OaseNuus 27 November 2016

Page 1

Sondag 27 November Vandag begin ADVENT... Advent is nie net gerig op die eerste koms nie, maar ook op die wederkoms. Tydens Advent dink ons aan God as die Altyd Komende in ons nood, om op verrassende wyse heil en bevryding te bring. Ons berei ons op nuut voor om die Verlosser in ons lewens te verwelkom. Omdat ons ook leef in die verwagting dat die Verlosser weer gaan kom, is ons gebed: Maranata (kom tog gou, Here!). Die geduldige wag tydens Advent maak van Kersfees self ʼn ryker ervaring. Daarom is Advent ʼn tyd van herinnering en verwagting.

1. BLOU kers

VERWAGTING

Here ons steek hierdie kers aan as simbool van ons verwagting. Mag die lig van God skyn in die duisternis om die weg van saligheid vir ons te verlig. Kom, ja kom haastig, Immanuel.

2. BLOU kers

VERKONDIGING

Here ons steek hierdie kers aan as simbool van verkondiging. Mag die Woord van God deur die profete ons lei op die pad van saligheid kom. Ja kom haastig, Immanuel.

3. PIENK kers

VREUGDE

Here ons steek hierdie kers aan as simbool van vreugde. Mag die vreugdevolle belofte van u teenwoordigheid, o God aan ons vreugde gee in ons hoopvolle verwagting op die verlossing. Kom, ja kom haastig, Immanuel

4. BLOU kers

REINHEID

Here ons steek hierdie kers aan as simbool van reinheid. Mag die inwoning van die Heilige Gees ons reinig sodat ons gereed kan wees vir die koms van Jesus Christus. Kom, ja kom haastig, Immanuel

5. Kersdag WIT kers

CHRISTUS


Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanaf die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai. kleuters en kinders en tieners se afsonderlike eredienste het afgesluit vir die jaar. As gemeente aanbid ons as familie saam.

Baie welkom vanoggend in die erediens. Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel.

Belydenisaflegging Baie welkom aan die nuwe lidmate van die gemeente: Sumari Bieldt Nadine Olivier

Carike Broodryk Sarah-Ann vd Watt

Leandri Dreyer Ruben Strydom

Naldu Basson

Met jou belydenis beloof jy: Dat Jesus my persoonlike Verlosser is. Dat alles oor my verlossing uit die Bybel kom. Dat ek solank ek leef ’n Christen sal wees. Dat die kerk op my betrokkenheid kan reken. Dat ons mekaar gaan help wanneer iemand die pad byster sou raak.

Baie geluk aan die ouers en grootouers van hierdie kinders ! “Laat ons wat ‘n onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil.” Hebreërs 12:28

Dinsdag 29 November 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.

Gebeure in vooruitsig 30 November - 3 Desember 7-21 Desember 25 Desember om 08:00 31 Desember om 23:15

Kersmark Swadini-uitreik Kers-erediens Middernagdiens

Kalender 2017 Kom haal gerus jou kalender af.

Daar is ekstra Gemeentekalenders, kom koop gerus joune.

Mylpale

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!

Desember se mylpale verskyn in die eerste uitgawe van Januarie. Vandag is die laaste uitgawe van OaseNuus vir 2016


Gebedsfokus Ons bid saam vir…...

P Kitty van Heerden, wat reeds 3 weke in versorging by Macadamia Nelspruit, is na sy geval en haar P P P P P

P P P

heup, asook skouer gebreek het. Ons gebed is dat sy spoedig sal aansterk en bewus sal wees van God se guns, genade en liefde in hierdie hersteltyd. Cobus Willers, wat Sondagoggend ‘n operasie op sy hakskeensening ondergaan het, na hy die vorige dag ‘n krieketbesering opgedoen het. Ons bid dat Cobus vinnig en volkome sal herstel na hierdie besering en operasie. Ons dink spesiaal aan die volgende persone wat kanker behandeling ondergaan of ondergaan het die afgelope tyd: CF Wagner, Willie Barnes, Hester Perie en Wilna Claasens. Wabbie, van die Klerekas gaan Maandag vir ʼn mantelvliesbreuk operasie by Unitas-hospitaal. Dink spesiaal aan haar en haar man wat haar bystaan. Bid vir geduld en vrede in die 6 weke van herstel, asook volkome herstel en spoedige terugkeer na haar pos by Klerekas. “... ‘n vriendin se seuntjie wat op 28 weke gebore is. Bid asb. vir volkome ontwikkeling en herstel. Mag Pappa en Mamma intens bewus wees van ons wonderwerkende God se nabyheid en alwysheid. Spesiale gebed asb. vir Nan de Beer. Sy voel baie hartseer en baie bekommerd oor Andy, wat na só baie mense omsien. Nan is self swak en sy voel sy weet nie hoe sy sal kan omsien na hom nie, want hy onderskraag haar gewoonlik. Mag die Here vir Andy en Nan versterk en ondersteun en ons gebruik om Sy hande en voete fisies en geestelik vir hulle te wees. Ons “Ragab-projek”, wat uitreik na die vroue op die Sabie pad. Samuel en Grace het Dinsdag saam ons Gebedsgroep gebid en dit was vir hulle baie spesiaal. Mag die Here hulle lei en beskerm in hierdie besonderse bediening. Pastor Marion (Manna kerk) en geliefdes, na die afsterwe van Pastor Tony (haar man) in die week. Mag hulle God se troos en nabyheid ervaar in hierdie hartseer tyd. Jan Raath is tans in MediClinic na beroerte. Ons dink aan hom en Nancy in hierdie tyd.

Ons is dankbaar oor

A Saam met Gerbrand Bodenstein opgewonde vir die beroep wat hy Maandagaand ontvang het as Jeugleraar by Skuilkrans gemeente. Sy blydskap preek gaan nog lank in ons harte weerklink. A Angela van Rooyen het in persoon kom inloer by die kerkkantoor, om die Begrafnisbediening persoonlik te bedank vir die heerlike toebroodjies wat die vrouens vir Dr Roelie se roudiens by die Methodiste Kerk gemaak het. Sy sê ook baie dankie vir die mooi versierde tafels en vriendelike diens. Spesiale dankie aan Rina Gomes, Lena van der Wath, Lien Hitge, Hettie van Willing en Hannatjie du Plooy vir jul vlytige hande. A Ds. Nati veilig terug is in S.A. van ‘n geseënde Amerika studietoer. Ons sien uit na terugvoer en om al die passie en kennis wat hy bygekry het met ons te deel. Ons bid dat hulle gesin se seevakansie baie geseënd & spesiaal sal wees. A Linel haar Schengen Visa gekry het die week en nou op die uitreik in Desember kan gaan. Mag God haar gebruik en seën terwyl sy Sy opdrag volg en Sy koninkryk uitdra.


Nuus uit Lichinga Alfred is ook baie besig met die SIM span werk. Ons het verlede week ’n week se opleiding vir die span aangebied. Dit het baie goed gegaan maar ná die week was ons almal pootuit!! Bid asb vir Alfred vir wysheid en goeie tydsbesteding! Buiten die werk in die dorpie hou die ander werk hom net so besig! Saterdae is ons dag vir kerk hier. Daar kom steeds maar so 10 mense. Ons bid dat meer mense sal kom veral noudat Alfred weer deur die Nuwe Testament met hul gaan. Sommige dae is dit nogal baie ontmoedigend maar ons druk deur! Bid dat hul hul vertroue in Jesus sal sit – die Enigste Naam wat red!! Bernard verjaar die 24ste Desember en is dan 16!!! Dit voel soos nou die dag dat ons klein Kerspresent gebore was!  Ons beplan ’n “Capture the Flag” partytjie en dit belowe om baie pret te wees!! Hy doen baie goed in skool en geniet sy CAD tekeninge klas baie! Soos enige goeie tuisskool ma wou ek hom nog help maar binne die eerste drie sekondes het ek besef hy is my ver voor!! Sover is sy punt 100%!!  Hy doen ook Fisika die jaar deur Potter’s school en dan die gewone vakke deur Sonlight by die huis. Verlede jaar nadat Christiaan so erge malaria gehad het, wou Bernard graag ’n duik kursus doen. Hy kon dit begin maar elke keer as hy die oop water duike wou gaan doen het, het die weer glad nie saamgespeel nie! Net voor die kursus sou verval kon hy dit darem klaar maak in Malawi! En die beste van als was dat hy dit saam met Alfred kon doen! ’n Spesiale seëning van die Here!! Bid asb vir hom – veral vir sy gesondheid. Die laaste paar maande as jy kort-kort siek. Verlede week het ons gedink hy het malaria maar later het dit geblyk dat dit ’n bakteriële infeksie was. Stefan is volgende jaar in graad 9! Tyd vlieg!!! Hy het onlangs ’n nuwe kamera gekoop en hy geniet dit baie!! Ons is almal gereeld in sy lens! Om die res van die geld wat hy ons nog skuld af te betaal verkoop hy Kaneel bolletjies een maal per week in Lichinga. Dit gaan baie goed met sy besigheid en hy leer baie!! Hy betaal my vir die bestanddele en ook vir my “hulp”. ;) Alles goeie lesse om te leer  Hy is ook die trotse eienaar van 5 pragtige baba katjies!! Hy neem hul gereeld af en ons almal geniet hulle eskapades! Bid asb ook vir sy gesondheid – tussen hom en Bernard en hul 4 mangels hou hul my omtrent besig!! Regtig, die jaar was seker die ergste in terme van siektes!! Bid asb vir ons!! Vir ons nuwe fase van universiteit toe gaan het die Here my gehelp om deur pasteie en koek te bak en te verkoop heelwat geld te kan spaar. Dit hou my ook uit die moeilikheid uit!  Ek verkoop dit ook een maal per week in Lichinga. Ek het lank laas die kinderklub kon aanbied aangesien ek en Christiaan in SA was en voor dit was ek ook nogal siek. Ek beplan om gou weer te begin! Die kinders geniet dit so baie!! Ons wil graag ’n speelkamer/biblioteek bou waar die kinders kan kom en met toesig kan teken en met Lego’s speel, boekies lees ens. Ek dink as hul net so bietjie aanmoediging kry sal hul gou leer lees!! Bid asb vir die kinders – dat hul Jesus sal aanneem as hul Verlosser! Ons beplan om tydens Desember ’n paar dae by die meer te spandeer – ons huur vriende se huis en sien vreeslik uit na ’n breek!!! Dankie vir jul gebede en ondersteuning. Met liefde

Alfred, Belinda, Christiaan, Bernard en Stefan LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.