Sondag 20 Oktober
Gasvryheid is ʼn waarde van ons gemeente. Welkom vanoggend in die erediens, mag die warmte en vriendelikheid van medegelowiges jou omring.
Kom kuier en geniet koffie hierna by die KoffieOase.
Ouers met geniet die erediens vanuit die Moederskamer. Ouers met , kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Alle kleuters is welkom om hierdie interaktiewe erediens by te woon. ‘n Unieke bediening vir kleuters, bring jou kleuter en sit gerus eers by totdat hy/sy op hul gemak is.
Laerskoolkinders
Tiendemaand Dankkoffer Barometer
Stad op die berg-erediens Ons deel die wĂŞreld met vreemde mense.
Hoe gemaak met 'n boemelaar, 'n selfsugtige ryke of 'n arrogante persoon? Kom ontmoet hulle vanaand en tree in gesprek met hulle. #stadopdieberg
Wanneer: 6-20 Desember Koste: R1 000 / tiener Vorms by die kantoor. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
Dinsdag 22 Oktober 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare
Dinsdag 29 Oktober
Konsistorie 08:00 Gebedsbyeenkoms Ouditorium 14:00 Bloed skenk Gebedskamer 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare
Woensdag 23 Oktober 10:00 Kreatiewe vers 06:00 Besigheidspersone Bid
10:00 Kreatiewe vers 18:00 Kerkraadsfees
22 Okt. 23 Okt.
RenĂŠ Potgieter Spook & Wabbie Sauer Alwyn & Ilse van Biljon Johan Lange
81 Verjaar 47 Huwelik 25 Huwelik 75 Verjaar
Voorportaal
Vrydag 1 November
Ouditorium
06:00 Besigheidspersone Bid
21 Okt.
Bovertrek
Donderdag 31 Oktober
Bovertrek
Sondag 27 Oktober 08:30 Erediens & Nagmaal
Woensdag 30 Oktober
Bovertrek
Vrydag 25 Oktober
Konsistorie Voorportaal Ouditorium Gebedskamer
25 Okt.
Bets Hall Ina Fourie Le Grange Odendaal Johan & Alida Troskie
Bovertrek
73 Verjaar 80 Verjaar 55 Doop 33 Huwelik
Kinderklere,
veral seuns 10-14 jaar Manskoene nr. 8 - 10 Die Klerekas se rakke in bogenoemde items is dolleeg, as jy kan help bring asb. kantoor toe of loer Maandae in by die Kos- en Klerekas!
Hierdie geleentheid is uitgestel en vind plaas: Wanneer: Dinsdag 22 Oktober Tyd: 18:00 - 20:00 Koste: R20/p R10/ kind vir toesig
Gebedsfokus Ons bid A
A A
P
P
P
&
sê dankie...
Annamarie Ferreira juig en skryf: “Ons wil as gesin ons grote God dank vir Jason Esterhuizen se vordering. Met God se hulp en ons gebede gaan hy van krag tot krag. Dankie onse grootte God!” Ons sê baie dankie vir almal wat vir klein Ivan van Australië gebid het. Dit gaan baie beter met hom en ons vra vir nog gebede vir hom vir volkome genesing. Ons dank God vir die goeie nuus wat ons via WhatsApp van Pat gekry het: dat Colin Sylvester se operasie ‘n sukses was, die gewas is verwyder en dit toon geen teken van kanker nie. Mag die Here gee dat Colin spoedig en volkome sal aansterk. Bid asb. vir Lowtjie en sy gesin. Lowtjie het breinkanker en is terminal. Hy is tans in en uit die hospitaal en is op morfien om pyn te hanteer. Hy het 3 maande gelede die diagnose gekry… “Vader, staan hierdie gesin by in alles wat hulle nodig het om hierdeur te kan gaan…” Maxie Nell, wat opgeneem is in Medi-Clinic met ‘n hartritme wat uit is. Ons bid vir die besluite wat die Medici moet neem en dat tannie Maxie sommer vinnig sal beter voel. Mag die Here haar Sy vrede gee en haar hart fisies en geestelik rustig… Ons bid vir ons Kersmark en spesifiek vir die Uitstallers, wat besig is om hul voorraad reg te kry. Ons bid ook vir die Span wat besig is met al die administrasie, ons bid dat die Here
P
P
P
P P
hulle sal lei dat alles betyds klaar sal wees. Mag God verheerlik word en elkeen wat die Kersmark bywoon Sy vrede en liefde en kreatiwiteit beleef deur hierdie Mark. Oom Herman Steyn (Lorraine Steyn se skoonpa), wat in die week ‘n hartaanval gehad het en ‘n noodoperasie moes ondergaan. Ons bid vir die herstelproses en vir vrede vir hom en sy geliefdes. Nel Claassens, wat laat weet het dat haar Ma Saterdagaand oorlede is. Nel is tans in Israel en ons bid vir al die reëlings wat getref moet word. Mag die Here haar vashou en troos in hierdie hartseer tyd. Belinda Peatzhold het laat weet oor die sage van die huisoordrag, wat al 2 jaar sloer: “Die Verkoper wil nou buite die hof skik, maar hy wil ook hê ons moet die saak terugtrek, hulle is egter glad nie betroubaar nie. My grootste begeerte is net dat die oordrag sal plaasvind, ek gee nie eers meer om vir die kostes wat ons verloor het nie. Bid asb. vir my en hierdie saak, dat dit tot ‘n einde sal kom en dat ons God se guns en leiding sal beleef.” Elize Gouws wie se boetie (Kobus) in die week oorlede is aan kanker. Ons bid vir sy geliefdes en spesifiek vir sy jong dogter, mag die Here hulle troos en Sy rus gee. Tannie Kitty van Heerden se geliefdes, nadat sy vroeg in die week oorlede is. Ons bid vir Sy vrede in hierdie hartseer tyd.
Ons bid vir ons Sendingveld! Sirië Noodtoestand! Veertig- tot vyftigduisend Christene is vasgevang in die toenemende konflik in die noorde van Sirië namate Turkse troepe, Koerdies-geleide magte aanval. Op hierdie oomblik, is Geopende Deure se vennote op grondvlak besig om die situasie te assesseer en te reageer op die onmiddellike behoeftes, en te sorg vir die wat deur die gevegte geaffekteer is. Ons het kontak gemaak met Pastoor George (foto regs), wie se kerk in Qamishli skuiling voorsien het aan Koerdiese gelowiges wat dakloos gelaat is deur die gevegte. Hy en sy hele kerk het beplan om in die week die stad te verlaat. Bid asseblief vir hul beskerming. Een van die families in sy kerk se huis is reeds in die artillerievuur vernietig en minstens een van sy gemeentelede is ernstig beseer. “Ons is baie besorgd oor diegene wat vir hulle lewens vlug,” sê Geopende Deure se Velddirekteur. “Die Christene het selfs meer om te vrees: nie net die gevegte nie maar die vryheid wat ekstremiste sal hê namate die situasie ontrafel. “Hulle kort [die hulp] van hul wêreldwye kerkfamilie, om saam te staan in gebed en saam met hulle te staan in die langduur.”
ONS BID VIR: ʼn Vinnige oplossing en effektiewe ingryping deur die internasionale gemeenskap. Beskerming vir diegene wat vasgevang is in die gevegte, in besonder die dapper pastore en werkers van die kerk, wat onmiddellike bystand en pastorale sorg voorsien. Vir die toekoms van die Kerk in Sirië: dat hulle nie net sal oorleef nie, maar ʼn lig in hierdie donker tye sal wees. Dankie dat jy vandag saam met ons familie in Sirië staan, en dankie dat jy aan jou familie in Christus wys dat al word hulle vervolg, hulle nooit alleen is nie!
Ons bid vir “...Hulle sal genoem word: Bome van Redding. Die Here het hulle geplant om sy roem te vermeerder.” Jes.61:3b
Ons sê dankie ... Dit maak ’n mens opgewonde om te sien hoe ’n 16-jarige met groot selfvertroue en bekwaamheid volwassenes kan lei. Tydens die werkswinkel in Singapoer moes die groep, as deel van hulle praktiese aanbieding, ’n groepsopdrag doen en die meisie het een van die hooftegnieke aangebied. Soos sy, het almal hulle goed van hulle taak gekwyt. Carine Steyn, Carlé Jonker en Gerda Jordaan is ook dankbaar om die uitkoms na afloop van die TOT-week te sien - om te sien hoe mense aanvanklik eers baie onseker voel en hoe hulle ontwikkel en dan met groot selfvertroue ’n aanbieding van hoogstaande gehalte lewer. Die aanbieders wat ontwikkel is, het uitstekend gevaar. Wat ons ook baie opgewonde maak is dat ’n sleutelpersoon uit Indonesië ook die werkswinkel kon bywoon. Ons vertrou dat verdere deure sal oopgaan vir meer en meer geleenthede in hierdie streek en omliggende lande. ’n Derde opeenvolgende jaar se besoek aan die vlugtelingkamp in Uganda het ten doel gehad om die tien pastore as fasiliteerders op te lei. Elkeen van hulle is ’n pastoor van ’n plaaslike gemeente in die Afua 3-vlugtelingskamp. En elkeen van hulle is toegerus om ’n deel van die Walking with Wounded Children-kursus te kan aanbied. Die grootste dankie ten opsigte van hierdie geleentheid is vir die emosionele genesing wat hierdie pastore self kon ervaar. Bid asseblief vir leiding oor hoe hierdie projek steeds in die toekoms gerugsteun kan word en vir die nodige fondse dat ’n egpaar vir drie maande kan gaan.
Georgië het goed afgeloop. Hulle staan in verwondering en met dankbaarheid oor dit wat God in al die mense se harte en deur hulle doen. Die 20 jaar-fees is in die vorm van ’n konferensie gevier. Die konferensie was ’n wonderlike ervaring, bygewoon deur ’n nuwe geslag leiers wat saam ons droom / visie die toekoms indra. Daar is beleef hoe mense nuwe visie ontvang en hoe bestaande visies herleef. Daar is ook baie nuwe dinge by mekaar geleer. Tydens die ontmoeting met die tutors is Dirk en Taleta Coetsee aangeraak deur die mense se motivering en toewyding. Hierdie tutors beplan reeds om ook tutors in Armenië te gaan oplei. In die Sondagskool vertel ’n meisie van haar pa wat ‘n xenofobiese aanval op ’n plattelandse dorp gesien het. Die aanvallers het ’n man ingehardloop en met grawe doodgeslaan voordat haar pa hom kon help. Die kind is sekondêr getraumatiseer oor wat met haar pa gebeur het en deur die prente in haar kop wat sy van die gebeure het. Hierdie kind het net van die wreedheid gehoor - wat van die effek op die kinders wat dit in die straat aanskou het? Kom ons bid asseblief vir SuidAfrika en vir kinders wat beïnvloed word as gevolg van grootmense se keuses om ander seer te maak, of dit nou xenofobiese geweld of huisgeweld is.
Theuno Swart lei ’n span wat betrokke is by die koördinering vir ’n groot evangelisasie-inisiatief wat gedurende November in Kaapstad sal plaasvind. Bid asseblief vir al die logistieke reëlings wat getref moet word, vir genoeg vrywilligers en dat dit ’n groot impak sal hê op veral die kinders en jongmense en dat hulle Bernard en Chrismaré Joubert se besoek aan die kin- by die Here sal uitkom. derbedienings in die Oekraïne, Rusland, Armenië en
Bid asseblief vir die volgende aktiwiteite: 14-17 Oktober, Lusaka (Zambië): Courtney Hendricks tree as gasspreker by Child Trauma Symposium op. Dit word deur Tehila Trust en World Vision aangebied. 12-16 Oktober, Worcester (Wes-Kaap): Maria Visser en Anneline Fortuin bied ’n toerustingsgeleentheid aan vir die Volle Evangelie Kerk. 17 Oktober, Witrivier: Bestuursvergadering. Bid vir wysheid met die besluite wat ten opsigte van die begroting, te midde van beperkte fondse, geneem moet word. 18-20 Oktober, Villiersdorp (Wes-Kaap): Anneline Fortuin en Maria Visser gaan weer die kursus Betree die leefwêreld van ’n familie vir gesinne aanbied. 21-24 Oktober, Geita (Tanzanië): Gerhard Strobos is genooi om leiers toe te rus om ’n junior jeugkamp te kan aanbied. 26 Oktober, Penreach (Nelspruit): Die laaste werkswinkel vir die jaar word deur Emily en Faith Dinhira aangebied. Bid dat die onderwysers die kennis, wat hulle deur die jaar gekry het, in die skool, in hulle gesin en in hulle gemeenskap sal aanwend. 25-27 Oktober, Ceres (Wes-Kaap): Christa Booysen en Anneline Fortuin begin met die toerusting van ʼn nuwe groep. 25 Oktober - 9 November, Chantel (Switserland): Riëtte Botha gaan by die YWAM-basis se Family and Couples Counseling School klasgee. Bid asseblief dat hierdie toerusting die sendelinge sal bemagtig om
basiese berading te kan doen en veral ook sal voorberei vir kinderberading. Ander aktiwiteite: Gerhard Strobos gaan Ngorongoro in Tanzanië besoek om saam met die plaaslike leiers te beplan aan die navorsing wat hy saam met hulle vir sy dissertasie gaan doen. Wat die fondsontwikkeling betref, beplan Sonia Swart om gedurende Oktober op verwysings vir ontwikkelingswerk in die Kaap te fokus. Petra Instituut het in die laaste tyd heelwat groot onvoorsiene uitgawes gehad, wat beteken daar is nie eintlik reserwes waarop volgende jaar se begroting kan steun nie. Intussen daal die donasies teen ’n konstante tempo. Daar bestaan selfs die moontlikheid dat sommige belangrike projekte nie gedurende 2020 sal kan plaasvind nie. Bid asb. vir wysheid om die regte besluite te neem en dat ons op die Here alleen sal vertrou vir voorsiening in elke behoefte. Personeel: Bid asseblief vir Miriom Olivier se seun, Brian, wat in ’n ernstige motorongeluk was - bid vir volkome genesing van sy beserings. Bid ook vir Boetie Lourens wat aansterk na die installering van ’n pasaangeër. Verder is daar personeel wat nog besig is met studies, bid dat almal hierdie jaar se modules suksesvol sal kan voltooi.
Petra-groete
20
21
22
Toewyding Ons kan nie vir Jesus net 50% volg nie. Tog probeer die kultuur waarin ons leef ons verlei om Hom nie met 100% oorgawe te dien nie. Bid dat ons ons toewyding sal opskerp en ons alles gee.
Uitreike Bo en behalwe ons betrokkenheid in sendelinge se lewens, het ons ook ander uitreike soos Swadini, Mosambiek en talle ander dag-uitreike. Bid dat ons gemeente na buite gerig sal wees.
Mense wat siek is In ons geloofsgemeenskap is daar talle mense wat chroniese pyn of lewensbedreigende siektes beleef. Vandag bid ons dat hierdie mense deur die Here gedra sal word.
23
24
25
26
Tienerbediening Tieners is onder baie druk om groot lewensbesluite met min lewenservaring te neem. Bid dat die tienerbediening in ons gemeente, tieners sal begelei om Jesus te ken in al hulle keuses.
Ella Combrink Die Here het jare gelede ons gemeente met ʼn kampterrein geseën. Bid dat ons goeie rentmeesters hiervan sal wees en dat ons dit sal uitbou tot eer van sy koninkryk, en dit baie mense sal bereik.
Leierskap Bid vir die leraars van die gemeente, asook vir die kerkraad. Bid dat die Here se wil deurgaans gesoek, onderskei en gevolg sal word. Bid vir dapperheid om nuwe drome en nuwe visie te volg.
Bestuur So belangrik as wat visionêre leierskap is, so belangrik is nougesette bestuur. Bid dat liggame soos o.a. die dagbestuur en die bestuursmaatreëls wat neergelê word, van goeie rentmeesterskap sal getuig.
Gebedskalender
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
Het jy dalk ‘n werk / behuising te huur beskikbaar of soek jy werk / soek jy behuising? Hier kan jy gratis adverteer. Sodoende bring
Besigheidspersone bid saam
Tuinwoonstel beskikbaar Ruim tuinwoonstel met kaggel, 1 Slaapkamer en badkamer is onmiddellik te huur. Stil woonbuurt in Witrivier. Het ‘n alarm en skadubedekking vir kar. W&L ingesluit. Gemeubileerd of nie soos verkies deur huurder. Kontak:
Michael
064 686 1198
Beskuitpanne kan bestel word by
Soek behuising Soek 1 slaapkamer woonstel / bachelorswoonstel.
die kantoor en sal beskikbaar wees met die Kersmark.
Kontak: Micha
R300 R400 R450 R600
076 143 9697
1 pan & ½ snyer 2 panne & halwe snyer 2 panne & vol snyer Thermo fan (2 panne & vol snyer)
Sluitingsdatum vir bestellings is 31 Oktober.
www.ngwitrivier.co.za
NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545
Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
079 223 8321