OaseNuus Sondag 20 Maart 2016
7 Dinge wat elkeen van die koninkryk moet weet
Spesiale welkom op Palmsondag in ons gemeente, mag jy gedurende hierdie Paastyd die lydingspad opnuut stap saam met Jesus. En Hy vir jou nuwe merkers in jou geestelike gee. Die Heilige Paasweek begin vandag en ons nooi almal om elke aand die pad saam te kom stap tydens die eredienste.
Die EERSTE kruiswoorde is uit Lukas 23:34 En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.
Die TWEEDE kruiswoorde En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. ( Lukas 23:43)
Die SEWENDE kruiswoorde
En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor!
Die DERDE kruiswoorde Daarna sê Hy vir die dissipel: “Daar is jou moeder.” (Johannes 19:27)
(Lukas 23:46)
Die VIERDE kruiswoorde
Die SESDE kruiswoorde
Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “"Eli, Eli, lemá sabagtani?"Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat? (Matteus 27:46)
Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: "Dit is volbring!"
Die VYFDE kruiswoorde
Johannes 19:30
“Ek is dors.” (Johannes 19:28)
25 Maart 20 Maart 21 Maart 22 Maart 23 Maart 24 Maart
Paasoordenking Paasoordenking Paasoordenking Paasoordenking Paasnagmaal en Bybelse-ete
18:30 18:30 18:30 18:30 18:30
26 Maart 27 Maart 05:45 08:30
Goeie Vrydag Meditasie nagmaal 09:00 tot 15:00 Stil Saterdag Sonsopkoms byeenkoms by Hoërskool Rob Ferreira Opstandings-erediens
Ons verwelkom graag nuwe lidmate na die erediens. Ons ontmoet jou in die kantoor. Kom vertel ons waar jy woon en waar jy graag sal wil inskakel. Dit is skoolvakansie, daarom sal daar vir die volgende paar Sondae nie tee en koffie wees nie. Ons kuier na die vakansie weer heerlik saam.
Palmsondag Ons almal ken die verhaal van Palmsondag, Jesus se intog in Jerusalem in. Min van ons besef dat daar daardie dag TWEE intogte in Jerusalem in was. Marcus Borg en John Dominic Crossan in hulle boek “The Last Week” het vir my dié liggie laat opgaan. Die een ken ons. Jesus wat Jerusalem vanuit die Ooste op die donkievul inry. Die klere en palmtakke wat op die pad voor die donkie neergegooi is. Jesus wat van die klein, armoedige dorpie Nasaret was, met ‘n boodskap oor die Koninkryk van God, gevolg deur meestal arm mense. Jesus en sy dissipels het na Jerusalem gekom vanaf Galilea, so 160km Noord van Jerusalem. Vanuit die Weste is daar nog ‘n optog, een wat die mense van Jesus se tyd goed geken het, maar wat vandag minder bekend is. Die Romeinse Goewerneur, Pontius Pilatus, kom die stad binne vooraan kolonne kavelarie en soldate. Pilatus het in Cesarea gewoon, so 100km Wes van Jerusalem. Met groot Joodse feestye het die Goewerneur dan Jerusalem toe gekom, in geval van moeilikheid. Sy gevolg soldate het dan ook die garnisoen in Jerusalem versterk. Tussen die twee optogte kom daar seker nie ‘n groter verskil gewees het nie: • Jesus op ‘n donkievul. Saal gemaak van klere. ‘n Kleinerige groepie juigende mense wat hulle klere en palmtakke voor hom op die pad neergooi. • Vanuit die Weste die imperiale optog, ‘n toonbeeld van mag en krag. Kavelarie op perde, voetsoldate, gepoleerde leerpantser, glintsterende helmette, goue arende op baniere – maar ‘n skare wat die onderdrukker
stil aanstaar. Daar is egter ‘n verdere, baie belangrike, verskil. Pilatus se optog vertoon nie net die imeriale Romeinse mag nie, maar ook die Romeinse godsdiens. Reeds met Augustus, 31VC, is die keiser as goddelik aangesien en in die amptelike staatsgodsdiens aanbid. Inskripsies verwys na Augustus as “seun van god”, “here” en “redder”. Alhoewel Tiberius wat na Augustus keiser geword het, en nou in die tyd van Jesus keiser is, nie so baie gemaak het van die keiseraanbidding as Augustus nie, is dit nog steeds, 10-15 jaar na Augustus se dood, die amptelike staatsgodsdiens. Hierteenoor is die, by vergelyking, armoedige optog van Jesus, “seun van God”, “Here” en “Redder” uit die Ooste. Jesus se optog is nie net ‘n kompeterende intog nie, dit gaan ook oor ‘n kompeterende Godsdiens! Die evangelieskrywers het dit baie duidelik verstaan! In Jesus se hele intog sou ‘n Jood van daardie tyd dadelik Sagaria 9:9 raakgesien het: “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou koning sal na jou toe kom. Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.” Jesus se intog is ‘n doelbewuste vervulling van die profesie in Sagaria, en dit sou nie ongemerk verbygegaan het nie. Pilatus kom die stad binne as heerser, met vertoon van wapens en mag en krag. Jesus kom die stad binne as vervulling van ‘n profesie as koning, maar ‘n koning wat, volgens die res van Sagaria, van oorlog ontslae sal raak, wat vrede sal bring, waarlik die Vredevors teenoor die oorlogsvors! Bron: Deon se blog
Goeie Vrydag van 12:00 - 15:00 was ’n “donker” tyd vir Jesus. Daarom word ons stil. Kom gerus, vanaf 09:00 - 15:00 alleen of saam met jou gesin en beleef hierdie spesiale tyd. Die kerk sal ingerig wees met verskeie nagmaalstasies waar jy/gesin saam die nagmaal geniet. By die deur sal ‘n dokument wees waardeur jy werk en stil word om jouself voor te berei vir die Nagmaal.
Stil Saterdag Wat is Stil Saterdag?
Die geskiedenis vertel dat gelowiges reeds in die tweede eeu nC op hierdie Saterdag tussen Goeie Vrydag en Opstandingsdag gevas het. Die vas het, gewoonlik ter voorbereiding van die viering van Jesus se opstanding, op ‘n nagwaak uitgeloop. Ons sou op hierdie dag kan vas van iets waarvoor elkeen baie lief is, byvoorbeeld koffie, biltong, sjokolade, die koerant, visvang of enige iets wat ons normaalweg op hierdie dag sou geniet. Die uitsluitlike doel moet wees om, wanneer ons verlang na dit waarvan ons ons tydens die vas weerhou, te onthou van die offer wat Jesus gebring het. Hierdie verlange word gestil – of minstens hanteer – deur ruim tyd in gebed deur te bring. Tradisioneel was stil Saterdag ‘n dag vir treur- en boetegebede wat knielend gebid is. Ons sou ook hiervan ‘n dag van introspeksie, skuldbelydenis en nadenke oor ons geloofslewe kon maak. Ons almal kan waarskynlik aan talle psalms dink om ons gedagtes vir hierdie doel te stimuleer. Verder het gelowiges se treur- en boetegebede op Opstandingsondag plek gemaak vir jubelsange en jubelgebede wat staande gesing en gebid is. Doen moeite om klem te lê op lofprysing in die Opstandings-erediens. Hoewel my ervaring is dat baie 21ste eeu mense maar skrikkerig vir alleenwees en stilte is, kan die waarde van ‘n “dag alleen in gesprek met die Here” – stil Saterdag – nie oorbeklemtoon word nie. Ons kan ook: † tuis bly † nie radio’s of TV’s aan skakel of musiek luister nie † op eie gedagtes konsentreer † die minimum gesprekke met gesinslede te voer † eenvoudige maaltye wat vooraf voorberei is eet † slegs die Bybellees en daaroor nadink en bid. Lees sommer ‘n hele Evangelie deur. Persone wat daarvan hou om visueel en simbolies gestimuleer te word kan iewers in hul huise ‘n eenvoudige kruis op ‘n strategiese plek te plaas waar almal die ‘n hele paar keer deur die verloop van die dag sal raaksien. Die kleur wat met stil Saterdag geassosieer word is swart. Die kruis kan dus in swart gedrapeer word. ‘n Mens sou op hierdie dag ‘n swart kledingstuk kon dra, of ‘n gordyn of blinder sou vir die hele dag toegetrek kon bly sodat (byvoorbeeld) die leefvertrek van die huis die hele dag donker bly. In kontras met die donkerte, kan ‘n kers of kerse gebrand word om as simbool te dien van die lig wat nooit uitgedoof word nie, al lyk dinge ook hoe donker. Bron:
Artikel van Ds Jaco van Niekerk uit Kruisgewys
1. 2. 3. 4. 5.
WAT HET ALLES TYDENS DIE OPSTANDING WERKLIK GEBEUR? Deur die kruisiging en die opstanding is die mag van die dood self oorwin. Mense in die O.T. was in plek van bewaring tot met kruisiging en opstanding waartydens hulle grafte geopen is en hulle na die Paradys geneem is. Matt.27:52-54. Die mag oor sonde is verbreek. Hebr.9:22 Hy het oor die magte en owerhede van hierdie wêreld kom triomfeer. Kol.2:15 Die sleutels van die doderyk oorgeneem. 1 Kor. 15 word die vraag duidelik gestel waar die oorwinning van die dood in lê. Dan bevestig Paulus dit dat dit in Christus is. Hy het aan ons nuwe Lewe kom bied wat sal voortduur tot in alle ewigheid, en dat ander ook sal opstaan. Het sy regverdig of gered of onregverdig in u lewe of ongered. U gaan opstaan. Dit gee aan ons die blye wete dat soos Hy self bevestig het dat Hy sal opstaan so sal Hy weer kom. Joh.14. Hy het vir ons 'n nuwe plek kom berei. Daarom sê Joh.8:36 "As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees." BEWYSE VIR DIE OPSTANDING:
1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10.
Die leë graf. Matt.28:6 " Die getuienis van Engele. Matt.28:6 & Luk.24:5-7 Mense wat met Hom gepraat het na die opstanding: Petrus, Maria, Cleopas, en Thomas ens. Luk.24:36-43. Jesus het geëet en gedrink en het Sy wonde gewys, na die opstanding. Die 500 wat Hom gesien het. 1 Kor.15:6. By die steniging van Stefanus in Hand.7:56. Deur Johannes op Patmos Openb.1:10-19. Vir Paulus op die Damaskus pad. Hand.9:5. Deur die getuie van Miljoene deur die geskiedenis wat Hom as die opgestane Heiland oor sonde ervaar het. Deur baie kentekens onder andere die hemelvaart. Hand.1:3.
Ons jubel oor ons Koning wat opgestaan het. Dra wit klere na die erediens en bring ‘n wit blom of loof saam. (Daar is houers by die deure om dit in te plaas.)
Wat gebeur... Dinsdae 08:00 Gebedsbyeenkoms Konsistorie
P
P
P P
Donderdag 31 Maart 18:00 Bybelskool vir Bereane
Bovertrek
Gebedsfokus Ons bid saam vir…. .
“Ons vra net weer, vir tannie Bokkie Geldenhuys wat die week in erge pyn verkeer, waar sy na Dr. van Wyk is en hy haar op ‘n drup gehad het.” Hy het inspuitings in beide skouers toegedien. Dr van Wyk se behandeling hoop om verligting van pyn te bring. Mag God die dokters en almal rondom haar gebruik om genesing en verligting te bring vir tannie Bokkie. Magie Human vra gebed vir Maritsa Botha, wat tans in ‘n Pretoriase hospitaal lê en gediagnoseer is met aggressiewe MS. Sy is tans besig met behandeling en ons bid dat die Here deur die behandeling ‘n wonderwerk vir haar sal laat gebeur. Dat elkeen van haar geliefdes bewus sal wees van Sy teenwoordigheid en almal in haar lewe en liggaam. Ons bid vir klein Willie Jacobs (6 jaar oud) wat breinvliesontsteking het en in die week nog in Temba hospitaal behandel is. Mag God hom vinnig en volkome genees. Xavier Klein se familie (hy was ‘n 1ste jaar PUK student). Hy en 2 vriende het laas week gaan swem en hy het gekla van krampe op sy maag. Toe hy weer gaan swem het hy in die moeilikheid geraak maar spoedig wonderlike Mediese hulp ontvang en is hospitaal toe, waar hy die
P
P P
A
A
A
A A
aand oorlede is. Ons bid vir sy ouers en koshuis, wat hierdie vreeslike tragedie moet verwerk. Mag God hulle troos, vashou en Sy berusting en vrede bring. Klein Caira is laas Sondag opgeneem in Unitas Pediatriese ICU en daar is met toetse begin om te kyk wanneer hulle die hartoperasie kan doen, wat sy nodig het. Ons bid steeds vir haar geliefdes maar spesifiek vir Celeste en Charl Engelbrecht wat reeds 4 maande wag om hulle dogtertjie huis toe te kan neem. Ons bid spesifiek vir mense wat afgedank is by hulle werke, mag God hulle moed gee en dit laat hou en hulle stuur waar Hy hulle weer wil gebruik en finansieel wil seën. Danie en Esther, ons sendelinge in Masedonië, wie se visum proses in die week begin is... Binnelandse sake wou Danie Woensdag sien en daarna het ons die boodskap van Esther gekry: “The Government is concerned about all the Volunteers that is working in the Country. They apparently need Volunteer visa’s to work here and not Tourist visa’s. We do not have an NGO here and have a Business visa and that clashes with what we are “supposed” te do here in Macedonia...” Mag God die Owerhede sagte harte gee en baie guns vir Danie en Esther, wat hier die Here se Koninkryk wil uitdra.
Ons is dankbaar vir.. “Ons hele familie bedank almal vir hulle gebede, ondersteuning en besoeke aan Chantell. Ons is intens bewus van Sy teenwoordigheid in haar genesing en is oneindig dankbaar dat haar lewe vir haar man, kinders en familie gespaar is. Daar lê ‘n lang herstelproses voor maar ons beleef alreeds dat sy vinnig vorder. Ons het werklik deur die gemeente se omgee en liefde Sy liefde ervaar en kan eerstehands getuig dat N.G. Gemeente Witrivier ‘n oase van Jesus liefde is.” Die Trollips Renette getuig: Scholtz (Andries se broer) het ‘n baie groot hartaanval gehad. Dat hy lewe is ‘n Godswonder. Dit gaan so goed dat hy in die week kon huis toe gaan. Sy hartspier het skade gekry maar ons bid dat God dit volkome sal herstel. Die familie wil net baie dankie sê vir elke gebed. Ons waardeer julle! In die week kon ons die eerste keer een aand met hom praat, hy het gesê: “Ek was reg om te gaan, ek kon voel dis naby, ek het net gebid en vir Jesus gevra Hy moet asb. my hand vashou”... Adri sê: “Baie dankie, Jesus Christus by U is alles moontlik. Na 6 weke se stil lê met gips van die middellyf af, het Liam van Heerden (2½ jr) se been aangegroei. Hy begin weer loop en ons vra hier ook U genade dat dit ook suksesvol sal verloop. Vir heerlike reën en ‘n geseënde Kom Word Nuut Kamp laas naweek (sien verder aan ons Kom-Word-Nuut Kampers se gebedsversoeke) Ons sê dankie saam met Ockert & Idene Doyer, met die geboorte van hul eerste seun op Woensdag 16 Maart 2016, op Pappa se verjaarsdag! Waar Idene vir baie lank bedlêend was aan die begin van die swangerskap, met komplikasies, het God ingegryp en dit weggeneem en is ‘n gesonde 3.5kg seun vir hul op 36 weke gebore. Mag God gee dat sy longetjies vinnig sterk sal word, sodat hy huis toe kan gaan saam met Pappa en Mamma, na sy sussies wat so uitgesien het om hom te ontmoet.
Ons Jeug & kinders bid vir..
t Carike Broodryk (graad 11) se vriend: J.P. en sy neef Willie, wat in ‘n groot motorongeluk was
t t t t t t t t t t
waar hulle van die pad af gery het, binne-in ‘n rivier in. J.P. het net oppervlakkige wonde, maar Willie was vir lank in ‘n koma... Die laaste nuus wat ons gehoor het is: “hulle gaan Willie in traksie sit om die drukking op sy nek en bors te verlig, die dr. sê die traksie sal baie help met Saterdag (gister) se beplande nekoperasie. Ons sal eers daarna weet of hy die gevoel in sy onderlyf sal terugkry. Baie dankie vir al die gebede en boodskappies en ons vra dat almal nog aanhou bid vir hom. Vir iemand wat haar leerlinglisensie môre skryf. Vir nog reën. Mense sonder werk. Suné Weber se ouma is in die hospitaal. Hul het kanker uitgesny en sy het ‘n 2de operasie gekry. Sal Jesus haar asb. vinnig gesond maak en die kanker wegvat vir altyd. Dankie Here, dat U my seën met vriende en familie. Dankie dat Willie hulle se ouma veilig terug is van NZ Dankie en veels geluk tannie Joey dat tannie 82 jaar oud is! Eritrea en Pakistan, dat die Here daar sal regeer. My hart is seer omdat ons die rugbywedstryd verloor het... Magdaleen se ouma is oorlede en ons bid dat Jesus haar sal troos. Linel le Roux, wat ons so baie geseën en geleer het by die skool en kerk. Dit was so lekker dat ons almal vir haar in die kerkdiens kon bid en ons hande op haar kan sit om haar te seën vir haar nuwe roeping in Jeffrey’s. Ons gaan haar mis! WAS JY, OF IEMAND WAT JY KEN IN DIE HOSPITAAL EN OP ONS GEBEDSLYS / BESOEKLYS? Ons wil graag weet hoe dit met hul gaan. Laat weet ons asb. Sodat ons kan aanhou bid of “dankie” sê, e-pos ons: nuus@ngwitrivier.co.za
P P P P
P P
Bid asb. saam my vir my seuns, dat hulle die Here sal ontmoet, dat hulle oë sal oopgaan vir Sy dade. Ek bid vir my pa, dat hy ontvanklik sal wees vir verandering / vernuwing van sy hart en lewe. Ek bid vir ‘n vriendin, wie se ma in die hospitaal is. Sy het kanker gekry en nou wil haar infeksie-telling nie af nie... Bid vir my Pa wie se voet seer is. Elke aand kan hy niks meer doen nie. Sy voet is besig om al sy “hobbies” te oorheers. Hy kan nie meer sy gunsteling dinge doen nie. En dan vir my ouma ook, wat haar werk verloor het en haar kinders wat haar afgeskryf het, omdat sy ‘n dom fout gemaak het... Die Here ken die omstandighede en die uitdagings van hierdie eenvoudige gebed, mag Hy wonderwerke doen en verhoudings wonderbaarlik herstel. Here, ek soek U hulp. My vrou het baie pyn met haar oë. Ek vra dat U haar kan help met die pyn, vat die pyn weg asb. Dankie my Groot Vader! “I am waiting to hear about a job I applied for. The 2-week period to hear anything ends this week. I really want this new job, I am very unhappy in my current job...”
P P
Bid asb dat ons seun rigting sal kry, ‘n goeie werk en vir God!
P
Ek wil hê my ma en pa moenie baklei nie. Hulle het my lief en ek hulle ♥ Jesus. Ek wil asb ander maats help. Abraham bid: Here my GOD, Dankie dat U my, ‘n sondaar, alles wat ek besit tog U eiendom is wat aan my geleen is. Ek dank U daarvoor. Dankie Here vir so ‘n wonderlike vrou wat my bystaan en kinders wat ons het. Ek is geseënd!” Dankie vir die daaglikse behoeftes, wat U so onverwags en mildelik voorsien. Ek wil net bid en sê dankie vir wat die Here vir my pa gedoen het, dat hy nou ‘n heel nuwe man en pappa is ♥ xoxo René Dankie vir die baie baie baie reën. “I want to thank the Lord for the team, for making us feel special and welcome. I truly enjoyed this camp and will come do it again. A special thank you to oom Pieter, for always making sure we are OK and praying for us.” (Bonita) Dankie – wat ‘n kamp. Dankie Here vir mense wat die kamp aanbied. Die Here sal julle seën. “Thank You that we can be here. I want to thank the Heavenly Father for saving my husband, our marriage and our family...” God, dankie vir die reën wat ons kry in hierdie lydingstyd. U bly ons seën al verdien ons dit nie. Ons wil net dankie sê vir U genade. Dankie vir die mense wat in ons lewens sit, al weet ons nie regtig nou al hoekom ons hulle “kort” nie. Maar U weet wat is U se doel met ons lewens. Baie Dankie! (J)
A A A A A A A A A
Nadine vra: Bid saam vir my vir vriendskappe. Dat ek met Jesusliefde sal uitreik na almal en dat my lewe ‘n voorbeeld sal stel vir ander. Asb. ook dat ek sal fokus op Jesus en liefde in die oomblik en fyner detail, nie net die groter prentjie sien en soek nie. Dankie!
Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Liewe vriende,
2016 is op volle spoed en dis alweer Maart maand. Ek (Paula) lees gisteroggend ‘n gedeelte oor asemskep in God.
“Take a deep breath. And again. Wait a bit, for Me. For I am here. As you listen to the sound of your breath, as you feel your lungs expand—the air pushing through, your chest rising and falling—think about inhaling Me, breathing Me in. I am as close as your breath. Inhale. Your body needs air, but you need Me. Your soul needs Me more than your body needs air. I am what you are desperate for. You are not alive without Me. Your soul does not breathe without Me. I am fresh air in tired lungs. And this is the sound of my voice in you: your breathing Me in and breathing Me out. It is so simple. Your thinking of Me is your listening for Me, hearing Me, knowing I am in you and I love you and you crave Me more than anything.”
Fred is 10 Maart op pad Thailand toe, om sy jaarlikse vergaderings by te woon en terugvoer te gee oor die kerkplantings werk in Suidelike Afrika en vir strategiese
beplanning in ons organisasie se werk onder die onbereikte groepe. Wonderlik dat Joseph van Malawi en Justino van Mosambiek hom hierdie jaar kan vergesel. Vir die twee manne is dit ‘n grootse ervaring om Asië te besoek en skouers te skuur met ander kollegas, wat in verskillende kulture werksaam is om dissipels van al die nasies te maak. (Op pad na Thailand het Fred en sy broer, Tom, Woensdag hul 93-jarige Ouma in die hospitaal in Ermelo gaan besoek.) Timon het die geleentheid om in Julie op ‘n atletiektoer Europa toe te gaan. Hy maak en verkoop biltong en gaan ook weer die skool vakansie as kelner werk, om sy fondse te in. Dankie aan almal wat al biltong gekoop het en hom geborg het. Hy waardeer dit baie en dit versterk telkens sy geloof as hy sy paaiemente betaal, nadat hy somme maak en wonder of hy dit gaan maak. Ons bid steeds saam met ander gelowiges in die arm buurt, genaamd Wolwedans, en gaan ook uit in die
gemeenskap om vir mense te bid en die evangelie te deel. Mens is soms maar moedeloos as jy op ‘n weeksoggend voor 9vm sien hoe mense al sit en drink. Ons het Dinsdag berg-op gery en met ‘n uitsig oor die dorpie gaan bid. Dit was bemoedigend om Skrif en seën uit te spreek, waar mens soveel ellende sien.
(Word vervolg)
Hierdie gebedsversoeke kom uit ons gemeente vir ons gemeente, of vir mense wat hul lewens raak. Dit kom by ons uit deur die GEBEDSKAARTJIES, wat voor jou in die banke hang... of dit word deurgeBEL na enige van die dominees of sommer per E-POS gestuur na nuus@ngwitrivier.co.za. Hierdie gebedsversoeke word DEURBID: aan die einde van die diens & Dinsdag oggende (wanneer ons Gebedspan vergader) en dan ook deur jou, wat nou hier lees.
Ons gemeente missie
Om as liggaam van Christus ‘n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en versorg en in ons samelewing en hoop bring.
Om hierdie missie uit te leef en hulp en hoop te bring, gaan ons mekaar help, rondom behuising en werk. Persoon met ondervinding as ProduksiePensionaris soek woonstel om te huur, kan slegs bestuurder is dringend op soek na werk. Kontak: Henry R 2 000/m bekostig. 082 494 1203 Kontak: Deleen 072 495 8933
SOEK WOONSTEL TE HUUR
WOONSTEL TE HUUR 1 Slaapkamer woonstel met stoep in Bon Accord te huur. Onmiddellik beskikbaar. Kontak: Bertie 083 628 0209
SOEK WERK ʼn Vrou soek dringend werk as huishulp. Kan ook inslaap. Kontak: Shirley 072 441 1608 ʼn Nutsman (handy man) wat verskeie take kan verrig is op soek na werk. Vaardig in o.a. loodgieter, sweiser en meganies (mechanic). Asook gebou instandhouding. Kontak: Bantie 072 128 0311
Ons sê DANKIE vir…
DIE KRUIS… wat ons hierdie Paastyd kan vier… Sy offer… Sy liefde… Sy verlossing en SY OORWINNING!!! Dit is waar ons krag lê… Dit is waarin ons glo… want DIT IS ONS GOD: ‘n Drieenige God wat verlos, oorwin & Wie se liefde vir ons & ons nageslag vir ALTYD aanhou!
SOEK SAAMRYGELEENTHEID Soek geleentheid weeksdae van Witrivier 07:00 (begin werk) na Nelspruit en terug 17:00. Sal help met brandstof. Kontak: Hennie 079 459 5539 Soek geleentheid van Witrivier 07:00 na Nelspruit en terug om 16:00 daagliks. Kontak: Manina 076 531 4958
Die gemeente het ʼn SNAP SCAN Laai die toepassing (App) af Gaan na die “App Store” op jou selfoon Soek “SnapScan” Laai die applikasie af (so 5MB) Maak die toepassing (App) oop Stel die toepassing (App) op Volg die instruksies: tik jou e-posadres in en dan jou naam en telefoonnommer Hulle stuur dan ‘n bevestiging na jou e-posadres. Gaan na jou e-pos en klik op die “link” ter bevestiging Jy ontvang ‘n SMS kode, wat jy in die spasie in die toepassing (App) moet in tik Nou laai jy jou kaart deur “add card” te kies en dan jou kaart inligting in te vul: naam en CVV nommer Kies ‘n kode wat jy gaan onthou en jy is reg om jou bydrae te maak
Preeknotas ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________________ Wat is volgende ??????
“Like” ons by NG Gemeente Witrivier en Jeug@NGWitrivier
?
www.ngwitrivier.co.za LERAARS Ds. Gerrie Doyer 082 735 4892 Ds. Jurgens de Jager 079 292 9545 Ds. Eddie le Roux 082 322 3393 Ds. Nati Stander 082 216 3710
BANKBESONDERHEDE ABSA Witrivier • Tjekrekening 1370 580 002 Verwysing: Naam en van / lidmaatnr.
Kaartfasiliteit beskikbaar by kantoor. Koevertjies by deure.
KERKKANTOOR Telefoon (013) 751 1644 082 523 4596 E-pos kerkkantoor@ngwitrivier.co.za