Oasenuus okt 26

Page 1

OaseNuus 26 Oktober


Vriende van sondaars en tollenaars Skriflesing: Lukas 7:34 & 35 Baie welkom vanoggend in die erediens, spesiaal aan die kinders wat vanoggend saam met ons na Ds. Dirk Coetsee luister. Mag jy die nabyheid van die Here ervaar, hier uitgaan en sondaars en tollenaars met ander oĂŤ raaksien. Ons verwelkom graag nuwe intrekkers / lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Filterkoffie of Hot chocolate is R 10, daar is ook cupcakes teen R 5 beskikbaar. Tee en kitskoffie is gratis beskikbaar. Kom deel in die vreugde as 3 generasies saam kuier en die kinders en kleinkinders die waarde van oupa en ouma vertel. Moenie hierdie geleentheid mis nie.

Sondag 2 November om 12:00 onder die afdak Etekaartjie is jou toegang h


Wat gebeur... Maandag 27 Oktober 18:00 GriefShare

GriefShare lokaal

Dinsdag 28 Oktober 08:00 Gebedsbyeenkoms 15:00 Vrouebedieningverg. 18:00 Bluetooth Ouerskap DivorceCare

Gebeure in vooruitsig

11 Nov. Finansiële Bedieningvergadering 13 Nov. Kerkraadsfees

Konsistorie Konsistorie Voorportaal DivorceCare lokaal

Mylpale

Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik, dit is voorwaar ‘n seën om jul in ons gemeente te hê.

Die volgende herdenkings...

27 Okt. 28 Okt. 31 Okt.

Petro Groenewald Melleen Lötter Stoffel van der Wath Le Grange Odendaal

77 Verjaar 1 Nov. 79 Verjaar 78 Verjaar 31 Belydenis

Lydia Kotze Adele de Kok Cornélle Slabbert

85 Verjaar 33 Doop 27 Doop

“Re-Connect” Huweliksverrykingseminaar 14-16 November Komati Gorge Lodge Bespreek jou plek by di. JZ of Jurgens dsjurgens@telkomsa.net

Liewe Witrivier Gemeente-vriendinne Ek het so 'n behoefte om sommer net uit my hart uit baie dankie sê vir my heerlike baba-tee by die kerk verlede Saterdagoggend. Wat 'n voorreg om deel te kan wees van so 'n wonderlike geestelike familie wat soveel liefde uitdeel! Dankie vir almal wat moeite gedoen het om die saal so pragtig te laat lyk, vir die heerlike eetgoed, vir al die geskenkies vir ons nuwe seuntjie, en sommer net vir elke kosbare dame se teenwoordigheid die oggend. Ek waardeer dit ontsettend baie en is baie lief vir julle! Liefde in Jesus Lindie (en die res van die Stander-spannetjie)


Kalender 2015

Dit is weer Kalender tyd in ons gemeente. Ons droom en beplan en wil graag almal ingelig hou. Daarom is daar genoeg keuses om te maak. Kies jou eie kalender, bestel dit en ons laat dit vir jou druk. Jy kan bestel net soveel as wat jou begroting toelaat. As jy bestel word jy verantwoordelik gehou vir die koste. Voorbeelde is by die kantoor as jy sou wou kom kyk. Skryf jou naam op by die deure en by die kantoor. Die keuses is as volg:

GEMEENTE Kalender 2015 Word

A

R300

geringbind. Vol kleur A3 en bevat alle relevante

gemeente inligting rondom vergaderings en gebeure in en rondom die Kerk.

LESSENAAR Kalender 2015 Word

A R300

gom gebind. Vol kleur A3 en bevat alle relevante

gemeente inligting rondom vergaderings en gebeure in en rondom die Kerk.

HUIS Kalender 2015 Word

A

R300

gom gebind met magnete. Volkleur A3 en bevat alle

relevante inligting rondom vakansies, kursusse en Sondae.

A5 BOEKIE Kalender 2015 Word

A

R10

gekrambind. Vol kleur A5 en bevat alle relevante

gemeente inligting rondom vergaderings en gebeure in en rondom die Kerk.

A4 BOEKIE Kalender 2015 Word

A

R20

gekrambind. Vol kleur A4 en bevat alle relevante

gemeente inligting rondom vergaderings en gebeure in en rondom die Kerk.


Wat gebeur op ‘n Maandag hier op ons terrein? Ons doen... Eerstens word daar op die eerste Maandag van elke maand ’n “maandpak” uitgehandig aan ongeveer 40 gesinne en 20 pensioenarisse. Ons het ook tans 6 klante by Rustig Ouetehuis. Tweedens voorsien ons elke week aan ongeveer 45 gesinne ’n pak bederfbare produkte asook vars groente en vrugte. Derdens bedryf ons ’n Sopkombuis. Weekliks word 70 persone van sop, brood en ‘n groente pakkie voorsien. Vierdens deel ons elke maand hordes klere uit aan almal wat die Kos- en Klerekas besoek sowel as verskeie eksterne organisasies. Alle mense en gesinne wat by ons uitkom, kom na ons toe uit desperaatheid en omdat hulle geen ander heenkome het nie. Ons is nie net vir hierdie mense ’n bron van kos en klere nie, maar ook ’n bron van liefde en omgee. Ons probeer om ’n veilige hawe te voorsien en om ’n bietjie sekuriteit te bied in ’n lewe waar hierdie luukshede skaars is. Ons het dus in die vyfde plek die funksie van beraders, bemoedigers en evangeliste. Ons bring elke week die Woord van die Here na al ons klante in ʼn taal wat elkeen verstaan, en probeer om moontlike vrae te antwoord. Alle klante is verplig om ons Bybelstudie by te woon. Oom Attie Groenewald bedien die Afrikaanssprekende klante. Past. Samuel Chauque bedien die Woord aan die Swazi sprekende klante.

Behoeftes

0

Ons grootste stryd is ’n finansiële stryd. Ons almal is bewus hoe krimp ons beursie as ons by die Supermark uitstap. Soveel te meer dink ons aan hierdie groep wat maandeliks by die winkel instap, maar hulle kom altyd terug met verhale van spesiale aanbiedings en skenkings uit die gemeenskap. Tog moet hulle die rieme dun sny, veral op duurder items.

Daar is altyd ‘n behoefte aan persone wat diensbaar wil wees. By die werksaamhede op ‘n Maandagoggend, asook opgeleide persone wat bereid is om berading te doen. 0 Gebed, gebed, gebed. 0 Ons behoefte aan klere van ’n bruikbare kwaliteit hou nooit op nie. Bring gerus kantoor toe. Navrae: Antoinette 082 450 9434 of Santie 083 245 0752 0

Ons benodig asb. Nr 5 - 9 MANSkoene. Grootte 32 - 36 MANSklere Pas. Samuel Chauque bedien Maandae oggende die Woord aan ons kliënte. Hy is opsoek na ʼn water tenk, asook iemand wat mense in die Masoyi gemeenskap kan touwys maak hoe om ʼn groentetuin te begin en in stand te hou. As jy kan help, kontak asb. vir Antoinette by die kantoor.







Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.

Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. WOONSTEL TE HUUR:

WERKSGELEENTHEID:

1 Slaapkamer woonstel langs Hoërskool beskikbaar. Afdak vir motor. Kontak: Corne 082 895 0158

Ons soek ‘n paar mans om vir ongeveer ‘n week en ‘n half te werk in die aand/nag Gedurende November. Kontak: Gert 076 104 2315/081 3286844

Bachelorwoonstel te huur in Witrivier. Elektrisiteit uitgesluit. Kontak: Tokkie 082 826 1099

SOEK WERK: Dringend opsoek na werk. Gekwalifiseerde drywer en drywer instrukteur, asook “controller”. Kan onmiddelik begin. Kontak: Daniel 081 494 3005

Stel jy belang om op hierdie bladsy te adverteer? Kontak Antoinette by kerkkantoor of epos nuus@ngwitrivier.co.za

WOONSTEL TE HUUR: Bachelorwoonstel te huur in Witrivier. Elektrisiteit uitgesluit. Kontak: Tokkie 082 826 1099

SOEK HUIS HUUR: Gesin soek 3 Slaapkamer huis te huur in Witrivier of Nelspruit. Kontak: Joan 082 094 0013

Het jy dalk ‘n werk beskikbaar of soek jy werk? Hier kan jy gratis adverteer. Sodoende bring ons hulp & hoop in ons samelewing. GEEN te koop of ruil transaksies nie.


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ “Like” ons by NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier

Gebruik die link op die webblad of stuur ’n e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710

BANKBESONDERHEDE KERKKANTOOR ABSA Witrivier • Tjekrekening Telefoon 1370 580 002 (013) 751 1644 Verwysing: Naam en van / lid082 523 4596 maatnommer EN die projek waarvoor die geld aangewend moet E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za word, indien van toepassing.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.