OaseNuus 6 Nov

Page 1

Sondag 6 November

Gaan! Skriflesing: Lukas 10:1-3


Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Daar sal nie vanoggend tee en koffie wees nie as gevolg van die voorbereidings vir die gemeente-ete.

Gesinserediens

Daar sal die res van die jaar nie weer Gesinserediens wees nie.

Jeug-dinee vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanaf die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Dankfees-ete

Bring eie eetgerei en drinkgoed

Alternatiewe manier om jou bydrae te gee is SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af op jou slimfoon. Instruksies is by die kantoor beskikbaar.


Maandag 7 November 18:00 GriefShare

Donderdag 10 November 18:00 Bluetooth Ouerskap

Sitkamer

Sondag 13 November

Dinsdag 8 November 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Finansiële Bedieningverg DivorceCare

Kerssangdiens Kerk Konsistorie 12:00 Kerk Gebeure in vooruitsig Bovertrek 15 November Vrouebedieningvergadering Sitkamer 30 Nov. - 3 Des. Kersmark

Mylpale 6 Nov.

7 Nov. 8 Nov. 9 Nov.

10 Nov.

Theresa Volschenk Jan & Elsabe Venter Johan & Toy Swart Pieter & Ena van Aswegen Hannatjie Douglass Ockie Coetzee Tinus Williamson Andy de Beer

Bovertrek

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!

39 Belydenis 34 Huwelik 46 Huwelik 58 Huwelik 75 Verjaar 41 Belydenis 36 Belydenis 79 Verjaar

Lydia Möller Santie Burger Piet van der Merwe Cas & Barbara Strydom 11 Nov. Hans Bezuidenhout Roelof Pretorius Boet Joubert 12 Nov. Doreen Botha

72 Verjaar 71 Verjaar 71 Verjaar 43 Huwelik 83 Verjaar 82 Verjaar 71 Verjaar 77 Verjaar

Dag van herinnering Staan jou Gr 7 kind op die drumpel van sy/ haar hoërskool loopbaan? . As hul graag die beste wil maak van hul hoërskoolloopbaan deur vir al die uitdagings en veranderinge voor te berei. Kom kamp saam van 3-8 Januarie 2017 by Ella Combrink.

Vorms by Mnr Jan Bodenstein

Swadini-uitreik 7-21 Desember Vorms by kantoor beskikbaar

Ook bekend as “Poppy”-dag. Hierdie dag herdenk die einde van die Eerste Wêreldoorlog op die 11de uur van die 11de dag van die 11de maand 1918. Nou word daar gedink aan die opoffering van soldate deur al die jare in oorloë. Simbool van hierdie tyd van die jaar is Papawers (Poppy) ook omdat papawers op die grafte gegooi is op die “Western Front”. Almal word uitgenooi na hierdie jaar se geleentheid op Sondag 13 November om 10:30 by die Moth-saal in Witrivier.


Kalender 2017 Die bestelling is geplaas by die drukkers, daar is paar ekstras. Indien jy vergeet het, besoek die kerkkantoor om jou naam op die lys te plaas. Ons sal sms sodra jou kalender hier is.

Op ʼn Maandag-oggend is ons gemeentesentrum ʼn miernes van bedrywighede. Hier is ons dan prakties kerk, diensbaar aan ons naaste. Bring hulp en hoop soos ons missie verklaar. ʼn Span toegewyde persone bedien die kliënte wat aankom. Sommer reeds van vroeg kuier van die kliënte onder die afdak, in afwagting vir die oggend se erediens, die kos– of groentepakkie wat hul ontvang. Geniet saam smaaklike sop en broodjies. Alles ʼn uitvloeisel vanuit hierdie gemeente. Skenkings word met groot dankbaarheid ontvang. Nou het ʼn nuwe skenker aan boord gekom - Judea Hope, net soos hulle naam sê is HOOP die hooffokus van hulle werk. Reeds Vrydagmiddag het hulle vanuit Pretoria gekom en die droë rantsoen kom aflaai. Maandag-oggend gaan dit verpak word in kospakkies, wat later uitgedeel word. As jy wil kom help om deel van die “masjien” te wees kom gerus, as jy net paar minute het om te kom kyk hoe dit gebeur, kom gerus. Almal is enige tyd, altyd baie welkom om te kom aansluit of om net te besoek. Woorde van bemoediging en dankie sê beteken baie vir die span. Wat behels die pakke... Daar is 132 bokse wat gepak word, elke boks bevat 30 kospakkies. Elke kospakkie voed 12 persone. Die kospakkie bevat onder andere rys, soya, gedroogde groente en toegevoegde vitamiene en minerale. Die vorige keer wat daar gepak is, was op ʼn Saterdagoggend in Nelspruit. Toe het ook van die jeug die oggend saamgegaan. Nou pak ons hier in die saal vanaf 09:30 eerskomende Maandag. Die “lyn” word opgestel en doelgerig word daar gemeet, ingegooi, geseël en gepak. Na afloop van die pakkery, sal oom Attie en Samuel die geleentheid hê om ons kliënte met die Nr 5 - 9 Woord te bedien.

Ons benodig dringend:

Ons sien met afwagting uit na ʼn vreugdevolle oggend, wie kom saam? Mag God elkeen seën wat help en ook later so ʼn pakkie ontvang.

MANSkoene. Grootte 32 - 36 MANSklere Antoinette by die kantoor.


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. “Amen! Die lof en die heerlikheid, die wysheid, die dank en die eer, die mag en die sterkte behoort aan ons God tot in alle ewigheid. Amen!" Openbaring 7:12 KUMULATIEWE TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

5 000

4 500 4 000 3 500

3 000

R'000

2 500

2 000 1 500

1 000 500 0

GEMIDDELDE KERKBYWONING Belydende Lidmate = 1 777

Kleuter

Gesin

600

Kerk 550

53

41

32

339

347

348

300

150

349

359

200

364

250 384

Aantal

350

55

59

55 50

400

59

450

51

500

100 50

0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


Gebedsfokus Ons bid saam vir…... P

P

P

P

P

Joan en Bill vra: “Bid asb vir ons kleinseun (Riaan), wat eersdaags na Kanada vertrek om vir ‘n onbepaalde tyd daar te werk. Here, hou hom veilig, lei en seën hom in die onbekende...” Dankie.” Jacolene vra: “Bid asb vir George Vermeulen. Hy het ‘n kiem in sy trachea wat nie wil dood nie, Hy is op antibiotika vir die 3de keer en dit lyk of die kiem weerstandig is / raak teen die medikasie. Ag hy sukkel vreeslik met asem en is heeltyd op suurstof. Here, gryp in, raak George en sy liggaam aan en oorwin U die geveg vir hom, sodat sy liggaam sal genees. Ons bid vir Elda Ferreira se familie (in besonder, Willem, haar man) en geliefdes, wat haar skielik na ‘n kort siekbed moes groet die week. Elda was een van ons Kersmark uitstallers en sy laat fisies, geestelik en emosioneel ‘n groot gaping. Ons bid vir God se vertroosting in hierdie hartseer tyd en dank Hom ook vir Elda se besonderse en diensbare lewe. Chris Coetzee (Ronel Kolbe se pappa), is deur die week hemel toe. Ons bid vir sy vrou, Susan en al hul geliefdes, vir Hemelse troos in hierdie tyd vol rou. Mag God vir elkeen wat seer het Sy rus en vrede gee. Ds. Nati wat vir ‘n maand in Amerika, op ‘n studietoer is. Dat God hom sal seën en spesifiek gesond sal hou en sal beskerm: fisies en emosioneel, asook vir Lindie en die kinders wat alleen hier is en na hom verlang. Nati skryf op Facebook: “Ek het die groot voorreg om op ‘n maandlange studietoer na die VSA te vertrek. Het meer as 20 verskillende afsprake met professore, leraars en bedieningsleiers. Is oorweldig deur die kerkraad se goedheid vir my. Hul maak die reis vir my moontlik, nie deur gemeentefondse nie, maar deur persoonlik daartoe by te dra. Ek sal hul ewig dankbaar wees vir die geleentheid. Naas die voorreg wat my ouers my gegee het om by die universiteit te gaan studeer, is hierdie die enkele grootste geskenk wat enige iemand nog ooit vir my gegee het. Ek gaan my allerbeste gee en soveel

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens


P P

P

P

inneem as moontlik, maar ek gaan ook met spesifieke vrae oor die funksionering van leierskap, missionale gerigtheid, kommunikering van visie, kweking van dissipels en bediening van gesinne. Bid asseblief dat die Here hierdie studietoer sal gebruik om vir my vars perspektiewe oor die bediening te gee. Ons bid steeds vir Bessie Pienaar, wat vir lank reeds in Muelmed is, dat die Here haar sal vashou en na liggaam en gees sal versterk en Sy hand oor haar sal hou. Tannie Lena de Beer, wat ‘n seer elmboog het a.g.v. ‘n insekbyt en op antibiotika en kortisoon medikasie. Ons bid dat die medisyne vinnig werk en tannie Lena se elmboog sommer vinnig baie beter voel. Ons bid vir elke persoon wat siek is, veral ons kinders wat draaie maak in die hospitaal. Dis so sleg vir ‘n kind om te moet hospitaal toe te gaan, die vreemde plek, die ontwrigtende roetine en ook vir Pappa & Mamma wat moet help oppas of by die hospitaal of by die huis, mag die Here ons en ons kinders se liggame seën en beskerm. Ons bly steeds bid vir C.F. asook vir Eric, wat steeds leukemie behandeling ontvang en maar met rukke swak is en swaar kry. Mag die Here hulle vashou en versterk en deurentyd hul en hul geliefdes bewus maak van Sy teenwoordigheid en guns. Daarmee saam bid ons ook vir elkeen van ons gemeentelede en geliefdes wat tans kanker het en behandeling ontvang.

Ons is dankbaar oor A

A

Grace en haar wonderlike bediening saam die wat haar help, teenoor die vroue op die Sabie pad. Daar was baie jonges met die uitreik laas week en hulle was baie opgewonde oor die geskenkte broodjies. Grace het ook teenoor ons getuig dat een van die vroue nie meer “pad toe” kom nie. Sy bly nou by die huis en soek werk, want sy weet “dis nie reg nie”. Alle eer aan die Here! Mag Hy elkeen oortuig van hoe spesiaal hulle is en vir elkeen sorg sodat hulle kan ophou om hierdie slegte leefstyl te handhaaf. “Dankie vir die reën. Dankie dat U die hemelse se sluise oopmaak. Dankie vir U groot genade en liefde”, sê Carina.

Ons Jeug bid vir t Bid asb. vir onsekerheid oor verhoudings... t Bid asb vir my vriend: hy het kanker, dat dit asseblief genees word. t Dankie vir vriende en familie!


Uit Kruger se Pen Liewe familie, Gegroet hier uit 'n warm Cheetahland! Verlede week het ek 'n begrafnis gehad en hierdie week wag daar weer vir my ten minste twee. Dit het net weer die verganklikheid van die mens beklemtoon en daaroor gaan die aangehegte stuk: Hoe ouer ons word hoe nader

sluip die dood - dit is 'n feit. Is verganklikheid dan sinoniem met “sinloos”, soos die Prediker ons soms wil wysmaak? “Alles 'n gejaag na wind?” Selfs Wikipedia onderstreep

die feit dat niks aanhou bestaan nie... Luister hoe negatief was die Griekse digters oor die ouderdom. Dele van Eugene Marais se Gedig; Skoppensboer (die dood), word aangehaal om ons bewus te maak van die verganklikheid: “Alreeds begin die rimpel sny... Oor alles

hou die wurm wag en stof en as is al wat bly! Oor al wat roer is Skoppensboer…”

Ons as Christene weet mos dit is nie die hele waarheid nie! Wat sê die Bybel oor die dood en verganklikheid en sinloosheid en sinvolheid? Pieter G R de Villiers skryf in dié verband êrens: As die rustyd aanbreek, die jare van stryd verby is, die liggaam begin swakker word, die gedagtes bietjie begin dwaal, wat dan? As die wêreld oënskynlik net boser word en die drome waarvoor ons so hard gestry het in nagmerries waar word, wat dan? Wanneer 'n mens ouer word en die dinge van vroeër nogal ontstellend onbelangrik begin lyk, waarop steun jy dan? Wat word vir jou belangrik? Dit val my op: mense wat so aktief was om die wêreld te hervorm, word dikwels ontnugterd, soms selfs sinies, oud. Veral in ons land waar soveel op die spel was en so hard om geregtigheid gestry is en 'n mens die wankelrige uitkomste van daardie stryd beleef kan mense ontgogeld wees. Dit is 'n eeu-oue verskynsel. Die Bybel vergestalt hierdie gevoel die duidelikste in die boek Prediker: sin ontbreek, alles is sommer net niks. Wat doen 'n mens as jy by die Prediker-ervaring uitkom? Waarop val jy terug? Wat hou jou dan orent? Dit is dan dat 'n mens op dieper dinge moet kan steun. Die tyd wat ons dikwels genadeloos stroop van ons ywer en drome, bring 'n mens terug by die vraag na die stil plekke, dieper ruimtes, na dinge wat, te midde van al die verval, onverganklik is. En, te dikwels is dit juis dinge wat ons nie altyd hoog geag het nie of tot onbelangrikheid gedegradeer het. Dit is die tyd wanneer hierdie dieper dinge wat ons verwaarloos het, terugkom om by ons te spook. Die Bybel praat oor die dieper dinge – lei ons na die dieper ruimtes, na die dinge wat onverganklik is. Kyk gerus dan wat sê die Woord van God vir ons in 2 Kor. 5:1 – 10 en dan reflekteer ons bietjie daaroor: Vir die Christen is die dood nie die einde van die pad nie – Halleluja! Daar wag ‘n splinternuwe lewe by God wat nooit sal ophou nie. Die Woord beoefen nie volstruispolitiek oor die ouderdom en verganklikheid nie en praat van aansukkel en sug en kla wat op ons wag. Ja Prediker 12 praat van die wagters van die huis wat sal bewe en die sterk manne wat sal waggel. Die mens sal soos ‘n beseerde sprinkaan homself met moeite voortsleep (verwysend na die bene). Dit is die tyd wat die malers ophou maal omdat hulle te min geword het (tande). Daar kom ‘n tyd wanneer dit al donkerder word vir die wat deur die vensters kyk (oë) In die ouderdom word die deure na die straat


toegemaak en die geluid van die meul word dof (ore) Die amandelboom staan dan in blom (grys hare) en jy begin vrees vir die twee groot V’s : Val en Vergeet!. Maar die Bybel sê gelukkig meer as net hierdie realiteit. Die inhoud van die Woord van God gee sin aan die hier en nou – Dit oortuig ons dat God nog besig is met ons – Hy berei ons op die oomblik voor vir die nuwe aarde. Hoe? Veral deur die geskenk van Sy Heilige Gees wat ons oortuig van verkeerde dinge en gesindhede in ons lewe en wat ons in die volle waarheid lei. Die dinamiese Gees gee ons nuwe moed vir die lewe en laat ons uitsien na die lewe met herstelde liggame – ja verheerlikte liggame. Daarom hoef, ja moet die Christen nie moedeloos word nie, nie handdoek in te gooi nie – dit is maar net die ou tentwoning wat afgebreek word en later opgevou sal word en in die grond begrawe sal word. Nie jý nie, nie ék nie – nie ons gees nie. Nee, dié word gedurig vernuwe. Hoor jy mooi? Jou Gees kan steeds vernuwe word al word jou tentwoning afgebreek! Nou is dit tyd om ‘n paradigmaskuif/ denkskuif te maak. Paulus moes so ‘n denkskuif maak. Hy het ‘n doring in die vlees gehad wat hom geweldig gepla het – moontlik het hy ernstige probleme met sy oë gehad. Hy het God gevra om dit van hom weg te neem maar God het geantwoord: My genade is genoeg vir jou, want My krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking. Daarom, sê Paulus, Sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. Ek is dus tevrede met my swakhede, beledigings, ontberings, vervolgings en benoudhede ter wille van Christus, want wanneer ek swak is, juis dan is ek sterk (2 Kor. 12: 9 – 10) Wat nou saak maak is dat ons doen wat God van ons vra. Dat ons steeds sal groei in ons afhanklikheid van die Here. Dat ons nie handdoek ingooi nie, dat ons die hoop behou. Ouderdom is inderdaad nie vir sissies nie – nou is die tyd om vas te byt, besig te wees met die handhawing en selfs verbetering van ons fisiese gesondheid sover dit van ons afhang. Besig te wees om intellektueel onsself steeds te stimuleer. Besig te wees om te waak oor ons emosionele stabiliteit en ons hoop en humor te behou. Liewe vriende, kom ons bly positief, kom ons bly hoop. Meer nog, kom ons gaan oor tot prys en tot getuienis – na alles is die ouderdom nie so ‘n aaklige ding nie – na alles is die lewe verganklik maar ook onverganklik. Na alles is alles nie sinloos nie maar ook heel sinvol. Kom ons bly saam met die Psalmis sê: U Here is my hoop. Van kleins af het ek op U vertrou. U is my hulp vanaf geboorte, reeds voor geboorte het U vir my gesorg – dis waarop ek U gedurig prys. (Ps. 71:5,6) En Maar ek sal aanhou hoop, U meer en meer prys. Ek sal U regverdigheid bekend maak en die hele dag van U redding vertel al is dit te veel om op te noem (Ps. 71:14,15) Die Here sê vir jou: Onthou, vandat jy ‘n babatjie was het Ek vir jou gesorg en Ek sal ook jou God wees deur jou hele lewe, ja tot in jou ouderdom. Tot jy stokoud is, ja spierwit grys, sal Ek jou dra. Ek het jou mos gemaak en sal vanselfsprekend vir jou sorg. Ek sal jou bly ondersteun (Jes. 46: 3b,4)

Halleluja!


Masedonië nuus van Esther se konferensie

“Die afgelope jaar en ‘n half het ek met my buurvrou Beti ‘n sterk band opgebou. Sy is my Masedoniese suster en my taalhelper. Sy help my ook om die kultuur te verstaan en sin te maak van die nuwe uitdagings waarmee ons gekonfronteer word hier in ons nuwe tuiste. So ‘n paar maande gelede het sy my gevra vir ‘n Bybel. Dit was vir my ‘n heerlike voorreg om die Masedoniese Bybel vir haar te gee en sy het gretig begin lees....” So het ‘n vorige epos begin. Vandag wil ek graag vir julle vertel van die Ana Konferensie van 22-24 Oktober. Hierdie vrouekonferensie wat gemik was op Ortodokse vroue, was ‘n wonderlike geleentheid om die Here te ontmoet, meer van Hom te hoor en saam met ander vroue te aanbid. Ek en twee vriendinne wat ek saamgeneem het, Beti en haar vriendin Estira, het Saterdagmiddag per bus van Skopje na die dorp Ohrid vertrek. Ek dink die grootste trekpleister vir hulle twee was die vooruitsig om ‘n bietjie weg te kom en in ‘n hotel te gaan bly! Ek het egter geweet dat baie mense vir ons bid. Aanvanklik was ek senuweeagtig oor hoe hul sou reageer op die sang en getuienisse. Ek het hulle dopgehou en gesien dat dit vir hul vreemd was, maar teen die tweede dag het hulle reeds heerlik saamgesing. Die spreker, Vesna, is ‘n dinamiese spreker en ek kon met baie konsentrasie so ongeveer 70% verstaan. Die volgende dag het die getuienisse van vroue my vriendinne aangeraak. My konsentrasie het egter begin afneem en ek kon baie minder van die Masedonies verstaan. Ek besef ook dat geloofstaal baie verskil van die gewone gebruikstaal wat ek leer. Die konferensie het my die geleentheid gegee om nuwe vriendskappe aan te knoop. Een so ‘n vriendskap is met Ana wat die kamer met ons drie gedeel het. Estira het die tweede aand na ‘n gebedsgeleentheid gegaan en die werking van die Gees in haar lewe aangevoel. Sy straal en het baie vrae. Milka, ‘n Masedoniese vriendin in ons kerk het die aand op my bed kon sit en gehelp om van die vrae te beantwoord. Eltira het die mooi getuienis dat sy reeds 10 jaar gelede van ‘n Amerikaanse Christengesin van die Here gehoor het. Ons kon nou die vrug op hierdie werk beleef. Estira het ‘n oorgawe gemaak. Mika gaan haar hand vorentoe vat op die geloofspad. By hierdie gespreksgeleentheid het Beti vir Estira vertel dat toe ek die eerste keer vir haar gebid het, sy groot vrede ervaar het. Dit versterk ‘n mens om so iets te hoor. Dank die Heer saam met my vir sy genade.

Ek bou nou aan vriendskappe en leer taal deur ook die Bybel te gebruik. ‘n Groep vroue uit Amerika het die projek “Neighborhood Bible Study” begin en ek gaan ondersoek instel of ek dit in my taalleer saam met Beti kan inkorporeer. Ek het nog nie baie woorde wat ek in ‘n geestelike gesprek kan gebruik nie, maar so kan ek my woordeskat uitbrei. Bid asseblief vir die drie vroue, Estira, Beti en Ana en vir my vir wysheid en dat die Gees sal werk. Baie dankie vir julle almal se gebede vir die naweek. Ek weet dat dit beslis ‘n verskil gemaak het in hoe hulle “gehoor” het. Liefde,

Esther


Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir ʼn afspraak op ʼn Dinsdagaand.

Waar: Sabie River Kamp Wanneer: 11 - 13 November Koste: Volwassenes R 120/p per nag Kinders 2-17jaar R90/p per nag Bespreek direk by hulle 013 764 3282 of www.sabierivercamp.co.za

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

WERK BESKIKBAAR

WOONSTEL BESKIKBAAR

Citybug benodig vriendelike drywers met sober gewoontes wat beskik oor Kode 10 + PDP lisensie. Ouderdom 25-50 jaar. Stuur CV: info@citybug.co.za Navrae: 086 133 4433 vra vir Jaco

Bedsitter in Macadamia naby frail care beskikbaar 1 November. Kontak: Hermien 083 258 2177

Vakansiewerk vir Gr. 10-12 dogters . Kontak: Witrivier Uitrusters 013 - 751 1589

SOEK BEHUISING Soek kamer te huur vir manspersoon in Witrivier en omgewing. Kontak: Flip 076 015 5104

VAKANSIE BEHUISING BESKIKBAAR Volledig toegeruste vakansiehuis, 4 kamers met 2 badkamers (slaap 7 persone) 3 minute van Winkelspruit swemstrand en winkelsentrums. Beskikbaar 10 - 27 Desember. Kontak: Arie 083 283 2480

Groot bachelor woonstel geskik vir 2 volwassenes , beskikbaar einde November. Ongelukkig geen kinders of diere. Kontak: Spurgeon 082 851 4579 Erica 082 337 6534 2 slaapkamer met 1 badkamer woonstel in Witrivier beskikbaar Kontak: Ida 079 284 7703

SOEK WERK Dame met ondervinding in algemene kantoorwerk en verpleging soek werk. Kontak: Ronel 082 870 4099 Man en vrou soek dringend werk. Hy het meer as 20 jaar ondervinding in boerdery. Sy het 18 jaar IT ondervinding. Kontak: Sally & Corné 084 688 6441


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier

NG Kerk Witrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.