Oasenuus 7 Februarie

Page 1

OaseNuus Koördinate vir die koninkryk Die simboliek van die PASSER in die logo Versoekings kruis almal se pad, dan moet jou GPS (verhouding met God) so ingestel wees dat jy weer jou koers kan aanpas en Hom toelaat om sy adres na Hom te herbereken. Dit kan ook ʼn nuwe rigting of idee aandui. Dalk ʼn nuwe koersaanpassing maak of terugkeer van verkeerde weë.


Ds. Eddie le Roux

Sondag 7 Februarie

Herbereken jou adres ʼn Vreemde koninkryk Skriflesing:

Matteus 21:1-11

Baie welkom vanoggend in die erediens. Mag jy vanoggend opnuut jou GPS instel en God toelaat om die adres van jou hart gereeld te herbereken vir Sy koninkryk.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Filterkoffie is R 10, daar is ook cupcakes teen R 5. Tee en kitskoffie is gratis beskikbaar.

Baie welkom aan die nuwe Dooplidmate ’N GEBED DEUR JOHAN SMIT van ons gemeente. Ons ewige God en Vader, Ons aanbid U as die troue Verbondsgod, Mag jy soos jy groter word die die God wat na mense neerbuig en hulle liefde en omgee van jou groter familie ervaar. Geluk aan die trotse by hulle name roep, ouers! Ons weet hul voetspoortjies die God wat Homself met klein trap reeds diep in julle harte. mensekinders bemoei, die God wat sakramenteel doenig raak, E Willie & Michelle Boshoff die God van Abraham, Isak en Jakob, Chanté E Francois & Mariska Labuschagne die God wat van geslag tot geslag Emilie Sy beloftes nakom – E Riaan & Stacy-lee Kotze mý God en my kind se God. Caylee

DOOP


Gesinserediens in die saal vir alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers. Baie welkom en geniet hierdie nuwe reis saam met ons gemeente. Vertrou dat julle vanoggend nuwe koördinate sal ontvang vir jou geestelike reis.

Jeug-erediens verwelkom tieners (Gr. 7-12) weer om 17:00 in die kerk. Daar is ʼn beplande projek waarby hulle ons hulp benodig. Bring alle lengtes en breedtes van die volgende na die kerkkantoor: afval stukke materiaal; lint; kant; knope, wol en ander kreatiewe items wat hulle kan gebruik om mee te versier. Vir navrae: Gerda 082 418 1835

LYDENSTYD begin met Aswoensdag

(die 7de Woensdag voor Paasfees). In die 40 dae van die Lydenstyd dink ons aan die lyding van Christus. Dis ’n tyd vir selfondersoek, skuldbelydenis, gebed en diens aan ander. Dit is ’n tyd om nóg meer as gewoonlik die Woord van God te lees en te oordink. Só berei ons ons voor vir Paasfees, die hoogtepunt van die kerklike jaar. Aswoensdag is oorspronklik gevier deurdat die palmtakke van die vorige jaar se Palmsondag verbrand en met olyfolie gemeng is. Van dié mengsel is dan ‘n kruis op mense se voorkoppe gemaak met die gepaardgaande woorde: “Mens, dink daaraan dat jy stof is en tot stof sal terugkeer.” As is nie net ’n teken van verganklikheid nie, maar ook van boetedoening (in die Bybel is die gebruik om as op die kop te strooi ’n teken van berou).

Aswoendag-erediens “My koning sterf vir my” Woensdag 10 Februarie in die kerk, om 18:30 Almal welkom om te kom stilword en luister wat God vir jou sê.

Bybelskool vir Bereane Ons het hierdie week begin lees aan die leesrooster. Geniet hierdie reis. www.bybelskool.co.za

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir afspraak op ʼn Dinsdagaand


18:00 18:30 08:00 17:00 18:00

Maandag 8 Februarie Ontmoet die Gees-span verg. Konsistorie GriefShare GriefShare Lokaal

Dinsdag9 Februarie

Gebedsbyeenkoms Lofdans DivorceCare Finansiële Bediening

Konsistorie Kerk Sitkamer

15:30 18:00

Vrouebedieningverg. Bybelskool

Konsistorie Bovertrek

Vrydag 12 - Sondag 14 Februarie Gemeentekamp by Elangeni!

Konferensie kamer

Woensdag 10 Februarie 18:30

Donderdag 11 Februarie

Sondag 14 Februarie Nagmaal

Aswoensdag-erediens Kerk

Gebeure in vooruitsig 18 Feb. 19-21 Feb. 25 Feb.

Kerkraadsvergadering Ontmoet die Gees naweek Bybelskool vir Bereane

Dit is weer tyd vir Rustig Basaar ! Soos gewoonlik hanteer ons die

koek-en-gebak-tafel, en ons benodig jou hulp.

NAVRAE Kontak Hannatjie 072 563 7823

a BESTANDELE - Kan nou al vir ons

afgelaai word by Kerkkantoor a BAK - vir ons koeke, beskuit, terte (soet & sout), koeksisters of enige iets wat lekker is! a HULP - word dan ook benodig vir die oggend van Rustig se basaar.

Ons het die Church Communicator gekanselleer. Dankie aan die getroue ondersteuners, jul kan gerus die program “uninstall” op jul rekenaars. Daar sal geen verdere kommunikasie deur daardie kanaal wees nie. Kommunikasiebediening ondersoek alternatiewe kanale en sal graag met iemand wil gesels wat kennis het oor die gebruik en agtergrond van ʼn 5 nommer-sms stelsel. Kontak gerus vir Antoinette by die kantoor. Die Facebookblad van die gemeente is propvol inligting.


Vrouebediening Die Vrouebediening van ons gemeente is die plek waar alle vroue ʼn bydrae kan lewer dat ons gemeente ʼn Oase van Jesusliefde kan wees. Dit sal wonderlik wees as elke vrou by een van die bedienings betrokke kan wees. Lees gerus deur die inligting en luister na die fluistering van God waar jy Sy hande en voete kan wees in ons gemeente. “Aan elkeen van ons is ʼn genadegawe gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het.” Efesiërs 4:7 A

A A A

A A

A A

A

Finansies Ons genereer ons eie fondse deur middel van D Kersmark D Vrywillige maandelikse bydrae d.m.v. Koevertjies. Die fondse word weer teruggeploeg in die gemeente deur die verfraaiing van die kerk en geboue, verversings by begrafnisse en ook blomme tydens spesiale eredienste. Koffie en Teebediening Voorbereiding, tee skink en opruim na erediens op Sondae-oggende. Begrafnisbediening Hier kan jy help deur tee te skink, toebroodjies te maak, gaarmaak van vleis, tafels dek en opwas. Spysenieringsbediening r Gemeente saamkuier geleenthede. Gedurende die jaar is daar verskeie geleenthede waartydens die Vrouebediening etes of happies voorsien. Hande nodig met voorbereiding van die maaltyd of happies, tafels dek en mooi maak, opdien en opwas. r Drie keer per jaar het ons gemeente die geleentheid om ‘n ete vir die Silwer Seniors voor te sit. Hande nodig met die voorbereiding van die maaltyd, tafels dek en mooi maak, opdien en opwas. Blommebediening Rangskik blomme vir geleenthede soos doop, nagmaal en ander spesiale geleenthede. Is jou talent hier van toepassing, dan hoor ons graag van jou. Oase Dankfees (Basaar) F Sameroeper van ʼn tafel F Beplanning rondom al die tafels F Organiseer van aktiwiteite o.a. Volley ball; fietsritte; gesiggie verf; modeparade ens. Rustig Sorgeenheid Basaar - 27 Februarie 2016 Jaarliks is ons gemeente betrokke by dié Basaar en verantwoordelik vir die koektafel. Ons benodig dan die bakkers om te bak. Bestanddele word ook geskenk en voorsien aan die bakkers. Korrespondensie Kontak met die Kommunikasiebediening om nuus vanuit dié bediening aan gemeente bekend te stel. Benodig die kundige hulp van iemand wat, wanneer nodig, PowerPoint en ander kreatiewe kommunikasie kan saamstel. Bestuur Om al bogenoemde bootjie op die waters in ons Oase te stuur, moet daar ʼn span wees wat aan stuur van sake staan. Kom word deel en deel nou gawes.

Vir meer inligting: Hannatjie du Plooy 072 563 7823


Kom kamp saam in 2016, daar is verskeie kampe!

Berg & Dal naweek 27 Wanneer: 19-21 Februarie Waar: Ella Combrink Navrae: Alec 082 858 8163

tot

29 Mei

Bespreek direk by SANParke vir die naweek. Laat weet ons nie later as 4 Maart by kerkkantoor@ngwitrivier.co.za sodat ons alle reĂŤlings aan jul kan deurgee.

Bosnaweek vir enkellopendes Wanneer: 4-6 Maart Waar: Struwig Eko-reservaat in die Balule (Groot 5 wĂŞreld) Navrae & besprekings: Ds Jurgens

Kom Word Nuut kamp Wanneer: 11-13 Maart Waar: Ella Combrink Inskrywingsvorms beskikbaar by Heleen by kantoor

Die volgende herdenkings... 1 Feb. Johan Gouws Jonathan Meyer Annelize Matthysen Ida Roos Stephan & Karien Greyvenstein 2 Feb. Thinus Verreynne Danie Cilliers Bertie Pieterse Addy Henning Francois Bester Joanie Whitfield 3 Feb. Joey de Wet Lettie Labuschagne Rian Steenberg 4 Feb. Louis Marais Dalene Sawyer 5 Feb. Chris Schutte Renier Viljoen

Mylpale 47 Belydenis 40 Doop 40 Belydenis 40 Belydenis 30 Huwelik 70 Verjaar 41 Belydenis 41 Belydenis 35 Belydenis 30 Doop 30 Doop 83 Verjaar 64 Belydenis 31 Doop 43 Belydenis 43 Belydenis 66 Doop 38 Doop

mylpaal bereik!

Coen & Annatjie Strydom Johann & Rica Truter Andries Erasmus 6 Feb. Madelene Oosthuizen Hendrikus Swart Fanie Roos Alex & Rina Diedericks Karien Collen Yolandi le Roux Sophia Louw Riana Hey Pieter le Roux Hans Meyer Heleen Odendaal 7 Feb. Roelie Roelofse Elize Gouws Susan Botha Dionne van Eeden

Kriteria vir OaseNuus Verjaarsdae: 70 jaar en ouer Huwelik: 21, 25 en na 30 jaar

Baie geluk aan elkeen wat hierdie

Doop: na 30 jaar Belydenis: na 30 jaar

33 Huwelik 33 Huwelik 32 Doop 75 Verjaar 44 Doop 44 Belydenis 34 Huwelik 33 Doop 33 Doop 33 Doop 33 Belydenis 33 Belydenis 33 Belydenis 33 Belydenis 70 Verjaar 44 Belydenis 34 Belydenis 34 Belydenis

Die inligting word verkry van die Gemeente Data


Gebedsfokus P P

P P P P P P

Ons bid saam vir…. . Johan Smith is in Laeveld daghospitaal opgeneem op Donderdag, waar hy vir ‘n ooroperasie gegaan het. Hy en Marina vra voorbidding vir die herstelproses. Mag dit vinnig en pynloos wees en mag God hulle geduld gee in die genesing. Bid asb. vir my man, dat hy sal wegdraai van pornografie en die verslawing aan geld (dobbel). Laat hy weer rein voor U kan staan Here. Soveel in ons gemeente word deur verslawing geraak, elkeen van ons het soveel swakhede, wat tot ‘n verslawing kan ly. Mag God ons die krag en wysheid gee om “nee” te sê en om mekaar te help en verdra terwyl Hy ons genees. Bid asb. vir 6 familielede, wat kanker het, “Here, die ander 3 stry nog die stryd teen kanker. Ek bid vir genade op genade en wonders uit U hand. Amen!” Barbara Strydom, wat aansterk na haar skouer vervanging. Die spier in die arm funksioneer nog nie na wense nie. Bid asb. vir wysheid van die dokters se kant af, vir ‘n oplossing, en vir genesing. Tannie Tokkie Boshoff het laas week die Spesialis in Nelspruit gaan sien en daar was ’n sterk moontlikheid vir ’n hartomleiding, ons bid vir wysheid vir die Spesialis, watter besluit ook al geneem is, vir vrede vir Tokkie en ons dink ook aan oom Koos, wat haar bystaan. Ons bid dat Bill Pienaar goeie nuus by ‘n Dr. in Pretoria sal kry. Ons vertrou net op ons Hemelse Vader... Ons bid vir Trudie van der Merwe van Jakarandahuis, wat in Midstream Hospitaal opgeneem is na ‘n groot operasie. Sy is kritiek, maar stabiel. Ons bid ook vir haar dogters: Susan, Elsabé en Corné, wat almal naby woon en haar ondersteun. Mag God haar aanraak en haar genees. Ons bid vir Danie (Belinda Erasmus se boetie), wat in ‘n ernstige motorfiets ongeluk was en baie seer gekry het, mag God hom aanraak en elkeen getuig van Sy wonders.

Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.


P

Paul Roelofse het die week vir ‘n angiogram gegaan en moes Donderdag n 4-vat hartomleiding kry. Ons dra hom en Sulene in gebed, ook die dokters en verleegpersoneel, dat die Here hul sal versterk en hul gedagtes rig. Ek vra ernstige gebed vir Elouise (dogter van Tom & Martie McNair) en haar man, Richard. Die kanker by Elouise het weer hervat en sy het weer in die week met chemo-behandeling begin. Mag God Elouise se liggaam en gees aanraak met genesing en vrede, asook die van haar geliefdes. Brandon Macauly het Donderdag ʼn mangeloperasie ondergaan. Hoop hy herstel vinnig en volkome. Here omvou Riza, Hans Swart se 27 jarige dogter, as sy Maandag met chemo begin. Omvou haar met U teenwoordigheid, dat sy U nabyheid tasbaar sal ervaar in hierdie tyd. As dit U wil is Vader herstel haar liggaam volkome.

P

P P

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.

A

A A A A

A A

Ons is dankbaar vir.. Anita (dogter van Santi Roux) is vroeër die week in Unitas opgeneem vir toetse, nadat breinvliesontsteking vermoed is... Later die week is daar ook ‘n hartsonar gedoen en Anita is gesond ontslaan, nadat niks fout gevind is nie. Santi sê: “... Ons sing saam ‘Praise to God my healer’, die sonar is gedoen en hulle kon niks fout kry nie!” Kom ons prys die Here... Freddie Prozesky het die beroep na Buhrmannsdrif gekry. Ons dra hom en Sonja aan ons Vader op, ook die gemeente. Dankie Here! U is getrou! Ons dank God dat Charoltte se aanvanklike, slegte, prognose wat na toetse gedoen is , gesond verklaar is. Ons dien ‘n Wonder God! Ons is dankbaar saam met Phil, wat goeie nuus gekry het by Steve Biko. Hulle sê hy is gesond en hulle het nie nodig om hom weer te sien nie. Loof die Here! Ons dank God dat dit baie beter gaan met Liam van Heerden (2½ jaar oud) en dat sy bo-been ‘spiraal’ gebreek het toe hy met sy klein swart motorfietsie geval het, sê Adre. Dankie ook dat daar so baie hulp is om hom die 6weke bed-lêend te versorg. Carel Dannhauser is by die huis na sy rugoperasie. Dit gaan goed. Bid asb vir geduld vir die herstelperiode Willem en Henkie sê baie dankie vir almal se gebede. Dit gaan baie goed. Die siekte is gediagnoseer en Willem se behandeling begin binnekort.

WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-posl ons: nuus@ngwitrivier.co.za


Ons jeug bid vir..

t Asb. gaan saam my vriendin, wat Woensdag in ‘n motorfiets ongeluk was en gaan saam haar t t t A A A A A A A A A

deur alle operasies en vinnige herstelling.. Liewe Jesus kan U die Ouetehuis help? Bid asb. vir ‘n vriend wat gister in rugby sy kruisligement geskeur het en wat Maandag ingegaan het vir operasie, laat dit goed gaan. Zanté Bensch is in die hospitaal met infeksie in haar voet. DANKIE HERE VIR DIE REëN!! Dankie Here, dat U altyd daar is vir ons en dat U ons altyd help al sien ons nie kans nie. Dankie Jesus vir ‘n dak oor ons kop, kos en klere. Ek sê dankie vir vriende en vriendinne, en my geliefdes, Dis ‘n voorreg om die Here te ken! Ek is dankbaar vir alles wat die Here vir my doen en dat Hy liefde vir my gee. Dankie Jesus vir als wat ons het. Dankie vir die awesome uitreikprojek na Huis Betlehem Dankie vir die geleenthede wat die Here vir my gegee het

NUUS VAN ONS SENDELINGE BAIE DANKIE… EN LOOF DIE HERE!!! Aan Sy liefde en trou is daar geen einde nie…. Al die personeel is ongedeerd terug, uitgerus en gereed om die uitdagings wat 2016 gaan bied, aan te pak! Daar was wel ’n poging tot inbraak op Kersdag, maar ons is dankbaar dat die inbrekers vinnig opgemerk is en dat hulle gevlug het voordat daar enige verdere voorval was. Ons is ook baie dankbaar vir die reën wat geval het, ook in ander dele van die land. Hou asseblief aan om te bid vir die verdere verligting van die droogte en die effek daarvan. Net voor Kersfees kon Gerhard en Carmari Strobos veilig uit Kenia terugkeer. Hulle het in die vlugtelingkamp by Kakuma ’n span leiers gaan oplei. Die omstandighede in die kamp was moeilik, dit is in die woestyn geleë. Ondanks die feit dat Carmari siek geword het, het hulle deurgedruk om die vier leiers op te lei. Dit is wonderlik om te sien met hoeveel oorgawe hierdie vier leiers te midde van baie uitdagings volhard en hulle alles gee om die omstandighede van die kinders in die kamp te verbeter. Hulle is opgewonde om meer kinderwerkers, wat die kinders kan bedien, op te lei en meer te leer van die Bybel en oor God. Gedurende hierdie tyd kon reeds sestig kinderwerkers opleiding ontvang. Bid saam met ons vir hierdie span daar in Kakuma. Dit was voorwaar ’n voorreg om gedurende die week van 18-22 Januarie die spanne uit Tanzanië, Pretoria en ook ‘n verteenwoordiger van die personeel uit De Doorns saam met die personeel van Witrivier by Petra Instituut in Witrivier bymekaar te hê. Theunis Scheepers het gehelp met spanbou en verder is daar ook gewerk aan die finale beplanning en voorbereidings vir die jaar se aktiwiteite. Ons loof die Here vir ʼn


pragtige gesindheid, strewe na eenheid en diensbaarheid onder die personeel. Ons bid dat almal hierdie jaar steeds daarin sal groei. Die Bestuurskomitee het reeds op 22 Januarie vergader. Dit het goed gegaan met die vergadering, alhoewel daar groot uitdagings vir die Bestuur voorlê, veral ten opsigte van die finansies van Petra Instituut. Daar sal baie konserwatief en berekend met die fondse gewerk moet word en alle begrotings sal tot op die been gesny moet word. Die bestuur sal ook indringend moet kyk na maniere hoe verdere fondse genereer kan word. Bid asseblief voortdurend vir hierdie situasie en vir wysheid vir die leiers van Petra Instituut. Toni Hasler, ons fondswerwer uit die Verenigde Koninkryk, was gedurende Januarie hier op besoek. Sy is baie dankbaar vir die gesprekke wat sy met Dirk Coetsee, Manie Loubser en Laetitia Bull kon hê. Die gesprekke was baie motiverend en sy sien daarna uit om ook die voorstelle, wat ten opsigte van verdere fondsontwikkeling gemaak is, te gaan implementeer Ons bid ook dat daar veelvuldige vrug sal kom op die werk wat sy reeds gedoen het, om fondse namens Petra Instituut in die Verenigde Koninkryk te genereer. Ons bid vir die volgende Opleidings- en konsultasiegeleenthede: Suid-Afrika 1-10 Februarie: Worcester. Bewusmaking. Johan Müller gaan die De Doorns-opleiers bemagtig om self die bewusmakingswerkswinkel te kan aanbied. Werkswinkels sal gedurende hierdie tyd aangebied word aan pastore in Worcester se gemeenskap. Ons bid dat meer bewustheid van die belangrikheid van kinders in die kerk en gemeenskap hierdeur gekweek sal word. 1-5 Februarie: Krugersdorp. Vier-en-twintig leerlingonderwysers, wat deel is van ’n “in-diens-opleidingsprogram”, gaan die kursus: Betree die leefwêreld van die kind (F1), bywoon. Bid asseblief vir Taleta Coetsee, Odette Davids en Emily Dinhira wat die fasiliteerders sal wees. Bid dat die kursusgangers aan die einde van hierdie kursus God se hart vir kinders en die effek van positiewe verhoudings sal verstaan en kan toepas. Ons is bevoorreg om deel te mag hê aan die toerusting van hierdie groep.

5-7 Februarie: Brits. Die voortsetting van die opleiding aan die groep in die plaasgemeenskap van Brits vind plaas. Bid vir Gretha Lourens en die span. Ons bid ook vir die effek op die kinders wat in Sonop bedien sal word, ook vir groei in die jong volwasse kursusgangers. 6-7 Februarie: Nelspruit. Die Hope of the Children-span is gretig dat hulle span vergroot word. Gedurende hierdie tyd word beplan om te begin om dertig pastore, Sondagskoolonderwysers en kinderwerkers toe te rus. Ons bid vir Odette Davids en Johan Müller wat die verantwoordelikheid vir hierdie projek neem. Hierdie span werk in Mpumalanga en Swaziland. 12-14 Februarie: Makatinivlakte in KwaZulu-Natal & De Doorns. Bewusmakingswerkswinkel. Dirk and Taleta Coetsee sal die aanbieders wees, terwyl Theunis en Magda Scheepers saamgaan om ook ontwikkel te word om dit te kan aanbied. Talle leiers uit die gemeenskap is uitgenooi. Dit is ons gebed dat hulle sal belangstel en bereid sal wees om betrokke te raak en ook vir Themba Mahlangu, jarelange Petra-mentor in die gebied, te help en ondersteun. ’n Groep kinderwerkers uit Ceres kom woon ’n opleidingsnaweek in De Doorns by. Ons bid vir die Petra-span wat hulle gaan ontvang, huisves en toerus. MEER VAN PETRA SE BRIEF VOLGENDE WEEK...


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WOONSTEL TE HUUR

SOEK WOONSTEL TE HUUR

1 Slaapkamer woonstel te huur in Witrivier. Kamer, kombuis, sitkamer en badkamer. Veilige parkering, gekoppelde alarm en water & elektrisiteit is ingesluit. Ongelukkig geen kinders en diere a.g.v. oop swembad. Kontak: Izet 082 564 0940

2 Slaapkamer woonstel gesoek om te huur in Witrivier. So gou as moontlik. Kontak: Manina 076 531 4958

Ruim, gemeubileerde “bachelor” woonstel vir enkel dame. Naby Laerskool Witrivier geleë en onmiddellik beskikbaar. Volledige badkamer. Eie ingang. Ongelukkig geen troeteldiere. Geen rokers. Kontak: Franci Marie 082 563 0525

Maandag-aand om 18:30

WERK BESKIKBAAR JEUGMENTOR pos beskikbaar by Hoërskool Rob Ferreira. Aansoeke sluit 19 Februarie 2016. Stuur volledige CV na robfhs@mweb.co.za met verwysing: "JEUGMENTOR"

SOEK WERK “Handyman” wat verskeie klein takies kan doen o.a. Loodgieter, dakke seël & verf en ook klein bou werkies, soek dringend werk. Kontak: Jannie Faure 072 792 5778

Kos en Klerekas Behoefte by

Navrae: Annalise 082 958 3874

Klerekas MANS Langbroeke nr. 32 en 34 MANS skoene nr. 8 - 12

Dinsdag-aand om 18:00. Navrae: Diana 082 990 4641

Alle klere en linne in goeie toestand is baie welkom! Bring gerus Maandagoggend Klerekas toe of gedurende die week na die kantoor.


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________

“Like” ons by

Die Church Communicator is gekanselleer. Ons ondersoek alternatiewe kommunikasiemediums

NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.