Oasenuus 8 Mei

Page 1

OaseNuus Sondag 8 Mei 2016

Die Koning... is my Pa! Die Heilige Gees maak my...


Ds. Gawie Snyman

Ek het lief daarom is ek Skriflesing: Fillipense 1:3-9 Baie welkom by vanoggend se erediens. Spesiale welkom aan Ds. Gawie Snyman wat hierdie week die tema: “Die Heilige Gees maak my...” aan ons gaan ontsluit. Mag ons as gemeente elke aand gesellige saam kuier en nuwe eienskappe van die Gees leer.

Pinkster

8 tot 12 Mei

Die Heilige Gees maak my... Sondagoggend Sondagaand Maandagaand Dinsdagaand Woensdagaand Donderdagaand

...lief vir die regte een ...vry ...beter ...heilig ...sensitief ...dapper

Ek het lief daarom is ek Wat is vryheid? Waarmee verander God mense? Hoekom is die dominee so teen sonde? Oplettend Wat is dapperheid?

Elke oggend word die vorige aand se preek herhaal in die konsistorie

Kinderpinkster Vir alle kinders! Kom stap elke aand saam met tannie Carine en span in Jesus se spore.

Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5


Sakke van Hoop

Die tyd het aangebreek om ons sakke van hoop te bring. Elke aand na die erediens, sit gerus voor op die verhoog. Asook soggens na die kantoor. Die doel van die projek was om elke dag vir dié tydperk ‘n kledingstuk in die sak te gooi. Ons sal graag jou verhaal of getuienis wil hoor toe jy jou sak gevul het. Wat het in jou hart geleef. Stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za Ons almal se geloof groei deur na mekaar se verhale te luister. Hierdie sakke klere wat ons uit ons oorvloed gee gaan na die Kos– en Klerekas, wat namens ons die nood verlig in die gemeenskap. Julle is ook welkom om hierdie week blikkies kos en ander nie-bederfbare produkte te bring. Asook komberse en skoene. Die Koskas ontvang dit met vreugde.

Die krag van Pinkster Uittreksel uit Juig-tydskrif Mei 2012 uitgawe, artikel deur Ds. Dirkie vd Spuy

Die lig van die kerk brand al dowwer omdat die Heilige Gees afwesig is. Daar kan baie redes wees waarom lidmate uit die Kerk verdwyn. Dit kan as gevolg van sekularisasie, immigrasie, biddeloosheid, afwatering van die gesag van die Skrif, onaanpasbaarheid, ensovoorts, wees. Die dieperliggende oorsaak waarom die lig van die Kerk al dowwer brand en sy krag en sy invloed in die wêreld verloor het, is egter as gevolg van ’n geestelike doodheid en ’n afwesigheid van die werking van die Heilige Gees. Herlewing Toe die herlewing in 1860 in Worcester uitgebreek het, het die Heilige Gees soos ’n magtige wind in ons land begin waai. Die gelowiges wat in Worcester bymekaar gekom het, is vervul met die Heilige Gees en het van toe af élke aand saamgekom om tot in die oggendure te bid. Hulle het dan al singend huis toe gestap. Die Heilige Gees het só magtig gewerk dat al hoe meer mense op die plase tot bekering gekom het. Hierdie vlam van die Heilige Gees het versprei van Wellington, Calvinia, Montagu na al die ander omliggende dorpe. As vrug van hierdie nuwe werking van die Heilige Gees, het daar ’n kragtige sendingontwaking en -momentum losgebreek. Die Gees in Tessalonika Paulus skryf aan die gelowiges van Tessalonika dat hulle moet oppas om nie die vernuwende werking van die Heilige Gees teen te staan nie. Dit is moontlik om die vlam van die Heilige Gees te blus en Paulus waarsku die gemeente daarteen (1 Tess 5:19). ’n Gemeente kan baie besig wees en baie godsdienstig lyk, maar kan intussen sy krag en invloed begin verloor. Jesus waarsku in Openbaring 2:1-7 dat ’n gemeente nooit geestelik mág afkoel nie. Daarom moet elke gemeente sorg dat sy liefde en toewyding vir die Here nie verflou nie. Jesus waarsku dat as die Heilige Gees se werking in ’n gemeente ophou, Hy die gemeente se lamp sal wegvat. Nuwe lewe Ek het so dikwels in my bediening gesien hoe die Heilige Gees ’n leraar of ’n lidmaat se lewe opnuut aan die brand steek en kom vul. As die Heilige Gees in iemand se lewe oorneem, kry jy vir die eerste keer oorwinning oor sonde. Die Heilige Gees gee ’n nuwe vrymoedigheid, krag en outoriteit om met vrug te getuig. As die Heilige Gees se krag in iemand begin werk, groei daardie kerk in getalle en geestelik diepte. As die Heilige Gees beheer van ’n mens se lewe neem, word die Skrif vir jou lewend en hoor jy God se stem en bid jy met nuwe krag, effektiwiteit en gebedsverhoring. Die nood vandag Is dit nie wat die Kerk vandag nodig het nie? Het die Kerk nie die Heilige Gees uitgeskuif en aanbid die Kerk nie net die tweeeenheid naamlik die Vader en die Seun nie? Die kerk moet volgens die skrif groei en steeds ‘n groter impak op die wêreld maak. Die kerk moet die sout en die lig van die wêreld wees. Dit moet die wêreld verander. Here kom doen dit weer vandag. Stuur U volheid en U krag om ons lewens só te verander dat ons die wêreld sal verander.


Gesinserediens, Pinkster

begin vanoggend, alle kinders van Gr 1 tot Gr 6 en hul ouers baie welkom!

Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... ʼn Bediening propvol uitdagings is die uitsending na die Konsistorie vir ouers met peuters. Ons weet die beeld is nie op standaard nie, maar wees verseker ons werk aan ʼn oplossing. Dankie aan die manne wat die uitsending met die videokamera behartig.

Ons nooi ouers met peuters om van hierdie diens gebruik te maak.

Maandag 9 Mei

09:30 Herhaling van gisteraand 18:00 Jeugpinkster Sop en broodjies 18:30 Kinderpinkster 18:45 Erediens

Konsistorie Rob Lapa Voorportaal Kerksaal Kerk

Donderdag 12 Mei

09:30 Herhaling van gisteraand 18:00 Jeugpinkster Sop en broodjies 18:30 Kinderpinkster 18:45 Erediens

Dinsdag 10 Mei

Vrydag 13 Mei

08:00 Gebedsbyeenkoms 09:30 Herhaling van gisteraand 18:00 Jeugpinkster Sop en broodjies 18:30 Kinderpinkster 18:45 Erediens

Konsistorie Rob Lapa Voorportaal Kerksaal Kerk

Konsistorie 09:30 Herhaling van gisteraand Konsistorie Konsistorie Sondag 15 Mei Rob Lapa Voorportaal 08:30 PINSKTERFEES en Nagmaal Kerksaal Kerk Gebeure in vooruitsig 16 Mei Kom word nuut vergadering Woensdag 11 Mei kursus 09:30 Herhaling van gisteraand Konsistorie 17 Mei Immergroen Vrouebedieningvergadering 18:00 Jeugpinkster Rob Lapa Mei Koskasvergadering Sop en broodjies Voorportaal 23 24 Mei Eiendomsbedieningvergadering 18:30 Kinderpinkster Kerksaal 26 Mei Bybelskool vir Bereane 18:45 Erediens Kerk

Mylpale 9 Mei Gys & Ansie Vlok Kobus & Irene Roodt 10 Mei Ena Thornhill Gerhard & Marietjie Smith 12 Mei Thinus Verreynne 13 Mei Nan de Beer Fanie Roodt 14 Mei Antoinette Robinson

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!

58 Huwelik 46 Huwelik 48 Belydenis 36 Huwelik 54 Belydenis 78 Verjaar 75 Verjaar 74 Verjaar


Wie kan onthou?

NG Witrivier

Ons kerk brand af... Hierdie is ʼn herinnering vir baie in die gemeente, vir ander is dit slegs iets waarvan ons hoor. Oorvertel van verhale is noodsaaklik vir vaste fondamente... Daarom is dit tyd dat ons weer die verhale vertel tydens die gemeente se 75ste bestaansjaar. Die beplanning het begin en die fees vind plaas op Sondag 19 Junie, meer inligting later, maar merk die datum! Seënwens vanuit die gemeente vir die gemeente... Hierby ingesluit is ʼn pienk briefie waarop jy jou seënwens vir die gemeente kan skryf. Gee dit in by die kantoor of gooi in die kollektemandjie. Ons benodig al die wense terug teen 8 Mei asb.

Foto’s en verhale Pak jou boks van herinneringe uit en deel dit met ons. Ons het foto’s en verhale nodig: Bring dit kantoor toe vir Antoinette, maak net asb seker dat jou foto’s gemerk is sodat ons dit aan jou kan terugbesorg. Ons wil ʼn collage van foto’s maak wat die geskiedenis uitbeeld. As jy wil help met dié tydlyn, laat weet asb. die kantoor. Spore-uitgawe propvol antieke verhale gaan ook uitgegee word, vertel vir ons. As ons by jou moet kom kuier om die stories te hoor , laat weet ons en iemand sal jou kontak. Ons sien uit na hierdie waardevolle gesprekke. Alles moet by die kantoor wees nie later as 9 Mei. Indien iemand ʼn advertensie wil plaas, stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za Die redaksie kontak jou met groot dankbaarheid.

Wat is ʼn verjaarsdag sonder ’n feestelike kuiertjie en koek Na die vorige lekker kuier om die Teelepeltjie-ete se tafel, beplan ons weer so ʼn kuiertjie tydens die fees. Ons benodig elke gesin wat kom se spesialiteit eenskottelgereg. Vul die vormpie in en gooi in die kollekte mandjie of bring kantoor toe. Die kos span koördineer graag almal se smul geregte en sal kontak maak met almal. Handig in nie later as 15 Mei .

Hou die partytjie datum in die oog... Wanneer: Sondag 19 Junie Waar: By die gemeentesentrum Tyd: Direk na die Fees-erediens

Lorrai-


Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WERK BESKIKBAAR SOEK WERK ʼn Gerespekteerde maatskappy in Tzaneen, wat tans uitbrei na die buiteland, het die volgende pos vir ʼn jong persoon beskikbaar: Ingenieur (Meganies, siviel, industrieel of derglik) met 2-3 jaar ondervinding in die landbousektor is ʼn noodsaaklikheid. Stuur CV na: ann@trueco.co.za Kontak: Annatjie 082 870 0807

Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af  Gaan na die “App Store” op jou selfoon  Soek “SnapScan”  Maak die toepassing (App) oop Stel die toepassing (App) op  Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan jou naam en telefoonnommer  Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging  Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App) moet in tik  Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV no.  Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak

Jong meisie soek werk, kan kantoor werk doen, maar sal graag met mense wil werk. Kontak: Alicia Geel 072 227 3908 Dame met goeie ondervinding en verwysing as “Care Giver” is op soek na werk. Kontak: Joyce Khumalo 082 409 2979 Dame wat dringend werk soek as huishulp. Kontak: Shirley Vallar 072 441 1608

CMR SOEK VRYWILLEGERS om te help met: *

liassering en algemene administratiewe werk – ongeveer een maal ‘n week. * bekendstelling en bemarking van die CMR. Kontak: Marlene / Dalene

013 - 751 3446

Nuwe era propvol nuwe moontlikhede het in ons gemeente aangebreek Laai die APP (Toepassing) af by... Anroid gebruikers laai af by Play Store en iPhone gebruikers laai af by iStore. Tik in:


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die “Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

APP af:

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

NG Kerk Witrivier KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.