Handleiding vir Omgeegroepe
God roep nie noodwendig mense wat opgelei is vir ‘n spesifieke taak nie. Hy roep mense wat gewillig en gehoorsaam is en lei hulle dan self op. -Richard Parker-
Met dank aan die volgende medewerkers van NG Gemeente Witrivier: Ds. Eddie le Roux Ds. Jurgens de Jager Ds. Nati Stander Antoinette Bester Chris Claassens Sulene Roelofse Annabelle Grobler Tanja van Niekerk Skrifaanhalings geneem uit die Bybel in Afrikaans 1983-vertaling met herformulering tot en met 1992 Š Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992. Gedruk en gebind deur: Colourtech Printers, Rietfontein 21, Bapsfontein,1510
2
aaaaaaaa 1. Hoekom kruip jy weg? 2. Lig op my pad 3. Roeping neem my op ‘n nuwe pad 4. Ai ai die pad is kwaai 5. Moedverloor is ook op die pad 6. Aanhouer wen!
Zaaaaaaa
3
Hoe om jou lewensroeping te vind
Maar hoe vind jy jou gawe of jou lewensroeping vir hierdie lewe? Daar is ‘n Venn-diagram wat dalk ‘n baie sinvolle oefening vir jou kan wees…
4
Die eerste sirkel bevat jou waardesisteem. Dit is die dinge waaraan en waarin jy glo. Dit is dinge wat vir jou belangrik is en eintlik jou lewensuitkyk bepaal. Solank as wat jy vanuit hierdie sirkel leef en beweeg, sal jy lewensvervulling beleef. Mens raak sielsongelukkig as daar van jou dinge verwag word wat indruis teen jou waardesisteem. Die tweede sirkel bevat alles wat jou uniek maak. Jou sterkpunte, ervaring, dinge waaroor jy passievol voel – selfs jou foute of seerkry in die lewe. Mens sou kon sê dat dit die dinge in die lewe is waaroor jy as rentmeester aangestel is. Die derde sirkel bevat jou konteks. Op ‘n manier wil jy altyd hê dat jou roeping relevant sal wees vir jou konteks. So hoe lyk dit rondom jou? Wat sien jy raak? Wat is die nood of die behoeftes rondom jou op die oomblik? En nou kom die vraag hoe mens die informasie in hierdie 3 sirkels met mekaar kan “trou”. Waar vind oorvleueling plaas? Dit is die plek waar jy op hierdie stadium van jou lewe jou roeping behoort uit te leef. So gesien, is roeping iets wat altyd aan die verander is. Waar jou waardesisteem waarskynlik meer konstant is, is mens se roeping gebonde aan ‘n tydvak. Dit is onlosmaaklik verbind aan jou persoonlike verhaal en jou konteks. Dikwels sal jy vind dat soos wat jou eie lewensreis verder ontvou – en jou konteks verander – jou roeping ook kan verskuif.
Bron: www.leadingthoughtfully.com Blog van Ds Nati Stander
5
Week 1
Hoekom kruip jy weg? Mens tot Mens b b
Watter gebeurtenisse waarna jy uitsien, le vir jou voor? Watter gebeurtenisse voel vir jou asof dit ‘n berg is wat jy moet gaan uitklim?
aaaaa
Mens tot God
Kom ons dra ons jaar en nuwe kwartaal aan die Here op en vra Hom om ons te help en te gebruik.
aaaaa God tot Mens
Kyk na die DVD-inleiding. Lees Rigters 6:1-16 Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete. 2Hulle het die Israeliete hard behandel, en daarom het hulle langs die bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke gaan bly. 3Wanneer die Israeliete iets gesaai het, het die Midianiete teen hulle opgetrek saam met die Amalekiete en ander mense uit die ooste. 4Dan slaan die Midianiete kamp op en vernietig die opbrengs van die land selfs tot by Gasa se wêreld. Hulle het nie ’n dier in Israel lewend agtergelaat nie, nie ’n skaap of ’n bees of ’n donkie nie. 5Die Midianiete het met hulle veetroppe gekom en kom tent opslaan. Hulle was so baie soos sprinkane: hulle en hulle kamele kon nie getel word nie. Hulle het die land kaalgestroop. 6Hulle het die Israeliete arm laat
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 6
Week 1
Hoekom kruip jy weg?
word, en toe het die Israeliete tot die Here geroep om hulp. 7Toe hulle tot die Here roep om hulp teen die Midianiete, 8het Hy ’n man gestuur om onder die Israeliete as profeet op te tree, en hy het vir hulle gesê: “So sê die Here die God van Israel: Ek het julle uit Egipte laat wegtrek en Ek het julle uit die plek van slawerny bevry. 9Ek het julle gered uit die mag van Egipte en van almal deur wie julle verdruk is. Ek het hulle laat plek maak vir julle en Ek het hulle land vir julle gegee. 10Ek het vir julle gesê: ‘Ek is die Here julle God. Julle mag nie die gode dien van die Amoriete in wie se land julle woon nie.’ Maar julle het nie na My geluister nie.” 11Daarna het ’n Engel van die Here gaan sit onder die groot boom in Ofra wat behoort het aan Joas die Abiësriet. Sy seun Gideon was besig om koring uit te slaan in ’n parskuip waar hy weggekruip het vir die Midianiete. 12Die Engel van die Here het aan hom verskyn en vir hom gesê: “Die Here is by jou, dapper man!” 13Maar Gideon het vir die Engel gesê: “Ekskuus, Meneer, maar as die Here by ons is, waarom kom al hierdie dinge oor ons? Waar is al sy magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het toe hulle gesê het: ‘Het die Here ons nie uit Egipte bevry nie?’ Nou het die Here ons in die steek gelaat: Hy het ons oorgegee in die mag van die Midianiete.”14Toe het die Here na Gideon toe gedraai en vir hom gesê: “Gaan met die krag wat jy het en gaan red die Israeliete uit die mag van die Midianiete! Toe, Ek stuur jou!”15Maar Gideon sê vir Hom: “Ekskuus, Meneer, waarmee sal ek die Israeliete gaan red? Die familie waaraan ek behoort, is die armste in die hele Manasse, en van my pa se kinders het ek die minste aansien.” 16Die Here het hom geantwoord: “Ek is by jou, en jy sal die Midianiete verslaan asof hulle nie meer as een is nie.” 1. Deel met mekaar wat julle in hierdie gedeelte opval.
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 7
Week 1
Hoekom kruip jy weg?
2. In vers 13 verwyt Gideon vir die Here dat Hy hulle kwansuis “in die steek gelaat het”. Hoe laat dit jou voel? Dink jy dit is ʼn geldige verwyt veral in die lig van vers 1?
3. In vers 14 gee die Here vir Gideon ‘n belangrike taak. Ons sou ook kon se dit is Gideon se roeping. Wat val jou spesifiek van vers 14 op?
4. In vers 15 bied Gideon ‘n rits verskonings aan hoekom hy nie die regte persoon vir die taak is nie. Wat dink jy is die verskonings wat ons aanbied?
5. In vers 16 verseker die Here vir Gideon van sy teenwoordigheid. Hoekom dink jy doen die Here dit?
aaaaa
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 8
Week 1
Hoekom kruip jy weg? Mens tot Medemens
Noem die probleme op wat jy rondom jou raaksien en waarvoor die Here jou dalk roep om ‘n oplossing te wees. Y Kom ons bely teenoor die Here dat ons dikwels verskonings aanbied wanneer Hy ‘n roeping op ons le. Kom ons se vir die Here dat ons onderneem om gehoorsaam te reageer. Y Kom ons bid vir mekaar dat ons groot helderheid sal he oor wat God se roeping vir ons elkeen is. Y
aaaaa
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 9
Week 2
Oggendstond op my pad? Mens tot Mens b b b
Ons het elkeen iewers iets moois die afgelope week beleef - wat was dit? Dink ‘n bietjie en deel dit dan met mekaar. Vertel ‘n bietjie vir mekaar wat jy dink van mense wat se: “Die Here het vir my hierdie of daardie opdrag gegee." Hoe tree iemand wat verseker weet dat die Here hom/haar vir ‘n spesifieke taak geroep het, op?
aaaaa Mens tot God
Bid tot die Here wat in ons midde is om vandag iets besonders aan ons te openbaar. h Sing dan ‘n paar liedere wat vooraf uitgesoek is. h
aaaaa God tot Mens
Kyk na die DVD-inleiding. Lees dan die verhaal van hoe die Here Nehemia geroep het twee maal deur. Lees Nehemia 1:1-11 Nehemia kry berig oor Jerusalem 1 Die verhaal van Nehemia seun van Gakalja. Dit was in die maand Kislef, die twintigste jaar. Ek was in die vestingstad Susan. 2Ganani, een van my medeamptenare, het daar aangekom uit Juda, hy en ’n paar ander manne. Ek het by hulle navraag gedoen oor die Judeërs wat uit die ballingskap vrygelaat is en teruggegaan het, en oor Jerusalem, 3en hulle het vir my gesê: “Die ballinge wat teruggegaan
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 10
Week 2
Oggendstond op my pad
het, beleef daar in die provinsie Juda groot ellende en smaad. Die muur van Jerusalem lê om, en die stadspoorte is verbrand.” 4By die aanhoor van dié woorde het ek gaan sit en gehuil en dae lank getreur. Ek het gevas en tot die God van die hemel gebid. 5Ek het gesê: “Ag, Here, God van die hemel, groot en ontsagwekkende God wat u verbond en u troue liefde handhaaf teenoor dié wat vir U liefhet en u gebooie gehoorsaam, 6luister tog, gee tog ag op die gebed wat ek, u dienaar, sonder ophou tot U bid. “Ek bid vir u dienaars, die Israeliete, ek doen belydenis van die sondes wat ons teen U begaan het. Ook ek en my familie het gesondig. 7Ons het U nie geëer nie, ons was ongehoorsaam aan die gebooie, die voorskrifte, die bepalings wat U aan u dienaar Moses gegee het. 8“Dink tog aan die belofte wat U aan u dienaar Moses gemaak het: ‘As julle ontrou is, sal Ek julle onder die volke verstrooi, 9maar as julle julle tot My bekeer en my gebooie gehoorsaam en nakom, sal Ek julle weer bymekaarmaak, al is julle oor die hele aarde versprei. Ek sal julle terugbring na die plek toe wat Ek gekies het om my Naam daar te laat woon.’ 10“Hulle is u dienaars, u volk vir wie U met u groot mag en krag gered het. 11Ag, Here, luister tog na die gebed van u dienaar en na die gebed van u dienaars, hulle vir wie dit ’n vreugde is om u Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen. Laat hierdie man my simpatiek gesind wees.” Ek was die koning se skinker. 1. Wat tref jou in hierdie verhaal?
2. Wat dink jy wil die Here vir jou se oor jou hart vir Y jou familie en Y ons gemeente en
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 11
Week 2
Oggendstond op my pad Y ons land en Y jou besittings en Y jou toekoms?
3. Wat dink jy van Nehemia se gebed en wat leer jy by hom?
4. In sy gebed kan jy sien dat Nehemia sy lewe op die spel geplaas het en dat hy bereid was om self betrokke te raak by die uitkoms wat hy van die Here vra. Praat ‘n bietjie oor hierdie stelling: As ek iets van die Here vra, moet ek bereid wees om ook self iets daaraan te doen.
aaaaa Mens tot Medemens
Wat is daar waaroor jy ‘n “heilige onrustigheid” het? Is daar iets wat jy weet wat nie binne die wil van die Here is nie? Y Ander sake vir voorbidding, praat met die Here daaroor. Y
aaaaa Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 12
Week 3
Roeping neem my op ’n nuwe pad Mens tot Mens
Vertel wat jou bynaam was toe jy klein was en hoekom.
aaaaa Mens tot God
Kom ons dink weer oor die dinge in ons lewe waarvoor ons dankbaar kan wees en dank die Here dan daarvoor in spontane gebede / liedere.
aaaaa God tot Mens
Kyk na die DVD-inleiding Lees Markus 3:13-19 13 Jesus het teen die berg opgegaan en dié wat Hy wou hê, nader geroep, en hulle het na Hom toe gekom. 14 Hy het toe twaalf, wat Hy apostels genoem het, aangestel om by Hom te bly sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek.15 Hulle het ook die mag ontvang om bose geeste uit te drywe.16 Hy het hierdie twaalf aangestel: Petrus, soos Hy Simon genoem het, 17 Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus - vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê "manne van die donder" - 18 Andreas, Filippus, Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die Kananeër,19 en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het. ** Boanerges kom van 'n Hebreeuse woord wat Markus moes vertaal sodat sy Griekse lesers ook kon verstaan hoekom die woord so belangrik was om hierdie twee manne te beskryf.
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 13
Week 3
Roeping neem my op ’n nuwe pad
Kom ons kyk ‘n bietjie nader na hierdie twee seuns: Lees Lukas 9:51-55 51 Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin 52 en boodskappers voor Hom uit gestuur. Hulle het vertrek en in ‘n dorp van die Samaritane gekom om daar vir Hom verblyf te reël. 53 Maar die inwoners wou Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem toe op pad was. 54 Toe die twee dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: "Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?" 55 Maar Hy het omgedraai en hulle skerp tereggewys. 1. Wat leer ons van hierdie twee seuns se karakter / persoonlikheid?
Dieselfde Johannes (man van die donder) skryf later die gedeelte: Lees 1 Johannes 4:7-13 7 Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. 8 Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9 Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. 10 Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.11 Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te hê.12 Niemand het God nog ooit gesien nie, maar as ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons sy doel volkome bereik. 13 Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees gegee.
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 14
Week 3
Roeping neem my op ’n nuwe pad
2. Watter verandering sien ons tussen die eerste Johannes en die nuwe een?
3. Hoe gebeur sulke veranderings? Kyk weer na Markus 3:14.
4. Kan jy 'n voorbeeld noem van iemand wat jy ken of van wie jy weet met wie dit gebeur het? Vertel meer van hom of haar.
5. Hoe het jou verhouding met Jesus dinge in jou lewe verander?
aaaaa Mens tot Medemens
Vra iemand wat jy weet 'n baie mooi verhouding met die Here het hoe dit gekom het. Y Bid vir mekaar. Se vir die groep wat jy graag sou wou he in jou lewe moet verander terwyl jy Jesus volg en jou roeping uitleef. Y
aaaaa Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 15
Week 4
Ai,ai,die pad is kwaai Mens tot Mens
Het jy al ooit ‘n fout gemaak wat die Here later omgeswaai het in iets goeds of dit later ten goede gebruik het? Deel dit met die groep.
aaaaa
Mens tot God
Kom ons bid vir ons land en al sy wonderlike inwoners, dat die Here ons land se toekoms in sy hand sal hou.
aaaaa God tot Mens
Kyk na die DVD-inleiding
aaaaa Agtergrond: Josua is deur God geroep om die volk die beloofde land in te lei. ‘n Mens dink dikwels dat hierdie roeping sonder stampe of stote gegaan het. Vandag lees ons egter oor wat by die stad, Ai, gebeur het.
Lees Josua 7:1-8:29 7 Die Israeliete het troueloos gehandel met die banoffer wat aan die Here behoort het. Akan seun van Karmi, seun van Sabdi, seun van Serag uit die Judastam, het van die goed wat aan die Here gewy was, gevat en daardeur het die toorn van die Here teen die Israeliete ontvlam. 2Josua het van Jerigo af manne gestuur na Ai toe, naby Bet-
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 16
Week 4
Ai,ai,die pad is kwaai
Awen, oos van Bet-El, en vir hulle gesê: “Gaan verken die land.” Die manne is toe weg en het Ai verken. 3Toe hulle by Josua terugkom, sê hulle vir hom: “Dit is nie nodig dat al die manskappe gaan nie. So twee of drie duisend man kan gaan en Ai inneem. Die manskappe hoef hulle nie almal daar te gaan moeg maak nie, daar is min mense in Ai.” 4Daar het toe omtrent drie duisend man daarheen opgetrek, maar hulle moes op die vlug slaan vir die mense van Ai, 5en dié het omtrent ses en dertig van hulle doodgemaak. Die mense van Ai het van die stadspoort af op hulle hakke gebly tot by die klipskeure en hulle daar teen die afdraand doodgemaak. Die volk se moed is gebreek, 6en Josua het sy klere geskeur en tot die aand toe met sy gesig in die grond gelê voor die ark van die Here, hy en die leiers van Israel. Hulle het stof op hulle koppe gegooi. 7Daarna het Josua gesê: “Ag, Here, waarom het U eintlik hierdie volk oor die Jordaan gebring? Om ons in die mag van die Amoriete oor te gee dat hulle ons kan uitroei? Het ons tog maar liewer oorkant die Jordaan gebly! 8Here, wat moet ek sê noudat Israel vir sy vyande moes vlug? 9Die Kanaäniete en al die inwoners van die land sal daarvan hoor en ons omsingel en alle gedagtenis aan ons uit die land uitroei! Wat sal U dán doen om die grootheid van u Naam te verseker?” 10Toe sê die Here vir Josua: “Staan op. Hoekom lê jy met jou gesig in die grond? 11Israel het gesondig en my verbond wat Ek hulle opgelê het, verbreek. Hulle het van die goed wat aan My gewy is, gevat, hulle het gesteel, hulle het gelieg en van die goed by hulle s’n gesit. 12Daarom kan die Israeliete nie teen hulle vyande staande bly nie; hulle vlug vir hulle vyande omdat hulle nou self mense geword het wat vernietig moet word. As julle nie al die gewyde goed tussen julle verwyder nie, sal Ek nie meer by julle bly nie. 13Staan op, reinig die volk, sê vir hulle: Reinig julle vir môre, want so sê die Here die God van Israel: Daar is gewyde goed tussen julle, Israel. Julle kan nie teen julle vyande staande bly as julle nie die gewyde goed tussen julle verwyder nie. 14Kom môre nader volgens julle stamme; die stam wat deur die Here aangewys word,
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 17
Week 4
Ai,ai,die pad is kwaai
moet volgens families nader kom, die familie wat deur die Here aangewys word, moet volgens gesinne nader kom, en die gesin wat deur die Here aangewys word, moet man vir man nader kom. 15Die man wat gevang word met die gewyde goed, moet verbrand word, hy en al sy mense, want hy het die verbond van die Here verbreek en ’n roekelose sonde in Israel begaan.” 16Josua het die môre vroeg opgestaan en Israel volgens stamme laat nader kom. Die stam Juda is aangewys. 17Toe hy die families uit Juda laat nader kom, is die Seragfamilie aangewys, en toe hy die Seragfamilie man vir man laat nader kom, is Sabdi aangewys. 18Toe hy die gesin van Sabdi man vir man laat nader kom, is Akan seun van Karmi, seun van Sabdi, seun van Serag uit die Judastam aangewys. 19Josua het vir Akan gesê: “My seun, gee tog aan die Here die God van Israel die eer wat Hom toekom en doen belydenis voor Hom. Sê my wat jy gedoen het, moet dit nie vir my wegsteek nie.” 20Toe sê Akan vir Josua: “Dit is waar. Ek het gesondig teen die Here die God van Israel. Wat ek gedoen het, is dit: 21ek het onder die buit pragtige klere uit Sinar gesien en ook sowat twee kilogram silwer en ’n staaf goud van meer as ’n halwe kilogram; ek wou dit baie graag hê en ek het dit gevat. Dit is in die grond in my tent begrawe. Die silwer is heel onder.” 22Josua het mense gestuur, en hulle het na die tent toe gehardloop en daar kry hulle toe die goed in Akan se tent, die silwer onder. 23Hulle het die goed uitgehaal en na Josua en al die Israeliete toe gebring. Toe hulle dit daar voor die Here uitskud, 24vat Josua en die hele Israel saam met hom vir Akan seun van Serag en bring hom na die Akorlaagte toe, en ook die silwer, die klere en die staaf goud, Akan se seuns en dogters, sy beeste, sy donkies, sy kleinvee, sy tent, alles wat aan hom behoort. 25Josua het gesê: “Jy het die dood oor óns gebring, vandag bring die Here die dood oor jóú!” Die hele Israel het toe vir Akan met klippe doodgegooi en hom en sy mense en sy besittings verbrand en met klippe toegegooi. 26Hulle het ’n groot hoop klippe bo-oor gepak. Dit is vandag nog daar. Daarna het die Here se toorn bedaar. Hulle noem die plek tot
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 18
Week 4
Ai,ai,die pad is kwaai
vandag toe die Akorlaagte. Die inname van Ai 8 Die Here het vir Josua gesê: “Moenie bang wees nie, moenie bekommerd wees nie. Neem al die manskappe met jou saam en trek op teen Ai. Ek gee die koning van Ai, sy volk, sy stad, sy land nou aan jou oor. 2Jy moet met Ai en sy koning doen soos jy met Jerigo en sy koning gedoen het. Net die buit en die vee kan julle vir julle vat. Laat van die manskappe hulle agter die stad versteek.” 3Josua en al die manskappe het toe klaargemaak om teen Ai op te trek. Josua het dertig duisend dapper manne gekies en hulle in die nag gestuur 4en hulle beveel: “Julle moet julle agter die stad versteek, nie te ver van die stad af nie, en julle moet gereed wees. 5Ek en al die manskappe by my sal na die stad toe aankom, en as hulle ons tegemoet kom, soos die vorige keer, sal ons vir hulle vlug. 6Hulle sal agter ons aan kom en so sal ons hulle van die stad af weglok. Hulle sal dink ons vlug vir hulle soos die vorige keer. Ons sal vir hulle vlug, 7en dan moet julle uit die skuilplek opstaan en die stad in besit neem. Die Here julle God gee dit aan julle oor. 8Wanneer julle die stad ingeneem het, moet julle dit aan die brand steek. Julle moet doen wat die Here beveel het. Ek dra die opdrag nou aan julle oor.” 9Josua het hulle toe laat gaan en hulle het hulle gaan versteek. Hulle het tussen Bet-El en Ai gelê, wes van Ai. Josua het dié nag tussen die manskappe geslaap. 10Vroeg die môre is Josua uit. Hy het sy manskappe in gelid opgestel en hy en die leiers van Israel het die manskappe na Ai toe gelei. 11Al die manskappe by hom het opgetrek en nader gegaan en reg voor die stad aangekom. Hulle het kamp opgeslaan noord van Ai. Die laagte was tussen hulle en Ai. 12Josua het omtrent vyf duisend man geneem en hulle ’n verskuilde posisie laat inneem tussen Bet-El en Ai, wes van die stad. 13Die manskappe het die hele kamp wat noord van die stad moes wees, opgeslaan, maar die ander deel was wes van die stad. Josua het dié nag afgegaan na die laagte toe. 14Die koning van Ai het gesien daar kom ’n aanval. Die manne van die stad het haastig klaargemaak en hulle het Israel vroeg die môre tegemoet getrek vir die veldslag. Die koning en
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 19
Week 4
Ai,ai die pad is kwaai
al sy manskappe is na die plek toe waar hulle Israel wou ontmoet, regoor die Jordaanvallei. Hy het nie geweet van die versteekte afdeling agter die stad nie. 15Josua en die hele Israel het hulleself laat terugdryf deur die manne van Ai, en in die rigting van die woestyn gevlug. 16Al die manskappe in die stad is toe vir die agtervolging opgeroep; hulle het Josua agtervolg en is van die stad af weggelok. 17Daar het geen man in Ai of Bet-El agtergebly wat nie uit is agter Israel aan nie. Hulle het die stad net so oop gelos en het Israel agternagesit. 18Toe sê die Here vir Josua: “Steek die swaard wat jy in jou hand het, na Ai toe uit, want Ek gee die stad in jou mag oor.” Josua het die swaard wat hy in sy hand gehad het, na die stad toe uitgesteek, 19en toe staan die versteekte manskappe op uit hulle skuilplekke en storm, net toe hy sy hand uitsteek. Hulle is die stad in en het dit ingeneem en dit dadelik aan die brand gesteek. 20Toe die manne van Ai terugkyk, sien hulle die rook van die stad in die lug opstyg. Hulle kon nêrens heen vlug nie, nie hiernatoe of soontoe nie, want Josua se manne wat woestyn se kant toe gevlug het, het omgedraai na hulle agtervolgers toe. 21Josua en die hele Israel het gesien die versteekte manskappe vat die stad, en toe die rook van die stad uitslaan, draai hulle om en val die manne van Ai aan. 22Dié mense het die stad verlaat om die Israeliete tegemoet te gaan, maar daar was nou Israeliete weerskante van hulle, en dié het hulle neergevel tot daar nie een oor was wat ontkom en vrygeraak het nie. 23Die Israeliete het die koning van Ai gevang en hom na Josua toe gevat. 24Israel het al die inwoners van Ai doodgemaak wat vir Josua-hulle in die veld en die woestyn agternagesit het. Die agtervolgers het almal gesneuwel, tot die laaste man toe. Daarna is die hele Israel terug na Ai toe en het hulle al die mense in die stad doodgemaak. 25Almal wat daardie dag gesneuwel het, mans en vrouens, was twaalf duisend, al die mense van Ai. 26Josua het nie sy hand met die swaard teruggetrek voordat al die inwoners van Ai uitgeroei was nie. 27Israel het net die vee en die buit in die stad vir hulleself gevat, soos die Here vir Josua beveel
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 20
Week 4
Ai,ai,die pad is kwaai
het. 28Josua het Ai afgebrand en daarvan vir altyd ’n verlate ruïne gemaak. Dit is nou nog so. 29Hy het die koning van Ai aan ’n boom opgehang en hom daar laat bly tot die aand toe. Toe die son ondergaan, het Josua opdrag gegee, en hulle het die lyk van die boom afgehaal, dit in die stadspoort gegooi en ’n groot hoop klippe daarop gepak, wat vandag nog daar is. 1. Deel met mekaar wat julle in hierdie gedeelte opval.
2
Het jy gesien dat hierdie nederlaag teen Ai (hoofstuk 7) direk op die groot oorwinning teen Jerigo (hoofstuk 6) volg. Dikwels beleef ʼn mens ‘n groot terugslag na ‘n groot oorwinning. Het jy dit al beleef?
3. Vers 5 en 6 gee iets te kenne van hoe verslae die volk na die nederlaag was. Wat dink jy het alles op daardie stadium deur hulle gedagtes gegaan?
4. Die volk het waarskynlik gedink die inname van Ai gaan maklik wees. Die Here is mos met hulle. Hy het dan Jerigo so maklik vir hulle oorgegee. Waarom nie ook die stad Ai nie? En toe bied Ai onverwagse weerstand... Het jy al ooit gedink ‘n sekere taak of
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 21
Week 4
Ai,ai,die pad is kwaai
gesprek gaan maklik verloop – omdat dit die Here se wil is – en dan ondervind jy ongekende weerstand?
5. Wat is opmerklik van die manier waarop die stad Ai op die ou einde toe wel ingeneem is?
6. Op watter manier dink jy dat die Here die weerstand wat jy beleef, later kan gebruik om vir jou ‘n deurbraak te gee?
aaaaa Mens tot Medemens
Kom ons spreek ons vertroue in die Here uit dat Hy selfs ons mislukkings ten goede sal gebruik. Y Kom ons bid vir mekaar dat ons ten tye van weerstand nie moedeloos of gefrustreerd sal word nie. Dat ons altyd God se groter plan sal sien. Dat ons ons roeping sal onthou. Y
aaaaa
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 22
Week 5
Moedverloor is ook op die pad Mens tot Mens
Vertel mekaar van 'n teleurstelling wat julle al gehad het.
aaaaa Mens tot God
Vertel van iets moois wat met jou hierdie week gebeur het en loof die Here dan in spontane dankgebede.
aaaaa God tot Mens
Kyk na die DVD-inleiding. Lees Matteus 11:1-19 1 Toe Jesus klaar was met die opdragte aan sy twaalf dissipels, het Hy daarvandaan weggegaan om die mense in hulle dorpe te leer en vir hulle te preek. 2 Johannes het in die tronk gehoor wat Christus alles gedoen het, en het toe deur sy volgelinge ‘n boodskap aan Hom gestuur om te vra:3 "Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?" 4 Jesus antwoord hulle: "Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien:5 Blindes sien, lammes loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, en aan armes word die evangelie verkondig.6 En gelukkig is elkeen wat nie aan My begin twyfel nie." 7 Toe hulle weggaan, het Jesus met die mense oor Johannes begin praat en gesê: "Waarna het julle in die woestyn gaan kyk? Na ‘n riet wat deur die wind heen en weer gewaai word? 8 Nee? Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? ‘n Man met deftige klere aan? Nee, kyk, dié wat deftig aantrek, kry ‘n mens in koninklike paleise.
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 23
Week 5
Moedverloor is ook op die pad
Maar wat het julle dan uitgegaan om te sien? ‘n Profeet? Ja, Ek verseker julle, nog meer as ‘n profeet. 10 Dit is hy van wie daar geskrywe staan: ‘Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit; hy sal die pad vir jou regmaak.’ 11 "Dit verseker Ek julle: Onder die mense op aarde is niemand gebore wat groter is as Johannes die Doper nie, en tog is die geringste in die koninkryk van die hemel groter as hy. 12 Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself ‘n pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit. 13 Al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer, 14 en as julle dit wil aanvaar: Johannes is die Elia wat sou kom. 15 Wie ore het, moet luister.16 "Waarmee moet Ek hierdie geslag vergelyk? Hulle is net soos kinders wat op die markpleine vir mekaar sit en roep:17 ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie! Ons het ‘n treurlied gesing, en julle het nie gehuil nie!’ 18 Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ 19 Die Seun van die mens het gekom en geëet en gedrink, en hulle sê: ‘Kyk daar, ‘n vraat en ‘n wynsuiper, ‘n vriend van tollenaars en sondaars.’ Maar God tree met wysheid op, en sy werke bewys dit." 9
1. Gesels oor wat agter Johannes se vraag in vers 3 le.
2. Hoekom het Johannes aan sy eie roeping begin twyfel?
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 24
Week 5
Moedverloor is ook op die pad
3. Watter slim ding doen Johannes toe hy begin twyfel in Jesus se rol? (vers 2b)
4. Wat lei julle af uit Jesus se antwoord in vers 5?
5. Het Johannes se ontnugtering Jesus teleurgestel? Hoe moet ons Jesus se reaksie verstaan?
6. Hoe het Johannes se hantering van sy ontnugtering sy geloof versterk?
7. Vertel wat julle blootstelling aan twyfel was (jyself of ander na by jou) en hoe daar weer perspektief gekom het.
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 25
Week 5
Moedverloor is ook op die pad 8. Hoe kan twyfel jou roeping versterk?
aaaaa Mens tot Medemens
Kry iemand hierdie week met wie jy praat oor die moeilike tye in hulle geloof. Y Bid vir mekaar se opdrag. Y
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 26
Week 6
Aanhouer wen ! Mens tot Mens b b b
b
Deel met mekaar iets geesteliks wat die afgelope week met jou persoonlik gebeur het. Ons praat vandag met mekaar oor Jesus se opdrag om tot die einde toe te volhard. Wat sou jy se is ‘n definisie van volharding tot die einde toe? Gee jouself ‘n punt tussen 0 en 10 oor jou “commitments” ten opsigte van: Beloftes aan die Here ‘n Gesonde lewensstyl Jou vriende
aaaaa Mens tot God
Kom ons sing ‘n paar liedere spontaan na mekaar en dan doen iemand vir ons ‘n gebed voordat ons na die DVD-inleiding kyk.
aaaaa God tot Mens
Lees Matteus 24:3-14 3Nadat Jesus op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom toe en vra: “Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat sal die teken van u koms en van die einde van hierdie wêreld wees?” 4Jesus antwoord hulle: “Pas op dat niemand julle mislei nie. 5Baie sal onder my Naam kom en sê: ‘Ek is die Christus,’ en hulle sal baie mense
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 27
Week 6
Aanhouer wen !
mislei. 6Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. 7Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees. 8Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd. 9“Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely. 10In daardie tyd sal baie mense van die geloof afvallig word, en hulle sal mekaar verraai en mekaar haat. 11“Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. 12Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. 13Maar wie tot die einde volhard, sal gered word. 14En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom” 1. Wat dink jy is die kern van die Here se boodskap aan jou in hierdie gedeelte?
2. Lees weer die gedeelte en kyk wat dit alles is wat hulle kon ver wag voordat Jesus weer kom. Let veral op die vetgedrukte woorde.
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 28
Week 6
Aanhouer wen !
3. Hoe reageer jy op hierdie profetiese woorde van die Here Jesus?
4. Kom ons praat met mekaar oor vers 13: “Maar wie VOLHARD tot die einde toe sal GERED word”.
5. Bespreek die stelling: ‘n Verslapping in jou toewyding aan die Here is ‘n gevaarteken dat jy dalk verslap in jou volharding om die Here voluit te dien. Kyk na Romeine 12:11; Hebreers 12:1-2; Jakobus 1:3
aaaaa
Mens tot Medemens
Wat staan ons ten doel as ons verslap in ons geloof of as ons ander sien wat moeg word en uitsak?
aaaaa Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 29
Notas
Omgeehandleiding Wie is ek? En waarheen is ek op pad? 30
31
32
Omgeehandleiding