OaseNuus 21 Oktober 2018

Page 1

Wat is die toestand van ons hartkondisie? Skriflesing: Jeremia 34:8-22


Koinonia (kɔɪˈnəʊnɪə) koi·no·ni·a, selfstandige naamwoord. Dit is die gemeenskap van gelowiges met God of, meer algemeen, met mede-Christene. God het ons geskep om van Hom en van mekaar afhanklik te wees. Nie een van ons het die vermoë om alleen in ons Christelike lewens te vorder nie. Geestelike gemeenskap is dus noodsaaklik vir ons geestelike groei en gesondheid. “Maar solank daar nog ʼn “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie.” (Hebreërs 3:13).

Kom geniet die kuier saam met medegelowiges by die KoffieOase. Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanuit die Moederskamer.

Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Stad op die berg Alle kleuters is welkom

erediens

VANMIDDAG 17:00

om hierdie erediens by te woon. Baie welkom aan die Laat die kindertjies na My toe kom, nuwe lidmate: is woorde van Jesus se bediening Carla Broodryk Carmi Steyn wat weerklink op ʼn Sondag as Zanté Bensch Jana Visser kinders met oop arms ontvang Christina de Kock word in die Bovertrek vir hul eie unieke erediens. Met jou belydenis beloof jy: Bring jou kleuter en sit gerus eers Q Dat Jesus my persoonlike Verlosser by totdat hy/sy op hul gemak is. is. Q Dat alles oor my verlossing uit die Bybel kom. Laerskoolkinders Q Dat ek solank ek leef ’n Christen sal wees. Die Gr. 1-6 Q Dat die kerk op my betrokkenheid kan reken. kinders verdaag later na hul Q Dat ons mekaar gaan help wanneer groepies. iemand die pad byster sou raak.


Soveel van die spesiale oomblikke in die lewe gebeur rondom tafels. Dis waar ons gesels, eet, kuier, werk en soms selfs speel. Dis ook die plek waarheen ons elke keer weer terugkom. Na ‘n lang dag by die skool of werk, of nadat ons heel middag lekker gespeel het, kom sit ons aan by die tafel. Jesus het geweet om saam te eet deel is van ons bestaan. Hy het een van die mees alledaagse gebeurtenisse in ons lewe gebruik om ons vir ewig te herinner aan wie Hy is. Die Nagmaal herinner ons ook dat ons sy navolgers is en wat ware gemeenskap is. Die Nagmaal is ‘n fisiese teken wat ons herinner aan God se ewigdurende, onvoorwaardelike liefde vir ons. Wanneer ons die brood eet en wyn/sap drink, herinner dit ons dat Christus sy liggaam (brood) en sy bloed (wyn/sap) gegee het sodat ALMAL vergewe kan word en ALMAL mag deel in sy liefde. Dis ‘n geleentheid waar ons vir ‘n oomblik nadink oor Sy lyding, maar dit is ook ‘n fees wat ons vier saam met ander, juis sodat ons kan onthou dat Jesus ons almal liefhet en dat ons mekaar ook só moet liefhê. ~Ds Anriëtte de Ridder

Maandag 22 Oktober 16:00 GriefShare

Maandag 29 Oktober

Sitkamer

16:00 GriefShare Sitkamer 18:00 Lente in jou huwelik Sitkamer Dinsdag 23 Oktober Kreatiewe Vers (Aandklas) Bovertrek Gebedsbyeenkoms Konsistorie Dinsdag 30 Oktober Bloeddienste Voorportaal Lofdans Kerk 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie DivorceCare Sitkamer 17:00 Lofdans Kerk 18:00 DivorceCare Sitkamer Woensdag 24 Oktober Bluetooth Ouerskap Bovertrek Kreatiewe vers Bovertrek \

08:00 14:00 17:00 18:00 10:00

Donderdag 25 Oktober 18:00 Kursus: Hoe praat ek oor my geloof in Jesus Sitkamer

Woensdag 31 Oktober

10:00 Kreatiewe vers

Bovertrek

Sondag 4 November 08:30 Tiende maand Dankoffer Kerk Gemeente-ete skuif na 25 November

Baie geluk ! Dit is ‘n kursus vir getroudes! Ds Nati bied hierdie kursus aan. Wanneer: 29 Okt. & 5 Nov. Tyd: 18:00 Waar: NG Gemeentesentrum

Skryf jou naam op in die kantoor

21 Okt 23 Okt 25 Okt 27 Okt

René Potgieter Spook & Wabbie Sauer Johan Lange Bets Hall Ina Fourie Le Grange Odendaal Ella du Randt Petro Groenewald

80 Verjaar 46 Huwelik 74 Verjaar 72 Verjaar 79 Verjaar 54 Doop 83 Verjaar 81 Verjaar


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Bydraes: Werklik teenoor Begroot

R'000

1200 1100 1000

900 800 700 600

500 400 300

200 100 0

-100 -200 -300 Kwartaal 1

Kwartaal 2

Sep

Werklik

Tot 15 Okt

Begroot

Nov

Des

Jan

Feb

Tekort Mrt tot Sept

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies


Gebedsfokus r

r

r

r

r

r

r r r r

 

Gerda Marais (dr. Jean se vrou) is in Mediclinic vir verwydering van gewasse wat moontlik kwaadaardig is. Ons bid dat die operasie ‘n sukses was en dat die gewasse volkome uitgehaal is en dat Gerda goeie nuus sal kry oor die toetse en spoedig sal aansterk. Hester van Aswegen vra dat ons saam met haar sal bid vir ‘n beter blyplek... Mag die Here tog in Sy detail en perfekte tyd voorsien. Belinda Paetzold was siek die week, ons bid dat sy vinnig gesond sal word en vir die seuns, wat nou al meer ekstra verantwoordelikhede moet dra, “Here hou U liefdevolle, alwyse hand daar oor elkeen en gee hulle U vrede! Amen”. Spencer en Karen van der Walt en hul seuns: hulle beleef hul eerste winter in Kanada... Ons bid vir hul werk, hul gesondheid en inskakeling by die sendingorganisasie en gemeenskap. Tant Nellie (Fred Berrington se Ma), wat in Macadamia Frail Care bly en baie swaar kry. Ons bid vir haar en die familie in hierdie moeilike tyd, vir krag en hoop en wysheid. Joan Pienaar, wat die naweek opgeneem is in die hospitaal vir toetse, ons dank die Here dat ‘n ligte beroerte uitgeskakel kon word en ons bid vir haar liggaam en gees vir volkome herstel. Ons dra ons Gemeente se finansies op aan die Here en vra dat Hy sal voorsien en sal verdubbel en seën soos net die Groot Voorsiener kan. Tannie Joey Pieterse, wat gevra het vir voorbidding, sy sê “die kragte word al minder...” Mag die Here haar na liggaam en siel versterk en oplig. “Here, hou asb vir Rudi & Karen Mans en hul dogter Celeste se gesin styf vas in hierdie tyd van rou na Celeste se skielik afsterwe.” Bid asb vir Hendrik Reyneke, hy het terugslag gehad en weer in ICU Universitas. “Here, ons vertrou U dat die medici by die regte behandeling kan uitkom.”

Karel dank die Heer dat Hy die weg wys na beter verblyf en dat Hy die Een is wat hulle laat floreer in hul onderneming, aan Hom al die eer! Dat Fanie Roos se operasie goed afgeloop het! Ons bid dat U vir hom geduld en krag sal gee in die hersteltyd.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die hospitaal is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Stuur SMS/WhatsApp na gemeente se nommer (079 223 8321)


Goeiedag almal Vir ‘n oomblik het dit gevoel soos ‘n onmoontlike taak om ‘n streep te trek en te vertel oor wat voor vandag gebeur het. Toe ek nou besig is om my lysie te maak word ek sommer van vooraf oorweldig hoe goed die Here vir ons is. Selfs in die klein dingetjies besef ons van vooraf dat ons Here groot is want selfs in die groot dinge kon ons dit nie sonder Hom doen nie. Soos tevore kan ons met ‘n glimlag rapporteer dat ons op die regte plek is waar die Here ons wil hê, ons roeping word herhalend bevestig met ons teenwoordigheid hier. Na amper 4 jaar uit Suid Afrika het dit ander mense gekos om aan ons uit te wys dat ons nie meer buitestaanders is nie, maar dat ons lewens met die groter gemeenskap deurvleg het. As Suid Afrikaners is gemeenskapsbou, netwerke vorm bo en behalwe brugbouers wees vir ons baie normaal en is voel ons baie geseënd as die Here mense op ons pad sit waarmee ons kan hande vat en vriendskappe vorm. Dit voel as’t ware soos ‘n tweede roeping om verskillende groepe mense saam te bring sodat dit ‘n getuienis kan wees vir die wêreld en Christelike gemeenskap veral in Masedonië dat verskille gebruik kan word om mense saam te bring sodat die Koninkryk kan vergroot. Tong in die kies gesê, ons is bly die tuisskool kwartaal het weer begin, daar is weer orde en struktuur ;-) Sedert ons in Julie getrek het en daarna Thailand-toe was vir ‘n World Outreach International konferensie het dinge maar taamlik dol gegaan by tye. Die skoolkamer wat ons aangebring het maak ‘n REUSE verskil tenoor die konstante gesukkel van die verlede, met ‘n bonus dat ons ‘n pragtige uitsig het op die berg. Die eerste dag of wat was soos ‘n koue dieselenjin wat sukkel maar Zane, Nêo-Rie en Jac is hard aan die werk en dis ‘n plesier om hulle te sien vorder. Tydens die konferensie in Thailand het die Here ons tot nuwe insigte gebring met ons verstaan van Chereni en kon ons ook by ‘n vriendin wat “toevallig” die enigste kundige in Masedonië is. Met Chereni se ontwikkeling wat heeltemal anders is ons ander s’n besef ons dat ons moet verander en nie noodwendig sy nie. Die “dying to self” les is maar bitter soms moeilik, kompleet asof ons doelbewus 10 tree moet agteruit moet gaan vir een tree in die regte rigting.


Dit was baie bemoedigend om Esther se ouers te ontvang gedurende September en hulle bloot te stel aan die kultuur en mense, waar ons werk, mede veldwerkers en Masedonië in sy geheel – ons kon ook weer saam soos tevore by die radio luister na die rugby! Dit vir veral die kinders baie goed gewees om saam te kuier en tyd met oupa en ouma te spandeer en nie op Skype nie. Danie se suster Engela en haar gesin is op pad Australië toe - vanaf Engeland en het sy ook kom kuier vir ‘n paar dae en sommer baie gehelp hier. Dankie vir jul liefde, deernis, omgee, begrip, geduld, luister, emosionele ondersteuning maar ook vir die mense wat gelei word daartoe om finansieel te ondersteun. Jul almal se opofferende ondersteuning maak dit moontlik sodat ons hier kan wees. Dit gaan nie ongesiens verby nie. Langtermyn gebedsversoeke Q Ons het elke Vrydagoggend ‘n gebedsgeleentheid by Makhop (Macedonian House of Prayer) waar ons spesifiek die Roma mensegroep voorhou. Q Die oes is ryp op die lande, bid vir nog werkers. Q Die grondslagwaardes vir ons roeping is toegewydheid, verantwoordbaarheid, deursigtigheid, gesamentlikheid, hou almal ingelig. Nie ons wil nie maar die Here s’n. Q Die Here ons gesin sal beskerm teen die konstante uitdagings Q Daar is nogsteeds vlugtelinge wat hierdeur vanaf Sirië, dat vredemakers die oorlog sal wen. Dag tot dag gebedsversoeke A Dankie dat Chereni so baie gevorder het en dat ons aanhou om die regte dinge te doen. A Dat ons sal aanhou om Jesus se leiding te volg om restitusie te bewerkstellig tussen die partye in die kerk. A Vir wysheid hoe om mense se versoeke om hulp te kan hanteer A Ons vorige bure… ouma Gjurgja doen baie beter na haar beroerte en man se dood. Vir die volgende stap met Beti na die kamp saam met Esther. A Die huis waarin ons nou bly se verwarming in die winter is vir ons nog ‘n geweldige uitdaging. Ons benodig ‘n stoof om die waterverwarmers te verhit sodat ons die huis kan gebruik in die winter. A Dankie dat Here ons toelaat om tot seën te wees vir ander bedieninge/mense, dis lekker om hul sukses te sien Liefde Groete

Danie, Esther, Zane, Nêo-Rie, Jac en Chereni Bestel by kantoor: L 1kg gedroogde pynappels @ R130/pak L 1 liter kokosneutolie @ R80 elk Skryf jou naam op in die kantoor OF SMS/WhatsApp na 079 223 8321


Ons gemeente missie

GriefShare is ’n groep wat omgee en jou help deur die rouproses.

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

Navrae: Annalise 082 958 3874

BEHUISING BESKIKBAAR Eenmanswoonstel in Witrivier beskikbaar. Slegs enkellopendes, ongelukkig geen kinders en diere. Kontak: Tokkie 082 826 1099 Groot eenslaapkamer woonstel in Bon Accord beskikbaar. Sluit water en elektrisiteit in. Ongelukkig geen diere. Kontak: Linda 082 831 1641 SOEK WERK Soek werk as algemene nutsman, verwer. Het ondervinding in sweis en houtwerk Kontak: Ashley 063 469 7575 Man (41) met ʼn gesin. Is dringend opsoek na werk. Het EC1 met PDP vir goedere. Semi geskoolde ketelmaker. Sober gewoontes. Woon in Witrivier. Kontak: Louwrens 076 620 5374

Kom stap ‘n pad van herstel na egskeiding. Skakel gerus in.

Navrae: Wilna 082 335 5295 Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Manie 071 930 7853 vir ʼn afspraak

Hierdie groep toegewyde persone bedien die bejaardes in ons gemeenskap. Sluit gerus aan. KONTAK YVONNE 076 903 0660 OM MEER UIT TE VIND.

Afgetrede Boekhouer met nog baie energie soek werk. Kontak: Antoinette by kantoor

Berading in gevreesde siektes Moenie dat hierdie trauma jou oorrompel nie, gesels met Magda 082 498 4256

Dame is op soek na algemene kantoor werk of enige werk. Kontak: Annemarie 076 193 0230

Alle eer aan ons Vader wat werk voorsien het aan van ons Koskas-kliënte. Augustus het 5 persone werk gekry en in Oktober het 3 reeds begin werk.

www.ngwitrivier.co.za

NAVRAE: Kerkkantoor (013) 751 1644 074 163 1816 Ds. Nati Stander 082 216 3710 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545

Hospice ondersteun pasiënte gediagnoseer met ‘n terminale siekte en hul families. As jy wonder wat doen hulle,

kom haal hulle nuusbrief in die kantoor of kontak hulle.

Tel: 013 750 3044 / www.hospicewr.co.za

Like” ons by NG Gemeente Witrivier Witrivier gemeente Jeug@NGWitrivier Bluetooth Ouerskap Kersmark NG Witrivier

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.

079 223 8321


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.