OaseNuus 25 Oktober
Gesels met God Skriflesing: Handelinge 16:25-34 Hy het hulle buitekant toe gevat en gevra: "Menere, wat moet ek doen om gered te word?" Hulle antwoord hom: "Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin."
Handelinge 16:30 & 31
Baie welkom by vanoggend in die erediens.
GESELS
God was diep teleurgesteld in Adam, Eva en die slang. Maar in die jaar 2015 is ek in ’n bevoorregte posisie. Jesus Christus het die vloek van my sonde op Hom geneem. Hy klop en as ek oopmaak vier ons saam fees. Om die Here in te nooi, is bekering. “Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.” (Johannes 15:14)
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle gasvryheid van die gemeente! Kom geniet tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Filterkoffie is R 10, daar is ook cupcakes teen R 5. Tee en kitskoffie is gratis beskikbaar.
Nagmaal John Calvin het gesê: The Lord has given us a table at which to feast, not an altar on which a victim is to be offered; He has not consecrated priests to make sacrifice, but servants to distribute the sacred feast. Die Here Jesus het vir ons 'n tafel voorberei. Nie 'n tafel met brood, wyn en ander oorvloedige kossoorte nie, maar 'n tafel waarop Sy heilige liggaam beskikbaar gestel word vir elkeen van ons. Ons eet brood en dink aan Sy liggaam wat aan die kruis gehang het. En ons drink wyn terwyl ons aan Sy bloed dink wat gevloei het. Nagmaal is die heilige geleentheid waartydens ons Jesus se kruisdood herdenk, hulde bring aan Hom en dankbaarheid toon vir die groot offer wat Hy gebring het. 16Die beker van danksegging, waarvoor ons God dank, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? 17 Omdat dit een brood is, is ons, al is ons baie,
saam een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. (1 Korintiërs 10:16) Volgens James Fowler is die nagmaal: (1) 'n Aksie van gehoorsaamheid; (2) 'n Handeling van vereenselwiging met Jesus - "Ek behoort aan Hom"; (3) Bevestiging van 'n verbond tussen myself en God; (4) Deelneming aan 'n sakrament saam met medegelowiges; (5) Betoning van dankbaarheid vir die offer aan die kruis; (6) 'n Handeling waartydens tekens gebruik word (wyn en brood); (7) 'n Geleentheid vir gedagtenisviering (herdenking) aan die kruis; (8) 'n Geleentheid vir selfondersoek; (9) 'n Handeling van verkondiging van Jesus se dood en opstanding; (10) 'n Geleentheid waartydens ek afwagting vir die ewige lewe ervaar.
Maandag 26 Oktober 11:00 Koskasvergadering 18:30 GriefShare
Konsistorie GriefShare Lokaal
Dinsdag 27 Oktober 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 DivorceCare
Konsistorie AGS Kerk DivorceCare Lokaal
Sondag 1 November 08:30 Erediens - Tiendemaand Maanddankoffer 12:00 Gemeente-ete
Gebeure in vooruitsig 1 Nov. Tiendemaand Dankoffer & gemeente ete 9 Nov. Eiendomsbedieningvergadering 10 Nov. Finansiële Bedieningvergadering 12 Nov. Kerkraadsvergadering 15 Nov. Kerssangdiens
Dankfees-ete
In hierdie week se stiltetyd gaan ons meer fokus op SLEGTE GESELSKAP. Dis so maklik om betrokke te raak by verkeerde geselskap en “ok” te wees daarmee. Daarom moet ons na God draai en by Hom gaan leer hoe om ons lewens te verander. Hoe om op te staan vir wat reg is en ons rug te draai op die SLEG. GriefShare is ’n groep mense wat omgee. Jy hoef nie alleen deur die rouproses te gaan nie. Daar is mense wat met liefde die pad saam met jou wil stap en jou wil ondersteun by die verlies van ’n geliefde. Dit mag nou vir jou baie moeilik wees om optimisties te wees oor die toekoms wanneer jy ’n geliefde verloor het. Hierdie tydperk van rou kan ’n tydperk wees waarin jy baie verward en geïsoleer voel. Jy het ook baie vrae oor dinge wat jy nooit voorheen aan gedink het nie.
Wanneer: Maandae om 18:30 Navrae: Annelize 082 958 3874
Kom geniet ʼn ete saam met die gemeente!
Bring eie eetgerei en drinkgoed Etekaartjie dien as jou toegang
Kom kry gerus jou\ gratis ete kaartjie na die erediens by die kantoor.
Projekte Hierdie week is orals getimmer en gewerk. Hier onder is nuwe foto’s. Hulle wikkel regtig en die mooimaak span, onder leiding van Elzette Kruger (082 446 2282) is al besig om hulle planne bymekaar te sit. In daardie groep heers groot opwinding, as jy wil help of meer wil weet kontak haar gerus.
Om meer uit te vind oor die projekte wat in die pyplyn is, daar is rukkie gelede daaroor vertel, kontak gerus vir Antoinette of stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za Gesels gerus met Andre Griebenow as jy hom hier op die terrein raakloop. Hy is die meesterbrein agter hierdie vernuwing.
Ons benodig ʼn sagte mat, sitkamerstel, 14 konferensiestoele, donasies sal verwelkom word. Ons staan verstom, dankbaar oor elke bydrae Gesels met Elize by die kantoor sy het die wat ons ontvang vir hierdie projekte. Baie spesifikasies of gesels met Elzette. dankie, niks gaan ongesiens verby nie.
Jaffels @ R15 Vrydag 30 Oktober BESTELLINGS voor 27 Oktober by Alta 082 852 6147 chrisalta@telkomsa.net of Kerkkantoor by Stefnie
Hierdie is die laaste baksel vir die jaar, moenie dit misloop nie! Wit of Bruinbrood Jaffels beskikbaar
Hulp word asseblief Vrydag benodig vanaf 07:00 met bak van jaffels. Kontak Alta indien jy kan kom help.
$ Kies tussen Kerrie en/of gewone maalvleis vulsel
AFHAAL VAN JAFFELS
Vrydag tussen 10:00 - 11:00 by Kerk onder afdak
Kalender 2016 Vandag is die laaste dag om jou bestelling te plaas. Die bestelling word môre-oggend deurgestuur Drukkers toe en ons behoort DV vanaf 7 November die kalenders beskikbaar te hê vir afhaal en betaal. Dankie vir almal se ondersteuning sover, dis ʼn riem onder die hart! Dit is weer in dieselfde formate beskikbaar as hierdie jaar. Daar is 5 keuses. Jy kan bestel wat jou behoefte is en begroting toelaat. As jy bestel word jy verantwoordelik gehou vir die koste. Voorbeelde is by die kantoor beskikbaar. Stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za met jou bestelling en jou selnommer / besoek die kantoor / skryf naam op by aansteekborde by die ingange van die kerk.
GEMEENTEkalender 2016
A
LESSENAARkalender 2016 HUISkalender 2016
27 Okt.
A R35 R350
A4 BOEKIE Kalender 2016
A
R25
A5 BOEKIE Kalender 2016
A
R20
Die volgende herdenkings... 25 Okt.
A
R350
Ina Fourie Le Grange Odendaal Petro Groenewald
Mylpale 76 Verjaar 51 Doop 78 Verjaar
28 Okt. 31 Okt.
Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!
Melleen Lötter Stoffel van der Wath Le Grange Odendaal
80 Verjaar 79 Verjaar 33 Belydenis
Neem elke dag soos dit kom, haal daaruit wat jy moontlik kan, vergeet van gister en dink nie aan môre.
G
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.
Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. SOEK WERK
SOEK SAAMRYGELEENTHEID
Dame met baie goeie kantoor ondervinding is dringend opsoek na werk. Kontak: Elize 072 622 3368 Betroubare huishulp soek werk vir 3 dae per week. Sy is Dinsdae, Donderdae en Vrydae beskikbaar, maar dae kan onderhandel word met Pieter-hulle. Kontak: Pieter & Martinett 082 447 3662
Opsoek na saamrygeleentheid na Pretoria op Sondag 25 Oktober of Maandag 26 Oktober. Kontak: Freddie 076 988 7908
HUIS TE HUUR 2 Slaapkamer huis te huur in sentraal Witrivier – naby winkels en skole in veilige kompleks. Beskikbaar 1 November Kontak: Nix 083 302 5190
Aangename kennis aan Marlene Malan, die nuwe CMR maatskaplike werker. Vertel ons van jou wortels. Ek is gebore in Benoni. Oudste van 4 kinders. In ʼn baie hegte ouerhuis opgegroei met sterk inskakeling by die kerk van kleins af. Ouers was musikaal en voorsang gedoen. Wie is Marlene nou? Getroud met Jakkie al vir 13 jaar. Tussen ons het ons 4 kinders en 3 kleinkinders, 3 van ons kinders is Grafiese kunstenaars en 1 is ‘n “personal trainer” by ʼn bekende gimnasium in Pretoria Wat laat jou tone krul van lekker? Seekos eet laat my dink ek is op vakansie. Musiek waarmee ek groot geword het in my ouerhuis gee my nostalgie. Wat maak jou tande stomp van frustrasie? Om iewers te staan en wag vir diens en niemand reageer en doen ook nie die moeite om te kommunikeer waarom hul nie kan help nie. Jou droom? Waar kinders uit gebroke omstandighede kom, hul ʼn plekkie sal kry waar hulle gelukkig en volwaardig sal kan opgroei. Waar ouers bymekaar is, hulle alles in hul vermoë sal doen om nie te skei en veiligheid aan hul kinders bied.
Wat is jou gunsteling:
Kleur: Blou Kossoort: Seekos Vakansie hou plek: Stil plekkies by die see of bosveld. Sport / sportspan: Tans rugby, ek is ʼn Bloubul ondersteuner. Wat weet niemand van Marlene wat ons nou mag weet? Was ʼn Eienaar van ʼn Restaurant & Lodge vir 4 jaar by Hartbeespoortdam omgewing
Preeknotas
____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Ons is op Facebook! Gaan LIKE die volgende bladsye
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710
♡ ♡ ♡ ♡
NG Gemeente Witrivier Jeug@NGWitrivier Kersmark NG Witrivier Bluetooth Ouerskap / Parenting KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos
Gebruik die link op die webblad of stuur ’n e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van of lidmaatnommer.
kerkkantoor@ngwitrivier.co.za
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.