OaseNuus 4 September

Page 1

Sondag 4 September

Dis net ‘n skurk wat nie vergewe nie Skriflesing: Matteus 18:21-35


Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

Gesinserediens

Geniet as gesin met Laerskool kinders die erediens in die saal vanoggend. Almal welkom!

Jeug-erediens vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Daar word tans gebou en gewerk aan die moederskamer, dankie vir jul geduld, die fasiliteit is steeds beskikbaar vir gebruik vanoggend. Eersdaags gaan jul die nuwe fasiliteit geniet. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Baie welkom aan die nuwe Dooplidmate, Devon & Layla-Joy Viljoen en Gideon Pretorius, ons sien uit na julle grootword en deelname aan ons gemeente aktiwiteite.

Geluk aan hul ouers, mag hulle put uit die Bron van wysheid met hul opvoedingstaak. A Alwyn en Shirley Viljoen A Dian en Catrien Pretorius

“Elke dag maak ons as ouers ‘n deposito in die geheuebank van ons kinders” Charles Swindoll


18:00 DivorceCare 18:30 Alpha kursus

Maandag 5 September 18:00 GriefShare

Sitkamer

Donderdag 8 September

Dinsdag 6 September 08:00 17:00 16:30 17:30 18:00

Gebedsbyeenkoms Lofdans Vrouebedieningverg. Basaar terugvoer-verg. Finansiële Bedieningverg.

Sitkamer Bovertrek

Konsistorie Konsistorie 18:30 Kerkraadsvergadering Kerk Vrydag 9 - Sondag 11 September Bovertrek Ontmoet die Gees kamp Bovertrek Konferensie

Maak ʼn belegging in jou huiswerker of

plaaswerker se lewe met die Zoë-kamp Die Here plaas in elkeen van ons se invloedsfeer mense vir wie ons geestelike verantwoordelikheid moet neem. Dit is nie altyd so maklik om dit oor taal- en kultuurgrense te doen nie. Die kamp wat VGK Alkmaar gedurende September by Ella Combrink aanbied, kan jou hiermee help. Die taal op die kamp is Swazi, maar groepbesprekings vind ook waar nodig in Zulu, Tsonga, Pedi ens. plaas. Die doel is om mense te begelei tot 'n intiemer kennis van en wandel met Christus, hulle te help om gewoontes vir geestelike groei aan te leer en om hulle te ondersteun met probleme en vrae waarmee hulle worstel. Gebruik die geleentheid. Identifiseer iemand in wie jy 'n geestelike belegging wil maak en maak dit vir daardie persoon of persone moontlik om die kamp by te woon. Wees ook voorbidder vir die persoon omdat net die Heilige Gees mense se lewens kan nuut maak. Inskrywingsvorms is by die kantoor beskikbaar. Datum en tyd: Vrydag 16 September vanaf 17:00 tot Sondag 18 September om 15:00 Koste: R200 per persoon Meer inligting: Skakel ds. Koos Kriel by 084 500 1082 OF Antoinette 082 450 9434 by die kerkkantoor

Mylpale

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!

1 Sep. Hettie Swart 47 Belydenis Chris & Suzette Holzhausen 32 Huwelik Org & Grietjie van Rooyen 32 Huwelik Francois Barnard 31 Doop 2 Sep. Corrie Kilian 83 Verjaar Ben & Rina Engelbrecht 49 Huwelik Hugo le Roux 37 Doop 3 Sep. Boet Niemandt 71 Verjaar Amadeu Goncalves 44 Doop Cobus & Mariana Engelbrecht 33 Huwelik

4 Sep. Willie & Fransie Boshoff Frik & Annatjie Taute 5 Sep. Pieter & Annelize Oosthuizen 6 Sep. Natasha Prinsloo 7 Sep. Susan Appelgryn Tania Melman Cobus Pieters 8 Sep. Spurgeon van Wyk 9 Sep. Jerry & Trudie du Plessis 10 Sep. Japie Kritzinger Dries & Anna van Dyk

40 Huwelik 40 Huwelik 30 Huwelik 35 Doop 84 Verjaar 41 Doop 36 Doop 72 Verjaar 38 Huwelik 85 Verjaar 56 Huwelik


Baie baie dankie! Wat ‘n fees was dit Saterdag... Kleurvol, vrolik en uitbundige geselsies orals op die terrein. Elke tafel het gekreun van produkte, vriendelike diens en winskopies was aan die orde van die dag. BAIE dankie aan elkeen wat die dag ʼn kuierdag gemaak het

“Dankie Here vir seën onverdiend uit U Vaderhand, ons eer U vir ‘n basaar vol vrolikheid. Mag U verheerlik word met elke sent wat ingekom het.” Die Alpha Kursus is oop vir enige een wat opsoek is na antwoorde en graag meer wil uitvind oor Christenskap. Kom ontspan, eet saam en deel jou gedagtes. Begin Dinsdag 6 September om 18:30 in die Bovertrek. Daarna elke Dinsdagaand, waar ons saam groei en ontdek. Koste is R300 wat alle kursusmateriaal en ʼn kamp met heerlike kos insluit. Inskrywings sluit VANDAG!

Wanneer: 23 & 24 September Koste: R150 per kind Inskrywingsvorms by die kantoor beskikbaar.

Navrae: Ds. Nati & Adel 082 327 6565

Navrae:

Yes!! Yes!! Dit gaan lekker wees...

Die Gr 4-6 Kinderkamp gaan propvol pret wees.

ʼn Uitvloeisel van die Facebookblad “Bid vir Annatjie” en die gebedsbyeenkoms wat by Casterbridge gehou is, het die behoefte ontstaan dat daar voortgegaan word om maandeliks saam te bid. Wanneer: Saterdag 10 September Tyd: 08:00 - 09:00 Waar: Casterbridge Parkeerarea

Almal welkom!

Ds Nati / Jaco 082 736 2164


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Die Here jou God... sal jou in ‘n goeie land bring: ‘n land met waterstrome, met fonteine en riviere wat in valleie en berge ontspring, ‘n land met koring en gars, wingerde, vyebome en granate, ‘n land met volop olyfolie en heuning, ‘n land sonder armoede, waarin jy ... niks sal kortkom nie... Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, want dit is Hy wat jou die krag gee om die rykdom te verwerf. Deuteronomium 8:6-9, 17-18

KUMULATIEWE TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Wer… Begr …

5 000 4 500 4 000

R’000

3 500 3 000 2 500 2 000

1 500 1 000 500 0

GEMIDDELDE KERKBYWONING (Belydende Lidmate = 1 777) 450

445

444 427

425 410

408 398

400 387

384 375

Aantal

375

350

325

300

275

250

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


P P P P

P

P P

Gebedsfokus Ons bid saam vir…. . Johan Campher se pa, Roelof, wat kanker het. “Here, dra hul asb...” ‘n Anonieme briefie pleit: “Liewe Jesus, ek smeek vir krag. Die pyn is vreeslik. Dis al baie lank wat ek so sukkel. Dokter weet ook nie meer nie. Help asseblief.” Mag die Here, wat hierdie hart, lyf en emosies ken tog hom/haar aanraak en na liggaam en siel verkwik en genees. Michelle Smart (Hanlie en Roland se dogtertjie) wat ‘n operasie aan haar voet gehad het, nadat haar perd per ongeluk daarop getrap het. Mag Michelle haar voet mooi oppas sodat dit vinnig sal herstel en sy vinnig weer kan perdry. Bid asb saam ons dat my man suksesvol sal wees vir die nuwe werk, hy is reeds sonder werk vir 1½ jr. Die Here weet die emosionele en finansiële uitdagings waardeur hierdie man en sy gesin reeds is. Ons bid vir Sy guns en genade vir hierdie gesin, maar ook ander wat in dieselfde of soortgelyke situasies is. “Liewe Vader, ons weet sonder U hulp en bystand is niks moontlik nie. Ons kom vandag en vra nederig om U hulp. Here, U ken ons omstandighede en U weet die pad wat ons op die oomblik loop. U is die Almagtige Vader en Voorsiener en daarom wil ons U vra dat U ons sal lei en sal help om ons omstandighede te verander. Ons wil hiermee vra dat met die hulp van die Gemeente se gebede en ondersteuning om net vir ons ‘n “Lig” aan die einde van die donker tonnel te laat skyn. Ons wil ook die dank uitspreek vir al die mense wat U alreeds op ons pad gesit het om ons te ondersteun, maar ons vra asseblief U hulp sodat ons aan die mense kan doen, wat hulle vir ons gedoen het. Ons vra al hierdie dinge, nie omdat ons dit verdien nie, maar Enkel en Alleen uit U Grote Genade. Ons vra dit in Jesus Naam alleen. Amen.” Edna vra voorbidding vir die kinders wat begin met Rekord Eksamen. “Here, maak hulle rustig – elke dag...” Ons bid vir klein Riann Badenhorst en mamma Danelle, wat steeds aansterk na ‘n lang tyd in ICU, na die keiser. Riann het slegte reflux en dit sorg vir rowwe dae en nagte, ons bid dat die nuwe medikasie vinnig en in detail sal werk en dat Danelle steeds sal sterker word. Mag God

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.


P P P

P P

P P

P P

haar en al die ander mammas wat in die nagte wakker is by en met hul babas styf vashou en hul Sy nabyheid en leiding intens sal ervaar terwyl dit voel die hele wêreld slaap. Elize Oosthuizen, wat die week in die hospitaal was met moontlike dermprobleme. Ons bid ook vir haar voet, wat seer is, dat sy sommer spoedig en in detail en totaliteit sal beter voel. Chanelle Otto (20 jaar), wat baie ernstig siek was in die hospitaal, met breinvliesontsteking. Ons bid dat die Here Chanelle sal aanraak en volkome sal genees. Die Pienaar-gesin en hul geliefdes, na die afsterwe van Antoinette se pappa. Thabu skryf so op Facebook: ‘n Amazing, nederige, liefdevolle mens het gisteraand hierdie gebroke wêreld en aardse liggaam met al die gepaardgaande pyne en frustrasies verlaat. Hy sit nou aan die tafel van die Here, sonder Alzheimer of verswakte organe. Wat ‘n voorreg om hom as skoonpa te gehad het...” Mag hulle elkeen God se troos in hierdie hartseer tyd ervaar. Cornell Ludick se moeder, wat laas Sondag ‘n hartaanval gehad het. Sy het Donderdag ’n viervat omleiding gehad en ons glo dat die operasie ‘n sukses was en dat sy spoedig sal herstel om weer voluit te kan leef. Uanita Spruyt, wat die hele week in die hospitaal behandel is met hoë dosis antibiotika, a.g.v. ‘n baie hoë infeksie telling. Intussen moes Arrie en boetie Uas (4 jaar) na sus Arlumé (1 week) oud kyk. Uanita het was Woensdag aand in die teater en haar medikasie en behandeling is aangepas. Ons glo sy is reeds terug by die huis en dat sy sommer baie beter voel. ‘n Jong man, wat die week 3m ver op sy kop geval het, hy is oorgeplaas na Muelmed hospitaal en ons bid dat die Here daar groot wonderwerke sal doen en herstel sal bring. Amanda Labuschagne, haar kinders en geliefdes, nadat Ernst tragies oorlede is in ‘n vliegtuig ongeluk. Mag die Here haar bystaan, vertroos en krag gee om aan te gaan in hierdie hartseer tyd. Mag die Here ook die persone lei wat ondersoek doen omtrent die ongeluk, sodat die waarheid geken sal word. Manie Maritz, wat gediagnoseer is met maag– en pankreas kanker. Tans word daar geen behandeling beplan nie. Nellie Labuschagne in Macadamia Care, sy voel baie swak... Daarmee saam bid ons ook sommer vir alle verswakte bejaardes. Ons bid dat God hul steeds daar sal ontmoet en dat hul bewus sal wees van Sy teenwoordigheid en liefde. Ook bid ons vir die families en Versorgers, vir genade, geduld, wysheid en Sy vrede in hierdie uitdagende tyd en beroep. Ons besef nie watse groot genade en seën gesondheid en helderheid van verstand is, totdat dit iemand na aan ons, of onsself raak nie. Mag God ons help om suiwer instrumente in Sy koninkryk te wees asook Sy hande en voete van omgee en diens, waar Hy ons ook al wil gebruik.

WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za


PICTURE OF ERIC, CARL (brother) AND CAROLINE (sister) Caroline and Carl have now given blood for the HLA Typing (bone marrow transplant donor match test), so we’re praying for a positive match there. We were lucky enough to all meet in the same room this afternoon for a quick hello. The last couple of nights have been the toughest physically so far. The result is that I haven’t had the energy for writing or sitting in my “office”, but I am feeling a lot better tonight. Today is 12 days since I started chemo therapy, and a total of 17 days spent in hospital. During the early hours of Monday morning I woke up with a bit of discomfort in my stomach. I let the nurse know, who then gave me some medication for it. That medication didn’t help as planned and within half an hour it felt like my abdomen was on fire! Chemo therapy is designed to attack, kill and restrict the development of the fastest growing cells in the body. As I understand it, the stomach lining falls into this category of fast reproducing cells. As a result, the chemo therapy attacks those cells, which then leads to nerves being exposed and ultimately causing the pain and discomfort. Nothing we did seemed to make it better. Eventually at around 4:30am I was given a gradual infusion of morphine. That helped a bit and I managed to fall asleep again, but as soon as I woke up again the burning sensation was there. This carried on until about 9:30am at which point I was given a different paracetamol-based pain killer, which did the trick. After talking to the doctor, about my experiences later that morning, he suggested we do some additional blood tests, and that I go for a CT scan to make sure the abdominal pain wasn’t originating from something else, that we may not have picked up earlier. The scans and blood tests came back all clear, and so the pain was most likely caused by the chemo therapy, destroying the stomach lining as explained. It’s always reassuring to know that the doctors make every effort to rule out other possible causes as soon as possible, and target the actual root of the issue. Today I feel a lot better. We have switched out some of the medications and hopefully this new approach will help sort out the stomach issues once and for all.

Besides any additional tests or scans, every morning at 4:30am a nurse from the lab draws my blood to check the daily counts and compare them to previous days and weeks results. These doctors rely heavily on these tests to follow the trend of my blood counts, and any deviation from the norm or expected results then needs to be checked out urgently ,with special attention. Seems like God is in the same business as these doctors? If we ask Him, He will test and examine us and guide us along the way. Psalm 139:23 & 24 isn’t a once-off thing. It’s a picture of an ongoing relationship. Just as the lab nurse draws my blood everyday to spot anything out of the ordinary, so we must “check-in” with God daily. The Message version also uses the words “cross-examine”. Think of a court case where a witness is cross-examined. Proverbs 18 :17 even speaks about it. It says “In a lawsuit the first to speak seems right, until someone comes forward and cross-examines” (NIV). For me the cross-examination is like the additional tests the doctors perform, if something isn’t quite as it should be. In a nutshell, it is basically discovering the inner, most deepest parts of a person. It’s not easy though. Often we might receive a word or instruction that doesn’t sit well with us. We always want God’s blessing when it comes to our family for example, but in other areas we’re not so willing to hear what we really need to hear. I’m the first person to admit that...

t t t t

Ons jeug bid so.. … Vir Chenelle Otto, met breinvliesontsteking * Eksamens Graad 11 Vir ‘n vriendin se Pa wat kanker het. Dat hy vinnig genees kan word -AmenVir eksamen + Mense wat deur moeilike tye gaan. “My tannie, wat mishandel word maar sy wil nie haar man los nie – dit gaan glad nie


t t t t

goed nie.” Dankie vir Vriende, Liefde en Gesondheid. Dankie dat U verhoudings bymekaar hou in moeilike tye ♥ “Here sê baie dankie vir vriende en familie! Asb help met mini eksamen.” * Matrieks vir Rekordeksamen * Genesing van oom Jan Els se voet na ‘n operasie”

Ons is dankbaar oor.. A

Stephan Greyvenstein skryf: “Ons wil baie dankie sê vir julle gebede in die moeilike tyd met Sous wat in intensief was. Hy is by die huis. Bid vir volle genesing.” A Jeanette sê: “Ons is dankbaar vir die Here se groot genade, dat Pappa uit die hospitaal en terug by Macadamia is.” (dis oom Hougie, vir wie ons laas week gebid het) A Roelien sê: “Ons Vader ek wil U loof en prys. U is Almagtig en getrou. Ek’s lief vir U. Baie dankie vir my Ma se operasie wat ‘n sukses was. Amen

.

Sendeling nuus

Baie dankie en loof die Here vir... Die groep studente wat die aanlynkursus doen, vorder goed. Ons loof die Here vir die terugvoer wat ontvang word vanaf die student, na aanleiding van wat gebeur tydens besoeke en praktiese aanbiedings aan die groepie kinders, waar elkeen hulle weeklikse praktiese aanbiedings doen. Een van die studente uit Ghana skryf soos volg: “The children were excited about telling Bible stories.

Some children said they felt loved because I tried to tell them stories in ways they will enjoy it. For example, one said: ’it is because you care about us, that is why you tell us stories in this special way’. Another child said: ’I heard this story before in Sunday school but I did not understand it like I do now’.” Ons is ook baie dankbaar vir die aanlynmentors wat so getrou weekliks aan die studente terugvoer gee. Bid asseblief saam vir Carine Steyn en Carlé Jonker vir suksesvolle bemarking van die kursus vir 2017, sodat die regte getal inskrywings ontvang sal word. Ons bid ook vir Carine Steyn en Soleil Morton wat vir die volgende drie maande daaraan sal werk om ook die tweede jaar van die kursus aanlyn te kry. Dit is soms oorweldigend om te hoor en beleef wat in Kinderbedienings selfs in ander dele van die wêreld gebeur na aanleiding van Petra Instituut se insette oor jare heen. Jy sal jouself daaraan kan herinner dat ons vantevore gebid het vir geleenthede in Letland (Latvia). Loof die Here! Die afgelope tyd kon 10 dames


die eerste wees om ook die Module 2- opleiding in Letland (Latvia) te ontvang– aangebied in Russies. Lyuda Bryn, die hoof van Kinderbediening in die Oekraïene, berig oor die 8 dae van intense opleiding. Alhoewel dit vir haar ’n uitdaging was om die klasse in Russies aan te bied, was die kursusgangers se vreugde en dankbaarheid om die nuwe kennis en metodes aan te leer oorweldigend. Sy sê: “Expecting God to move in the lives of children of Latvia!” Kom ons bid daarvoor. Dit was so ’n voorreg dat Dirk en Taleta Coetsee en Gabriel Beinde (van Tsjad) weer die geleentheid gehad het om vir ’n derde besoek na Bangui in die SentraalAfrikaanse Republiek terug te gaan. Heel eerste het hulle ’n bekendstellingswerkswinkel (Advocacy) ten opsigte van Kinder-bediening vir ‘n groep kerkleiers aangebied. Daarna het hulle ’n driedag-werkswinkel vir die groep, wat reeds sedert Maart 2015 Petra-opleidings bygewoon het, aangebied. Hierdie groep is hierna toegerus om self ’n tweedag-werkswinkel in die kursus, Betree die leefwêreld van ‘n kind, aan te bied. Die kursusgangers is hierna die geleentheid gebied om hierdie opleiding prakties vir versorgers, vrywilligers en leiers by twee weeshuise en ook in ’n vlugteling-kamp te gaan aanbied. Een dame en leier in die gemeenskap se woorde van waardering was soos volg: “We praise God for providing the

opportunity to bring the love of Jesus to children in the war-torn country and for protecting our health and our families at home.” Ons is ook baie dankbaar

vir Sy bewaring en beskerming van die Petra-aanbieders terwyl hulle daar was. Bid asseblief dat die fasiliteerders en leiers in die Sentraal-Afrikaanse Republiek met die bediening sal kan voortgaan, ook vir die Here se seën daarop. Die beplanningsvergaderings vir die program vir kinderkampe vir die Africa Inland Church Tanzania (AICT) vir 2017 het goed verloop. Dit was weer eens vir Gerhard en Carmari Strobos moeilik om die leiers te lei om die tema en inhoud meer kindervriendelik te maak. Ons kan saam met hulle die Here vir die span loof en bid dat die uitda-gings oorkom sal word. Gasvryheidsbediening Ons loof die Here vir goeie kamerbesettings gedurende Julie en Augustus. Bid ook vir die gesondheid van hierdie personeel wat voortdurend fisies baie hard werk en lang ure moet werk. Personeelsake Bid asseblief vir die gesondheid van ons personeel. Bid veral vir Bernard Joubert wat ’n operasie moet ondergaan, Lenda Müller wat pyn in haar skouer ervaar, Jan Grobbelaar se herstel van kanker en asma, asook vir Hester Loubser wat baie probleme met haar oog ervaar. Bid asseblief vir klein Zaya (Mirriam Olivier se kleindogter). Sy sou nou haar laaste chemoterapie-behandeling ontvang het, maar dit blyk dat dit te drasties is vir haar lyfie. Bid vir wysheid vir die dokters.


j

STORIES VAN LEWE:

SEPTEMBER 2016

1 Here help my dat ek en ons gemeente nie geestelik hoogmoedig sal wees nie. 2 Sam. 22: 26 - 28

2 Here help my dat ek nederig sal wees teenoor U en teenoor my naaste. Matt. 6:5, 6

3 Here ek wil nie in my sonde volhard nie. U is my rots en my vesting. Laat ek altyd net aan U vashou. Ps. 32:1 - 5

4 Here om U te volg gaan opoffering kos. Ek wil U volg. Mark. 10:21

5 Here ons dra die mense aan U op wat noodsaaklike dienste moet lewer en nie vandag saam met ons na U woord kan luister nie.

6 Here ons wil U lig en sout hier op aarde wees. Matt. 5:13 – 16

7 Here lei my op die regte pad. Ps. 139:23, 24

8 Here ons wil ‘n Oase van U Lewende Water vir die wêreld wees. Eseg. 47:1

9 Dankie Here Jesus dat ons met volle verwagting kan uitsien na die ewige lewe by U. 1 Kor. 15:19

10 Here ons dra ons owerhede aan U op. U het beskik dat hul daar is. Rom. 13 : 1

11 Ons bid vir hulle wat swak in die geloof is. Here versterk ons almal om vas te staan in U. Rom. 15 : 1

12 Here help ons om versoekings te weerstaan. Dankie vir die versekering in 1 Kor. 10 : 13

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

HUIS BESKIKBAAR

KAMER BESKIKBAAR

ʼn Ruim 3 slaapkamer woonstel met 2 badkamers en heerlike kuierstoep is onmiddellik beskikbaar op plot net buite Witrivier. Dis baie veilig met omheining en alle maatreëls om dadelik in te trek en heerlik te woon. Ongelukkig geen diere. Kontak: André 072 395 5468

Kamer te huur. Woonstel op Yaverlandpad. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: Annemarie 076 193 0230

SOEK BEHUISING Soek 3 slaapkamer huis in Witrivier te huur wat diere vriendelik is. Kontak: Marlize 083 529 8542 Soek ʼn kamer om te huur in Witrivier of Nelspruit. Kontak: Johan 084 464 1442

WERK BESKIKBAAR Vryskut werk beskikbaar vir persone met geldige bestuurslisensie en PDP. Kontak: Michelle 083 272 2171

WIE KAN HELP? Wie in Witrivier gee musieklesse in klavier, “keybord” en kitaar? Kontak: Rothea 076 810 8219


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier

NG Kerk Witrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure. KERKKANTOOR (013) 751 1644


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.