OaseNuus 22 Mei

Page 1

OaseNuus Sondag 22 Mei 2016

Waar is God?


Ds. Jurgens de Jager

Ons is uitgekiesde kinders van God Skriflesing: Efesiërs 1:3-5 Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy hierdie kwartaal die Koning opnuut as jou Pa ontmoet, vanoggend opnuut besef dat jou beker oorloop en dat ons die dankbaarheid in elke faset moet soek en ook daarvan getuig.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

Gesinserediens, alle kinders van

Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers baie welkom!

Jeug-erediens vanaand @ 17:00

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... ʼn Bediening propvol uitdagings is die uitsending na die Konsistorie vir ouers met peuters. Ons weet die beeld is nie op standaard nie, maar wees verseker ons werk aan ʼn oplossing. Dankie aan die manne wat die uitsending met die videokamera behartig.

Ons nooi ouers met peuters om van hierdie diens gebruik te maak.

Vandag bid ek vir my kerk, Here, vir my gemeente. Ek bid vir ons leraars, dienste, bedieninge, uitreike, finansies en bowenal vir ons lidmate. Amen


Mosambiek- uitreik Vanaf 1 tot 10 Julie gaan die span weer by Jaco & Inge tuisgaan en hulle hande versterk gedurende die uitreik. Verlede jaar het hul verskeie projekte aangepak en voltooi. Hierdie jaar wil ons graag vir hulle 4 bunkerbedjies met matrasse maak en laat in die kamers wat hul ingerig het om groepe te akkommodeer. Ons benodig borge vir die bedjies. 1 Bedjie met matrasse beloop R 1 300. As jy ons hande wil versterk met jou finansiÍle bydrae sal ons dit baie waardeer. Kontak Antoinette by die kantoor as jy meer wil weet of as jy wil bydra vir ʼn bedjie.

Maandag 23 Mei

Woensdag 25 Mei

11:00 Koskasvergadering Konsistorie 18:00 Bluetooth Ouerskap Bo-vertrek 18:00 Alfred & Belinda terugvoer Bo-vertrek Immergroenkursus Konsistorie Donderdag 26 Mei 18:00 GriefShare Sitkamer 17:15 Moz-uitreikspan Konsistorie 18:00 Bybelskool Bo-vertrek

Dinsdag 24 Mei

08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans DivorceCare 18:00 Eiendomsbedieningverg.

Konsistorie Kerk Sitkamer Konsistorie

Gebeure in vooruitsig

27-29 Mei

Gemeentekamp by Berg & Dal

Mylpale 24 Mei Ria Beyers 73 Verjaar Johan & Anna-Marie Viljoen 47 Huwelik 25 Mei Rina Raath 71 Verjaar Robert & Elsa Wood 32 Huwelik

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! 27 Mei Jotham van Tonder 83 Verjaar Gean Fraser 71 Verjaar Shawn Trollip 32 Doop


Hoe lyk ons gemeente finansies? Die afgelope week het daar ʼn e-pos nuusbrief uitgegaan met inligting rakende ons gemeente se finansies. Indien jy ʼn kopie van die brief wil ontvang, gaan gesels met Antoinette by die kantoor. Indien jy oor e-posadres beskik en nie die brief ontvang het nie, stuur asb ʼn e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za met die Onderwerp: E-pos nuusbrief, die brief sal dan aan jou gestuur word. Hier is uittreksel van die brief rakende debietorders.

Die weerstand teen ‘n debietorder.

Daar is by sommige mense ‘n weerstand teen ‘n debietorder. Veral entrepreneurs is skrikkerig om hulle aan ‘n vaste bedrag per maand te verbind, omdat hulle nooit seker is hoe hulle eie inkomste die volgende maand gaan lyk nie. Hierdie weerstand is te verstane, maar is ook gebaseer op die verkeerdelike aanname dat ‘n debietorder noodwendig ‘n groot bedrag moet wees. Onthou dat ‘n debietorder enige bedrag kan wees – hoe groot of hoe klein ook al. Jou debietorder kan met ander woorde die minimum bedrag wees wat jy jou voorneem om te gee. Indien jy ‘n beter maand die volgende maand beleef, kan jy dan addisioneel gee. Moet dus nie voel dat vir ‘n debietorder om die moeite werd te wees, dit noodwendig ‘n groot bedrag moet wees nie. Al die “bietjies” maak uiteindelik in ons gemeente “baie”.

Hoe teken ek ‘n debietorder? Jy kan ‘n debietorder by die kerkkantoor afhaal of jy kan een aflaai deur op die meegaande skakel te klik. Handig dit weer by die kerkkantoor in of skandeer dit in en epos dit na elize@ngwitrivier.co.za Daar sal ‘n barometer aangebring word om die vordering van ons mikpunt met die debietorders aan te dui. Wanneer ons daarin slaag om 250 mense te kry wat konsekwent maandeliks dankoffer gee, gaan dit baie groter finansiële stabiliteit vir ons as gemeente beteken, en ons is uiters opgewonde hieroor. Wil jy nie asseblief oorweeg of jy een van hierdie 250 mense wil wees nie? Enige navrae kontak gerus Finansiële Bediening voorsitter, Louis Marais 082 893 1518. GriefShare laat weet, dat daar die volgende paar weke ‘n nuwe reeks begin op 25 April om 18:00. Weens die naderkruipende winter verskuif die tyd.

Maandag-aande om 18:00 Navrae: Annalise 082 958 3874

VRYDAG 3 Junie @ R15 elk Plaas jou bestellings VOOR Dinsdag 31 Mei 12:00 by Annetjie 082 870 0807 Stefnie by Kerkkantoor As jy wil kom help bak en deel in die vreugde, kom gerus, bring jou eie pan saam asb. AFHAAL VAN JAFFELS Vrydag vanaf 10:00 by Kerk onder afdak.

Omgeegroep 41 bak t.b.v. die Omgeefonds

Dinsdag-aande om 18:00. Navrae: Diana 082 990 4641 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir afspraak op ʼn Dinsdagaand


Wie kan onthou?

NG Witrivier

Ons kerk brand af... Hierdie is ʼn herinnering vir baie in die gemeente, vir ander is dit slegs iets waarvan ons hoor. Oorvertel van verhale is noodsaaklik vir vaste fondamente... Daarom is dit tyd dat ons weer die verhale vertel tydens die gemeente se 75ste bestaansjaar. Die beplanning het begin en die fees vind plaas op Sondag 19 Junie, meer inligting later, maar merk die datum! Foto’s en verhale Pak jou boks van herinneringe uit en deel dit met ons. Ons het foto’s en verhale nodig: Bring dit kantoor toe vir Antoinette, maak net asb seker dat jou foto’s gemerk is sodat ons dit aan jou kan terugbesorg. Ons wil ʼn collage van foto’s maak wat die geskiedenis uitbeeld. As jy wil help met dié tydlyn, laat weet asb. die kantoor. Gedenkblad propvol antieke verhale gaan ook uitgegee word, vertel vir ons. As ons by jou moet kom kuier om die stories te hoor , laat weet ons en iemand sal jou kontak. Ons sien uit na hierdie waardevolle gesprekke. Indien iemand ʼn advertensie wil plaas, stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za Die redaksie kontak jou met groot dankbaarheid. Kontak Antoinette dringend, die blad word vroeg in Augustus uitgegee.

Hou die partytjie datum in die oog... Wanneer: Sondag 19 Junie Waar: By die gemeentesentrum Tyd: Direk na die Fees-erediens

Nuwe era propvol nuwe moontlikhede het in ons gemeente aangebreek Laai die APP (Toepassing) af by... Anroid gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore. Tik in:

Lor


Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . P

P P P P P

A

Bid vir krag en vertroosting vir Tobie Bieldt, sy broer Johan en susters Ronel en Trudie wie se moeder, Santjie Bieldt Dinsdagoggend haar stryd teen kanker verloor het (waar sy in Pretoria in die hospitaal was). ‘n Roudiens word Sondag, 29 Mei om 12:00 uit ons kerk vir haar gehou. Ons bid dat elkeen God as die groot Trooster in hierdie rou-tyd sal beleef. Hannetjie Wiid, wat hartversaking het. Sy is tans op medikasie en ons bid vir die minimum newe-effekte en die maksimum effektiwiteit, dat sy spoedig beter sal voel en voluit kan leef. Willem, wat deur ‘n baie baie slegte, donker tyd in sy lewe gegaan. Sy geliefdes weet God is met hom en sal hom help, maar mag Willem hom ook so beleef in sy lewe en Sy lig voel skyn in hierdie donker tyd. Susan, wat deur ‘n moeilike tyd gaan... Laat God se (ewige) lewe in haar hart en gedagtes beheer neem. Elzette se man, Louw, wat ‘n skouer operasie die week gehad het. Ons dank God dat die operasie ‘n sukses was en bid vir die hersteltyd, dat God hom sal genees en geduld sal gee in die herstel-tyd van 6 weke. Louis van der Merwe, wat ‘n hartklep vervanging operasie gekry het die week, maar sy longe het plat geval en hy is op ‘n ventilator en het in die week ‘n trachi gekry, ons bid dat God sy liggaam en gees sal aanraak en vir hom nuwe lewe sal gee.

Ons is dankbaar oor Chris & Wilna sê: “Baie dankie, Jesus vir U wonderlike bystand en genade die afgelope maand. Dankie vir die wonder van genesing. Baie dankie vir alle medegelowiges vir al die gebede en ondersteuning. Amen” Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES?

Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms. A

A A A A

A

A

A

Bill & Joan skryf: Dankie, Gawie Snyman, vir ‘n gees van vernuwing wat ons hierdie Pinkster ondervind het. Mag God jou nog verder gebruik om sy Woord op so ‘n besondere manier te verkondig. Wat ‘n voorreg om vanoggend Alfred, Belinda en die seuns met ons te hê. Ons bid dat hulle Suid-Afrika en Witrivier Gemeente baie sal geniet en seën daaruit sal put. Vir vernuwing in my huwelik. Ek dank God vir gebedsverhoring!!! ‘n Geseënde Bybelplasing deur die Gideons laas week, ons dank God vir die geleentheid wat ons kon kry en bid dat Hy Sy Woord sal laat groei en Sy koninkryk sal laat kom deur die saad. Die “sakke van hoop” wat ons ingekry het tydens Pinkster. Santie getuig dat die klere van sulke goeie kwaliteit was dat niks weggegooi hoef te word en dat die hoeveelheid werklik wonderlik is. Die klere is alles uitgepak en al wat nog kort is no. 8 en no. 9 mans skoene. As daar enige gemeentelede is wat se kaste vol skoene is wat hul nie meer dra, maar dra-baar is, kom gee dit asb. vir ons af! Dankie vir die lidmate se liefdevolle bydraes! Charles getuig: Met groot dankbaarheid kan ons vandag getuig van God se uitkoms op Sy perfekte tyd. Dankie vir gebede en ondersteuning die afgelope 12 maande, vandat hy afgelê is. Hy het Dinsdag begin werk en ons sê DANKIE, DANKIE JESUS! Jaco en Inge, ons Sendelinge in Mosambiek het Maandag ‘n uitdagende dag gehad tydens hulle terugreis vanaf die noorde (1 000km van Inhambane), hulle het net betyds die konvooi gehaal. Tydens die reis het die weermag gestop, hul papiere geneem, omkoopgeld geeis. Nadat hul openlik uitgelok is om omkooopgeld (koeldrank) te gee voordat hulle hul papiere terug ontvang. Inge getuig later via WhatsApp: “Ons het ons papiere gekry. Hul wou weer probeer vir geld en koeldrank, toe sê ons “Nee, ons is sendelinge om juis die mense te aan bemoedig wat aangeraak word deur hierdie konflik... Ons gee niks.” Toe sê hul ons kan maar ry... Prys die Here! Chris en Alta skryf vir ons: Na 35 jaar groet ons die Laeveld en Witrivier. Ons is dankbaar teenoor ons Vader dat Hy ons begenadig het om vir diè tydperk hier te kon woon en werk. Hier het ons kosbare harts-vriende ontmoet, wat vir altyd in ons harte sal wees. In hierdie gemeente kon ons, en ons kinders geestelik groei. Hier was ons gelukkig en kon ons die Here met vrymoedigheid dien en liefhê. Die gemeente en gemeenskap van Witrivier was vir ons goed, en dit was ‘n voorreg om hier te kon wees. Ons gebed en seënwense is dat ander lidmate van die gemeente ook sal kan sê dat hulle hier ‘n geestelike tuiste kon vind en geestelik kan groei. Dit is onmoontlik om Witrivier en in besonder Witrivier NG gemeente te vergeet. Mag God u ryklik seën. Jesus Groete...

WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-mail ons: nuus@ngwitrivier.co.za


t t t t t t

t t

Ons Jeug bid vir.. Gebrek aan liefde in verhoudings. waar mense seer het en nie meer weet watter kant toe nie... Gaan met Markus se seer toon, hy sê hy kort ons hulp... Verhoudings... Eksamens,,, tienerswangerskap... Laila skryf: “Words are like a tube of toothpaste – once it’s out you cannot put it back in. So be careful what we say to each other. You could loose a friend but don’t loose your family. Verhoudings: tussen seuns en dogters, kinders en hul ouers en kinders en onderwysers en/ of afrigters. Mag God ons oë oopmaak om Hom in ander te sien en te aanvaar en lief te hê. Dankie Jesus vir ‘n veilige rit huis toe van Jhb. Dankie vir al ons talente en dat ons kan gebruik maak daarvan. En ek wil ook dankie sê vir Jesus vir ’n wonderlike Pinksterdiens!! Toya sê: “Dankie Here. dat U saam my pa was in die hospitaal!” Dankie Heer vir my ouers en vriende!

Liewe Witrivier Gemeente, Baie dankie vir julle gebede al is ons so stil! Die feit dat ons so stil die afgelope 3 maande was, beteken nie dat ons stilgesit het nie!! Dit is nou twee weke voor ons weer teruggaan na Mosambiek! Ons het omtrent kilometers op ons kar gesit! Ons was in Pretoria, Kaapstad, Oos-Kaap, Bloemfontein, Bronkhorstspruit en nou in Witrivier om by familie en vriende te kuier, by ons SIM sending organisasie aan te gaan en by kerke terugvoer te gee. Van ons hoogtepunte was om weer die Thaba kamp by te woon en in die Cederberg te kon kamp! Alfred het ook sy peetkind getrou in die Kaap en ons het ’n perfekte dag gehad vir seil! Wat ’n voorreg! Ons is trots op die seuns wat ook by ’n paar geleenthede gedeel het oor hul lewe in Mosambiek! Ons was ook so geseënd op al die plekke waar ons gebly het – ons het ou vriendskappe weer versterk en nuwes bygekry! Dankie aan elkeen wat jul huise en harte vir ons oopgestel het! Ons gaan julle vreeslik baie mis!!


Verlede week het Christiaan verjaar – ’n volle 17 jaar oud!! Ons het dit gevier op ’n goeie seun-manier met Lazer tag en Captain America in 3D afgesluit met pizzas!! Heerlik! Op die oomblik is ons in Witrivier, waar ons die laaste inkopies moet doen en by die gemeente terugvoer gee, laaste kuiers inkry en so aan. More gaan Alfred Maputo toe vir ’n vergadering met kerkleiers en keer, D.V., Donderdag terug. Bid asb. vir hom vir ’n veilige reis. Christiaan en Bernard maak ook klaar met twee vakke elk – bid asb. dat hulle goed sal kan leer en goed sal klaarmaak! Dit is nie juis maklik om skool te doen as ons so baie moet rondry nie, maar hulle het sovêr uitstekend gedoen.

Ons almal is nou al reg vir ons eie huis in die bos! Ons ry D.V., 29 Mei van Musina af, weer deur Zimbabwe. aangesien die pad in die middel van Mosambiek nie veilig is om te gebruik nie. Dan kom ons hopelik 1 Junie by ons huis aan. Bid asb. vir die grensposte!! Daar is 4 van hulle! Verlede jaar moes ons die hele kar en sleepwa afpak by Beitbrug! Bid asb. vir ’n veilige en maklike oorgang en ’n veilige rit! Dit was ’n baie goeie tyd in S.A. en ons kon op baie plekke deel wat die Here in Mosambiek doen. Bid asb. vir die klein groepie gelowiges in ons dorp. As ons nou teruggaan gaan Alfred aan met lesse en dissipelskap – ons wil graag ’n sterk groep gelowiges daar sien! Mag die Here julle seën vir jul liefde en ondersteuning!

Die Paetzholds

JOU UITNODIGING Kom kyk e n luister na w at Go d doe n onder d ie Yao me ns e in d ie noor de v an Mos ambiek! O ns g a an foto’s w ys e n ge tuie nis s e ver tel v an nuwe gel owige s! O ns nooi jou om s a am te kom kuier e n voor of na d ie tyd ’n koppie te e of kof f ie s a am me t ons te drink! M a and ag 23 Mei om 18:00 NG W itrivier s e Bo-ver trek O ns sie n uit d a ar na om jou te sie n! Al fre d e n Bel ind a P a e tzol d


“Mag God , die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul , sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!” Romeine 15:13

Paulus het die brief aan die Romeine in ongeveer 55-56 n .C. in Korinte geskryf voordat hy na Jerusalem vertrek het om fondse na die gelowiges daar te neem. Hy stuur die brief met Febe , 'n dienares, na Rome , maar hy sou eerder graag self wou gaan . Hy verlang om Rome toe te gaan om die evangelie daar te gaan verkondig. Paulus het gehoop om 'n basis onder sy vriende in Rome te vestig en wanneer dit gedoen was, met hulle ondersteuning na Spanje te reis om die goeie nuus van Jesus Christus daar te gaan verkondig. Paulus se hoop het egter nie volgens plan verloop nie . Hy het wel daarin geslaag om twee jaar later in Rome aan te kom, egter nie op eie houtjie nie maar as 'n verhoorafwagtende gevangene in kettings. In die Bybel lees ons dat van die geestelike gawes is hoop een van die drie belangrikstes. Die ander twee is geloof en liefde . Eendag wanneer ons in die hemel is, sal die behoefte aan geloof en hoop wegval en net liefde sal bly. Almal hunker na hoop – hoop op 'n beter lewe , hoop op beter persoonlike verhoudings, hoop op genesing. Dit wat ons hoop word miskien nie altiyd bewaarheid soos ons dit wil nie , maar ons het die voorreg dat ons toegang tot die grootste bron van hoop het. Christus is die bron van hoop. Sonder Hom is daar geen hoop nie . Met Christus is daar, ongeag hoe desperaat ons omstandighede is, altyd hoop. Hoop is nie iets wat ons self kan bereik nie . Hoop is 'n gawe van die Heilige Gees aan diegene wat in 'n verhouding met Jesus is. Dit maak nie saak onder hoeveel druk ons verkeer nie , die God van hoop beloof aan ons vreugde en vrede solank as wat ons op Hom vertrou. “Hemelse Vader, U weet wat ons hoop en U ken ons begeertes. Gee dat alles wat ons doen , slegs volgens u wil en tot u eer sal wees. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen”


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WERK BESKIKBAAR

WOONSTEL BESKIKBAAR

Voltydse pos as kassiere in Nelspruit beskikbaar vir Afrikaanssprekende dame ouer as 40 jaar. Vriendelik en goed met kliënte. Moet ook afwisselende naweke werk. Kontak: Wilma 083 654 7793

Drie slaapkamer grondvloer woonstel met badkamer, aparte opwas en stoep. Sentraal geleë. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: Elsa 083 229 3569 SMS/WhatsApp

Huis Betlehem in Nelspruit beskik oor ʼn pos as Inwonende Kinderversorger. Vereistes beskikbaar by Mariaan. Sluitingsdatum 31 Mei. Kontak: Mariaan 079 490 5095

Een slaapkamer woonstel langs die Hoërskool en oorkant die Laerskool. Afdak en vooraf betaalde krag. Kontak: Maritz 072 640 6415

Sy sal terugskakel

Een slaapkamer woonstel met loft, motorafdak en voorafbetaalde krag sentraal geleë (Rose SOEK WERK Vrou is opsoek na enige werk, sy het nie matriek Bridge Manor) beskikbaar 1 Junie. Ursula nie. Sy het ondervinding in Kleuterskool werk en Kontak: 082 660 9996 / 013 751 3566 het ook liassering gedoen. Kontak: Sarie KAMER TE HUUR GESOEK 072 259 6694 Manspersoon soek dringend na ʼn kamer met Opsoek na ʼn getroue huishulp (die spreekwoor- badkamer te huur. Kontak: Flip delike “engel”) vir 2 of 3 dae per week. 076 015 5104 Kontak: Colette 082 458 6878 Kamer met badkamer te huur gesoek vir Man soek dringend werk. Sy vaardighede manspersoon met parkering vir voertuig. behels konstruksiewerk, boilermaking, bouwerk Kontak: Danie en staalwerk. Enige “handyman” werk. Dit 083 352 2154 moet verkieslik in Witrivier wees. Kontak: Hennie van der Merwe Die gemeente het ʼn SNAP SCAN 079 459 5539 Dame met goeie ondervinding en verwysing as “Care Giver” is op soek na werk. Kontak: Joyce Khumalo 082 409 2979

Hoe om dit op jou slimfoon af te laai? Inligtingspamflet by die kantoor beskikbaar.


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die “Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

APP af:

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

NG Kerk Witrivier KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.