Oasenuus 28 februarie

Page 1

OaseNuus Koรถrdinate vir die koninkryk Die simboliek van die VOORSKOOT in die logo As kinders van die koninkryk moet ons diensbaar wees, daarom moet ons ons voorskoot aantrek en werk om almal in te sluit in die koninkryk van die Here.


Ds. Gerrie Doyer

Sondag 28 Februarie

Is jou voorskoot ingepak? So lewe ʼn koning se kind Skriflesing:

Matteus 5 tot 7 (verskeie gedeeltes)

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jy vanoggend nuut geïnspireer word om diensbaar te wees in die koninkryk.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Daar is nie vanoggend koffie & tee nie a.g.v. Die Teelepel-ete. Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Die TWEEDE kruiswoorde En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43)

Die DERDE kruiswoorde Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” (Johannes 19:27)

Die VIERDE kruiswoorde

Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: " “Eli, Eli, lemá sabagtani?"Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Matteus 27:46)

Wanneer: Waar: Tyd: Ontbyt:

Vrydag 4 Maart NG Witrivier 06:00 06:30

Ons bid vanjaar vir KUBA. Kom deel in hierdie kring van gebede.

Deurkollekte word opgeneem t.b.v. Wêreldbiddag vir vroue.

Teelepeltjie-ete Wanneer:

Vandag!

Waar: Onder die afdak Tyd: 11:30


Gesinserediens in die saal vir alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers. Na afloop van die Jeug-erediens word hul soms bederf met melkskommel, maar daar is ʼn nood aan lang plastiek glase om genoeg van die lekkertes aan hul te bedien. As jy glase het sal hul dit graag oorneem. As jy dalk ʼn geldjie wil gee om aan te koop, kontak Antoinette by kantoor of Gerda by 082 418 1835

My kind

Baie geluk aan die ouers met die doop van hierdie twee dogters!

Mag julle baie vreugde ervaar en

wysheid van ons Vader ontvang met die grootmaak van hulle. Divan & Daleen Schoeman

Charlotte

Morné & Mariette du Preez Miané

Die someruitgawe is vanoggend beskikbaar by die deure...


18:00 18:30 08:00 17:00 18:00

Maandag 29 Februarie SKRIKKELDAG!

Donderdag 3 Maart

Kom word nuutverg. Konsistorie GriefShare GriefShare Lokaal

Dinsdag 1 Maart

Gebedsbyeenkoms Lofdans

Konsistorie Kerk

DivorceCare

Sitkamer

Beraders toerusting

18:00 06:00 06:30

Moz-projekspan

Konsistorie

Vrydag 4 Maart

Wêreldbiddag vir vroue Kerk Wêreldbiddag ontbyt Voorportaal

Bo-vertrek

Gebeure in vooruitsig 8 Maart Vrouebedieningvergadering Finansiële Bedieningvergadering 10 Maart Kerkraadsvergadering

Dankie vir almal wat kom deel het in hierdie feestelikheid!

28 Februarie is tradisioneel Finansiële jaareinde, vanjaar het ons 1 dag ekstra... Ons is dankbaar teenoor God vir elke sent wat ingekom het, aan Hom al die eer. Gedurende Maart sal die Finansiële Bediening terugvoer gee aan die gemeente.

VRYDAG 11 Maart Omgeegroep 41 @ R15 elk bak Plaas jou ten bate van bestellings VOOR

die gemeente se Omgeefonds

AFHAAL VAN JAFFELS Vrydag vanaf 11:00 by Kerk onder afdak.

Dinsdag 8 Maart 12:00 by Alta 082 852 6147 Stefnie by Kerkkantoor As jy wil kom help bak en deel in die vreugde, kom gerus, bring jou eie pan saam asb.

Daar is daagliks ʼn stukkie oor lydingstyd op die gemeente se Facebook-blad. Ons plaas dit met vergunning van Mosaik gemeente.


Kom kamp saam in 2016, daar is verskeie kampe!

Kom Word Nuut kamp

Berg & Dal naweek 27

tot

29 Mei

Bespreek direk by SANParke vir die naweek. Laat weet ons nie later as 4 Maart by kerkkantoor@ngwitrivier.co.za sodat ons alle reëlings aan jul kan deurgee.

Wanneer: 11-13 Maart Waar: Ella Combrink Inskrywingsvorms beskikbaar Wanneer: by Heleen by kantoor Waar:

Bosnaweek vir enkellopendes

4-6 Maart Struwig Eko-reservaat in die Balule (Groot 5 wêreld) Navrae & besprekings: Ds Jurgens

Wanneer: Waar:

7-10 April Oorgrenspark

Mylpale

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!

1 Maart Hester Steenkamp 73 Verjaar Marileen Malan 46 Doop Martiens Stander 46 Belydenis Deon vd Berg 35 Doop 2 Maart Natascha Leygonie 30 Doop Minette v Heerden 30 Doop CornéCilliers 30 Belydenis Retha Jv Rensburg 30 Belydenis Lynette Lundy 30 Belydenis 3 Maart Johan Vorster 73 Verjaar Christo Pieterse 53 Doop André & Rina Gomes37 Huwelik Jorinav Staden 31 Doop 4 Maart Pinky Strydom 89 Verjaar

Bill & Joan Pienaar 55 Huwelik Hendrik Mentz 32 Belydenis 5 Maart Daleen vd Merwe 54 Doop 6 Maart Stefan Jv Rensburg 39 Doop 7 Maart Gerrie v Niekerk 70 Verjaar 8 Maart Philip & Sandra Meyer 41 Huwelik 9 Maart Baby Schoeman 96 Verjaar Rosa de Klerk 74 Verjaar 10 Maart Angela v Rooyen 82 Verjaar Anton Kotze 78 Verjaar Pieter le Grange 73 Verjaar Wendell & Annatjie Myburgh 37 Huwelik 12 Maart Eyes Stoltz 91 Verjaar Johann Venter 71 Verjaar

Kriteria vir OaseNuus Verjaarsdae: 70 jaar en ouer Huwelik: 21, 25 en na 30 jaar

Doop: na 30 jaar Belydenis: na 30 jaar

Die inligting word verkry van die Gemeente Data


P P P P

P P P P P

P P

Gebedsfokus Ons bid saam vir…. .

Jackie van Rensburg se geliefdes, wat treur oor haar heengaan laas week. Ons is dankbaar saam hul dat sy in Jesus se arms kon instap terwyl sy op haar gunsteling bank voor die T.V. was. Mag God in besonder vir haar 2 seuns, Nardus en Ricus vashou in hierdie hartseer tyd. Tannie Joan Greyling (Maritha Greyling se skoonma) is Vrydag-aand oorlede en ons bid ook vir hierdie gesin in rou. Angelique (Nicolette Bothma se sus), wat in die week ‘n operasie en veloorplanting ondergaan het. Ons bid dat die operasie ‘n sukses was en dat Angelique spoedig en volkome sal aansterk. Mag die Here haar rustig hou en sy bewus wees van Sy vrede in haar liggaam en hart. Danie wat steeds aansterk na sy motorfiets ongeluk. Die Here het reeds soveel wonderwerke gedoen, mense se geloof versterk wat vir hom bid en Hy is verseker, volkome in beheer. Danie is al meer bewus wat om hom aangaan, kommunikeer met sy mense d.m.v. lippetaal en handdrukke. Die Medici is baie positief en ons dank God vir aanhoudende verbetering en vordering. Willie Boshoff, wat weer in die week in die teater was en toe weer ICU toe was. Ons bid dat Willie God se nabyheid intens en in detail sal ervaar, asook Fransie wat hom liefhet en bystaan. Ons bid steeds vir Trudie, wat aan die begin van die maand ‘n operasie gehad het. Elzabé vra: “Mamma is krities siek en hulle benodig ons gebede spesifiek dat die infeksie sal ophou”... Linel bid: “Here, ek bid dat U vir ons ‘n nuwe jeugmentor Rob toe sal stuur, wat baie lief is vir U en daardeur baie lief is vir ons.” Die Bestuur by Rob vra: “Bid asb saam ons vir die siftings- en onderhoudproses vir ‘n nuwe jeugmentor by Hoërskool Rob Ferreira. Mag dit iemand wees wat regtig lief is vir Jesus.” Bokkie Geldenhuys, wat verlede Saterdagaand opgeneem is in die hospitaal vir nog toetse. Dit gaan nie goed met haar nie. Sy vra ons gebede asb! Tannie Susan Oosthuizen is nog in Medi-Clinic. Vra steeds vir gebede. “Here, staan die inwoners van Sabie by. Here, laat die oproer bedaar. Wees hul genadig Heer, Amen.”

Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


P

P P P P P

P P

Chris Venter is die afgelope week na Pretoria om sy dokter te sien. Hy het goeie nuus gekry en ons dank God en bid vir die fisiese, emosionele en geestelike voorbereiding vir Chris en almal betrokke. Rustig Basaar – mag die basaar tot U eer wees en finansieël maar ook emosioneel die Rustig inwoners oplig en seën. Jakarande Huis, vir die bejaardes en ook vir Trudie wat nog in die hospitaal is. “Help my Here, dat ek alles tot eer en verheerlikheid van U Naam doen en dat ek al my besluite en die regte besluite tot eer van U Naam sal doen. Amen” Ons bid baie ernstig vir die onrus op ons Universiteite. Dankie Here, vir die studente wat hande vat en bid tot U en U loof. Bind die bose elemente wat die chaos veroorsaak en bring U vrede. Ons bid ook vir ons owerhede: plaaslik, provinsiaal en nasionaal. Here, dat die persone hul sal wend tot U. Dat hul U liefde sal beleef en streef om ook burgers van U koninkryk te wil word. Die Gideons het Bybels geplaas by ‘n klompie skole in Bosbokrand, ons bid dat die Woord van God die kinders sal aanraak. Ons bid vir Chantell Trollip, wat in ‘n ernstige motorongeluk Woensdag was. Sy sterk aan in ICU na vele breuke (ook al haar ribbes, pelvis en skouer). Ons bid vir haar familie maar in besonder haar man Shawn, en twee dogtertjies Zelri en Amé in hierdie lang hersteltyd. Mag God vir Chantell aanraak, sodat sy bewus sal wees van Sy teenwoordigheid, krag en genesing. GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.

Ons is dankbaar vir.. A

A A

Theo & Christene Lombard, wie se dogtertjie, Jessika, in die week gebore is. Ons dank God vir die wonder van nuwe lewe en bid dat Hy vir hul sal seën met mekaar en sal lei in Sy wil vir Jessika se lewe. Nic Maartens, wat ons kom wys het dat hy perdfris en gesond is. Ons vra om verskoning vir die fout wat ingesluip het met laas week se Gebedsbrief, Nic! Jeug wat ons wys hoe mens hande vat oor rasse– en taalgrense en saam bid tot God wanneer daar onrus en onvrede is. Ons bid dat hierdie geestelike lewenslesse ons Jeug sal sterker maak en steeds nader trek aan God.


Ons jeug bid vir.. t t t t t t t t t t t t t

Pierre is oorlede verlede week, bid vir sy familie en vriende wat agterbly (een met kanker). Tannies wat mense “stalk”. Minder bevoorregte mense... veral sonder kos. “Liewe Jesus help asb oom Martiens hulle wat ‘n baie moeilike week agter die rug het, help laat hulle volle in Liewe Jesus vertrou en hul dogter wat groot skok – die res van haar lewe moet saam haar dra.” “Lei my op die regte pad Pappa God en help my om die regte besluite te maak.” Eksamens. “Ek is bang dat ek nooit weer ‘n vriend sal kry, so waar soos my beste vriend. (Hy trek oorsee en my hart is rerig seer!).” Vriendskappe. Verhoudings! Vir ware vriendskap; dat die Here se plan altyd die beste is. * Vriende * Dat ek meer van die Here kan leer *. “Ek is dankbaar vir my familie en vriende.” Vir wonderlike REËN. WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. sodat ons kan aanhou bid of “ dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za

NUUS VAN ONS SENDELINGE Ons sê “Baie dankie… en loof die Here”!! Thys en Sonia Swart getuig hoe hulle die Here se buitengewone seën beleef, ten opsigte van bydraes aan Petra Instituut. God is goed! Manie Loubser berig dat Januarie se donasies die begroting met 17% oorskry het. Dit het verligting gebring vir die kontantvloei-situasie vir Januarie. Ons vertrou die Here ook vir verdere voorsiening in elke behoefte. “To know the true God” word beplan as die tema vir die kinderkampe, wat gedurende 2016 deur die Africa Inland Church, in Tanzanië aangebied word. Die afgelope week is die opleiers van opleiers toegerus om die onderwysers te bemagtig om die kinderkampe te kan aanbied. Sowat twintig provinsiale en agt nasionale leiers was deel van hierdie toerustingsgeleentheid. Gerhard en Carmari Strobos


het die eerste lesse oor die skepping gedemonstreer. Daar word verwag dat sowat twintigduisend kinders die kampe gedurende 2016 sal bywoon. Bid asseblief voortdurend vir die voorbereidings en die aanbieders en dat baie kinders die enigste ware God deur middel van hierdie kampe sal ontmoet. Petra Instituut was baie bevoorreg om in Kosmos (Krugersdorp), tesame met die ACSI (Association for Christian Schools International), deel te vorm van die opleidingsprogram van vier-en-twintig studente-onderwysers. Die oogmerk van die opleiding was om “Hoe om die leef-wêreld van ‘n kind te betree” te verstaan en te kan doen. Tydens die uitreike was die kursusgangers verras om te beleef hoe gemaklik ’n volwassene die onderwyser, maar ook die kind, se vriend kan wees. Met die terugvoer het hulle getuig dat dit wat hulle beleef en geleer het hulle vir seker in die klaskamer sal kan help. Die wonderlike is dat hierdie groep ’n groter verstaan van God se hart vir kinders en die waarde van kinders het. Ons is dankbaar en opgewonde oor verskeie bewusmakingswerkswinkels wat aangebied is. Op die Makatinivlakte in KwaZulu-Natal het Themba Mahlangu en Ntombicane, twee oud-studente van Petra Instituut (reeds sedert 1999), baie vermag ten opsigte van kinders en kinder-bediening in hierdie gebied. Hulle benodig egter dringend hulp vanuit die gemeenskap. Die naweek van 12-14 Februarie het sestig leiers uit verskillende kerkgroepe en nie-regerings-organisasies bymekaargekom om ’n werkswinkel in Manguzi by te woon. Die fokus was op kinders en hulle posisie, pyn en verwaarlosing. Na afloop van hierdie werkswinkel kan die leiers getuig dat dit hulle lewens en lewensuitkyk verander het. Menigeen het gedeel dat hulle belydenis moes doen oor vroeëre wyses waarop kinders in die verlede gesien en behandel is, maar dat hulle ook bemoedig is deur dit wat hulle geleer het. Ons bid dat hierdie bewusmaking sal versprei en verder uitkring en ook vir meer sulke geleenthede in KwaZulu-Natal Die span van De Doorns het die geleentheid gehad om ook ’n drie dag lange bewusmakingswerkswinkel aan te bied. Dit is aangebied vir ’n groep van agt leiers, wat in die baie groot Xhosa-woongebied in Worcester in die Wes-Kaap werksaam is. Marthinus Steyn, ’n geestelike werker in hierdie gebied, is baie dankbaar dat hy nou ’n aan-knopingspunt en geleentheid het om ’n verdere pad met hierdie leiers te stap. Kom ons bid saam vir die Here se seën daarop. Ons bid ook dat die De Doorns-span nog baie meer sulke werkswinkels in hierdie streek sal kan aanbied. Al dertig die geestelike leiers, wat aangedui het dat hulle belangstel om die opleidingsgeleentheid in Nelspruit by te woon, het by die geleentheid wat deur Hope for the children aangebied is, opgedaag. Odette Davids is aangeraak deur die toewyding van die opleidingspan en kursusgangers. Die kursusgangers wil baie graag ’n verskil in die lewens van kinders maak. Na afloop van die naweek het een van die pastore na haar gekom en getuig hoedat sy hart geraak is deur die kennis wat hy opgedoen het en dat hy homself voorgeneem het om kinders in die toekoms anders te behandel.


Bid saam met ons dat hierdie groep pastore by hulle voornemens sal hou en dat daar groei sal wees in hulle bediening aan kinders. Ons bid ook vir hierdie span opleiers wat ook groot uitdagings moet oorkom. Nieteenstaande baie uitdagings waarteen kursusgangers tans te staan kom, het die deelnemers opgedaag om die derde deel van die naweekopleidings wat in die Brits-gebied aangebied is met groot entoesiasme te voltooi. Dit was verblydend om te sien hoe gretig, selfs die jongmanne, oor die kennis en toerusting wat hulle ontvang het, voel. Een is net nege jaar oud, maar aan die brand! Gretha Lourens is dankbaar vir ’n sending-egpaar wat hierdie groep verder sal ondersteun en help om die verworwe kennis in die gemeenskap van Brits te kan aanwend. Loof die Here vir die groot groep kinderwerkers wat uit die Ceres-omgewing vir ‘n naweekopleiding na De Doorns kon gaan. Hulle is almal baie opgewonde oor wat hulle geleer en beleef het. Bid vir Anneline Fortuin, wat in die toekoms hulle bediening op ’n gereelde basis sal besoek, om hulle te ondersteun en te help. Theunis Scheepers het op 16 Februarie die opvolggedeelte van die werkswinkel, oor waardes en die uitleef daarvan, vir die personeel van Petra Instituut aangebied. Die terugvoer na die vorige werkswinkel was baie positief en Theunis het ook waargeneem dat die meeste van die personeel daarna streef om juis die waardes wat uitgelig is uit te leef in hul alledaagse werk en wandel. Menigmaal word ’n mens oorweldig deur die gedagte aan God – oor hoe Hy voorsien, op ’n tyd wanneer die behoefte die grootste is! Tom Saayman vertel dat daar onlangs ’n probleem was met die waterpomp wat water uit die dam moet voorsien. Dit moes uitgehaal word en die skade en herstelkoste was ’n stewige bedrag. Waarmee sou dit betaal word? Net op daardie oomblik bel Thys Swart en noem dat een van die ondersteuners ’n ekstra bedrag bewillig om vir ’n buitengewone behoefte of projek aan te wend. Met hierdie fondse kon die pomp herstel word! Net so is ons ook baie dankbaar oor die besoek van ‘n verteenwoordiger van ‘n Duitse sendingorganisasie, wat ’n besoek aan Petra Instituut gebring het en goeie gesprekke met Dirk Coetsee gehad het. Ons bid ook dat die Organisasie in die toekoms by Petra instituut betrokke sal wees. Groete van die berg! Die Petra-span


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. SOEK WOONSTEL TE HUUR

SOEK WERK

Pensionaris soek woonstel om te huur, kan slegs R 2 000/m bekostig. Kontak: Deleen 072 495 8933

“Handyman” wat verskeie klein takies kan doen o.a. Loodgieter, dakke seël & verf en ook klein bou werkies, soek dringend werk. Kontak: Jannie Faure 072 792 5778 / 076 190 0838

2 Slaapkamer woonstel gesoek om te huur in Witrivier. So gou as moontlik. Kontak: Manina 076 531 4958

SOEK SAAMRYGELEENTHEID Soek geleentheid van Witrivier 07:00 na Nelspruit en terug om 16:00 daagliks. Kontak: Manina 076 531 4958

Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af    

Ons benodig asb. MANSKLERE & MANSSKOENE. Broeke (lang / kort) nr. 32-36 Hemde Small, Medium, Large T-hemde Small, Medium, Large Onderklere Kouse Skoene nr. 8-10 Kontak asb. vir Antoinette by die kantoor.

Gaan na die “App Store” op jou selfoon Soek “SnapScan” Laai die applikasie af (so 5MB) Maak die toepassing (App) oop

Stel die toepassing (App) op  

 

Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan jou naam en telefoonnommer Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App) moet in tik Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV nommer Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________

“Like” ons by

Die Church Communicator is gekanselleer. Ons ondersoek alternatiewe kommunikasiemediums

NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.