb vir Kerkkantoor om jou naam op te sit. K Ons benodig hulp vir Saterdag 26 November om uitstallers se voorraad te ontvang en kontroleer. K Ons benodig hulp op Saterdag 2 Desember vanaf 16h00 om te help opruim. Navrae: Heleen by die kantoor
Dinsdag 22 November 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie
Gebeure in vooruitsig 30 November - 3 Desember 7-21 Desember 25 Desember om 08:00 31 Desember om 23:15
Kersmark Swadini-uitreik Kers-erediens Middernagdiens
Kalender 2017 Kom haal gerus jou kalender af.
Daar is ekstra Gemeentekalenders, kom koop gerus joune.
Mylpale 20 Nov. Joey Breitenbach 23 Nov. Jan Landman Gerrie Lange 26 Nov. Rina Engelbrecht 27 Nov. Jaap & Mariet Kleynhans
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 87 Verjaar 80 Verjaar 80 Verjaar 70 Verjaar 33 Huwelik
28 Nov. Gert & Retha Muller 29 Nov. Willie & Janetha Jooste Blikkies & Magda Blignaut 30 Nov. Cobus & Annette Verster
35 Huwelik 44 Huwelik 41 Huwelik 31 Huwelik
Gebedsfokus Ons bid saam vir…... P
P P P
P P P
P
A A
Dr Roelie van Rooyen se geliefdes, wat laas Vrydag hemel toe is. Sy roudiens was gelei deur oud-leraar Dr Johan Pienaar by die Methodiste Kerk. Ons bid dat die Here in besonder vir Angela Sy troos en vrede sal gee in hierdie hartseer tyd. Lourens vra dat ons bid vir sy broer: P.W. de Jager, wat prostaatkanker het. Ons bid vir die behandeling en dat die Here P.W. sal aanraak en genees in Sy genade. ‘n Eggenote vra: bid asb. vir my man, hy probeer so hard om ’n man van God te wees, maar die wêreld en sy dinge is steeds so aanloklik en hy faal steeds gereeld. Bid dat hy opnuut sy lewe aan die Here sal toewy en God sal hoof van die huis maak. CF Wagner, hy het longontsteking gekry en die behandeling wat hy nou ontvang maak hom baie siek. Ons sê baie dankie vir die Here se hand wat so duidelik sigbaar is in die verpleegpersoneel. Ons bid ook vir Willie en Liezel en CF se 2 sussies, en sit hulle voor God se voete neer vir Sy sorg en voorsiening. Here Jesus wil U asb. U genesende Hande daar in die hospitaalkamer op CF lê en hom genees. Elkeen van ons se geloofsoë is net op U gerig. Amen. Ons bid vir Linel le Roux, wat in die week ‘n afspraak met die Duitse ambassade gehad het vir haar Schengen Visa, wat sy nodig het vir die uitreik waarop sy Desember wil gaan. Ons bid dat sy God se guns sal ontvang, saam met die Visa, en Sy koninkryk sal uitdra. Bessie Pienaar is steeds in Muelmed hospitaal. Ons bid dat die Here haar styf sal vashou en dat sy baie bewus sal wees van Sy teenwoordigheid en liefde. Andy de Beer, wat die week sy eerste operasie aan sy elmboog gehad het: hy was in die teater om die plate en skroewe in die been te sit. Hy het baie seer en deurmekaar gewees Dinsdag aand na die operasie. Kom ons dra hom op aan ons Here vir pyn verligting, goeie nagrus en vinnige herstel. Ons bid ook vir tannie Nan en die hulp wat so nodig is by Idios. Hendry Gravett (wat nuut in Witrivier is). Hy het slukderm kanker en het ‘n groot operasie aan sy spysverteringskanaal ondergaan die week. Ons bid dat die operasie ‘n sukses was en dat die Here Hendry sal vashou en genees.
Ons is dankbaar oor Dankie Here vir die heerlike reë en die groot verskil wat dit aan soveel damvlakke gemaak het. Ons weet U is die Gewer van alles wat goed is en die God wat reën gee. Dit goed gaan met Nati in Amerika, ons bid dat die Here hom sal veilig en gesond hou, asook vir Lindie en die seuns wat hier is en na hom verlang.
Nuus uit Lichinga
Die jaar snel ten einde en dit is goed om so ’n oomblik te stop en terug te kyk na God se Hand – wat ’n getroue Vader het ons nie!! Dit is ’n voorreg om deel te wees van die Skepper van Hemel en aarde se werk en om aan Hom te kan vashou, maak nie saak wat in hierdie mal wêreld gebeur nie!! Sedert ons laaste nuusbrief het heelwat gebeur – hier volg so ’n bietjie nuus van ons kant af! Die einde van 2016 is ook die einde van een groot hoofstuk in ons lewens en die begin van ’n heel nuwe en opwindende ene!! Christiaan het klaargemaak met skool!! Dit was nogal ’n skok vir my toe ek skielik verlede week besef my skool het met 33% verminder in terme van leerlinge!! ☺ Soos van julle weet wil Christiaan by Moody Bible Institute in Chicago gaan studeer. Klasse begin in Augustus 2017!! Hy het ingeskryf vir Intercultural Studies” wat ’n 4 jaar graad is. Hy voel geroepe om ’n voltydse sendeling te word. Vóór dit wil hy graag die Alert Academy se basiese opleiding ook gaan doen in Texas. Ek en hy was vir 10 dae in SA waar hy twee eksamens geskryf het – die een is die TOEFL eksamen – dis ’n Engelse eksamen wat die Universiteit vereis van alle buitelandse studente en ook die SAT wat gelykstaande is aan ’n matriek eksamen. Hy het in die 90’s gekry vir die TOEFL eksamen en nou wag ons nog net vir die SAT!! Ons is baie trots op hom! Bid asb vir ons al 5 met hierdie nuwe fase waarin ons beweeg en dan spesiaal vir Christiaan en sy toekomsplanne!! Gewoonlik teen hierdie tyd van die jaar het ons put baie min water in – glad nie genoeg vir wat ons nodig het in die huis nie! Om ’n boorgat te sink kos $10,000 – so glad nie ’n opsie nie! Ons het besluit om te probeer om ons put dieper te laat grawe… Ons dorpie het ’n putgrawer met die naam Mr Bomba (Mnr Pomp) baie gepas!!! Hy het baie moedig afgeklim en vir twee dae gegrawe!! Hy hou ook baie van praat en ons kon sy dowwe stemmetjie diep vanuit die aarde heeldag hoor!! ☺ Die grawe werk het goeie vrugte afgewerp en ons water het met 50% gestyg!!! Ons is baie dankbaar teenoor die Here vir genoeg water!!! Alfred het ook ons kar se remstelsel kon herstel! Dit het net 3 weke gevat om die onderdele hier te kry en dit in te sit! Christiaan en Stefan het ook ’n les of twee gekry in remme bloei!! Oor en oor en oor. Als is nou weer reg!! Die Dinsdag Bybellesse gaan ook goed aan. Aan die begin het baie min mense gekom, veral nadat die leiers in die dorpie almal gedreig het sodat hulle nie kom nie. Ten spyte daarvan kom omtrent so 20-25 elke week. Die Audio Bybels bly steeds ’n groot treffer! Alfred sit gereeld nuwe lesse op die SD kaarte en het die mense gevra om volgende week die Audio Bybels te bring sodat hy weer lesse kan opsit, maar een tannie wat nooit sonder haar Bybel is nie het sommer dieselfde dag gekom – heeltemal te lank om te wag tot volgende week!! Groete die Peatzolds (Vervolg volgende week.) LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.