Oasenuus 2 nov

Page 1

OaseNuus 2 November


Skuif van gemaklikheid na gestuurdheid Teksvers: Jakobus 1:27

Baie welkom vanoggend in die erediens, spesiaal aan die kinders wat vanoggend saam met ons na Ds. Dirk Coetsee luister. Mag jy die nabyheid van die Here ervaar, hier uitgaan en sondaars en tollenaars met ander oĂŤ raaksien. Ons verwelkom graag nuwe intrekkers / lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Filterkoffie of Hot chocolate is R 10, daar is ook cupcakes teen R 5 beskikbaar. Tee en kitskoffie is gratis beskikbaar. Dankbaarheid is iets waarvan niemand te veel kan gee nie.

AJ Cronin

SOOS DIE BLOM IS JOU DAE Vanoggend vroeg, nog lank voor die son opkom, het ek in my tuintjie gestaan en kyk na die dou op die plante. Die dou was oorvloedig op die kappertjies wat ek besig was om te pluk, en terwyl ek die helderkleurige fraai blommetjies die een na die ander een afpluk, het ek skielik onthou dat ek eenmaal gelees het: "Dis net wanneer kappertjies gekneus word, dat hulle hierdie heerlike geur kry". Dis hoe sommige mense ook is. Dis juis wanneer die swaar slag van die lewe hulle tref, dat hul uitvind watter lieflike gees daar in hulle hart is.

Dis die mense wat die lewe nooit sal onder kry nie, want hoe seerder hulle hart - hoe groter glimlag die mond. Hoe feller die pyn - hoe minder die klag. Hulle is die kappertjiesmense in die tuin van God. En hierdie sonneblom, met sy groot oop bottergeel gesig, laat my dink aan die liewe mense wat altyd lag; vir wie die son altyd skyn, en vir wie die lewe altyd lekker en aanvaarbaar is. Hulle is nooit verveeld en onvergenoegd nie. Vir hulle is werk 'n lus en nooit 'n las nie. Werk wat hulle aanpak, doen hulle flink en goed en sonder om te mor en te kla.

Dis hierdie sonneblom mens van wie daar gesĂŞ word: "Die vrolike vlam wat kla en kraak, Dis hy wat sy taak tot vermaaklikheid maak, en sy swaarkry met lekkerkry klaarkry." En ek dan? Watter soort blom is ek van God se tuin? Het ek ook 'n doel, en is ek ook van nut.? Dis toe dat ek dit sien. Al die blomme was benat met dou, en op al die blomme het God se son geskyn. Hy het almal gemaak en almal is Syne. Hy het nie net die Kappertjies en Sonneblomme nodig nie, maar Hy het ook die skugter Vergeet-My-Nietjies nodig, En ook die wat in die skadu groei. Met 'n diep dankbaarheid in my hart bid ek: "As ek dan nie 'n wonderlike mens kan wees met mooi en baie deugde nie, Liewe Heer, laat my dan tog net toe om die grond van hardheid te bedek waarlangs die voete van U skepsels loop. Wanneer hulle voete my kneus, laat 'n aangename geur my hart dan omring en so ook U hart verbly." Anoniem


Wat gebeur... Maandag 3 November 18:00 GriefShare

GriefShare lokaal

Gebeure in vooruitsig

11 Nov. Finansiële Bedieningvergadering 13 Nov. Kerkraadsfees Konsistorie 26 - 29 Nov. Kersmark

Dinsdag 4 November 08:00 Gebedsbyeenkoms DivorceCare

DivorceCare lokaal

Mylpale Die volgende herdenkings...

2 Nov. Barbara Lourens

Pottie Potgieter Ockie Coetzee Willie Grobbelaar Niki van Heerden 3 Nov. René Glorioso 4 Nov. Gert van der Merwe

83 Verjaar 81 Verjaar 56 Doop 39 Doop 34 Doop 29 Doop 63 Doop

Etekaartjie is jou toegang

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik, dit is voorwaar ‘n seën om jul in ons gemeente te hê.

Catrien Pretorius 26 Doop 5 Nov. Leon Janse van Rensburg 75 Verjaar 6 Nov. Theresa Volschenk 37 Belydenis Jan & Elsabe Venter 32 Huwelik George Smith 31 Doop 7 Nov. Johan & Toy Swart 44 Huwelik 8 Nov. Piet & Ena van Aswegen 56 Huwelik

Indien jy belangstel om na STEP IN FAITH, VGK MHOHOLOZI OF VGK KABOKWENI te gaan kontak Antoinette by die Kerkkantoor of e-pos getuie@ngwitrivier.co.za of stuur sms na 082 450 9434

“Re-Connect” Huweliksverrykingseminaar 14-16 November Komati Gorge Lodge Bespreek jou plek by di. JZ of Jurgens dsjurgens@telkomsa.net


Kalender 2015 Baie dankie vir die bestellings wat ingerol het! Wat ‘n voorreg om hierdie jaar ‘n nuwe konsep te probeer. Ons het soveel ondersteuning gekry. Die bestellings is na die Drukkers gestuur. Ons maak ook voorsiening vir die laatslapers. Dit is nog nie heeltemal te laat. Daar is paar ekstras bestel. Sit jou naam op die lys by die kantoor of aansteekbord by hoofingang. Ons sal laat weet wanneer dit gereed is.

Dag van herinnering Ook bekend as “Poppy”-dag. Hierdie dag herdenk die einde van die Eerste Wêreldoorlog op die 11de uur van die 11de dag van die 11de maand 1918. Nou word daar gedink aan die opoffering van soldate deur al die jare in oorloë. Simbool van hierdie tyd van die jaar is Papawers (Poppy) ook omdat papawers op die grafte gegooi is op die “Western Front”. Almal word uitgenooi na hierdie jaar se geleentheid op Sondag 9 November om 10:30 by die Moth-saal in Witrivier.

Rodney Seale se boek oor BOELIES “Genoeg is genoeg” is beskikbaar by kantoor @ R100. Ook sy boek oor dwelms @ R50. Die boeke is deur hom onderteken.

Amanda Brugman Elzette Kruger

Verkies tot die Kerkraad Tydens die laaste Kerkraadsvergadering is Amanda Brugman en Elzette Kruger verkies tot ouderling op die Kerkraad as Geestelike leiers. Ons bid saam met hulle in hierdie tyd van verootmoediging voor God. Navrae: Ds. Eddie (Voorsitter - Kerkraad)


Wat gebeur op ‘n Maandag hier op ons terrein? Ons doen... Eerstens word daar op die eerste Maandag van elke maand ’n “maandpak” uitgehandig aan ongeveer 40 gesinne en 20 pensioenarisse. Ons het ook tans 6 klante by Rustig Ouetehuis. Tweedens voorsien ons elke week aan ongeveer 45 gesinne ’n pak bederfbare produkte asook vars groente en vrugte. Derdens bedryf ons ’n Sopkombuis. Weekliks word 70 persone van sop, brood en ‘n groente pakkie voorsien. Vierdens deel ons elke maand hordes klere uit aan almal wat die Kos- en Klerekas besoek sowel as verskeie eksterne organisasies. Alle mense en gesinne wat by ons uitkom, kom na ons toe uit desperaatheid en omdat hulle geen ander heenkome het nie. Ons is nie net vir hierdie mense ’n bron van kos en klere nie, maar ook ’n bron van liefde en omgee. Ons probeer om ’n veilige hawe te voorsien en om ’n bietjie sekuriteit te bied in ’n lewe waar hierdie luukshede skaars is. Ons het dus in die vyfde plek die funksie van beraders, bemoedigers en evangeliste. Ons bring elke week die Woord van die Here na al ons klante in ʼn taal wat elkeen verstaan, en probeer om moontlike vrae te antwoord. Alle klante is verplig om ons Bybelstudie by te woon. Oom Attie Groenewald bedien die Afrikaanssprekende klante. Past. Samuel Chauque bedien die Woord aan die Swazi sprekende klante.

Behoeftes

0

Ons grootste stryd is ’n finansiële stryd. Ons almal is bewus hoe krimp ons beursie as ons by die Supermark uitstap. Soveel te meer dink ons aan hierdie groep wat maandeliks by die winkel instap, maar hulle kom altyd terug met verhale van spesiale aanbiedings en skenkings uit die gemeenskap. Tog moet hulle die rieme dun sny, veral op duurder items.

Daar is altyd ‘n behoefte aan persone wat diensbaar wil wees. By die werksaamhede op ‘n Maandagoggend, asook opgeleide persone wat bereid is om berading te doen. 0 Gebed, gebed, gebed. 0 Ons behoefte aan klere van ’n bruikbare kwaliteit hou nooit op nie. Bring gerus kantoor toe. Navrae: Antoinette 082 450 9434 of Santie 083 245 0752 0

Ons benodig asb. Nr 5 - 9 MANSkoene. Grootte 32 - 36 MANSklere Pas. Samuel Chauque bedien Maandae oggende die Woord aan ons kliënte. Hy is opsoek na ʼn water tenk, asook iemand wat mense in die Masoyi gemeenskap kan touwys maak hoe om ʼn groentetuin te begin en in stand te hou. As jy kan help, kontak asb. vir Antoinette by die kantoor.







Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WOONSTEL TE HUUR:

SOEK WERK:

Ruim, gemeubileerde “bachelor” woonstel vir enkel persoon. Volledige badkamer. Eie ingang. Naby Laerskool Witrivier geleë en onmiddellik beskikbaar. Ongelukkig geen troeteldiere en geen rokers. Kontak: Willie 082 782 5095

Dringend opsoek na werk. Gekwalifiseerde drywer en drywer instrukteur, asook “controller”. Kan onmiddelik begin. Kontak: Daniel 081 494 3005

1 Slaapkamer woonstel langs Hoërskool beskikbaar. Afdak vir motor. Kontak: Corne 082 895 0158

WERKSGELEENTHEID: Ons soek ‘n paar mans om vir ongeveer ‘n week en ‘n half te werk in die aand/nag Gedurende November. Kontak: Gert 076 104 2315/081 3286844

Het jy dalk ‘n werk beskikbaar of soek jy werk? Hier kan jy gratis adverteer. Sodoende bring ons hulp & hoop in ons samelewing. GEEN te koop of ruil transaksies nie.

Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of epos nuus@ngwitrivier.co.za

 www.ngwitrivier.co.za

 Facebook

Church Communicator

 E-pos nuusbrief

Die webblad is vars en vol nuwighede!

Vind ons op

Die Church Communicator is die vinnigste, effektiefste manier waarmee ons graag met elkeen wil kommunikeer. Gebruik hierdie link op die webblad of stuur ’n e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ “Like” ons by NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

Gebruik die link op die webblad of stuur ’n e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE KERKKANTOOR ABSA Witrivier • Tjekrekening Telefoon 1370 580 002 (013) 751 1644 Verwysing: Naam en van / lid082 523 4596 maatnommer EN die projek waarvoor die geld aangewend moet E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za word, indien van toepassing.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.