OaseNuus 30 Oktober 2016

Page 1

Sondag 30 Oktober

Luister na Sy opdragte Skriflesing: Lukas 10:1-12


Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Kom deel in die kleurvolle en smaaklike gasvryheid van die gemeente! Kom geniet gratis tee of koffie na die oggenddiens, onder die afdak. Kom bederf jouself met ‘n cupcake vir slegs R 5

Gesinserediens

Daar is Gesinserediens vir gesinne van Laerskoolkinders in die saal.

Jeug-erediens vanaand 17:00 Babas, Peuters, Kleuters, Kinders en Tieners is belangrik vir ons in die gemeente... Ouers met babas geniet die erediens vanaf die Moederskamer. Ouers met peuters, kom sluit aan in die konsistorie, die diens word daarheen uitgesaai.

Kom geniet ʼn GRATIS ete saam met die gemeente!

Bring eie eetgerei en drinkgoed

Alternatiewe manier om jou bydrae te gee is SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af op jou slimfoon. Instruksies is by die kantoor beskikbaar.


WAT IS L-10-T? Stap 1: ______________________________ Stap 2: ______________________________ Stap 3: ______________________________ Stap 4: ______________________________ Stap 5: ______________________________ L-10-T moet altyd gedoen word onder die leiding van die Heilige Gees!

Maandag 31 Oktober 11:00 Koskasvergadering 18:00 GriefShare

KIonsistorie Sitkamer

Dinsdag 1 November

Saterdag 5 November 10:00-15:00 Pretdag vir Gr R-3 by die Laerskool se sportgronde

Sondag 6 November

Tiendemaand Dankoffer Kerk Konsistorie 08:30 12:00 Gemeente-ete Afdak Kerk Kantoor Gebeure in vooruitsig Sitkamer 8 November FinansiĂŤle Bedieningvergadering 10 November Kerkraadsvergadering Woensdag 2 November 13 November Kerssangdiens 18:00 Bluetooth Ouerskap Bovertrek 15 November Vrouebedieningvergadering 08:00 Gebedsbyeenkoms 17:00 Lofdans 18:00 Eiendomsbedieningverg. DivorceCare


Kalender 2017 Dit is met groot opwinding dat ons aankondig dat Kalender 2017 nou reeds bestel kan word. Dit is weer in dieselfde formate beskikbaar as hierdie jaar. Daar is 5 keuses om te maak. Jy kan bestel wat jou behoefte is en wat jou begroting toelaat. As jy bestel word jy verantwoordelik gehou vir die koste. Voorbeelde en lyste is by die kantoor beskikbaar. Kalender is vroeg November beskikbaar vir afhaal en betaal.

Stuur e-pos na nuus@ngwitrivier.co.za met jou bestelling en jou selnommer OF besoek die kantoor OF kyk na gemeente se Facebookblad met voorbeelde en bestelling kan by jou keuse se opmerkings geplaas word OF plaas dit op die gemeente APP.

Plaas asseblief net op een van diĂŠ mediums jou bestelling.

GEMEENTEkalender 2017

A

LESSENAARkalender 2017 HUISkalender 2017

A

R400

A R40 R400

A4 BOEKIE Kalender 2017

A

R25

A5 BOEKIE Kalender 2017

A

R20


Uit dankbare hande vloei muntstukke vir die koninkryk. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1 Tessalonisense 5:18 TOTALE DANKOFFERS PER MAAND

Werklik Begroot

850 800 750 700 650 600 550

500

R,000

450 400 350 300 250 200 150 100

50 0

GEMIDDELDE KERKBYWONING Belydende Lidmate = 1 777

Kleuter

Gesin

600

Kerk

550

51

500

59 53

41 347

300

150

349

359

200

366

250

384

Aantal

350

339

54

59

400

52

450

100 50 0

Kontak gerus vir Louis Marais 082 893 1518 met enige navrae rakende die gemeente se finansies.


Gebedsfokus Ons bid saam vir…... r Here, hoor die hart van tannie Lena as sy ons herinner om vir die personeel

r

r

r

r

r

r

van Rustig Senior Oord se personeel te bid, ons dra ook die personeel van Macadamia op. Ons vra vir hernude energie en volhoubare krag om in hul werk voluit te volhard. Elda Ferreira, (‘n kersmark-uitstaller), is stabiel, maar nog op ventilator. Ook op baie sterk antibiotika om te help veg met die longontsteking. Liggaamlik is sy baie swak en word gou moeg. Aldus die medici is dit ʼn wonderwerk dat sy nog lewe. Here, ons vou haar toe en weet U het haar tot hier gedra en sal haar end uit vashou en volkome genees. Dankie vir die wonderwerk en haar getuienis is ons inspirasie. Christine Hugo is in MediClinic opgeneem, vermoedelik ‘n bloedklont. Internis sou verdere skanderings doen. Here, hou haar vas en help die dokters met haar behandeling. Chris het laat weet: Johan Jacobs het geval en twee rugwerwels vergruis, daar is nie tekens van verlamming nie. Baie pyn en in MediClinic. Ons vou hom en sy gesin toe in hierdie moeilike tyd. Dankie Here, vir U beskerming. Esther het die afgelope naweek saam met 500 vroue ʼn vrouekonferensie in Masedonië bygewoon. Op pad daarheen het sy gevra vir voorbidding vir haar 2 vriendinne wat saam met haar gegaan het. Sy het ook daar opgemerk hul “land lady”, wat teen sendelinge en enige iets ortodoks is, woon ook die konferensie by. Ons volhard in gebed vir al die vroue wat daar was, dat hulle die evangelie verstaan het en Jesus ontdek het tydens die konferensie, ook hulle wat Hom reeds ontmoet het om te volhard in die geloof. Ons sien uit na Esther hulle se nuusbrief, waarin sy meer gaan vertel. CF Wagner het 24 Oktober begin met chemo in Pretoria. Here, hou hom en sy gesin styf teen U bors gedurende hierdie reis. Bessie Pienaar is in Muelmed Hospitaal in Pretoria.

GAAN JY OF IEMAND WAT JY KEN HOSPITAAL TOE? IS DIE HOSPITAAL IN NELSPRUIT EN SAL HULLE ‘N AAND OF MEER DAAR WEES? Ons wil jou graag besoek as jy in die HOSPITAAL is, maar jy moet ons daarvan laat weet! Indien jy dit op die GEBEDSBRIEFIE (WAT IN DIE BANKE HANG) skryf, meld ook asb. die hospitaal waar besoek afgelê kan word en ‘n KONTAKNOMMER! Jy is ook welkom om Ds. Jurgens (013 751 1824) te bel / sms.


r Ons dink spesiaal aan Nati wat Vrydag na VSA vertrek het met die studietoer.

r

r

r r

A A A

A

Here, neem hulle onder U beskerming en seën hul tydens die toer. Gaan spesiaal ook met Lindie en die seuntjies wat tuis is, hou hul veilig in U hand asb. Here, niks is vir U nietig nie, daarom vra ons U vir ons dorp se drinkwater wat tans nie geskik is om dit ongekook te drink, sal herstel. (Die afgelope week het die boodskappe verby geflits.) Help hulle wat die waterwerke hanteer, almal wat getrou aan ons voorsien om te gebruik. Hou ons onder U beskerming met die gebruik daarvan. “Die natuur is die altyd wisselende veelkleurige kleed van God.” (Johann von Goethe) Ons kon pleit by U Vader dat U vir ons reën sal uitgiet oor die dorre aarde dat die veelkleurige kleed weer in volheid sal groei en ook ons damme sal vul. Dié week was die vlakke van Klipkopje 28%, Longmere 45% en Primkop 14%, Here U weet dit reeds, daarom kom kniel ons in aanbidding en afhanklikheid voor U. Linel is tans besig met al die visa aansoeke (Marokko & Schengen), sy vertrek 1 Desember op die uitreik, ons vertrou U met al haar administrasie. Die Algemene Sinode kom eersdaags (7-10 November) bymekaar om weer diep na te dink en besluite te neem. Gaan met die voorbereiding en ons bid nou reeds U seën daarop toe.

Ons is dankbaar oor

Dankie vir ons Almagtige God wat vir ons deurbraak in ons gesin en finansies gegee het. Gerda sê dankie: Pieter Stander is uit die hospitaal. Gaan baie beter. Dankbaar. Marinda & Pierre Olivier het die week ʼn nuwe kleindogter ryker geword. Welkom kleine Leah, mag jy baie lewensvreugde ondervind en met jou kosbare persoonlikheid en almal rondom jou, se lewe verlig. Dankie Here vir ʼn geslaagde Oostelike Sinodesitting die afgelope week. Dankie vir elke faset van kerkwees op aarde. WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za

Ons Jeug bid vir t t t t t


Lourens-nuus Liewe familie en vriende Nog nooit was daar ‘n tyd waar die mens so konnekted was as juis vandag nie. Jy konnekt deur middel van jou selfoon, rekenaar, televisie, radio, koerant of tydskrif. Die woord FOMO (fear of missing out) is ‘n relatief nuwe woord en het baie te doen met die mens se drang om konnekted te wees. Tog, nog nooit was daar ‘n tyd waar die mens so geïsoleerd, alleen en eensaam geleef het nie. Iewers is daar ‘n misverstand……. Aldus ‘n blog deur Johan Smith. Ons besef ook dat daar eintlik nooit tyd is in ons gesprekke om bietjie met julle te deel waarmee ons besig is nie. ‘n Groep oud-studente en vriende van Petra het ‘n nuwe inisiatief begin om behulpsaam te wees met bemarking en fondswerwingsgeleenthede in Gauteng. Soos jy weet, bid ons reeds vir ’n geruime tyd dat Petra Instituut weer as Art 18A-instansie by die Inkomstediens beskou kan word. SARS het onlangs weer laat weet dat Petra Instituut se stigtingsakte aandui dat opleiding op Bybelse grondslag plaasvind en omdat dit ʼn bepaalde geloof bevorder, kwalifiseer ons nie vir Art.18A nie. Daar het egter pragtige inisiatiewe vanuit die geledere van Petra -vriende in Pretoria, wat 'n maatskappy sonder winsbejag wil stig, gekom en waardeur die registrasie dan weer geldig kan wees. Hier is Boetie saam met Elain Kwok, ‘n Petra-mentor uit Singapoer en van die dames wat die groep verteenwoordig. Gretha het die afgelope jaar soms saam met Boetie gegaan wanneer hy besoek aan van die Studiefondsondersteuners bring. Dit was vir haar so aangenaam om te sien met hoeveel hartlikheid Boetie verwelkom word en die besondere band wat reeds tussen hom en die mense gevorm het. Alhoewel die onderwerp van “geld vra” maar meestal ‘n ongemaklike onderwerp is, het Petra Instituut en die werksaamhede van Petra al ná aan die mense se hart kom lê en gee hulle sover hulle kan. Onlangs gesels ons ook oor komiese insidente wat ons so in ons besig wees teëkom. Boetie vertel van ‘n oproep wat hy na ‘n spesifieke persoon A gemaak het wat toe baie ernstig beduie dat hy vandag baie besig is en glad nie tyd sal hê om Boetie te sien nie. So tussen deur besoeke gaan sit Boetie by die Wimpy en wag – en groot was persoon A se verleentheid toe hy ook in die Wimpy instap. Gelukkig is daar ‘n sterk genoeg verhouding tussen hulle dat dit met ‘n groet en ‘n geskerts verby kon gaan! “Sien jou weer volgende keer my vriend!” Wanneer Gretha besoek bring aan ‘n groepie huisouers by die Kinderhuise is die twee belangrikste dinge wat uitstaan waarmee hulle gekonfronteer word: die uitdaging van gesag en die behoefte( ‘n honger) van die kinders om te behoort, iemand wat regtig omgee en vir my tyd maak. In een van die Petra-kursusse maak ons gebruik van die aanhaling: “ ‘n Probleemkind is ‘n kind met ‘n probleem”. Dit word net oor en oor bewys dat dit waar is. Die grootste rede waarom kinders stout sal wees is omdat enige aandag beter is as geen aandag


is, omdat hulle met gedrag wil uitskree “ Help my! Sien my emosies raak! Gee vir my om!”. Tans is Gretha betrokke by die Jakaranda-kinderhuis in Pretoria as ook by die YA Bana Kinderdorpie in Shosanguwe. In albei gevalle is sy nog in die proses van verhoudingbou met die leiers. Haar doel is om by die punt te kan kom waar die leiers en huisouers toegerus sal word met Petra-vaardighede om dan veral die genoemde behoeftes te kan aanspreek. Bid asseblief vir hierdie gesprekke en ook in besonder vir die leiers van genoemde instansies. Gretha gaan ook gedurende November deel wees van die opleidingsgeleentheid waartydens 8 tutors opgelei gaan word om die Saamloop met Seerkrykinders-kursus aan te bied. Een van haar take was om 3 plekke te identifiseer waar die tutors hulle praktiese aanbiedings kan gaan doen. Ons loof die Here vir deure wat oopgegaan het. Die Kinderwelsyn-groep in Sunnyside en ook die Tswanwe Leadership Foundation wat in die middestad van Pretoria aktief is en ook uitreik na verskeie informele nedersettings in en om Pretoria gaan betrek word. Die ander groepe is ‘n groep van 20 naskoolopsieners in Centurion en die huisma’s in Shosanguwe. Die opset in Soshanguve is baie uniek. Jy kan gerus meer gaan lees oor Ya Bana op die internet. Ons sien met opgewondenheid uit na hierdie geleentheid en ook veral om te sien hoe die praktiese sessies met kinders ‘n verskil kan maak. As Nasiener en mentor vir die studente wat die aanlyn die korrespondensiekursus doen is dit so bevredigend om die terugvoer te lees hoe die kursus verskil bring in die effektiwiteit van ‘n aanbieding aan kinders. Een student skryf na aanleiding van die vak Kreatiewe Bybellees met kinders. “Ek dink dit is ’n wonderlike manier om die kinders geïnteresseerd te kry in Bybellees – dit is skielik nie meer vir hulle boring nie. Dit help hulle definitief om die gedeelte beter te verstaan en te kan toepas in hulle eie lewens. Ek dink dit kan met groot vrug toegepas word in kategeseklasse. Dit was ’n groot hoogtepunt om te sien hoe entoesiasties die kinders is om die gedeelte in die Bybel te “speel” en dat hulle na die tyd met die oordenking en toepassing werklik voorbeelde van storms in hulle lewens vir my kon uitwys en te sê dat hulle nou altyd in sulke storms met God sal praat.” Saam met Gretha op die foto is studente uit Namibië en Balfour wat die praktiese werkswinkel bygewoon het. Om ‘n beradingspad met ‘n gesin in emosionelenood te stap, is so ‘n voorreg. Gretha is betrokke om ‘n paar individuele gesinne te help deur ‘n beradingspad met hulle te stap. Dit is maar ‘n lang pad juis omdat Petra se benadering verhoudingsgerig is. Dit is merkwaardig om te sien hoe dat ‘n dogtertjie van 7 jaar oud na 7 besoeke vir die eerste keer uit haar eie met ‘n sin begin “ Ek is bang…..”. Dit is ‘n deurbraak want dit wys dat sy vir die eerste keer bewus raak van emosies. Bid asseblief vir vrug op haar werk. Hierdie gesinne het baie seer, ons kan net bid dat die Heilig Gees die genesing en herstel sal bring Bogenoemde so ‘n klein kykie in van die take waarmee ons besig is. Ons besef ook dat ons twee nie goeie kommunikeerders is nie en daarom nie so gekonnekt is met almal soos ons graag wil wees nie. Die afgelope jaar het beide van ons gesondheidsgewys deur groot dinge gegaan maar ons is baie dankbaar om te getuig dat ons daar deur is en dat dit baie beter gaan. Die feit dat die kanker weer kop uitgesteek het by Gretha was vir ons ontstellende en alhoewel die dokters tevrede voel dat hulle dit ten volle kon verwyder voel ons dat Gretha in ‘n mate moet afskaal op haar aktiwiteite. Dit is glad nie vir haar maklik nie omdat sy voel dat sy eintlik nog baie het om te gee. Ons bid vir leiding en regte keuses in die verband.


Wat ons gesin betref het baie dinge gebeur in die afgelope jaar: Ouma verjaar saam met Maretha en Theuno, Oupa, Sion en Tienie.

Tienie het besluit om vir vyf maande as vrywilliger in Suid-Soedan saam met die organisasie Africa Inland Mission te gaan werk. Hy het met die motorfiets soontoe en terug gery, in totaal het hy 14 380 km afgelê. Hy kon onder andere help om heelwat bouwerk en installasie van sonwaterverwarmingstelsels te installeer vir 6 sendelinggesinne wat onder die onbereikte Laarim groep evangelisasiewerk doen. Ons is baie dankbaar dat die Here hom op ‘n besondere manier gebruik het en hom oor al hierdie kilometers en in onrussituasies bewaar het. Baie dankie vir julle omgee en ondersteuning.

Boetie en Gretha Lourens. Hier volg ook ‘n briefie van dank aan die Studiefondsondersteuners: Ons wil net opreg sê dankie vir die fondse wat bewillig is sodat ons die Swahili Taalskool kan bywoon. Gerhard gaan ekstra tyd insit en begin met 4 ure ‘n week van Maandag af om sy eerste 20-30 ure te doen voor ons Desember 2016 Mombasa toe gaan. Carmari sal teen dan ook min of meer by 30-40 ure trek. Sy het mos reeds haar eerste 20 ure gedoen.

Ons kan reeds die waarde sien van die 20 ure reeds gedoen en het groot verwagting vir wat die totale 60 ure vir ons kommunikasie en VERAL in die opleidingsaanbieding sal doen. Ook die werk in die groter Oos-Afrika. Dit maak deure oop om meer van die wonderlike Swahili sprekende leiers in kinderbediening, om moontlik internasionale en Petra opleidings/mentorskap kursusse te kan bywoon. Ons WEET dis saad in vrugbare grond en dat God reeds baie meer in gedagte het as wat ons ooit kan bid of dink! Ons hou jul op hoogte. Baie seën en nogmaals so so dankie! Mag hierdie ook ‘n getuienis wees van hoe God die fonds gebruik vir wonderlike bedienings geleenthede! Gerhard en Carmari Strobos (Tanzanië)


Baie geluk aan elkeen wat hierdie mylpaal bereik!

Mylpale 30 Okt. 31 Okt. 1 Nov. 2 Nov.

Johan & Sandra Barnard Le Grange Odendaal Lydia Kotze Pottie Potgieter Ockie Coetzee

34 Huwelik 34Belydenis 87 Verjaar 83 Verjaar 58 Doop

Kom deel met ons jou lewensreis en struikelblokke. Saam vind ons oplossings vir al die uitdagings. Kontak Klara by 082 693 6596 vir ʼn afspraak op ʼn Dinsdagaand

Hans Scholtz Ria Massyn 4 Nov. Gert vd Merwe 5 Nov. Leon J van Rensburg

58 Doop 54 Belydenis 65 Doop 77 Verjaar

Waar: Sabie River Kamp Wanneer: 11 - 13 November Koste: Volwassenes R 120/p per nag Kinders 2-17jaar R90/p per nag Bespreek direk by hulle 013 764 3282 of www.sabierivercamp.co.za

Ons gemeente missie

Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

WERK BESKIKBAAR Citybug benodig vriendelike drywers met sober gewoontes wat beskik oor Kode 10 + PDP lisensie. Ouderdom 25-50 jaar. Stuur CV: info@citybug.co.za Navrae: 086 133 4433 vra vir Jaco

SOEK BEHUISING Soek kamer te huur vir manspersoon in Witrivier en omgewing. Kontak: Flip 076 015 5104

WOONSTEL BESKIKBAAR Bedsitter in Macadamia naby frail care beskikbaar 1 November. Kontak: Hermien 083 258 2177 1 Slaapkamer woonstel met loft in Rose Bridge Manor te huur beskikbaar. Met ʼn afdak. Ongelukkig geen diere. Kontak: Ursula 082 660 9996

Groot bachelor woonstel geskik vir 2 volwassenes , beskikbaar einde November. Ongelukkig geen kinders of diere. Kontak: Spurgeon 082 851 4579 Erica 082 337 6534 2 slaapkamer met 1 badkamer woonstel in Witrivier beskikbaar Kontak: Ida 079 284 7703 Kamer te huur in woonstel om te deel op Yaverland pad. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: Annemarie 076 193 0230

SOEK WERK Man en vrou soek dringend werk. Hy het meer as 20 jaar ondervinding in boerdery. Sy het 18 jaar IT ondervinding. Kontak: Sally & Corné 084 688 6441


Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Laai gerus die Like” ons by

Gemeente

NG Gemeente Witrivier APP af: en Jeug@NGWitrivier

NG Kerk Witrivier

www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710 KERKKANTOOR (013) 751 1644 082 523 4596

BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.

Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.