Sondag 21 Augustus
Vaderliefde par excellence Skriflesing: Lukas 15:11-31
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5
Gesinserediens
Geniet as gesin met Laerskool kinders die erediens in die saal vanoggend. Almal welkom!
Jeug-erediens vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Daar word tans gebou en gewerk aan die moederskamer, dankie vir jul geduld, die fasiliteit is steeds beskikbaar vir gebruik vanoggend. Eersdaags gaan jul die nuwe fasiliteit geniet. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Wen ‘n gemeubeleerde pophuis vir jou prinses! Slegs 100 Kaartjies @ R50 elk is beskikbaar, by die kantoor.
Yes!! Yes!! Dit gaan lekker wees...
Daar is ʼn Kinderkamp vir Gr 1-6 in die pyplyn... Hou solank die datum oop, meer nuus volg binnekort. Wanneer:
23 & 24 September
Waar:
Ella Combrink
Stories vir Lewe Die reeks het verlede week afgeskop, dit is nog nie te laat om in te skakel nie. Boekies is vanoggend na die erediens beskikbaar in die kantoor.
Omgeehandleiding Lapelwapen Plakker vir jou motor
R25 elk R10 elk R10 elk
Daar is ook voorsiening gemaak vir die Gesinserediens en die Jeug-erediens, met hul eie unieke materiaal. Die Jeug ontvang hulle boekies by die Jeug-erediens. Die inligting vir gesinne word weekliks op die gemeente APP geplaas. Skakel gerus in by die Sondagmiddag 15:00 Omgeegroep, hier by die kerk. Kontak Ds Jurgens as jy belangstel.
Maandag 22 Augustus 18:00 Nel Claasen terugvoer GriefShare 18:30 Alpha kursus
Vrydag 26 Augustus
Konsistorie 17:30 Volleyball uitspele Sitkamer Bovertrek
Kerksaal
Gebeure in vooruitsig
Dinsdag 23 Augustus 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie 17:00 Vrouebedieningverg. Konferensiekamer Lofdans Kerk 18:00 Basaarvergadering Konferensiekamer DivorceCare Sitkamer
30 Aug. 31 Aug. 3 Sep.
Eiendomsbedieningvergadering Bluetooth Ouerskap Basaar
Donderdag 25 Augustus 18:00 Bybelskool vir Bereane
Bovertrek
Mylpale 21 Aug. Martiens & Magda Stander 22 Aug. Britz Chris Schutte 24 Aug. Gesina Taljaard
40 Huwelik 75 Verjaar 71 Verjaar 73 Verjaar
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 26 Aug. Joey Hattingh Yolanda Steenberg Hennie & Lorraine de Koker 27 Aug. Rienie Booyens Annetjie Pretorius
77 Verjaar 37 Belydenis 37Huwelik 81 Verjaar 73 Verjaar
OaseDankfees is ‘n BASAAR propvol lekkertes! Die kleurvolle karakters is reeds besig om in die agtergrond te woeker, hulle vra groot groot groot asb BESTANDDELE. Bring dit nou reeds kerkkantoor toe. Hier kom ʼn ding!! Ons gaan met hierdie jaar se basaar Witrivier op sy kop keer, want ons bak mos pannekoek tydens die basaar. Ons gaan hulle in die lug laat tol, dit gaan groot pret wees... O gaats, ons het nog so ʼn effense agterstand... Ons kort bestanddele, ek gaan ons wenslys hier laat, ek weet die mense gaan vir ons bestanddele aflaai by die kerkkantoor, want ek het gesien daar is plek vir mense om te gee. As daar iemand is wat wil kom help bak, bel Marinda 083 349 6519, sy is ons privaat agent daar in die gemeente.
16x2.5kg of 8x5kg koekmeel 1kg sout 2 x 200g bakpoeier
6 x 2 liter olie 1.6 liter asyn 20kg suiker 800g pypkaneel
Volleyball-nuus! Vrydag was daar konsternasie, die spanne het nie opgedaag nie. Die toernooi direkteur het nou streng reëls ingebring vir spanne wat nie opdaag nie... Wees daar en speel jou hart uit! Daar is ook boereworsrolle te koop @ slegs R20 elk, dit sal vanaf 17:30 gereed wees. Produktetafel het ‘n benoudheid wat met die droogte gepaard gaan... As jy weet waar kan hul groente teen goeie prys aankoop, laat weet asb vir Pieter Reyneke. Bydraes ook baie welkom!
ʼn Kerkbasaar is sinoniem met ʼn Poedingtafel! Bring koue of gebakte poedings en natuurlik liters en liters vla. Ook as jy kan kom help bedien die dag met die basaar is jou vlytige hande baie welkom! Navrae: Jeanette 076 753 4975
Navrae oor enige aspek van die Basaar: Hannatjie 072 563 7823
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. “Dankbaarheid
is die geheue van die hart.” ~JB Massieu NG KERK - WITRIVIER
450
GEMIDDELDE KERKBYWONING (Belydende Lidmate = 1 777)
445 427
425
400 375
410 387
384
408
372
350
Aantal Aantal
325 300 275 250 225 200 175 150 125
R’000
TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Werklik Begroot
800 750 700 650 600 550 500 450 400 350 300 250 200 150
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
P
P P P P P P P P P
Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . Roelien bid: “My Vader, Jesus, Heilig Gees U is Alles. Ek kom sit by U Voete en ek wil U smeek om my verstand rustig te maak en net positiewe dinge te laat dink. Hospitaaloperasies maak my benoud, angstig. Gaan asb met my Ma, wat die 24 Aug ‘n heup operasie moet ondergaan. Help my om op U te vertrou dat dit goed sal gaan en dat sy heeltemal sal herstel. Eks lief vir U Groot en Almatig God. Amen.” Bid asseblief vir my dogter, dat daar uitkomste sal wees vir werk en blyplek. Dankie. M” Bid asb. saam my vir my en my gesin, wat deur ‘n egskeiding gaan op die oomblik. Vra vir Jesus se genade en gebede om my eks-vrou te help om op die regte pad te kom, terug na Jesus se woonplek. Bettie vd Westhuizen (nuwe lidmate in Macadamia 30), se ma is verlede week oorlede. Bid asb. vir vrede, berusting en troos in hierdie hartseer tyd, Bid asseblief vir Toni Minnaar, skoondogter van Helia Minnaar, wat met brein-kanker gediagnoseer is. Sy is nog jonk, met jong kinders... O groot Geneesheer, gryp asseblief in! Amen!” Wilna, dat sy weer haar kragte kan herwin en nie soveel newe effekte na haar behandelings ervaar nie,.. Stephan sê dankie vir Sous se beterskap. Hy is nog in hoësorg en kan al beter praat. Vra baie vrae oor die laaste paar weke (veral werksake en finansies). Bid vir Celeste vir wysheid om dit reg te antwoord. Dankie vir jul gebede, dit word waardeer. Jennie Schroeder se geliefdes, na haar afsterwe Woensdag oggend, mag hulle God se troos in hierdie tyd tasbaar beleef. Nellie Labuschagne, wat terug is in Macadamia Care en aansterk na haar operasie. In ‘n kinderhandskrif: “Ek bid vir ‘n klein seuntjie wat oog kanker het wat sy een oogie verloor het.”
GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.
P
P P
P P
Jack Visser, seun van Kobus en Helanie. Hy is ‘n student in Stellenbosch en word tans behandel vir breinvliesontsteking in Medi-Clinic, Stellenbosch. Jack was baie ernstig siek en medici het lank geen diagnose gehad nie, sy Ma skryf: “Ek is terug by die skool, dit was maar swaar om my ‘seuntjie’ te los. Hy is nog ver van gesond, maar more sien die Neuroloog hom weer, dankie vir al julle liefde en boodskappe...” Ons bid vir al ons gemeentelidmate, dat elkeen sal besef die verantwoordelikheid om ‘n lid van die gemeente te wees en dat hul suiwer instrumente in Sy koninkryk al wees. Ons bid vir ons kinders en jongmense. Ek glo nie ons besef elke dag waardeer hul gaan nie. Trauma by die huis, by die skool, in die alledaagse lewe. Dan praat ons nie eers van verwerping nie... Mag hul intens bewus wees van God se onvoorwaardelike liefde vir hul! Gerda Strydom, wat steeds in Rob is, ons bid vir God se wonderwerkende, genesende hand oor haar liggaam en gedagtes. Ons bid vir die Nilsson gesin (Nelspruit) en hul geliefdes, Eric het die boodskap hier langsaan op sy Facebook Maandag geplaas...
WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za
Ons belydenis klas bid so.. …
t Gaan asb saam Dasha wat ‘n operassie gehaad het dat sy gou sal beter word en terug t t t t t
skool toe sal gaan ♥ Bid asb. vir my en ons vriende na die beleidenis kamp, dat ons mekaar sal bystaan, sodat ons op die regte pad kan bly. Mag my verhouding met God & my vriende net groei. Pappa God, wees saam my om te leer om met mense te kan praat oor my probleme en dit nie binne myself sal “opkrop” ♥ ♥ ♥” Seën al die mense wat die kamp gereël het en heelweek vir ons gebid het. Wees saam die mense wat op die kamp was en dalk nie die Here ervaar het nie!!! Dat God binne hulle sal kom leef. ♥” Pappa God dankie dat U altyd daar is en na ons gebede luister en als op die regte tyd doen en laat gebeur. Amen!
t Bid asb. vir my twee vriendinne se Pa’s wat Kanker het & wat altwee weer in die hospitaal opgeneem is, waar die Kanker verder versprei het. Amen ♥ t Dankie vir die wonderlike naweek ♥ - Kom word nuut kamp was AWESOME! t Ek sê dankie vir die voorreg om op die beleideniskamp te kon gaan! Bly asb. bid vir ons *Verhoudings, *Vriende, *Famielie
Ons is dankbaar oor.. A
Jaco laat weet: Ons was gister by Kath se Onkoloog vir terugvoer na al die toetse. Ons is soooo dankbaar en bly om te kan rapporteer dat daar 83% kans is dat die kanker, met die huidige behandeling in remissie sal wees. Met chemo by verhoog die kans na 86%. Kathleen is fiks en jonk en gevolglik begin sy more (Donderdag) met chemo twee weekliks tot en met 24 Nov. Ons dank aan die Here en almal vir die gebede, kos en ondersteuning. A Dit soveel beter met Danelle Badenhorst gaan, dat Jos vir haar hierdie pragtige bos blomme kon neem en die hoop kon uitspreek dat sy “voor die einde van die week kan huis toe kom”. Ons glo dat God ‘n wonderwerk in Danelle se niere gedoen het en dat sy nie meer dialise sal nodig hê nie en bid nou vir haar verdere fisiese en emosionele herstel. Dat die band tussen haar en Riann sterk en spesiaal sal wees en dat haar gesin haar net sal geniet en waardeer by die huis. A Ons is trots op Chanette Bester en wil haar seën met haar verkiesing as Oosterhof Primaria van 2017. Mag sy op Hom bly vertrou en Sy leiding duidelik beleef in hierdie besondere amp, wat sy haarself in laat verkies het in haar koshuis. Geluk ook aan Ma Antoinette en Pa Charles! A Marthinett skryf: Ons dank God vir ‘n geseënde Kom Word Nuut kamp vir die katkisante. So ’n pragtige klomp jongmense. Met so ’n klompie mense kan mens ’n bende storm loop en oor ’n muur spring!
Sendeling nuus
Van die van wyk’s
Die afgelope week was ons al vier jaar in Worcester. Die einde volgende maand sal dit al 10 jaar terug wees wat ons gevoel het dat God ons pad in ‘n voltydse sending-bediening inlei. Ek het vanoggend na ‘n liedjie geluister. ‘n Deel van die woorde
sê : “He split the sea so I could walk right through it.” Toe ek na die woorde luister, was ek so bewus daarvan dat Hy my herhinder aan hoe Hy die paaie in my eie en my gesin se lewens oopgemaak het. Vir baie was ons stap, om voltyds in die sending in te stap, iets waarvoor hulle al lankal gewag het en vir baie was dit ‘n dwase besluit. Al het ek in my hart geweet dit was wat God my al van kleins af voor geroep het en ook ons gesin, het my eie verstand ook vir my gesê dis dwaas. Maar vanoggend het ek net ervaar hoe die Here my bewus maak van hoe naby Hy by my was en hoeveel keer hy die see voor ons oopgemaak het (die onmoontlike gedoen het.) Ek onthou in 2008 was ek besig met ‘n opleiding in Malawi. Ek het ‘n droom gehad dat ‘n spesifieke persoon uit ‘n gemeente van bykans 2000 mense opstaan tydens ‘n diens en ‘n bydra vorentoe bring vir ons ondersteuning. Later die jaar het ek verneem dat die spesifieke persoon geld in ons rekening begin inbetaal het. God is ‘n “awesome” God! Ons basis is in ‘n proses om te akkrediteer by SAQA, as ‘n opleidings fasiliteit in Suid-Afrika. Vanaf 22-27 Augustus woon ek ‘n week oplei-ding in Muizenberg by (Fasilitering en Assessering) . Ek het wel al ‘n deel van die opleiding gedoen, maar ek gaan ook om te observeer, om dalk later die kursus self by YWAM Worcester en selfs by die ander basisse in Suid-Afrika aan te bied. Carlia verjaar 23 Augustus, so sy is nie heeltemal gelukkig dat ek nie met haar verjaarsdag by die huis gaan wees nie. Ek is ook dankbaar dat ek my studies die einde Julie (my vak oor wêreld gelowe) kon voltooi, en het alreeds met my nuwe vak “Church History” begin. My vakke raak geleidelik minder en ek hoop om so einde volgende jaar klaar te wees. Annemarie se beplanning vir die drie maande Bybelskool, in September, vorder goed. Sy het al oor die twintig studente vir die skool, wat dit ‘n groot uitdaging maak. Die ander uitdaging is dat sy beperkte personeel het en ons hoop dat sy dalk nog een of twee personeellede sal by kry. Die meeste sprekers het ook al bevestig.. Behalwe die boeke wat hanteer word, word die Bybel ook gedurende die drie maande deurgelees. Wat maak hierdie kursus so spesiaal en trek dit soveel internasionale studente? Die metode wat geleer word om die Bybel te bestudeer maak die verstaan van die bybel toeganklik vir enige iemand is en sover word die metode ook in die sendingveld gebruik, om mense die Bybel te leer.
Van nou af moet sekere goed in plek val waaroor ons min beheer het (behalwe vir gebed) en vertrou dat die Here die dinge reg sal laat uitwerk. Bid daarom asseblief saam vir die volgende punte... P Die sprekers se voorbereiding en vervoer reëlings. P Studente se visas, finansies en ook vir hulle vervoer reëlings. Bid ook dat die Here hulle harte sal voorberei. P Bid vir die huidige personeel en dat God toegewyde personeel sal byvoeg. Daar is baie opdragte en baie merkwerk en daarom is genoeg personeel nodig. Bid dat daar ‘n spesiale band tussen die personeel sal vorm. P Bid dat Annemarie, as skoolleier gefokus sal bly en dat sy God se leiding in elke detail van die skool sal ervaar. P Die studente word ook tydens die drie maande deur personeel gementor (een-tot-een). Bid dat die regte personeellid by die regte student geplaas word. P Bid ook saam met ons vir ‘n goeie laptop (skootrekenaar). Ons besef dit is nodig vir Annemarie met die Bybelskool en ook vir die opleiding waarby ek betrokke is op die stadium. P Bid ook vir my, wat die uitdaging aanvaar het om my gunsteling boek, Jesaja aan te bied. (en Amos). Ons het natuurlik ook “ander moeilikheid”. Ons klein dogtertjies het ewe skielik in prinsesies verander. Danièlle is genooi, deur ‘n Gr.10 seun, na hulle skool se wintersbal. Simoné en haar maatjies het as kelners gewerk, maar het ook lekker saam gedans teen die einde van die aand. Ek sluit graag die Nuusbrief af met ons roeping en visie: Joshua 24:15 “Ons gesin het gekies om die Here te dien. “ Ons roeping en visie fokus op die toerusting en ondersteuning van sendelinge, om binne alle sfere van die samelewing transformasie te bewerkstellig.
Die van Wyks Anton het tans ʼn behoefte aan ʼn laptop nadat die een laptop tussen hom en Annemarie nie meer voldoende is om mee te werk (sien bo). As jy geroepe voel om hulle te help, kontak gerus vir Antoinette by die Getuienisbedieningkantoor. Dit kan een wees wat in jou huis in onbruik is. Ons vertrou saam met hulle vir uitkoms.
j AUGUSTUS 2016 21 Dankie Here, dat U ‘n God van liefde is. Dat U my ten spyte van dit wat ek verkeerd doen, met ope arms terug verwelkom. Luk. 15: 23
22 Dankie Here, dat ek met al my kommer, vrese en vreugdes na U toe kan kom. Matt. 7:7 &8
23 Here, dankie dat niks vir U onmoontlik is nie. Luk. 18:27
24 Here, ons staan vas op U Woord. Kol. 4:2
25 Here, help ons dat ons met vertroue bid. Hand. 2:25 - 27
26 Here ons gee Sondag se eredienste hier en in die wêreld vir U. Laat ons met verwagting en ‘n oop gemoed na U luister. Hand. 20:32
27 Vader, open ons oë en verstand, dat ons vergewings-gesind sal wees. 1 Joh. 1:17
28 Here, selfs as ek struikel kan ek aan U vashou. U rig my weer op. 1 Sam. 2:4
29 Dankie Here, dat U nie ons ons sonde toereken nie, maar ons vergewe. Ef. 2:4-5
30 Here Jesus, help my om te vergewe, soos U my vergewe. Kol. 3:13
31 Here, ons gee ons land en sy leiers vir U. U weet van ons probleem, maar nie teenstaande dit weet ons U is in beheer. Ps. 31:15 & 16a
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
HUIS BESKIKBAAR
WERK BESKIKBAAR
ʼn Veilige 3 slaapkamer huis met 2 badkamers en heerlike kuierstoep is onmiddellik beskikbaar op plot net buite Witrivier. Ongelukkig geen diere. Kontak: André 072 395 5468
Vryskut werk beskikbaar vir persone met geldige bestuurslisensie en PDP. Kontak: Michelle 083 272 2171
SOEK BEHUISING Soek 3 slaapkamer huis in Witrivier te huur wat diere vriendelik is. Kontak: Marlize 083 529 8542 Enkel dame soek 1 slaapkamer woonstel te huur, so gou as moontlik. Kontak: Riana 076 829 2770
LOSIES BESKIKBAAR Vir ʼn jong dame met sober gewoontes vanaf 1 Oktober. Dit is net buite Witrivier. Troeteldiere onder voorwaardes. Kontak: Adante 083 279 7579
Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by
Gemeente
NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier
NG Kerk Witrivier
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos nuus@ngwitrivier.co.za