OaseNuus 25 September

Page 1

Sondag 25 September

‘n Wyse mens doen die belangrikste dinge eerste Skriflesing: Psalm 90 Teksvers Psalm 90:12 Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.


Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

Gesinserediens

Daar is nie vanoggend erediens in die saal nie, almal skakel in by die kerk.

Jeug-SHOW vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanaf die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

HIER IS EK…. Kom vind uit watter verskil dit REGTIG maak om die Here te volg… VANAAND!! 17:00 Kerk Offergawe word opgeneem


Maandag 26 September 17:30 Kinderkamp toerusting 18:00 GriefShare

Kerksaal Sitkamer

Dinsdag 27 September 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans

35 Huwelik 70 Verjaar 76 Verjaar 72 Verjaar 85 Verjaar 70 Verjaar

Sitkamer

Woensdag 28 September 18:00 Bluetooth Ouerskap

Bovertrek

Donderdag 29 September

Konsistorie 18:00 Bybelskool vir Bereane Kerk

Mylpale 25 Sep. Danie & Annelize Verster 26 Sep. Ursula Meyer 27 Sep. Koos de Klerk Philda Sharpley 28 Sep. Lena Coetzee Frans Pretorius

18:00 DivorceCare

Bovertrek

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! Piet & Susan vd Merwe Boy & Karen Eksteen 29 Sep. Koos & Rosa de Klerk Pieta & Santi Erasmus 30 Sep. Ena Maartens

48 Huwelik 42 Huwelik 54 Huwelik 32 Huwelik 77 Verjaar

Alternatiewe manier om jou bydrae te gee is SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af op jou slimfoon. Instruksies is by die kantoor beskikbaar.


DONDERDAG 29 September @ R15 elk Plaas jou bestellings VOOR Dinsdag 27 September 12:00 by Annetjie 082 870 0807 Hettie 082 606 2661 Stefnie by Kerkkantoor Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir ʼn afspraak op ʼn Dinsdagaand

Baie dankie vir almal se ondersteuning en hulp, groot waardering vir almal! AFHAAL VAN JAFFELS Donderdag tussen 09:00 - 11:00 in saal t.b.v. die Omgeefonds


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk.

Gehoorsaamheid is die merkteken van die toegewyde gelowige. Sy hoogste vreugde is om in die sentrum, van God se wil te lewe. “ ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.” Johannes 15:4 TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

850 800 750 700 650 600 550

R,000

500 450 400 350 300 250 200 150 100 50 0

TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Kleuter

Belydende Lidmate = 1 777

Gesin

600

Kerk

55

72

550

66

60

50 30

400

59

450

52

500

300

300

150

409

200

439

250

383

Aantal

350

100 50 0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


P

P P P

P P P P

P

Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . Anoniem “sukkel om te besluit tussen moeilike besluite help asb.” Heer, U weet waaroor hierdie besluite gaan en hoeveel van ons deur ons dag so voel. Gee dat ons volkome op U sal vertrou en ingestel sal wees om die leiding van U Gees suiwer te hoor en gehoorsaam. Johan vra: “My Here en my God. Ek het U so erg nodig om my te help met my behoeftes. U weet wat dit is; beter as ek. Ek hoor of sien niks gebeur nie, maar ek weet dat U daaraan werk. Op U tyd sal U dit openbaar. Laat U wil geskied.” Johan en Henriëtte Campher en familie. Hul het 2 weke gelede sy pa begrawe. Mag God hulle trane afdroog en Sy vrede gee in hierdie hartseer tyd. Die chaos in die land, veral by ons Universiteite. Ons bid dat God se vredeshand wonderwerkend gesien en beleef sal word in ons Universiteite en in ons land. “Here, U is die Prins van vrede, laat U vrede in ons land gesien word deur die wat in U glo en die wat U nie ken of herken nie, sodat U koninkryk sal kom. Amen” Phillip Coetzee met breinvliesontsteking in Medi-Clinic. Mag God hom spoedig en volkome genees. Grace en haar werk onder prostitute op die Sabie-pad. Mag die Here haar lei en beskerm om Sy wil vir hierdie vroue te laat geskied. Dina Wessels, wat deur ‘n spinnekop gebyt is, ons bid vir die bytplek maar ook die simptome as gevolg daarvan en die behandeling, mag dit vinnig werk en volkome genees. Ons Kinderkamp (gr.4-6) wat die naweek was. Mag die kinders God se nabyheid ervaar, soos op die kamp, so ook wanneer hulle teruggaan huise en skole toe en mag hulle getuig van ‘n lewe saam met Jesus. Ons bid ook vir Nati en die span wat gedien het en loof God vir hul diensbaarheid. Wikie du Plessis (Onderwyseres by Rob) by wie kanker gediagnoseer is. Ons bid vir die besluite wat geneem moet word, vir behandeling wat gedoen moet word en vir

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.


P P P

P

t t t t t t t t

newe-effekte, mag daar die minimum wees en mag Wikie konstant bewus wees van God se liefdevolle nabyheid en leiding in hierdie moeilike tyd. Rieteke Berrington, wat verlede week Dinsdag ‘n operasie in Witbank ondergaan het. Ons glo dat die operasie ‘n sukses was en dat Rieteke spoedig heeltemal gesond sal wees en weer voluit sal leef. Lena vra dat ons vir Angela Muller sal bid, sy gaan volgende maand vir ‘n groot rugoperasie. ‘n Gemeentelid skryf: “Liewe Heer, ek kom in nederigheid voor U staan en ek vra dat U ‘n antwoord sal gee op my gebedsbehoefte. Liewe Heer, ek wil vra dat U my huidige toekoms, na ‘n beter toekoms sal verander, want daar waar ek nou my voet in die deur gekry het, dat daardie deur vir my oopgemaak sal word deur U. Ek vra dit in Jesus se Naam.” Ons bid steeds vir tannie Annie Kriel, wat goed aansterk en binnekort oorgeplaas word na ‘n “stepdown”. Ons dank God vir haar herstel en bid dat sy sal aanhou sterker word.

Ons jeug bid so.. … Ek wil bid vir my vriendin se pa wat kanker het. Laat die Here hom seën asb. Amen. Eksamens * Ouers * Verhoudings * Kan ons net bid vir vriende en familie verhoudings. Laat als sal regkom. Amen. Mag die gemeente baie uitbrei en nog baie geseënd voortleef. Wil net dankie sê dat die Here die aarde geseën het met reën. Amen. Baie dankie vir die reën van verlede naweek! Pappa GOD Ek wil net dankie sê vir die reën ♥. Dankie vir ‘n wonderlike kwartaal waar ons almal saam deur baie dinge was. Ons dank God vir vriendskappe.

Ons is dankbaar oor.. A

Die motreëntjie wat geval het in die week en bid dat God steeds meer sal stuur wat orals val en aanhou om die aarde, diere en ons mens te voed en seën. A “Dankie Heer vir wonderlike leiers en vir die voorreg om ♥de te kan beleef en gee...” A “Dankie Vader vir die voorsang groep, wat so lieflik bydrae tot die erediens. Dankie vir hulle onbaatsugtige diens, dankie dat U Self hul toerus en dat hulle op U vertrou.” A Piet Coetzer sê: “Dankie Here, dat U vir my seun werk gegee het. Dankie dat Megan se kontrak verleng is. Prys U Naam!” WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za


Liewe family en vrinne, Vandag het ek dit oor die belangrikheid van rus en spel in die Bybel. Ek wys daarop dat werk 'n afgod kan word, en die probleme wat werkholiste vir hulleself en ander veroorsaak. Belangrik is dit om daarop te let dat ons ook in ander belangrike verhoudings met ons medemens staan as net 'n werksverhouding. Rus moet dan ook gesien word as 'n daad van vertroue op die Voorsiener God. Ten laaste het ek dit dan oor die plesier van spel en dan veral spontane spel. My laaste opskrif is: 'Party' maar binne perke - God hou daarvan! Het jy al in die Bybel 'n plek teëgekom waar God vir gelowiges soms toestemming gee om hulle tiendes om te sit in lekker 'steak' of skaaptjops plus bier en wyn - en dan daar in Sy teenwoordigheid lekker te 'party?' Nie? Dan moet jy my stuk lees!

REFLEKSIES OOR RUS

Alhoewel die Christelike lewens- en wêreldbeskouing die belangrikheid van werk beklemtoon, waarsku dit ook teen te veel werk en die wesenlike gevaar dat werk ‘n afgod kan raak. Ons word dan ook opgeroep om goed te rus en die lewe te geniet - ja die lewe te ‘celebrate’! WERK KAN ‘N AFGOD WORD In die gelykenis van die verlore seun bemerk ons ‘n verkeerde gesindheid teenoor werk as die oudste seun vir sy pa sê: Ek het my al die jare afgesloof om vir pa te werk (Luk 15:29) Hy voel as’t ware dat werk ‘n tipe van slawewerk is met weinig vreugde daarin en net swaarkry en baie verantwoordelikheid en lojaliteit vra teenoor die werkgewer. En dan gaan die oudste seun heeltemal af dat sy pa nou ‘n vreugdevolle partytjie wil hou vir sy jonger broer wat dit nie verdien nie. Die probleem met werk kan ook daarin lê dat mense hoogmoedig en trots word oor wat hulle reeds vermag het met hulle harde werk – en daarteen spreek die Skrif homself sterk uit. Dink maar aan Jesaja 2:17 Die hoogmoed van alle mense sal platgevee word. Hulle trotsheid sal in die stof lê. Die Here alleen sal dan verhoog word. As ‘n mens te veel begin spog met wat hy/sy al verwerf het deur harde werk in hulle lewens en obsessief raak oor werk dan word die werk ‘n afgod en dan geld Habakuk 2:18,19: Wat is die nut om mensgemaakte afgode te aanbid? Dit is dwaas om julle vertroue te stel op iets wat julle met julle eie hande gemaak het. Dit is ‘n afgod wat nie kan praat nie. Julle is dwase om dié leuens te glo Die probleem is dat as mens obsessief oor iets raak dan begin jy al meer soos die afgod dink en optree! So stel die Psalmis dit in Psalm 135:15 en 18 Die afgode van die nasies is voorwerpe van silwer en goud, die werk van mensehande. Hulle makers is net soos hulle, so ook almal wat op hulle vertrou… DIE PROBLEEM VAN WERKHOLISTE Marshall en Gilbert (1998:95) beskryf die gedrag van werkholiste goed soos volg: Diegene wat 'n obsessie met hul werk het sluit geleidelik al die mense rondom


hulle uit hulle lewens uit. Later kan hulle nie meer ordentlik en gebalanseerd sien of hoor of praat nie, omdat hulle aandag heeltemal gefokus is net op hul eie projekte en ondernemings. Hulle word later kortasem want hulle word versmoor deur hul fiksasie op prestasie, perfeksionisme en produktiwiteit. Hulle is oor besig, nie in staat is om te rus nie en hulle hele lewe word beslag geneem met al die woeste aktiwiteite in hulle lewens. Die probleem met werkholiste is dat hulle verhoudings met hulle familie en vriende dikwels in die slag bly en dat die vreugde uit hierdie verhoudings geleidelik getap word. Wat erger is, dit beïnvloed ook hulle intieme verhouding met God. Omdat die mens geskape is om God eerder as afgode (lees ook werk), te aanbid, moet ons ons ware doel waarvoor God ons geskape het altyd voor oë hou – om Hom te verheerlik en in ‘n noue verhouding met Hom en ons naaste te leef en te besef dat alles maar genade is en nie van ons en ons harde werk afhang nie. Dit beteken nie dat ons moet ophou werk nie, maar beteken wel dat ons ons finansiële bekommernisse aan Hom moet toevertrou en onsself nie so moet verdiep in ons werk net omdat ons obsessief bang is vir vernedering of ‘n finansiële ramp nie. ONS STAAN IN VERSKILLENDE VERHOUDINGS Ons is wesens wat geskape is na die beeld van God en ons is geroep om in baie ander verhoudinge te staan as net teenoor ons werk. Ons is geroep om christelik en Bybels verantwoordelik te wees in al ons verhoudings: Ons word geroep om goeie mans vir ons vrouens, goeie vrouens vir ons kinders, goeie ouers vir ons kinders, goeie kinders vir ons ouers, ja goeie bure, vriende en burgers van die land te wees. Ons roeping is om God se beeld te weerspieël in elke dimensie van ons bestaan - insluitend in ons aanbidding, intimiteit, werk, speel en rus. Indien ons werk hierdie verhoudinge versteur – dan is daar iewers fout. RUS IS 'N DAAD VAN VERTROUE OP GOD DIE VOORSIENER Een deel van ons roeping is die roeping om te rus. Selfs God het na die skep van die wêreld gerus. Die gebod om nie te werk op die Sabbat nie dra net soveel gewig as die ander gebooie soos om nie dood te maak of te steel nie. Israel se lewe was deur God so bestem - 'n ritme van werk en rus. Elke sewende dag, elke sewende jaar en elke vyftigste jaar moes 'n Sabbat vir mense vir diere en vir die land self wees. Dit geordende siklus van werk en rus is intiem gekoppel aan vertroue op Israel se God. As die Israeliete in die sewende jaar rus van al hul werk spreek dit vanself dat hulle geen oes sou hê nie en moes hulle heeltemal op God vertrou dat die vorige jaar ‘n surplusoes sou oplewer sodat hulle in die rusjaar kon oorlewe. (Lev. 25:18 -24) In die vyftigste jaar, die jaar van Jubilee, is Israel se geloof nog meer getoets. As die mense die Dag van Versoening gevier het, moes hulle vir twee jaar nie werk en plant nie en heeltemal staatmaak op die gawes van God (Lev. 25: 8 -12). As God dan nie getrou was nie, sou hulle van honger doodgaan en was die kanse groot dat hulle weer terugverkoop sou word aan Egipte. Ons kan dus sê dat rus nog altyd 'n daad van vertroue en van geloof was. Die Nuwe Testament staan ook nie vreemd teenoor die konsep rus nie. Die beeld word bv. gebruik dat ons redding gesien moet word as die ingaan in die rus, as vertroue en die ontvang van God se guns (Heb. 3 - 4) En Jesus self het belowe om die vryheid van rus te gee vir die wat na Hom sou kom as hulle vermoeid en belas is. Iemand het die hele saak van rus mooi saamgevat toe hy gesê het; As ons rus, erken ons dat al ons eie strewe en geswoeg, op sigself, niks kan uitrig nie. Rus beteken dat ons die wêreld vir ‘n tyd by ons laat verbygaan. Ware rus vereis ‘n erkenning dat ons broers en susters en medewerkers kan oorleef sonder ons. Dit vereis die erkenning van ons eie ontoereikendheid en die oorhandiging van ons verantwoordelikhede. Dit is om ons waarlik oor te gee aan die weë van God.


Dit is 'n oomblik van feesviering, wanneer ons erken dat alle seën in laaste instansie net uit die hand van God kom. Dit is die rede waarom rus geloof vereis (Marshall & Gilbert 1998: 100). DIE PLESIER VAN SPONTANE SPEL Van Ruler was by uitstek die teoloog wat ons gehelp het om materiële en geestelike dinge saam te geniet en nie ‘n onderskeid te tref nie. Volgens hom moet ons dus die lewe en die wêreld waarop ons lewe geniet.. Dit is altyd opvallend vir my hoe mens klein, arm dorpies in Afrika kry waar liedjies gesing word, gelag word en speletjies aan die orde van die dag is – dikwels beskamend vir baie Westerse mense wat alles het en tog ongelukkig is… In vandag se lewe is mense soms so georganiseer en taakgeoriënteerd dat hulle die geheim van ware rus en ontspanning vergeet. Iemand het die spontane rus en speel gedagtes soos volg opgesom; Dikwels wil ons geniet en rus om ander redes as net om lekker te rus en dinge te geniet. Ja, ons moet eintlik God aanbid vir geen ander rede nie as dat ons Hom net spontaan wil aanbid en prys nie. Ons behoort nie ons familie en vriende te geniet om ander redes as om hulle net eenvoudig te wil geniet vir wie hulle is nie. Ons waardeer nie sonsondergange om enige ander rede nie as om hulle maar net te geniet nie. En ons speel om geen ander rede nie as dat ons net wil speel nie… Die gedagte van spontane rus en spontane genot laat my dink aan die Duitse gedig; Die Sanger: Ek sing soos die voëls sing daar hoog iewers in die takke; Die lied wat spontaan uit hulle kele dring is vir hulle oorgenoeg beloning… ‘PARTY’ MAAR BINNE PERKE – GOD HOU DAARVAN! God wou gehad het dat oud Israel soms net lekker moes ‘party.’ Luister na die volgende interessante verse in Deut. 14:24 – 27 wat eintlik gaan oor die tiendes wat na die Here se huis moes gaan – en toe nie gegaan het nie! Dit mag wees dat jy besonder geseën was, maar die plek waar die Here jou God gekies het om sy Naam te eer, te ver van jou huis af is. As dit so is, mag jy die tiende deel van jou oes en van jou diere verkoop en die geld neem na die plek wat die Here vir jou gekies het. Wanneer jy daar aangekom het, gebruik daardie geld om enigiets te koop wat jy wil: ‘n bees, ‘n skaap, wyn of bier. Jy en jou huishouding moet dan daar in die teenwoordigheid van die Here jou God feesvier. En moet nie die Leviete in jou gemeenskap vergeet nie… Marshall en Gilbert (1998:115) lewer hierop soos volg kommentaar: In short, God’s people were to have a party, to take their tithe money and use it to eat, drink and be merry (and share with those in need.) Tithe time was party time. Ons God wil hê dat ons moet lekker werk, lekker speel en ‘party’ en lekker rus! Ons aanbid inderdaad ‘n wonderlike God – nie waar nie?


j

STORIES VAN LEWE:

25 Here ek wil U loof as my Koning en Redder. Ps. 104 : 1

26 Here laat ons opreg wees in ons dade teenoor ander. 1 Joh. 3 : 18

SEPTEMBER 2016

27 Here laat negatiewe omstandighede nie my lewe beheers nie. Spr. 15 : 15

28 Here dankie dat U woord kragtig en waar is. Heb. 4 : 12

Stories vir Lewe Het jy ʼn

STORIE om te vertel. Wat het die afgelope reeks gebeur

in jou persoonlike lewe of het jy iets nuuts geleer van die Stories vir Lewe? Ons wil graag deel daarin, vertel ons daarvan. Stuur jou storie na nuus@ngwitrivier.co.za

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

WERK BESKIKBAAR

WOONSTEL BESKIKBAAR

Permanente Gr 3 Departementele onderwyspos, onmiddellik beskikbaar by skool. Afrikaans magtig. Kontak: Abrie 082 565 1050 CV na: abrie.sleeperfit.co.za

Groot bachelors woonstel geskik vir 2 volwassenes , beskikbaar einde November. Ongelukkig geen kinders of diere. Kontak: Spurgeon 082 851 4579 Erica 082 337 6534

SOEK WERK Gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige soek dringend na werk. Kontak Lourens 082 555 3026

SOEK BEHUISING Soek ʼn kamer om te huur in Witrivier of Nelspruit. Kontak: Johan 084 464 1442 Soek kamer te huur vir manspersoon in Witrivier en omgewing. Kontak: Flip 076 015 5104

1 Slaapkamer woonstel met loft in Rose Bridge Manor te huur vanaf 1 Oktober. Met ʼn afdak. Ongelukkig geen diere. Kontak: Ursula 082 660 9996 013 - 751 3566


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier

NG Kerk Witrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.