Sondag 16 Oktober
Kyk na die Koning Skriflesing: Matteus 9:35-38.
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5
Gesinserediens
Daar word ook vanoggend Nagmaal bedien by die erediens in die saal.
Jeug-erediens vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanaf die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.
Die nagmaal is ʼn vreugdefees Al dui die tekens op die lyding en sterwe van Jesus Christus aan die kruis, sy bloed wat vergiet is en sy liggaam wat gebreek is, staan die nagmaalsviering nie in die teken van rou en droefheid nie. Hoewel die gemeente die nagmaal met gewyde erns vier, is dit tog ’n vreugdefees, waar die Heiland op ’n besondere manier die vrugte van sy lyding, sterwe en opstanding uitdeel. In die nagmaal mag die gemeente nou van die vreugde smaak wat vir ons wag by die bruilofsmaaltyd van die Lam. As gemeente sit ons vanoggend saam aan dié vreugdefees.
Maandag 17 Oktober 18:00 GriefShare
Gebeure in vooruitsig
Sitkamer
Dinsdag 18 Oktober 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare
Konsistorie Kerk Sitkamer
25 Oktober 27 Oktober 2 November 5 November 6 November
Vrouebedieningvergadering Bybelskool vir Bereane Bluetooth Ouerskap Kinder-pretdag! Tiendemaand Dankoffer Gemeente-ete
Donderdag 20 Oktober 18:30 Kerkraadsvergadering
Konsistorie
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!
Mylpale 1 Okt. Dewald Nel Johan & Pauline Kruger 2 Okt. Henry Myers Paul & Marina Meyer 3 Okt. Hansie Erasmus Doep & Silla du Preez 4 Okt. Dirkie Heymans Hennie & Jeannette Olwagen Henry Hopkins 5 Okt. Hester Kruger Jan & Hendrien Botha Eddie & Annetjie Meyer CP & Pop Pretorius Lourens & Ray de Jager 6 Okt. Liezel van Wyk Erich & Tia Goldschagg Azelle Jansen van Rensburg
38 Doop 33 Huwelik 56 Doop 45 Huwelik 79 Verjaar 45 Huwelik 86 Verjaar 41 Huwelik 35 Doop 70 Verjaar 48 Huwelik 48 Huwelik 48 Huwelik 31 Huwelik 42 Doop 32 Huwelik 31 Doop
Gerty Stoltz 8 Okt. Boet Botes 9 Okt. Lettie de Flamingh Nick & Petra Ackermann 11 Okt. At Hitge Bertie & Marina Burger 12 Okt. Louise Grove Jan Raath Ansie Olivier 13 Okt. Piet & Lena de Beer 14 Okt. Magdel Dannhauser Irma Sliedrecht Jan & Retha Claassen Francois Kok 15 Okt. Sarie Harmse Eddie Fraser 16 Okt. Lettie Billingham
30 Doop 72 Verjaar 94 Verjaar 40 Huwelik 77 Verjaar 47 Huwelik 91 Verjaar 87 Verjaar 74 Verjaar 54 Huwelik 73 Verjaar 73 Verjaar 39 Huwelik 32 Doop 78 Verjaar 76 Verjaar 89 Verjaar
Petra Instituut bied aan:
A Business Perspective Waar: of God Spreker: Francois van Niekerk Wanneer: 20 Oktober Waar: Church Unlimited Tyd: 09:30 vir 10:00 - 14:00 Koste: R 600/p Besprekings: info@petra.co.za
Wanneer: Koste:
Sabie River Kamp 11 - 13 November Volwassenes R 120/p per nag Kinders 2-17jaar R90/p per nag
Bespreek direk by hulle 013 764 3282 www.sabierivercamp.co.za
Kalender 2017 Dit is met groot opwinding dat ons aankondig dat Kalender 2017 nou reeds bestel kan word. Dit is weer in dieselfde formate beskikbaar as hierdie jaar. Daar is 5 keuses om te maak. Jy kan bestel wat jou behoefte is en wat jou begroting toelaat. As jy bestel word jy verantwoordelik gehou vir die koste. Voorbeelde en lyste is by die kantoor beskikbaar. Kalender is vroeg November beskikbaar vir afhaal en betaal.
Stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za met jou bestelling en jou selnommer OF besoek die kantoor OF kyk na gemeente se Facebookblad met voorbeelde en bestelling kan by jou keuse se opmerkings geplaas word OF plaas dit op die gemeente APP.
Plaas asseblief net op een van diĂŠ mediums jou bestelling.
GEMEENTEkalender 2017
A
LESSENAARkalender 2017 HUISkalender 2017
A
R400
A R40 R400
A4 BOEKIE Kalender 2017
A
R25
A5 BOEKIE Kalender 2017
A
R20
Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Laat ons wat ʼn onwankelbare koninkryk ontvang het, dan nou
dankbaar wees. Laat ons God dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit wil.” Hebreërs 12:28
KUMULATIEWE TOTALE DANKOFFERS PER MAAND
Werk…
5 000 4 500 4 000
3 500 3 000
R'000
2 500 2 000 1 500 1 000 500 0
Aantal Debietorder Bydraers
Oogmerk
Werklik
230 220
240
250 240
235
260
210
230
200
Aantal Debietorder Bydraers
220
210
180
200
190
160
180
170
140
160
150
130
105
103
101 92
92
95 95
110 100
100
120
107
120
140
90
Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.
Gebedsfokus Ons bid saam vir…. .
P Almal by Ella Combrink wat betrokke is by die Groep IRIS MINISTRIES, wat vir een maand in Oktober kom vir opleiding van studente sendelinge. “Here, ons bid vir hierdie spesiale bediening en elkeen betrokke by die opleiding: vir krag, insig en wysheid om hulle te dien. Amen” P Juffrou Wikkie in ons Hoërskool (Rob Ferreira), nadat sy gehoor het sy het kanker.” Wikkie was laas week in die teater en het baie pyn gehad, maar het laat weet dat alles goed afgeloop het en sy het oornag in die hospitaal. Ons bid en glo dat Wikkie reeds baie beter voel en bid dat God haar sal aanraak en versterk na gees en liggaam in die tyd. P “Here, ons bid vir reën, mildelik en genoegsame reën!” P Jannie Spies het 30 September ‘n operasie gehad waarin kanker uitgesny. Is. Hy was in ICU en ernstig siek. Ons bid vir hom om moed te hou en volkome op God te vertrou vir Sy vrede. P Philip Meyer is Sondag 2 Okt in Hong Kong oorlede in sy slaap, ons bid vir Sandra en sy geliefdes met die skielike heengaan, vir troos in hierdie routyd. P “Here, help my om my man te vergewe Heer. Net met U Krag kan ek hom weer vertrou! Ek kan dit nie alleen doen nie Here. Help my asseblief.” P Angela Muller wat 7 Oktober vir ‘n rugoperasie in Pretoria ondergaan het. Ons glo dat die operasie ‘n groot sukses was en dat Angela reeds baie beter voel en volkome sal herstel. P tannie Annie Kriel, wat oorgeplaas is na die herstel-hospitaal, waar sy leer om weer te loop. Mag God haar vashou en moed en geduld gee in hierdie moeilike (frustrerende) tyd. P ‘n Anonieme briefie lees: “Here, ek dra my huwelik aan U op. U sê wat U saamgevoeg het mag geen mens skei. Ek staan op U woord!! Here, my Here staan ons by in ons krisis!” GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.
P
P
P P P P P
P P
P P
P
Ons bid teen die onrus en onluste op universiteitskampusse en in die skole. “Here, U is die Prins van vrede... Stuur U vrede oor ons jeug en studente en ook in ander dele van ons land waar onvrede en ontevredenheid is. Heer, U sê ons moet ons seëninge tel en altyd dankbaar wees en ons weet ons kan dit net in volkome afhanklikheid en in U krag doen. Help en lei ons asb. Amen” Ons bid vir oom Pieter en tannie Marthinett se kleinseun, een van ‘n tweeling, wat die hele week in die hospitaal was in Secunda met onverklaarbare koors en pyn. Ons dank God vir die diagnose wat uiteindelik gemaak is en alhoewel dit vreemd is, is dat die prognose “volkome herstel” is. Ons is dankbaar vir sy infeksietelling wat mooi af gekom het en bid vir die personeel wat met hom werk, sy Ouers en al sy geliefdes vir krag en wysheid. Ons bid vir ons dorp se bejaardes in ouetehuise en aftree-oorde, maar ook vir elkeen wat betrokke is en hierdeur geraak word. Mag God elkeen toerus wat met hierdie spesiale mense werk en mag Hy ons lei om in respek te help en leer. Willie Barnes (Pirrow se weduwee) is met kanker gediagnoseer, wat reeds versprei is. Sy het geen pyn. Kom ons dra haar op aan ons Groot Geneesheer, vra Hannes en Rina. Marthinette vra: Bid asb vir die Gideonmanne wat op ‘n Bybelplasing uit was, ons bid dat die Here se saad op goeie grond sal groei. Ons bid vir die 3 maande oue Hannah Bothma (Annetjie Taute se kleinkind) wat Donderdag ‘n operasie gehad het aan die ingewande, wat nie goed ontwikkel het nie. Ons bid vir spoedige herstel vir Hannah en kalmte vir die familie. Ons bid vir die werksaamhede van Grace by die vrouens wat op die Sabie-pad sit. Mag die Here haar lei en beskerm om ook Sy liefde vir hulle op die regte manier oor te dra. Bid asb. vir Chris, vir sy gesondheid. Amen. Laetitia vra: Bid vir die Christene in Suid-Soedan, waar die oorlog weer uitgebreek het. Baie kan nie vlug nie en is vasgevang te midde van moord, verkragting en groot lyding. Dié wat Uganda toe gevlug het is ook in groot ellende gedompel. Baie van Petra Instituut se mentors is deel hiervan. Bid asb. vir hulle. Baie dankie. “Liewe Vader, Vanoggend bid ek en my gesin vir leiding in ons toekomsverwagtings. Dis ons gebed en wens om in U wil te wees. Gee asb. vir ons die opsies, werk en behuising vir waar U ons wil plaas, al dan nie, laat U wil steeds geskied. Amen”. “Here staan my by met vergewing. Here steek weer die vuur van liefde in my man se hart aan. Bring ons nader aan U om nader aan mekaar te kom. Dankie Here.” Joshua Botha was in ‘n ongeluk waar ‘n swaar glasdeur op hom geval het en sy been baie seer gemaak het. Linel het ons gevra om saam te bid vir hom, sy laat weet: “Joshua’s op to put a steel plate in his tibia bone was a success. It was a bad break with torn ligaments. Dr expects a 95% recovery over time. He will be in hopsital till Thursday when he should be discharged. Then 2 weeks bedrest.” Mag die Here Joshua na ligaam en gees aanraak en styf vashou. WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za
Ons is dankbaar oor.. A
A
A
A A A A A
Die Steenberg familie laat weet: “Alle eer aan Onse Vader vir Sy getroue herstel van Yolanda Steenberg, wat die week in Unitas was met ontsteking in haar been. Weer eens Dankie Heer!” “Here, dankie vir U hand in die herbou van die dam in die Huntington-gemeenskap, wat baie ou mense en weduwees in staat stel om 10ha groente te besproei. Alle eer aan God Almagtig. Here, dankie vir U hand in die 1ha besproeiingsisteem wat die week geïnstalleer word by ‘n weeshuis in Lillydale, wat sorg vir 396 kinders. Dit gaan baie help met die voorsiening van vars vrugte. Alle eer aan God Almagtig. Ons sê baie dankie aan ons Hemelse Vader wat ons seën. Reën wat geval het, baie dankbaar en glo U sal nog stuur. U weet dit is so baie nodig.” vir Peet Pelser se kragtige getuienis. Pieter Gabriël van der Merwe, ons nuwe dopeling. Mag die Here hom en sy ouers seën en lei in die grootmaak proses. Dankie aan die Here dat my operasie goed afgeloop het, sê Hannetjie. Danie Kruger bedank almal vir hul gebede en oproepe. Hy is nou gevestig in Douglas Ouetehuis. Baie dankie Ds. Jurgens vir ‘n besonderse besoek en hy het baie moed gekry om gesond te word.
NUUS VAN ONS SENDELINGE Ons gemeente het uit die Geloofsoffer die volle bedrag vir Esther-hulle oorbetaal vir die brille en konferensie. Hier is solank die eerste terugvoer van die brille.... Baie dankie vir julle hulp vir brille vir Beti. Ons het dit vandag gaan haal. Toe ek later ‘n draai maak by haar was sy klaar besig om die Bybel te lees. Ek was so opgewonde hier binne in my, dat dit die eerste ding is wat sy gelees het met haar nuwe brille!!! Sal laat weet hoe die konferensie gegaan het, maar bid asseblief saam met ons vir die konferensie. Dit is die 22ste tot 24ste Oktober. Die oupa lewe ook nog, maar is die afgelope ruk baie siek. Bid saam dat hy sal bly lewe totdat hy kon hoor en aan-
vaar dat Jesus vir sy sonde gesterf het, en dat hy vrygespreek en sekerheid kan hê dat hy in die Koninkryk sal ingaan, en nie hoef te wonder of hy “goed genoeg gelewe het nie.” Ons het vandag bietjie familie fotos geneem van hulle. Die oupa se naam is Gjure en die ouma is Gjurgia. Hulle hou hulle troufoto vas. Is nou al 60 jaar getroud. Getroud toe sy 16 was en hy 17 jaar oud was. Groete Esther Liewe gebedsvriende, Haïti het op Sondag (9 Oktober) met drie dae van nasionale rou begin, onder 'n bevel uitgereik deur President Jocelerme Privert, toe hulpmiddele uiteindelik Verwoeste gemeenskappe bereik het. Vanaf Maandag, het cholera versprei in die verwoeste suidweste en die dodetal as gevolg van die storm het gestyg tot 1,000 mense. "Dit lyk vir my soos 'n kernbom wat ontplof het," het Paul Edouarzin, 'n werknemer van die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram gesê. "In terme van vernietiging – omgewing en landbou – kan ek vir jou sê 2016 is erger as 2010," het hy bygevoeg, met verwysing na die verwoestende 2010 aardbewing waarvan Haïti nog nie herstel het nie. Ondanks ‘n lewensvatbare toerismebedryf, is Haïti een van die armste lande ter wêreld en die armste in die Amerikas en sukkel met korrupsie, swak infrastruktuur, gebrek aan gesondheidsorg en 'n gebrek aan onderwys. Haïti is 145stevan 182 lande op die Verenigde Nasies se Menslike Ontwikkelingsindeks 2010. Christenskap is aan Haïti bekendgestel deur Europese kolonialiste en Katolisisme is die dominante godsdiens. Oor die afgelope dekades het Protestantse kerke egter beduidende groei ervaar. Voodoo – geestesaanbidding wat sy oorsprong in WesAfrika het – is ook 'n sterk krag in die land. Na die rampspoedige orkaanseisoene van 2004 en 2008, en die aardbewing van Januarie 2010 het die boodskap van die Evangelie van Jesus Christus dramaties versprei. Bid asseblief saam met ons vir Haïti, sy mense en hulpwerkers in hierdie baie moeilike tyd.
Ek word nie ontroer deur wat ek sien nie. Ek word nie ontroer deur wat ek voel nie. Ek word ontroer deur wat ek glo. (Smith Wigglesworth)
Gebaseer op Psalm 71, 51 en Gal 5:22 Here ek prys U! Ook in my ouderdom sorg U vir my. By U voel ek veilig, ja by U kan ek skuil. Van jongs af al het ek my vertroue op U geplaas. Ek kan eintlik sê dat U van my geboorte af my steunpilaar en my leermeester was – van daardie eerste oomblik af dat ek met soveel moeite in die wêreld gekom het, het U my beskerm – ja tot nou toe. Daarvoor is ek U só dankbaar. Mense staan verstom dat U my deur alles gelei het en dat ek nog lewe – dankie daarvoor! Ek het my hoop op U geplaas deur al die jare en wil dit nou nog doen. U het toegelaat dat baie krisisse oor my kom met die jare waarvan die siekte en afsterwe van geliefdes seker die ergste was. Maar U het tog genesend in my ingewerk om al hierdie dinge te verwerk en ek dank U Here daarvoor. Maar nou, Here, is daar ‘n paar dinge wat my pla en wat ek vir U wil noem: r Ek voel soms onseker van myself en my toekoms – wat gaan van my word? r Ek is erg bekommerd deurdat my geheue besig is om my soms in die steek te laat. Mense vertel my soms dat hulle daardie storie al ‘n paar keer gehoor het en dit maak my verleë. En ek vergeet so maklik... en dit pla my erg. r Ek steur my nog steeds te veel oor wat mense van my dink en sê. r Ek word nog steeds te ontsteld as my verhouding met my kinders en kleinkinders nie na wense is nie. Meer nog, dikwels top ek oor onbenullighede en vergiftig my eie denke. Soms sukkel ek om te vergewe en vry te spreek dit wat mense selfs in die verre verlede my aangedoen het – en dit stem my baie ongelukkig. r Ek kla te veel oor my skete en pyne. Ek vertel dalk te graag van al my operasies en siektes... r Ek raak na al die jare nog steeds knorrig en kort van draad as die dinge nie volgens my wense en op my tyd gebeur nie. Vergeef my kort-van-draadgeid Here! r Ek kom maar dikwels erg beterweterig oor en luister nie altyd mooi na wat ander mense sê nie. Om ander mense reg te help kom al te maklik... r En dit is waar dat ek soms baie naby skinder kom oor die mense wat saam met my woon en dat ek nie altyd goeie woorde het om oor hulle te sê nie. Dit is so dat ek soms dink dat ek beter is as hulle en op hulle neersien... r Ek sukkel steeds om te erken as ek verkeerd is en om vergifnis te vra. r Ek moet bely Here dat daar mense is wat my maar erg irriteer en wat ek sover moontlik vermy. r Oor die politieke situasie het ek niks goeds te sê nie en geen waardering oor wat na 1994 se verkiesing gebeur het nie. Ek fluister dit maar Here maar ek bly baie bevooroordeeld teenoor die anderskleuriges en dit lyk my dat rassisme nog steeds nie heeltemal uit my bloed is nie. My ou vooroordele oor gay mense is ook nog nie besweer nie Here en daar is nie genoeg deernis met hulle en ander randfiguurmense nie. Vergewe my tog! Word vervolg...
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.
SOEK BEHUISING Soek kamer te huur vir manspersoon in Witrivier en omgewing. Kontak: Flip 076 015 5104
WOONSTEL BESKIKBAAR Bedsitter in Macadamia naby frail care beskikbaar 1 November. Kontak: Hermien 083 258 2177 1 slaapkamer woonstel in Witrivier beskikbaar. Kontak: Cornelia 082 448 5077 Groot bachelor woonstel geskik vir 2 volwassenes , beskikbaar einde November. Ongelukkig geen kinders of diere. Kontak: Spurgeon 082 851 4579 Erica 082 337 6534 1 Slaapkamer woonstel met loft in Rose Bridge Manor te huur besklikbaar. Met ʼn afdak. Ongelukkig geen diere. Kontak: Ursula 082 660 9996 013 - 751 3566
2 slaapkamer met 1 badkamer woonstel in Witrivier beskikbaar Kontak: Ida 079 284 7703
WERK BESKIKBAAR Musiekleier en begeleidingspos beskikbaar by NG Westergloed. Stuur CV: admin@westergloed.co.za Kontak: Louis 013 741 1355 (oggend)
SOEK WERK Man en vrou soek dringend werk. Hy het meer as 20 jaar ondervinding in boerdery. Sy het 18 jaar IT ondervinding. Kontak: Sally & Corné 084 688 6441
Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by
Gemeente
NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier
NG Kerk Witrivier
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.