OaseNuus 6 Maart

Page 1

OaseNuus KoĂśrdinate vir die koninkryk Die simboliek van die GPS in die logo Jy moet jou lewe so instel dat ongelowiges deur na jou lewenswandel te kyk, hul ook die begeerte sal hĂŞ om ingestel te word in die GPS van die Here.


Ds. Eddie le Roux

Sondag 6 Maart

ʼn GPS vir elkeen Om die koninkryk uit te brei Skriflesing:

Lukas 14:15-24

Baie welkom by vanoggend se erediens. Mag jou GPS vanoggend ingestel word op die koördinate van die koninkryk. Welkom aan Jaco & Inge le Roux wat by ons kuier vandag en ook deel sal hê aan ons Geloofsoffer-belofte erediens.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcakes vir slegs R5 Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.

Die TWEEDE kruiswoorde En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43)

Die VYFDE kruiswoorde

"Ek is dors." (Johannes 19:28)

Die VIERDE kruiswoorde Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “"Eli, Eli, lemá sabagtani?" Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Matteus 27:46)

Die DERDE kruiswoorde Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” (Johannes 19:27)


Gesinserediens in die saal vir alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers. Die afgelope tyd hoor ons ʼn fluistering van die jeug se kant dat daar geoefen word aan ʼn show... Show? My oë rek en ek wonder, dan raak ek vrek opgewonde oor ʼn elektriese geleentheid oorlaai met energie wat ons almal sal kan geniet. Teken die datum aan... Volgende So

ndag!

Het hy jou uitgawe gekry? Gesels met ons by nuus@ngwitrivier.co.za

Mylpale 15 Maart Miekie Dragt 85 Verjaar 16 Maart Sannie Lombard 83 Verjaar 19 Maart Anthony & Stephne Trollip 33 Huwelik 21 Maart Martie Boshoff 82 Verjaar Tienkie Kritzinger 80 Verjaar Leon van Zyl 70 Verjaar 22 Maart Dolf & Nerine Botha 41 Huwelik Charles & Elana Burger 30 Huwelik

23 Maart Helia Minnaar 77 Verjaar Jan & Lorraine Strydom 42 Huwelik

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!


Maandag 7 Maart

17:30 18:30

18:00

Kom word nuutverg. Konsistorie GriefShare GriefShare Lokaal

08:00 15:00 17:00

Dinsdag 8 Maart

Gebedsbyeenkoms Vrouebedieningverg. Lofdans

Konsistorie Bo-vertrek Kerk

Finansiële Bedieningverg Konsistorie DivorceCare Sitkamer

Donderdag 10 Maart 18:00

Kerkraadsvergadering Konsistorie

11 - 13 Maart

Kom word nuut Kamp by Ella Combrink

Gebeure in vooruitsig 13 Maart 14 Maart 15 Maart 16 Maart

Jeug show Koskasvergadering Beraders toerusting Bluetooth Ouerskap - Dr Thelma Laubscher

Daar is daagliks ʼn stukkie oor lydingstyd op die gemeente se Facebook-blad. Ons plaas dit met vergunning van Mosaik gemeente.

Teelepeltjie-ete Ons het heerlik geëet aan smaaklike geregte, ʼn groot verskeidenheid vol liefde berei vir mekaar.

Dankie aan elkeen wat bygedra het dat hierdie geleentheid nie net in ons gemeente se geskiedenisboek aangeteken word nie, maar ook in die toekoms herhaal sal word.


“... en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Jesus se laaste opdrag, na al sy werk op aarde afgehandel is, is 'n vreemde een: "Gaan na al die nasies." Die logiese sou wees "pasop vir die nasies" of "gaan na jou vriende" of "gaan na jou omgewing" of "gaan na party nasies" of "gaan party van julle". Daar is egter geen onduidelikheid, "geen maar's" of "as'se" nie. Net duidelik, reguit: GAAN, NASIES, ALMAL, PUNT.

Dit word bevestig deur navorsing oor suksesvolle kerke: missionêre kerke is gesonde, groeiende kerke. Gesonde, groeiende kerke se lidmate is ALMAL gefokus op die kerk se roeping na buite. Benewens ons verantwoordelikheid buite ons gewone begroting het die Here ook vir ons 'n verdere praktiese, opwindende manier gegee om na buite 'n verskil te maak: ons Geloofsofferbelofte. Die Geloofsoffer-belofte is ’n offer wat jy aan die Here gee in geloof. Dit is nie deel van jou gewone dankoffer nie, maar bo en behalwe jou dankoffer. Die gemeentes in Masedonië het, byvoorbeeld, hulle gewone verantwoordelikheid nagekom, maar toe kry hulle nog 'n verdere versoek om die nood van die gemeente in Jerusalem te help verlig. 'n Vreemde volk in 'n ver vreemde land. Hulleself het swaar gekry en Paulus laat ruimte toe dat hulle nie geld hoef te gee nie. Gebed en belangstelling sou genoeg wees. Wanneer hy hulle besoek word Paulus oorweldig deur hulle offer en die gesindheid waarmee dit gegee is. 2 Korintiërs 8:1-5 vertel ons meer: 1 Broers, ons wil hê julle moet weet van die genade wat die gemeentes in Masedonië van God ontvang het. 2 Al was hulle swaar beproef deur verdrukking, hulle blydskap was oorvloedig; en al was hulle baie arm, hulle was ryk in hulle oorvloedige vrygewigheid. 3 Ek verseker julle hulle het na vermoë, ja, bo vermoë, bygedra. 4 Uit eie beweging het hulle by ons daarop aangedring om te mag deel in die liefdeswerk van hulpverlening aan die gelowiges in Judea. 5 Dit was meer as wat ons verwag het. Daarom praat ons van ’n Geloofsoffer-belofte. Ons vertrou God vir die finansies en so word ons eintlik net die kanaal waardeur Hy sélf sy Koninkrykswerk befonds. In 1 Kronieke 29:14b lees ons: “Alles kom tog van u af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.” Die Geloofsoffer-belofte word gebruik vir die getuienistaak en -opdrag na buite. Dit word dus glad nie gebruik vir gewone gemeentewerk nie, maar vir die “hulp en hoop in ons samelewing” gedeelte van ons gemeente visie. Die verhale van seën uit hierdie spesiale vertroue is besielend. Ons ervaar eersterangs hoe die Here ʼn verskil maak. Deur deel te neem aan die Geloofsoffer-belofte kry jy geleentheid om te groei in jou geloof. Dit is opwindend om te hoor hoe die Here voorsien in die geld wat mense beloof het. Omdat die offer in die geloof gemaak word, weet mense gewoonlik nie waar die geld vandaan sal kom nie en bid hulle voortdurend dat God sal voorsien. En wanneer Hy dit dan doen (dikwels op heel ongewone maniere), versterk dit ’n mens se geloof.


Word dit van my verwag om by te dra tot ’n Geloofsoffer-belofte? Die gedagte met ’n Geloofsoffer-belofte is dat dit gegee word omdat ons deur die Heilige Gees daartoe gedring is en nie omdat ons onder ’n verpligting staan nie. 2 Korintiërs 9:7 sê ook: Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, want God het die blymoedige gewer lief. Maar hoe kan ek ’n belofte maak as ek nie weet wat om in die toekoms te verwag nie? Ons sien dat Paulus eers die gemeente daartoe oproep om by te dra. Daarná sê hy in 2 Korintiërs 9:8: En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Hy vervolg dan verder in vers 54: God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee om dit te laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat lewer. God seën ons met een doel voor oë: Om daardie seën deur te gee aan mense wat dit nodig het. Ja, maar wat is in dit vir my? Ons moet altyd onthou: Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang (Handelinge 64:79). En om alles te kroon, word God daardeur verheerlik en gedank. Die voorreg om te kan gee, is ’n teken van God se genade oor ons, want wie anders as Hy, wat sy Seun gegee het, sal weet hoe bevredigend dit is om te kan gee? Ons sien dit só duidelik in 2 Korintiërs 9:13-14: Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. Beteken dit nou ek moet gee nog voordat ek ontvang het? Nee, ons maak net die belofte voordat ons ontvang het. Daarná is dit opwindend om maand na maand ons seëninge te tel en te sien hoe dat die Here aan ons voorsien op verskillende maniere. In 2 Korintiërs 8:12 sê Paulus ook: As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Die moontlikheid bestaan selfs dat ons geloof te groot was en ons nie by ons belofte kan kom nie. Watter wonderlike probleem: "ek het te veel geglo". Die Here verstaan dit beter as enigiemand anders, daarom sy begrip en ondersteuning vir Petrus toe sy waterloop 'n duik in die water word.


P

P

P P P P P P P

Gebedsfokus Ons bid saam vir…. .

Hierdie naweek se Boskamp vir enkellopendes, asook die komende Kom Word Nuut-kamp die naweek van 11 – 13 Maart. Mag God elke persoon wat op hierdie kampe gaan voorberei en gereed maak vir ‘n spesiale ontmoeting met Hom. Mag God elke personeel lid op die kampe toerus en gebruik as suiwer instrumente in Sy koninkryk. Laetitia vra: Bid asseblief vir Dirk Coetsee van Petra Instituut – hy het Maandag vertrek na Soedan, waar hy saam met Geopende Deure ‘n konferensie aanbied. Die Christene van die Nubaberge word ongelooflik vervolg. Bid vir wysheid en die duidelike leiding van die Heilige Gees. Bid asseblief ook vir die Here se beskerming. Ons bid dat die chaos op Universiteite tot ‘n einde kom. Terselfdertyd wil ons dankie sê vir die studente wat hande vat, God loof en saam bid. Die dopelinge Miané en Charlotte: vir wysheid en krag, dat hul ouers hul vir Sy koninkryk sal onderrig. Christelle Bensch se pappa is verlede week oorlede tydens ‘n hartomleiding-operasie. Ons bid vir hierdie gesin en hul geliefdes in die hartseer tyd. Mag hul God se nabyheid en vertroosting in detail ervaar. Glenda Celliers en kinders Leonard, Jacques, Riaan en Leonie. Haar geliefde man, hulle pa, Leon, is oorlede na ‘n hartomleiding-operasie op hom uitgevoer is en komplikasies ingetree het. Mag God hul troos en hul Sy vrede gee. Die herstelproses van Chantelle Trollip, na die ernstige motorongeluk waarin sy betrokke was. Ons dank God vir mense wat haar liefhet en kan help wanneer sy huis toe gaan. Ons bid vir Chantelle vir vrede en veral geduld in die herstelproses. Kanker pasiënte Willie Boshoff en Trudie van der Merwe, wat steeds ernstig in die hospitaal was teen verlede Sondag. Mag God hul aanraak en wonderwerke in hul liggame en gemoed doen. Vir Liezel (42), niggie van Marlene Basson, wat met borskanker gediagnoseer is. Sal God vir haar Sy vrede gee en wysheid vir die medici en elkeen betrokke in die besluite wat gemaak moet word oor behandeling.

Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


P P

P P

“Gees van God, kom en hervul ons elke dag sodat ons as koningskinders in U koninkryk kan leef in alles wat ons doen en dink, dat ons U sal hoor en uitleef, gefokus op U. Amen” Ons tree in vir klein Keaton Botha, wat oorgeplaas is na Sandton kliniek. Die infeksie klaar nie op, na sy blindederm verwyder is nie. Ons bid vir hom vir genesing, maar ook vir sy hele gesin wat swaar kry onder die spanning en omstandighede. Ook vir Ouma, wat die tweeling boetie moet oppas. Intussen is deur die week ontdek dat Keaton ook Malaria het. “Vader, raak U sy liggaampie aan, doen ‘n wonderwerk met wonderbaarlike spoedige genesing en geen fisiese of emosionele letsels na die vreeslike tyd wat hy deurgegaan het nie. Kara Dipradines (21 jaar) se geliefdes, nadat sy skielik in ‘n motorongeluk oorlede is Dinsdag aand, mag God hulle troos en gedagtes rig. Nuus oor Danie (wat in die ernstige motorfiets ongeluk was en tans in hospitaal in Natal is): Danie is heeltemal wakker, nog op pyn medikasie en sterk antibiotika. Hy weet wat om hom aangaan. Hy kan kleure identifiseer, begin sinne maak op die alfabet kaart en so nou en dan soek hy ‘n pen en papier. Dit gaan nog moeilik, maar ek kan hier en daar uitmaak wat hy skryf. Die terapeute is baie tevrede met sy vordering. Ons dien ‘n groot God! Bid asb. Dat sy infeksie opklaar asook vir sy gemoed. Ek probeer hom positief hou en dat hy besef alles wat nou fout is met hom is net tydelik. Ek vertrou God vir ‘n groot wonderwerk! GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.

Ons is dankbaar vir.. A A A

Tannie Susan, wat terug is uit die hospitaal, by Rustig Sorgsentrum en onder omstandighede gaan dit goed met haar. Ons sê dankie dat ons Hemelse Vader haar so dra in die tyd, (sê Bokkie.) “Dankie Heer, vir die lieflike reën!!” Dankie Gees van God vir die baie geseënde Ontmoet die Gees kamp wat voorverlede naweek gehou was op Ella Combrink.

Ons jeug bid vir..

t Gaan asb saam al die studente by die universiteite met die moeilikheid daar. Help asb my vriendin, t t t t

haar oupa is oorlede. Help my asb dat dinge by my werk beter gaan, Pappa?? Gaan asb met ons eksamens; en hokkie proewe en rugby en een van my vriendinne se oupa wat oorlede is. Laat dit asb goed gaan. Pappa GOD asb gaan saam ons waar ons sukkel, dat U ons rustigheid sal gee en waar proewe is, U ons sal help om U naam te verhoog en help ons asb. Dankie vir vriendskappe ♥


NUUS VAN ONS SENDELINGE Danie & Esther laat weet uit Masedonië In tussen is die grens vir mense van Afganistan toegemaak wat baie hartseer en pyn en betogings en so meer meebring. In die kamp op die oomblik, wat nie ingerig is vir mense om te slaap nie, is daar oor 1 000 mense van Afganistan wat vasgekeer is in Masedonië, Griekeland wil hulle nie terug hê nie, en die EU wil hulle ook nie meer hê nie. Dit is baie moeilike omstandighede waarin hulle nou bly al vir langer as ‘n week. Daar word vir hulle kos gegee en ons rye vir tee is baie lank. Daar is riot polisie op bystand elke keer as nog ‘n trein inkom met mense. Baie min mense word nou op ‘n slag ingelaat en vrese van mense loop hoog! Daar was permissie gegee om die Jesus film te wys en toe weer weggevat as gevolg van vrees vir geweld. Hierdie verhaal is uit sy hart, wat nou afspeel in ons wêreld.

His beloved It was a quiet day at the border, the Serbian border was closed and it was freezing outside. It was a good day to make tea and coffee and serve cookies to the people that where stuck in the camp. It was here we met a guy Bobby, he was from Afghanistan and made friends with Mehdi , also from


Afghanistan on the boat ride from Turkey to Greece. Bobby could speak a couple of languages and he was telling us what happened on the journey. They left Greece in an overcrowded boat that sank while they were still far from safety. Bobby took one of the children on the boat and Mehdi took 2 children. They swam together with other refugees for 5 hours until they reached land. Many people drowned that night. I was crying as they were telling me their stories of heartbreak and hope. Mehdi lost his whole family in Afghanistan and is now an “orphan” . Zane , our son, was helping at the border the previous day and they met him. We explained that he was adopted, Mehdi asked me with a smile if I will adopt him as well. For such a big guy, as he was, he has a very small heart. They were on their way to Germany, to safety and hopefully a new future. He is constantly in my thoughts and prayers. Please pray for him and bobby and the many like them that pass through Macedonia, those who have lost everything…. And hoping for a new future. He helped us to write our sign in Farsi… I looked up the meaning of the name “Mehdi” and it means “beloved” or “guided one” . May God use him in a miraculous way somehow to be His beloved and guided one. Hierdie is e-pos wat ons gedurende Februarie van Danie ontvang het... Goeiemôre almal

Ons vertrou die e-pos vind almal wel, ons verneem dat dit redelik warm en baie droog is in SA en dat daar orals mense in die landbou en bosbou bedryf is waarmee dit moeilik gaan. Ons winter het darem vir so week “ge-pause” en kan ons weer asemhaal – begin verlede week was dit nog elke aand -9 tot -14 hier. Ons is darem so amper klaar met ons tweede winter hier en verstaan al baie meer as tevore, en die kinders het die sneeu baie geniet hierdie keer, ons self slip en slide darem nou al minder op die ys. Maar ons het elke dag te doen met mense wat glad nie hierdie koue ken of voorbereid is daarvoor nie. Vanaand is daar ongeveer 10000 mense op die suidelike grens wat wag om deur te kom, en baie baie gesinne, siekes, oues ens. slaap buite in wind en weer. Inteendeel was daar ʼn strike die afgelope week in Griekeland en het die 1 0000 mense ongeveer 30km gestap na die grens-toe nadat die hoofweg gesluit was. Die meeste sal môre hulle weg tot by ons maak en dan deur na Serwië. Ons almal staan saam om die ongekende mense massa te help, maar voel al welke male oorweldig deur die nood, trauma en ongeregtigheid waarmee ons te doen het. Ek het laasweek ‘n groep mense op die hoofweg opgetel wat toe al vir twee weke loop vanaf Athene, en vir 3 dae al loop in sneeu en ys, sonder kos of ordentlike warm klere. Die Somaliërs was omtrent oorstelp van vreugde en het gesukkel om tot verhaal te kom, by die kamp kon ons hulle darem ordentlike warm klere gee en iets om te drink en eet. Hulle is al twee maande op pad en is heeltemal uitgeput. Maar daar gaan nie ‘n trein verby dat ons nie met iemand gesels wie se huis verwoes is nie, of wat vir ure moes swem nie, of wat hulle hele gesin verloor het nie… Groete uit Masedonië Danie, Esther en kids


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. SOEK WOONSTEL TE HUUR

SOEK WERK

Pensionaris soek woonstel om te huur, kan slegs R 2 000/m bekostig. Kontak: Deleen 072 495 8933

“Handyman” wat verskeie klein takies kan doen o.a. Loodgieter, dakke seël & verf en ook klein bou werkies, soek dringend werk. Kontak: Jannie Faure 072 792 5778 / 076 190 0838

2 Slaapkamer woonstel gesoek om te huur in Witrivier. So gou as moontlik. Kontak: Manina 076 531 4958

SOEK SAAMRYGELEENTHEID Soek geleentheid van Witrivier 07:00 na Nelspruit en terug om 16:00 daagliks. Kontak: Manina 076 531 4958

Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af    

Ons benodig asb. MANSKLERE & MANSSKOENE. Broeke (lang / kort) nr. 32-36 Hemde Small, Medium, Large T-hemde Small, Medium, Large Onderklere Kouse Skoene nr. 8-10 Kontak asb. vir Antoinette by die kantoor.

Gaan na die “App Store” op jou selfoon Soek “SnapScan” Laai die applikasie af (so 5MB) Maak die toepassing (App) oop

Stel die toepassing (App) op  

 

Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan jou naam en telefoonnommer Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App) moet in tik Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV nommer Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Wat is volgende ??????

“Like” ons by NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

?

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.