OaseNuus 23 Oktober

Page 1

Sondag 23 Oktober

Kyk na die oes Skriflesing: Lukas 10:25-37


Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

Gesinserediens

Daar is Gesinserediens vir gesinne van Laerskoolkinders in die saal.

Jeug-erediens vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanaf die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Kom geniet ʼn GRATIS ete saam met die gemeente!

Bring eie eetgerei en drinkgoed

Alternatiewe manier om jou bydrae te gee is SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af op jou slimfoon. Instruksies is by die kantoor beskikbaar.


Maandag 24 Oktober 18:00 GriefShare

Gebeure in vooruitsig

Sitkamer

Dinsdag 25 Oktober 08:00 15:00 17:00 18:00

Gebedsbyeenkoms Vrouebedieningverg. Lofdans DivorceCare

Konsistorie Konferensie Kerk Sitkamer

2 November 5 November 6 November

Bluetooth Ouerskap Kinder-pretdag! Tiendemaand Dankoffer Gemeente-ete (kry kaartjie by kantoor)

Donderdag 27 Oktober 18:00 Bybelskool vir Bereane

Bovertrek

Mylpale 17 Okt. Wiekus & Susan du Toit 19 Okt. Ess vd Merwe Tokkie Boshoff Kathleen Weitsz 21 Okt. Gys Vlok RenĂŠ Potgieter Spook & Wabbie Sauer 23 Okt. Johan Lange

35 Huwelik 81 Verjaar 76 Verjaar 41 Doop 84 Verjaar 78 Verjaar 44 Huwelik 72 Verjaar

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik! Bets Hall 25 Okt. Ina Fourie Le Grange Odendaal Johan & Alida Troskie 27 Okt. Ella du Randt Petro Groenewald 28 Okt. Melleen LĂśtter Stoffel van der Wath

70 Verjaar 77 Verjaar 52 Doop 30 Huwelik 81 Verjaar 79 Verjaar 81 Verjaar 80 Verjaar


Kalender 2017 Dit is met groot opwinding dat ons aankondig dat Kalender 2017 nou reeds bestel kan word. Dit is weer in dieselfde formate beskikbaar as hierdie jaar. Daar is 5 keuses om te maak. Jy kan bestel wat jou behoefte is en wat jou begroting toelaat. As jy bestel word jy verantwoordelik gehou vir die koste. Voorbeelde en lyste is by die kantoor beskikbaar. Kalender is vroeg November beskikbaar vir afhaal en betaal.

Stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za met jou bestelling en jou selnommer OF besoek die kantoor OF kyk na gemeente se Facebookblad met voorbeelde en bestelling kan by jou keuse se opmerkings geplaas word OF plaas dit op die gemeente APP.

Plaas asseblief net op een van diĂŠ mediums jou bestelling.

GEMEENTEkalender 2017

A

LESSENAARkalender 2017 HUISkalender 2017

A

R400

A R40 R400

A4 BOEKIE Kalender 2017

A

R25

A5 BOEKIE Kalender 2017

A

R20


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. My heel eerste gedagte wanneer ek wakker word, is dankbaarheid. Ek sê elke dag vir God: U is wonderlik. Hoe meer ek dit sê, hoe meer wonders laat Hy my sien. ~Phil Bosmans~ TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

850 800 750 700 650 600 550

500

R,000

450 400 350 300 250 200 150 100

50 0

GEMIDDELDE KERKBYWONING Belydende Lidmate = 1 777

Kleuter Gesin

600

Kerk

550

51

53

57

400

59

450

51

500

300

349

339

150

359

200

369

250

384

Aantal

350

100

50 0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


Gebedsfokus Ons bid saam vir…... P

P P P P P P P P

Grace, en die wonderlike manier hoe sy die evangelie deel met die vroue wat op die Sabie pad “werk”. Van die eerste uitreik kans word Jesus bespreek en Sy liefde herken, en ons bid dat Hy vir Grace en die wat saam haar getuig en bedien sal seën, beskerm en lei. As jy prakties wil betrokke raak met broodjies voorsien of help met taxi geld vir die groep vroue wat uitreik kan jy die Getuienisbedieningkantoor kontak. Sandra Meyer en haar en Philip se kinders en geliefdes na sy skielike afsterwe, mag God hulle troos en dra in hierdie hartseer tyd. ‘n Anonieme briefie vra: “Bid asb vir my kleinseun, wat ‘n dwelmprobleem het...” Mag die Here daadwerklik ingryp en hierdie verslawing breek. Maud Rousseau, dienswerker, het vir ‘n elmboogvervanging in Medi-Clinic gegaan, na ‘n val verlede naweek. Ons bid dat die operasie ‘n groot sukses was en dat die Here Maud sal seën met die minimum pyn en ongemak en volkome sal genees. Hanlie Bruwer wat ‘n mantelvliesbreuk operasie ondergaan het. Ons bid dat sy reeds baie beter voel en volkome sal aansterk. Esti vra voorbidding vir Stefan se boetie, Willem. Hy is onlangs met kanker gediagnoseer. Mag die Here genesing bring en vrede vir hom en sy geliefdes. C.F. (14 jaar), seun van Willem en Liezel Wagner wat vir bloedtoetse in Pretoria is. Ons bid vir ‘n akkurate diagnose en al die besluite wat geneem moet word: vir wysheid en God se vrede. Maritha Kok is verlede Saterdagoggend oorlede. Ons bid vir haar seuns: Louis en Kobus en die res van die gesin en haar geliefdes, mag God hulle Sy troos en berusting bring. Oom Willem Schmidt en tannie Miems wat in ‘n frats motorongeluk was nadat ‘n paal van ‘n vragmotor afgeval het en hy moes uitswenk. Oom Willem se borsbeen is erg gekneus en hy het ‘n harde stamp op sy kop gekry en tannie Miems het 7 ribbes gebreek asook haar enkel. Mag hulle spoedig herstel.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.


P P

P P P P

P

Pierre de Villiers het die week ’n operasie in Medi-Clinic ontvang, ons bid dat hy spoedig herstel. Linel skryf: “Bid asb. saam my, toe ek vandag so vorms invul vir my Marokko VISA (gaan Des. op ‘n uitreik na Marokko en Macedonië - ons gaan by Danie & Esther uithelp) toe besef ek die tyd raak min en ek het nog BAIE finansies nodig… Bid asb. saam my vir geestelike en emosionele voorbereiding, ek lei die span en vir die finansies wat nog uitstaande is. Indien iemand ‘n bydrae wil maak kontak die kerkkantoor. Ons bid saam vir die seuns se krieket span van Grens Hoërskool (Oos-Londen), 1 seun is oorlede en van die ander seuns is kritiek in die hospitaal. Ons bid vir kalmte vir hulle ouers en vriende en vir God se wonderwerkende, genesende hand. Jan Dreyer, wat in die hospitaal was na ‘n ligte hartaanval en moontlik stents moes kry. Ons is dankbaar saam met hom dat dit nie nodig is nie en bid dat Jan gou sal herstel. André Griebenow, wat in die week ‘n heupvervanging gekry het, ons glo dat die operasie ‘n sukses was en bid dat André spoedig sal herstel met die minimum pyn en ongemak. Bid asb. vir die Minister van Finansies (Pravin Gordhan), dat die guns van die Here op hom sal rus en dat die Here hom vryspraak sal gee. Ons moet as kinders van die Here opstaan en in gees en waarheid veg. Ons kan nie toekyk hoe die vyand sy sin kry en ons land verder benadeel nie. Die Rand het reeds getuimel, nadat die belaglike klag teen Gordhan bekend gemaak is. Kenners sê die nuutste gekonkel teen Gordhan stuur ons land se ekonomie ongetwyfeld na rommelstatus. Begin LEWE spreek, om al die negatiewe uitsprake te kanselleer. En BID dat God die Vader as die God van geregtigheid (Ps. 31:5) sal seëvier en dat Hy Pravin Gordhan se Verdediger (Ps. 89:18) sal wees. Dat Hy ons land en al die onskuldige mense sal raaksien (Gen. 16;13 & Jes. 9:6) vir die verheerliking van Sy Naam in ons land, ook ons mense tot inkeer sal bring en dat Hy einde sal maak (Miga 2:12,13) aan al die gekonkel, leuens, vyandelikheid en haat in Suid-Afrika, met Sy krag en heerlikheid, soos ‘n watervloed wat deur hindernisse in sy pad breek en wegvee (2 Sam. 5:20 & 1 Kron. 14:11) sodat Sy banier van Oorwinning (Eks. 17:15), oor ons land sal verrys en dat Hy op die tonge van menigtes die ware God ook die God van Suid-Afrika sal wees. In die Naam van Jesus Christus ons Verlosser. Amen, laat dit so wees.” Ons Kersmark, waarvoor reeds voorbereidings getref word. Ons bid spesifiek vir ons Uitstallers, wat tans besig is om hul goedjies voor te berei. Van hul sukkel met hul gesondheid. “Here, gee vir hulle krag, energie en lewenslus om alles betyds klaar te kry vir die Kersmark, vir soveel is dit ‘n groot bron van hul inkomste waardeur U hul finansieel seën. Amen”

Ons is dankbaar oor A

Pieter en Marthinett Reyneke getuig oor hul kleinseun Reinhardt: Ons kleinman was vanoggend weer vir bloedtoetse. Sy infeksietelling is af na 1. Nou moet hy net weer sy spiere geoefen kry om reg te loop. Dokters ken nie in S.A. die siekte by sulke klein kinders nie. Ons kan die Here nie genoeg dankie sê vir sy herstel nie. Ook kan ons jul almal nie genoeg dankie sê vir jul gebede en morele ondersteuning nie. Dankie almal!


A

Annamarie Ferreira sê: dankie vir ons gesondheid. Dat my man nog fiks genoeg is om te kan werk. Vir die werk wat die Here vir ons kinders stuur. Vir ‘n kleindogter wat waarlik ‘n voorbeeld vir ander is,.. WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za

Ons Jeug bid vir

t Dankie vir ware vriende! t Verhoudings =), Vriendskappe =(, gebreekte en seer ♥e en familie =D t Cailin vra: Help asb. my Ouma wat kanker het. Sy is baie siek en kan nie meer loop nie, Jesus help asb!

Uit Kruger se Pen (Die eerste gedeelte het verlede week in die OaseNuus verskyn, ons plaas dit weer vir die geheel boodskap.) “Here ek prys U! Ook in my ouderdom sorg U vir my. By U voel ek veilig, ja by U kan ek skuil. Van jongs af al het ek my vertroue op U geplaas. Ek kan eintlik sê dat U van my geboorte af my steunpilaar en my leermeester was – van daardie eerste oomblik af dat ek met soveel moeite in die wêreld gekom het, het U my beskerm – ja tot nou toe. Daarvoor is ek U só dankbaar. Mense staan verstom dat U my deur alles gelei het en dat ek nog lewe – dankie daarvoor! Ek het my hoop op U geplaas deur al die jare en wil dit nou nog doen. U het toegelaat dat baie krisisse oor my kom met die jare waarvan die siekte en afsterwe van geliefdes seker die ergste was. Maar U het tog genesend in my ingewerk om al hierdie dinge te verwerk en ek dank U Here daarvoor. Maar nou, Here, is daar ‘n paar dinge wat my pla en wat ek vir U wil noem: 

Ek voel soms onseker van myself en my toekoms – wat gaan van my word?


Ek is erg bekommerd deurdat my geheue besig is om my soms in die steek te laat. Mense vertel my soms dat hulle daardie storie al ‘n paar keer gehoor het

en dit maak my verleë. En ek vergeet so maklik... en dit pla my erg. 

Ek steur my nog steeds te veel oor wat mense van my dink en sê.

Ek word nog steeds te ontsteld as my verhouding met my kinders en kleinkinders nie na wense is nie. Meer nog, dikwels top ek oor onbenullighede en vergiftig my eie denke. Soms sukkel ek om te vergewe en vry te spreek dit wat mense selfs in die verre verlede my aangedoen het – en dit stem my baie ongelukkig.

Ek kla te veel oor my skete en pyne. Ek vertel dalk te graag van al my ope-

rasies en siektes… 

Ek raak na al die jare nog steeds knorrig en kort van draad as die dinge nie volgens my wense en op my tyd gebeur nie. Vergeef my kort-van-draadgeid Here!

Ek kom maar dikwels erg beterweterig oor en luister nie altyd mooi na wat ander mense sê nie. Om ander mense reg te help kom al te maklik…

En dit is waar dat ek soms baie naby skinder kom oor die mense wat saam met my woon en dat ek nie altyd goeie woorde het om oor hulle te sê nie. Dit

is so dat ek soms dink dat ek beter is as hulle en op hulle neersien… 

Ek sukkel steeds om te erken as ek verkeerd is en om vergifnis te vra.

Ek moet bely Here dat daar mense is wat my maar erg irriteer en wat ek sover moontlik vermy.

Oor die politieke situasie het ek niks goeds te sê nie en geen waardering oor wat na 1994 se verkiesing gebeur het nie. Ek fluister dit maar Here maar ek bly baie bevooroordeeld teenoor die anderskleuriges en dit lyk my dat rassisme nog steeds nie heeltemal uit my bloed is nie. My ou vooroordele oor gay mense is ook nog nie besweer nie Here en daar is nie genoeg deernis met hulle en

ander randfiguurmense nie. Vergewe my tog!

My vrees om te val en iets te breek raak nou ‘n obsessie by my.

Alhoewel U so wonderlik vir my in die verlede gesorg het raak ek steeds baie benoud oor my kwynende pensioentjie en die stygende kostes – veral kos en mediese onkostes.

Ek stry soms teen neerslagtigheid en selfs depressie Here en is sekerlik te veel op myself gerig in plaas van op ander en op U.


Ek weet die ideaal is om sagter, liefdevoller en meer buigbaar te word namate ek ouer word maar ek is nie seker dat dit by my altyd die geval is nie...

Ek het nou baie meer tyd om my Bybel te lees, na geestelike boodskappe en musiek te luister en te bid - maar ek maak nie altyd sinvol daarvan gebruik nie – vergewe my asseblief!

Delg dan nou asseblief my sonde uit o Here! Vat my verkeerde dade en gedagtes ver van my af weg. Maak my skoon omdat my sondes soms ‘n muur tussen U en my vorm. Ek weet dat ek groot foute in U oë gedoen het Here – my gewete kla my soms aan. Ek is maar alte bewus dat van kleins af tot nou ek ‘n geneigdheid het om aan U en U wil ongehoorsaam te wees. Moet tog nie bly dink aan die dinge wat ek verkeerd gedoen het en nog steeds doen nie, Here! Vergewe tog alles in my lewe wat nie reg is in U oë nie! Ek wil laag buig voor U en kom sê hoe jammer ek is oor my verkeerde dade en denke. Dit weet ek darem – U sal nooit iemand wat sleg voel oor sy sonde van U wegstoot nie – dankie tog daarvoor! Daarom vra ek baie mooi van U Here, moenie my eenkant stoot noudat ek oud en grys geword het nie! Moenie my verlaat noudat my kragte afneem nie! O God, moenie ver wees van my op my oudag nie! Hoor steeds my gebede en vernuwe my steeds innerlik. Help my om deur die werkinge van die Gees steeds te groei in die

dinge van die Here. Help my asseblief om meer liefde, vrede en vreugde te ervaar. Help my om meer ander mense te verdra en nie lelik met hulle te wees nie. Help my om meer vriendelikheid en warmte uit te straal. Help my om meer goeie dinge te doen vir ander mense. Gee my asseblief meer deernis en ontferming in my hart. Help my tog met my selfbeheersing. Leer my meer van U en U Woord en U wil vir my vir die tyd wat U my nog gun op aarde. Dankie dat ek weet al my sondes is saam met Jesus aan die kruis vasgespyker en dat daar nou geen veroordeling meer vir my wag nie! Here my God, ek sal altyd op U bly hoop! Ek wil steeds vertel van die wonderlike dinge wat U ook in my lewe gedoen het. Ek wil aan my mede-inwoners maar ook aan my familie en aan my kleinkinders van U goedheid, genade en liefde getuig – dit wil ek doen totdat ek eendag my laaste asem uitblaas. God, daar is inderdaad niemand soos U nie; nie hier op aarde nie en ook nie in die hemel nie! Dankie dat ek hierdie gebed kan bid in die Naam van my Here Jesus wat baie deernis en begrip vir my as oumens het – nou en tot in alle ewigheid! Amen


Waar: Sabie River Kamp VRYDAG 4 November Wanneer: @ R15 elk 11 - 13 November Plaas jou bestellings VOOR Dinsdag 1 November 12:00 by Koste: Volwassenes Annetjie 082 870 0807 Hettie 082 606 2661 R 120/p per nag Stefnie by Kerkkantoor Kinders 2-17jaar Baie dankie vir almal se ondersteuning R90/p per nag en hulp, groot waardering vir alles! AFHAAL VAN JAFFELS Vrydag tussen 09:00 - 11:00 in saal t.b.v. die Omgeefonds

Bespreek direk by hulle 013 764 3282 www.sabierivercamp.co.za

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

SOEK BEHUISING Soek kamer te huur vir manspersoon in Witrivier en omgewing. Kontak: Flip 076 015 5104

WOONSTEL BESKIKBAAR Bedsitter in Macadamia naby frail care beskikbaar 1 November. Kontak: Hermien 083 258 2177 Groot bachelor woonstel geskik vir 2 volwassenes , beskikbaar einde November. Ongelukkig geen kinders of diere. Kontak: Spurgeon 082 851 4579 Erica 082 337 6534 1 Slaapkamer woonstel met loft in Rose Bridge Manor te huur besklikbaar. Met ʼn afdak. Ongelukkig geen diere. Kontak: Ursula 082 660 9996

2 slaapkamer met 1 badkamer woonstel in Witrivier beskikbaar Kontak: Ida 079 284 7703 Kamer te huur in woonstel om te deel op Yaverland pad. Onmiddelik beskikbaar. Kontak: Annemarie 076 193 0230

WERK BESKIKBAAR Musiekleier en begeleidingspos beskikbaar by NG Westergloed. Stuur CV: admin@westergloed.co.za Kontak: Louis 013 741 1355 (oggend)

SOEK WERK Man en vrou soek dringend werk. Hy het meer as 20 jaar ondervinding in boerdery. Sy het 18 jaar IT ondervinding. Kontak: Sally & Corné 084 688 6441


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier

NG Kerk Witrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.